# Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   GEOGRAFIE V1

                                          2022

                                                                        PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

                                                                   TableMountain

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 2                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

        AFDELING A
        VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60 PUNTE)
        VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60 PUNTE)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30 PUNTE)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     'n 1 : 50 000 topografiese kaart 3422AA MOSSELBAAI en 'n 1 : 10 000
        ortofotokaart 3422AA 18, AA 19 en AA 23 MOSSELBAAI word voorsien.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.     Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
        eksamensessie by die toesighouer inlewer.
                                                              TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     3                                     DBE/2022
                                              SS/NSS

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Klimaat van 'n baie klein area staan as … bekend.

                      A    stadsklimaat
                      B    mikroklimaat
                      C    makroklimaat
                      D    valleiklimaat

         1.1.2        Die helling in die diagram wat direkte sonstrale ontvang, front …

                                                        [Eksaminator se eie skets]

                      A    suid.
                      B    oos.
                      C    noord.
                      D    wes.

         1.1.3        Hellings wat suid front in die Suidelike Halfrond kan as … natuurlike
                      plantegroei beskryf word.

                      A    droog met dun
                      B    vogtig met digte
                      C    vogtig met dun
                      D    droog met digte
                                                                       TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  4                                        DBE/2022
                                           SS/NSS

         1.1.4       Die lugbeweging wat in die skets getoon word, kan tot … lei.

                                                 [Bron: Eksaminator se eie skets]

                     A    rypholtes
                     B    die verspreiding van besoedelende stowwe
                     C    stralingsmis
                     D    'n termiese gordel

         1.1.5       Die beweging van lug teen hellings af weens afkoeling word aan …
                     toegeskryf.

                                                  [Bron: Eksaminator se eie skets]

                     A    sonstraling
                     B    weerkaatsing
                     C    aardstraling
                     D    insolasie

         1.1.6       Neerslag wat snags weens aardafkoeling vorm:

                     A    Stralingsmis
                     B    Motreën
                     C    Sneeu
                     D    Adveksiemis
                                                                       TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                             5                           DBE/2022
                                                      SS/NSS

         1.1.7       Die wind wat met 'n temperatuurinversie in 'n vallei geassosieer
                     word, is 'n … wind.

                     A       anabatiese
                     B       aflandige
                     C       aanlandige
                     D       katabatiese

         1.1.8       Die KORREKTE volgorde waarin 'n temperatuurinversie ontwikkel:

                     (i)     Berghellings koel af
                     (ii)    Warm lug word verplaas en styg van die valleibodem op
                     (iii)   Koue lug daal as gevolg van swaartekrag
                     (iv)    Temperatuur styg met hoogte

                     A       (i), (ii), (iii), (iv)
                     B       (iv), (iii), (ii), (i)
                     C       (i), (iii), (ii), (iv)
                     D       (i), (ii), (iv), (iii)                                  (8 x 1)    (8)
                                                                           TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      6                                          DBE/2022
                                               SS/NSS

1.2      Die skets toon 'n dwarssnit van 'n tropiese sikloon in die Suidelike Halfrond.
         Kies die woord/term uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi.
         Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Z.

                  [Aangepas uit https://maritimesa.org/grade-11/2016/09/23/influence-of-weather]

                              KOLOM A                                      KOLOM B
          1.2.1       Wind 1 wat die tropiese sikloon            Y   westewinde
                      dryf, staan as die … bekend.               Z   oostewinde
          1.2.2       2 staan as die … bekend.                   Y   oog
                                                                 Z   sentrum
          1.2.3       Sirkulasie van lug rondom 2 is …           Y   kloksgewys
                                                                 Z   antikloksgewys
          1.2.4       Die lugdruk by 2 …                         Y   daal
                                                                 Z   styg
          1.2.5       Die lug by 3 is …                          Y   stygend
                                                                 Z   dalend
          1.2.6       Die wolktipe by 4 is …                     Y   cumulonimbus
                                                                 Z   stratus
          1.2.7       Die tipe neerslag wat met wolktipe         Y   motreën
                      4 geassosieer word, is ...                 Z   donderstorms
                                                                                        (7 x 1) (7)
                                                                                   TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     7                                      DBE/2022
                                              SS/NSS

1.3      Verwys na die uittreksel en die satellietbeeld van middelbreedtesiklone.
                 KOUE FRONTE TREK OOR DIE WES-KAAP: AUGUSTUS 2021

         Dele van die Wes-Kaap is reeds in die greep van koue en reënerige weer en
         dit sal voortduur soos 'n reeks koue fronte hierdie naweek die provinsie bereik.
         Soos die laaste en sterkste koue front die land Sondagoggend bereik, sal
         wydverspreide reën oor die Skiereiland, die Kaapse Wynlande en die Overberg
         begin val, waar weervoorspellingmodelle tans 'n verdere 20–30 mm reën in
         Kaapstad en meer as 50 mm in die bergagtige gebiede aandui. Met die gebied
         wat reeds besig is om deurdrenk te raak, kan hierdie swaar reënval tot
         gelokaliseerde oorstromings lei. Reënval sal teen Sondag al langs die suidkus,
         weskus en Namakwa-distrik versprei.
         Maksimum temperature sal tot 12 °C in die Wes-Kaap daal. Sneeu sal van
         Sondagaand tot Maandagoggend oor die hoogliggende gebiede van die
         Wes- en Noord-Kaap begin val en teen Maandag die Oos-Kaap en Lesotho
         bereik. Sneeuval sal nie tot die berge van hierdie provinsies beperk wees nie
         aangesien sekere dorpe en bergpasse ook ligte sneeuval kan verwag.
                                  [Aangepas uit https://www.enca.com/weather/here-comes-the-cold]

         1.3.1        Gee    die   algemene           rigting     van    beweging    van       die
                      middelbreedtesiklone.                                                (1 x 1)    (1)
         1.3.2        Gee 'n rede vir           die     rigting    van    beweging    van die
                      middelbreedtesiklone.                                              (1 x 2)      (2)
         1.3.3        Haal 'n bewys vir die gelokaliseerde oorstromings uit die uittreksel
                      aan.                                                         (1 x 2)            (2)
         1.3.4        Waarom beïnvloed koue fronte die Wes-Kaap hoofsaaklik in die
                      winter?                                              (1 x 2)                    (2)
         1.3.5        Hoe sal sneeuval watervoorsiening in die Wes-Kaap beïnvloed?
                                                                                 (1 x 2)              (2)
         1.3.6        Beskryf die prosesse wat tot die vorming van die
                      cumulonimbuswolke al langs die koue front by X gelei het. (3 x 2)               (6)
                                                                                 TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

1.4      Verwys na die Suid-Afrikaanse sinoptiese weerkaart.

                                                 23/01/2022
                                              12:00 GUT ('UTC')

                                                              [Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens]

         1.4.1        Benoem laagdruksel A.                                          (1 x 1)       (1)

         1.4.2        Waarom staan druksel A as 'n bewegende versteuring bekend?
                                                                              (1 x 2)              (2)

         1.4.3        Waarom is die kans op neerslag by B groter as by C?            (2 x 2)       (4)

         1.4 4        Gee bewyse dat hierdie sinoptiese                weerkaart      tipiese
                      somertoestande verteenwoordig.                                  (2 x 2)      (4)

         1.4.5        (a)   Watter antisikloon, D of E, het 'n groter daling (sinking) van
                            lug?                                                    (1 x 2)        (2)

                      (b)   Gebruik die druklesings op die sinoptiese weerkaart om jou
                            antwoord op VRAAG 1.4.5(a) te ondersteun.           (1 x 2)            (2)
                                                                            TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                                   9                                DBE/2022
                                                            SS/NSS

1.5      Verwys na die grafiek wat die verskil tussen landelike en stedelike
         temperature toon.

                    TEMPERATUUR °C

               [Bron: https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%environment%2F2021-heat-island]

         1.5.1                       Definieer die konsep stedelike hitte-eiland.               (1 x 2)       (2)

         1.5.2                       Gee die hoogste aangetekende temperatuur.                  (1 x 1)       (1)

         1.5.3                       Verduidelik TWEE maniere waarop die geboue by Z tot die hoë
                                     temperature bydra.                                   (2 x 2)             (4)

         1.5.4                       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare
                                     boustrategieë voor om die effek van die stedelike hitte-eiland te
                                     verminder.                                                (4 x 2)        (8)
                                                                                                              [60]
                                                                                        TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       10                                       DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

         2.1.1        Hierdie tipe rivier vloei slegs na harde reënval:

                      A    Standhoudend
                      B    Periodies
                      C    Eksoties
                      D    Episodies

         2.1.2        … riviere word meestal in die oostelike helfte van Suid-Afrika
                      gevind.

                      A    Standhoudende
                      B    Periodiese
                      C    Eksotiese
                      D    Episodiese

         2.1.3        … riviere ontspring in 'n hoëreënvalstreek en vloei deur 'n droë
                      gebied.

                      A    Standhoudende
                      B    Periodiese
                      C    Eksotiese
                      D    Episodiese

         2.1.4        … riviere sny slegs gedurende die nat seisoen deur die watertafel.

                      A    Standhoudende
                      B    Periodiese
                      C    Eksotiese
                      D    Episodiese

         2.1.5        X illustreer 'n … vloei.

                                                   Oneweredige rivierbed

                                                           [Bron: https://www.google.com/
                                           url?sa=i&url=https%2Fwww.sciencedirect.com]

                      A    laminêre
                      B    basis-
                      C    turbulente
                      D    plaat-
                                                                           TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     11                                   DBE/2022
                                               SS/NSS

         2.1.6        Die vermoë van rots om water deur te laat:

                      A       Permeabiliteit
                      B       Verdamping
                      C       Porositeit
                      D       Neerslag

         2.1.7        TWEE faktore wat tot 'n hoër koers van infiltrasie sal lei:

                      (i)     Motreën
                      (ii)    Donderstorms
                      (iii)   Steil gradiënt
                      (iv)    Geleidelike gradiënt

                      A       (i) en (ii)
                      B       (ii) en (iii)
                      C       (iii) en (iv)
                      D       (i) en (iv)

         2.1.8        'n Hoër koers van infiltrasie sal lei tot 'n:

                      (i)     Laer stroomorde
                      (ii)    Laer dreineerdigtheid
                      (iii)   Laer watertafel
                      (iv)    Laer grondvogtigheidsinhoud

                      A       (i) en (ii)
                      B       (ii) en (iii)
                      C       (iii) en (iv)
                      D       (i) en (iv)                                             (8 x 1)       (8)
                                                                             TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      12                                        DBE/2022
                                                SS/NSS

2.2      Verwys na die dreineerbekken en pas die byskrifte (A tot G) by die
         term/konsep (2.2.1 tot 2.2.7), bv. 2.2.8 H.

                                          SEE

                              [Aangepas uit https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%
                                                                  2Fdrainage-basin-gram%]

         2.2.1        Bron

         2.2.2        Samevloeiing

         2.2.3        Waterskeiding

         2.2.4        Hoofstroom

         2.2.5        Sytak

         2.2.6        Interfluviale rif

         2.2.7        Mond                                                                  (7 x 1)     (7)
                                                                                 TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                                          DBE/2022
                                             SS/NSS

2.3      Verwys na die sketse wat die profiel en gradering van 'n rivier toon.

                                           Rigting van vloei

                                           [Aangepas uit file:///T:/Fluvial%20Landforms.pdf]

         Verwys na skets A.

         2.3.1        Definieer die konsep lengteprofiel.                                  (1 x 2)      (2)

         2.3.2        Noem TWEE eienskappe van die lengteprofiel wat in skets A
                      sigbaar is.                                         (2 x 1)                       (2)

         2.3.3        Stel skets A 'n gegradeerde of 'n ongegradeerde rivier voor?
                                                                                           (1 x 1)      (1)

         2.3.4        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.3.                         (1 x 2)      (2)

         Verwys na sketse B en C.

         2.3.5        Identifiseer 'n tydelike en 'n permanente erosiebasisvlak in skets B.
                                                                                     (2 x 1)            (2)

         2.3.6        Beskryf die prosesse wat die rivier in sketse B en C sal ondergaan
                      om 'n gegradeerde toestand te bereik.                       (3 x 2)               (6)
                                                                                 TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  14                                         DBE/2022
                                            SS/NSS

2.4      Verwys na die skets oor rivierverjonging.

                                                     [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.4.1        Definieer die konsep rivierverjonging.                            (1 x 2)       (2)

         2.4.2        Noem EEN faktor wat rivierverjonging veroorsaak.                  (1 x 1)       (1)

         2.4.3        Beskryf die verhouding tussen vertikale erosie en die diepte van
                      die vallei.                                               (1 x 2)               (2)

         2.4.4        Identifiseer TWEE verskynsels van rivierverjonging wat in die
                      skets sigbaar is.                                      (2 x 1)                  (2)

         2.4.5        Verduidelik hoe rivierverjonging verantwoordelik is vir die vorming
                      van die verskynsels wat in VRAAG 2.4.4 geïdentifiseer is. (2 x 2)               (4)

         2.4.6        Watter negatiewe impak sal 'n verjongde rivier op die fisiese
                      omgewing hê?                                          (2 x 2)                   (4)
                                                                              TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                        15                                           DBE/2022
                                                  SS/NSS

2.5      Verwys na die uittreksel oor opvangsgebied en rivierbestuur.

                     'N RIVIER VAN BESOEDELING VLOEI DEUR ONS LAND

         Die Olifantsrivier is een van Suidelike Afrika se belangrikste
         rivieropvangsgebiede. Die rivier is krities vir die ekonomieë van beide
         Suid-Afrika en Mosambiek. Die 30 damme al langs die rivierloop verskaf
         tydens droogtes water aan drie provinsies. Tien miljoen mense maak vir water
         op hierdie rivier staat.

         Die water van die Olifantsrivier besproei plase in westelike Mpumalanga en
         dryf Eskom se steenkoolkragstasies in die gebied aan. Die rivier vloei deur
         Limpopo se platinumgordel en verskaf water aan valleie wat andersins droog
         sou wees. Die rivier sny deur die Drakensberg en besproei plase in die
         Laeveld, verskaf water aan die Nasionale Krugerwildtuin en sluit uiteindelik by
         die Limpoporivier in Mosambiek aan.

         Die bogenoemde aktiwiteite het 'n negatiewe impak op die kwaliteit van die
         rivierwater gehad. Bestuurstrategieë wat tot dusver geïmplementeer is, was
         nie effektief nie. Die gevaar bestaan dus dat die water van die Olifantsrivier as
         te besmet (besoedel) om te gebruik, verklaar kan word. Strategieë om die
         kwaliteit van water in die rivier te verbeter, moet ingestel word om 'n
         volhoubare bron van water te verseker.

               [Aangepas uit https://mg.co.za/article/2017-04-13-00-a-river-of-sewage-chemicals-metals-
                                                                                 flows-through-our-land/]

         2.5.1         Wat is rivierbestuur?                                                     (1 x 2)      (2)

         2.5.2         Volgens die uittreksel, hoeveel mense maak op die Olifantsrivier
                       staat vir hulle water?                                  (1 x 1)                        (1)

         2.5.3         Haal bewyse uit die uittreksel aan wat aandui hoe water van die
                       Olifantsrivier gebruik word.                             (2 x 1)                       (2)

         2.5.4         Watter negatiewe impak sal Eskom se steenkoolkragstasies op die
                       Olifantsrivier hê?                                       (1 x 2)                       (2)

         2.5.5         In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik VIER
                       strategieë wat geïmplementeer kan word sodat die Olifantsrivier 'n
                       volhoubare bron van water word.                           (4 x 2)                      (8)
                                                                                                              [60]
                                                                                        TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                              16                                        DBE/2022
                                        SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR MOSSELBAAI

Koördinate: 34º06ʹS; 22º03ʹO

Mosselbaai is 'n kusdorp met 'n bevolking van 99 319. Dit is geleë aan die westelike
kant van 'n uitgestrekte skilderagtige kuslyn wat as die Tuinroete bekend staan.
Mosselbaai is 'n bedrywige vakansie-oord in die somer en 'n ideale rusplek in die
winter, want dit is op 'n asemrowende sonnige skiereiland, omring deur die warm
Indiese Oseaan, geleë. Hierdie aanlandige winde bring koel seebriese wat aangename
toestande vir toeriste skep.

Die gemiddelde jaarlikse verskil tussen die maksimum en minimum temperatuur vir
Mosselbaai is 6 °C. Hierdie temperatuurspeling is klein weens die matigende invloed
van die oseaan. Mosselbaai het warm temperature en 'n noemenswaardige reënval
dwarsdeur die jaar.
                                             [Aangepas uit https//:www.visitmosselbay.co.za]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                   AFRIKAANS
Diggings                                  Delwerye
Golf Course                               Gholfbaan
River                                     Rivier
Sewerage Works                            Rioolwerke
Estate                                    Landgoed
Mud flats                                 Modderplate
Nature Reserve                            Natuurreservaat
                                                                   TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                17                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       3322CD is … van Mosselbaai op die verwysingsindeks geleë.

                     A   suidoos
                     B   noordwes
                     C   noordoos
                     D   suidwes                                                 (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Die waarde van die indekskontoerlyn F in blok C2 op die
                     topografiese kaart is … meter.

                     A   80
                     B   100
                     C   103
                     D   120                                                     (1 x 1)       (1)

         3.1.3       Bereken, in km², die oppervlakte wat deur die ortofotokaart gedek
                     word deur die volgende herleide afmetings te gebruik:

                     Lengte: 2,1 km
                     Breedte: 1,9 km

                     Formule: Oppervlakte = Lengte x Breedte                     (1 x 1)       (1)

         3.1 4       Waarom vertoon die afgebakende area op die ortofotokaart kleiner
                     as op die topografiese kaart?                            (1 x 1)          (1)

         3.1.5       Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf 6 in blok B3 tot by 7 in
                     blok B4 op die ortofotokaart.

                                                         vertikale interval (VI)
                     Formule: Gemiddelde gradiënt =
                                                      horisontal e ekwivalent (HE)
                                                                                 (5 x 1)       (5)

         3.1.6       Word die gemiddelde gradiënt wat in VRAAG 3.1.5 bereken is, oor
                     die algemeen as steil of geleidelik beskou?            (1 x 1)  (1)
                                                                     TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  18                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na G in blok D3 op die topografiese kaart.

         3.2.1        Noem die wind wat gedurende die nag teen die helling van die
                      vallei by G afwaai.                                   (1 x 1)                (1)

         3.2.2        Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer is,
                      gewasgroei op die valleibodem by G negatief beïnvloed. (1 x 2)               (2)

         Verwys na blok A4 op die ortofotokaart en die algemene inligting oor
         Mosselbaai.

         3.2.3        Die jaarlikse temperatuurspeling        vir   Mosselbaai   word as
                      (klein/groot) beskou.                                         (1 x 1)        (1)

         3.2.4        Waarom ervaar die vakansie-oord, wat 10 gemerk is, 'n gematigde
                      klimaat?                                                 (1 x 2)             (2)

         Verwys na blok A4 en B4 op die topografiese kaart.

         3.2.5        Die Hartenbosrivier in blok A4 en B4 op die topografiese kaart is in
                      die …-loop.

                      A   bo
                      B   middel
                      C   benede
                      D   jeug                                                       (1 x 1)       (1)

         3.2.6        Gee 'n bewys in blok A4 en B4 om jou antwoord op VRAAG 3.2.5
                      te staaf.                                             (1 x 2)                (2)

         Verwys na blok A3 op die ortofotokaart.

         3.2.7        Die helling gevind tussen 8 en 9 in blok A3 is 'n … helling.

                      A   konvekse
                      B   konkawe
                      C   eenvormige
                      D   terrasvormige                                              (1 x 1)       (1)

         3.2.8        Gebruik die bewys uit die ortofotokaart om jou antwoord op
                      VRAAG 3.2.7 te staaf.                                (1 x 2)                 (2)
                                                                            TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  19                                       DBE/2022
                                            SS/NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         Verwys na die visuele beelde, A en B, van 'n skool in Mosselbaai.

                            A                                        B

                                                       [Bron: Ridge+view+school+mossel bay]

         3.3.1        Visuele beeld A en B word as (pixels/simbole) gestoor.           (1 x 1)    (1)

         3.3.2        Watter visuele beeld, A of B, het 'n hoër resolusie?             (1 x 1)    (1)

         3.3.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.2.                     (1 x 2)    (2)

         Verwys na blok A1 op die topografiese kaart.

         3.3.4        Definieer die konsep datalaag.                                   (1 x 2)    (2)

         3.3.5        Hoe sal die dreineringsdatalaag gewasboerdery in die gebied
                      aanmoedig?                                           (1 x 2)                (2)
                                                                                                  [30]

                                                                                   TOTAAL:        150
                                                                                TableMountain

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P1 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-english-sep-2022-question-paper/a9fc8224-0596-43ea-897e-9b4730291373) — Geography · QP · 2022 · Eng
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-eng/b7aa24ee-5d84-4d50-a348-b575b258253b) — Geography · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
