# Geography Grade 12 P1 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-annexure-afr/460fc736-7b60-4a78-b0bd-fd07db6e708e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-annexure-afr/460fc736-7b60-4a78-b0bd-fd07db6e708e)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Addendum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                        2021

                                       BYLAE

                        Hierdie bylae bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      2                                           DBE/2021
                                             SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 1.1: STEDELIKE HITTE-EILAND-EFFEK GEDURENDE DIE DAG EN NAG

                      [Aangepas uit USA 2020, https://www.epa.gov/heatislands/learn-about-heat-island]

FIGUUR 1.3: MIDDELBREEDTESIKLONE

                     MIDDELBREEDTESIKLONE OOR DIE WES-KAAP

Suid-Afrika is een van 'n handjievol lande wat winterreënval in sekere gebiede en
somerreënval in ander gebiede ontvang. Die suidwestelike punt van die land het 'n
Mediterreense klimaat met warm, droë somers en koel, nat winters. Dit is as gevolg
van middelbreedtesiklone wat in die winter verder noord migreer en die kant van die
kouefront-arm toelaat om dwarsoor die mees suidelike deel van die land te skuif. Dit
veroorsaak frontale winterreënval oor die Wes-Kaap. Die beweging van die kouefront
oor die Wes-Kaap word oor die algemeen met 'n verskeidenheid weerstoestande
geassosieer. Hierdie siklone kan 'n positiewe of negatiewe impak op toerisme hê.

                                                                     [Bron: Eksaminator se uittreksel]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     3                                           DBE/2021
                                            SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 1.4: HELLINGASPEK

         [Aangepas uit https://www.pmfias.com/temperature-distribution-earth-heat-budget-heat-balance]

FIGUUR 1.5: DREINERINGSDIGTHEID

                                                   [Aangepas uit www.civiltee.hu.com]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  4                                        DBE/2021
                                         SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 1.6: STROOMROOF

                             [Aangepas uit https://www.google.com/search?sxsrf=ALeKk03lP8i1JV-
        ib25usPsiaZj8KuPD4g:1613590555668&source=univ&tbm=isch&q=river+capture+diagram&sa]

FIGUUR 2.2: LAMINÊRE EN TURBULENTE VLOEI VAN 'N RIVIER

                      A                                                 B

                 LAMINÊR                                         TURBULENT
                                                                                  [Bron: bing.com]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                        5                            DBE/2021
                               SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 2.3: SINOPTIESE WEERKAART

                                                [Bron: www.weathersa.co.za]
Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                6                                          DBE/2021
                                       SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 2.4: SUID-AFRIKAANSE BERGWINDE

                         BERGWINDE IN KWAZULU-NATAL

Blog een

Ons ervaar sedert Sondag bergwindtoestande in KwaZulu-Natal. Hierdie winde word
veroorsaak deur 'n hoogdrukstelsel wat oor die binneland van Suid-Afrika voorkom en
dit forseer lug oor die eskarp en teen die lykant van die Drakensberge af. Temperature
kan binne 'n paar uur tot so hoog as dertig grade Celsius styg. Hierdie winde kan
snelhede bereik wat wissel van 10 km per uur tot 100 km per uur en dit kan groot
verwoesting saai.

Blog twee

Sondag was die wind baie sterk en temperature het gister en vandag hier in ons distrik
vanaf die middel tiene tot die hoë twintigs gestyg. Hierdie tyd van die jaar staan ook in
KZN as die brandseisoen bekend. Hierdie warm, droë winde is baie bevorderlik vir
brande. 'n Vuur wat deur 'n bergwind van 100 km per uur aangedryf word, is
onkeerbaar. Geen boer kan dit waag om sy plaas gedurende hierdie tyd te verlaat nie,
aangesien 'n vuur sy lewenslange werk kan verwoes.

                                                        [Aangepas uit drakensviewblogspot.com]

FIGUUR 2.5: DREINERINGSPATRONE

                              [Bron: https://www.bing.com/search?q=drainage+patterns&form]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       7                                        DBE/2021
                                              SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 2.6: FLUVIALE LANDVORME

               [Bron: https://www.bing.com/search?q=fluvial landforms+&form]

FIGUUR 3.3: GRONDHERVORMING

                      GRONDHERVORMING SORG VIR VERNUWING

Grondhervorming het die potensiaal om, veral in landelike gebiede, nuwe lewe in die
ekonomie te blaas deur werkloosheid te verminder en om voorheen benadeelde boere
die geleentheid te gun om kommersiële boere te word.

Dit het verder die kapasiteit om sosiale onrus te verminder deur die historiese en groot
gaping tussen wit en swart grondeienaarskap te verminder. Ten spyte van
samesprekings oor die belangrikheid daarvan sedert die 30%-herverdelingsteiken in
1996 gestel is, was grondhervorming nooit 'n politieke prioriteit nie. In plaas daarvan
was dit in omstredenheid (geskille) gehul, met miljoene rand wat as gevolg van
verskillende redes op mislukte projekte verkwis is. Hierdie redes strek van 'n
onbekwame regering tot 'n tekort aan vaardighede en 'n gebrek aan besigheids- en
finansiële ondersteuning.

Daar heers selfs onsekerheid oor die hoeveelheid hektaar wat oorgedra is. Die
regering het verlede jaar aangevoer dat daar nog 'n lang pad voorlê. Daar word geskat
dat daar sedert 1994 'n totaal van 17,4 miljoen hektaar wat onder wit eienaarskap was,
oorgedra is. Dit is gelykstaande aan 21% van die 82,8 miljoen hektaar wat in Suid-
Afrika vir boerdery gebruik word.
  [Aangepas uit https://www.farmersweekly.co.za/agri-business/empowerment/lessons-learnt-from-land-
                                                                                            reform/]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      8                                             DBE/2021
                                             SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 3.4: VERSTEDELIKING

                      SUID-AFRIKA SE VERSTEDELIKINGSDATA
                                       (Bevolking in duisende)

       BEVOLKING                 1950                      2014                       2050
    Stedelik                 5,778 (42,2%)            34,167 (64,3%)             49,102 (77,4%)
    Landelik                 7,905 (57,8%)            18,972 (35,7%)             14,304 (22,6%)
    Totaal                      13,683                    53,139                     63,405
                [Bron: https://businesstech.co.za/news/general/62749/sa-population-flocking-to-cities/]

FIGUUR 3.5 GOUDMYNBOU IN SUID-AFRIKA

INLIGTING OOR GOUDMYNBOU

     Die Witwatersrand-kom bly die wêreld se grootste goudbron.
     Goud se winste het van 2018 tot 2019 met 3,7% toegeneem, van R70 miljard tot
      R72,6 miljard.
     Goudproduksie het van 2018 tot 2019 van 117 ton tot 101,3 ton afgeneem.
     As gevolg van die huidige goudprys is meer as die helfte van die Suid-Afrikaanse
      goudmynbounywerheid marginaal (maak minimale winste).
     Suid-Afrikaanse goud is slegs verantwoordelik vir 4,2% van die globale
      goudproduksie.
     Werksgeleenthede in die goudsektor het met verloop van tyd afgeneem.
     Die goudnywerheid verskaf tans werk aan 95 130 mense in vergelyking met
      100 189 mense in 2018.
     Totale werknemerverdienste het van R15,9 miljard in 2008 tot R24,3 miljard in
      2019 toegeneem.

                                     [Aangepas uit https://www.mineralscouncil.org.za/sa-mining/gold]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     9                                           DBE/2021
                                            SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 3.6: PLATINUM-RUIMTELIKEONTWIKKELINGSINISIATIEF (ROI)

Die Platinum-Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (Platinum-ROI) is in Noordwes,
Suid-Afrika, geleë. Hulle doelwit is om al die gebiede langs die N4-snelweg, wat
Suid-Afrika se digsbevolkte gebiede met Lobatse in Botswana verbind, te ontwikkel.
Die ontwikkeling van nodes langs die logistieke korridor het ten doel om ekonomiese
ontwikkeling te stimuleer. Rustenburg sal voordeel trek uit die verhoogde verkeer langs
hierdie roete, wat uiteindelik Namibië en Mosambiek sal verbind.
        [Aangepas uit https://www.brandsouthafrica.com/investments- investing-in-north-west-province]

FIGUUR 4.3: STEDELIKE GRONDGEBRUIKSONES

[Aangepas uit https://www.google.com/search?q=urban%20land%20use
%20zones&tbm=isch&hl]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               10                                          DBE/2021
                                      SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 4.4: STEDELIKE NEDERSETTINGKWESSIES: INFORMELE
NEDERSETTINGS

                                          [Bron: Collart Hervé | Credit: Sygma via Getty Images]

FIGUUR 4.5: VOEDSELSEKERHEID

               DIE MATE VAN VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA

Terwyl Suid-Afrika op nasionale vlak van voedsel seker is, is die land nog steeds
onseker van voedsel op huishoudelike vlak omdat nie alle huishoudings toegang tot
genoeg voedsel het nie. Arm huishoudings het 'n tekort aan geld om voedsel te koop
en is nie in staat om hulle eie voedsel te produseer nie. Hierdie huishoudings het ook
nie die vermoë om werk te verseker of om 'n inkomste te genereer nie. 'n Tipiese
kenmerk van arm huishoudings is dat daar min mense is wat 'n inkomste verdien met
baie afhanklikes, en hulle is veral kwesbaar vir ekonomiese skokke.
Volgens die verslag is meer as die helfte van die huishoudings met jong kinders wat
honger is, is in stedelike gebiede. Die betrokkenheid van huishoudings by landbou-
aktiwiteite vir bestaansboerdery speel 'n belangrike rol om die kwesbaarheid as gevolg
van honger te verminder. Die resultate toon dat sowat 2,5 miljoen huishoudings
(15,6%) uit 16,2 miljoen huishoudings in Suid-Afrika by landbou-aktiwiteite betrokke
was.
Alhoewel die hoofbron van inkomste in landelike huishoudings welsynstoelae was, het
die meeste huishoudings wat by landbou-aktiwiteite betrokke was, bevestig dat die
hoofrede vir hul betrokkenheid was om voedsel vir die huishouding aan te vul.

[Ekonomiese skok: 'n Onvoorspelbare gebeurtenis wat die ekonomie positief of
negatief beïnvloed]
                                           [Aangepas uit http://www.statssa.gov.za/?p=12135]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    11                                        DBE/2021
                                           SS/NSS (Bylae)

FIGUUR 4.6: PORT ELIZABETH-UITENHAGE (NELSON MANDELA-METROPOOL)-
            KERNNYWERHEIDSTREEK

Port Elizabeth is die sentrum van die outomobielnywerheid in Suid-Afrika. Volkswagen
en Ford het aanlegte in die stad. Daar is verder baie motoronderdeelvervaardigers in
die stad. Globalisering het hierdie vervaardigers geforseer om mededinger in die
wêreld te word, en, in baie gevalle, om 'n rol in die globale strategie van hulle
moedermaatskappy te speel.

[Globalisering: verbinding van die ekonomieë van die wêreld]

                      [Bron: http://www.isocarp.net/Data/case_studies/cases/cs01_4568/gmpaper.htm]

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P1 May June 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-annexure-eng/4d061c8a-3234-4d8f-b79c-59be0f4a1961) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [Geography P1 May June 2016 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-annexure-afr/11e2e4e9-5320-4893-ab00-735d23a77eea) — Geography · Addendum · 2016 · Afr
- [Geography P1 June July 2015 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-annexure-afr/132cbc8b-5450-4f13-ab70-449bd2085d50) — Geography · Addendum · 2015 · Afr
- [Geography P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-eng/499f6ee6-d3a9-4e2b-81ac-b06c168cb10c) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-afr/7ab47572-a87d-4063-a7c1-e6eaae30e1df) — Geography · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
