# Geography Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2013-afr/229e96ec-2229-47d4-8df0-b2c86c74c39b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2013-afr/229e96ec-2229-47d4-8df0-b2c86c74c39b)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 300

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 2                        DBE/November 2013
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 100 punte elk.

3.        ALLE diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.        Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

5.        Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

7.        MOENIE in die kantlyne van jou ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.        OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad
          van jou ANTWOORDEBOEK.

9.       Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                            DBE/November 2013
                                               NSS

AFDELING A:          KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE PROSESSE EN
                     STRUKTURELE LANDVORME

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy slegs EEN vraag uit
AFDELING A beantwoord, moet jy AL TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Bestudeer FIGUUR 1.1, wat globale atmosferiese lugdrukgordels en winde
         toon, en beantwoord die vrae wat volg.

         1.1.1        Watter naam word aan die winde gegee wat by A konvergeer
                      (bymekaarkom)?                                    (1 x 2)                     (2)

         1.1.2        Is die 0º-breedtegraad 'n laag- of 'n hoogdrukgordel?           (1 x 2)       (2)

         1.1.3        Gee die naam van die grens by 60º waar twee lugmassas met
                      verskillende eienskappe ontmoet.                   (1 x 2)                    (2)

         1.1.4        Gee die naam van lugdrukgordel C.                               (1 x 2)       (2)

         1.1.5        Wat is die naam van die lugdrukgordel by die 0º-breedtegraad?
                                                                                 (1 x 2)            (2)

1.2      Verwys na FIGUUR 1.2, wat die profiel van 'n rivierkronkel toon. Dui aan of
         die stellings hieronder op helling X of helling Y van toepassing is. Skryf slegs
         'helling X' of 'helling Y' langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Hierdie helling het 'n konkawe vorm.                            (1 x 2)       (2)

         1.2.2        Hierdie helling het 'n geleidelike gradiënt.                    (1 x 2)       (2)

         1.2.3        Die water vloei vinniger teen hierdie helling.                  (1 x 2)       (2)

         1.2.4        Afsetting vind hoofsaaklik op hierdie helling plaas.            (1 x 2)       (2)

         1.2.5        Hierdie helling staan as die glyoewer bekend.                   (1 x 2)       (2)

1.3      Bestudeer FIGUUR 1.3 gebaseer op stedelike klimaat.

         1.3.1        Bereken die verskil in temperatuur tussen die middestad/stadskern
                      en die landbougrond.                                       (1 x 2)            (2)

         1.3.2        Gee TWEE redes uit               die    diagram    waarom       hierdie
                      temperatuurverskil voorkom.                                     (2 x 2)       (4)

         1.3.3        Gee die term wat gebruik word om die warm lug oor die
                      middestad/stadskern te beskryf.                (1 x 2)                        (2)

         1.3.4        Verduidelik waarom die vorm van die besoedelingskoepel nie
                      gedurende die dag en nag dieselfde is nie.          (2 x 2)                   (4)

         1.3.5        Verwys na die besoedelingskoepel oor die stad en gee bewyse om
                      die stelling te ondersteun dat hierdie dagtoestande is.  (1 x 2)              (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                           DBE/November 2013
                                              NSS

1.4      Lees FIGUUR 1.4 gebaseer op sikloon Irina en beantwoord die vrae
         wat volg.

         1.4.1        Hoeveel siklone, insluitend Irina, het daar tot dusver in hierdie
                      tropiese seisoen voorgekom?                              (1 x 2)            (2)

         1.4.2        Watter bewyse op die satellietbeeld dui daarop dat Irina 'n tropiese
                      sikloon is?                                                   (1 x 2)       (2)

         1.4.3        Noem die wolktipe rondom die oog by C.                        (1 x 2)       (2)

         1.4.4        Verduidelik TWEE toestande wat noodsaaklik is vir die vorming
                      van tropiese siklone.                                  (2 x 2)              (4)

         1.4.5        Verduidelik waarom die mense in KwaZulu-Natal nie gereed sou
                      gewees het vir die chaos wat deur tropiese sikloon Irina veroorsaak
                      is nie. Gee TWEE redes.                                      (2 x 2)        (4)

         1.4.6        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) wat die impak van die
                      vloedtoestande wat deur Irina veroorsaak is, op die ekonomie en
                      omgewing van KwaZulu-Natal verduidelik.                  (6 x 2)            (12)

1.5      FIGUUR 1.5 is gebaseer op 'n dreineerbekken en sy lengteprofiel.

         1.5.1        Definieer die term dreineerbekken.                            (1 x 2)       (2)

         1.5.2        Verduidelik die term lengteprofiel.                           (1 x 2)       (2)

         1.5.3        Watter bewys dui aan dat die lengteprofiel 'n gegradeerde
                      profiel is?                                        (1 x 2)                  (2)

         1.5.4        Noem en beskryf die onderliggende gesteentestruktuur wat met
                      stroompatroon B geassosieer word.                     (2 x 2)               (4)

         1.5.5        Bepaal die stroomorde by punt C.                              (1 x 2)       (2)

         1.5.6        Gee 'n rede waarom die rivier 'n kronkelende roete in die
                      middelloop volg.                                   (1 x 2)                  (2)

         1.5.7        Die fluviale landvorms in die bo- en benedeloop van 'n rivier verskil
                      baie. Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy verduidelik
                      hoe die verskillende stroomvloei- en erosieprosesse vir die
                      ontwikkeling van verskillende landvorms in die bo- en benedelope
                      verantwoordelik is.                                           (6 x 2)       (12)

1.6      Verwys na die sketse in FIGUUR 1.6 en beantwoord die vrae wat volg.

         1.6.1        Beskryf die vorm van landvorm A.                              (1 x 2)       (2)

         1.6.2        Noem die dreineerpatroon wat op landvorm A kan vorm.          (1 x 2)       (2)

         1.6.3        Verduidelik waarom die dreineerpatroon in VRAAG 1.6.2 op
                      landvorm A sal ontwikkel.                         (2 x 2)                   (4)

         1.6.4        Verduidelik hoe verskynsel B ontwikkel.                       (3 x 2)       (6)
                                                                                                  [100]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                            DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1, wat tersiêre lugsirkulasie toon. Kies die korrekte
         woord tussen hakies om elkeen van die volgende stellings WAAR te maak.
         Skryf slegs die korrekte woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.6 bergwind.

         2.1.1        Die wind by D is 'n (land/see)-bries.                          (1 x 2)       (2)

         2.1.2        Wind E kom gedurende die (nag/dag) voor.                       (1 x 2)       (2)

         2.1.3        Plek C sal waarskynlik 'n (hoë/lae) druk ondervind.            (1 x 2)       (2)

         2.1.4        Die lugvloei by B sal 'n (verhittings/verkoelings)-effek op die
                      land hê.                                                 (1 x 2)             (2)

         2.1.5        Die hoogdruk by A is die gevolg van (dalende/stygende) lug. (1 x 2)          (2)

2.2      FIGUUR 2.2 toon sedimentêre strata/lae.

         2.2.1        Hoe is die strata/lae in A in verhouding tot die aardoppervlak
                      geposisioneer?                                          (1 x 2)              (2)

         2.2.2        Watter tipe gesteente, skalie of kalksteen, sal die vinnigste
                      verweer?                                              (1 x 2)                (2)

         2.2.3        Hoe is die strata/lae in B in verhouding tot die aardoppervlak
                      geposisioneer?                                         (1 x 2)               (2)

         2.2.4        Noem EEN landvorm wat uit die kalksteen in skets B ontstaan.
                                                                                (1 x 2)            (2)

         2.2.5        Wat is die naam van die steil helling by C?                    (1 x 2)       (2)

2.3      Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae
         wat volg.

         2.3.1        Noem die tipe laagdruksel by B.                                (1 x 2)       (2)

         2.3.2        Noem die druk in die middel van druksel D.                     (1 x 2)       (2)

         2.3.3        Identifiseer EEN bewys uit die sinoptiese weerkaart om aan te dui
                      dat dit wintertoestande voorstel.                         (1 x 2)            (2)

         2.3.4        Noem die front by C.                                           (1 x 2)       (2)

         2.3.5        Noem TWEE weersveranderinge wat Port Elizabeth moontlik in die
                      volgende paar uur kan ondervind.                       (2 x 2)               (4)

         2.3.6        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) om te verduidelik waarom
                      Port Elizabeth ongewoon hoë temperature ondervind en watter
                      impak die weerstoestande op die omgewing sal hê.          (6 x 2)            (12)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  6                             DBE/November 2013
                                             NSS

2.4      Beskou die spotprent in FIGUUR 2.4 oor aardverwarming.

         2.4.1        Definieer die term aardverwarming.                             (1 x 2)       (2)

         2.4.2        Lewer kommentaar op die argument tussen die ontwikkelde nasies
                      (lande) en die groot ontwikkelende nasies (lande) soos in die
                      spotprent getoon word.                                  (2 x 2)              (4)

         2.4.3        Waarom is daar vlamme rondom die aarde in die spotprent? (1 x 2)             (2)

         2.4.4        Wat is die gesamentlike naam vir gasse wat aardverwarming
                      veroorsaak?                                        (1 x 2)                   (2)

         2.4.5        Verduidelik waarom die spotprenttekenaar Zapiro dink dat COP 17
                      'n vermorsing van tyd was.                                (2 x 2)            (4)

2.5      Bestudeer FIGUUR 2.5, wat die impak van grondgebruik op vloei-
         hidrogramme toon.

         2.5.1        Definieer die term vloeihidrogram.                             (1 x 2)       (2)

         2.5.2        Hoe kan mense die inligting op 'n vloeihidrogram gebruik?      (1 x 2)       (2)

         2.5.3        Verduidelik waarom piekreënval en piekafloop nie op dieselfde tyd
                      voorkom nie.                                              (2 x 2)            (4)

         2.5.4        Watter grondgebruik lei tot die hoogste piekafloop?            (1 x 2)       (2)

         2.5.5        Bespreek die impak van woude op rivierafloop.                  (2 x 2)       (4)

2.6      Verwys na die sketse oor hellings en die massabeweging teen hellings in
         FIGUUR 2.6.

         2.6.1        Noem hellingelemente/-vorme X en Y in skets A.                 (2 x 2)       (4)

         2.6.2        Beskryf die vorm van helling X.                                (1 x 2)       (2)

         2.6.3        Noem die tipiese hellingelement/-vorm wat nie in skets A sigbaar
                      is nie.                                                   (1 x 2)            (2)

         2.6.4        Bespreek hoe helling Y deur mense gebruik kan word.            (2 x 2)       (4)

         2.6.5        Verduidelik waarom helling D onstabiel geraak het.             (2 x 2)       (4)

         2.6.6        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die impak van
                      helling-onstabiliteit ontleed, sowel as metodes wat gebruik kan
                      word om rampe wat met hierdie onstabiliteit geassosieer word, te
                      voorkom.                                                 (6 x 2)             (12)
                                                                                                   [100]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     7                          DBE/November 2013
                                                NSS

AFDELING B: MENSE EN PLEKKE: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS,
            MENSE EN HUL BEHOEFTES

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy slegs EEN vraag uit
AFDELING B beantwoord, moet jy AL TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1, wat tipes nedersettings toon. Pas die beskrywings
         hieronder by die letters (A–E) in die skets. Jy mag dieselfde letter vir meer as
         een antwoord gebruik.

         3.1.1        'n Nedersetting met 'n lineêre vorm                             (1 x 2)       (2)

         3.1.2        'n Nedersetting wat ver van water geleë is, omdat dit 'n
                      bedreiging is                                     (1 x 2)                     (2)

         3.1.3        'n Alleenstaande plaasopstal                                    (1 x 2)       (2)

         3.1.4        'n Nedersetting waar boere in die boeredorpie woon en nie op hul
                      plase nie                                                 (1 x 2)             (2)

         3.1.5        'n Nedersetting waar 'n rivierkronkel beskerming teen invalle bied
                                                                                    (1 x 2)         (2)

3.2      Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term(e)/woord(e) in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
         3.2.1        Primêre aktiwiteit    A     'n plan vir sosiale ontwikkeling

         3.2.2        Tersiêre aktiwiteit   B     voorsiening van intellektuele
                                                  dienste/hoëvlaknavorsing
         3.2.3        Kwaternêre
                      aktiwiteit            C     voorsiening van dienste

         3.2.4        Volhoubaarheid        D     strategie om nywerheidsontwikkeling te
                                                  verbeter
         3.2.5        Heropbou-en-
                      Ontwikkelingsplan     E     behels die ontginning van natuurlike
                      (HOP)                       hulpbronne

                                            F     behels bewaring vir toekomstige
                                                  generasies
                                                                                      (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                              DBE/November 2013
                                              NSS

3.3      Verwys na FIGUUR            3.3   gebaseer    op   bevolkingsbewegings        tussen
         nedersettings.

         3.3.1        Noem beweging A in die skets.                                    (1 x 2)       (2)

         3.3.2        Gee EEN rede waarom mense van die plattelandse boeredorpies
                      af wegtrek.                                          (1 x 2)                   (2)

         3.3.3        Bespreek die impak van die beweging van mense weg van die
                      plattelandse boeredorpies af op die ekonomie van hierdie
                      nedersettings.                                     (3 x 2)                     (6)

         3.3.4        Sal beweging B meer waarskynlik in ontwikkelde of ontwikkelende
                      lande plaasvind?                                         (1 x 2)               (2)

         3.3.5        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die impak van
                      beweging A op die SSK (D) en binnestad (C) uiteensit.   (6 x 2)                (12)

3.4      Bestudeer die spotprent oor 'n stedelike probleem in FIGUUR 3.4.

         3.4.1        Noem die stedelike probleem wat in die spotprent beklemtoon
                      word.                                                 (1 x 2)                  (2)

         3.4.2        Watter boodskap dra die spotprent oor die houding van die
                      motoriste oor?                                     (1 x 2)                     (2)

         3.4.3        Bespreek hoe die motoriste se houding tot die probleem
                      bygedra het.                                     (2 x 2)                       (4)

         3.4.4        Noem TWEE omgewingskwessies wat met hierdie stedelike
                      probleem geassosieer word.                    (2 x 2)                          (4)

         3.4.5        Gee die plaaslike owerhede raad oor hoe hulle kan help om hierdie
                      stedelike probleem op te los.                             (3 x 2)              (6)

3.5      Bestudeer die grafiek in FIGUUR 3.5 wat die BBP-bydrae tot Suid-Afrika se
         ekonomie toon.

         3.5.1        Skryf die akroniem BBP voluit.                                   (1 x 2)       (2)

         3.5.2        Verduidelik kortliks waarom       finansies   so   'n     wisselvallige/
                      veranderende tendens toon.                                      (3 x 2)        (6)

         3.5.3        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy kommentaar lewer
                      op die bydrae van vervaardiging tot die BBP oor die afgelope vyf
                      jaar, en hoe dit tot die groei van Suid-Afrika se ekonomie gelei het.
                                                                                   (6 x 2)           (12)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                            DBE/November 2013
                                              NSS

3.6      Bestudeer    FIGUUR      3.6,   wat     die     ligging          van       sommige
         nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e) in Suid-Afrika toon.

         3.6.1        Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone?                            (1 x 2)       (2)

         3.6.2        Watter NOS het tot op hede die grootste belegging?               (1 x 2)       (2)

         3.6.3        Gee TWEE redes vir die ontwikkeling van NOS'e deur die regering.
                                                                               (2 x 2)               (4)

         3.6.4        Noem TWEE aansporingsmaatreëls wat die regering aanbied vir
                      nywerhede wat in NOS'e gevestig word.               (2 x 2)                    (4)

         3.6.5        Verduidelik hoe NOS'e die lewens van mense                      wat in
                      onderontwikkelde landelike gebiede woon, verbeter het.           (3 x 2)       (6)
                                                                                                     [100]
VRAAG 4

4.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–F) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

                                   KOLOM A                           KOLOM B
         4.1.1        'n Toenemende persentasie mense         A      teenverstedeliking
                      wat in stede woon
                                                              B      vormlose/
         4.1.2        Die proses waar mense uit die stede            onplanmatige
                      na landelike gebiede beweeg                    stedelike uitbreiding

         4.1.3        Die fisiese groei van 'n stedelike      C      verstedeliking
                      nedersetting
                                                              D      landelike ontvolking
         4.1.4        Onbeheerste groei van 'n stedelike
                      gebied                                  E      stedelike uitbreiding

         4.1.5        'n Afname in die getal mense wat in     F      stedelike groei
                      landelike gebiede woon
                                                                                       (5 x 2)       (10)
4.2      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.

         4.2.1        Die ruil van goedere en dienste tussen lande                     (1 x 2)       (2)

         4.2.2        Goedere wat in 'n land ingebring word                            (1 x 2)       (2)

         4.2.3        'n Finansiële staat wat die waarde van 'n land se transaksies met
                      ander lande toon                                           (1 x 2)             (2)

         4.2.4        Die verskil in waarde tussen 'n land se invoere en uitvoere      (1 x 2)       (2)

         4.2.5        Wanneer die waarde van 'n land se uitvoere groter as sy
                      invoere is                                        (1 x 2)                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                          DBE/November 2013
                                             NSS

4.3      Bestudeer die spotprent in FIGUUR 4.3 oor onwettige immigrante en
         beantwoord die vrae wat volg.

         4.3.1        Wie is 'n onwettige immigrant?                               (1 x 2)       (2)

         4.3.2        Lewer kommentaar op die regering se houding teenoor onwettige
                      immigrante met verwysing na die spotprent.              (2 x 2)            (4)

         4.3.3        Gee TWEE redes waarom mense wêreldwyd wil hê dat onwettige
                      immigrasie beëindig moet word.                     (2 x 2)                 (4)

         4.3.4        Gee TWEE redes waarom Suid-Afrika so baie onwettige
                      immigrante uit ander Afrikalande lok.       (2 x 2)                        (4)

4.4      Bestudeer die kaart in FIGUUR 4.4 wat die lande met die meeste MIV/Vigs-
         verwante sterftes toon.

         4.4.1        Noem die land met die meeste MIV/Vigs-verwante sterftes. (1 x 2)           (2)

         4.4.2        Gee enige TWEE redes vir die hoë getal MIV/Vigs-verwante
                      sterftes in Afrika.                               (2 x 2)                  (4)

         4.4.3        Gee enige TWEE oplossings wat die groot getal MIV/Vigs-
                      verwante sterftes sal verminder.                 (2 x 2)                   (4)

         4.4.4        Bestudeer die geprojekteerde sterftes tot en met 2015 en lewer
                      kommentaar op die doeltreffendheid van programme om MIV/Vigs-
                      verwante sterftes te verminder.                         (2 x 2)            (4)

         4.4.5        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die ekonomiese en
                      sosiale impak van MIV/Vigs op landelike nedersettingspatrone in
                      Afrikalande uiteensit.                                      (6 x 2)        (12)

4.5      Lees die koerantberig getiteld 'Formele sektor verloor werksgeleenthede' in
         FIGUUR 4.5.

         4.5.1        Waarna verwys die formele sektor?                            (1 x 2)       (2)

         4.5.2        Gee TWEE redes vir die verskuiwing in die aantal poste van die
                      formele na die informele sektor.                        (2 x 2)            (4)

         4.5.3        Watter bedryf het die meeste werksgeleenthede verloor?       (1 x 2)       (2)

         4.5.4        Waarom is die verandering van werksgeleenthede van die formele
                      na die informele sektor nie goed vir Suid-Afrika se ekonomie nie?
                                                                                   (1 x 2)       (2)

         4.5.5        Bespreek DRIE uitdagings vir die informele sektor in Suid-Afrika.
                                                                                   (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 11                         DBE/November 2013
                                            NSS

4.6      Bestudeer die grafiek in FIGUUR 4.6 gebaseer op Suid-Afrika se handel met
         China.

         4.6.1        Het Suid-Afrika tussen 2008 en 2012 'n gunstige of ongunstige
                      handelsbalans met China gehad?                         (1 x 2)        (2)

         4.6.2        Met verwysing na jou antwoord op VRAAG 4.6.1, hoe het Suid-
                      Afrika se handelsbalans met China die ekonomie van Suid-Afrika
                      beïnvloed?                                             (1 x 2)        (2)

         4.6.3        Identifiseer TWEE tendense/patrone in die handelsverhouding
                      tussen Suid-Afrika en China tussen 1995 en 2015 wat op die
                      grafiek gesien kan word.                             (2 x 2)          (4)

         4.6.4        Gee TWEE moontlike redes vir die groter verskil in invoere en
                      uitvoere tussen Suid-Afrika en China vanaf 2008 tot 2015. (2 x 2)     (4)

         4.6.5        Skryf 'n paragraaf (ongeveer 12 reëls) waarin jy die voordele en
                      nadele van Suid-Afrika se handel met wêreld-ekonomieë soos
                      China evalueer.                                           (6 x 2)     (12)
                                                                                            [100]

                                                                     GROOTTOTAAL:           300

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2013-addendum-eng/101fa76c-7a60-4fe3-b5f9-a03939c334b7) — Geography · Addendum · 2013 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
