# Geography Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2012-afr/3954121e-2051-47f3-b528-9bcd339fe1fa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2012-afr/3954121e-2051-47f3-b528-9bcd339fe1fa)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                               2                         DBE/November 2012
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk.

3.        Vir die paragraaftipe vraag mag jy verwys na EEN idee wat jy deeglik
          moet bespreek OF na verskillende idees wat jy minder deeglik moet
          bespreek.

4.        ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.

5.        Nommer AL jou antwoorde in die MIDDEL van die reël.

6.        Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

7.        Begin elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

9.        MOENIE in die kantlyne van jou ANTWOORDEBOEK skryf nie.

10.       OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad
          van jou ANTWOORDEBOEK.

11.      Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

12.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 3                               DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING A:          KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE PROSESSE EN STRUKTUUR-
                     LANDVORME

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat toon hoe temperature oor 'n stad en sy
         omliggende gebiede verskil. Dit is 'n voorbeeld van mikroklimaat.

         1.1.1        Gee die begrip wat gebruik word om die toestand te beskryf wat in
                      FIGUUR 1.1. getoon word.                                  (1 x 2)              (2)

         1.1.2        Noem die benaderde oppervlaktemperatuur                 wat   oor die
                      stadsentrum ervaar word.                                        (1 x 2)        (2)

         1.1.3        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word.
                      Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.3(a)–1.1.3(c)) in
                      jou ANTWOORDEBOEK neer.

                      (a) Temperatuur neem uitwaarts vanaf A (af/toe).

                      (b) Temperatuur neem snags opwaarts vanaf A (af/toe).

                      (c) Besoedeling laat die temperatuur by A (afneem/toeneem).
                                                                               (3 x 2)               (6)

1.2      Verwys na FIGUUR 1.2 wat 'n rivier en sy sytakke toon en beantwoord die
         vrae wat volg.
         1.2.1        Gee die begrip wat gebruik word om 'n gebied te beskryf wat deur
                      'n hoofrivier en sy sytakke gedreineer word, soos aangedui in
                      FIGUUR 1.2                                               (1 x 2)               (2)
         1.2.2        Noem die dreineringspatroon wat in die skets getoon word. (1 x 2)              (2)
         1.2.3        Wat is die term wat gebruik word om te beskryf waar die rivier in
                      die oseaan invloei, soos deur die letter A aangedui?     (1 x 2)               (2)
         1.2.4        Watter letter dui 'n sytak aan?                                 (1 x 2)        (2)
         1.2.5        Gee die term wat gebruik word om 'n hoogliggende gebied te
                      beskryf wat twee strome in dieselfde dreineerbekken skei, soos
                      deur die letter C aangedui.                            (1 x 2)                 (2)
1.3      Bestudeer die sinoptiese weerkaart (FIGUUR 1.3) en beantwoord die vrae
         wat volg.
         1.3.1        Identifiseer die laagdrukstelsel gemerk A.                       (1 x 2)       (2)
         1.3.2        Verduidelik waarom daar na drukstelsel A as 'n laagdruksel verwys
                      word.                                                      (1 x 2)             (2)
         1.3.3        Watter bewys is daar op die kaart dat dit winter is?            (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                4                            DBE/November 2012
                                           NSS

         1.3.4        Waarom is die weerstoestande wat langs die ooskus van Suid-
                      Afrika ervaar word ideaal vir buitemuurse aktiwiteite? (1 x 2)              (2)

         1.3.5        Gee 'n rede vir die bewolkte toestande by Marion-eiland.      (1 x 2)       (2)

         1.3.6        Verwys na weerstelsel B.

                      (a)    Noem EEN wyse waarop dit die weer in Kaapstad binne die
                             volgende 24 uur waarskynlik sal beïnvloed.       (1 x 2)             (2)

                      (b)    Waarom beweeg hierdie siklone oor die algemeen in 'n
                             oostelike rigting?                           (1 x 2)                 (2)

                      (c)    Lewer kommentaar op die invloed wat hierdie siklone op
                             toerisme in die Suidwes-Kaap sal hê.             (1 x 2)             (2)

1.4      Verwys na die koerantartikel (FIGUUR 1.4) getitel 'SA se pikkewyne op dun
         ys' en beantwoord die vrae wat volg.

         1.4.1        Wat beteken globale klimaatsverandering?                      (1 x 2)       (2)

         1.4.2        Gee EEN rede vir die styging in seetemperature.              (1 x 2)        (2)

         1.4.3        Behalwe die styging in temperatuur, noem TWEE faktore wat deur
                      wetenskaplikes geïdentifiseer is as redes vir die dalende
                      pikkewyngetalle.                                       (2 x 2)              (4)

         1.4.4        Die invloed van klimaatsverandering is 'n bekommernis vir almal
                      wat in Suider-Afrika woon. In ongeveer 12 reëls, stel 'n paar
                      maatreëls voor wat ingestel moet word om hierdie probleem op te
                      los.                                                     (6 x 2)            (12)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 wat stroomroof illustreer.

         1.5.1        Definieer die term stroomroof.                               (1 x 2)        (2)
         1.5.2        Rivier C is by aktiewe terugwaartse erosie betrokke.
                      (a)   Wat beteken terugwaartse erosie?                        (1 x 2)       (2)
                      (b)   Gee 'n moontlike      rede   waarom    terugwaartse     erosie
                            plaasvind.                                             (1 x 2)        (2)
         1.5.3        Sal stroomroof 'n invloed hê op die vloeikenmerke van rivier B by
                      sy oorsprong?                                              (1 x 2)          (2)
         1.5.4        Noem die verskynsels gemerk D en E wat ontstaan as gevolg van
                      stroomroof.                                           (2 x 2)               (4)
         1.5.5        Stroomroof bring veranderinge in beide rower- en geroofde strome
                      mee. Verduidelik (ongeveer 12 reëls) sommige van die fisiese
                      veranderinge wat in die rower- en geroofde strome onderskeidelik
                      sal voorkom.                                              (6 x 2)           (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 5                         DBE/November 2012
                                            NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n rivierprofiel toon en beantwoord die vrae wat
         volg.

         1.6.1        Watter tipe rivierprofiel word hier getoon?               (1 x 2)        (2)

         1.6.2        Noem TWEE dimensies (vorme) van 'n rivier wat in die
                      geïllustreerde rivierprofiel gesien kan word. (2 x 2)                    (4)

         1.6.3        Noem die dominante (hoof-) tipe erosie wat in die riviervallei
                      plaasvind.                                            (1 x 2)            (2)

         1.6.4        Die riviervallei toon tekens van verjonging.

                      (a)    Wat beteken verjonging?                             (1 x 2)       (2)

                      (b)    Gee TWEE bewyse uit FIGUUR 1.6 om die stelling te steun
                             dat verjonging plaasgevind het.                  (2 x 2)          (4)

         1.6.5        Verduidelik hoe en waarom die dimensies (vorme) van die
                      riviervallei, in FIGUUR 1.6 geïllustreer, sal verander sodra
                      verjonging plaasvind.                                  (2 x 2)           (4)
                                                                                               [100]

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat faktore wat die weer en klimaat van Suid-Afrika
         beïnvloed, toon. Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord neer te
         skryf. Skryf die woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.5) neer.

         2.1.1        Die …-seestroom hou die ooskus van Suid-Afrika warmer as die
                      weskus.

         2.1.2        Die … veroorsaak dat plekke in die binneland laer temperature
                      ervaar as gevolg van die hoër hoogte.

         2.1.3        Die posisie van Suid-Afrika in terme van sy … veroorsaak oor die
                      algemeen stabiele toestande.

         2.1.4        Die steil hellings van die … voorkom dat vog die binneland in die
                      winter bereik.

         2.1.5        Die …-seestroom dra by tot droë, ariede toestande langs die
                      weskus van Suid-Afrika.                              (5 x 2)             (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                6                           DBE/November 2012
                                           NSS

2.2      Bestudeer FIGUUR 2.2 wat 'n tipiese helling verteenwoordig. Pas die stellings
         hieronder by die byskrifte op die diagram.

         2.2.1        Hierdie hangelement is konveks.

         2.2.2        Stroompies en slote kom algemeen op hierdie helling voor.

         2.2.3        Grondkruip kom algemeen op hierdie hangelement voor.

         2.2.4        Daar word na hierdie hangelement as 'n konstante helling verwys.

         2.2.5        Die hangelement is vertikaal.                               (5 x 2)        (10)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat die frekwensie van voorkoms van tropiese siklone
         toon.

         2.3.1        Noem die oseaan met die meeste tropiese siklone.            (1 x 2)        (2)

         2.3.2        Verduidelik waarom daar 'n gebrek aan tropiese siklone langs die
                      ewenaar (nul grade breedte) is.                           (1 x 2)          (2)

         2.3.3        Wat is die verwantskap tussen die voorkoms van tropiese siklone
                      en 'n seetemperatuur wat 26,5 °C oorskry?               (1 x 2)            (2)

         2.3.4        Gee TWEE redes waarom tropiese siklone nie in die gebied
                      gemerk A voorkom nie.                             (2 x 2)                  (4)

         2.3.5        Verduidelik waarom tropiese siklone verdwyn (uitsterf) wanneer
                      hulle oor land beweeg.                                  (2 x 2)            (4)

         2.3.6        Noem die gevolge wat hierdie tropiese siklone sal hê op die
                      ekonomie van lande wat in hulle pad lê.              (3 x 2)               (6)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n spotprent oor droogte is.

         2.4.1        Verduidelik die term droogte.                                (1 x 2)       (2)

         2.4.2        Wat is die boodskap van die stelling: 'Ons sal nie meer so groot
                      kan word nie'?                                           (2 x 2)           (4)

         2.4.3        Waarom is veral mielieboerdery 'n        risiko   vir kleinskaalse
                      (bestaans-)boere?                                           (1 x 2)        (2)

         2.4.4        Afrika moet dringend aandag gee aan die probleem van droogtes.
                      Maak voorstelle (ongeveer 12 reëls) oor hoe om die gevolge van
                      droogtes volhoubaar te verminder.                       (6 x 2)            (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                7                          DBE/November 2012
                                           NSS

2.5      FIGUUR 2.5 toon landvormverskynsels wat uit canyon-landskappe ontstaan.

         2.5.1        Identifiseer die verskynsels gemerk A en B.                (2 x 2)        (4)

         2.5.2        Identifiseer die onderliggende gesteentestrata       van     beide
                      landvorme A en B op die landskap.                          (1 x 2)        (2)

         2.5.3        Noem EEN verskil tussen verskynsel A en verskynsel B.       (1 x 2)       (2)

         2.5.4        Wat is die hoofproses van erosie wat by verskynsel A en B
                      onderskeidelik plaasvind?                           (2 x 2)               (4)

         2.5.5        Beskryf EEN kenmerk van 'n canyon-landskap wat op die diagram
                      duidelik is.                                            (1 x 2)           (2)

         2.5.6        Bespreek hoe die landskap in FIGUUR 2.5 deur die mens gebruik
                      kan word. Jy mag verwys na positiewe en/of negatiewe invloede.
                                                                                (3 x 2)         (6)

2.6      Verwys na FIGUUR 2.6 wat 'n spotprent oor rivierbesoedeling is.

         2.6.1        Noem TWEE wyses waarop 'n stedelike gebied tot die besoedeling
                      van riviere bydra.                                     (2 x 2)            (4)

         2.6.2        Stel TWEE maatreëls voor wat ingestel kan word om
                      waterbesoedeling vanaf stedelike gebiede te verminder. (2 x 2)            (4)

         2.6.3        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die negatiewe
                      gevolge van menslike aktiwiteite op riviere beoordeel.  (6 x 2)           (12)
                                                                                                [100]

AFDELING B:          MENSE   EN   PLEKKE:    LANDELIKE   EN                STEDELIKE
                     NEDERSETTINGS, MENSE EN HULLE BEHOEFTES

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1 wat 'n verskeidenheid nedersettings en
         grondgebruiksones toon. Pas die letters A tot E in die FIGUUR by die
         beskrywings (3.1.1–3.1.5) wat hieronder gegee word.

         3.1.1        Informele nedersetting

         3.1.2        Verspreide landelike nedersetting

         3.1.3        Tradisionele nedersetting

         3.1.4        Sentrale Sakekern (SSK)

         3.1.5        Kern landelike nedersetting                                (5 x 2)        (10)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 8                           DBE/November 2012
                                            NSS

3.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n woord/term in KOLOM A te pas.
         Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.5) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer.
                       KOLOM A                                 KOLOM B
         3.2.1       Agglomerasie                  A ontwikkel nywerhede in voorheen
                                                     afgeskeepte en onderontwikkelde
         3.2.2       Nywerheidsdesentralisasie       gebiede
         3.2.3       Ruimtelike Ontwikkelings-     B geen beperkinge op die invoer en
                     inisiatiewe (ROI's)             uitvoer van goedere en dienste nie
         3.2.4       Vrye handel                   C konsentrasie van nywerhede naby
         3.2.5       Handel                          mekaar
                                                   D die uitruil van goedere en dienste
                                                     vir wins
                                                   E nywerhede wat uit kerngebiede
                                                     uitbeweeg
                                                   F nywerhede wat gebou word om
                                                     ekonomiese groei aan te moedig
                                                     deur nuwe beleggings te lok
                                                                                 (5 x 2)          (10)
3.3      Bestudeer FIGUUR 3.3 wat grondgebruik in 'n stedelike gebied toon.
         3.3.1        Beskryf EEN kenmerk van die SSK.                              (1 x 2)       (2)
         3.3.2        Noem EEN faktor wat die ligging van die streekswinkelsentrum kon
                      beïnvloed het.                                             (1 x 2)          (2)
         3.3.3        Gee 'n kort beskrywing van die landelik-stedelike oorgangsone.
                                                                                  (1 x 2)         (2)
         3.3.4        Ontspanningsfasiliteite word oor die algemeen in die landelik-
                      stedelike oorgangsone gevind.
                      (a)     Gee bewyse uit die diagram om die stelling hierbo te steun.
                                                                                  (1 x 2)         (2)
                      (b)     Waarom word die ontspanningsfasiliteite wat in
                              VRAAG 3.3.4 genoem is, in die landelik-stedelike
                              oorgangsone gevind?                                  (2 x 2)        (4)
         3.3.5        Beskryf EEN manier waarop nywerhede geleë in die landelik-
                      stedelike oorgangsone 'n negatiewe uitwerking op die omgewing
                      het.                                                    (1 x 2)             (2)
         3.3.6        Beskryf TWEE planne wat die plaaslike regering (stadsraad) kan
                      gebruik om die skade veroorsaak deur hierdie nywerhede reg te
                      stel.                                                  (2 x 2)              (4)
         3.3.7        Noem EEN manier waarop die groengordel-grond en die Oak
                      Green Woods Country Park (landelike park) 'n rol kan speel in die
                      volhoubare ontwikkeling van die landelik-stedelike oorgangsone.
                                                                                  (1 x 2)         (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 9                            DBE/November 2012
                                            NSS

3.4      Verwys na TABEL 3.4 wat Suid-Afrika se hoofhandelsvennote in 2010 toon.

         3.4.1        Watter land is Suid-Afrika se hoofinvoervennoot?                (1 x 2)       (2)

         3.4.2        Watter land is Suid-Afrika se hoofuitvoervennoot?               (1 x 2)       (2)

         3.4.3        Verduidelik die term handelsbalans.                             (1 x 2)       (2)

         3.4.4        Het Suid-Afrika 'n positiewe of negatiewe handelsbalans in 2010
                      ervaar?                                                  (1 x 2)              (2)

         3.4.5        Skryf 'n paragraaf, ongeveer 12 reëls, en stel moontlike maniere
                      voor om op die 2010-handelsbalans te verbeter.            (6 x 2)             (12)

3.5      Verwys na die artikel getiteld 'Bitter Koffie' in FIGUUR 3.5.

         3.5.1        Waarom voel Pedro so bitter oor die wins wat hy uit die plant van
                      koffie maak?                                               (1 x 2)            (2)

         3.5.2        Wie kry die grootste deel van die wins uit die koffiebedryf?   (1 x 2)        (2)

         3.5.3        Koffie word as 'n onverwerkte produk uit Brasilië verkoop.
                      Verduidelik hoe dit Brasilië se ekonomiese groei beïnvloed. (2 x 2)           (4)

         3.5.4        Globalisering het daartoe gelei dat baie ontwikkelde lande
                      goedkoop hulpbronne by ontwikkelende lande koop.

                      (a)     Wat beteken globalisering?                             (1 x 2)        (2)

                      (b)     Stel TWEE wyses voor waarop globalisering vir
                              ontwikkelende lande nadelig kan wees.   (2 x 2)                       (4)

3.6      Lees die koerantartikel oor voedselproduksie in FIGUUR 3.6.

         3.6.1        Wat beteken voedselonsekerheid?                                (1 x 2)        (2)
         3.6.2        Beskryf die ongeregtigheid wat in die artikel voorkom.         (2 x 2)        (4)
         3.6.3        In baie dele van die wêreld word geneties gemodifiseerde gewasse
                      beskou as 'n manier om voedselproduksie te verhoog.
                      (a)     Verduidelik die begrip genetiese modifisering.          (2 x 2)       (4)
                      (b)     Bespreek TWEE voordele van genetiese modifisering.
                                                                              (2 x 2)               (4)
         3.6.4        Die toenemende vraag na voedsel is 'n kommerwekkende
                      ontwikkeling. Gee 'n gedetailleerde verklaring (ongeveer 12 reëls)
                      waarom baie Suider-Afrikaanse lande sukkel om in hulle
                      voedselbehoeftes te voorsien.                              (6 x 2)            (12)
                                                                                                    [100]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                              DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 4

4.1      Pas die sketse hieronder by die beskrywings wat gegee word. Skryf slegs die
         letter (A–F) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK
         neer.

                      SKETSE                         BESKRYWINGS
         4.1.1                                A    stervormige nedersetting

         4.1.2                                B    nedersettings wat halfsirkelvormig is

         4.1.3                      Geboue    C    het baie stopstrate en robotte

                            Grond

         4.1.4                                D    laat gladde vloei van verkeer toe
                                    SSK
                      See

         4.1.5                       Pad      E    stedelike profiel
                                    SSK

                                              F    kruisvormige nedersetting

                                                                                         (5 x 2)      (10)

4.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
         die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (4.2.1–4.2.5)  in    jou
         ANTWOORDEBOEK neer.

         4.2.1        (Primêre/Sekondêre) aktiwiteite verwys na die onttrekking van
                      grondstowwe uit die aarde.

         4.2.2        (Kommersiële/Bestaans-)boerdery het te doen met verbouing vir
                      huishoudelike gebruik.

         4.2.3        Die (handelsbalans/betalingsbalans) is die finansiële staat wat die
                      waarde van 'n land se transaksies met die res van die wêreld toon.

         4.2.4        (Kwaternêre/Tersiêre) aktiwiteite behels hoë-orde-dienste, soos
                      navorsing.

         4.2.5        Die waarde van goedere en dienste wat in 'n jaar in 'n land
                      geproduseer word, staan bekend as die (bruto nasionale/bruto
                      binnelandse) produk.                                 (5 x 2)                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 11                            DBE/November 2012
                                            NSS

4.3     Bestudeer die tabel hieronder wat die veranderende verdeling van die wêreld se
        stedelike bevolking oor die afgelope 60 jaar toon.

                     JAAR            STEDELIKE BEVOLKING %                  TOTALE
                                   ONTWIKKE-           ONTWIKKEL-         BEVOLKING
                                  LENDE LANDE           DE LANDE          (MILJOENE)
                   1950               38,4                 61,6                730
                   1970               48,1                 51,9               1 350
                   1990               63,4                 36,6               2 380
               2010 (beraam)          75,1                 24,9               3 030
                                                                             [Bron: Google]

         4.3.1        (a)    Lewer kommentaar oor die tendens van die stedelike
                             bevolkingspersentasie vir ontwikkelde lande oor die
                             afgelope 60 jaar.                             (1 x 2)                 (2)
                      (b)    Gee 'n moontlike verduideliking vir die tendens genoem in
                             VRAAG 4.3.1(a).                                    (2 x 2)            (4)
         4.3.2        Wat is die term wat gebruik word om die tendens waar 'n
                      toenemende getal mense in stedelike gebiede woon te beskryf?
                                                                               (1 x 2)             (2)
         4.3.3        Bespreek TWEE ekonomiese stootfaktore wat mense aanmoedig
                      om landelike gebiede te verlaat.                   (2 x 2)                   (4)
         4.3.4        Die styging in die stedelike bevolkingspersentasie in ontwikkelende
                      lande het agteruitgang in stadskerns laat ontstaan (stedelike
                      agteruitgang). In 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) stel maniere voor
                      waarop die plaaslike regering (stadsraad) die probleem kan oplos.
                                                                                    (6 x 2)        (12)
4.4      FIGUUR 4.4 beklemtoon sekere wyses waarop besoedeling op die aarde se
         oppervlak voorkom.
         4.4.1        Identifiseer EEN oorsaak van lugbesoedeling in die diagram.(1 x 2)           (2)
         4.4.2        Stel EEN gevolg van lugbesoedeling en die moontlike gevolg
                      daarvan, sigbaar op die diagram, voor.              (2 x 2)                  (4)
         4.4.3        Informele nedersettings is algemeen op die oewers van riviere in
                      Suid-Afrika. Hierdie informele nedersettings dra ook by tot
                      besoedeling op die aarde se oppervlak.
                      (a)    Wat is informele nedersettings?                        (1 x 2)        (2)
                      (b)    Waarom ontwikkel informele nedersettings op die oewers
                             van riviere?                                     (1 x 2)              (2)
                      (c)    Noem EEN probleem (behalwe besoedeling) wat hierdie
                             nedersettings op die rivieroewers veroorsaak. (1 x 2)                 (2)
                      (d)    Bespreek TWEE metodes wat in Suid-Afrika gebruik word
                             om die getal informele nedersettings te verminder. (2 x 2)            (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 12                            DBE/November 2012
                                            NSS

4.5      Verwys na FIGUUR 4.5 gebaseer op die Oranjerivier-projek. Een van die
         redes waarom hierdie projek ontwikkel is, was om die droogtegeteisterde
         Oos-Kaap van meer waterhulpbronne te voorsien.

         4.5.1        Noem EEN dam wat 'n belangrike rol speel om water vanaf die
                      Oranjerivier na die Oos-Kaap oor te plaas.          (1 x 2)              (2)

         4.5.2        In watter rivier in die Oos-Kaap vloei die water van die Oranjerivier
                      uiteindelik in?                                              (1 x 2)     (2)

         4.5.3        Bespreek die positiewe impak wat die Oranjerivier-projek op die
                      ekonomiese ontwikkeling in die Oos-Kaap gehad het.     (3 x 2)           (6)

         4.5.4        Die Oranjerivier-projek is ook ontwikkel om landelik-stedelike
                      migrasie te vertraag. Verduidelik die rol van die Oranjerivier-projek
                      in die vertraging van landelik-stedelike migrasie.            (2 x 2)    (4)

4.6      FIGUUR 4.6, 'n artikel en kaart, is gebaseer op nywerheidsaktiwiteit in die
         Durban-gebied.

         4.6.1        Die meeste van die nywerhede wat naby die hawe geleë is, is
                      brugnywerhede. Wat is brugnywerhede?                (1 x 2)              (2)

         4.6.2        Waarom kan die Durban-hawe as 'n vragverbrekingspunt beskryf
                      word?                                                 (1 x 2)            (2)

         4.6.3        Waarom word die ligging van die nywerhede as 'n sosiale
                      ongeregtigheid beskou?                          (1 x 2)                  (2)

         4.6.4        Noem waarom hierdie gebied ideaal is vir die ligging van
                      olieraffinaderye.                                  (1 x 2)               (2)

         4.6.5        Evalueer die belangrikheid van nywerheidsaktiwiteit vir die
                      ekonomie van KwaZulu-Natal.                          (3 x 2)             (6)

         4.6.6        Die ligging van nywerheidsgebiede word deur 'n aantal faktore
                      beïnvloed. Bespreek (in ongeveer 12 reëls) die rol van vervoer en
                      arbeid in die ontwikkeling van Durban as 'n nywerheidsgebied.
                                                                                 (6 x 2)       (12)
                                                                                               [100]

                                                                        GROOTTOTAAL:           300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2012 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2012-addendum-eng/13ab1f99-bf76-4875-a0bd-51931426c26f) — Geography · Addendum · 2012 · Eng
- [Geography P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2012-afr/ee0b02e1-f25b-4dc9-84c2-7d903e6063c1) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
