# Geography Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2017-afr/885c24ad-68de-46af-b3b9-45eed537cb01
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2017-afr/885c24ad-68de-46af-b3b9-45eed537cb01)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                           DBE/November 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                          DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Kies 'n term in KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J.

                                 KOLOM A                              KOLOM B
         1.1.1       Die inversielaag is hoër as die plato in   A   inwigging
                     hierdie seisoen
                                                                B   saal
         1.1.2       Die temperatuur waarteen waterdamp
                     kondenseer                                 C   lyndonderstorms

         1.1.3       Lugdruksel wat in die winter wolklose,     D   Kalahari-hoog
                     stabiele toestande oor die binneland
                     veroorsaak                                 E   afsnylaag

         1.1.4       Vorm wanneer die koue front van 'n         F   somer
                     middelbreedte-sikloon van die res van
                     die sikloon afgesny word                   G   kuslaag

         1.1.5       'n Swak laagdruk wat met motreën en        H   doupunt
                     onstabiele weerstoestande langs die
                     Suid-Afrikaanse kuslyn geassosieer word    I   winter

         1.1.6       Vorm wanneer warm, vogtige lug van die
                     Indiese Oseaan deur koue, droë lug van
                     die Atlantiese Oseaan ingesny word

         1.1.7       Word deur verlengde isobare uit 'n
                     hoogdruksel voorgestel

         1.1.8       Sone van konstante druk tussen twee
                     antisiklone
                                                                                   (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.2      Bestudeer FIGUUR 1.2 wat op 'n rivierstelsel gebaseer is.

         1.2.1       Benoem die dreineerpatroon in die boloop van die rivier in gebied A.

         1.2.2       Benoem die onderliggende rotsstruktuur wat           waarskynlik in
                     gebied A aangetref sal word.

         1.2.3       Is gebied A die opvangsgebied of die mond van die rivier?

         1.2.4       Noem die tipe erosie wat diep valleie in gebied A veroorsaak.

         1.2.5       Noem 'n natuurlike verskynsel wat by 'n knakpunt (in gebied B)
                     vorm.

         1.2.6       In watter rivierloop domineer afsetting?

         1.2.7       Benoem die landvorm wat waarskynlik as gevolg van die
                     sandafsettings by die riviermond sal vorm.      (7 x 1)                       (7)

1.3      Verwys na FIGUUR 1.3 wat op 'n koue front gebaseer is.

         1.3.1       Watter bewys in die diagram dui daarop dat X 'n laagdruk is wat
                     vinnig besig is om te verdiep?                           (1 x 1)              (1)

         1.3.2       Beskryf die voorspelde temperatuur- en lugdrukverandering wat
                     Kaapstad sal ervaar.                                    (2 x 1)               (2)

         1.3.3       Gee 'n rede vir die cumulonimbuswolk wat by Y sal vorm.         (1 x 2)       (2)

         1.3.4       Waarom is strandgangers gewaarsku om van die strand af weg
                     te bly?                                              (2 x 2)                  (4)

         1.3.5       Hoe kan inwoners van die Kaapse kusstreke die negatiewe impak
                     van die koue front verminder?                           (2 x 2)               (4)

1.4      FIGUUR 1.4 toon die impak van bergwinde op kustemperature.

         1.4.1       (a)   Gee die laagste temperatuur wat op 27 Oktober by Vredendal
                           aangeteken is.                                      (1 x 1)             (1)
                     (b)   Gee die presiese tyd toe hierdie temperatuur aangeteken is.
                                                                                  (1 x 1)          (1)

         1.4.2       Gee die hoogste temperatuur wat op die grafiek aangeteken is. (1 x 1)         (1)

         1.4.3       Bepaal die temperatuurspeling wat op 27 Oktober by Vredendal
                     ondervind is.                                         (1 x 2)                 (2)

         1.4.4       Verduidelik hoe die abnormaal groot temperatuurspeling wat
                     op 27 Oktober by Vredendal ondervind is, deur bergwinde
                     veroorsaak is.                                       (2 x 2)                  (4)

         1.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     voorsorgmaatreëls wat die inwoners van Vredendal moet tref
                     wanneer 'n bergwind nader.                                  (4 x 2)           (8)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                           DBE/November 2017
                                               NSS

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 wat op die watertafel gebaseer is.

         1.5.1       Definieer die term watertafel.                                 (1 x 1)         (1)

         1.5.2       (a)   Beskryf die posisie van die watertafel in FIGUUR 1.5A in
                           verhouding tot die Aardoppervlak.                 (1 x 1)                (1)

                     (b)   Gee 'n rede vir die posisie van die watertafel in FIGUUR 1.5A
                           wat in VRAAG 1.5.2(a) genoem is.                       (1 x 2)           (2)

         1.5.3       (a)   Hoe het stedelike ontwikkeling die posisie van die watertafel in
                           verhouding tot die Aardoppervlak in FIGUUR 1.5B verander?
                                                                                   (1 x 2)          (2)

                     (b)   Verduidelik waarom stedelike ontwikkeling die posisie van die
                           watertafel in FIGUUR 1.5B, wat in VRAAG 1.5.3(a) genoem is,
                           verander het.                                          (2 x 2)           (4)

         1.5.4       Stel maatreëls voor wat ná stedelike ontwikkeling ingestel kan
                     word om die watertafel, soos in FIGUUR 1.5A geïllustreer, te
                     handhaaf.                                               (2 x 2)                (4)

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n stroomkanaal toon.

         1.6.1       Identifiseer die stroomkanaalpatroon wat in FIGUUR 1.6 getoon
                     word.                                                  (1 x 1)                 (1)

         1.6.2       In watter loop van die rivier sal die geïllustreerde stroomkanaal-
                     patroon die waarskynlikste aangetref word?                  (1 x 1)            (1)

         1.6.3       Gee EEN rede waarom die geïllustreerde stroomkanaalpatroon in
                     die loop van die rivier, wat jy in VRAAG 1.6.2 genoem het, sal
                     ontwikkel.                                             (1 x 2)                 (2)

         1.6.4       Teken 'n eenvoudige, benoemde deursnit van die rivierkronkel/
                     meander tussen punt A en B.                            (2 x 2)                 (4)

         1.6.5       Jy wil graag 'n kampeerterrein aan die oewer van die geïllustreerde
                     rivier ontwikkel. Na sorgvuldige oorweging kies jy 'n terrein langs
                     helling/oewer A eerder as langs helling/oewer B. Verduidelik, in 'n
                     paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom die terrein langs
                     helling/oewer A die beste keuse is.                          (4 x 2)           (8)
                                                                                                    [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    6                          DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat vier weerstasies toon. Pas die stellings
         hieronder by weerstasies A tot D. Skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         2.1.8 A.

         2.1.1       Donderstorms kan waarskynlik ervaar word.

         2.1.2       Windspoed is 25 knope.

         2.1.3       Dui wolklose toestande aan.

         2.1.4       Windrigting is suidwes.

         2.1.5       Geassosieer met stabiele toestande oor die binneland in die winter.

         2.1.6       Toestande wat in die winter aan die weskus van Suid-Afrika heers.

         2.1.7       Die verwagte neerslag is motreën.                             (7 x 1)        (7)

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (2.2.1–2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 A.

         2.2.1       Verwys na die hoofrivier en sy sytakke:

                     A    Dreineerbekken
                     B    Samevloeiing
                     C    Opvangsgebied
                     D    Rivierstelsel

         2.2.2       Die watervloei in 'n bergstroom is waarskynlik …

                     A    laminêr.
                     B    glad.
                     C    turbulent.
                     D    in lae.

         2.2.3       Die hoofgeomorfologiese proses in die benedeloop van 'n rivier is …

                     A    erosie.
                     B    afsetting.
                     C    saltasie.
                     D    abstraksie.

         2.2.4       Die laagste punt waartoe 'n stroom kan erodeer, word die …
                     genoem.

                     A    permanente basisvlak
                     B    bron
                     C    tydelike basisvlak
                     D    knakpunt

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                            DBE/November 2017
                                              NSS

         2.2.5       Die term wat gebruik word om die veranderende posisie van 'n
                     waterskeiding te beskryf:

                     A    Stroomroof
                     B    Verjonging
                     C    Afsetting
                     D    Abstraksie

         2.2.6       'n Stroom wat tans te klein is om die vallei waarin dit vloei, te
                     erodeer:

                     A    Antesedente/Gehandhaafde stroom
                     B    Geroofde stroom
                     C    Gesuperponeerde/Geërfde stroom
                     D    Verarmde stroom

         2.2.7       Vorm wanneer 'n stroom sy vrag afset en sy eie loop blokkeer:

                     A    Gevlegte stroom
                     B    Levée/Oewerwal
                     C    Vloedvlakte
                     D    Moeras

         2.2.8       Riviere wat net in die reënseisoen vloei, word … riviere genoem.

                     A    eksotiese
                     B    periodiese
                     C    episodiese
                     D    standhoudende                                             (8 x 1)        (8)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat inligting oor 'n tifoon in Taiwan bevat.

         2.3.1       Watter skets, A of B, toon die tifoon wat Taiwan getref het?   (1 x 1)        (1)

         2.3.2       Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                  (1 x 2)        (2)

         2.3.3       Watter bewys dui daarop dat Taiwan gereeld tifone ervaar?      (1 x 2)        (2)

         2.3.4       Waarom word mense na veiligheid gebring wanneer 'n tifoon nader?
                                                                                (1 x 2)            (2)

         2.3.5       Verduidelik TWEE faktore wat daartoe sou gelei het dat Meranti in
                     'n super-(uiters sterk)tifoon ontwikkel het.              (2 x 2)             (4)

         2.3.6       Evalueer die impak van 800 mm reën wat in die bergagtige gebiede
                     van Taiwan neergestort het (in groot hoeveelhede geval het). (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                              DBE/November 2017
                                               NSS

2.4      FIGUUR 2.4 is 'n voorstelling van 'n stadsklimaat.

         2.4.1       Watter skets, A of B, stel die stadsklimaat in die dag voor?      (1 x 1)        (1)

         2.4.2       Gee EEN rede om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te ondersteun.
                                                                             (1 x 2)                  (2)

         2.4.3       Gee EEN rede vir die voorkoms van rookmis in skets B.             (1 x 2)        (2)

         2.4.4       Stel EEN rede vir die afwesigheid van rookmis in skets A voor.
                                                                                   (1 x 2)            (2)

         2.4.5       Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskillende
                     volhoubare oplossings om die ontwikkeling van rookmis in 'n stad
                     te beperk.                                                (4 x 2)                (8)

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat stroomroof op 'n geërfde landskap toon.

         2.5.1       Wat is 'n geërfde stroom?                                         (1 x 1)        (1)

         2.5.2       Watter bewys dui daarop dat rivier S en rivier Y geërfde strome is?
                                                                                    (1 x 2)           (2)

         2.5.3       Teken 'n benoemde deursnee om te toon hoe die abstraksieproses
                     tot stroomroof in FIGUUR 2.5B gelei het.                (2 x 2)                  (4)

         2.5.4       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die
                     veranderinge wat die geroofde stroom stroomaf van die roofelmboog
                     sal ondergaan.                                              (4 x 2)              (8)

2.6      Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op stroomverjonging in die benedeloop van
         'n rivier gebaseer is.

         2.6.1       Noem EEN kenmerk van 'n verjongde rivier.                         (1 x 1)        (1)

         2.6.2       Watter bewys in die skets dui aan dat die rivier verjong is?      (2 x 1)        (2)

         2.6.3       Gee TWEE moontlike redes vir stroomverjonging.                    (2 x 2)        (4)

         2.6.4       Beskryf die impak wat verjonging op die rivierkronkel/meander in
                     FIGUUR 2.6 sal hê.                                        (1 x 2)                (2)

         2.6.5       Stel EEN negatiewe impak voor wat verjonging op die toekomstige
                     ontwikkeling van infrastruktuur het.                     (1 x 2)                 (2)

         2.6.6       Gee bewyse in FIGUUR 2.6 om die stelling te ondersteun dat
                     terrasse, alhoewel hulle gelyk is, nie altyd vir landbou geskik is nie.
                                                                                       (2 x 2)        (4)
                                                                                                      [75]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                            DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1. Pas die beskrywings hieronder by nedersetting A of B.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B langs die vraagnommer
         (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 A.

         3.1.1       Word met verspreide plaasopstalle geassosieer

         3.1.2       Maak dit moontlik dat plaastoerusting en idees gedeel word

         3.1.3       Het gefragmenteerde stukke grond

         3.1.4       Het groot hoeveelhede kapitaal nodig om volhoubaar te wees

         3.1.5       Gebrek aan privaatheid in hierdie tipe nedersetting

         3.1.6       Toon 'n kernpatroon

         3.1.7       Groter sekerheidsrisiko in hierdie tipe nedersetting          (7 x 1)         (7)

3.2      Verwys na FIGUUR 3.2 wat op twee kernnywerheidsgebiede in Suid-Afrika
         gebaseer is.

         3.2.1       Benoem nywerheidsgebied A.

         3.2.2       Noem EEN fisiese faktor wat nywerheidsgebied A en B met mekaar
                     gemeen het.

         3.2.3       Benoem nywerheidsgebied B.

         3.2.4       Noem die hooflandbouproduk waarmee in streek B geboer word.

         3.2.5       Is nywerheidsgebied A of B vir die verwerking van vrugte bekend?

         3.2.6       Sal nywerheidsgebied A of B die naaste aan die Asiatiese markte
                     wees?

         3.2.7       Ondervind gebied A of B hoofsaaklik winterreënval?

         3.2.8       Is gebied A of B die tweede grootste nywerheidsgebied in
                     Suid-Afrika?                                      (8 x 1)                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                          DBE/November 2017
                                              NSS

3.3      Bestudeer FIGUUR 3.3 wat stedelike grondgebruik toon.

         3.3.1       Definieer die term stedelike grondgebruik.                     (1 x 1)        (1)

         3.3.2       Benoem grondgebruiksone A.                                    (1 x 1)         (1)

         3.3.3       Watter bewys dui daarop dat grondgebruiksone A 'n hoë mate van
                     toeganklikheid het?                                     (1 x 2)               (2)

         3.3.4       Bespreek TWEE probleme wat grondgebruiksone A as gevolg van
                     die hoë toeganklikheid daarvan ervaar.               (2 x 2)                  (4)

         3.3.5       Analiseer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die rol wat groen
                     gordels speel om die omgewingsprobleme te verminder wat
                     grondgebruiksone A as gevolg van sy toeganklikheid ervaar. (4 x 2)            (8)

3.4      Verwys na FIGUUR 3.4, 'n uittreksel wat op stedelike verval gebaseer is, wat
         'n stedelike kwessie is wat met snelle verstedeliking verband hou.

         3.4.1       Wat verstaan jy onder die term stedelike verval?               (1 x 1)        (1)

         3.4.2       Noem EEN oorsaak van stedelike verval.                         (1 x 1)        (1)

         3.4.3       Waarom het die inwoners van Bromwellstraat 120–128 nog nie hulle
                     wonings ontruim (verlaat) nie?                           (1 x 2)              (2)

         3.4.4       Waarom voel inwoners van die Woodstock Hub (kern) dat stedelike
                     hernuwing hulle lewens verwoes?                          (1 x 2)              (2)

         3.4.5       Gee TWEE redes waarom die oorgangsone stadsvernuwing moet
                     ondergaan.                                          (2 x 2)                   (4)

         3.4.6       Verduidelik waarom stadsvernuwing Bromwellstraat 120–128 van
                     'n lae- na 'n middel- of 'n hoë-inkomste-woongebied sal verander.
                                                                                   (2 x 2)         (4)

3.5      Verwys na FIGUUR 3.5 wat gebaseer is op nywerheidsontwikkelingsones
         (NOS) wat geleenthede vir nywerheidsdesentralisasie skep.

         3.5.1       Gee 'n voorbeeld van 'n NOS in Suid-Afrika.                   (1 x 1)         (1)

         3.5.2       Wat is die hoofdoel van 'n NOS?                                (1 x 1)        (1)

         3.5.3       Hoe skep 'n NOS die geleentheid vir nywerheidsdesentralisasie?
                                                                                 (2 x 2)           (4)

         3.5.4       Noem TWEE voordele van nywerheidsdesentralisasie vir die
                     kernnywerheidsgebiede in Suid-Afrika.             (2 x 2)                     (4)

         3.5.5       Verduidelik hoe 'n NOS plaaslike sosio-ekonomiese omstandighede
                     sal verbeter.                                             (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                            DBE/November 2017
                                              NSS

3.6      FIGUUR 3.6 is 'n tabel wat Suid-Afrika se posisie op die globale
         voedselsekerheidsindeks toon.

         3.6.1       Beskryf die verandering in Suid-Afrika se voedselsekerheidsindeks-
                     telling van 2012 tot 2016.                                  (1 x 1)            (1)

         3.6.2       Noem die verandering in Suid-Afrika se wêreld-rangorde ten opsigte
                     van die voedselsekerheidsindeks van 2012 tot 2016.          (1 x 1)            (1)

         3.6.3       Wanneer word 'n land as voedselseker beskou?                    (1 x 2)        (2)

         3.6.4       Verduidelik die    positiewe    impak    van     voedselsekerheid in
                     Suid-Afrika.                                                   (2 x 2)         (4)

         3.6.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die redes vir
                     Suid-Afrika se lae voedselsekerheidsindeks analiseer.     (4 x 2)              (8)
                                                                                                    [75]

VRAAG 4

4.1      Verwys na FIGUUR 4.1 oor straatpatrone. Pas die beskrywings hieronder
         by straatpatroon A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B
         langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 4.1.9 A.

         4.1.1       Langer strate met minder kruisings

         4.1.2       Is beplan om gladde verkeersvloei moontlik te maak

         4.1.3       'n Kenmerk van nuwe stedelike ontwikkelings

         4.1.4       Maak bouwerk makliker as gevolg van die erwe se reëlmatige vorm

         4.1.5       Nie vir steil en heuwelagtige grond geskik nie

         4.1.6       Bespaar brandstof en reistyd

         4.1.7       Makliker om plekke te vind

         4.1.8       Word met die oudste gedeelte van 'n nedersetting geassosieer
                                                                                 (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                              DBE/November 2017
                                               NSS

4.2      Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.8 J.

                            KOLOM A                                      KOLOM B
         4.2.1       Word met wetenskaplike                  A       stedelike landbou
                     boerderymetodes geassosieer
                                                             B       arbeidsintensief
         4.2.2       Tipe boerdery waar elke beskikbare
                     stukkie grond bewerk word               C       grootskaalse boerdery

         4.2.3       Gewasse wat in woongebiede              D       monokultuur
                     verbou word
                                                             E       intensiewe boerdery
         4.2.4       Plase wat swaar op handearbeid
                     staatmaak                               F       uitvoermark

         4.2.5       Produkte wat vervaardig word om         G       tuismark
                     aan ander lande verkoop te word
                                                             H       invoermark
         4.2.6       Produkte wat in Suid-Afrika verkoop
                     word

         4.2.7       Boerdery wat een gewas verbou
                                                                                         (7 x 1)        (7)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3 wat op hoë- en lae-orde stedelike sentra en hulle
         invloedsfere gebaseer is.

         4.3.1       Definieer die term invloedsfeer.                                    (1 x 1)        (1)

         4.3.2       Vergelyk die grootte van die stad se invloedsfeer met dié van
                     die dorp.                                              (1 x 1)                     (1)

         4.3.3       Wat bepaal die grootte van die invloedsfeer van 'n stedelike
                     nedersetting?                                        (1 x 1)                       (1)

         4.3.4       Gee TWEE moontlike redes vir die oorvleueling van die dorp se
                     invloedsfeer met dié van die stad.                     (2 x 2)                     (4)

         4.3.5       Verduidelik waarom die reikwydte (afstand) van verskillende
                     goedere en dienste wat in stad B aangebied word, nie dieselfde is
                     nie.                                                      (2 x 2)                  (4)

         4.3.6       Waarom is daar volgens die stedelike hiërargie van nedersettings
                     meer lae-orde sentra (dorpe) as hoë-orde sentra (stede)? (2 x 2)                   (4)

4.4      Bestudeer FIGUUR          4.4   wat   'n    strokiesprent    oor   landelik-stedelike
         migrasie toon.

         4.4.1       Noem die stootfaktor in die strokiesprent wat tot landelik-stedelike
                     migrasie gelei het.                                           (1 x 1)              (1)

         4.4.2       Noem die trekfaktor wat John na die stad gelok het.                 (1 x 1)        (1)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                            DBE/November 2017
                                              NSS

         4.4.3       Verwys na die strokiesprent (raampie 4). Waarom was Joan verbaas
                     oor John se aangetrokkenheid tot die stad?                (1 x 1)           (1)
         4.4.4       Noem TWEE ander verwagtinge wat John gehad het waaraan NIE
                     voldoen is toe hy stad toe getrek het NIE.          (2 x 2)                 (4)
         4.4.5       Plaaslike regerings (munisipaliteite) moet hulle jaarlikse begrotings
                     verhoog om vir 'n instroming van landelike migrante voorsiening te
                     maak. Verduidelik hierdie stelling in 'n paragraaf van ongeveer AGT
                     reëls.                                                        (4 x 2)       (8)
4.5      Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 wat na die ontwikkeling van die
         Dube-handelshawe verwys, wat na bewering die ontwikkeling van die
         Durban-Pinetown-nywerheidstreek 'n hupstoot gee.
         4.5.1       In watter provinsie is die Durban-Pinetown-nywerheidstreek geleë?
                                                                                  (1 x 1)        (1)
         4.5.2       Wat, volgens President Jacob Zuma, het 'n belangrike rol in die
                     ontwikkeling van die Dube-handelshawe gespeel?           (1 x 1)            (1)
         4.5.3       Noem enige TWEE hoofnywerheidsprodukte wat in die Durban-
                     Pinetown-nywerheidstreek vervaardig word, wat by die ontwikkeling
                     van die Dube-handelshawe kan baat vind.                    (2 x 1)          (2)

         4.5.4       Bespreek enige TWEE faktore wat die ontwikkeling van die Durban-
                     Pinetown-nywerheidstreek bevoordeel het, kusligging uitgesluit.
                                                                                  (2 x 2)        (4)
         4.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     belangrikheid van die bekendstelling van die landbousone en
                     skeepsvrag-terminus vir toekomstige nywerheidsontwikkeling in die
                     Durban-Pinetown-nywerheidstreek.                            (4 x 2)         (8)
4.6      Bestudeer FIGUUR 4.6 wat die persentasie van Gauteng se aktiwiteite in die
         tersiêre sektor in Suid-Afrika toon.
         4.6.1       Definieer die term tersiêre ekonomiese aktiwiteite.            (1 x 1)      (1)
         4.6.2       Watter tersiêre aktiwiteit in Gauteng dra die meeste tot Suid-Afrika
                     se ekonomie by?                                              (1 x 1)        (1)
         4.6.3       Gee 'n rede vir die ekonomiese aktiwiteit wat die hoogste
                     persentasie tot die tersiêre sektor bydra.         (1 x 2)                  (2)
         4.6.4       Lewer kommentaar op die bydrae van Gauteng se tersiêre sektor
                     tot die ekonomie van Suid-Afrika, gebaseer op die inligting in
                     FIGUUR 4.6.                                             (1 x 2)             (2)
         4.6.5       Waarom is dit verkieslik dat 'n land 'n sterker tersiêre sektor as 'n
                     primêre sektor het?                                           (2 x 2)       (4)
         4.6.6       Verduidelik die rol wat vervoer in die versterking van die tersiêre
                     sektor in Gauteng speel.                                     (2 x 2)        (4)
                                                                                                 [75]
                                                                           GROOTTOTAAL:          225
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2017-memo-eng/bc315031-8648-4f61-8dfb-ff1eabc68fc5) — Geography · Memo · 2017 · Eng
- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Geography P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-preparatory-2017-question-paper/d13a6739-748f-4c3e-a691-c03fb1ad130c) — Geography · QP · 2017
- [2017 KZN Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-kzn-prelim-p1-qp/54e84d65-ff3b-44b1-80f0-12e777efb21a) — Geography · QP · 2017
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
