# Geography Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-afr/09ce73b5-4998-4c6d-8aee-7e3f255c033b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-afr/09ce73b5-4998-4c6d-8aee-7e3f255c033b)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                         2018

                                                                         PUNTE: 225

                                                                             TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                                   DBE/2018
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak.

11.     Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1 020 hPa, 14 °C
        en 45 m.

12.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                                        DBE/2018
                                               SSE

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat ontwikkelingstadiums van 'n middelbreedte-
         sikloon toon.

         1.1.1        Noem die front by 60° S, in diagram X, waar middelbreedtesiklone
                      ontwikkel.

         1.1.2        Noem die ontwikkelingstadium van die middelbreedtesikloon
                      by X.

         1.1.3        Gee die laagste lugdruk wat by stadium Y aangeteken is.

         1.1.4        Watter middelbreedtesikloon, Y of Z, is die oudste?

         1.1.5        Noem die ontwikkelingstadium van die middelbreedtesikloon by Z.

         1.1.6        Watter bewys dui daarop dat die geïllustreerde middelbreedte-
                      sikloon in die Suidelike Halfrond voorkom?

         1.1.7        Watter term word gebruik om middelbreedtesiklone wat aan
                      mekaar verbind is, te beskryf?                     (7 x 1)                       (7)

1.2      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word wat die
         sin WAAR sal maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.8) neer.

         1.2.1       Riviere wat regdeur die jaar vloei, is (permanente/periodiese) riviere.

         1.2.2       (Eksotiese/Periodiese) riviere vloei slegs tydens die reënseisoen.

         1.2.3       Riviere wat slegs na swaar reënbuie                 vloei,     staan     as
                     (episodiese/eksotiese) riviere bekend.

         1.2.4       Die meeste riviere in Suid-Afrika is (periodies/permanent).

         1.2.5       By (permanente/episodiese) riviere is die rivierbodem altyd laer as
                     die watertafel.

         1.2.6       Die watertafel is altyd           laer   as   die    rivierbodem         by
                     (eksotiese/periodiese) riviere.

         1.2.7       (Periodiese/Eksotiese) riviere vloei regdeur die jaar, want hulle word
                     deur sytakke in hoë reënvalgebiede gevoed.

         1.2.8       (Permanente/Periodiese) riviere is kenmerkend van wisselende
                     seisoene van hoë en lae reënval.                      (8 x 1)                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                                    DBE/2018
                                              SSE

1.3      FIGUUR 1.3 is 'n diagram wat die invloed van die plato op Suid-Afrika se
         klimaat toon.

         1.3.1       Toon skets A of skets B 'n wintertoestand?                     (1 x 1)       (1)

         1.3.2       Gee 'n bewys uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.3.1 te
                     ondersteun.                                           (1 x 1)                (1)

         1.3.3       Hoe ontwikkel die inversielaag in skets A?                     (1 x 2)       (2)

         1.3.4       Gee rekenskap van die hoogteverandering van die posisie van die
                     inversielaag in skets B.                                 (2 x 2)             (4)

         1.3.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe die
                     hoogteverandering van posisie van die inversielaag oor die plato die
                     klimaat in die binneland van Suid-Afrika tydens die somer en winter
                     beïnvloed.                                                   (4 x 2)         (8)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op valleiklimaat gebaseer is.

         1.4.1       Waarom was die standplaas van Pietermaritzburg 'n swak keuse vir
                     die ontwikkeling van 'n stad?                            (1 x 1)             (1)

         1.4.2       Gee bewyse uit die artikel waarom die besoedelingsvlakke in die
                     winter baie hoër is.                                     (2 x 1)             (2)

         1.4.3       Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van                     mis     en
                     besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg.

                     (a)   Noem die plaaslike wind wat veroorsaak dat die 'bruin waas' na
                           11:00 verdwyn.                                          (1 x 1)        (1)

                     (b)   Gee EEN kenmerk van die plaaslike wind wat in
                           VRAAG 1.4.3(a) genoem is, wat tot die verwydering van die
                           'bruin waas' bydra.                                (1 x 2)             (2)

                     (c)   Teken 'n benoemde skets om die ontwikkeling van die
                           plaaslike wind, wat tot die verdwyning van die 'bruin waas' lei,
                           te illustreer. Die skets moet die windrigting en EEN
                           beskrywende byskrif toon.                               (2 x 2)        (4)

         1.4.4       Waarom is die 'bruin waas' 'n veiligheidsrisiko vir motorvoertuig-
                     gebruikers?                                                (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                                   DBE/2018
                                              SSE

1.5      Bestudeer FIGUUR 1.5 wat twee tipes dreineerpatrone (A en B) toon.

         1.5.1       Benoem die dreineerpatrone wat A en B gemerk is.              (2 x 1)       (2)

         1.5.2       Noem die onderliggende rotsstruktuur wat tot die ontwikkeling van
                     dreineerpatroon A en B aanleiding gee.                     (2 x 1)          (2)

         1.5.3       Noem EEN van die volgende:

                     (a) Ooreenkoms tussen dreineerpatrone A en B                  (1 x 2)       (2)

                     (b) Verskil tussen dreineerpatrone A en B                     (1 x 2)       (2)

         1.5.4       Waarom is die sytakke in dreineerpatroon A kort in vergelyking met
                     die lengte van die hoofrivier?                               (1 x 2)        (2)

         1.5.5       Gee rekenskap vir die feit dat die hoofstrome in dreineerpatroon B
                     90°-draaie het.                                              (2 x 2)        (4)

1.6      Bestudeer FIGUUR 1.6 wat 'n lugfoto van 'n delta is.

         1.6.1       Wat is 'n delta?                                              (1 x 1)       (1)

         1.6.2       Gee TWEE bewyse uit die foto om die stelling te ondersteun dat 'n
                     delta getoon word.                                        (2 x 1)           (2)

         1.6.3       Benoem die verskynsel wat A gemerk is.                        (1 x 1)       (1)

         1.6.4       Beskryf kortliks die ontwikkeling van verskynsel A.           (1 x 2)       (2)

         1.6.5       Waarom is sommige kuslyne nie geskik vir die ontwikkeling van
                     deltas nie?                                            (1 x 2)              (2)

         1.6.6       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom
                     deltas ideaal vir boerdery is.                            (4 x 2)           (8)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      6                                    DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat lugdrukselle aandui en pas ELK van die
         beskrywings hieronder by een van die lugdrukselle, A of B.

         2.1.1        Lugdruksel wat tot onstabiele weerstoestande lei

         2.1.2        Lugbeweging is antikloksgewys in die Suidelike Halfrond

         2.1.3        Geassosieer met koue, dalende lug

         2.1.4        Oppervlaklug konvergeer in hierdie lugdruksel in

         2.1.5        Die laagste druk word in die middel van hierdie lugdruksel aangetref

         2.1.6        Bolug konvergeer in hierde lugdruksel in

         2.1.7        Dra by tot die droë toestande oor die westelike helfte van
                      Suid-Afrika

         2.1.8        Trek in die somer vogtige lug oor Suid-Afrika in                 (8 x 1)     (8)

2.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf sleg die letter (A–H) langs die vraagnommers
         (2.2.1 tot 2.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 J.

                              KOLOM A                                   KOLOM B
         2.2.1       Water wat afwaarts oor die land vloei      A   lengteprofiel

         2.2.2       Water wat onder die aardoppervlak          B   eerste-orde-strome
                     voorkom
                                                                C   dwarsprofiel
         2.2.3       Die plek in die loop van 'n rivier waar
                     twee sytakke ontmoet                       D   laminêre vloei

         2.2.4       Totale lengte van die strome in 'n         E   grondwater
                     dreineerbekken, gedeel deur die totale
                     oppervlakte (km2) van dieselfde            F   oppervlakafloop
                     dreineerbekken
                                                                G   dreineerdigtheid
         2.2.5       Sytakke wat geen ander strome het
                     wat in hulle invloei nie                   H   samevloeiing

         2.2.6       Riviervloei is baie gelyk sodat baie min
                     vertikale vermenging van water
                     plaasvind

         2.2.7       'n Aansig van die rivier wat die lengte
                     van die rivier vanaf sy bron tot sy
                     riviermonding toon
                                                                                       (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                                     DBE/2018
                                              SSE

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3, 'n mediaverslag, met die titel 'Is dit tyd vir nog 'n
         tropiese sikloon in Suid-Afrika?'.

         2.3.1       Watter kuslyn van Suid-Afrika word deur tropiese siklone beïnvloed?
                                                                                    (1 x 1)        (1)

         2.3.2       Wat is die 'huidige toestande' waarna in die uittreksel verwys word
                     wat daartoe sal lei dat 'n laagdruk in die sentrale Mosambiekkanaal
                     ontwikkel?                                                  (2 x 1)           (2)

         2.3.3       Beskryf TWEE redes waarom mense in sekere gedeeltes van
                     Suid-Afrika gewaarsku word om versigtig te wees.  (2 x 2)                     (4)

         2.3.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom
                     Suid-Afrika gewoonlik nie die verwagte volle impak van tropiese
                     siklone ervaar nie.                                       (4 x 2)             (8)

2.4      FIGUUR 2.4 toon 'n kuslaagdruk.

         2.4.1       Wat is 'n kuslaagdruk?                                            (1 x 1)     (1)

         2.4.2       Beskryf die pad wat die kuslaagdruk volg.                         (2 x 1)     (2)

         2.4.3       Waarom is die lug voor die kuslaag (B) droër as die lug agter die
                     kuslaag (A)?                                              (2 x 2)             (4)

         2.4.4       Verduidelik waarom verskillende tipes presipitasie langs die wes- en
                     ooskus verwag word soos wat die kuslaag verbybeweeg.          (2 x 2)         (4)

         2.4.5       Waarom word hierdie laagdrukstelsels gewoonlik in die winter met
                     hoë temperature langs die kus geassosieer?                (2 x 2)             (4)

2.5      Bestudeer FIGUUR 2.5, 'n foto wat die loop van 'n rivier toon.

         2.5.1       Watter loop van die rivier word in FIGUUR 2.5 verteenwoordig?(1 x 1)          (1)

         2.5.2       Teken 'n benoemde deursnit wat die verskil in die vorms van die
                     hange wat met rivieroewers A en B geassosieer word, toon. (3 x 1)             (3)

         2.5.3       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na rivieroewer A.

                     (a) Noem die hang wat met rivieroewer A geassosieer word. (1 x 1)             (1)

                     (b) Verduidelik die steilheid van die hang langs rivieroewer A. (1 x 2)       (2)

         2.5.4       Gee redes vir die sandafsettings langs rivieroewer B.             (2 x 2)     (4)

         2.5.5       Verduidelik waarom 'n roeier in 'n kano sou verkies om langs
                     rivieroewer A eerder as rivieroewer B te roei.        (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                                  DBE/2018
                                              SSE

2.6      FIGUUR 2.6 is 'n gevallestudie uit die Mail & Guardian oor die menslike impak
         op die Vaaldam.

         2.6.1       Hoeveel water kan die Vaaldam hou?                             (1 x 1)     (1)

         2.6.2       Behalwe Gauteng, noem TWEE ander provinsies wat van water uit
                     die Vaaldam afhanklik is.                             (2 x 1)              (2)

         2.6.3       Uit watter buurland voer Suid-Afrika vars water in?           (1 x 1)      (1)

         2.6.4       Waarom het dit nodig geword om bogenoemde water te behandel?
                                                                              (1 x 1)           (1)

         2.6.5       Verduidelik kortliks die gevolge van onveilige bakterievlakke, soos
                     E. coli, vir mense wat die rivierwater drink.                (1 x 2)       (2)

         2.6.6       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en stel volhoubare
                     strategieë voor wat die regering kan implementeer (instel) om die
                     probleem van waterbesoedeling in die Vaaldam op te los.     (4 x 2)        (8)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    9                                  DBE/2018
                                               SSE

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 J.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         3.1.1       Plek waar goedere van een vorm        A   myndorpe
                     van vervoer na 'n volgende
                     oorgedra word                         B   sentrale plekke

         3.1.2       Nedersettings wat ontwikkel waar 'n   C   vragverbrekingspunt
                     aantal roetes konvergeer
                                                           D   aansluitingsdorpe
         3.1.3       Nedersettings wat in bergpasse
                     geleë is                              E   gespesialiseerde dorpe

         3.1.4       Die hooffunksie van hierdie           F   vakansiedorpe
                     nedersettings is om Suid-Afrika
                     tydens 'n oorlog te beskerm           G   poortdorpe

         3.1.5       Stedelike nedersettings wat een       H   satellietdorpe
                     dominante funksie het
                                                           I   militêre dorpe
         3.1.6       Nedersettings wat stedelike goedere
                     en dienste aan die omliggende
                     landelike bevolking voorsien

         3.1.7       Die hooffunksie van hierdie
                     nedersettings is om vakansie-
                     gangers te lok

         3.1.8       Die ontginning van grondstowwe het
                     tot die ontwikkeling van hierdie
                     nedersettings gelei
                                                                                   (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     10                                     DBE/2018
                                                SSE

3.2      FIGUUR 3.2 is 'n datatabel wat verband hou met die ekonomiese aktiwiteite
         van Suid-Afrika.

         3.2.1       Noem die ekonomiese sektor waaronder landbou, bosbou en
                     visserye gekategoriseer is.

         3.2.2       Watter primêre ekonomiese aktiwiteit het die laagste groeikoers in
                     die tydperk 2010 tot 2015 getoon?

         3.2.3       Watter ekonomiese aktiwiteit word geprojekteer om die laagste
                     groeikoers in 2018 te toon?

         3.2.4       Noem die tersiêre aktiwiteit wat geprojekteer is om die hoogste
                     groeikoers in 2018 te toon.

         3.2.5       Onder watter tersiêre aktiwiteit sal 'regering algemeen' geklassifiseer
                     word?

         3.2.6       Watter jaar toon die hoogste totale BBP-groei van al die ekonomiese
                     aktiwiteite?

         3.2.7       Bereken die BBP-groeikoers van finansies,               versekering en
                     besigheidsdienste vanaf 2016 tot 2018.                            (7 x 1)        (7)

3.3      Die toenemende tempo van landelik-stedelike migrasie veroorsaak baie
         probleme vir landelike en stedelike nedersettings.

         3.3.1       Definieer die term landelik-stedelike migrasie.                    (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Noem TWEE omgewingstootfaktore wat vir landelik-stedelike
                     migrasie verantwoordelik is.                       (2 x 1)                       (2)

         3.3.3       Hoe sal landelik-stedelike migrasie veroorsaak dat die ekonomie
                     van landelike gebiede stagneer (ophou groei)?             (2 x 2)                (4)

         3.3.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom
                     trekfaktore 'n las vir stedelike munisipaliteite (plaaslike regerings) is.
                                                                                        (4 x 2)       (8)

3.4      FIGUUR 3.4 is 'n eenvoudig skets van stedelike grondgebruiksones.

         3.4.1       Identifiseer grondgebruiksone A.                                   (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Watter bewys dui daarop dat grondgebruiksone A 'n hoë
                     toeganklikheidsvlak het?                         (1 x 1)                         (1)

         3.4.3       Dui aan hoe die hoë toeganklikheidsvlak van grondgebruiksone A
                     die morfologie van die geboue beïnvloed.             (1 x 1)                     (1)

         3.4.4       Teken 'n benoemde stedelike profiel van B tot C.                   (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                                   DBE/2018
                                              SSE

         3.4.5       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na die oorgangsone.

                     (a)   Waarom is die instandhouding van die geboue in die
                           oorgangsone swak?                           (1 x 2)                    (2)

                     (b)   Gee 'n rede vir die hoë grondwaardes in die oorgangsone.
                                                                             (1 x 2)              (2)

         3.4.6       Gee TWEE redes vir die ligging van die swaarnywerheidsgebied.
                                                                               (2 x 2)            (4)

3.5      FIGUUR 3.5 gee besonderhede oor landbouhandel in Suid-Afrika.

         3.5.1       Noem 'n landbouproduk wat in 'n onverwerkte vorm uit Suid-Afrika
                     uitgevoer word.                                          (1 x 1)             (1)

         3.5.2       Noem die verskil      tussen   'n   onverwerkte   en   'n   verwerkte
                     landbouproduk.                                                 (2 x 1)       (2)

         3.5.3       Wat is die nadeel van die uitvoer van onverwerkte landbouprodukte?
                                                                                 (1 x 2)          (2)

         3.5.4       Gee 'n fisiese faktor wat nie landbou as 'n toekomstige
                     ontwikkelingspad vir Suid-Afrika steun nie.      (1 x 2)                     (2)

         3.5.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee redes vir die
                     groot daling in die aantal mense wat in die landbousektor werk, en
                     die waarskynlike impak daarvan op hierdie mense.                             (8)

3.6      FIGUUR 3.6 toon die Weskus-ruimtelikeontwikkelingsinisiatief.

         3.6.1       In watter provinsie is die Weskus-ROI geleë?                   (1 x 1)       (1)

         3.6.2       Noem enige EEN ekonomiese aktiwiteit in die uittreksel wat tot die
                     groei van die Weskus-ekonomie bydra.                       (1 x 1)           (1)

         3.6.3       Gee 'n rede vir die groei van die ekonomiese aktiwiteit wat in
                     VRAAG 3.6.2 genoem is.                                  (1 x 1)              (1)

         3.6.4       Verduidelik waarom energie- (krag/elektrisiteit) en watersekerheid 'n
                     bedreiging vir nywerheidsgroei in die Weskus-ROI inhou.       (2 x 2)        (4)

         3.6.5       Waarom is goed ontwikkelde vervoerskakels belangrik om die groei
                     van die Weskus-ROI te ondersteun?                        (2 x 2)             (4)

         3.6.6       Hoe sal die Weskus-ROI tot die ekonomiese groei van hierdie streek
                     bydra?                                                      (2 x 2)          (4)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     12                                      DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 4

4.1      Verwys na FIGUUR 4.1 oor landelike nedersettings. Pas ELK van die
         beskrywings hieronder by EEN van die diagramme, A, B en C. Jy mag
         dieselfde nedersetting meer as een keer kies. Skryf slegs die letter (A–C)
         langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
         4.1.8 A.

         4.1.1        Plaashuise kom in 'n lineêre vorm voor.

         4.1.2        Plaashuise is ver van mekaar of verspreid.

         4.1.3        Minder veilig en minder sekuriteit in hierdie tipe nedersetting.

         4.1.4        Hierdie vorm word deur 'n enkele pad beïnvloed.

         4.1.5        Nedersettingstipe wat met groot kommersiële plase geassosieer
                      word.

         4.1.6        Die vorm van hierdie nedersetting is stervormig.

         4.1.7        Individuele plaasgrond neig om uitgerek (lank en smal) te wees.
                                                                                   (7 x 1)           (7)

4.2      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word wat die
         sin WAAR sal maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers
         (4.2.1 tot 4.2.8) neer.

        4.2.1        Nywerhede wat bederfbare goedere vervaardig, is hoofsaaklik
                     (mark/grondstof) -geöriënteerd.

        4.2.2        Nywerhede, soos bakkerye, wat voedsel verwerk, is gewoonlik
                     (swaar-/ligte) nywerhede.

        4.2.3        Nywerhede wat tussen die grondstofbron en die klant geleë is, word
                     (brug-/onafhanklike) nywerhede genoem.

        4.2.4        (Alomteenwoordige/Brug-) nywerhede kan in enige geografiese
                     gebied geleë wees).

        4.2.5        (Swaar-/Ligte) nywerhede werk met groot hoeveelhede grondstof en
                     grootskaalse masjiene.

        4.2.6        'n Nywerheid wat naby sy klante geleë is, staan as 'n (grondstof/mark)
                     -geöriënteerde nywerheid bekend.

        4.2.7        'n (Onafhanklike/Alomteenwoordige) nywerheid kan óf naby die mark
                     óf naby die grondstof geleë wees.

        4.2.8        (Swaar-/Ligte) nywerhede is gewoonlik naby die landelik-stedelike
                     oorgangsone geleë.                                         (8 x 1)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  13                                  DBE/2018
                                             SSE

4.3      FIGUUR 4.3 is 'n uittreksel oor informele nedersettings.

         4.3.1       Watter persentasie van Suid-Afrika se stedelike inwoners woon in
                     krotte?                                                   (1 x 1)          (1)

         4.3.2       Gee 'n rede vir die digte groepering van krotte in informele
                     nedersettings.                                        (1 x 2)              (2)

         4.3.3       Beskryf in breë trekke TWEE maniere waarop krotbewoners dikwels
                     hulle frustrasie (ongelukkigheid) in Suid-Afrika wys.   (2 x 2)            (4)

         4.3.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en stel voor waarom
                     mense wat in informele nedersettings woon dit moeilik vind om hulle
                     lewenstandaard te verbeter.                                 (4 x 2)        (8)

4.4      Verwys na FIGUUR 4.4, 'n uittreksel oor omgewingsongeregtigheid.

         4.4.1       Wat is 'n omgewingsongeregtigheid?                           (1 x 1)       (1)

         4.4.2       Noem die omgewingsongeregtigheid wat deur die steenkool-
                     aangedrewe kragstasie veroorsaak word.            (1 x 1)                  (1)

         4.4.3       Waarom word die armes hoofsaaklik deur die omgewings-
                     ongeregtigheid wat in VRAAG 4.4.2 genoem is, geraak? (1 x 1)               (1)

         4.4.4       Bespreek TWEE negatiewe effekte van die omgewings-
                     ongeregtigheid wat in VRAAG 4.4.2 genoem is, op die gemeenskap.
                                                                              (2 x 2)           (4)

         4.4.5       Stel TWEE maatreëls voor wat ingestel kan word om die
                     gemeenskap teen die omgewingsongeregtigheid wat in
                     VRAAG 4.4.2 genoem is, te beskerm.              (2 x 2)                    (4)

         4.4.6       Bespreek die negatiewe impak van die ligging van die Medupi-
                     kragstasie op die omliggende plaasgemeenskap.         (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    14                                    DBE/2018
                                               SSE

4.5      Bestudeer FIGUUR 4.5 wat vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika aantoon.

         4.5.1       Toon die staafgrafiek 'n positiewe of 'n negatiewe tendens vir
                     vervaardiging in 2017 aan?                              (1 x 1)             (1)

         4.5.2       Watter sektor van die vervaardigingsbedryf het in 2017 verbeter?
                                                                                  (1 x 1)        (1)

         4.5.3       Identifiseer die vervaardigingsaktiwiteit wat die minste groei in 2017
                     gehad het?                                                       (1 x 1)    (1)

         4.5.4       Gee EEN moontlike rede vir die gebrek aan groei in die
                     vervaardigingsaktiwiteit wat in VRAAG 4.5.3 geïdentifiseer is. (1 x 2)      (2)

         4.5.5       Noem EEN manier waarop arbeid tot die negatiewe groei van
                     vervaardigingsaktiwiteite in Suid-Afrika bydra.    (1 x 2)                  (2)

         4.5.6       Waarom is dit nodig om die posisie van vervaardigingsaktiwiteite in
                     Suid-Afrika te verstewig?                                   (2 x 2)         (4)

         4.5.7       Noem TWEE maatreëls wat ingestel kan word om in die toekoms
                     vervaardigingsaktiwiteite te versterk.                (2 x 2)               (4)

4.6      FIGUUR 4.6 is op informele handel gebaseer.

         4.6.1       Definieer die term informele handel.                             (1 x 1)    (1)

         4.6.2       Wat is die totale waarde van Suid-Afrika se voedselmark?         (1 x 1)    (1)

         4.6.3       Van watter persentasie van die getal wat in VRAAG 4.6.2 genoem
                     is, kan deur die formele handelsmark rekenskap gegee word?
                                                                                (1 x 1)          (1)

         4.6.4       Gee TWEE redes vir die hoë omset (hoeveelheid produkte verkoop)
                     wat spazawinkels in die townships ervaar.                (2 x 2)            (4)

         4.6.5       Skryf 'n paragraaf van AGT reëls en verduidelik waarom 85% van
                     informele handelaars buitelanders is.                    (4 x 2)            (8)
                                                                                                 [75]

                                                                          GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-annexure-eng/4d061c8a-3234-4d8f-b79c-59be0f4a1961) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [Geography P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-memo-eng/28d1d004-2dd0-4014-aeee-56f755aaaaf6) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
