# Geography Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2014-afr/f821d665-bb0f-4f2b-be6c-ec9b20e97fda
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2014-afr/f821d665-bb0f-4f2b-be6c-ec9b20e97fda)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   2                       DBE/November 2014
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.        Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.        Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.        Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

7.        OMKRING die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad van die
          ANTWOORDEBOEK.

8.        MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.        Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     3                            DBE/November 2014
                                                NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Bestudeer FIGUUR 1.1 wat op ʹn dwarsdeursnee van ʹn tropiese sikloon
         gebaseer is en beantwoord die vrae wat volg.

         1.1.1        Benoem wolktipe A.

         1.1.2        Watter naam word aan gebied B in die tropiese sikloon gegee?

         1.1.3        Is die lugdruk hoog of laag in gebied B?

         1.1.4        In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone in die Suidelike
                      Halfrond?

         1.1.5        Noem die neerslag wat met wolktipe A geassosieer word.

         1.1.6        Noem die lugbeweging in gebied B.

         1.1.7        Konvergeer of divergeer die lug in gebied C?

         1.1.8        Watter naam word aan die stadium van ontwikkeling gegee
                      wanneer 'n tropiese sikloon oor land beweeg?      (8 x 1)                      (8)

1.2      Verwys na die dreineerbekken in FIGUUR 1.2 en beantwoord die vrae wat
         volg.

         1.2.1        Benoem die dreineringspatroon wat in die diagram getoon word.

         1.2.2        Teen watter hoek sluit die sytakke by die hoofstroom aan?

         1.2.3        Dui aan of hierdie dreineringspatroon geassosieer word met
                      'n oppervlak wat eenvormig of verskillend in weerstand teen erosie
                      is.

         1.2.4        Is die dominante proses by A op die skets erosie of afsetting?

         1.2.5        Noem die stroomorde by punt A.

         1.2.6        Is gebied B ʹn interfluviale rif of ʹn waterskeiding?

         1.2.7        Is die afloop van die rivier groter by A of by C?                (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                                 DBE/November 2014
                                               NSS

1.3      Bestudeer die skets in FIGUUR 1.3 wat ʹn temperatuurinversie in ʹn vallei toon
         en beantwoord die vrae wat volg.

         1.3.1        Definieer die begrip temperatuurinversie wat deur B en C aangedui
                      word.                                                      (1 x 1)                 (1)

         1.3.2        Benoem die wind by A.                                                (1 x 1)       (1)

         1.3.3        Verduidelik waarom die wind in VRAAG 1.3.2 oor die algemeen
                      snags in valleie voorkom.                             (1 x 2)                      (2)

         1.3.4        Verduidelik waarom stralingsmis waarskynlik snags in die vallei sal
                      voorkom.                                                   (2 x 2)                 (4)

         1.3.5        Evalueer die waarskynlike impak van die wind by A op landbou en
                      nedersettings op die valleibodem in ʹn paragraaf van ongeveer
                      AGT reëls.                                               (4 x 2)                   (8)

1.4      FIGUUR 1.4 toon bergwindtoestande.

         1.4.1        Benoem hoogdruksel A.                                                (1 x 1)       (1)

         1.4.2        In watter seisoen kom bergwinde algemeen voor?                       (1 x 1)       (1)

         1.4.3        Verwys na die diagram en noem TWEE toestande waaronder
                      bergwinde ontstaan.                             (2 x 2)                            (4)

         1.4.4        Gee EEN rede vir die temperatuurverandering van bergwinde
                      wanneer dit van die binneland (A) na die kus (B) waai. (1 x 2)                     (2)

         1.4.5        Verwys na die weerstasie by C en gee EEN rede vir die wolklose
                      toestande.                                             (1 x 2)                     (2)

         1.4.6        Waarom word        bergwinde    in      die   winter   met      veldbrande
                      geassosieer?                                                        (2 x 2)        (4)

1.5      FIGUUR 1.5 toon 'n lengteprofiel van ʹn rivier.

         1.5.1        Verduidelik die begrip lengteprofiel.                                (1 x 1)       (1)

         1.5.2        Noem ʹn tydelike erosiebasisvlak wat in die skets sigbaar is. (1 x 1)              (1)

         1.5.3        Teken 'n benoemde           vryhandskets        van    ʹn     gegradeerde
                      lengteprofiel.                                                     (1 x 3)         (3)

         1.5.4        Noem EEN kenmerk van die rivierbedding van ʹn gegradeerde
                      rivier.                                            (1 x 2)                         (2)

         1.5.5        In ʹn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die prosesse
                      wat die profiel in FIGUUR 1.5 moet ondergaan om van ʹn
                      ongegradeerde na ʹn gegradeerde profiel te verander.      (4 x 2)                  (8)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                              DBE/November 2014
                                              NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n oewerwal toon.

         1.6.1        Identifiseer die fluviale landvorm waarop gewasse verbou word.
                                                                                 (1 x 1)             (1)

         1.6.2        Waarom sal die landvorm in VRAAG 1.6.1 meer waarskynlik in die
                      benedeloop oorstroom?                                  (2 x 2)                 (4)

         1.6.3        Identifiseer die natuurlike verskynsel A wat gewasse teen
                      oorstroming beskerm.                                (1 x 2)                    (2)

         1.6.4        Beskryf kortliks die vorming van die natuurlike verskynsel in
                      VRAAG 1.6.3.                                           (2 x 2)                 (4)

         1.6.5        Bespreek die negatiewe invloede op die boer indien die rivier deur
                      verskynsel A sou breek.                                    (2 x 2)             (4)
                                                                                                     [75]

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat twee kuslaagdrukselle, A en B, toon. Kies EEN
         begrip tussen hakies om elk van die volgende stellings WAAR te maak:

         2.1.1        Lugsirkulasie in     lugdrukselle   A   en   B     is     (kloksgewys/
                      antikloksgewys).

         2.1.2        Lug (konvergeer/divergeer) by lugdruksel A en B.

         2.1.3        Lugdruksel A sal ʹn (laer/hoër) voginhoud as lugdruksel B hê.

         2.1.4        Lugdruksel A word met (mis/motreën) geassosieer.

         2.1.5        Die lugdruk by B sal (laer/hoër) as by A wees.

         2.1.6        Plek M sal binnekort deur weerstelsel (A/B) beïnvloed word.

         2.1.7        Plek (K/Q) sal bergwinde ervaar.                                 (7 x 1)       (7)

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 wat riviervloeipatrone aantoon. Dui aan of elk van die
         volgende stellings na turbulente of laminêre vloei in 'n rivier verwys. Jy mag
         dieselfde antwoord vir meer as een vraag gebruik.

         2.2.1        Word geassosieer met ʹn rivierbedding wat gelyk en glad is

         2.2.2        Word met ʹn onreëlmatige en malende vloei geassosieer

         2.2.3        Erodeer en vervoer sediment doeltreffend

         2.2.4        Kom algemeen in die boloop van ʹn rivier voor

         2.2.5        Water vloei in dun lagies
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                          DBE/November 2014
                                              NSS

         2.2.6        Word met ʹn hoër stroomsnelheid geassosieer

         2.2.7        Kom voor waar stroomversnellings in die rivierloop sigbaar is

         2.2.8        Het ʹn groter stroomvragdrakapasiteit                        (8 x 1)       (8)

2.3      Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae
         wat volg.

         2.3.1        Gee die begrip wat die aaneengeskakelde middelbreedtesiklone op
                      die sinoptiese weerkaart beskryf.                        (1 x 1)           (1)

         2.3.2        Verwys na middelbreedtesikloon A.

                      (a)   Teken ʹn benoemde dwarsdeursnee van front E.           (4 x 1)       (4)

                      (b)   Beskryf EEN weersverandering wat met die oorbeweeg van
                            front E geassosieer word.                       (1 x 2)              (2)

         2.3.3        Verwys na die weerstasie by Windhoek (B). In ʹn paragraaf van
                      ongeveer AGT reëls, beskryf en gee redes vir enige TWEE
                      weerstoestande wat by die weerstasie aangeteken is.    (4 x 2)             (8)

2.4      Bestudeer FIGUUR 2.4 wat ʹn hitte-eiland oor ʹn Suid-Afrikaanse stad toon.

         2.4.1        Wat word die lyne wat temperatuurlesings oor die stad aantoon,
                      genoem?                                                 (1 x 1)            (1)

         2.4.2        Wat is die temperatuurverskil tussen die SSK en die landelike
                      gebied?                                               (1 x 2)              (2)

         2.4.3        Hoe dra hoë geboue daartoe by dat die SSK ʹn hoër temperatuur
                      het?                                                  (1 x 2)              (2)

         2.4.4        Stel TWEE moontlike redes voor waarom die temperatuurlyne wat
                      in VRAAG 2.4.1 genoem is, nie rond/sirkelvormig is nie. (2 x 2)            (4)

         2.4.5        Elke stelling hieronder beskryf ʹn tipiese stedelike mikroklimaat.
                      Gee ʹn rede waarom elk van hierdie toestande in ʹn stedelike
                      gebied ervaar word.

                      (a)   Relatiewe humiditeit is laer oor die stad as oor die
                            omliggende landelike gebied.                  (1 x 2)                (2)

                      (b)   Die stad het meer dae waarop neerslag voorkom as die
                            omliggende landelike gebied.                  (1 x 2)                (2)

                      (c)   Windspoed is sterker in die SSK as in die omliggende
                            landelike gebied.                              (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                           DBE/November 2014
                                               NSS

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 en lees die navorsingsartikel oor die verbetering van
         waterproduktiwiteit.

         2.5.1        Gee die betekenis van die begrip waterhulpbronbestuur.          (1 x 1)       (1)

         2.5.2        Noem EEN nedersetting in die artikel wat ʹn negatiewe impak op
                      die Bo-Modderrivier het.                                (1 x 1)               (1)

         2.5.3        Noem TWEE maniere waarop mense met die waterproduktiwiteit
                      van die Bo-Modderrivier inmeng.                   (2 x 1)                     (2)

         2.5.4        Noem TWEE faktore wat die hoë waterafloop veroorsaak.           (2 x 2)
                                                                                                    (4)
         2.5.5        In ʹn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                      inmenging van mense langs ʹn rivier diegene wat verder stroomaf
                      woon, beïnvloed.                                         (4 x 2)              (8)

2.6      FIGUUR 2.6 illustreer die konsep van rivierverjonging.

         2.6.1        Definieer die begrip rivierverjonging.                          (1 x 1)       (1)

         2.6.2        Identifiseer die verskynsel van rivierverjonging wat in die illustrasie
                      sigbaar is.                                                     (1 x 1)       (1)

         2.6.3        Noem TWEE toestande waaronder rivierverjonging waarskynlik sal
                      plaasvind.                                            (2 x 2)                 (4)

         2.6.4        Verduidelik hoe die verskynsel in VRAAG 2.6.2 gevorm word.
                                                                               (2 x 2)              (4)

         2.6.5        Verduidelik waarom die landskap in FIGUUR 2.6 nie geskik is vir
                      die ontwikkeling van infrastruktuur nie.               (2 x 2)                (4)
                                                                                                    [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                           DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                              EN    SUID-
            AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1 wat twee tipes nedersettings (A en B) aantoon. Pas
         die nedersettingstipes A en B by die stellings hieronder.

         3.1.1        Hierdie tipe nedersetting is enkelfunksioneel

         3.1.2        Word met tersiêre aktiwiteite geassosieer

         3.1.3        Die kleinste van al die nedersettingstipes

         3.1.4        Hierdie nedersettings is altyd kernagtig

         3.1.5        Hierdie nedersetting het 'n verspreide patroon

         3.1.6        'n Oorkonsentrasie van aktiwiteite

         3.1.7        'n Metropool is 'n voorbeeld van hierdie tipe nedersetting

         3.1.8        'n Voorbeeld van 'n sentrale plek                             (8 x 1)       (8)

3.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (3.2.1–3.2.7) neer.

         3.2.1        In watter EEN van die volgende ekonomiese sektore word
                      grondstowwe uit die natuur ontgin?

                      A   Primêr
                      B   Sekondêr
                      C   Kwaternêr
                      D   Tersiêr

         3.2.2        'n Begrip wat die beweging van nywerhede uit 'n kerngebied
                      beskryf:

                      A   Nasionalisering
                      B   Agglomerasie
                      C   Desentralisasie
                      D   Sentralisasie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                            DBE/November 2014
                                              NSS

         3.2.3        Watter EEN van die volgende kernnywerheidsgebiede is in die
                      binneland geleë?

                      A   Suidwes-Kaap
                      B   PWV
                      C   Port Elizabeth-Uitenhage
                      D   Durban-Pinetown

         3.2.4        Faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevoordeel:

                      A   Geologie, arbeid en beleggings
                      B   Klimaat, afstand en buitelandse afhanklikheid
                      C   Grond, grondeienaarskap en handel
                      D   Klimaat, grond en handel

         3.2.5        Tersiêre ekonomiese aktiwiteite staan ook as … nywerhede
                      bekend.

                      A   onttrekkings-
                      B   diens-
                      C   prosesserings-
                      D   tegnologiese

         3.2.6        Navorsing kan as 'n … ekonomiese aktiwiteit geklassifiseer word.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         3.2.7        'n … is 'n voorbeeld van 'n onafhanklike nywerheid.

                      A   Saagmeule
                      B   Motormonteringsaanleg
                      C   Staalnywerheid
                      D   Melkery                                                    (7 x 1)       (7)

3.3      FIGUUR 3.3 toon 'n verskynsel wat die gevolg is van vinnige verstedeliking in
         Suid-Afrikaanse stede.

         3.3.1        Identifiseer die verskynsel wat in FIGUUR 3.3 getoon word. (1 x 1)           (1)

         3.3.2        Noem TWEE boustowwe wat gebruik word om die skuilings/huise
                      in FIGUUR 3.3 te bou.                               (2 x 1)                  (2)

         3.3.3        Gee TWEE redes waarom die boustowwe in VRAAG 3.3.2
                      gebruik is.                                 (2 x 2)                          (4)

         3.3.4        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls wat die plaaslike
                      owerhede raad gee oor hoe om lewensomstandighede in hierdie
                      nedersettings te verbeter.                          (4 x 2)                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    10                          DBE/November 2014
                                               NSS

3.4      Lees die koerantberig in FIGUUR 3.4 oor die uitdagings wat Suid-Afrikaanse
         stadsbeplanners in die gesig staar.

         3.4.1        Watter sektor van die bevolking is die meeste deur die gebrek aan
                      beplanning geraak?                                         (1 x 1)           (1)

         3.4.2        Gee TWEE redes waarom die sektor van die bevolking in
                      VRAAG 3.4.1 in terme van vervoer die meeste deur gebrekkige
                      beplanning geraak word.                              (2 x 2)                 (4)

         3.4.3        Hoe sal die toename in vervoerkoste huishoudings se begrotings
                      beïnvloed?                                             (2 x 2)               (4)

         3.4.4        Stel DRIE maatreëls voor wat stadsbeplanners kan implementeer
                      (instel) om verkeersopeenhopings tussen mense se woonplekke
                      en werkplekke te verminder.                            (3 x 2)               (6)

3.5      Verwys na FIGUUR 3.5 wat die bydrae van landbouprodukte tot Suid-Afrika
         se ekonomie toon.

         3.5.1        Het Suid-Afrika in 2011/2012 meer landbouprodukte ingevoer of
                      uitgevoer?                                             (1 x 1)               (1)

         3.5.2        Onder watter ekonomiese sektor val landbouproduksie?           (1 x 1)       (1)

         3.5.3        Met watter persentasie het Suid-Afrika se uitvoere van
                      landbouprodukte tussen 2010/2011 en 2011/2012 toegeneem?
                                                                            (1 x 1)                (1)

         3.5.4        Noem TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse ekonomie van 'n
                      sterk binnelandse mark in terme van landbouproduksie. (2 x 2)                (4)

         3.5.5        Stel TWEE maniere voor waarop landbou-aktiwiteite tot die
                      ontwikkeling van infrastruktuur in Suid-Afrika bydra. (2 x 2)                (4)

         3.5.6        Evalueer hoe onbetroubare reënval tot voedselonsekerheid bydra.
                                                                                (2 x 2)            (4)

3.6      Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 oor ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe
         (ROI'e).

         3.6.1        Wat is 'n ruimtelike ontwikkelingsinisiatief (ROI)?            (1 x 1)       (1)

         3.6.2        Bespreek die belangrikheid van ROI'e vir ekonomiese ontwikkeling
                      in Suid-Afrika.                                          (2 x 2)             (4)

         3.6.3        Gee EEN rede waarom die infrastruktuur rondom die nuut-
                      ontwikkelde ROI'e opgegradeer moes word.         (1 x 2)                     (2)

         3.6.4        Met verwysing na EEN ROI wat jy bestudeer het, verduidelik in 'n
                      paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe verbeterde infrastruktuur
                      toerisme ondersteun het en hoe dit tot die opheffing van die
                      plaaslike gemeenskap gelei het.                          (4 x 2)             (8)
                                                                                                   [75]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     11                          DBE/November 2014
                                                NSS

VRAAG 4

4.1     Bestudeer FIGUUR 4.1 wat verskillende nedersettingspatrone toon.

        4.1.1        Watter naam word aan nedersetting A gegee wat ver van water af
                     geleë is omdat water as 'n bedreiging beskou word?

        4.1.2        Benoem die nedersettingspatroon by B.

        4.1.3        Waarom word nedersetting C 'n kernnedersetting genoem?

        4.1.4        Watter bewys dui daarop dat nedersetting D 'n waterpunt-
                     nedersetting is?

        4.1.5        Gee die naam wat aan nedersetting E gegee word.

        4.1.6        Identifiseer die faktor wat die vorm van nedersetting F beïnvloed het.

        4.1.7        Beskryf die buitelynvorm van nedersetting G.                     (7 x 1)       (7)

4.2     Bestudeer FIGUUR 4.2 wat twee verskillende tipes boerderye in Suid-Afrika
        voorstel.

        4.2.1        Gee EEN begrip wat die tipe boerdery by A die beste beskryf. (1 x 1)           (1)

        4.2.2        Gee EEN begrip wat die tipe boerdery by B die beste beskryf. (1 x 1)           (1)

        4.2.3        Dui aan of ELK van die volgende stellings na boerderytipe A of
                     boerderytipe B verwys. Jy mag dieselfde antwoord vir meer as een
                     vraag gebruik.
                     (a)   Gebruik wetenskaplike boerderymetodes
                     (b)   Dra die meeste tot die BBP by
                     (c)   Produseer 'n verskeidenheid gewasse in klein hoeveelhede
                     (d)   Gebruik masjinerie
                     (e)   Beperkte kapitale uitleg
                     (f)   Gemik op die uitvoermark                               (6 x 1)           (6)

4.3     Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.3 oor stedelike probleme en
        beantwoord die vrae wat volg.

        4.3.1        Gee 'n frase uit die uittreksel wat die betekenis van stadsvernuwing
                     verduidelik.                                                   (1 x 1)         (1)

        4.3.2        Met verwysing na die koerantuittreksel, verduidelik waarom die
                     middestad van Johannesburg oorbevolk geraak het.         (2 x 2)               (4)

        4.3.3        Stel TWEE redes voor waarom die gehalte en lewering van dienste
                     aan die Johannesburgse middestad geleidelik verswak.     (2 x 2)               (4)

        4.3.4        Waarna verwys die 'groen longe' in die uittreksel?               (1 x 2)       (2)

        4.3.5        Stel TWEE voordele van 'groen longe' in 'n stad voor.            (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                              DBE/November 2014
                                               NSS

4.4      FIGUUR 4.4 is 'n spotprent oor landelik-stedelike migrasie.

         4.4.1        Definieer die begrip landelik-stedelike migrasie.                 (1 x 1)     (1)

         4.4.2        Gee TWEE stootfaktore wat tot landelik-stedelike migrasie lei.
                                                                                   (2 x 2)          (4)

         4.4.3        Stel EEN manier voor om te voorkom dat landelike dorpe
                      'spookdorpe' word.                              (1 x 2)                       (2)

         4.4.4        Daar is 'n siening dat goeie behuising en werksgeleenthede
                      trekfaktore na stedelike gebiede is. In 'n paragraaf van ongeveer
                      AGT reëls, evalueer die mate waarin hierdie stelling
                      waar is, krities.                                          (4 x 2)            (8)

4.5      Suid-Afrika se informele sektor groei teen 'n koers van 7,7%, wat dit die
         ekonomiese sektor maak wat die vinnigste groei. Dit het 'n noue verband met
         werkloosheid.

         4.5.1        Definieer die begrip informele sektor.                            (1 x 1)     (1)

         4.5.2        Noem die persentasie waarteen die informele sektor in Suid-Afrika
                      groei.                                                    (1 x 1)             (1)

         4.5.3        Gee EEN voorbeeld van informele handel.                           (1 x 1)     (1)

         4.5.4        Gee 'n moontlike rede waarom daar onlangs so 'n vinnige toename
                      in die informele sektor in Suid-Afrika is.                (1 x 2)             (2)

         4.5.5        Waarom is mense in die informele sektor huiwerig om vir
                      handelspermitte aansoek te doen?                 (1 x 2)                      (2)

         4.5.6        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, berei 'n antwoord deur die
                      Stadsraad voor waarin jy verduidelik waarom dit nodig is om
                      handelspermitte te hê.                                     (4 x 2)            (8)

4.6      FIGUUR 4.6 beskryf die onstabiliteit by Lonmin se Marikana-myn. Die
         onstabiliteit het 'n negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se BBP gehad.

         4.6.1        Wat het die Marikana-staking veroorsaak?                          (1 x 1)     (1)

         4.6.2        Noem TWEE         veiligheidsrisiko's    waaraan     die     mynwerkers
                      blootgestel is.                                                  (2 x 1)      (2)

         4.6.3        Buiten industriële aktiwiteite, bespreek waarom die onstabiliteit by
                      Lonmin se Marikana-myn negatief op die BBP sal inwerk.
                                                                                   (3 x 2)          (6)

         4.6.4        Hoe kan die eienaars (Lonmin) van                   die    Marikana-myn
                      werksomstandighede by die myn verbeter?                           (3 x 2)     (6)
                                                                                                    [75]

                                                                                    TOTAAL:         225
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2014-memo-afr/485cae08-bf91-4b58-81c7-39e8e226dff2) — Geography · Memo · 2014 · Afr
- [GEOG P1 GR12 SEPT14 QP Eng adapted](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept14-qp-eng-adapted/ed4de9c8-4a5d-417a-9445-88a8ee28be51) — Geography · QP · 2014 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
