# Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                          DBE/November 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Antwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                            DBE/November 2019
                                               NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1

1.1      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
         hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 klimaat.

               stralingmis;    katabaties;    temperatuurinversie;     anabaties;
                         rookmis;    termiese gordel;   ryp;       aspek

         1.1.1       Sone waar 'n         warm    lugmassa      tussen    kouer     lugmassas
                     vasgevang is

         1.1.2       'n Mengsel van rook en mis

         1.1.3       Die rigting waarin die helling in verhouding tot die son se strale wys

         1.1.4       Vorm wanneer kalm toestande en skoon lug in 'n vallei voorkom

         1.1.5       Vorm op die valleivloer wanneer lugtemperatuur tot onder
                     vriespunt daal

         1.1.6       Tipe wind wat ontstaan as gevolg van lug wat snags teen die
                     helling in die vallei afdaal

         1.1.7       Tipe wind wat ontstaan wanneer lug gedurende die dag teen die
                     valleihelling op beweeg                                (7 x 1)                    (7)

1.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 D.

         1.2.1       Die dwarsprofiel van 'n rivier toon die vorm van die riviervallei
                     vanaf ...

                     A    oorsprong tot monding.
                     B    konkaaf tot konveks.
                     C    oewer tot oewer.
                     D    breedte tot diepte.

         1.2.2       Die vorm van die vallei in die boloop van 'n rivier is ...

                     A    V-vormig.
                     B    wyd.
                     C    geleidelik.
                     D    U-vormig.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                            DBE/November 2019
                                              NSS

         1.2.3       Afsetting is die dominante proses in die ... van die rivier.

                     A    boloop
                     B    middelloop
                     C    benedeloop
                     D    jong loop
         1.2.4       Die volume water in die middelloop van die rivier sal waarskynlik as
                     gevolg van ... vermeerder.

                     A    sywaartse erosie
                     B    sytakke wat by die rivier aansluit,
                     C    afwaartse erosie
                     D    geen sytakke wat by die rivier aansluit nie,

         1.2.5       Stroomversnellings sal mees waarskynlik in die ... ontwikkel.

                     A    benedeloop
                     B    middelloop en benedeloop
                     C    boloop
                     D    boloop en benedeloop

         1.2.6       Die stroomvloei (afvoer) van 'n rivier in die boloop is gewoonlik
                     'n ... vloei.

                     A    gelaagde
                     B    laminêre
                     C    gladde
                     D    turbulente

         1.2.7       'n Hoefystermeer kan uit 'n ... in die benedeloop van die rivier
                     gevorm word.

                     A    glyoewer
                     B    stootoewer
                     C    meanderboog
                     D    meandermerk

         1.2.8       Die prosesse wat 'n rivier vanaf die boloop tot die benedeloop
                     ondergaan, is ...

                     A    erosie, vervoer en afsetting.
                     B    vervoer, erosie en afsetting.
                     C    erosie, afsetting en vervoer.
                     D    afsetting, erosie en vervoer.                                (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 5                              DBE/November 2019
                                            NSS

1.3      FIGUUR 1.3 is gebaseer op 'n gevallestudie van 'n tropiese sikloon wat
         onlangs 'n invloed op Suidelike Afrika gehad het.

         1.3.1       Verwys na die artikel. Waarmee kan jy hierdie intense tropiese
                     sikloon vergelyk?                                       (1 x 1)               (1)

         1.3.2       Noem EEN toestand wat nodig was vir die vorming van tropiese
                     sikloon Idai.                                         (1 x 1)                 (1)

         1.3.3       Verwys na die prentjie en bepaal die verwagte windspoed waarmee
                     tropiese sikloon Idai die kus van Mosambiek sal bereik.   (1 x 1)             (1)

         1.3.4       Waarom sal die windspoed afneem soos jy verder van die oog af
                     beweeg?                                                (1 x 2)                (2)

         1.3.5       Verduidelik hoe die gevaarlike halfsirkel van tropiese sikloon Idai
                     ontstaan (ontwikkel) het.                                    (1 x 2)          (2)

         1.3.6       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel die negatiewe impak
                     voor wat hoë windsnelhede op die kusgebiede van Mosambiek sal
                     hê.                                                        (4 x 2)            (8)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op Suid-Afrikaanse bergwinde gebaseer is.

         1.4.1       Noem die seisoen waarin Suid-Afrikaanse bergwinde ontwikkel.
                                                                               (1 x 1)             (1)

         1.4.2       Gee TWEE bewyse in FIGUUR 1.4 om jou antwoord op
                     VRAAG 1.4.1 te ondersteun.                 (2 x 1)                            (2)

         1.4.3       (a)   Waarom word bergwinde as droog beskryf?                     (1 x 2)     (2)

                     (b)   Wat veroorsaak dat die Suid-Afrikaanse bergwind 'n warm
                           aflandige wind is?                                (1 x 2)               (2)

                     (c)   Hoe beïnvloed    'n    steil   lugdrukgradiënt   Suid-Afrikaanse
                           bergwinde?                                                 (2 x 2)      (4)

         1.4.4       Waarom is nooddienste (brandweer, ambulansdienste en
                     verkeerspolisie) uiters paraat (gereed) wanneer bergwindtoestande
                     voorkom?                                                   (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  6                         DBE/November 2019
                                             NSS

1.5      Bestudeer FIGUUR 1.5 wat op stroomroof gebaseer is.

         1.5.1       Definieer die term stroomroof.                                 (1 x 1)     (1)

         1.5.2       Beskryf die erosie wat met die proses van stroomroof in skets A
                     geassosieer word.                                        (1 x 1)           (1)

         1.5.3       Identifiseer verskynsels L en M wat as gevolg van stroomroof
                     ontstaan.                                              (2 x 1)             (2)

         1.5.4       Pas die terme rowerstroom (roofstroom) en verarmde stroom by
                     strome J en K in diagram B.                            (2 x 1)             (2)

         1.5.5       (a)   Wat is 'n waterskeiding?                                 (1 x 1)     (1)

                     (b)   Hoe kan die stroomroofproses           veroorsaak     dat die
                           waterskeiding sy posisie verander?                      (1 x 2)      (2)

                     (c)   Watter uitwerking sal stroomroof op die volume water in
                           stroom K hê?                                     (1 x 2)             (2)

         1.5.6       Wat kan die plaaslike boerderygemeenskap rondom stroom J doen
                     om met hulle daaglikse aktiwiteite voort te gaan nadat stroomroof
                     plaasgevind het?                                            (2 x 2)        (4)    (2

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat opvangs- en rivierbestuur toon.

         1.6.1       Wat is die vernaamste bron van afvalwater?                     (1 x 1)     (1)

         1.6.2       Bespreek hoe die verwydering van die natuurlike plantegroei vir
                     menslike aktiwiteite die geërodeerde grond en sedimente in die rivier
                     vermeerder het.                                              (1 x 2)       (2)

         1.6.3       Verduidelik hoe afloop vanaf beide die nedersetting en bewerkte
                     grond die watergehalte van 'n rivier sal laat afneem.    (2 x 2)           (4)

         1.6.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek waarom
                     volhoubare rivierbestuur vir alle sektore van die ekonomie
                     belangrik is.                                        (4 x 2)               (8)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      7                     DBE/November 2019
                                                 NSS

VRAAG 2

2.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae wat op
         die dwarsprofiel van die middelbreedte-sikloon in FIGUUR 2.1 gebaseer is,
         gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

         2.1.1       Die algemene beweegrigting van 'n middelbreedte-sikloon in die
                     Suidelike Halfrond is ... -waarts.

                     A   noord
                     B   wes
                     C   oos
                     D   suid

         2.1.2       Identifiseer wolk A wat met die warm front geassosieer word:

                     A   Stratus
                     B   Cumulus
                     C   Nimbostratus
                     D   Cumulonimbus

         2.1.3       Die gebied by B staan as die ... bekend.

                     A   warm sektor
                     B   koue sektor
                     C   polêre front
                     D   apeks

         2.1.4       Die tipe wolk by C is ...

                     A   stratus.
                     B   cirrus.
                     C   cumulonimbus.
                     D   nimbostratus.

         2.1.5       Die gradiënt by D kan as ... beskryf word.

                     A   steil
                     B   geleidelik
                     C   swak
                     D   vertikaal

         2.1.6       Die ... front word by D aangetref.

                     A   polêre
                     B   koue
                     C   okklusie-
                     D   warm

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                         DBE/November 2019
                                               NSS

         2.1.7       Die meer aktiewe en vinniger bewegende front is die ...

                     A   polêre front.
                     B   koue front.
                     C   warm front.
                     D   vogfront.

         2.1.8       Die tipe reënval by E is ...

                     A   ligte buie.
                     B   frontale reën.
                     C   orografiese reën.
                     D   konveksie reën.                                             (8 x 1)       (8)

2.2      Kies EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
         hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (2.2.1 tot
         2.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 turbulente vloei.

                 watertafel;    samevloeiing;       riviermonding;    dreineerbekken;
               rivieroorsprong;    interfluviale rif;    oppervlakafloop;   grondwater

         2.2.1       Punt waar die rivier in die see invloei

         2.2.2       Water wat die grond geïnfiltreer het

         2.2.3       Gebied wat deur 'n hoofstroom en sy sytakke gedreineer word

         2.2.4       Punt waar 'n rivier ontstaan

         2.2.5       Die boonste vlak van die versadigde sone

         2.2.6       Water wat oor die oppervlak vloei nadat dit gereën het

         2.2.7       Punt waar 'n sytak en die hoofstroom bymekaarkom                (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  9                          DBE/November 2019
                                             NSS

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat 'n sinoptiese weerkaart toon.

         2.3.1       Wat word die lyne wat lugdruk op die kaart voorstel, genoem?
                                                                                 (1 x 1)        (1)

         2.3.2       Gee TWEE sigbare bewyse dat die seisoen wat uitgebeeld word,
                     somer is.                                             (2 x 1)              (2)

         2.3.3       Noem die algemene beweging van lugdruksel A.                 (1 x 1)       (1)

         2.3.4       Verwys na lugdruksel B.

                     (a)   Noem hierdie lugdruksel.                               (1 x 1)       (1)

                     (b)   Verduidelik hoe lugdruksel B die somerreënvalpatrone oor
                           die binneland van Suid-Afrika beïnvloed.           (2 x 2)           (4)

         2.3.5       Verwys na die weerstasiemodel by C.

                     (a)   Gee bewyse van weerstasiemodel C wat aandui dat die
                           moontlikheid op reën skraal is.              (1 x 2)                 (2)

                     (b)   Gee rekenskap vir die lugtemperatuur en windrigting wat by
                           weerstasie C aangeteken is.                         (2 x 2)          (4)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4 wat op die verskille tussen landelike en stedelike
         klimate gebaseer is.

         2.4.1       Sal A of B oor die algemeen laer windsnelhede ervaar?        (1 x 1)       (1)

         2.4.2       Watter bewys in die foto toon dat A hoër verdampingtempo's as
                     B ervaar?                                              (1 x 2)             (2)

         2.4.3       Waarom kry B meer gereeld reën as A?                         (1 x 2)       (2)

         2.4.4       Verduidelik hoe die geometriese vorm van die geboue in die stad
                     groter absorbering van hitte veroorsaak.                 (1 x 2)           (2)

         2.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe kunsmatige
                     oppervlakke en stedelike aktiwiteite tot hoër temperatuurlesings by
                     B bydra.                                                     (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                          DBE/November 2019
                                              NSS

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat rivierprofiele toon.

         2.5.1       Definieer die term lengteprofiel.                               (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Beskryf die vorm van lengteprofiel A.                           (1 x 2)       (2)

         2.5.3       Identifiseer 'n uiteindelike (permanente) en 'n tydelike basisvlak van
                     erosie in die diagram.                                          (2 x 1)       (2)

         2.5.4       Hoe sal die afsetting van sediment die kapasiteit van die dam
                     beïnvloed?                                              (1 x 2)               (2)

         2.5.5       Beskryf die verskil in gradering tussen die nuwe lengteprofiel en die
                     oorspronklike lengteprofiel.                                   (2 x 2)        (4)

         2.5.6       Verduidelik die impak van die teenwoordigheid van die dam op die
                     erosie- en afsettingsprosesse.                            (2 x 2)             (4)

2.6      Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op die fluviale landvorme in die benedeloop van
         die rivier gebaseer is.

         2.6.1       Noem fluviale verskynsel A.                                     (1 x 1)       (1)

         2.6.2       Gee 'n rede vir die vorming van verskynsel A.                   (1 x 2)       (2)

         2.6.3       Verduidelik waarom die stootoewer by B steil is.                (1 x 2)       (2)

         2.6.4       Verskynsel C is 'n natuurlike oewerwal (leveé). Waarom word
                     hierdie fluviale landvorm algemeen in die benedeloop van 'n rivier
                     aangetref?                                                (1 x 2)             (2)

         2.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die positiewe
                     en negatiewe impak van oewerwalle (leveés) op boerdery op die
                     vloedvlakte.                                              (4 x 2)             (8)
                                                                                                   [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  11                      DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING       B:    LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                   EN    SUID-
                     AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

VRAAG 3

3.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A-I) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.9 J.

                              KOLOM A                             KOLOM B
          3.1.1      Rangskikking van stedelike           A   invloedsfeer
                     nedersettings vanaf kleinste na
                     grootste                             B   hoë-orde-goedere

          3.1.2      Nedersetting wat goedere en dienste C    stedelike hiërargie
                     aan die omliggende landelike
                     bevolking verskaf                   D    lae-orde-goedere

          3.1.3      Gebied waarvandaan stedelike         E   sentrale plek
                     nedersettings hulle kliënte trek
                                                          F   lae-orde-sentrums
          3.1.4      Minimum getal kliënte wat 'n
                     besigheid nodig het om winsgewend    G   hoë-orde-sentrums
                     te wees
                                                          H   drempelbevolking
          3.1.5      Die maksimum afstand wat mense
                     reis om goedere en dienste te koop   I   reikwydte

          3.1.6      Tipe goedere wat dikwels gekoop
                     word

          3.1.7      Min dienste en funksies is
                     beskikbaar

          3.1.8      Goedere en dienste wat nie gereeld
                     gekoop word nie
                                                                                 (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                           DBE/November 2019
                                               NSS

3.2      Verwys na ekonomiese sektore. Pas die stellings hieronder by die primêre,
         sekondêre of tersiêre ekonomiese sektore. Skryf slegs die sektor langs die
         vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         3.2.1       Mynbou is 'n voorbeeld van hierdie ekonomiese sektor

         3.2.2       Hierdie sektor het te doen met die lewering van dienste

         3.2.3       Die ontginning van grondstowwe uit die Aarde se oppervlak

         3.2.4       Het te doen met die verwerking van grondstowwe

         3.2.5       Die verskaffing van elektrisiteit is 'n voorbeeld van hierdie sektor

         3.2.6       Die vervaardiging van tekstiele, skoene en klerasie

         3.2.7       Lewer die kleinste bydrae tot die BBP van Suid-Afrika            (7 x 1)       (7)

3.3      Lees die uittreksel uit die Staatsrede ('SONA') in FIGUUR 3.3 oor landelike
         nedersettingskwessies: grondhervorming.

         3.3.1       Wat is grondhervorming?                                          (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Verwys na grondhervormingsbeleid.

                     (a)   Noem TWEE grondhervormingsprogramme waarna in die
                           uittreksel verwys word.                    (2 x 1)                       (2)

                     (b)   Verduidelik die verskil tussen die grondhervormings-
                           programme wat in VRAAG 3.3.2(a) genoem is.    (2 x 2)                    (4)

         3.3.3       Gee TWEE oplossings in die uittreksel wat na die sukses van
                     grondhervorming vir ontluikende (opkomende) boere verwys. (2 x 1)              (2)

         3.3.4       Hoe sal die 'onteiening van grond sonder vergoeding' help om die
                     grondhervormingsproses te bespoedig?                       (1 x 2)             (2)

         3.3.5       Bespreek hoe die implementering van grondhervorming Suid-Afrika
                     se landbouproduksie kan affekteer.                      (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                           DBE/November 2019
                                              NSS

3.4      FIGUUR 3.4 is op verstedeliking gebaseer.

         3.4.1       Onderskei tussen die terme verstedeliking en stedelike uitbreiding.
                                                                                 (2 x 1)           (2)

         3.4.2       Noem die verstedelikingstendens vanaf 1970 tot 2020.            (1 x 1)       (1)

         3.4.3       Waarom lei verstedeliking tot stedelike uitbreiding?            (2 x 2)       (4)

         3.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, gee rekenskap van die
                     stedelike probleme wat as gevolg van vinnige verstedeliking in stede
                     in ontwikkelende lande ontstaan.                              (4 x 2)         (8)

3.5      Verwys na die spotprent in FIGUUR 3.5 wat op die belangrikheid van
         voedselsekerheid gebaseer is.

         3.5.1       Wat is voedselsekerheid?                                        (1 x 1)       (1)

         3.5.2       Waarom pas die gebruik van die woorde 'goeie nuus' nie by die
                     boodskap van die spotprent nie?                        (1 x 2)                (2)

         3.5.3       Selfs al was daar voedselsekerheid, waarom sou dit nie die mense
                     in die spotprent gehelp het nie?                           (2 x 2)            (4)

         3.5.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek maniere om
                     voedselsekerheid in Suid-Afrika te verbeter.          (4 x 2)                 (8)

3.6      FIGUUR 3.6 is gebaseer op strategieë vir industriële ontwikkeling:
         Richardsbaai.

         3.6.1       In watter provinsie is Richardsbaai geleë?                      (1 x 1)       (1)

         3.6.2       Gee TWEE voorbeelde van industrieë in Richardsbaai wat op die
                     kaart getoon word.                                     (2 x 1)                (2)

         3.6.3       Waarom is hierdie gebied 'n toonaangewende vervaardiger van
                     swaar masjinerie?                                     (2 x 2)                 (4)

         3.6.4       Hoe sal industriële ontwikkeling in Richardsbaai die plaaslike
                     gemeenskap bevoordeel?                                  (2 x 2)               (4)

         3.6.5       Verduidelik waarom Richardsbaai se infrastruktuur aantreklik vir
                     beide plaaslike en internasionale beleggers kan wees.    (2 x 2)              (4)
                                                                                                   [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                            DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 4
4.1      Verwys na FIGUUR 4.1 wat landelike en stedelike nedersettings toon. Pas die
         stellings hieronder by nedersettingstipe (A of B). Skryf slegs die letter langs
         die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         4.1.1        Nedersetting wat met sekondêre en tersiêre aktiwiteite geassosieer
                      word

         4.1.2        Primêre aktiwiteite domineer in hierdie nedersetting

         4.1.3        Staan as 'n enkelfunksionele nedersetting bekend

         4.1.4        Hierdie nedersetting bied veelvuldige funksies

         4.1.5        Hierdie nedersetting het altyd 'n kernpatroon

         4.1.6        'n Voorbeeld van so 'n nedersetting is 'n stad

         4.1.7        Die kleinste nedersetting staan as 'n plaasopstal bekend.       (7 x 1)       (7)

4.2      Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.9 J

                               KOLOM A                                KOLOM B
         4.2.1        Uitruil van goedere en dienste         A     vervoernetwerk
                      tussen lande
                                                             B     formeel
         4.2.2        Inkomste wat 'n land deur uitvoere
                      genereer                               C     tuismark

         4.2.3        Fasiliteer die beweging van mense,     D     handel
                      goedere en inligting vanaf een plek
                      na 'n volgende                         E     veredeling

         4.2.4        Verwys na goedere wat in 'n land       F     BBP
                      ingebring word
                                                             G     buitelandse valuta
         4.2.5        Wettig geregistreerde besighede
                                                             H     BNP
         4.2.6        Staan ook as die binnelandse mark
                      bekend                                 I     invoere

         4.2.7        Totale waarde van goedere en
                      dienste wat per jaar deur 'n land
                      geproduseer word

         4.2.8        Waarde wat deur verwerking by 'n
                      grondstof gevoeg word
                                                                                      (8 x 1)       (8)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   15                           DBE/November 2019
                                              NSS

4.3      FIGUUR 4.3 is 'n stedelike profiel wat                   die   verhouding   tussen
         grondgebruiksones en gebouedigtheid toon.

         4.3.1       Verwys na grondgebruiksone A.

                     (a)    Noem die grondgebruiksone.                               (1 x 1)       (1)

                     (b)    Noem TWEE kenmerke van grondgebruiksone A.               (2 x 1)       (2)

                     (c)    Waarom is hierdie grondgebruiksone ideaal vir die ligging
                            van ligte nywerhede?                              (1 x 2)              (2)

                     (d)    Stel EEN rede vir grondgebruiksone A se hoë grondwaardes
                            voor.                                             (1 x 2)              (2)

         4.3.2       Gee TWEE bewyse wat voorstel dat grondgebruiksone B 'n hoë-
                     inkomste residensiële sone is.                      (2 x 2)                   (4)

         4.3.3       Verduidelik waarom grondgebruiksones B en C nie versoenbaar is
                     nie.                                                   (2 x 2)                (4)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op 'n informele nedersetting en gepaardgaande
         kwessies gebaseer is.

         4.4.1       Definieer die term informele nedersetting.                      (1 x 1)       (1)

         4.4.2       Volgens die koerantartikel, waarom is daar 'n verhoogde risiko van
                     brande in informele nedersettings?                          (2 x 1)           (2)

         4.4.3       Waarom vermeerder die voorkoms van verwoestende brande in
                     informele nedersettings in die winter?             (2 x 2)                    (4)

         4.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                     plaaslike munisipaliteit brandgevare vir mense wat in informele
                     nedersettings woon, kan verminder.                       (4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   16                          DBE/November 2019
                                              NSS

4.5      Verwys na FIGUUR 4.5, die infografika van Suid-Afrika se nywerheidstreke:
         Port Elizabeth (Nelson Mandela-metropool).

         4.5.1       In watter provinsie in die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidstreek
                     geleë?                                                       (1 x 1)      (1)

         4.5.2       Noem die hoofnywerheid in hierdie streek.                      (1 x 1)    (1)

         4.5.3       Gee TWEE fisiese (natuurlike) faktore in die infografika wat tot sy
                     groei as 'n nywerheidstreek bygedra het.                    (2 x 1)       (2)

         4.5.4       Waarom is die groot bevolking voordelig vir die Port Elizabeth-
                     Uitenhage-streek?                                        (1 x 2)          (2)

         4.5.5       Verduidelik hoe die nywerheid in VRAAG 4.5.2 tot die ekonomiese
                     groei van hierdie streek bydra het.                        (2 x 2)        (4)

         4.5.6       Bespreek TWEE uitdagings wat deur nywerhede in die Port
                     Elizabeth-Uitenhage-streek ervaar word, in vergelyking met
                     nywerhede in die PWV-streek.                          (2 x 2)             (4)

4.6      Verwys na FIGUUR 4.6 is 'n spotprent wat op die informele sektor gebaseer is.

         4.6.1       Definieer die term informele sektor.                           (1 x 1)    (1)

         4.6.2       Watter bewys in die spotprent dui aan dat die minister nie ten gunste
                     van die informele sektor is nie?                               (1 x 1)    (1)

         4.6.3       Stel 'n moontlike rede voor waarom die minister nie wil hê dat
                     informele straatverkope moet plaasvind nie.             (1 x 2)           (2)

         4.6.4       Gee TWEE redes waarom die informele sektor vir die informele
                     handelaar belangrik is.                               (2 x 2)             (4)

         4.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek redes vir die
                     groei van die informele sektor in Suid-Afrika.         (4 x 2)            (8)
                                                                                               [75]

                                                                                 TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-memo-eng/c1fcc36b-f3b0-4373-b1c2-eccc79cabe77) — Geography · Memo · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-english/163e5499-d825-458c-9f96-f94970355b77) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
