# Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                       GEOG.1

                                   GEOGRAFIE V1

                                NOVEMBER 2020(2)

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 12 bladsy-bylaag.

                     OGGENDSESSIE
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 2                      DBE/November 2020(2)
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy gevra word om te noem, identifiseer
        of 'n lysie moet maak.

10.     Dui die maateenheid of kompasrigting aan wanneer syfers of waardes in jou
        antwoord aangehaal word, bv. 45 m, 1 020 hPa, 14 °C en noord (N).

11.     Gebruik volsinne wanneer paragraaftipe vrae beantwoord.

12.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                         DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1
1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat lugbeweging wat met valleiklimate geassosieer
         word, toon. Pas die beskrywings hieronder by winde A en B. Skryf slegs die
         letter A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 B.
         1.1.1       Die lugbeweging wat met opwaartse vloei teen hellings geassosieer
                     word
         1.1.2       Lugbeweging wat snags voorkom
         1.1.3       Lugbeweging as gevolg van die tempo van insolasie ontstaan
         1.1.4       Lugbeweging wat grootliks lugbesoedeling op die valleibodem
                     verminder
         1.1.5       Lugbeweging wat met digte, swaar lug geassosieer word
         1.1.6       Lugbeweging geassosieer met die vorming van ryp op die
                     valleibodem
         1.1.7       Die rigting van lugbeweging deur gravitasiekragte bepaal           7 x 1)     (7)
1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die kenmerk/beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                                    KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Dreineringspatroon wat algemeen langs steil      A      tralie
                     hellings van 'n rug of rif van heuwels voorkom
                                                                   B         dendrities
         1.2.2       Dreineringspatroon wat gevind word in gebiede
                     waar gletsers voorgekom het                   C         radiaal

         1.2.3       Die hoofstroom het reghoekige kronkels in        D      reghoekig
                     hierdie dreineringspatroon                       E      ontwrig
         1.2.4       Dreineringspatroon wat geassosieer word met      F      antesedente
                     strome wat na 'n sentrale laagliggende gebied
                     vloei                                            G      sentripetaal
         1.2.5       Dreineringspatroon wat met 'n koepel-            H      geërfde
                     verskynsel geassosieer word
                                                                      I      parallel
         1.2.6       Dreineringspatroon wat in gebiede met
                     afwisselende lae harde en sagte gesteentes
                     ontstaan
         1.2.7       Dreineringpatroon wat gewoonlik uniformig is
                     en sytakke wat teen skerphoeke bymekaarkom
         1.2.8       Die rivier is jonger as die onderliggende
                     gesteentestruktuur waaroor dit vloei
                                                                                        (8 x 1)    (8)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     4                               DBE/November 2020(2)
                                              SS/NSS

1.3      FIGUUR 1.3 toon 'n middelbreedtesikloon op 'n sinoptiese weerkaart van
         Suidelike Afrika.

         1.3.1       Gee bewyse uit die diagram wat voorstel dat weerstelsel A
                     'n middelbreedtesikloon is.                         (1 x 1)                          (1)

         1.3.2       Waarom ontstaan hierdie weerstelsel by die polêre front?               (1 x 2)       (2)

         1.3.3       Gee 'n rede vir die beweegrigting van hierdie weerstelsel.             (1 x 2)       (2)

         1.3.4       Waarom word        die   kouefront    met        uiterste    weerstoestande
                     geassosieer?                                                         (1 x 2)         (2)

         1.3.5       Verduidelik die ontstaan van die ontwikkelingstadium wat in
                     FIGUUR 1.3 van die middelbreedtesikloon getoon word.  (2 x 2)                        (4)

         1.3.6       Waarom het die kouefront van die middelbreedtesikloon 'n positiewe
                     impak op landbouaktiwiteite in die Wes-Kaap?               (2 x 2)                   (4)

1.4      FIGUUR 1.4 toon die teenwoordigheid van 'n lyndonderstorm dwarsoor
         Suid-Afrika.

         1.4.1        Ontvang die lyndonderstorm sy bron van vog vanaf oseaan A of B?
                                                                               (1 x 1)                    (1)

         1.4.2        Waarom word koue,          droë     lug    vanaf     die     Suid-Atlantiese
                      Hoogdruksel ingevoer?                                                 (1 x 2)       (2)

         1.4.3        Verduidelik hoe die formasie              van     die      vogfront   by C
                      lyndonderstorms tot gevolg het.                                       (2 x 2)       (4)

         1.4.4        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die
                      verwoestende (vernietigende) aard van lyndonderstorms. (4 x 2)                      (8)

1.5      FIGUUR 1.5 is 'n uittreksel oor deltas.

         1.5.1        Waar vorm deltas?                                                     (1 x 1)       (1)

         1.5.2        Watter bewys in die uittreksel dui aan dat deltas digbevolk is?(1 x 1)              (1)

         1.5.3        Volgens die uittreksel, hoe versteur stede die natuurlike formasie
                      van deltas?                                                  (1 x 1)                (1)

         1.5.4        Bespreek die belangrikheid daarvan om deltas te beskerm.              (2 x 2)       (4)

         1.5.5        'n Onlangse omgewingsimpak-assessering het kommer oor die
                      toekomstige volhoubaarheid van deltas uitgelig. In 'n paragraaf van
                      ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor om gebiede soos deltas
                      teen die negatiewe impak van menslike aktiwiteite te beskerm.
                                                                                   (4 x 2)                (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       5                    DBE/November 2020(2)
                                                SS/NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat rivierverjonging toon.

         1.6.1       Wat is rivierverjonging?                                       (1 x 1)       (1)

         1.6.2       Watter fase (loop) van die rivier word in FIGUUR 1.6 geïllustreer?
                                                                                    (1 x 1)       (1)

         1.6.3       Gee bewyse uit FIGUUR 1.6 om jou antwoord op VRAAG 1.6.2 te
                     ondersteun.                                         (1 x 1)                  (1)

         1.6.4       Waarom is daar 'n toename in die tempo van erosie in die rivier na
                     verjonging?                                                 (2 x 2)          (4)

         1.6.5       Identifiseer die veranderinge aan die volgende verskynsels nadat
                     rivierverjonging plaasgevind het:

                     (a)   Rivierkanaal                                             (1 x 2)       (2)

                     (b)   Meander (Kronkel)                                        (1 x 2)       (2)

         1.6.6       Bespreek die moontlike negatiewe impak van rivierverjonging op
                     opgaardamme in die benedeloop ná die punt van verjonging
                     (knakpunt).                                              (2 x 2)             (4)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      6                       DBE/November 2020(2)
                                               SS/NSS

VRAAG 2

2.1      Verwys na FIGUUR 2.1 wat 'n hoog- en laagdruksel in die Suidelike Halfrond
         toon. Pas die stellings hieronder by die hoogdruksel of laagdruksel.
         Skryf jou antwoord langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 laagdruksel.

         2.1.1       Word met stygende lug geassosieer

         2.1.2       Lug divergeer op die oppervlak vanaf hierdie druksel

         2.1.3       Word met die klokwaartse beweging van lug geassosieer

         2.1.4       Onstabiele weerstoestande oor die binneland

         2.1.5       Word met inwigging geassosieer

         2.1.6       Word met swaar reën en hael geassosieer

         2.1.7       Domineer die land in die winter

         2.1.8       Bergwindtoestande ontwikkel wanneer dit met 'n kus-laag in
                     wisselwerking kom                                    (8 x 1)                    (8)

2.2      Kies 'n konsep/term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
         (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
          2.2.1      Gebied wat deur 'n rivier en sy        A   opvangsgebied
                     sytakke gedreineer word
                                                            B   interfluviale rif
          2.2.2      Hoogliggende gebied wat twee
                     verskillende dreineringsbekkens        C   samevloeiing
                     skei
                                                            D   dreineringsbekken
          2.2.3      Beginpunt van 'n rivier
                                                            E   rivierstelsel
          2.2.4      Term wat die hoofstroom en sy
                     sytakke beskryf                        F   waterskeiding

          2.2.5      Punt waar die rivier die see invloei   G   rivieroorsprong

          2.2.6      Verhoogde land wat strome in           H   riviermond
                     dieselfde dreineringsbekken skei

          2.2.7      Punt langs die rivier waar twee of
                     meer strome ontmoet
                                                                                       (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     7                       DBE/November 2020(2)
                                              SS/NSS

2.3      Verwys na FIGUUR 2.3 wat die pad van 'n tropiese sikloon toon.
         2.3.1       Gee 'n bewys dat hierdie tropiese sikloon in die Suidelike Halfrond is.
                                                                                  (1 x 1)           (1)
         2.3.2       Waarom is die Mosambiek-kanaal gewoonlik ideaal vir die toename in
                     temperatuur binne die tropiese sikloon?                    (1 x 2)             (2)
         2.3.3       Verduidelik hoe die intensiteit van die tropiese sikloon toegeneem het
                     soos dit vanaf area A na area B beweeg het.                    (2 x 2)         (4)
         2.3.4       Bespreek die toestande wat kon veroorsaak het dat die sikloon
                     verswak soos dit area C bereik het.                  (2 x 2)                   (4)
         2.3.5       Evalueer die fisiese (natuurlike) negatiewe impak van tropiese siklone
                     langs die kuslyn van Mosambiek.                               (2 x 2)          (4)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4, 'n uittreksel op stedelike hitte-eilande gebaseer.
         2.4.1       Definieer die konsep stedelike hitte-eiland.                   (1 x 1)         (1)
         2.4.2       Gee TWEE aanhalings uit die uittreksel wat voorstel dat
                     swak beplanning vir die toename in temperatuur in stede
                     verantwoordelik is.                              (2 x 1)                       (2)
         2.4.3       Waarom is die hitte-eiland-effek snags meer gekonsentreerd?(2 x 2)             (4)
         2.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf volhoubare groen
                     strategieë, soos daar in die uittreksel na verwys word, wat die hitte-
                     eiland-effek laat afneem.                                   (4 x 2)            (8)

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat stroomroof voorstel.
         2.5.1       Definieer die konsep stroomroof soos in skets B getoon.        (1 x 1)         (1)
         2.5.2       Identifiseer verskynsels 1 en 2 van stroomroof in skets B.     (2 x 1)         (2)
         2.5.3       Wat kon veroorsaak het dat die rowerstroom deur die waterskeiding
                     geërodeer het?                                           (2 x 1)               (2)
         2.5.4       Verduidelik die proses wat die ontwikkeling van die verarmde stroom
                     veroorsaak het.                                             (2 x 2)            (4)
         2.5.5       Beskryf die veranderinge in die vloeikenmerke van die rowerstroom.
                                                                                 (3 x 2)            (6)
2.6      FIGUUR 2.6 toon 'n rivierprofiel.
         2.6.1       Is die rivierprofiel in FIGUUR 2.6 gegradeer of ongegradeer? (1 x 1)           (1)
         2.6.2       Gee bewyse vir jou antwoord op VRAAG 2.6.1.                    (1 x 2)         (2)
         2.6.3       Waarom sal daar meer erosie as afsetting by A wees?            (2 x 2)         (4)
         2.6.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die fluviale
                     prosesse wat 'n rivier ondergaan om 'n gegradeerde profiel te bereik.
                                                                                 (4 x 2)            (8)
                                                                                                    [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  8                       DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

AFDELING       B:    LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                    EN     SUID-
                     AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1 wat modelle van stedelike struktuur voorstel. Kies die
         korrekte antwoord uit die opsies wat tussen hakies gegee word om die
         stelling WAAR te maak. Skryf slegs jou antwoord langs die vraagnommers
         (3.1.1 tot 3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.8 konsentriese-sone.

         3.1.1       Die model wat grondgebruik toon, in wiggies gerangskik, staan as
                     die (veelvoudige-kern/sektor)-model bekend.

         3.1.2       In die (veelvoudige-kern/konsentriese-sone)-model is die SSK die
                     fokuspunt waarom die stedelike gebied ontwikkel.

         3.1.3       Industrieë en lae-kostebehuising ontwikkel langs hoofpaaie of
                     spoorlyne in die (konsentriese-sone/sektor)-model.

         3.1.4       Die (sektor/veelvoudige-kern)-model is die mees toepaslike model
                     vir moderne stede.

         3.1.5       Die (sektor/konsentriese-sone)-model neem nie ontwikkeling langs
                     vervoerroetes in ag nie.

         3.1.6       Stede wat verskeie fokuspunte het waarom stedelike ontwikkeling
                     voorkom, is voorbeelde van die (konsentriese-sone/veelvoudige-
                     kern)-model.

         3.1.7       Die (sektor/veelvoudige-kern)-model vertoon kenmerke van die
                     konsentriese-sone-model.                               (7 x 1)             (7)

3.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende stellings
         verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.2.9 D.

         3.2.1       Die ekonomiese sektor wat met die verskaffing van vervoer
                     geassosieer word, staan as die ... -sektor bekend.

                     A    primêre
                     B    sekondêre
                     C    tersiêre
                     D    kwaternêre

         3.2.2       Die totale waarde van alle goedere en dienste wat in een jaar in 'n
                     land geproduseer word, staan as die ... bekend.

                     A    per kapita inkomste
                     B    bruto binnelandse produk
                     C    bruto nasionale produk
                     D    bruto binnelandse inkomste

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     9                      DBE/November 2020(2)
                                              SS/NSS

         3.2.3       'n Voorbeeld van 'n ekonomiese aktiwiteit wat met die ontginning
                     van grondstowwe te doen het, is ...

                     A    vervoer.
                     B    konstruksie.
                     C    mynbou.
                     D    navorsing.

         3.2.4       'n Uitruil van goedere en dienste tussen lande staan as ... bekend.

                     A    internasionale handel
                     B    binnelandse handel
                     C    buitelandse valuta
                     D    handelsbalans

         3.2.5       … verwys na goedere wat in die land ingebring word.

                     A    Uitvoere
                     B    Invoere
                     C    Mark
                     D    Handel

         3.2.6       Die binnelandse mark staan ook as die ... mark bekend.

                     A    streeks-
                     B    buitelandse
                     C    provinsiale
                     D    tuis-

         3.2.7       Inkomste wat deur middel van uitvoere deur 'n land verkry word,
                     staan as .. bekend.

                     A    per kapita inkomste
                     B    buitelandse valuta
                     C    uitvoer-georiënteerde industrieë
                     D    uitvoer mark

         3.2.8       'n Voorbeeld van 'n kwaternêre ekonomiese aktiwiteit is ...

                     A    visvangs.
                     B    skeepsbou.
                     C    diensverskaffing.
                     D    navorsing.                                                (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3, 'n grafiek oor landelike ontvolking.

         3.3.1       Definieer die konsep van landelike ontvolking.                  (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Bepaal die aantal mense wat in 2004 in landelike gebiede in
                     Suid-Afrika gewoon het.                              (1 x 1)                  (1)

         3.3.3       Toon die landelike bevolking 'n toename of 'n afname vanaf 2004 tot
                     2020?                                                       (1 x 1)           (1)

         3.3.4       Hoe sal hierdie neiging (die antwoord op VRAAG 3.3.3) 'n negatiewe
                     impak op die lewenstandaard van die landelike bevolking hê? (2 x 2)           (4)

         3.3.5       Verduidelik TWEE sosiale faktore wat tot landelike ontvolking in
                     Suid-Afrika bygedra het.                                  (2 x 2)             (4)

         3.3.6       Stel TWEE volhoubare strategieë voor wat mense aanspoor om na
                     landelike gebiede terug te keer.                        (2 x 2)               (4)

3.4      Verwys na FIGUUR 3.4, 'n spotprent gebaseer op 'n stedelike kwessie oor
         vinnige verstedeliking.

         3.4.1       Identifiseer die stedelike kwessie wat in die spotprent getoon word.
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1                     (1 x 2)       (2)

         3.4.3       Waarom is die stedelike kwessie in die spotprent algemeen in die
                     meeste stede?                                            (2 x 2)              (4)

         3.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die negatiewe
                     impak van hierdie stedelike kwessie op motoriste.       (4 x 2)               (8)

3.5      Verwys na die uittreksel in FIGUUR 3.5 wat op beesboerdery in Suid-Afrika
         gebaseer is.

         3.5.1       Identifiseer EEN probleem uit die uittreksel wat 'n uitdaging vir
                     beesboere is.                                              (1 x 1)            (1)

         3.5.2       Waarom, volgens die uittreksel, is die Bonsmara-beeste ideaal vir
                     beesboerdery?                                             (2 x 1)             (2)

         3.5.3       Stel TWEE maniere voor waarop die regering kleinskaalse
                     beesboere kan ondersteun om beesvleisproduksie te verhoog.(2 x 2)             (4)

         3.5.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe 'n toename in
                     beesvleisproduksie tot voedselsekerheid in Suid-Afrika kan bydra.
                                                                                  (4 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  11                       DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

3.6      Verwys na FIGUUR 3.6 en bestudeer die inligting oor die PWV(Gauteng)-
         nywerheidstreek.

         3.6.1       Watter van die stedelike nedersettings in die PWV(Gauteng)-
                     nywerheidstreek in FIGUUR 3.4 getoon, het as 'n goudmynbou-
                     nedersetting begin?                                  (1 x 1)                (1)
                                                                                                  (1 x 1)

         3.6.2       Haal TWEE statistieke uit FIGUUR 3.6 aan wat aandui dat
                     die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek die ekonomiese hart van
                     Suid-Afrika is.                                    (2 x 1)                  (2)
                                                                                                  (2 x 1)

         3.6.3       Bespreek TWEE faktore wat die ontwikkeling van nywerhede in die
                     PWV(Gauteng)-nywerheidstreek bevorder het.              (2 x 2)             (4)
                                                                                                  (2 x 2)

         3.6.4       Die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek staar verskeie uitdagings in die
                     gesig, insluitend hoë vlakke van werkloosheid en watertekorte.

                     (a)   Waarom het waterverskaffing die ontwikkeling van die
                           PWV(Gauteng)-nywerheidstreek verhinder?        (1 x 2)                (2)

                     (b)   Hoe het die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek die tekort aan
                           water vir industrieë oorkom?                     (1 x 2)              (2)

                     (c)   Waarom staar die PWV(Gauteng)-nywerheidstreek uitdagings
                           van werkloosheid in die gesig, alhoewel daar 'n hoë
                           konsentrasie industrieë in hierdie nywerheidstreek is? (2 x 2)        (4)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                         DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

VRAAG 4

4.1      Verwys na FIGUUR 4.1 wat landelike nedersettingspatrone en -vorme
         voorstel. Kies die korrekte antwoord vanuit die opsies wat tussen hakies
         gegee word om die stelling WAAR te maak. Skryf slegs jou antwoord langs
         die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
         4.1.9 verspreid.

         4.1.1       'n (Verspreide/Kern-) nedersettingpatroon word met groot masjinerie
                     geassosieer.

         4.1.2       Die nedersettingpatroon wat           meer    gemeenskapsaktiwiteite
                     aanspoor, is (kern/verspreid).

         4.1.3       Die gebrek aan veiligheid en 'n toenemende kwesbaarheid tot
                     misdaad kom oorwegend in (kern-/verspreide) nedersettingpatrone
                     voor.

         4.1.4       (Kern-/Verspreide) nedersettingpatrone word oor die algemeen
                     geassosieer met land wat privaat besit word.

         4.1.5       Die nedersetting wat by die kruisings van vervoerroetes ontwikkel,
                     het 'n (lineêre/kruispad-) vorm.

         4.1.6       (Sirkel/Lineêr)-vormige nedersettings ontwikkel om 'n fokuspunt.

         4.1.7       'n (Sirkel/Lineêr)-vormige nedersetting vorm langs vervoerroetes.

         4.1.8       Die   nedersettingsvorm        verantwoordelik     vir    die   grootste
                     toeganklikheid is 'n (lineêre/kruispad-) nedersetting.            (8 x 1)       (8)

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende stellings
         verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.2.8 D.

         4.2.1       ... is die stapelvoedsel van baie mense in Suid-Afrika.

                     A    Vrugte
                     B    Mielies
                     C    Koring
                     D    Beesvleis

         4.2.2       Landbouaktiwiteite word met die ... ekonomiese sektor geassosieer.

                     A    kwaternêre
                     B    sekondêre
                     C    tersiêre
                     D    primêre

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                          DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

         4.2.3       … is wanneer mense in 'n land toegang tot genoeg voedsame
                     voedsel het.

                     A    Voedselonsekerheid
                     B    Wanvoeding
                     C    Hongersnood
                     D    Voedselsekerheid

         4.2.4       'n Voordeel van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse is dat dit ...

                     A    minder voedingswaarde het.
                     B    meer voedsel per hektaar produseer.
                     C    'n korter stoorperiode het.
                     D    goedkoper is.

         4.2.5       Monokultuur is 'n kenmerk van ... boerdery.

                     A    kleinskaalse
                     B    tradisionele
                     C    grootskaalse
                     D    bestaans-

         4.2.6       Suikerrietboerdery word hoofsaaklik in ... beoefen.

                     A    die Oos-Kaap
                     B    die Wes-Kaap
                     C    KwaZulu-Natal
                     D    Noordwes

         4.2.7       ... is faktore wat landbouproduksie in Suid-Afrika bevorder.

                     A    Vloede en klimaatverandering
                     B    Navorsing en klimaatverskille
                     C    Misdaad en werkersonluste
                     D    Wisselende pryse en bestaansboerdery                        (7 x 1)       (7)

4.3      FIGUUR 4.3 toon ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding.

         4.3.1       Definieer die    konsep    ongebreidelde      (onbeheerde)     stedelike
                     uitbreiding.                                                      (1 x 1)      (1)

         4.3.2       Gee bewyse uit FIGUUR 4.3 wat voorstel dat ongebreidelde
                     (onbeheerde) stedelike uitbreiding plaasvind.     (1 x 2)                      (2)

         4.3.3       Waarom vind plaaslike owerhede dit moeilik om ongebreidelde
                     (onbeheerde) stedelike uitbreiding te beheer?        (2 x 2)                   (4)

         4.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die ongunstige
                     omgewingstoestande wat deur ongebreidelde (onbeheerde)
                     stedelike uitbreiding in die landelik-stedelike oorgangsone
                     veroorsaak word.                                         (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

4.4      Verwys na FIGUUR 4.4 wat op 'n stedelike omgewingsgeregtigheidskwessie
         gebaseer is.

         4.4.1       Definieer die konsep omgewingsongeregtigheid.                    (1 x 1)      (1)

         4.4.2       Noem die omgewingsongeregtigheid sigbaar in FIGUUR 4.4. (1 x 1)               (1)

         4.4.3       Gee bewyse vanuit die foto om jou antwoord op VRAAG 4.4.2 te
                     ondersteun.                                          (1 x 1)                  (1)

         4.4.4       Waarom    word    jou   antwoord         op    VRAAG         4.4.2    as
                     omgewingsongeregtigheid gesien?                                   (2 x 2)     (4)
                     i

         4.4.5       Bespreek hoe die omgewingsongeregtigheid               die     plaaslike
                     gemeenskap sal affekteer.                                        (2 x 2)      (4)

         4.4.6       Verduidelik hoe plaaslike owerhede volhoubare oplossings kan
                     ontwikkel om die impak van hierdie ongeregtigheidskwessie te
                     beperk.                                                (2 x 2)                (4)

4.5      FIGUUR 4.5 is op strategieë vir nywerheidsontwikkeling: die Saldanhabaai
         nywerheidsontwikkelingsone (SBNOS) gebaseer.

         4.5.1       Noem die nuwe plaaslike belegger in Saldanhabaai.                (1 x 1)      (1)

         4.5.2       Wat sal die kernfunksie van die nuwe belegger in Saldanhabaai-
                     NOS wees?                                               (1 x 1)               (1)

         4.5.3       Verskaf die fisiese (natuurlike) faktor wat moontlik die nuwe
                     belegger na die Saldanhabaai-NOS gelok het.             (1 x 1)               (1)

         4.5.4       Bespreek hoe die nuwe beleggingsprojek in die Saldanhabaai-NOS
                     'n positiewe impak op die vervoerinfrastruktuur in die sone sal hê.
                                                                                     (2 x 2)       (4)

         4.5.5       Hoe sal beleggings in die Saldanhabaai-NOS 'n impak hê op die
                     mense wat in hierdie sone werk soek?                   (2 x 2)                (4)

         4.5.6       Stel voor watter sosiale verantwoordelikheidsinisiatiewe 'n nuwe
                     beleggingsmaatskappy tot die plaaslike gemeenskap behoort te hê.
                                                                                (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  15                       DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

4.6      Verwys na FIGUUR 4.6 wat op die informele sektor gebaseer is.

         4.6.1       Watter voorbeeld van informele handel word volgens die uittreksel in
                     FIGUUR 4.6 uitgebeeld?                                       (1 x 1)     (1)

         4.6.2       Hoeveel mense in Suid-Afrika is by die informele handelsektor
                     betrokke?                                             (1 x 1)            (1)

         4.6.3       Haal bewyse uit die uittreksel aan om te toon dat die informele
                     sektor 'n veel makliker opsie is om werk te bekom.       (1 x 1)         (1)

         4.6.4       Waarom word soveel vroue, volgens die uittreksel, in die informele
                     sektor in diens geneem?                                     (2 x 2)      (4)

         4.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe
                     impak wat die informele sektor op die ekonomie van Suid-Afrika het.
                                                                                  (4 x 2)     (8)
                                                                                              [75]

                                                                              TOTAAL:         225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-annexure-afr/bb43ac36-9842-4403-b526-e02bda78c8dc) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-memo-eng-2/4c59a80f-eefb-4b65-9ca9-51658f6452b0) — Geography · Memo · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
