# Geography Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2019-afr/69205cc3-cac9-4a47-b291-ccf88d7d6c42
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2019-afr/69205cc3-cac9-4a47-b291-ccf88d7d6c42)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAATEKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                         2019

                                                                         PUNTE: 225

                                                                            TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n bylaag van 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 2                                  DBE/2019
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     3                                  DBE/2019
                                              SS/NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n deursnee van 'n tropiese sikloon toon. Kies die
         korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om elk van die
         volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
         1.1.1         Wolk A is 'n (cumulus/cumulonimbus)-wolk.
         1.1.2         Die stygstrome by B word deur (konveksie/adveksie)-strome
                       veroorsaak.
         1.1.3         Gebied C staan as die (oog/oogwal) bekend.
         1.1.4         Die atmosferiese toestand wat by C ondervind word, is
                       (stabiel/onstabiel).
         1.1.5         D dui 'n gebied van (divergensie/konvergensie) aan.
         1.1.6         E sal (ligte reën/donderstorms) ervaar.
         1.1.7         Oseaan F is waarskynlik (warm/koud).                         (7 x 1)       (7)
1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van 'n fluviale landvorm in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers
         (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                                KOLOM A                               KOLOM B
          1.2.1      'n Meanderkronkel wat van die hoofrivier    A   gevlegte stroom
                     afgesny is
                                                                 B   delta
          1.2.2      Die natuurlik opgehefde oewers van
                     'n rivier                                   C   stootoewer

          1.2.3      Vorm wanneer 'n rivier sy vrag deponeer     D   meander
                     en sy eie pad blokkeer                      E   oewerwal
          1.2.4      Skep rowwe, turbulente water as gevolg      F   waterval
                     van 'n ongelyke rivierbodem
                                                                 G   hoefystermeer
          1.2.5      Ontwikkel by die riviermonding waar
                     afsetting plaasvind                         H   stroomversnellings
          1.2.6      Vertikale krans waar onderliggende sagte    I   glipoewer
                     rots deur vallende water geërodeer word
          1.2.7      Tipe hang wat aan die buiteoewer van 'n
                     meander (rivierkronkel) vorm
          1.2.8      Verwys na 'n kurwe of kronkel in die loop
                     van 'n rivier
                                                                                   (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

1.3      FIGUUR 1.3 is 'n sinoptiese weerkaart.

         1.3.1       Benoem antisikloon A.                                          (1 x 1)      (1)

         1.3.2       Watter bewys dui daarop dat A 'n antisikloon is?               (1 x 2)      (2)

         1.3.3       Waarom word antisikloon A gewoonlik met mis langs die weskus
                     van Suid-Afrika geassosieer?                           (1 x 2)              (2)

         1.3.4       Waarom migreer (beweeg) antisiklone A en B noordwaarts tydens
                     die Suid-Afrikaanse winter?                            (2 x 2)              (4)

         1.3.5       Hoe sal die beweging van            middelbreedtesikloon   C     deur
                     antisikloon B beïnvloed word?                                  (1 x 2)      (2)

         1.3.6       Verduidelik hoe antisikloon B in die winter reënvaltoestande langs
                     die ooskus van Suid-Afrika beïnvloed.                       (2 x 2)         (4)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 wat valleiklimate toon.

         1.4.1       Kom wind B bedags of snags voor?                               (1 x 1)      (1)

         1.4.2       Pas die tipes neerslag (stralingsmis of ryp) by die stellings
                     hieronder:

                     (a)   Vorm wanneer doupunttemperatuur tot benede vriespunt op
                           die valleibodem daal                             (1 x 1)              (1)

                     (b)   Vorm wanneer die temperatuur tot benede doupunt-
                           temperatuur in die laagste gedeelte van die vallei daal
                                                                            (1 x 1)              (1)

         1.4.3       Hoe skep wind B 'n inversie in die vallei?                     (2 x 2)      (4)

         1.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     negatiewe impak van hierdie tipes neerslag (stralingsmis of ryp) op
                     mense.                                                       (4 x 2)        (8)

1.5      Dreineerpatrone word in FIGUUR 1.5 getoon.

         1.5.1       Wat is 'n dreineerpatroon?                                     (1 x 1)      (1)

         1.5.2       Beskryf die dendritiese dreineerpatroon.                       (1 x 2)      (2)

         1.5.3       Noem EEN sigbare verskil tussen die sytakke van 'n dendritiese en
                     'n traliedreineerpatroon.                                  (2 x 2)          (4)

         1.5.4       Gee die onderliggende rotsstruktuur van 'n dendritiese en 'n
                     traliedreineerpatroon.                                 (2 x 2)              (4)

         1.5.5       Verduidelik waarom 'n dendritiese dreineerpatroon meer geskik vir
                     boerdery is.                                              (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

1.6      FIGUUR 1.6 toon rivierverjonging.

         1.6.1       Watter tipe erosie word met rivierverjonging geassosieer?      (1 x 1)       (1)

         1.6.2       Watter bewys dui daarop dat rivierverjonging plaasgevind het?
                                                                                  (1 x 1)         (1)

         1.6.3       Identifiseer die opheffingskrag wat met rivierverjonging geassosieer
                     word.                                                         (1 x 1)        (1)

         1.6.4       Waarom is verjongde grond nie vir menslike aktiwiteit geskik nie?
                                                                                (2 x 2)           (4)

         1.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe verjonging
                     die fluviale landvorms stroomaf van die punt van verjonging kan
                     verander.                                                   (4 x 2)          (8)
                                                                                                  [75]

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat die temperatuurverspreiding oor 'n stedelike
         gebied toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word
         om elk van die volgende stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e)
         langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         2.1.1       Die lyne wat temperatuur op die skets voorstel, staan as
                     (isohiëte/isoterme) bekend.

         2.1.2       Gebied (A/B) bestaan uit meer kunsmatige oppervlakke.

         2.1.3       Die temperatuur daal van (A na B/B na A).

         2.1.4       Die algemene horisontale oppervlaklugbeweging sal van (A na B/
                     B na A) wees.

         2.1.5       Die verdampingstempo is hoër in gebied (A/B).

         2.1.6       Daar is meer higroskopiese kerne in gebied (A/B), daarom sal dit
                     meer wolkbedekking ervaar.

         2.1.7       Transpirasie is hoër in gebied (A/B).

         2.1.8       Gebied (A/B) sal waarskynlik meer neerslag ontvang.            (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     6                                  DBE/2019
                                              SS/NSS

 2.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die fluviale landvorme
          in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
          (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.

                                 KOLOM A                               KOLOM B
           2.2.1     Die oorsprongpunt van 'n rivier              A    waterskeiding

           2.2.2     Hoogliggende gebied wat twee                 B    vloedvlakte
                     dreineerbekkens skei
                                                                  C    mond
           2.2.3     Waar die sytakke in die hoofrivier invloei
                                                                  D    bron
           2.2.4     Die gelyke gebied langs 'n rivier
                                                                  E    dreineerbekken
           2.2.5     Hoogliggende gebied tussen twee sytakke
                                                                  F    opvangsgebied
           2.2.6     Punt waar die rivier in die see invloei
                                                                  G    interfluviale rif
           2.2.7     Die gebied wat deur 'n rivierstelsel
                     gedreineer word                              H    samevloeiing
                                                                                  (7 x 1)         (7)

2.3        Verwys na FIGUUR 2.3 wat twee stadia in die ontwikkeling van 'n
           middelbreedtesikloon illustreer.

           2.3.1     Noem die halfrond (noord of suid) waarin die middelbreedtesikloon
                     ontwikkel het.                                            (1 x 1)            (1)

           2.3.2     Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                    (1 x 1)      (1)

           2.3.3     Langs watter front ontwikkel 'n middelbreedtesikloon?           (1 x 1)      (1)

           2.3.4     Noem EEN verskil tussen die koue sektor en die warm sektor.
                                                                         (2 x 2)                  (4)

           2.3.5     Beskryf hoe 'n okklusie ontwikkel.                              (2 x 2)      (4)

           2.3.6     Verduidelik waarom dit geskik is dat buitemuurse aktiwiteite na die
                     okklusiestadium plaasvind.                                  (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                                       DBE/2019
                                             SS/NSS

2.4        FIGUUR 2.4 is 'n voorstelling van 'n kus-laag en 'n bergwind.

           2.4.1     Noem die seisoen wat in die diagram voorgestel word.               (1 x 1)     (1)

           2.4.2     Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                      (1 x 1)     (1)

           2.4.3     Waarom staan die wind wat in FIGUUR 2.4.1 sigbaar is, as 'n
                     bergwind bekend?                                     (1 x 1)                   (1)

           2.4.4     Verwys na die lugbeweging wat deur die pyle by A en B
                     verteenwoordig word.

                     (a)   Noem die resulterende plaaslike winde wat met 'n kus-laag by
                           punt A en by punt B geassosieer word.                 (2 x 1)            (2)

                     (b)   Waarom word die plaaslike wind by A met droë toestande
                           geassosieer?                                    (1 x 2)                  (2)

                     (c)   In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die impak
                           van die lugbeweging vanaf die Kalahari-hoog na die kus-laag
                           op die fisiese (natuurlike) omgewing van die Weskusstreke van
                           Suid-Afrika.                                           (4 x 2)           (8)

2.5        FIGUUR 2.5 illustreer tipes riviere.

           2.5.1     Onderskei tussen 'n permanente en 'n episodiese rivier.            (2 x 1)     (2)

           2.5.2     Beskryf die posisie van die watertafel in die permanente rivier.
                                                                                        (1 x 2)     (2)

           2.5.3     Bespreek TWEE faktore wat tot 'n episodiese rivier lei.            (2 x 2)     (4)

           2.5.4     In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor wat die impak van
                     ontbossing (verwydering van plantegroei) op 'n permanente rivier is.
                                                                                  (4 x 2)           (8)

2.6        Verwys na FIGUUR 2.6 wat verskillende aktiwiteite toon wat waterbronne
           besoedel.

           2.6.1     Wat is rivierbestuur?                                              (1 x 1)     (1)

           2.6.2     Noem EEN manier waarop die fabriek die rivier besoedel.            (1 x 1)     (1)

           2.6.3     Verduidelik die belangrikheid van die afvalwatersuiweringsaanleg in
                     rivierbestuur.                                              (2 x 2)            (4)

           2.6.4     Noem TWEE maniere waarop bemestingstowwe                     vanaf die
                     gewaslanderye die ekologie van die rivier beïnvloed.             (2 x 2)       (4)

           2.6.5     Beskryf in breë trekke die negatiewe impak van waterbesoedeling op
                     die ekonomie van 'n land.                                   (2 x 2)            (4)
                                                                                                    [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      8                               DBE/2019
                                               SS/NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die
         beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf
         slegs A of B langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 B.

         3.1.1        'n Kernnedersettingspatroon

         3.1.2        Geen privaatheid nie

         3.1.3        Plaasimplemente word gedeel

         3.1.4        Veiligheids- en sekuriteitsrisiko

         3.1.5        Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond

         3.1.6        Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af

         3.1.7        Produseer groot oeste

         3.1.8        Benodig groot bedrae geld om te kan boer                    (8 x 1)       (8)

3.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.8 C.

         3.2.1       Die Oos-Londen-nywerheidsontwikkelingsone (NOS) is in die …
                     geleë.

                     A   Noord-Kaap
                     B   Wes-Kaap
                     C   Vrystaat.
                     D   Oos-Kaap

         3.2.2       Die belangrikste mineraal wat in die Phalaborwa-ROI ontgin word,
                     is …

                     A   koper.
                     B   platinum.
                     C   goud.
                     D   ystererts.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    9                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

         3.2.3       Die ruimtelike ontwikkelingsinisiatief (ROI) wat in Limpopo geleë is,
                     is die …-SDI.

                     A   Richardbaai
                     B   Phalaborwa
                     C   Saldanhabaai
                     D   Platinum

         3.2.4       In die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidstreek is die belangrikste
                     bedryf …

                     A   visverwerking.
                     B   vervaardiging van chemikalieë.
                     C   motorvoertuigmontering.
                     D   olieraffinering.

         3.2.5       Voedselverwerking is een van die belangrikste bedrywe in die …
                     -nywerheidstreek.

                     A   Wes-Kaap
                     B   PWV/Gauteng
                     C   Durban-Pinetown
                     D   Port Elizabeth-Uitenhage

         3.2.6       Die enigste nywerheidstreek wat deur land omring word, is …

                     A   die Wes-Kaap.
                     B   Port Elizabeth-Uitenhage.
                     C   PWV/Gauteng.
                     D   Durban-Pinetown.

         3.2.7       Die kernnywerheidstreek wat die minste tot Suid-Afrika se BBP bydra,
                     is die … -nywerheidstreek.

                     A   Wes-Kaap
                     B   Port Elizabeth-Uitenhage
                     C   PWV/Gauteng
                     D   Durban-Pinetown                                            (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3, 'n uittreksel oor diensverskaffing as 'n stedelike
         nedersettingskwessie.

         3.3.1       Volgens FIGUUR 3.3, watter persentasie van die bevolking is van
                     openbare gesondheidsdienste afhanklik?                  (1 x 1)              (1)

         3.3.2       Haal 'n stelling uit die uittreksel aan oor die toestand van
                     gesondheidsdienste in die openbare sektor.             (1 x 2)               (2)

         3.3.3       Verduidelik waarom die verskaffing van gehalte gesondheidsdienste
                     in stedelike gebiede as 'n sosiale ongeregtigheid beskou word.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

         3.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe
                     diensverskaffing in die openbare gesondheidsdienssektor in
                     stedelike gebiede verbeter kan word.                (4 x 2)                  (8)

3.4      Verwys na FIGUUR 3.4 wat 'n stedelike struktuurmodel toon.

         3.4.1       Identifiseer die stedelike struktuurmodel.                     (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Watter grondgebruiksone dek die grootste gedeelte             in die
                     geïllustreerde stedelike struktuurmodel?                       (1 x 1)       (1)

         3.4.3       Noem EEN sigbare kenmerk van die SSK.                          (1 x 1)       (1)

         3.4.4       Gee EEN rede vir die ontwikkeling van die afgeleë besigheidsdistrik
                     (7) aan die buitewyke van die stad.                        (1 x 2)           (2)

         3.4.5       Verwys na grondgebruiksone 5 en 6.

                     (a) Lewer kommentaar op die ligging van grondgebruiksone 5
                         en 6 in verhouding tot mekaar.                   (1 x 2)                 (2)

                     (b) Versoenbaarheid (vermoë om saam te bestaan of te woon)
                         bepaal die ligging van grondgebruiksones in 'n stedelike
                         gebied. Gee redes waarom 5 en 6 nie versoenbaar is nie.
                                                                               (2 x 2)            (4)

         3.4.6       Wat is die ooreenkomste tussen die Suid-Afrikaanse stad en die
                     model wat in FIGUUR 3.4.1 geïdentifiseer is?            (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                                   DBE/2019
                                             SS/NSS

3.5      Verwys na FIGUUR 3.5 wat die Weskus-ruimtelikeontwikkelingsinisiatief
         (ROI) toon.

         3.5.1       Wat is 'n ruimtelikeontwikkelingsinisiatief?                  (1 x 1)        (1)

         3.5.2       Noem die hawe wat met die Weskus-ROI geassosieer word. (1 x 1)               (1)

         3.5.3       Noem EEN vervaardigingsbedryf in die Weskus-ROI.               (1 x 1)       (1)

         3.5.4       Bespreek TWEE fisiese faktore wat die ontwikkeling van die ROI
                     aan die Weskus bevoordeel het.                           (2 x 2)             (4)

         3.5.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe die
                     Weskus-ROI die plaaslike gemeenskap ophef.                (4 x 2)            (8)

3.6      Verwys na FIGUUR 3.6 wat die rol van internasionale handel in ekonomiese
         ontwikkeling toon.

         3.6.1       Wat is die doel van internasionale handel?                     (1 x 1)       (1)

         3.6.2       Haal uit die uittreksel aan waarom internasionale handel vinnig
                     groei.                                                   (1 x 2)             (2)

         3.6.3       Volgens die uittreksel dra internasionale handel tot die vermindering
                     van armoede by. Verduidelik hierdie stelling.                  (2 x 2)       (4)

         3.6.4       Verduidelik hoe afstand vanaf groot handelsvennote Suid-Afrika
                     beperk om op die wêreldmarkte mee te ding.             (2 x 2)               (4)

         3.6.5       Verduidelik hoe internasionale handel plaaslike produksie in 'n land
                     kan beperk.                                                  (2 x 2)         (4)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                                        DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 4

4.1      Pas elk van die beskrywings hieronder by óf 'n hoë-orde sentrale plek óf
         'n lae-orde sentrale plek. Skryf slegs 'hoë-orde sentrale plek' of 'lae-orde
         sentrale plek' langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.8 hoë-orde sentrale plek.

         4.1.1        Hierdie sentrale plek bied 'n wye verskeidenheid funksies aan

         4.1.2        'n Lae drempelbevolking         word   met    hierdie   sentrale    plek
                      geassosieer

         4.1.3        'n Groter invloedsfeer is in hierdie sentrale plek waarneembaar

         4.1.4        Volgens die stedelike hiërargie is hierdie tipe sentrale plek in die
                      meerderheid

         4.1.5        'n Konurbasie is 'n voorbeeld van hierdie tipe sentrale plek

         4.1.6        Daar is 'n kleiner reikwydte in hierdie sentrale plek

         4.1.7        Gespesialiseerde dienste, soos universiteite en kunsgalerye, word
                      in hierdie tipe sentrale plek aangetref                    (7 x 1)            (7)

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die korrekte ekonomiese konsep om by die stelling
         gegee, te pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.9 C.

         4.2.1        Vervoer is 'n voorbeeld van die… sektor.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         4.2.2        Die … sektor is aan navorsing en ontwikkeling gekoppel.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         4.2.3        Die waarde van goedere en dienste wat binne die grense van 'n
                      land geproduseer word, is die …

                      A   bruto binnelandse produk.
                      B   betalingsbalans.
                      C   bruto nasionale produk.
                      D   handelsbalans.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    13                                DBE/2019
                                              SS/NSS

         4.2.4        Produkte wat in die buiteland verkoop word, word op die … mark
                      verkoop.

                      A   invoer-
                      B   uitvoer-
                      C   tuis-
                      D   nasionale

         4.2.5        Toegevoegdewaarde-goedere word in die … sektor geproduseer.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         4.2.6        Suikerrietboerdery is 'n voorbeeld van … boerdery.

                      A   kleinskaalse kommersiële
                      B   kleinskaalse bestaans-
                      C   grootskaalse kommersiële
                      D   grootskaalse bestaans-

         4.2.7        Wanneer 'n nywerheid naby 'n minerale bron geleë is, staan dit as
                      'n … nywerheid bekend.

                      A   grondstofgerigte
                      B   markgerigte
                      C   vragbrekingspunt-
                      D   alomteenwoordige

         4.2.8        Die proses waardeur nywerhede van kernnywerheidstreke na
                      perifere nywerheidstreke migreer:

                      A   Sentralisasie
                      B   Kommersialisering
                      C   Agglomerasie
                      D   Desentralisasie                                         (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

4.3      Lees die uittreksel in FIGUUR 4.3 wat na die impak van landelike ontvolking
         verwys.

         4.3.1       Definieer die begrip landelike ontvolking.                    (1 x 1)      (1)

         4.3.2       Haal TWEE bewyse uit die leesstuk aan wat die sosiale impak van
                     landelike ontvolking aandui.                             (2 x 1)           (2)

         4.3.3       'Plase word groter terwyl minder arbeidskrag benodig word.'

                     (a) Stel EEN moontlike rede voor waarom plase groter word.
                                                                                   (1 x 2)      (2)

                     (b) Bespreek hoe 'groter plase' landelike ontvolking kan laat
                         toeneem.                                           (1 x 2)             (2)

         4.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe
                     grondhervorming landelike ontvolking in Suid-Afrika kan verminder.
                                                                                 (4 x 2)        (8)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4, 'n foto wat 'n informele nedersetting (A) toon.

         4.4.1       Wat is 'n informele nedersetting?                             (1 x 1)      (1)

         4.4.2       Noem TWEE basiese behoeftes waartoe mense wat in die meeste
                     informele nedersettings woon, nie maklike toegang het nie. (2 x 1)         (2)

         4.4.3       Noem TWEE maniere waarop die voorkoms van die informele
                     nedersetting van die voorkoms van die formele nedersetting by B
                     verskil.                                                 (2 x 1)           (2)

         4.4.4       Noem TWEE faktore wat die ligging van hierdie informele
                     nedersetting beïnvloed het.                      (2 x 1)                   (2)

         4.4.5       Verduidelik hoe die mense wat in A woon, uit nedersetting B kan
                     voordeel trek.                                            (2 x 2)          (4)

         4.4.6       Bespreek moontlike oplossings wat die plaaslike munisipaliteit kan
                     gee om die groei van nedersetting A te beperk.             (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  15                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

4.5      Verwys na FIGUUR 4.5, 'n infogram oor mielieboerdery in Suid-Afrika.

         4.5.1       Hoekom moet Suid-Afrika mielies uitvoer?                      (1 x 1)    (1)

         4.5.2       In watter jare het Suid-Afrika sy laagste en hoogste mielieproduksie
                     ondervind?                                                    (2 x 1)    (2)

         4.5.3       Stel 'n moontlike rede voor vir die aanvraag na Suid-Afrikaanse
                     mielies deur die buiteland.                               (1 x 2)        (2)

         4.5.4       Die neiging wat in die infogram getoon word, is wisselvallige
                     mielieproduksie deur die jare. Gee 'n moontlike rede vir hierdie
                     neiging.                                                 (1 x 2)         (2)

         4.5.5       Verduidelik wat die impak van lae mielieproduksie op die ekonomie
                     van Suid-Afrika kan hê.                                     (2 x 2)      (4)

         4.5.6       Stel moontlike strategieë voor wat die Suid-Afrikaanse regering kan
                     aanvaar om 'n meer stabiele mielieproduksie te verseker.     (2 x 2)     (4)

4.6      FIGUUR 4.6 is 'n artikel oor die Durban-Pinetown-nywerheidstreek.

         4.6.1       Waar sal jy Durban-Pinetown op die ranglys plaas ten opsigte van
                     nywerheidsuitsette in Suid-Afrika?                        (1 x 1)        (1)

         4.6.2       Haal uit die leesstuk aan om te wys dat sekondêre ekonomiese
                     aktiwiteite 'n groot bydrae tot die BBP maak.          (1 x 1)           (1)

         4.6.3       Watter woord in die artikel beskryf die belangrike rol wat die
                     vervaardigingsektor in KwaZulu-Natal se ekonomiese groei speel?
                                                                                (1 x 1)       (1)

         4.6.4       Bespreek redes waarom die Durban-Pinetown-nywerheidstreek
                     ideaal vir die skeepsbou- en herstelnywerheid is. (2 x 2)                (4)

         4.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe
                     invloed van die Durban-Pinetown-nywerheidstreek op die
                     ekonomiese ontwikkeling van KwaZulu-Natal.             (4 x 2)           (8)
                                                                                              [75]

                                                                                TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2019-memo-eng-1/ff87c51b-ef97-419f-8e14-df399f0272e9) — Geography · Memo · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-english/163e5499-d825-458c-9f96-f94970355b77) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
