# Geography Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2015-afr/92d87974-4c60-458b-bbd3-c366dec32b23
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2015-afr/92d87974-4c60-458b-bbd3-c366dec32b23)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  2                        DBE/November 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.        Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.        Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.        Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.        OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad
          van die ANTWOORDEBOEK.

9.        MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

10.       Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   3                           DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1, wat die posisie van antisiklone oor Suid-Afrika
         aantoon. Dui aan of elk van die stellings hieronder na antisikloon A, B of C
         verwys. Skryf slegs die letter (A, B of C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7)
         in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.1.1       Die dalende lug veroorsaak halfwoestyntoestande aan die Weskus
                     van Suid-Afrika.

         1.1.2       In die somer word dié lugdruksel as gevolg van oppervlakverhitting
                     by 'n hoër hoogte bo seespieël aangetref.

         1.1.3       Die dalende lug vorm in die winter 'n inversielaag wat keer dat
                     vogtige lug die binneland bereik.

         1.1.4       Die inwig van      dié   lugdruksel    veroorsaak   reënval     oor   die
                     Suidwes-Kaap.

         1.1.5       Interaksie met 'n kuslaagdruk lei tot bergwindtoestande.

         1.1.6       Dié lugdruksel staan soms as 'n blokkerende hoog/sperhoog bekend
                     as dit in die pad van 'n middelbreedte-sikloon lê.

         1.1.7       Hierdie lugdruksel word oor die algemeen met mis en belemmerde
                     sig geassosieer.                                         (7 x 1)                (7)

1.2      Verwys na die dreineerbekken en sy profiel in FIGUUR 1.2 en beantwoord die
         vrae wat volg.

         1.2.1       Noem EEN waterbron vir dreineerbekken A.

         1.2.2       Gee 'n term wat B die beste beskryf.

         1.2.3       Benoem die stroomorde by punt C.

         1.2.4       Noem 'n fluviale verskynsel wat waarskynlik by punt D in die rivier
                     sal vorm.

         1.2.5       Noem die proses wat daartoe gelei het dat spoelgrond/alluvium by
                     punt E voorkom.

         1.2.6       Gee 'n term wat die beweging van water by F beskryf.

         1.2.7       Gee die term wat die hoogliggende gebied wat dreineerbekken A
                     omring, beskryf.

         1.2.8       Gee die term wat die laagste vlak waartoe 'n rivier erodeer, beskryf.
                                                                                    (8 x 1)          (8)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                           DBE/November 2015
                                               NSS

1.3      Bestudeer FIGUUR 1.3 oor valleiklimate en beantwoord die vrae wat volg.

         1.3.1       Benoem wind 1 in skets A.                                       (1 x 1)       (1)

         1.3.2       Noem EEN verskil tussen wind 1 en 2.                            (2 x 1)       (2)

         1.3.3       Sal wind 1 of wind 2 ontstaan as 'n hoër druk aan die bopunt van die
                     valleihelling voorkom? Gee 'n rede vir jou antwoord.          (2 x 2)         (4)

         1.3.4       Verduidelik waarom sigbaarheid op wintersoggende op die
                     valleibodem (3) minder is. Teken 'n benoemde diagram om jou
                     antwoord te ondersteun.                               (4 x 2)                 (8)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4, wat 'n deursnit van 'n koue front aantoon, en
         beantwoord die vrae wat volg.

         1.4.1       Gee EEN bewys dat A 'n deursnit van 'n koue front aantoon. (1 x 1)            (1)

         1.4.2       Waarom ontwikkel cumulonimbuswolke langs front A?               (1 x 2)       (2)

         1.4.3       Lugdruk sal toeneem nadat die koue front oorbeweeg het.
                     Verduidelik waarom dit die geval is.             (2 x 2)                      (4)

         1.4.4       Met verwysing na die diagram in FIGUUR 1.4, skryf 'n paragraaf van
                     ongeveer AGT reëls waarin jy die ontwikkeling van 'n
                     kouefrontokklusie verduidelik.                              (4 x 2)           (8)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 en beantwoord die vrae wat volg. Foto A toon 'n
         episodiese rivier in die noordwestelike gedeelte van Suid-Afrika aan. Foto B
         toon 'n permanente rivier in dieselfde gebied aan.

         1.5.1       (a)   Wat is 'n episodiese rivier?                              (1 x 1)       (1)

                     (b)   Gee 'n bewys vanaf die foto           om   jou    antwoord op
                           VRAAG 1.5.1(a) te ondersteun.                            (1 x 1)        (1)

                     (c)   Noem TWEE fisiese faktore wat 'n invloed op die afloop
                           (stroomvloei) van hierdie rivier sal hê.        (2 x 2)                 (4)

         1.5.2       (a)   Wat noem jy 'n permanente rivier wat deur droë gebiede vloei?
                                                                                 (1 x 2)           (2)

                     (b)   Verduidelik waarom die rivier in VRAAG 1.5.2(a) regdeur die
                           jaar vloei.                                          (2 x 2)            (4)

                     (c)   Noem EEN voordeel van hierdie rivier vir boere in die
                           noordwestelike gedeelte van Suid-Afrika.       (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                             DBE/November 2015
                                              NSS

1.6      Lees die koerantberig met die opskrif 'Vaalrivier Onder Druk' in FIGUUR 1.6
         en beantwoord die vrae wat volg.

         1.6.1       Noem TWEE provinsies wat van die Vaalrivier as 'n waterbron
                     afhanklik is.                                        (2 x 1)                      (2)

         1.6.2       Gee TWEE moontlike redes waarom die Vaalrivier al hoe meer
                     toksies (giftig)/vergiftig word.                     (2 x 1)                      (2)

         1.6.3       Volgens die berig word water in die Vaalrivier ingepomp om die
                     besoedeling te verdun/verminder. Verduidelik waarom dit nie 'n
                     volhoubare oplossing is nie.                             (2 x 2)                  (4)

         1.6.4       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom die
                     koste van voedsel en elektrisiteit in die toekoms kan styg as
                     besoedeling van die Vaalrivier nie beheer word nie.       (4 x 2)                 (8)
                                                                                                       [75]

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1, wat bergwindtoestande toon. Kies die korrekte
         woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e)
         langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         2.1.1       Bergwindtoestande kom in die (somer/winter) voor.

         2.1.2       Lugdruksel A is die (Kalahari-/Suid-Atlantiese) hoogdruksel.

         2.1.3       Lugdruksel B is 'n (termiese/kus-) laagdruksel.

         2.1.4       Die algemene bewegingsrigting van die frontale depressie is
                     (ooswaarts/weswaarts).

         2.1.5       Durban sal (aanlandige/aflandige) winde ervaar.

         2.1.6       Die wolkbedekking by Durban sal (betrokke/wolkloos) wees as
                     gevolg van die winde wat in VRAAG 2.1.5 geïdentifiseer is.

         2.1.7       (Aanlandige/Aflandige)   winde   word    met      mis   en     ligte   reën
                     geassosieer.

         2.1.8       Die    risiko  van      veldbrande     (verhoog/verlaag)     tydens
                     bergwindtoestande in die oostelike gedeeltes van Suid-Afrika. (8 x 1)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    6                               DBE/November 2015
                                               NSS

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2, wat die dreineerdigtheid van twee dreineerbekkens
         wat ewe groot is, aantoon. Dui aan of elk van die beskrywings hieronder na
         dreineerbekken A of dreineerbekken B verwys. Skryf slegs die letter (A of B)
         langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         2.2.1       Digte plantbedekking wat oppervlakvloei voorkom

         2.2.2       'n Dreineerbekken wat hoë neerslag ervaar

         2.2.3       'n Dreineerbekken wat hoofsaaklik kleigrond het

         2.2.4       'n Dreineerbekken wat hoofsaaklik deurdringbare gesteentes het

         2.2.5       'n Rivier wat deur heuwelagtige gebiede vloei

         2.2.6       'n Dreineerbekken wat poreuse gesteentes met sanderige grond het

         2.2.7       'n Rivier wat oor grond met 'n geleidelike helling vloei              (7 x 1)     (7)

2.3      Bestudeer die sikloon in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1       Gee 'n bewys dat die skets 'n sikloon in die Noordelike Halfrond
                     aantoon.                                                 (1 x 1)                  (1)

         2.3.2       Noem die gedeelte van die bewegende sikloon waar die hoogste
                     windsnelhede aangeteken word.                         (1 x 1)                     (1)

         2.3.3       Gee EEN rede waarom die dalende lug in die oog droog is.              (1 x 2)     (2)

         2.3.4       Verduidelik waarom satellietbeelde doeltreffend is om siklone te volg.
                                                                                     (2 x 2)           (4)

         2.3.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die ekonomiese en
                     omgewingsimpak van siklone soos die een in FIGUUR 2.3 te omskryf.
                                                                                (4 x 2)                (8)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4, wat die temperatuurverskil tussen die SSK en die
         omliggende landelike gebied van 'n Suid-Afrikaanse stad aantoon, en
         beantwoord die vrae wat volg.

         2.4.1       Bereken die temperatuurverskil tussen die SSK en die landelike
                     gebied.                                                 (1 x 1)                   (1)

         2.4.2       Gee 'n term wat hierdie temperatuurverskil tussen die SSK en die
                     landelike gebied beskryf.                                 (1 x 1)                 (1)

         2.4.3       Bespreek hoe geboudigtheid daartoe bydra dat die SSK hoër
                     temperature het.                                    (2 x 2)                       (4)

         2.4.4       Teken 'n benoemde diagram wat die struktuur van die stedelike
                     hitte-eiland vir FIGUUR 2.4 in die dag voorstel.       (2 x 2)                    (4)

         2.4.5       Gee TWEE volhoubare oplossings om die temperatuur in die SSK
                     te verlaag.                                            (2 x 2)                    (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                           DBE/November 2015
                                              NSS

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5, wat faktore illustreer wat 'n invloed op die
         hoeveelheid grondwater in grond kan hê, en beantwoord die vrae wat volg.

         2.5.1       Definieer die term grondwater.                                 (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Onderskei tussen die terme infiltrasie en afloop.              (2 x 1)       (2)

         2.5.3       Watter rol speel grondwater in die afloop (stroomvloei) van 'n
                     permanente rivier gedurende die droë seisoen?           (1 x 2)              (2)

         2.5.4       Watter invloed sal die bou van die put op die watertafel hê?   (1 x 2)       (2)

         2.5.5       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, VIER
                     natuurlike faktore wat kan veroorsaak dat die watertafelvlak sal styg.
                                                                                    (4 x 2)       (8)

2.6      Bestudeer FIGUUR 2.6, wat dreineerpatrone en landskappe illustreer, en
         beantwoord die vrae wat volg.

         2.6.1       Dui aan of elke dreineerpatroon, A, B en C, na landskap 1, 2 of 3
                     verwys, waarop dit waarskynlik sal ontwikkel.              (3 x 1)           (3)

         2.6.2       Noem EEN faktor wat daartoe lei dat verskillende dreineerpatrone
                     vorm.                                                     (1 x 2)            (2)

         2.6.3       Noem EEN kenmerk van dreineerpatroon B.                        (1 x 2)       (2)

         2.6.4       Beskryf die tipe gesteente en onderliggende struktuur wat met
                     dreineerpatroon C geassosieer word.                     (2 x 2)              (4)

         2.6.5       Waarom sluit die sytakke in landskap 3 teen 'n 90°-hoek by die
                     hoofstroom aan?                                         (2 x 2)              (4)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                        DBE/November 2015
                                               NSS

AFDELING B:          LANDELIKE    EN    STEDELIKE   NEDERSETTINGS                      EN
                     SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
         woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
         vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag
         dieselfde term meer as een keer gebruik.

          residensiële sone; ligtenywerheid-sone; ontspanningsone; oorgangsone;
                swaarnywerheid-sone; landelik-stedelike-oorgangsone; SSK

         3.1.1       Die sone aan die buitewyke van die stedelike gebied wat met hoë
                     besoedelingsvlakke geassosieer word

         3.1.2       Die sone waarin die SSK uitbrei

         3.1.3       'n Sone met gemengde funksies rondom die SSK

         3.1.4       Die hoogste grondwaarde van al die grondgebruiksones

         3.1.5       'n Grondgebruiksone met fabrieke wat lae vlakke van besoedeling
                     voortbring

         3.1.6       'n Sone wat 'n geskikte ligging vir 'n lughawe is

         3.1.7       'n Sone wat met gholflandgoedere geassosieer word            (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                        9                     DBE/November 2015
                                                   NSS

3.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J.

                               KOLOM A                               KOLOM B
         3.2.1       Tipe ekonomiese aktiwiteit waar 'n      A   formele werk
                     diens gelewer word
                                                             B   handel
         3.2.2       Totale waarde van goedere en
                     dienste wat oor 'n jaar in 'n land      C   informele werk
                     geproduseer word en as 'n
                                                             D   Goeie Hoop-plan
                     persentasie uitgedruk word
                                                             E   kwaternêre ekonomiese
         3.2.3       Tipe werk waar mense vir hulself
                                                                 aktiwiteite
                     werk soek en nie deur 'n besigheid of
                     maatskappy gekontrakteer word nie       F   tersiêre ekonomiese
                                                                 aktiwiteite
         3.2.4       Invoer- en uitvoerverhouding tussen
                     twee lande                              G   ROI (ruimtelike-
                                                                 ontwikkelingsinisiatief)
         3.2.5       Tipe werk waar mense gekontrakteer
                     word om vir 'n besigheid of             H   bruto binnelandse produk
                     maatskappy te werk
                                                             I   sekondêre ekonomiese
         3.2.6       Post-apartheidstrategie vir                 aktiwiteite
                     ekonomiese ontwikkeling

         3.2.7       Ekonomiese aktiwiteite wat belang
                     het by wetenskaplike navorsing en die
                     versameling en verwerking van
                     inligting

         3.2.8       Apartheidstrategie vir ekonomiese
                     ontwikkeling
                                                                                       (8 x 1)     (8)
3.3      Verwys na FIGUUR 3.3, wat verkeersopeenhoping toon, en beantwoord die
         vrae wat volg.

         3.3.1       Definieer die term verkeersopeenhoping.                           (1 x 1)     (1)

         3.3.2       Noem EEN negatiewe invloed van verkeersopeenhoping op die fisiese
                     omgewing.                                                 (1 x 1)             (1)

         3.3.3       Wat is die tendens wat die grafiek van 1982 tot 2010 toon met
                     betrekking tot die ure wat 'n pendelaar per jaar opgehou word? (1 x 2)        (2)
         3.3.4       Gee 'n moontlike rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3.            (1 x 2)     (2)

         3.3.5       Beskryf TWEE negatiewe invloede van hierdie oponthoud op
                     pendelaars.                                         (2 x 2)                   (4)

         3.3.6       Stel TWEE moontlike maniere voor waarop verkeersopeenhoping in
                     stedelike gebiede verminder kan word.                   (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    10                         DBE/November 2015
                                               NSS

3.4     Verwys na FIGUUR 3.4, 'n uittreksel uit 'n koerantberig oor 'n informele
        nedersetting in die Wes-Kaap, en beantwoord die vrae wat volg.

        3.4.1        Noem EEN basiese diens wat in die koerantberig genoem word,
                     waaraan daar 'n tekort in die informele nedersetting is. (1 x 1)             (1)

        3.4.2        Hoekom is daar 'n toenemende aantal informele nedersettings in die
                     Wes-Kaap?                                                  (1 x 1)           (1)

        3.4.3        Noem EEN oorsaak van gronderosie in Tsakane Uitbreiding Ses.
                                                                               (1 x 2)            (2)

        3.4.4        Verduidelik waarom dit moeilik is om tydens 'n noodsituasie in
                     Tsakane Uitbreiding Ses hulp te verleen.                (2 x 2)              (4)

        3.4.5        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, gee volhoubare oplossings
                     om die lewensomstandighede van mense wat in Tsakane Uitbreiding
                     Ses woon, te verbeter.                                     (4 x 2)           (8)

3.5     Verwys na FIGUUR 3.5, wat 'n markgerigte sekondêre ekonomiese aktiwiteit
        aantoon, en beantwoord die vrae wat volg.

        3.5.1        Definieer die term sekondêre ekonomiese aktiwiteit.            (1 x 1)       (1)

        3.5.2        Wat is 'n markgerigte nywerheid?                               (1 x 1)       (1)

        3.5.3        Waarom is hierdie bakkery markgerig?                           (1 x 2)       (2)

        3.5.4        Noem TWEE kenmerke van die bakkery wat dit 'n ligte nywerheid
                     maak.                                                  (2 x 2)               (4)

        3.5.5        Bespreek TWEE faktore wat waarskynlik die produksiekoste by
                     hierdie bakkery sal beïnvloed.                       (2 x 2)                 (4)

        3.5.6        Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ligte nywerhede vir
                     Suid-Afrika se ekonomie.                                  (2 x 2)            (4)

3.6     Op nasionale vlak is 45,6% of ongeveer twee uit vier huishoudings in
        Suid-Afrika voedselseker.

        3.6.1        Definieer die term voedselsekerheid.                           (1 x 1)       (1)

        3.6.2        Gee die persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking wat
                     voedselonseker is.                                  (1 x 1)                  (1)

        3.6.3        Bespreek TWEE natuurlike faktore wat tot voedselonsekerheid bydra.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

        3.6.4        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maatreëls
                     voorstel wat ingestel kan word om voedselsekerheid in Suid-Afrika te
                     verbeter.                                                    (4 x 2)         (8)
                                                                                                  [75]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                          DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.9 E.

         4.1.1       Die kleinste kernnedersetting word 'n … genoem.

                     A    gehuggie
                     B    geïsoleerde plaasopstal
                     C    dorp
                     D    konurbasie

         4.1.2       Die afstand wat mense bereid is om te reis om 'n diens te gebruik,
                     staan as die ... bekend.

                     A    invloedsfeer
                     B    reikwydte
                     C    diensrangorde
                     D    drempelbevolking

         4.1.3       Die beweging van mense uit die stad na landelike gebiede toe, staan
                     as … bekend.

                     A    verstedeliking
                     B    landelik-stedelike migrasie
                     C    landelike ontvolking
                     D    teenverstedeliking

         4.1.4       'n Stedelike hiërargie klassifiseer 'n nedersetting volgens …

                     A    grootte.
                     B    kompleksiteit.
                     C    funksie.
                     D    patroon.

         4.1.5       Vragverbrekingspunte is nedersettings wat …

                     A    ontwikkel waar een tipe vervoer vir 'n ander verruil word.
                     B    ontstaan waar daar fisiese versperrings soos berge is.
                     C    in een dominante funksie spesialiseer.
                     D    goedere en dienste aan die omliggende landelike gebiede
                          verskaf.

         4.1.6       Voorstedelike besighede raak al hoe gewilder omdat hulle … is.

                     A    in die SSK geleë
                     B    aan stedelike verval onderhewig
                     C    naby swaarnywerheid-sones geleë
                     D    meer toeganklik

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                        DBE/November 2015
                                               NSS

         4.1.7       Die grootste hoogs verstedelikte gebied wat uit verskeie stede
                     bestaan wat ineensmelt om een aaneenlopende beboude gebied te
                     vorm, word 'n … genoem.

                     A    konurbasie
                     B    metropool
                     C    megalopolis/megalopool
                     D    megastad

         4.1.8       Besighede wat langs hoofweë geleë is wat na die SSK lei, met 'n
                     konstante verkeersvloei, word … genoem.

                     A    geïsoleerde winkelgroepe
                     B    kommersiële lintontwikkelings
                     C    beplande winkelsentrums
                     D    streekswinkelsentrums                                     (8 x 1)       (8)

4.2      Verwys na FIGUUR 4.2, wat ekonomiese aktiwiteite in twee lande aantoon.
         Dui aan of elk van die beskrywings hieronder na die sirkelgrafieke
         van ekonomiese aktiwiteite in land A of land B verwys. Skryf slegs
         die letter (A of B) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         4.2.1       Die meeste mense in dienslewering aangestel

         4.2.2       Die meeste mense in boerderyaktiwiteite aangestel

         4.2.3       Het die grootste vervaardigingsektor

         4.2.4       Ekonomies meer ontwikkelde land

         4.2.5       Land met die laagste BBP

         4.2.6       Land met die grootste getal geskoolde werkers

         4.2.7       Land met die grootste potensiaal vir ekonomiese groei          (7 x 1)       (7)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3, wat kenmerke van landelike ontvolking aantoon.

         4.3.1       Definieer die term landelike ontvolking.                       (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Watter ouderdomsgroep migreer eerste na stede toe?             (1 x 1)       (1)

         4.3.3       Noem EEN kenmerk van 'n spookdorp.                             (1 x 2)       (2)

         4.3.4       Gee TWEE redes waarom stagnasie (gebrek aan groei) in landelike
                     dorpe plaasvind.                                         (2 x 2)             (4)

         4.3.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy voorstelle maak
                     oor hoe hierdie stagnasiesiklus verbreek kan word.            (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    13                          DBE/November 2015
                                               NSS

4.4     Lees die uittreksel oor stadsvernuwing in Suid-Afrika in die International
        Business Times in FIGUUR 4.4 noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.
        4.4.1        Wat word met die term stadsvernuwing bedoel?                      (1 x 1)   (1)
        4.4.2        Gee die naam van die grondgebruiksone waarna in hierdie artikel
                     verwys word, waar baie hawelose mense in ou geboue woon. (1 x 1)            (1)
        4.4.3        Waarom sal 'n kunsmekka soos Maboneng as 'n voorbeeld van 'n
                     stadsvernuwing-strategie beskou word?                 (1 x 2)               (2)
        4.4.4        Bespreek DRIE negatiewe invloede van stadsvernuwing op die armes
                     van die stad.                                              (3 x 2)          (6)
        4.4.5        Verduidelik die positiewe invloed van stadsvernuwing op toerisme.
                                                                                    (2 x 2)      (4)
4.5     Bestudeer FIGUUR 4.5, wat op beesboerdery gebaseer is, en beantwoord die
        vrae wat volg.
        4.5.1        Waarom, volgens die artikel, is Suid-Afrika se beesproduksie nie op
                     dieselfde vlak as dié van ander lande nie?                   (1 x 1)        (1)
        4.5.2        Waarom is daar 'n behoefte om beesproduksie in die toekoms te
                     verhoog?                                                (1 x 1)             (1)
        4.5.3        Waarom het Suid-Afrika so 'n groot informele beesboerderysektor?
                                                                               (1 x 2)           (2)
        4.5.4        Stel TWEE maniere voor waarop die Suid-Afrikaanse regering
                     informele beesboere kan help om hulle produktiwiteitsvlakke te
                     verbeter.                                                (2 x 2)            (4)
        4.5.5        Noem TWEE omgewingskwelpunte wat met beesboerdery geassosieer
                     word.                                                  (2 x 2)              (4)
        4.5.6        Behalwe dat dit 'n bron van voedsel is, gee EEN ander rede waarom
                     die beesvleisbedryf vir die Suid-Afrikaanse ekonomie belangrik is.
                                                                                      (1 x 2)    (2)
4.6     Bestudeer FIGUUR 4.6, wat 'n kaart van ekonomiese ontwikkeling in die
        Oos-Kaap toon. Beantwoord die vrae wat volg.
        4.6.1        Die nywerheidsgebied van die Oos-Kaap verdien ongeveer 9% van die
                     totale verdienste in Suid-Afrika.
                     (a)   Noem enige TWEE nywerhede waarvoor die ekonomiese streek
                           van die Oos-Kaap bekend is.                       (2 x 1)             (2)
                     (b)   Noem TWEE faktore wat die ligging van die nywerheidstreek van
                           die Oos-Kaap bevoordeel.                               (2 x 2)        (4)
                     (c)   Gee EEN rede waarom die ekonomiese streek van die Oos-Kaap
                           die minste tot die totale verdienste van Suid-Afrika bydra. (1 x 2)   (2)
        4.6.2        Evalueer die rol van die Wildekus-ROI in die ekonomiese opheffing van
                     mense wat in die Oos-Kaap bly.                                 (4 x 2)      (8)
                                                                                                 [75]
                                                                                   TOTAAL:       225
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-eng/b7aa24ee-5d84-4d50-a348-b575b258253b) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
