# Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GEOGRAFIE V1

                                       2023

                                                                  PUNTE: 150

                                                                    TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V1                                  2                                  DBE/2023
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

        AFDELING A
        VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
        VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      Alle diagramme is by die vraestel ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.      'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2526CA ZEERUST en 'n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2526 CA 2 ZEERUST word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
         die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V1                                    3                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         Verwys na die skets hieronder om VRAAG 1.1.1 tot 1.1.5 te beantwoord.

                                                             [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.1       Die seisoen wat deur die sinoptiese weerkaart voorgestel word, is ...

                     A    herfs.
                     B    lente.
                     C    somer.
                     D    winter.

         1.1.2       Die isobaarinterval van die isobare op die sinoptiese weerkaart is
                     ... hPa.

                     A    2
                     B    4
                     C    6
                     D    8

         1.1.3       Die lugdruklesing by A is ... hPa.

                     A    1016
                     B    1018
                     C    1022
                     D    1024
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V1                                     4                                 DBE/2023
                                              SS/NSS

         1.1.4       Die doupunttemperatuur wat by weerstasie B aangedui is, is ... °C.

                     A       4
                     B       29
                     C       1
                     D       28

         1.1.5       Die weerstasies rondom die binnelandse hoogdruksel toon wolklose
                     toestande as gevolg van ... lug, en die antikloksgewyse sirkulasie
                     veroorsaak ... winde.

                     (i)     dalende
                     (ii)    stygende
                     (iii)   suidoostelike
                     (iv)    noordwestelike

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V1                                     5                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

         Verwys na die kaart hieronder om VRAAG 1.1.6 tot 1.1.8 te beantwoord.

                                                       [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.6       Lyn C-C verteenwoordig 'n …

                     A       rug.
                     B       saal.
                     C       trog.
                     D       depressie.

         1.1.7       Die hoogdruksel by D sal veroorsaak dat weerstelsel E in 'n ...
                     rigting beweeg.

                     A       suidoostelike
                     B       noordoostelike
                     C       suidwestelike
                     D       noordwestelike

         1.1.8       Die weerstoestande by weerstasie F:

                     (i)     Lugtemperatuur is 8 °C
                     (ii)    Wolkbedekking is 4/8
                     (iii)   Suidwestelike wind
                     (iv)    Windspoed is 5 knope

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)                                                 (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V1                                           6                                            DBE/2023
                                                    SS/NSS

1.2      Verwys na die skets hieronder wat valleiklimate voorstel. Voltooi die stellings
         in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Y.

               [Aangepas uit https://journals.ashs.org/hortsci/view/journals/hortsci/43/6/article-p1652.xml]

                                 KOLOM A                                          KOLOM B
         1.2.1         Die rigting waarin die helling wys ten         Y        oriëntering
                       opsigte van insolasie is ...                   Z        aspek
         1.2.2         Die skets verteenwoordig 'n vallei in          Y        Suidelike
                       die ... Halfrond.                              Z        Noordelike
         1.2.3         … wind kom voor as gevolg van                  Y        Katabatiese
                       aardradiasie (aardstraling).                   Z        Anabatiese
         1.2.4         'n Temperatuurinversie kom tussen              Y        daling
                       A en B voor as gevolg van 'n ... in            Z        styging
                       temperatuur met hoogte.
         1.2.5         Die vorm van neerslag wat by X kan             Y        dou
                       voorkom, is ...                                Z        ryp
         1.2.6         …-mis kan op wolklose, kalm aande              Y        Radiasie (Straling)
                       in die vallei vorm.                            Z        Adveksie
         1.2.7         Die noordelike kant van die vallei             Y        hoë
                       word met bome bedek as gevolg                  Z        lae
                       van ... verdamping.
                                                                                                    (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V1                                       7                                            DBE/2023
                                                SS/NSS

1.3      Verwys na die uittreksel hieronder oor koue fonte.

           TWEE KOUEFRONTE SAL DIE WES-KAAP HIERDIE NAWEEK TREF –
                        'SWAAR REËNVAL' SAL VOLG

         Datum: 10 Junie 2022

         Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) word daar verwag dat twee
         kouefronte reën, sterk winde, hoë branders en 'n aansienlike daling in
         temperature oor Suid-Afrika sal meebring.

         Na verwagting sal die eerste kouefront die Wes-Kaap Sondagaand, 12 Junie,
         tref. Voor hierdie kouefront word sterk noordwestelike tot westelike winde
         tussen 50–60 km/h, met rukwinde tot 70–80 km/h, vanaf Sondag oor die
         suidelike dele van die Noord-Kaap en die binneland van die Wes- en Oos-
         Kaap verwag.

         Na verwagting sal die tweede kouefront die Wes-Kaap teen Maandagaand,
         13 Junie, bereik en voortgesette hoë hoeveelhede reënval meebring,
         hoofsaaklik aan die suidwestelike dele van die Wes-Kaap, veral vanaf
         Maandag tot Woensdagmiddag.

         Die windrigting wat met die kouefront geassosieer word, sal vanaf noordwes
         tot suidwes verander, soos die front oor die Wes-Kaap beweeg.

                          [Aangepas uit http//www.First cold front to hit Western Cape this weekend –
                                                       'heavy rainfall' to follow (thesouthafrican.com)]

         1.3.1       In watter seisoen beïnvloed die koue fronte wat in die uittreksel
                     genoem word die Wes-Kaap?                                  (1 x 1)                     (1)

         1.3.2       Gee 'n bewys uit die uittreksel om jou antwoord op VRAAG 1.3.1 te
                     ondersteun.                                               (1 x 1)                      (1)

         1.3.3       Waarom het kouefronte 'n groter impak op die Wes-Kaap gedurende
                     hierdie seisoen (antwoord op VRAAG 1.3.1)?                (1 x 2)                      (2)

         1.3.4       Die verandering in windrigting wat in die uittreksel genoem word,
                     staan as (ruiming/krimping) in die Suidelike Halfrond bekend. (1 x 1)                  (1)

         1.3.5       Gee 'n rede uit die uittreksel vir jou antwoord op VRAAG 1.3.4. (1 x 2)                (2)

         1.3.6       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel positiewe en negatiewe
                     impakte voor wat swaar reënval, wat met die kouefronte geassosieer
                     word, op die fisiese (natuurlike) omgewing van die Wes-Kaap het.
                                                                                  (4 x 2)                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V1                                          8                                         DBE/2023
                                                   SS/NSS

1.4      Verwys na die infografika hieronder oor tropiese siklone.

                               DWARSSNIT VAN 'N TROPIESE SIKLOON

                                                        oog

                 [Aangepas uit https://www.meteo.physik.unimuenchen.de/~roger/TCLecs/Tropical%20Cyclone]
          GRAFIEK GEASSOSIEER MET                                  ISOBAARVOORSTELLING VAN
            'N TROPIESE SIKLOON                                       'N TROPIESE SIKLOON

                           [Bron: Eksaminator se eie tekening]   [Bron: https://www.google.com/search?q=isobars]

         1.4.1       Watter bewys dui aan dat die tropiese sikloon in die Suidelike
                     Halfrond ontwikkel het?                                (1 x 1)                          (1)

         1.4.2       Gee TWEE redes uit die infografika wat aandui dat die tropiese
                     sikloon in sy volwasse stadium is.                      (2 x 1)                         (2)

         1.4.3       Hoe sal die dalende lug by A die wolkbedekking in die oog
                     beïnvloed?                                          (1 x 2)                             (2)

         1.4.4       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.3.                               (1 x 2)      (2)

         1.4.5       Wat is die verhouding tussen die windspoed en lugdruk soos op die
                     grafiek aangedui?

                     (a)     Voor die oog                                                       (1 x 2)      (2)

                     (b)     Binne die oog                                                      (1 x 2)      (2)

         1.4.6       Waarom word daar na area B op die skets van die isobaar-
                     voorstelling as die voorste linkerkwadrant (gevaarlike halfsirkel)
                     verwys?                                                    (1 x 2)                      (2)

         1.4.7       Hoe ontwikkel die voorste linkerkwadrant (gevaarlike halfsirkel) in
                     tropiese siklone?                                           (1 x 2)                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V1                                   9                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

1.5      Verwys na die skets hieronder oor lyndonderstorms.

                                                                   [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.5.1       Identifiseer hoogdrukselle A en B.                             (2 x 1)      (2)

         1.5.2       Watter seisoen word deur die skets voorgestel?                 (1 x 1)      (1)

         1.5.3       Gee EEN rede uit die skets vir jou antwoord op VRAAG 1.5.2. (1 x 2)         (2)

         1.5.4       Wat is 'n vogfront?                                            (1 x 2)      (2)

         1.5.5       Noem TWEE vorme van neerslag wat met 'n lyndonderstorm
                     geassosieer word.                               (2 x 1)                     (2)

         1.5.6       Beskryf die prosesse wat by die vorming van lyndonderstorms
                     betrokke is.                                         (3 x 2)                (6)
                                                                                                 [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V1                                   10                                        DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

         2.1.1       'n Rivier en sy sytakke staan as 'n ... bekend.

                     A    opvangs
                     B    dreineerbekken
                     C    rivierstelsel
                     D    oppervlakte-afloop

         2.1.2       Die hoogliggende gebied wat twee dreineerbekkens skei, is 'n ...

                     A    waterskeiding.
                     B    interfluviale waterskeiding.
                     C    watertafel.
                     D    oorsprong.

         2.1.3       Waar twee of meer riviere ontmoet, staan dit as 'n ... bekend.

                     A    interfluviale waterskeiding
                     B    sytak
                     C    hoofstroom
                     D    samevloeiing

         Verwys na die skets hieronder oor die dreineringsbekken om VRAAG 2.1.4 tot
         2.1.6 te beantwoord.

                                                           [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.1.4       Die skets hierbo verteenwoordig 'n ... dreineerpatroon.

                     A    reghoekige
                     B    dendritiese
                     C    radiale
                     D    parallelle

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V1                                     11                                          DBE/2023
                                               SS/NSS

         2.1.5       Die stroomorde by X is ... orde.

                     A       1ste
                     B       2de
                     C       3de
                     D       4de

         2.1.6       Die dreineerdigtheid van die dreineerbekken is hoog omdat dit
                     beïnvloed word deur die rivier wat in gebiede van ... en ... vloei.

                     (i)     minder plantegroei
                     (ii)    hoë porositeit
                     (iii)   hoë reënval
                     (iv)    hoë permeabiliteit

                     A       (ii) en (iv)
                     B       (i) en (iii)
                     C       (i) en (ii)
                     D       (ii) en (iv)

         Verwys na die traliedreineerpatroon hieronder om VRAAG 2.1.7 en 2.1.8 te
         beantwoord.

                                                          [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.1.7       Die sytakke van 'n traliedreineerpatroon …

                     A       sluit teen 'n skerp hoek by die hoofstroom aan.
                     B       sluit teen reghoeke by die hoofstroom aan.
                     C       buig 90° in sy loop.
                     D       vloei weg vanaf 'n sentrale punt.

         2.1.8       Hierdie dreineerpatroon word in gebiede met ... en ... aangetref.

                     (i)     hellende strata
                     (ii)    genate stollingsgesteentes
                     (iii)   eenvormige weerstandbiedende gesteentes
                     (iv)    geplooide strata

                     A       (i) en (ii)
                     B       (iii) en (iv)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iv)                                                    (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V1                                   12                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

2.2      Verwys na rivierprofiele A en B hieronder. Voltooi die stellings in KOLOM A
         met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers
         (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y.

                            A                                       B

                                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

                          KOLOM A                               KOLOM B
         2.2.1       Sketse A en B illustreer ...   Y   dwars-
                     profiele van 'n rivier.        Z   lengte-
         2.2.2       Tydelike erosiebasisse is      Y   A
                     in skets ... sigbaar.          Z   B
         2.2.3       Die profiel van skets B        Y   gegradeer
                     is ...                         Z   ongegradeer
         2.2.4       Die dominante proses by X      Y   terugwaartse
                     in skets A is ... erosie.      Z   sywaartse
         2.2.5       Die permanente basisvlak       Y   dam
                     van erosie is die ...          Z   see
         2.2.6       In profiel ... is daar 'n      Y   A
                     balans tussen erosie en        Z   B
                     deposisie (afsetting).
         2.2.7       Rivierprofiel B het            Y   erosie van tydelike basisvlakke
                     ontwikkel as gevolg van ...        van erosie.
                                                    Z   die verlaging van die
                                                        waterskeiding.
                                                                                    (7 x 1)         (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V1                                    13                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

2.3      Verwys na die foto van 'n vallei hieronder om VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 te
         beantwoord.

                                                VALLEI

                                  [Bron: https://www.gettyimages.ac/valleys]

         2.3.1       Die vallei in die foto word oor die algemeen in die (bo/middel)-loop
                     aangetref.                                                   (1 x 1)               (1)

         2.3.2       Identifiseer TWEE kenmerke sigbaar in die foto om jou antwoord op
                     VRAAG 2.3.1 te ondersteun.                                 (2 x 2)                 (4)

         Verwys na sketse A en B hieronder van 'n waterval om VRAAG 2.3.3 tot 2.3.5
         te beantwoord.

                                                   WATERVAL
                                      A                                        B

                                                        [Aangepas uit www.internetgeography.net]

         2.3.3       Wat is 'n waterval?                                                  (1 x 2)       (2)

         2.3.4       Pas Y en Z in skets A by die konsepte weerstandbiedende (harde)
                     gesteentes en minder weerstandbiedende (sagte) gesteentes. (2 x 1)                 (2)

         2.3.5       Hoe veroorsaak erosie in skets B dat die waterval stroomop
                     terugbeweeg?                                         (3 x 2)                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V1                                      14                                     DBE/2023
                                                SS/NSS

2.4      Verwys na die skets hieronder oor rivierverjonging.

                                                         Nuwe vloedvlakte

                                                               [Aangepas uit www.studyblue.com]

         2.4.1       Wat is rivierverjonging?                                            (1 x 2)       (2)

         2.4.2       Noem TWEE moontlike oorsake van rivierverjonging.                   (2 x 1)       (2)

         2.4.3       Teken 'n benoemde vryhanddwarsdeursnee vanaf A na B van die
                     geïllustreerde rivierverjonging.

                     Punte sal toegeken word vir:

                     (a)   Vorm van die verjongde vallei                                 (1 x 1)       (1)

                     (b)   Aanduiding van die nuwe vloedvlakte                           (1 x 1)       (1)

                     (c)   Aanduiding van terrasse                                       (1 x 1)       (1)

         2.4.4       Hoe het die rivierterrasse (in die skets geïllustreer) gevorm?      (2 x 2)       (4)

         2.4.5       Verduidelik hoe die geïllustreerde landskap 'n negatiewe impak op
                     infrastruktuurontwikkeling sal hê.                          (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V1                                   15                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

2.5      Verwys na die uittreksel hieronder oor opvangs- en rivierbestuur.

           RIVIER VERKLEUR NA SWART NADAT STEENKOOLMYNDAM LANGS
                LANDELIKE GEMEENSKAPPE EN HLUHLUWE-IMFOLOZI-
                          WILDRESERVAAT INEENSTORT
         Deur Tony Carie, 11 Januarie 2022

         Groot volumes potensiële giftige steenkoolmyn-afval is gestort in riviere wat
         deur plaaslike gemeenskappe en die Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat vloei.
         Volgens die Unie van Besorgde Wetenskaplikes, met Amerika as basis,
         produseer mynbou- en steenkoolwerksaamhede hoë waterbesoedeling wat
         ook giftige swaarmetale soos arseenhoudende koper, lood en mangaan kan
         insluit.
         Toe die slykdamwal* op 24 Desember ineenstort, is die inwoners van die
         geraakte gemeenskappe eers twee weke later oor die moontlike risiko's
         gewaarsku. Natuurbewaringbestuurders in die naburige Hluhluwe-Imfolozi-
         wildreservaat is ook onder die indruk gebring dat die storting onder beheer
         was, net om uit te vind dat pikswart water 'n paar dae later deur die park vloei.

         Op hierdie stadium het die swart water die samevloeiing van die Swart en Wit
         Imfolozi-riviere bereik.

         *slykdam(wal) – 'n dam wat gebruik word om neweprodukte van mynboubedrywighede te
         stoor nadat die erts geskei is
                                                            [Aangepas uit dailymaverick.co.za]

         2.5.1       Wat het veroorsaak dat die rivier se kleur in swart verander het?
                                                                                    (1 x 1)         (1)

         2.5.2       Noem TWEE giftige swaarmetale in die uittreksel wat in besoedelde
                     mynwater gevind kan word.                                  (2 x 1)             (2)

         2.5.3       Haal EEN frase uit die uittreksel aan wat aandui dat die myn-
                     maatskappy NIE die besoedeling van die rivier openbaar gemaak
                     het NIE.                                                (1 x 2)                (2)

         2.5.4       Wat sou die negatiewe ekonomiese impak van nie-openbaarmaking
                     (antwoord op VRAAG 2.5.3) op die gemeenskap kon wees? (1 x 2)                  (2)

         2.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die belangrikheid
                     vir die omgewing om die Imfolozi-dreineerbekken te bestuur EN stel
                     maatreëls voor wat die plaaslike munisipaliteit kan implementeer om
                     die toekomstige gehalte van water te handhaaf.                (4 x 2)          (8)
                                                                                                    [60]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               120

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V1                              16                                          DBE/2023
                                        SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                          ALGEMENE INLIGTING OOR ZEERUST

         Koördinate: 25°32'S; 26°05'O

         Zeerust is 'n kommersiële dorp wat in die Noordwes geleë is. Dit is in die
         Marico-vallei geleë, ongeveer 1 294 meter bo seevlak.

         Die dorp is 240 kilometer noordwes van Johannesburg. Dit is op die N4, die
         hoofwegverbinding tussen Suid-Afrika en Botswana, geleë.

         Die klimaat in hierdie gebied word gekenmerk deur kort, koel en droë
         winters en lang, warm tot baie warm somers. Reën kom gereeld gedurende
         die somermaande voor.

         Twee riviere vloei deur Zeerust: die Klein-Marico en die Karee-spruit.
         In Zeerust is daar 'n natuurlike fontein by die Marico Oog.

                                                 [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Zeerust]

         Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

         ENGLISH                         AFRIKAANS
         Grave                           Graf
         River                           Rivier
         Rifle Range                     Skietbaan

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V1                                   17                                  DBE/2023
                                             SS/NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       Die ruitverwysing van punthoogte 1315 in blok B4 op die
                     topografiese kaart is ...

                     A     25°07'07"S; 26°31'26"O.
                     B     25°31'26"S; 26°07'07"O.
                     C     26°07'07"S; 25°31'26"O.
                     D     26°31'07"S; 25°07'26"O.                                 (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Die reguitlyn-afstand vanaf 1 in blok A1 tot by Kopfonteinnek op die
                     ortofotokaart is ... kilometer (km).

                     A     4,0
                     B     0,4
                     C     104,0
                     D     100,4                                                   (1 x 1)       (1)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.1.3       Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf punthoogte 1463 by F in
                     blok A2 tot by die hoogtemerk by G in blok C2.

                     Gebruik die volgende inligting:

                     Horisontale Ekwivalent (HE) is 3 000 m.

                     Formule:      Vertikale Interval (VI)
                                Horisontale Ekwivalent (HE)                        (3 x 1)       (3)

         3.1.4       Gebruik topografiese kaartbewyse en jou antwoord op VRAAG 3.1.3
                     en gee TWEE redes waarom dit moeilik sal wees om 'n pad tussen
                     F en G te bou.                                           (2 x 1)            (2)

         Verwys na die ruwe dwarsdeursnee hieronder, wat die gebied vanaf 2 in
         blok A2 tot by 3 in blok A3 op die ortofotokaart verteenwoordig.

         3.1.5       (a)   Herlei die Vertikale Skaal (VS) op die dwarsdeursnee na 'n
                           verhoudingskaal.                                    (2 x 1)           (2)

                     (b)   Wat beteken die Vertikale Vergroting (VV) van 5 keer?   (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V1                                  18                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

 3.2     KAARTINTERPRETASIE

         3.2.1       Die ... in blok E2 op die topografiese kaart is 'n aanduiding dat
                     seisoenale reënval in die gebied voorkom.

                     A    rye bome
                     B    standhoudende rivier
                     C    nie-standhoudende rivier
                     D    bewerkte landerye                                      (1 x 1)        (1)

         Verwys na die grafiek hieronder wat die gemiddelde temperatuur van die
         gebied vanaf H in blok C1 tot by J in blok C4 op die topografiese kaart
         aandui.

         3.2.2       Identifiseer die mensgemaakte verskynsel wat verantwoordelik was
                     vir die hoër temperature wat by X opgeteken is.           (1 x 1)          (1)

         3.2.3       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.2.                    (1 x 2)        (2)

         3.2.4       Identifiseer 'n natuurlike verskynsel wat die oorsaak was vir laer
                     temperature by Y.                                          (1 x 1)         (1)

         3.2.5       Watter skets hieronder verteenwoordig die helling vanaf 4 in
                     blok C1 tot by 5 in blok B1 op die ortofotokaart?

                     A                      B

                     C                      D

                                                                                 (1 x 1)        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Geografie/V1                                   19                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

         Verwys na die ortofotokaart.

         3.2.6       Hoe het die topografie (reliëf) van die gebied die ligging van die
                     skietbaan bevoordeel?                                       (1 x 2)           (2)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.2.7       Beskryf TWEE faktore op die topografiese kaart wat besoedeling
                     van die Klein-Maricopoort-dam beperk het.               (2 x 2)               (4)

 3.3     GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         3.3.1       Watter EEN van die volgende             is   'n   gestandaardiseerde
                     puntsimbool op topografiese kaarte?

                     A                         B

                     C                         D

                                                                                    (1 x 1)        (1)

         3.3.2       Identifiseer die alfanumeriese blok op die topografiese kaart waarin
                     die puntsimbool (antwoord op VRAAG 3.3.1) geleë is.           (1 x 1)         (1)

         3.3.3       Gee EEN attribuutdata van die puntsimbool (antwoord op
                     VRAAG 3.3.1) wat op die topografiese kaart sigbaar is. (1 x 1)                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Geografie/V1                                    20                                         DBE/2023
                                              SS/NSS

         Verwys na die skets hieronder.

                                      [Bron: https://www.directionsmag.com/article/3396]

         3.3.4       Identifiseer die GIS-komponent by A.                                  (1 x 1)    (1)

         3.3.5       Gee EEN rede waarom               die GIS-komponent         (antwoord op
                     VRAAG 3.3.4) belangrik is.                                          (1 x 2)      (2)

         3.3.6       Data-integrasie word in die skets geïllustreer.

                     Gee EEN rede om die stelling te ondersteun.                           (1 x 2)    (2)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:              30
                                                                          GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-english-qp/cc0a9c5e-7556-4aa2-a8c6-caf4da66af7f) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [2023 WC Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-wc-prelim-p1-qp/564ca26f-dd83-4fdb-8e15-8c630511af2b) — Geography · QP · 2023
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
