# Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 13 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                         DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet maak.

11.     Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1 020 hPa, 14 °C
        of 45 m.

12.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 3                            DBE/November 2018
                                            NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1

1.1   Verwys na FIGUUR 1.1 wat antisiklone oor Suid-Afrika toon. Kies die korrekte
      woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs
      die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.1.1    Lugdruksel A is in die winter verder (noord/suid) geleë.

      1.1.2    Lugdruksel B word die (Suid-Atlantiese/Suid-Indiese) Hoogdruksel
               genoem.

      1.1.3    Wanneer isobare weg vanaf lugdruksel B verleng word, vorm dit 'n
               (rug/trog).

      1.1.4    Die lugdruklesing by C is ongeveer (1 012 hPa/1 016 hPa).

      1.1.5    Die windspoed by weerstasie D is (20 knope/10 knope).

      1.1.6    Die windrigting by weerstasie D is (noordoos/noordwes).

      1.1.7    Lugdrukselle A, B en C verteenwoordig die (ekwatoriale laag-/
               subtropiese hoog-)drukgordel.                         (7 x 1)                    (7)

1.2   FIGUUR 1.2 toon sketse (1 tot 4) wat op stroomroof gebaseer is.

      1.2.1    Verwys na skets 1. Watter een, rivier A of rivier B, is waarskynlik die
               roofstroom?

      1.2.2    Noem die klimaatsfaktor wat daartoe lei dat rivier B in skets 2 teen 'n
               vinniger tempo erodeer.

      1.2.3    Watter tipe erosie het veroorsaak dat die waterskeiding in die rigting van
               rivier A in skets 2 beweeg het?

      1.2.4    Verwys na skets 3. Watter een, rivier A of rivier B, is die geroofde
               stroom?

      1.2.5    Verwys na skets 4. Noem die stroomroofverskynsel by C.

      1.2.6    Verwys na skets 4. Noem die stroomroofverskynsel by D.

      1.2.7    Watter term word gebruik om rivier A, waarvan die volume in skets 4
               verklein is, te beskryf?

      1.2.8    Vloei rivier A of rivier B op 'n laer hoogte bo seespieël in skets 2?
                                                                              (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 4                              DBE/November 2018
                                            NSS

1.3   Bestudeer FIGUUR 1.3 wat middelbreedtesiklone op 'n sinoptiese weerkaart van
      suidelike Afrika toon.

      1.3.1    Gee die term wat gebruik word om middelbreedtesiklone wat aan
               mekaar gekoppel is, te beskryf.                        (1 x 1)                     (1)

      1.3.2    Watter bewys dui daarop dat middelbreedtesikloon A die oudste is?
                                                                         (1 x 2)                  (2)

      1.3.3    Waarom word front D NIE met swaar reënval geassosieer NIE?
                                                                    (1 x 2)                       (2)

      1.3.4    Wat veroorsaak die ontbinding van middelbreedtesiklone?                (1 x 2)     (2)

      1.3.5    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik die
               weerstoestande wat 'n toeris in Kaapstad sal ervaar met die koue front
               wat in aantog is.                                              (4 x 2)             (8)

1.4   Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n diagram oor valleiklimate toon.

      1.4.1    Is die hellingwind by X 'n anabatiese of 'n katabatiese wind?          (1 x 1)     (1)

      1.4.2    Behalwe die byskrif, watter bewys dui daarop dat B die termiese
               gordel is?                                               (1 x 1)                   (1)

      1.4.3    Watter term word gebruik om 'n styging van die temperatuur, soos wat
               die hoogte in die vallei toeneem, te beskryf?                 (1 x 1)              (1)

      1.4.4    Verduidelik waarom hellingwind X meer intens in die winter sal wees.
                                                                             (2 x 2)              (4)

      1.4.5    Gee rekenskap van die lae temperatuur wat waarskynlik in die winter op
               die valleibodem ervaar sal word.                               (2 x 2)             (4)

      1.4.6    Hoe sal boere hulle boerderytegnieke (-metodes) moet aanpas as
               gevolg van die temperatuurverandering op die valleibodem?
                                                                        (2 x 2)                   (4)

1.5   FIGUUR 1.5 toon 'n rivierstelsel met 'n lae dreineerdigtheid.

      1.5.1    Gee 'n bewys wat          daarop   dui   dat   die     rivierstelsel   'n lae
               dreineerdigtheid het.                                                   (1 x 1)    (1)

      1.5.2    Beskryf TWEE faktore wat moontlik tot 'n lae dreineerdigtheid aanleiding
               gegee het.                                                       (2 x 2)           (4)

      1.5.3    Hoe sal 'n toename in dreineerdigtheid die bestaande stroomorde by A
               beïnvloed?                                                    (1 x 2)              (2)

      1.5.4    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek hoe menslike
               aktiwiteite langs die rivier se loop die dreineerdigtheid van die
               dreineerbekken kan verhoog.                                (4 x 2)                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                      DBE/November 2018
                                              NSS

1.6   FIGUUR 1.6 toon die veranderende dwarsprofiel van 'n vallei langs die
      rivier se loop.

      1.6.1    In watter loop is die bron van die rivier?                        (1 x 1)      (1)

      1.6.2    Noem TWEE elemente van die dwarsprofiel wat van die boloop tot by
               die benedeloop in FIGUUR 1.6 verander het.                (2 x 1)              (2)

      1.6.3    Onderskei tussen die fluviale prosesse wat die dwarsprofiele van die
               boloop en benedeloop van die rivier gevorm het.               (2 x 2)          (4)

      1.6.4    Beskryf die redes vir die vormverandering van die dwarsprofiel van die
               middelloop.                                                     (2 x 2)        (4)

      1.6.5    Verduidelik waarom die vorm van die dwarsprofiel in die boloop van die
               rivier dit die geskikste plek vir die bou van 'n dam sal maak.  (2 x 2)        (4)
                                                                                              [75]

VRAAG 2

2.1   Bestudeer FIGUUR 2.1, 'n dwarssnit van 'n tropiese sikloon.

      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word wat elke sin
      geografies KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die
      vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      2.1.1    Die (oog/vorteks) by A word deur dalende lug gekenmerk.

      2.1.2    Die gebied by B is 'n (hoog-/laag-)drukgebied.

      2.1.3    (Ligte/Swaar) reënval kom by C voor.

      2.1.4    Die vertikale lugbewegings by D staan as (stygstrome/daalstrome)
               bekend.

      2.1.5    Die bolug by E (konvergeer/divergeer).

      2.1.6    F word met (laag-/hoog-)druk geassosieer.

      2.1.7    Die grafiek (G) dui lug-(druk/temperatuur) met die verbybeweeg van die
               tropiese sikloon aan.

      2.1.8    Oppervlak-(lugtemperatuur/windspoed) word deur grafiek H voorgestel.
                                                                            (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    6                          DBE/November 2018
                                               NSS

2.2   Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die fluviale landvorm in
      KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot
      2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
      2.2.1    Plat, natuurlike verskynsel wat         A   stroomversnelling
               langs 'n rivier voorkom
                                                       B   delta
      2.2.2    'n Oewer langs die rivier waar
               growwe materiaal eerste afgeset         C   rivierkronkel
               word
                                                       D   vlegstroom
      2.2.3    Kurwes of draaie in die loop van
               'n rivier                               E   vloedvlakte

      2.2.4    Wanneer 'n meanderboog van die F            hoefystermeer
               rivier afgesny word
                                              G            oewerwal
      2.2.5    Strome met baie kanale en
               sandeilande tussen die kanale  H            waterval

      2.2.6    'n Vertikale val in die rivierloop as
               gevolg van sagter rots wat
               vinniger as harde rots erodeer

      2.2.7    'n Afsettingslandvorm wat
               voorkom wanneer 'n rivier in die
               see invloei
                                                                                     (7 x 1)     (7)

2.3   FIGUUR 2.3 toon lyndonderstorms oor Suid-Afrika.

      2.3.1    Noem die front oor die binneland waar lyndonderstorms ontstaan. (1 x 1)           (1)

      2.3.2    Watter bewyse dui daarop dat lyndonderstorms getoon word?             (1 x 2)     (2)

      2.3.3    Waarom word lyndonderstorms oor die algemeen met die somer
               geassosieer?                                         (1 x 2)                      (2)

      2.3.4    Wat is die bron van vog vir die vorming van lyndonderstorms?          (1 x 2)     (2)

      2.3.5    Waarom is daar gewoonlik 'n digter wolkbank oos van die front?
                                                                      (2 x 2)                    (4)

      2.3.6    Verduidelik waarom die weerstoestande wat met lyndonderstorms
               geassosieer word, erger as geïsoleerde (normale) donderstorms is.
                                                                          (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  7                           DBE/November 2018
                                             NSS

2.4   Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n besoedelingskoepel oor 'n Suid-Afrikaanse
      stad toon.

      2.4.1    Wat is 'n besoedelingskoepel?                                        (1 x 1)     (1)

      2.4.2    Waarom word        'n   besoedelingskoepel   met    'n   stedelike   gebied
               geassosieer?                                                         (1 x 2)     (2)

      2.4.3    Verduidelik  waarom         die     besoedelingskoepel      snags     meer
               gekonsentreerd is.                                                   (2 x 2)     (4)

      2.4.4    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe
               besoedelingskoepels onderhoudskoste van die beboude omgewing vir
               mense wat in stede woon, verhoog?                        (4 x 2)                 (8)

2.5   Bestudeer FIGUUR 2.5 wat rivierverjonging illustreer.

      2.5.1    Definieer die begrip rivierverjonging.                               (1 x 1)     (1)

      2.5.2    Identifiseer die toestand wat tot stroomverjonging gelei het.        (1 x 1)     (1)

      2.5.3    Noem EEN moontlike fluviale verskynsel wat by die knakpunt in die
               rivierprofiel kan vorm.                                    (1 x 1)               (1)

      2.5.4    Verduidelik die uitwerking van rivierverjonging op die gradering van 'n
               rivier.                                                          (2 x 2)         (4)

      2.5.5    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en brei verder uit oor die
               veranderinge wat in die fluviale kenmerke in die geïllustreerde rivierloop
               as gevolg van rivierverjonging sal voorkom.                         (4 x 2)      (8)

2.6   Verwys na FIGUUR 2.6, 'n uittreksel wat op die uitwerking van ontbossing op
      rivierbestuur gebaseer is.

      2.6.1    Wat is ontbossing?                                                   (1 x 1)     (1)

      2.6.2    (a)    Teen watter jaar word daar verwag dat byna alle tropiese woude
                      verlore sal wees?                                        (1 x 1)          (1)

               (b)    Watter provinsie se grootte kan met die totale oppervlakte woud
                      wat jaarliks verlore gaan, vergelyk word?                 (1 x 1)         (1)

      2.6.3    Noem TWEE negatiewe gevolge van ontbossing op rivierstelsels.
                                                                     (2 x 2)                    (4)

      2.6.4    Stel TWEE maatreëls voor wat deur die regering en nie-regerings-
               organisasies (NRO) ingestel kan word om rivierstelsels, wat as gevolg
               van ontbossing in gevaar is, te bestuur.                       (2 x 2)           (4)

      2.6.5    Bespreek die negatiewe uitwerking van swak bestuurspraktyke op Suid-
               Afrika se toekomstige watervoorraad.                          (2 x 2)            (4)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                8                             DBE/November 2018
                                           NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE

VRAAG 3

3.1   Kies EEN woord/term uit die lys hieronder wat by 'n beskrywing van die
      nedersettingspatroon of -buitelynvorm pas. Skryf slegs die woord/term langs die
      vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

               lineêr;   T-vormig;    kruisvormig;     verspreid;   spinnerak;
                          rond;    stervormig;    halfrond;    kern

      3.1.1    Buitelynvorm van nedersettings wat langs 'n smal kanaal geleë is

      3.1.2    Buitelynvorm van nedersettings wat langs baie hoofpaaie ontwikkel wat
               in verskillende rigtings vanaf 'n sentrale punt uitstraal

      3.1.3    Buitelynvorm van nedersetting wat langs 'n hawe geleë is

      3.1.4    Buitelynvorm van nedersetting wat ontstaan het as gevolg van huise wat
               om 'n markplein gegroepeer is

      3.1.5    Nedersettingspatroon wat ontstaan het as gevolg van huise wat na aan
               mekaar is

      3.1.6    Buitelynvorm van nedersettings waar twee hoofpaaie mekaar kruis

      3.1.7    Nedersettingspatroon wat ontwikkel wanneer huise ver van mekaar
               geleë is

      3.1.8    Buitelynvorm van nedersetting waar 'n sekondêre pad en 'n hoofpad
               bymekaarkom                                                (8 x 1)               (8)

3.2   Verwys na FIGUUR 3.2 wat die sektorkomposisie van die Suid-Afrikaanse
      ekonomie in 2017 toon.

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
      gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
      vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.8 A.

      3.2.1    Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar in 'n land
               geproduseer word:

               A      BNP
               B      BBP
               C      BPP
               D      HOP

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 9                          DBE/November 2018
                                            NSS

      3.2.2    Watter tersiêre aktiwiteit het die meeste tot die Suid-Afrikaanse
               ekonomie bygedra?

               A      Algemene regeringsdienste
               B      Vervaardiging
               C      Handel, spyseniering en akkommodasie
               D      Finansies, vaste eiendom en besigheidsdienste

      3.2.3    … vorm deel van die tersiêre sektor van die ekonomie.

               A      Landbou, bosbou en visserye
               B      Elektrisiteit, gas en water
               C      Mynbou en steengroewe
               D      Vervaardiging

      3.2.4    Noem die kategorie wat in 2017 die minste tot die primêre sektor
               bygedra het:

               A      Mynbou en steengroewe
               B      Konstruksie
               C      Vervoer, berging en kommunikasie
               D      Landbou, bosbou en visserye

      3.2.5    Hierdie kategorie het die sekondêre sektor in 2017 gedomineer:

               A      Algemene regeringsdienste
               B      Vervaardiging
               C      Handel, spyseniering en akkommodasie
               D      Finansies, vaste eiendom en besigheidsdienste

      3.2.6    Watter tersiêre aktiwiteit het in 2017 die minste tot die Suid-Afrikaanse
               ekonomie bygedra?

               A      Persoonlike dienste
               B      Algemene regeringsdienste
               C      Elektrisiteit, gas en water
               D      Vervoer, berging en kommunikasie

      3.2.7    Watter persentasie het die tersiêre sektor in 2017 tot die Suid-
               Afrikaanse ekonomie bygedra?

               A      10%
               B      25%
               C      77%
               D      91%                                                        (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                         DBE/November 2018
                                             NSS

3.3   FIGUUR 3.3 toon staafgrafieke wat die vlak en tempo van verstedeliking in Suid-
      Afrika tussen 2006 en 2016 aandui.

      3.3.1    Definieer die begrip verstedeliking.                               (1 x 1)      (1)

      3.3.2    Noem die verband tussen die vlak en die tempo van verstedeliking
               tussen 2006 en 2016.                                     (1 x 2)                (2)

      3.3.3    Bespreek TWEE fisiese faktore in die landelike gebied wat moontlik tot
               die tempo van verstedeliking in FIGUUR 3.3 bygedra het.       (2 x 2)           (4)

      3.3.4    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die redes
               waarom die tempo en vlak van verstedeliking tot toenemende
               protesaksie teen dienslewering in stedelike gebiede gelei het. (4 x 2)          (8)

3.4   FIGUUR 3.4 toon die landelik-stedelike oorgangsone wat A gemerk is.

      3.4.1    Wat is die landelik-stedelike oorgangsone?                          (1 x 1)     (1)

      3.4.2    Noem TWEE stedelike grondgebruike wat in die landelik-stedelike
               oorgangsone (A) sigbaar is.                             (2 x 1)                 (2)

      3.4.3    Gee TWEE redes waarom die landelik-stedelike oorgangsone al meer
               stedelik van aard word.                                   (2 x 2)               (4)

      3.4.4    Waarom is die landelik-stedelike oorgangsone 'n aantreklike ligging vir
               die toegangsbeheerde gemeenskap (veiligheidswoonbuurt met
               sekuriteitswagte en toegangsbeheer)?                            (2 x 2)         (4)

      3.4.5    Die aanvraag na behuising neem vinnig toe en ontwikkelaars oorweeg
               die landelik-stedelike oorgangsone as 'n oplossing vir die tekort aan
               bouruimte. Stel TWEE moontlike besware teen beplande
               behuisingsontwikkelings in die landelik-stedelike oorgangsone voor.
                                                                              (2 x 2)          (4)

3.5   Verwys na FIGUUR 3.5, 'n uittreksel oor die Suid-Afrikaanse beesvleisbedryf.

      3.5.1    Watter land het die meeste beesvleis in 2016 uitgevoer?            (1 x 1)      (1)

      3.5.2    Haal 'n bewys uit die uittreksel aan wat daarop dui die beesvleisbedryf in
               Suid-Afrika besig is om te groei.                                  (1 x 1)      (1)

      3.5.3    Verwys na die stelling hieronder.

               Deur die uitvoer van hoër gehalte beesvleis kan ons bedryf homself teen
               skokke, wat tot verlaagde winste lei, beskerm.

               (a)    Waarom verlag die uitvoer van lae gehalte beesvleis winste?
                                                                                (1 x 1)        (1)

               (b)    Maak voorstelle oor hoe boere hoër gehalte beesvleis kan lewer.
                                                                              (2 x 2)          (4)

      3.5.4    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik die faktore
               wat voorkom dat Suid-Afrika met ander topbeesvleisuitvoerders kan
               meeding.                                                     (4 x 2)            (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  11                       DBE/November 2018
                                             NSS

3.6   Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 wat na die Oos-Londen NOS ('ELIDZ')verwys.

      3.6.1    In watter provinsie is die Oos-Londen NOS ('ELIDZ') geleë?        (1 x 1)      (1)

      3.6.2    Gee TWEE positiewe gevolge van die Oos-Londen NOS wat in FIGUUR
               3.6 geïdentifiseer is.                                     (2 x 1)             (2)

      3.6.3    Hoe het die ontwikkeling van die Oos-Londen NOS die infrastruktuur
               van die provinsie verbeter?                                 (2 x 2)            (4)

      3.6.4    Gee TWEE aansporings wat die provinsiale regering kon aangebied het
               om beleggings na die Oos-Londen NOS te lok.                  (2 x 2)           (4)

      3.6.5    Verduidelik waarom dit voordeliger vir die ekonomie van die provinsie
               waarin Oos-Londen NOS (ELIDZ) geleë is, sal wees indien
               maatskappye op uitvoergeoriënteerde vervaardiging fokus.      (2 x 2)          (4)
                                                                                              [75]

VRAAG 4

4.1   Verwys na FIGUUR 4.1 oor verskillende straatpatrone. Pas die beskrywings
      hieronder by straatpatroon A, B of C. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
      A, B of C langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, bv. 4.1.8 A. Jy kan dieselfde letter meer as een keer gebruik.

      4.1.1    Word algemeen in die oudste dele van Suid-Afrikaanse stede aangetref

      4.1.2    Vervoerroetes straal vanaf 'n sentrale punt uit

      4.1.3    Strate kruis teen reghoeke en vergemaklik beplanning

      4.1.4    Geassosieer met antieke stede met ringpaaie as 'n kenmerk

      4.1.5    Geassosieer met nuwe stedelike ontwikkelings

      4.1.6    Kan tot verkeersknope lei

      4.1.7    Voorstede met hierdie straatpatroon sal onreëlmatige paaie hê vir beter
               verkeersvloei                                                   (7 x 1)        (7)

4.2   Verwys na FIGUUR 4.2 wat statistiek oor goudmynbou vir Januarie 2017 toon.

      4.2.1    Noem die provinsie waar die meeste goud in Suid-Afrika ontgin word.

      4.2.2    Watter goudmyn in Gauteng produseer die meeste goud per ons (oz) in
               Suid-Afrika?

      4.2.3    Noem die mynboumaatskappy wat die meeste goud geproduseer het.

      4.2.4    Noem die land met die hoogste goudproduksie ter wêreld.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 12                          DBE/November 2018
                                            NSS

      4.2.5    Waar lê Suid-Afrika op die ranglys ten opsigte van goudproduksie in die
               wêreld?

      4.2.6    Bereken die bydrae wat Afrika in Januarie 2017 tot die wêreld se
               goudproduksie gemaak het.

      4.2.7    Teen die einde van watter jaar het Suid-Afrika se goudproduksie tot sy
               laagste vlak gedaal?

      4.2.8    Toon die mees onlangse goudproduksie in Suid-Afrika 'n stygende of
               dalende neiging?                                            (8 x 1)             (8)

4.3   Lees die uittreksel in FIGUUR 4.3 wat na swak openbare vervoer as 'n
      ekonomiese ongeregtigheid in Suid-Afrika verwys.

      4.3.1    Noem die tipe openbare vervoerstelsel wat in die uittreksel beklemtoon
               word.                                                            (1 x 1)        (1)

      4.3.2    Gee EEN rede waarom die swak openbare vervoerstelsel wat in
               VRAAG 4.3.1 genoem is as 'n ekonomiese ongeregtigheid beskou word.
                                                                           (1 x 1)             (1)

      4.3.3    Watter drastiese maatreël het die regering ingestel om die taxi-krisis op
               te los?                                                           (1 x 1)       (1)

      4.3.4    Waarom vervoer die taxibedryf daagliks 15 miljoen pendelaars?       (2 x 2)     (4)

      4.3.5    Waarom is taxibestuurders teen nuwe ondernemings soos Uber en
               Taxify gekant?                                         (2 x 2)                  (4)

      4.3.6    Bespreek TWEE moontlike oplossings            wat   die   regering kan
               implementeer om taxigeweld te verminder.                         (2 x 2)        (4)

4.4   FIGUUR 4.4 toon water as 'n maatskaplike ongeregtigheid in landelike gebiede.

      4.4.1    Hoe is water voor die uitvinding van die waterwiel wat in FIGUUR 4.4
               getoon word, in landelike gebiede vervoer?                    (1 x 1)           (1)

      4.4.2    Hoe het die waterwiel van Wello toegang tot water in landelike gebiede
               verander?                                                       (1 x 2)         (2)

      4.4.3    Watter rol kan toegang tot water in landelike gebiede speel om armoede
               te verlig?                                                       (1 x 2)        (2)

      4.4.4    Gee 'n rede vir die swak waterinfrastruktuur in Suid-Afrika se landelike
               gebiede.                                                         (1 x 2)        (2)

      4.4.5    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en maak volhoubare
               voorstelle om toegang tot water in landelike gebiede te verbeter.
                                                                         (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                13                        DBE/November 2018
                                           NSS

4.5   Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 wat op die PWV/Gauteng-nywerheidstreek
      gebaseer is.

      4.5.1    Haal 'n bewys uit die artikel aan om die stelling te ondersteun dat die
               PWV/Gauteng-nywerheidstreek 'n kernnywerheidstreek is.          (1 x 1)    (1)

      4.5.2    Bespreek EEN faktor wat daartoe bygedra het dat die PWV/
               Gauteng-nywerheidstreek die voorkeurbestemming vir internasionale
               beleggers is.                                              (1 x 2)         (2)

      4.5.3    Gauteng se vervaardigingsektor is 'n belangrike kopermark.

               (a)    Waarom is die Phalaborwa ROI 'n hoofverskaffer van koper aan
                      Gauteng?                                              (1 x 2)       (2)

               (b)    Hoe sal die Phalaborwa ROI voordeel trek as handelsbande met
                      Gauteng versterk word?                                (1 x 2)       (2)

      4.5.4    Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe
               energieverskaffing en arbeid groot uitdagings vir die PWV/Gauteng-
               nywerheidstreek gaan bied om in die volgende drie jaar koper te
               verwerk.                                                    (4 x 2)        (8)

4.6   Verwys na die strokiesprent in FIGUUR 4.6 wat die rol van internasionale handel
      in die Suid-Afrikaanse ekonomie toon.

      4.6.1    Wat is internasionale handel?                                   (1 x 1)    (1)

      4.6.2    Noem die produk wat in groot hoeveelhede in Suid-Afrika ingevoer word.
                                                                              (1 x 1)     (1)

      4.6.3    Watter staatsdepartement word as die skeidsregter in die strokiesprent
               voorgestel?                                                    (1 x 1)     (1)

      4.6.4    Verduidelik waarom die strokiesprent te kenne gee dat die geveg nie
               mooi, skoon en regverdig kan wees nie.                      (1 x 2)        (2)

      4.6.5    Noem EEN manier waarop goedkoop invoere negatief op die Suid-
               Afrikaanse BBP kan inwerk.                             (1 x 2)             (2)

      4.6.6    Waarom word goedkoop invoere in Suid-Afrika toegelaat ten spyte van
               die negatiewe invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (2 x 2)     (4)

      4.6.7    Stel TWEE moontlike maatreëls voor om Suid-Afrika se afhanklikheid
               van goedkoop invoere te verminder.                         (2 x 2)         (4)
                                                                                          [75]

                                                                            TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ADDENDUM SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-addendum-sept2018-english/832c2d21-7b1d-4b62-84b4-7ca284585303) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-memo-sept2018-english/66551d14-a0be-4338-accf-f25bd373c188) — Geography · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
