# Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                          DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

        AFDELING A:
        VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
        VRAAG 2: Geomorfologie (60)

        AFDELING B:
        VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Bewerkings (30)

2.      Beantwoord al DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2331CC PHALABORWA en 'n 1 : 10 000
        ortofotokaart 2331 CC 18 PHALABORWA (NOORD) word voorsien.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.     Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
        eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      3                       DBE/November 2021
                                                 NSS

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

        1.1.1        'n Middelbreedtesikloon kom tussen … noord en suid van die
                     ewenaar voor.

                     A   5° en 25°
                     B   30° en 60°
                     C   0° en 5°
                     D   60° en 90°

        1.1.2        'n Middelbreedtesikloon word deur die … aangedryf.

                     A   oostewinde
                     B   polêre oostewinde
                     C   passaatwinde
                     D   westewinde

        1.1.3        Die verandering in windrigting van die middelbreedtesikloon in die
                     Suidelike Halfrond word … genoem.

                     A   ruiming
                     B   krimping
                     C   rotering
                     D   konvergering

        1.1.4        Die front hieronder is 'n … front.

                     A   koue-
                     B   okklusie-
                     C   warm
                     D   stilstaande

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      4                              DBE/November 2021
                                                 NSS

        1.1.5        Die middelbreedtesikloon hieronder is in die … stadium.

                                 [Bron: https://www.google.com/search?q=mid-latitude]

                     A    ontwikkeling-
                     B    golf-
                     C    volwasse
                     D    okklusie-

        1.1.6        Die toestande wat agter 'n kouefront ervaar word, is 'n …

                     A    toename in druk en 'n afname in temperatuur.
                     B    afname in druk en 'n afname in temperatuur.
                     C    toename in druk en 'n toename in temperatuur.
                     D    afname in druk en 'n toename in temperatuur.

        1.1.7        Watter simbool hieronder illustreer waar die koue- en warm front
                     saamvloei?

                      A                                     B

                      C                                     D

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                             5                       DBE/November 2021
                                        NSS

        1.1.8    Die stasiemodel wat algemeen met 'n kouefront in die Suidelike
                 Halfrond geassosieer word:

                     A                          B

                     C                          D

                                                                          (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    6                            DBE/November 2021
                                               NSS

1.2     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
        slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                                                               [Bron: Eksaminator se eie skets]

        1.2.1        Lug by A koel af as gevolg van (son-/aard-)straling.

        1.2.2        Afwaartse beweging van lug teen die valleihellings vind gedurende
                     die (nag/dag) plaas.

        1.2.3        Lugbeweging van A na B het 'n (anabatiese/katabatiese) wind tot
                     gevolg.

        1.2.4        Doupunttemperatuur val snags by (A/B) tot onder vriespunt.

        1.2.5        Neerslag wat by B vorm wanneer die doupunttemperatuur tot onder
                     0 °C daal, is (ryp/stralingsmis).

        1.2.6        Verplaaste lug uit die vallei veroorsaak dat 'n (inversielaag/termiese
                     gordel) by C ontwikkel.

        1.2.7        Laag C is gedurende die (dag/nag) meer ontwikkeld.                 (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                          DBE/November 2021
                                              NSS

1.3     Verwys na die infografika oor Tropiese Sikloon Eloïse hieronder.

           BESKRYWING VAN DIE RAMP                              ELOISE IN GETALLE

      Tropiese     Sikloon    Eloïse   het   op     Beïnvloed
      23 Januarie 2021 die land 20 km suid
      van Beira in Mosambiek as 'n kategorie 2
      tropiese sikloon bereik. Windspoed van tot
      160 km/h is opgeteken. Eloïse het ook
      swaar reënval met 250 mm reën in
      24 uur veroorsaak. Ander gebiede was
      reeds oorstroom voordat Eloïse land bereik
                                                    Onbegaanbare paaie
      het, wat duisende verplaaste mense tot
                                                    Oorstroomde gebiede
      gevolg gehad het.

                                                          BEWEGING VAN ELOISE

        1.3.1        Gee EEN bewys in die infografika dat die tropiese sikloon in die
                     Suidelike Halfrond is.                                    (1 x 1)           (1)

        1.3.2        Noem TWEE weerstoestande geassosieer met tropiese siklone wat in
                     die infografika aandui word.                             (2 x 1)            (2)

        1.3.3        Gee EEN rede vir die afname in windspoed van 19 Januarie tot
                     20 Januarie 2021.                                    (1 x 2)                (2)

        1.3.4        Verduidelik die toename in windspoed van Tropiese Sikloon Eloïse
                     van 20 Januarie tot 22 Januarie 2021.                     (2 x 2)           (4)

        1.3.5        Volgens die infografika was die negatiewe uitwerking van Tropiese
                     Sikloon Eloïse vernietigend. Stel DRIE strategieë voor wat ingestel
                     kan word om hierdie impak te verminder.                      (3 x 2)        (6)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                            DBE/November 2021
                                               NSS

1.4     Verwys na die Suid-Afrikaanse sinoptiese weerkaart.

                                                                 [Bron: Eksaminator se eie skets]

        1.4.1        Identifiseer laagdrukstelsel A op die sinoptiese weerkaart.        (1 x 1)      (1)

        1.4.2        Gee 'n rede vir die vorming van hierdie laagdrukstelsel oor die
                     binneland.                                               (1 x 2)                (2)

        1.4.3        Gee bewyse uit die sinoptiese weerkaart dat die Suid-Atlantiese hoog
                     inwig ('n rug vorm).                                          (1 x 2)           (2)

        1.4 4        Waarom het die inwigging van die Suid-Atlantiese hoog aanlandige
                     winde tot gevolg gehad?                                   (2 x 2)               (4)

        1.4.5        Beskryf die weerstoestande by Port Elizabeth as gevolg van die
                     aanlandige winde.                                       (3 x 2)                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                                  9                               DBE/November 2021
                                                             NSS

1.5     Verwys na die infografika oor die Suid-Afrikaanse bergwind.

       Hittegolf wat rekords laat spat tref
       Oos-Londen
       Matthew Field
       18 Maart 2021

       Oos-Londen-inwoners is verlede Saterdag
       aan     smoorhitte   blootgestel   nadat
       'n rekordbrekerhittegolf tot 'n top-
       temperatuur van 43,9 °C gelei het.
       Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens
       (SAWD) was die hittegolf 'n gevolg van
       bergwindtoestande, wanneer warm, droë
       winde van die land se hoë, sentrale plato
       na die kus afwaai.
                                                                      Sinoptiese weerkaart, 13 Maart 2021

           Temperatuur °C

                                                                                                                 Ure
                            'n Grafiek wat die temperatuurveranderings in Oos-Londen op Saterdag 13 Maart volg
                                                                                          Skets: SA Weerdiens

        1.5.1                  Noem TWEE drukstelsels wat nodig is vir bergwinde om te ontwikkel.
                                                                                           (2 x 1)                     (2)

        1.5.2                  Bepaal die hoogste temperatuur wat op 13 Maart 2021 opgeteken is.
                                                                                          (1 x 1)                      (1)

        1.5.3                  Watter rol het die eskarp (platorand) in die styging in die
                               bergwindtemperatuur tussen 10:00 en 14:00 gespeel?    (2 x 2)                           (4)

        1.5.4                  In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak van
                               bergwindtoestande op die fisiese (natuurlike) omgewing.     (4 x 2)                     (8)
                                                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                         DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

        Punt X, Y en Z toon die verskillende stadiums (lope) van die bron na die mond
        van 'n rivier en punte S-T, wat al langs die meander by Z gevind word.

                                                                [Bron: Eksaminator se skets]

        2.1.1    Die profiel van die bron na die mond toon die … van die rivier.

                 A    volume
                 B    lengte
                 C    breedte
                 D    diepte

        2.1.2    Die stadiums (lope) wat deur X, Y en Z verteenwoordig word, is ...

                 A    middel, bo, benede.
                 B    benede, middel, bo.
                 C    bo, middel, benede.
                 D    bo, benede, middel.

        2.1.3    … beskryf die riviervallei by X.

                 A    Wyd en vlak
                 B    Wyd en diep
                 C    Smal en vlak
                 D    Smal en diep

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 11                           DBE/November 2021
                                            NSS

        2.1.4    By Z het die rivier 'n laminêre vloei as gevolg van 'n … rivierbed.

                 A    growwe en ongelyke
                 B    steil en gladde
                 C    geleidelike en gladde
                 D    rotsagtige (rotsgevulde)

        2.1.5    Helling T van die meander is die ... helling (oewer).

                 A    gly-
                 B    konvekse
                 C    stoot-
                 D    geleidelike

        2.1.6    Helling S van die meander word met 'n … geassosieer.

                 A    steil gradiënt en afsetting
                 B    geleidelike gradiënt en erosie
                 C    konkawe helling met erosie
                 D    konvekse helling met afsetting

        2.1.7    Die vernouing van die nek in die meander sal uiteindelik 'n … vorm.

                 A    gevlegte stroom
                 B    hoefystermeer
                 C    vloedvlakte
                 D    rivierdelta

        2.1.8    Die meander sal … op die vloedvlakte migreer.

                 A    stroomop
                 B    lateraal
                 C    stroomaf
                 D    terugwaarts                                                      (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                            DBE/November 2021
                                               NSS

2.2     Verwys na die diagram wat 'n waterval met 'n plonspoel toon. Voltooi die
        stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of Y langs die
        vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y.

                                                                 [Bron: Eksaminator se eie skets]

                        KOLOM A                                     KOLOM B
        2.2.1        Watervalle vorm wanneer … X:         daar alternatiewe lae harde en
                                                          sagte rots is.
                                                     Y:   daar slegs sagte rots is.
        2.2.2        Watervalle kom gewoonlik        X:   benedeloop
                     in die … voor.                  Y:   boloop
        2.2.3        ... verwys na die sagter rots   X:   Rotstipe A
                     wat vinniger erodeer.           Y:   Rotstipe B
        2.2.4        Die plonspoel word deur …       X:   afsetting
                     gevorm.                         Y:   erosie
        2.2.5        Wanneer die sagter rots by      X:   die rots by A in die plonspoel
                     C erodeer, sal dit                   ineenstort.
                     veroorsaak dat …                Y:   watervalle stroomaf terugtrek.
        2.2.6        Die terugtrekking van die       X:   kloof
                     waterval sal die vorming van    Y:   stroomversnelling
                     'n … veroorsaak.
        2.2.7        'n Voordeel van 'n waterval     X:   hidroëlektrisiteit.
                     is ...                          Y:   die bevordering van watervervoer.
                                                                                     (7 x 1)          (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     13                              DBE/November 2021
                                                NSS

2.3     Verwys na die diagramme wat dreineerpatrone toon.

                                                                          1

                                                A                                      B
        [Verwerk uit https://www.google.com/search?q=trellis+and+dendritic+drainage+patterns]

        2.3.1        Identifiseer dreineerpatrone A en B.                                   (2 x 1)      (2)

        2.3.2        Onderskei tussen die onderliggende rotsstruktuur van dreineerpatroon
                     A en B.                                                       (2 x 2)               (4)

        2.3.3        Waarom is die sytakke van die hoofstroom parallel aan mekaar in
                     dreineerpatroon A?                                       (1 x 2)                    (2)

        2.3.4        Bepaal die stroomorde by punt 1 in dreineerpatroon B.                  (1 x 2)      (2)

        2.3.5        Kies die KORREKTE woord tussen hakies om die stelling WAAR te
                     maak.

                     Hoe hoër die stroomorde, hoe (hoër/laer) die dreineerdigtheid. (1 x 1)              (1)

        2.3.6        Verwys na dreineerpatroon B en beskryf die verband tussen:

                     (a) Dreineerdigtheid en lae reënval                                                 (2)

                     (b) Dreineerdigtheid en steil gradiënt                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       14                 DBE/November 2021
                                                  NSS

2.4     Verwys na die diagram van 'n vloedvlakte.

        2.4.1        Noem die geomorfologiese proses wat aanleiding gegee het tot die
                     ontwikkeling van die vloedvlakte.                        (1 x 1)        (1)

        2.4.2        Beskryf die gradiënt by X.                                 (1 x 2)      (2)

        2.4.3        Gee TWEE redes vir die breë vloedvlakte by X.              (2 x 2)      (4)

        2.4.4        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die fisiese
                     (natuurlike) impak van oorstromings op die vloedvlakte. (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  15                            DBE/November 2021
                                             NSS

2.5      Verwys na die sketskaart van riviere Y en Z voordat stroomroof plaasgevind
         het.

                                                         [Bron: Eksaminator se skets]

         2.5.1       Definieer die konsep stroomroof.                                   (1 x 2)     (2)

         2.5.2       Noem EEN toestand wat nodig is vir stroomroof om plaas te vind.
                                                                                 (1 x 2)            (2)

         2.5.3       Teken 'n skets om die gebied, nadat stroomroof plaasgevind het, te
                     illustreer.

                     Punte sal vir die akkuraatheid van die skets en die aanduiding van
                     die volgende byskrifte toegeken word:

                        Roofelmboog
                        Verarmde rivier
                        Windsaal                                                       (1 + 3)     (4)

         2.5.4       Sal rivier Y of Z na stroomroof verjonging ondervind?              (1 x 1)     (1)

         2.5.5       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.4.                       (1 x 2)     (2)

         2.5.6       Verwys na die antwoord op VRAAG 2.5.5. en verduidelik die impak
                     van hierdie verandering op die roofstroom(rowerstroom).
                                                                              (2 x 2)               (4)
                                                                                                    [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 16                               DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     ALGEMENE INLIGTING OOR PHALABORWA

                                                                                  N

Koördinate: 23⁰ 52’ S ; 31⁰ 04’ O

Phalaborwa is 'n dorp in Limpopo, Suid-Afrika. Dit is naby die samevloeiing van die
Ga-Selati-rivier en die Olifantsrivier geleë, al langs die westelike grens van die Kruger
Nasionale Park in die Laeveld. Toerisme en die natuurlewe speel dominante rolle in die
lewe van hierdie dorp. Aantreklikhede, soos die Blyderivier Canyon, die Drie
Rondawels, God's Window, Bourke's Luck Kolkgate en rivierbootvaarte op die
Olifantsrivier, maak van Phalaborwa 'n belangrike toeriste-bestemming in hierdie
provinsie.

                                           [Verwerk uit https://en.wikipedia.org/wiki/Phalaborwa]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                   AFRIKAANS
Diggings                                  Uitgrawings
Golf course                               Gholfbaan
River                                     Rivier
Sewerage works                            Rioolwerke
Estate                                    Landgoed
Salt pan                                  Soutpan
Nature reserve                            Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    17                       DBE/November 2021
                                               NSS

3.1     KAARTVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS

        3.1.1        In watter provinsie is Phalaborwa?                            (1 x 1)       (1)

        3.1.2        31 in die kaartindeks 2331CC verwys na ...

                     A    lengtegraad.
                     B    breedtegraad.
                     C    graadnet.
                     D    kode.                                                    (1 x 1)       (1)

        3.1.3        Wat is die kaartindeks suidwes van 2331CC?

                     A    2331CD
                     B    2431AB
                     C    2430BB
                     D    2330DB                                                   (1 x 1)       (1)

        3.1.4        Bereken die oppervlakte van verskynsel 6 in blok D4/5 en E4/5 op die
                     ortofotokaart in m².

                     Gebruik die volgende inligting:
                     Lengte gemeet (kaartafstand) = 2 cm

                     Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B)               (4 x 1)       (4)

        3.1.5        Waarom vertoon verskynsel 6 groter op die ortofotokaart as op die
                     topografiese kaart?                                        (1 x 1)          (1)

        3.1.6        Bepaal die ware peiling van punthoogte 445, I in blok A4 na
                     punthoogte 421, J in blok C4 op die topografiese kaart. (1 x 1)             (1)

        3.1.7        Die magnetiese deklinasie vir 2021 is 17°10' wes van ware noord.
                     Gebruik die ware peiling in jou antwoord op VRAAG 3.1.6 om die
                     magnetiese peiling te bereken.

                     Formule: MP = Ware peiling (WP) + Magnetiese deklinasie (MD)
                                                                               (1 x 1)           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   18                             DBE/November 2021
                                              NSS

3.2     KAART-INTERPRETASIE

        Verwys na die seisoenale reënvalgrafiek en die topografiese kaart van
        Phalaborwa.

                              [Bron: https://www.google.com/search?q=rainfall graph Phalaborwa]

        3.2.1    (a)   In watter seisoen word die laagste reënval in Phalaborwa
                       ervaar?                                            (1 x 1)                     (1)

                 (b)   Identifiseer die tipe rivier wat toon dat die gekarteerde gebied
                       seisoenale reënval ontvang.                               (1 x 1)              (1)

                 (c)   Noem EEN strategie in blok A2 wat geïmplementeer is om
                       waterskaarste te oorkom.                         (1 x 2)                       (2)

        3.2.2    Die windrigting in blok B4 en C4 op die topografiese kaart is óf noord-
                 noord-wes óf suid-suid-oos. Gee bewyse uit die blokke hierbo om
                 hierdie stelling te staaf.                                       (1 x 2)             (2)

        3.2.3    Landvorm 7 in blok B1 op die ortofotokaart is 'n …

                 A     gaping.
                 B     pas.
                 C     kloof.
                 D     (saal)nek.                                                       (1 x 1)       (1)

        3.2.4    Die verskynsel by F in blok C5 op die topografiese kaart is 'n …

                 A     interfluviale rif.
                 B     samevloeiing.
                 C     waterskeiding.
                 D     opvangsgebied.                                                   (1 x 1)       (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 19                         DBE/November 2021
                                            NSS

        3.2.5    Pas landvorm 8 in blok C1 op die ortofotokaart by die korrekte vryhand-
                 deursnit.

                                                                                 (1 x 1)    (1)

        Verwys na blok A4 op die topografiese kaart.

        3.2.6    Gee die algemene rigting waarin rivier G vloei.                 (1 x 1)    (1)

        3.2.7    Hoe help sytakke met die identifisering van die vloeirigting van
                 rivier G?                                                  (1 x 2)         (2)

3.3     GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

        Verwys na die afgebakende gebied in blok A1 op die topografiese kaart.

        3.3.1    Die niestandhoudende riviere in die afgebakende gebied is 'n
                 voorbeeld van (raster/vektor)-data.                   (1 x 1)              (1)

        3.3.2    Watter GIS-konsep beskryf die proses van afbakening in blok A1?

                 A    Bufferskepping
                 B    Omheining
                 C    Veiligheid
                 D    Bevraagtekening                                            (1 x 1)    (1)

        3.3.3    Gee bewyse om te toon hoe hierdie proses geïmplementeer is om die
                 niestandhoudende riviere af te baken.                      (1 x 2)         (2)

        Verwys na blok B4 op die topografiese kaart.

        3.3.4    Identifiseer TWEE voorbeelde van datalae wat voor die ontwikkeling
                 van die landingstrook in blok B4 deur GIS-kundiges in ag geneem is.
                                                                               (2 x 1)      (2)

        3.3.5    Waarom was dit vir GIS-spesialiste belangrik om die lae wat in
                 VRAAG 3.3.4 geïdentifiseer is, te gebruik?              (1 x 2)            (2)
                                                                                            [30]

                                                                              TOTAAL:       150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [2021 KZN June P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-p1-qp/6738f615-2f3d-4931-92e0-6ba5f300837a) — Geography · QP · 2021
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
