# Geography Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2016-afr/2cb77f29-edc9-473d-b962-5a39c8293cb1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2016-afr/2cb77f29-edc9-473d-b962-5a39c8293cb1)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                                  NOVEMBER 2016

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                          DBE/November 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   3                           DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1, wat 'n grafiek met weerstoestande in die volwasse
         stadium van ontwikkeling van 'n tropiese sikloon toon.

         1.1.1       Noem die tipe neerslag by A.

         1.1.2       Noem waar die hoogste windspoed in die grafiek aangeteken is.

         1.1.3       Benoem die vernaamste wolktipe wat gebied B omring.

         1.1.4       Gee die term wat lugbeweging na B toe beskryf.

         1.1.5       Gee 'n rede vir die lugbeweging by B.

         1.1.6       In watter gebied ondervind die tropiese sikloon die laagste lugdruk?

         1.1.7       Waarom daal lug in gebied B?                                       (7 x 1)       (7)

1.2      Verwys na FIGUUR 1.2, wat 'n gedeelte van 'n rivier toon.

         1.2.1       Noem die loop van die rivier wat in FIGUUR 1.2 uitgebeeld word.

         1.2.2       Benoem rivieroewer B.

         1.2.3       Gee 'n rede vir die afgesette materiaal by rivieroewer A.

         1.2.4       Beskryf die vorm van rivieroewer B.

         1.2.5       Noem EEN kenmerk van 'n rivierkanaal wat in 'n deursnit tussen A
                     en B gesien kan word.

         1.2.6       Het riviererosie of -afsetting oorspronklik die hoefystermeer (C)
                     gevorm?

         1.2.7       Noem EEN verskil tussen 'n hoefystermeer en 'n meandergroef.

         1.2.8       Wat word die nou gebied D tussen die rivierkronkels genoem? (8 x 1)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                          DBE/November 2016
                                              NSS

1.3      FIGUUR 1.3 is 'n sketskaart wat bergwindtoestande toon.
         1.3.1       Noem TWEE toestande sigbaar op die sketskaart, wat nodig is
                     sodat bergwinde kan ontwikkel.                       (2 x 1)                 (2)

         1.3.2       Teken 'n benoemde deursnit om die ontwikkeling van bergwinde
                     langs die ooskus van Suid-Afrika te verduidelik.       (4 x 1)               (4)

         1.3.3       Waarom kom bergwinde die waarskynlikste in die winter voor?
                                                                                (1 x 2)           (2)

         1.3.4       Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom
                     bergwinde as 'n bedreiging vir boerderygemeenskappe langs die
                     ooskus van Suid-Afrika beskou word.                    (4 x 2)               (8)

1.4      FIGUUR 1.4 toon 'n middelbreedtesikloon.

         1.4.1       Watter bewys in die diagram dui aan dat Kaapstad winter
                     ondervind?                                       (1 x 1)                     (1)

         1.4.2       Het front X of front Y die grootste invloed op Kaapstad se weer?
                                                                                   (1 x 1)        (1)

         1.4.3       Die weerdiens voorspel uiterste weerstoestande vir Kaapstad. Noem
                     TWEE van hierdie verwagte weerstoestande.                   (2 x 2)          (4)

         1.4.4       Verduidelik hoe die uiterste weerstoestande die mense wat in
                     informele nedersettings in Kaapstad woon, sal beïnvloed (2 x 2)              (4)

         1.4.5       Verduidelik waarom daar 'n verskil sal wees in die weer wat by
                     Kaapstad en by Mosselbaai ondervind word.               (2 x 2)              (4)

1.5      Bestudeer FIGUUR 1.5, wat op dreineerbekkens gebaseer is.

         1.5.1       Definieer die term dreineerbekken.                             (1 x 1)       (1)

         1.5.2       Het dreineerbekken A (noord van die waterskeiding) of
                     dreineerbekken B (suid van die waterskeiding) die hoogste
                     dreineerdigtheid?                                  (1 x 1)                   (1)

         1.5.3       Noem EEN faktor wat moontlik kon bygedra het tot die hoë
                     dreineerdigtheid van die dreineerbekken wat in VRAAG 1.5.2
                     geïdentifiseer is.                                  (1 x 2)                  (2)

         1.5.4       Bepaal die stroomorde by Z in dreineerbekken B.                (1 x 2)       (2)

         1.5.5       Verwys na dreineerbekken A en noem die verhouding tussen
                     stroomorde en die:

                     (a)   Stroomlengtes                                            (1 x 2)       (2)

                     (b)   Getal strome                                             (1 x 2)       (2)

         1.5.6       Evalueer die uitwerking van 'n langdurige droogte op die stroomorde
                     by punt Y in dreineerbekken A.                                (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                                DBE/November 2016
                                               NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6, wat riviergradering en die lengteprofiele van 'n rivier
         toon.

         1.6.1       Gee 'n geografiese term         wat     die    onreëlmatige     vorm van
                     lengteprofiel B beskryf.                                            (1 x 1)        (1)

         1.6.2       Noem 'n tydelike basisvlak wat in lengteprofiel B sigbaar is.       (1 x 1)        (1)

         1.6.3       Watter bewys dui daarop dat verjonging in lengteprofiel A
                     plaasgevind het?                                  (1 x 2)                          (2)

         1.6.4       Beskryf, met redes, die veranderinge wat 'n rivierkronkel ná
                     verjonging sal ondergaan.                             (2 x 2)                      (4)

         1.6.5       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die prosesse
                     wat die gegradeerde rivier in profiel C gehelp het om 'n steil gradiënt
                     in die boloop en 'n geleidelike gradiënt in die benedeloop te hê.
                                                                                      (4 x 2)           (8)
                                                                                                        [75]

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 oor stadsklimate.

         Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         2.1.1       Die skets toon 'n (dag/nag)-toestand.

         2.1.2       Die inversielaag word snags op 'n (hoër/laer) hoogte aangetref.

         2.1.3       Die inversielaag (verhoog/verlaag)            snags   die    besoedelings-
                     konsentrasie oor die stad.

         2.1.4       Die verhitting van die stad by B is die gevolg van (veelvuldige
                     hitteweerkaatsings/aardstraling).

         2.1.5       Die kanalisering van wind tussen hoë geboue (verhoog/verlaag) die
                     windspoed.

         2.1.6       Temperatuur (styg/daal) van B na C.

         2.1.7       Die invloed van evapotranspirasie op lugafkoeling sal (kleiner/groter)
                     wees by B in vergelyking met C.

         2.1.8       Gebied B word met (groter/kleiner) wolkbedekking geassosieer in
                     vergelyking met gebied C.                               (8 x 1)                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     6                            DBE/November 2016
                                                NSS

2.2      Bestudeer FIGUUR 2.2 wat drie tipes riviere met die name X, Y en Z toon.

         2.2.1       Watter rivier (X, Y of Z) is episodies?

         2.2.2       Watter rivier (X, Y of Z) vloei slegs in die reënseisoen?

         2.2.3       Watter rivier (X, Y of Z) is slegs van oppervlakwater afhanklik?

         2.2.4       Watter rivier (X, Y of Z) vloei regdeur die jaar?

         2.2.5       Watter rivier (X, Y of Z) vloei slegs vir 'n baie kort tydperk?

         2.2.6       Noem die rivier (X, Y of Z) waarin die watertafel regdeur die jaar die
                     kanaal sny.

         2.2.7       Watter rivier (X, Y of Z) toon tussen seisoene die grootste
                     verandering in watervlak?                           (7 x 1)                      (7)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3, wat die invloed van hellingsaspek in 'n vallei in die
         Suidelike Halfrond (30°S) toon.

         2.3.1       Definieer die term hellingsaspek.                                  (1 x 1)       (1)

         2.3.2       Watter hang in FIGUUR 2.3 ontvang direkte sonstrale?               (1 x 1)       (1)

         2.3.3       Verwys na die hang wat 'skadusone' in die prent genoem word.

                     (a)   Gee 'n rede vir die hoë grondvoginhoud op hierdie hang.
                                                                                        (1 x 2)       (2)

                     (b)   Waarom is daar 'n gebrek aan menslike aktiwiteit in die
                           skadusone ten spyte van die hoë grondvoginhoud?  (1 x 2)                   (2)

         2.3.4       Gee 'n moontlike rede vir die ligging van die plaashuis op die
                     valleibodem.                                            (1 x 2)                  (2)

         2.3.5       Uit 'n klimatologiese oogpunt, verduidelik in 'n paragraaf van
                     ongeveer AGT reëls waarom die ligging van die plaashuis en die
                     omliggende plaasgrond op die valleibodem nie noodwendig ideaal
                     is nie.                                                 (4 x 2)                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                              DBE/November 2016
                                               NSS

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4, wat 'n sinoptiese weerkaart toon.

         2.4.1       Identifiseer hoogdrukstelsel V.                                      (1 x 1)      (1)

         2.4.2       Identifiseer die laagdrukstelsel by weerstasie X.                    (1 x 1)      (1)

         2.4.3       Verwys na die hoogdrukstelsel by V.

                     (a)   Gee EEN rede vir die bestaan daarvan.                          (1 x 2)      (2)

                     (b)   Hoe beïnvloed hierdie hoogdrukstelsel weerstoestande oor die
                           binneland in die wintermaande?                       (2 x 2)                (4)

         2.4.4       Verwys na die laagdrukstelsel by weerstasie X.

                     (a)   Gee 'n rede vir die windrigting by X.                          (1 x 2)      (2)

                     (b)   Verduidelik die    hoë      temperatuur    wat    by   weerstasie X
                           ondervind word.                                              (2 x 2)        (4)

2.5      FIGUUR 2.5 is 'n skets wat twee dreineringspatrone toon.

         2.5.1       Wat is 'n dreineringspatroon?                                        (1 x 1)      (1)

         2.5.2       Benoem dreineringspatroon A en B.                                    (2 x 1)      (2)

         2.5.3       Gee bewyse uit die diagramme om jou keuses in VRAAG 2.5.2 te
                     ondersteun.                                          (2 x 2)                      (4)

         2.5.4       Vergelyk die onderliggende rotsstrukture van dreineringspatroon A
                     en B in die skets.                                          (2 x 2)               (4)

         2.5.5       Teken 'n eenvoudige, benoemde boaansigskets van 'n
                     dreineringspatroon wat in 'n geplooide landskap sal ontwikkel. (2 x 2)            (4)

2.6      FIGUUR 2.6 is 'n foto van 'n rivierkanaal.

         2.6.1       Gee TWEE bewyse           wat     toon   dat    die   rivierkanaal   in sy
                     benedeloop is.                                                       (2 x 1)      (2)

         2.6.2       Verwys na die riviersamevloeiing by A.

                     (a)   Wat is 'n riviersamevloeiing?                                  (1 x 1)      (1)

                     (b)   Waarom sal oorstromings meer waarskynlik by hierdie
                           riviersamevloeiing voorkom?                 (1 x 2)                         (2)

         2.6.3       Gee 'n rede waarom die bome op die rivieroewers belangrik is om
                     oorstromings te beheer.                                  (1 x 2)                  (2)

         2.6.4       Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die rol van
                     gereelde oorstromings in die handhawing van die gesondheid van 'n
                     rivier en sy omliggende vloedvlakte.                      (4 x 2)                 (8)
                                                                                                       [75]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                            DBE/November 2016
                                              NSS

AFDELING B:          LANDELIKE    EN    STEDELIKE  NEDERSETTINGS                           EN
                     SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Bestudeer FIGUUR 3.1. Pas die beskrywings hieronder by die byskrifte in
         FIGUUR 3.1. Skryf die byskrif langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         3.1.1       Beweging van mense van landelike gebiede na stede

         3.1.2       Beweging van mense van stede na landelike gebiede

         3.1.3       'n Term wat die fisiese groei van 'n stad beskryf

         3.1.4       'n Vervalle gebied aan die buitewyke van die SSK

         3.1.5       Verwys na die modernisering van ou huise deur ryk mense

         3.1.6       'n Verskynsel wat stedelike uitbreiding verhinder

         3.1.7       Opknapping van geboue om migrasie te verminder en die stedelike
                     omgewing te verbeter

         3.1.8       Die persentasie toename van mense wat in stede woon              (8 x 1)       (8)

3.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK.

         3.2.1       Die verspreiding van nywerhede weg van kerngebiede af staan as
                     nywerheid-(sentralisasie/desentralisasie) bekend.

         3.2.2       'n Inisiatief wat industrialisasie langs hoofroetes aanmoedig,
                     word     (ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe/nywerheidsontwikkeling-
                     sones) genoem.

         3.2.3       Nywerhede wat tussen die grondstof en die klant geleë is, word
                     (brug-/alomteenwoordige) nywerhede genoem.

         3.2.4       'n Olieraffinadery word as 'n (swaar/ligte) nywerheid geklassifiseer.

         3.2.5       'n Voedselverwerkingsfabriek is 'n (primêre/sekondêre) ekonomiese
                     aktiwiteit.

         3.2.6       Die sektor van die ekonomie wat met navorsing en ontwikkeling
                     geassosieer word, is die (tersiêre/kwaternêre) sektor.

         3.2.7       'n Steenkoolkragstasie is (grondstof/mark)-gerig.                (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                              DBE/November 2016
                                              NSS

3.3      FIGUUR 3.3 beeld verskillende tipes landelike nedersettings uit.

         3.3.1       Watter bewys dui daarop dat B 'n droëpuntnedersetting is?         (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Noem TWEE sosiale voordele daarvan om in nedersetting B
                     te woon.                                         (2 x 1)                        (2)

         3.3.3       Verwys na nedersetting C.

                     (a)   Identifiseer die vorm van die nedersetting by C.            (1 x 1)       (1)

                     (b)   Stel 'n rede voor vir die langwerpige (lang en smal) vorm van
                           die individuele plase in nedersetting C.                (1 x 2)           (2)

                     (c)   Verduidelik waarom die plase by C waarskynlik gronderosie
                           sal ondervind.                                    (2 x 2)                 (4)

         3.3.4       Daar is besluit om die bestaande pad in die boeredorpie by B te
                     verbeter. Verduidelik hoe en waarom dié besluit die boeredorpie se
                     klassifikasie in die stedelike hiërargie sal verander.      (2 x 2)             (4)

3.4      Bestudeer FIGUUR 3.4, wat 'n informele nedersetting in Indië toon.

         3.4.1       Wat is 'n informele nedersetting?                                 (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Noem EEN basiese diens wat moontlik by 'n informele nedersetting
                     ontbreek.                                                (1 x 1)                (1)

         3.4.3       Verduidelik waarom onwettige elektrisiteitsaansluitings ook
                     algemeen in informele nedersettings in Suid-Afrika voorkom. (2 x 2)             (4)

         3.4.4       Verduidelik waarom die veiligheidsbeampte voldoende rede gehad
                     het om die inwoner van die informele nedersetting te beboet. (1 x 2)            (2)

         3.4.5       Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die inwoners
                     en hulle aktiwiteite in informele nedersettings die omgewing negatief
                     beïnvloed.                                                    (4 x 2)           (8)

3.5      Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5, wat op mynbou in Suid-Afrika gebaseer is.

         3.5.1       Gee TWEE redes in die uittreksel vir die afname in die bydrae van
                     mynbou tot die BBP.                                        (2 x 1)              (2)

         3.5.2       Noem EEN fisieke faktor wat 'n myner se lewe ondergronds in
                     gevaar kan stel.                                     (1 x 2)                    (2)

         3.5.3       Bespreek TWEE moontlike redes vir die stygende insetkoste van
                     arbeid.                                                (2 x 2)                  (4)

         3.5.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die direkte
                     en indirekte bydrae van mynbou tot die BBP van Suid-Afrika. (4 x 2)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                        DBE/November 2016
                                             NSS

3.6      Bestudeer FIGUUR 3.6, wat op informele handel in Suid-Afrika gebaseer is.

         3.6.1       Waarom het Metrorail-veiligheidswagte die straatverkopers se
                     stalletjies afgebrand?                                 (1 x 1)             (1)

         3.6.2       Gee 'n rede waarom die Khayelitsha-spoorwegstasie ideaal geleë is
                     vir informele handel.                                     (1 x 1)          (1)

         3.6.3       Waarom beskou Metrorail informele handel as 'n 'bykomende
                     finansiële las'?                                    (2 x 1)                (2)

         3.6.4       Wat verklap die woorde ' 'n Straatverkoper slaan vasberade haar
                     lekkergoedstalletjie op' oor haar sosio-ekonomiese omstandighede?
                                                                                 (1 x 2)        (2)

         3.6.5       Stel TWEE maniere voor waarop informele handelaars bygestaan
                     kan word.                                             (2 x 2)              (4)

         3.6.6       Evalueer waarom die Suid-Afrikaanse regering in die toekoms
                     informele handel moet aanmoedig.                      (2 x 2)              (4)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    11                          DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 4

4.1      Mense wat in groot stedelike gebiede woon, ondervind daagliks verskillende
         probleme.

         Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         4.1.1       Verkeersopeenhopings is kenmerkend van die (landelik-stedelike
                     oorgangsone/SSK).

         4.1.2       Geraasbesoedeling vererger in die (ligte/swaar)nywerheidsone.

         4.1.3       Oorbesetting is 'n gevolg van stedelike (groei/uitbreiding).

         4.1.4       Informele nedersettings in Suid-Afrika word gewoonlik (in die
                     stadskern/aan die buitewyke van stede) aangetref.

         4.1.5       Verkeersopeenhopings in groot stedelike nedersettings kan opgelos
                     word deur die aantal (eenrigtingstrate/verkeersligte) te vermeerder.

         4.1.6       Lugbesoedeling in 'n stad kan verminder word deur meer
                     (groen gordels/nywerheidsparke) te ontwikkel.

         4.1.7       Die toenemende behoefte aan dienste en infrastruktuur is die
                     grootste in (informele nedersettings/hoë-inkomste residensiële
                     gebiede).                                              (7 x 1)                 (7)

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 D.

         4.2.1       Mynbou is 'n onttrekkingsaktiwiteit wat 'n voorbeeld van die ...
                     ekonomiese sektor is.

                     A    primêre
                     B    sekondêre
                     C    tersiêre
                     D    kwaternêre

         4.2.2       Watter EEN van die volgende is kenmerkend van die tersiêre
                     sektor?

                     A    Bosbou
                     B    Vervaardiging
                     C    Navorsing
                     D    Vervoer

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                        DBE/November 2016
                                              NSS

         4.2.3       Die buitelandse mark waar produkte buite Suid-Afrika verkoop word,
                     staan as die …-mark bekend.

                     A    tuis
                     B    invoer
                     C    uitvoer
                     D    streeks

         4.2.4       'n Voorbeeld van 'n toegevoegdewaarde-produk:

                     A    Mielies
                     B    Sojabone
                     C    Brood
                     D    Sonneblomsaad

         4.2.5       Die Maputo-ontwikkelingskorridor verbind die ...-nywerheidstreek
                     met die hawe in Maputo.

                     A    PWV
                     B    Durban-Pinetown
                     C    Port Elizabeth-Uitenhage
                     D    Suidwes-Kaap

         4.2.6       Die hoofvervaardigingsnywerheid in die Port Elizabeth-Uitenhage-
                     gebied is …

                     A    yster- en staalproduksie.
                     B    motorvoertuigmontering.
                     C    die inmaak van vis.
                     D    suikerraffinering.

         4.2.7       'n Nywerheid wat gevestig kan word waar die vervoerwyses
                     verander, staan as 'n … nywerheid bekend.

                     A    alomteenwoordige
                     B    grondstofgerigte
                     C    brug-
                     D    onafhanklike

         4.2.8       ... moedig industrialisasie langs hoofroetes aan.

                     A    Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
                     B    Nywerheidsontwikkelingsones
                     C    Groeipunte
                     D    Dekonsentrasiepunte                                     (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      13                        DBE/November 2016
                                                 NSS

4.3      FIGUUR 4.3 is op stedelike uitbreiding gebaseer.

         4.3.1       Noem TWEE kenmerke van die SSK (A).                              (2 x 1)       (2)
         4.3.2       Gee 'n rede waarom die vinnigste groei langs die hoofpaaie
                     plaasvind.                                         (1 x 2)                     (2)
         4.3.3       Bespreek TWEE sentrifugale kragte wat ekonomiese aktiwiteite
                     vanaf die SSK na die hoofpaaie toe dryf.            (2 x 2)                    (4)
         4.3.4       Waarom word daar na die gebied met ou geboue rondom die SSK
                     as die oorgangsone verwys?                            (1 x 2)                  (2)
         4.3.5       Stel TWEE redes voor vir die nuwe stedelike ontwikkeling wat in die
                     toekoms in gebied B aan die buitewyke van die stad sal plaasvind.
                                                                                  (2 x 2)           (4)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4, wat ongebreidelde/onplanmatige stedelike uitbreiding
         vanaf 1980 tot 2020 in 'n stedelike nedersetting toon.

         4.4.1       Definieer die      begrip     ongebreidelde/onplanmatige      stedelike
                     uitbreiding.                                                     (1 x 1)       (1)
         4.4.2       Beskryf die uitwerking van ongebreidelde/onplanmatige stedelike
                     uitbreiding op geboudigtheid in hierdie stedelike nedersetting. (1 x 1)        (1)
         4.4.3       Gee 'n moontlike rede waarom gebied A nie in 1980 vir stedelike
                     ontwikkeling gebruik is nie.                            (1 x 2)                (2)
         4.4.4       (a)   Watter straatpatroon vir 2020 sal die geskikste vir gebied A
                           in die diagram wees?                                  (1 x 2)            (2)

                     (b)   Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 4.4.4(a).           (1 x 2)       (2)

         4.4.5       Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die uitwerking
                     wat ongebreidelde/onplanmatige stedelike uitbreiding in 2020 op die
                     natuurlike omgewing by A sal hê.                            (4 x 2)            (8)

4.5      Bestudeer FIGUUR 4.5, wat huidige tendense in die Suid-Afrikaanse
         landbouproduksie toon.

         4.5.1       Watter gewas in Suid-Afrika toon sedert 2014 'n toename in
                     produksie?                                           (1 x 1)                   (1)
         4.5.2       Noem die gewas wat vanaf 2014 tot 2015 die grootste afname in
                     produksie getoon het.                                  (1 x 1)                 (1)
         4.5.3       Noem die verhouding tussen gewasopbrengs en hektaar beplant vir
                     die tydperk 2014 tot 2015.                              (1 x 2)                (2)
         4.5.4       Gee TWEE moontlike redes vir jou antwoord op VRAAG 4.5.3.
                                                                              (2 x 2)               (4)
         4.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor wat
                     toegepas kan word om gewasproduksie te verbeter om in die
                     behoeftes van die groeiende Suid-Afrikaanse bevolking te voorsien.
                                                                                 (4 x 2)            (8)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 14                        DBE/November 2016
                                            NSS

4.6      Die PWV/Gauteng-nywerheidstreek dra die meeste tot die Suid-Afrikaanse
         BBP by. Dit is slegs moontlik gemaak deur die probleem van waterskaarste in
         die streek te oorkom.

         4.6.1       Waarvoor staan die afkorting PWV?                         (1 x 1)     (1)

         4.6.2       Watter mineraal se ontdekking het tot die ontwikkeling van die
                     PWV/Gauteng-nywerheidstreek gelei?                      (1 x 1)       (1)

         4.6.3       Noem EEN mineraal wat jy bestudeer het en verduidelik hoe dit tot
                     nywerheidsontwikkeling in hierdie gebied bygedra het.    (2 x 2)      (4)

         4.6.4       Verduidelik hoe die probleem van waterskaarste in die PWV/
                     Gauteng-nywerheidstreek oorkom is.                    (2 x 2)         (4)

         4.6.5       Verduidelik die bydrae van hierdie nywerheidstreek tot die
                     ekonomiese groei van Gauteng.                        (2 x 2)          (4)
                                                                                           [75]

                                                                            TOTAAL:        225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [Geo P1 June 2016 Qp (English)](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-june-2016-qp-english/c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
