# Geography Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2022-afr/b6ee890f-3e51-4280-aff8-505fba9988f8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2022-afr/b6ee890f-3e51-4280-aff8-505fba9988f8)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                          DBE/November 2022
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

        AFDELING A
        VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
        VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE (30)

2.      Beantwoord al DRIE vrae.

3.      Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2930CA MERRIVALE en 'n 1 : 10 000
        ortofotokaart 2930 CA 5 MERRIVALE word voorsien.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.     Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
        eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  3                         DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Lyne wat plekke met dieselfde atmosferiese druk op 'n sinoptiese
                     weerkaart verbind, staan as … bekend.

                     A    isolyne
                     B    isoterme
                     C    isohiëte
                     D    isobare

         1.1.2       Die windrigting wat deur die stasiemodel hieronder voorgestel word,
                     is …

                     A    noordwes.
                     B    suidwes.
                     C    suidoos.
                     D    noordoos.

         1.1.3       Watter EEN van die stasiemodelle hieronder toon motreën as 'n
                     vorm van neerslag?

                     A                                B

                     C                                D

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                            DBE/November 2022
                                               NSS

         Verwys na die skets hieronder om VRAAG 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.

                                                     [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.4       Die atmosferiese druklesing by A is … hPa.

                     A       1004
                     B       1008
                     C       1012
                     D       1016

         1.1.5       Verskynsel B staan as 'n … bekend.

                     A       rug
                     B       trog
                     C       wig
                     D       saal

         1.1.6       Die laagdruksel oor die binneland het noordwestewinde veroorsaak
                     as gevolg van … sirkulasie en bewolkte toestande as gevolg van …
                     lug.

                     (i)     kloksgewyse
                     (ii)    antikloksgewyse
                     (iii)   dalende
                     (iv)    stygende

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                             DBE/November 2022
                                               NSS

         Verwys na die skets hieronder om VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 te beantwoord.

                                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.7       Die laagdruksel in die skets is 'n …

                     A       middelbreedtesikloon.
                     B       tropiese depressie.
                     C       kus-laag.
                     D       termiese laag.

         1.1.8       Die binneland van Suid-Afrika ervaar … toestande met 'n groter
                     temperatuurvariasie as gevolg van … klimaatstoestande.

                     (i)     onstabiele
                     (ii)    stabiele
                     (iii)   kontinentale
                     (iv)    maritieme

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iii)                                               (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  6                          DBE/November 2022
                                             NSS

1.2      Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs
         Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
         neer, bv. 1.2.8 Y.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Verhoogde absorbering van hitte in   Y   natuurlike
                     stedelike gebiede is as gevolg van   Z   kunsmatige
                     … oppervlakke.
         1.2.2       Die intensiteit van veelvoudige      Y   vertikale
                     weerkaatsings van hitte word         Z   horisontale
                     verhoog as gevolg van die …
                     dimensie van geboue.
         1.2.3       Die lugdruk sal oor die algemeen     Y   laer
                     … in stedelike gebiede as in         Z   hoër
                     landelike gebiede wees.
         1.2.4       Die windspoed in stedelike gebiede   Y   vinniger
                     is … as in landelike gebiede.        Z   stadiger
         1.2.5       Die relatiewe humiditeit oor         Y   meer
                     stedelike gebiede is laer as oor     Z   minder
                     landelike gebiede as gevolg van …
                     verdamping.
         1.2.6       Stedelike gebiede het 'n hoër        Y   higroskopiese deeltjies
                     frekwensie van neerslag as           Z   geboustrukture
                     landelike gebiede as gevolg van …
         1.2.7       Temperatuurgrafiek ... stel die      Y
                     verandering in temperatuur vanaf
                     die stedelike gebiede (S) na die
                     landelike gebiede (T) voor.

                                                          Z

                                                                                   (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                               7                      DBE/November 2022
                                                          NSS

1.3      Verwys na die sketse van 'n middelbreedtesikloon hieronder.

                                 BOAANSIG                            DWARSSNITTE
               N                                                Y

                                          Warm sektor

                                                                Z

                   Koue sektor

                      Beweging van middelbreedtesikloon
                                                                     [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.3.1           Noem die windgordel wat die oostelike beweging van die
                         middelbreedtesikloon veroorsaak.                 (1 x 1)                         (1)
                                                                                                           (1 x 1)

         Verwys na die boaansig.

         1.3.2           Identifiseer front A.                                              (1 x 1)       (1)

         1.3.3           Watter EEN van front A of B beweeg die vinnigste?                  (1 x 1)       (1)

         1.3.4           Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3.                       (1 x 2)       (2)

         1.3.5           Gee bewyse uit die skets dat die middelbreedtesikloon in die
                         Suidelike Halfrond aangetref word.                    (1 x 2)                    (2)

         Verwys na die kouefrontokklusie C en die dwarssnitte.

         1.3.6           (a)     Watter EEN van die dwarssnitte Y of Z verteenwoordig die
                                 kouefrontokklusie by C?                           (1 x 2)                (2)

                         (b)     Gee 'n bewys dat C 'n kouefrontokklusie is.                (1 x 2)       (2)

                         (c)     Verduidelik hoe die kouefrontokklusie ontwikkel het.       (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                            8                       DBE/November 2022
                                                       NSS

1.4         Verwys na die infografika hieronder oor Tropiese Sikloon Batsirai.

       Satellietbeeld van Tropiese Sikloon                     Pad van Tropiese Sikloon Batsirai
                     Batsirai

      [Aangepas uit https://twitter.com/kwang/poon/status]                  [Bron: Eksaminator se eie skets]
            Tropiese Sikloon Batsirai –                       Windspoed wat met Tropiese Sikloon
                  Februarie 2022                                  Batsirai geassosieer word

 Tropiese Sikloon Batsirai het versterk soos
 dit weswaarts oor die Suid-Indiese Oseaan
 beweeg het. Die voorwaartse beweging was
 ongeveer 19 kilometer per uur (km/h).
 Batsirai het Saterdagaand die land bereik.
 Tropiese Sikloon Batsirai se wind en reën
 het aansienlike skade aan paaie en
 vervoerverbindings veroorsaak, en sommige
 gebiede wat die ergste geraak is, is
 ontoeganklik gelaat. Tropiese Sikloon
 Batsirai het verder ook stormstuwings
 (stormdeinings) veroorsaak.
                               [Aangepas en vry vertaal uit
       https://reliefweb.int/disaster/tc-2022-000160-mdg]                   [Bron: Eksaminator se eie skets]

            1.4.1      Gee die datum waarop Tropiese Sikloon Batsirai die volwasse
                       stadium bereik het.                                   (1 x 1)                    (1)

            1.4.2      Volgens die infografika het Tropiese Sikloon Batsirai weswaarts oor
                       die Suid-Indiese Oseaan beweeg. Gee EEN rede vir hierdie
                       beweging.                                                   (1 x 2)              (2)

            1.4.3      Stel TWEE redes voor vir die groot afname in windspoed tussen
                       20 en 25 Februarie 2022.                                (2 x 2)                  (4)

            1.4.4      Hoe kan stormstuwings (stormdeinings) 'n negatiewe impak op die
                       fisiese omgewing aan die ooskus van Madagaskar hê?       (2 x 2)                 (4)

            1.4.5      Verduidelik die belangrikheid vir Madagaskar om tropiese siklone
                       soos Batsirai te monitor.                                 (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    9                             DBE/November 2022
                                               NSS

1.5      Verwys na die sketse hieronder wat die veranderinge in die posisie van die
         inversielaag oor Suid-Afrika toon.

               A

               B

                                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

         Verwys na skets A.

         1.5.1       Identifiseer die seisoen wat in skets A geïllustreer word.          (1 x 1)       (1)

         1.5.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.1.                        (1 x 2)       (2)

         Verwys na skets B.

         1.5.3       Identifiseer TWEE faktore, sigbaar in die skets, wat die klimaat van
                     Suid-Afrika beïnvloed.                                        (2 x 1)             (2)

         1.5.4       Verduidelik die rol wat dalende lug in die ontwikkeling van die
                     inversielaag speel.                                       (1 x 2)                 (2)

         Verwys na sketse A en B.

         1.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf hoe die posisie van
                     die inversielaag in sketse A en B die hoeveelheid reënval in die
                     binneland van Suid-Afrika beïnvloed.                         (4 x 2)              (8)
                                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                             DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1       Verwys na dreineringsbekkens A en B hieronder wat verskillende
          dreineerdigthede het. Pas die beskrywings in VRAAG 2.1.1. tot 2.1.8 by A
          of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (2.1.1. tot 2.1.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 A.

                                     [Bron: https://www.google.com/search?q=drainage basins]

          2.1.1      Hoër dreineerdigtheid

          2.1.2      Laer infiltrasietempo

          2.1.3      Digter plantegroei

          2.1.4      Hoër grondvoginhoud

          2.1.5      Ontwikkel op die mins weerstandbiedende (sagter) gesteentes

          2.1.6      Laer graad van permeabiliteit (deurlaatbaarheid)

          2.1.7      Hoër stroomorde

          2.1.8      Die grafiek hieronder verteenwoordig hierdie dreineringsbekken.

                                                                                        (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       11                           DBE/November 2022
                                                  NSS

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 D.

         Verwys na die skets hieronder om VRAAG 2.2.1 tot 2.2.3 te beantwoord.

                                             VOOR STROOMROOF

                                                          [Bron: Eksaminator se eie skets]

          2.2.1      … erosie by A is vir die verlenging van die rivier verantwoordelik.

                     A       Vertikale
                     B       Sywaartse
                     C       Plaat-
                     D       Terugwaartse

         2.2.2       Die landvorm wat deur die tipe erosie by VRAAG 2.2.1 veroorsaak
                     word, is 'n …

                     A       uitloper.
                     B       stroomversnelling.
                     C       kloof.
                     D       meander.

         2.2.3       Rivier C sal uiteindelik rivier B roof omdat dit op 'n ... gradiënt en oor
                     ... gesteentes vloei.

                     (i)     meer geleidelike
                     (ii)    steiler
                     (iii)   sagter
                     (iv)    harder

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     12                           DBE/November 2022
                                                NSS

          Verwys na die skets hieronder om VRAAG 2.2.4 tot 2.2.7 te beantwoord.

                                             NA STROOMROOF

                                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]

          2.2.4      Rivier C staan as die … stroom bekend.

                     A       gekaapte
                     B       roof-
                     C       geroofde
                     D       verarmde

          2.2.5      Daar word na verskynsel D verwys as ...

                     A       'n waterval.
                     B       riviergruis.
                     C       'n windsaal.
                     D       'n roofelmboog.

          2.2.6      Die fluviale landvorm wat die gevolg van stroomroof by E is, is 'n ...

                     A       meander.
                     B       waterval.
                     C       verarmde stroom.
                     D       hoefystermeer.

          2.2.7      Die kenmerke van rivier F is dat dit in 'n ... vallei vloei en dat die
                     volume water ...

                     (i)     wye
                     (ii)    nou
                     (iii)   toeneem
                     (iv)    afneem

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (ii) en (iii)                                                 (7 x 1)    (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     13                                 DBE/November 2022
                                                NSS

2.3      Verwys na die dreineerbekken hieronder.

                                                                    Watertafel in die
                                                                    reënseisoen
                                                                    Watertafel in die
                                                                    droë seisoen

                                          [Aangepas uit https://www.buddinggeographers.com/rivers/]

         2.3.1       Die rivier wat in die skets geïllustreer word, is (permanent/periodies).
                                                                                       (1 x 1)               (1)

         2.3.2       Noem TWEE kenmerke van die rivierstelsel sigbaar in die skets.
                                                                                 (2 x 1)                     (2)

         2.3.3       Gee bewyse uit die skets dat die oppervlak-afloop groter by A as by
                     B is.                                                        (2 x 2)                    (4)

         2.3.4       Verwys na C.

                     (a)    Watter EEN van die dwarssnitte Y of Z verteenwoordig die
                            rivier by punt C?                                 (1 x 2)                        (2)

                     (b)    Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.4(a).                     (1 x 2)      (2)

         2.3.5       Hoe sal 'n afname in neerslag die volgende affekteer:

                     (a)    Watertafel                                                          (1 x 2)      (2)

                     (b)    Tipe rivier                                                         (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    14                           DBE/November 2022
                                               NSS

2.4      Verwys na die skets oor fluviale landvorme hieronder.

                                                                [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.4.1       Die fluviale landvorme, wat in die skets geïllustreer word, word
                     hoofsaaklik in die (middel-/benede-)loop aangetref.       (1 x 1)               (1)

         2.4.2       Identifiseer fluviale landvorm A op die skets.                     (1 x 1)      (1)

         2.4.3       (a)   Teken 'n ruwe dwarssnit vanaf B na C.                        (2 x 1)      (2)

                     (b)   Sal erosie by B of C plaasvind?                              (1 x 1)      (1)

                     (c)   Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.3(b).              (1 x 2)      (2)

         2.4.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die prosesse wat
                     die verandering van fluviale landvorm A in 'n hoefystermeer by D tot
                     gevolg gehad het.                                            (4 x 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      15                                 DBE/November 2022
                                                 NSS

2.5     Verwys na die gevallestudie oor opvangs- en rivierbestuur hieronder.

                                   MOOIRIVIER-OPVANGSGEBIED

                                                                                        Donaldson-dam

                                                Carletonville           Westonaria

                                                                               SLEUTEL
                                                                                Potchefstroom
                                                                                Industriële gebied
                                                                                Watertoetspunte

                                                                                Diamantdelwery

                                                                                Landbou

        Die Mooirivier het twee hoofsytakke, naamlik Wonderfonteinspruit en
        Loopspruit. Die Donaldson-dam in die boloop van Wonderfonteinspruit ontvang
        water uit verskeie bronne, soos rioolfasiliteite, mynbougebiede en informele
        nedersettings, wat 'n negatiewe impak op die watergehalte het.
        Die Mooirivier vloei suid, deur landbougrond, vanwaar dit uiteindelik by die
        Vaalrivier aansluit. Die hooftipes grondgebruik in die Mooirivier-opvangsgebied
        is gewasverbouing en weiding.
        Volgens die Departement van Waterwese (DWW) is besproeiing en boerdery,
        naas die verwydering van natuurlike plantegroei, die twee belangrikste
        aktiwiteite wat die water van die Mooirivier-dreineerbekken besoedel. 'n Paar
        kleinskaalse diamantdelwerye kom ook langs die Mooirivier voor, wat die
        vloedvlakte en oewerhabitatte (vleilande langs rivieroewers) verwoes.
               [Aangepas en vry vertaal uit 'n gevallestudie deur S Barnard, A Venter en CE van Ginkel]

        2.5.1 Waarvoor staan die afkorting DWW in die uittreksel?                                 (1 x 1)   (1)

        2.5.2 Verwys na die gevallestudie en identifiseer TWEE bronne wat 'n
              negatiewe impak op die watergehalte van die Donaldson-dam het. (2 x 1)                        (2)

        2.5.3 Waarom is die watertoetspunte belangrik?                                            (1 x 2)   (2)

        2.5.4 Hoe veroorsaak landboupraktyke in die Mooirivier-opvangsgebied
              waterbesoedeling van die rivierstelsel?                 (2 x 2)                               (4)

        2.5.5 Stel DRIE volhoubare strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
              die watergehalte in die Mooirivier-opvangsgebied in stand te hou. (3 x 2)                     (6)
                                                                                                            [60]

                                                                          TOTAAL AFDELING A:                120
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   16                                DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR MERRIVALE

Koördinate: 29°31'S; 30°14'O

Merrivale is 'n dorp in die Umgungundlovu Distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal. Dit is
145 km noordwes van Durban en 5 km suidoos van Howick.

Merrivale ervaar warm, nat somers en droë winterseisoene. Die temperature tussen
winter en somer wissel van 5 °C tot 32 °C. Die topografie binne die omliggende dele
van Merrivale wissel in hoogte van 1 018 meter tot 2 308,8 meter bo seevlak.
                                [Aangepas en vry vertaal uit https://en.wikipedia.org/wiki/Merrivale]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                            AFRIKAANS
Diggings                           Delwery
Mooi River                         Mooirivier
Sewerage Works                     Rioolwerke
Nature Reserve                     Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   17                         DBE/November 2022
                                              NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       Bestudeer die inligting hieronder. Die ortofotokaart-indeksvel wes
                     van 2930 CA 5 is …

                     A       2930 CB 1.
                     B       2930 CA 4.
                     C       2930 CB 6.
                     D       2930 CA 9.                                             (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Die skaal van 1 : 50 000 toon 'n … gebied en … inligting omdat dit 'n
                     kleiner skaal as 1 : 10 000 is.

                     (i)     groter
                     (ii)    kleiner
                     (iii)   minder
                     (iv)    meer

                     A       (i) en (iii)
                     B       (i) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)                                           (1 x 1)       (1)

         Verwys na die ortofotokaart.

         3.1.3       Bereken die reguitlyn-afstand in meter (m) wat deur die kraglyn
                     gedek word, vanaf 6 in blok B3 tot by 7 in blok C5.

                     Formule: Werklike Afstand = Kaartafstand x Kaartskaal          (2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   18                          DBE/November 2022
                                              NSS

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.1.4       Teken 'n vryhand-dwarsprofiel vanaf die ontspanningsfasiliteit by
                     punt F in blok D2 tot by punt G in blok D3. Dui F en G op jou
                     dwarsprofiel aan.                                          (2 x 1)            (2)

         3.1.5       Is die ontspanningfasiliteit by F in blok D2 intersigbaar vanaf punt G
                     in blok D3?                                                     (1 x 1)       (1)

         3.1.6       Bereken die magnetiese deklinasie vir 2022. Die verskil in jaar is
                     6 jaar en die jaarlikse verandering is 9' weswaarts.       (3 x 1)            (3)

3.2      KAARTINTERPRETASIE

          3.2.1      Die wind wat snags in blok C2 op die ortofotokaart waai, is 'n ...
                     wind.

                     A     anabatiese
                     B     vallei-
                     C     katabatiese
                     D     helling-                                                  (1 x 1)       (1)

         Verwys na blok D4 op die ortofotokaart.

         3.2.2       (a)   Watter tyd van die dag (oggend/middag) is die foto geneem?
                                                                                  (1 x 1)          (1)

                     (b)   Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a).           (1 x 2)       (2)

         3.2.3       Gee 'n klimatologiese rede vir die groot aantal standhoudende
                     waterbronne (damme) en vore wat op die topografiese kaart
                     aangetref word.                                         (1 x 2)               (2)

         Verwys na rivier H in blok B1 op die topografiese kaart.

         3.2.4       (a)   Rivier H in blok B1 vloei oor die algemeen in 'n noordoostelike
                                                                                     (1 x 1)
                           rigting. Gee kaartbewyse om hierdie stelling te ondersteun.
                                                                                    (1 x 1)        (1)

                     (b)   Gee bewyse waarom die tipe vloei van rivier H met laminêre
                           vloei geassosieer word.                             (1 x 2)             (2)

         3.2.5       Die dreineringspatroon I wat omkring is in blokke C3 en D3 op die
                     topografiese kaart is ...

                     A     tralies.
                     B     dendrities.
                     C     radiaal.
                     D     reghoekig.                                                (1 x 1)       (1)

         3.2.6       Beskryf die onderliggende gesteentestruktuur wat vir die
                     dreineerpatroon (antwoord op VRAAG 3.2.5) verantwoordelik is.
                                                                                (1 x 2)            (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      19                              DBE/November 2022
                                                 NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         Verwys na die foto hieronder wat 'n omgewingskwessie in blok C2 op die
         topografiese kaart toon.

                         [Bron: https://ucanr.edu/blogs/blogcore/postdetail.cfm?postnum=5574]

         3.3.1       Watter simbool verteenwoordig die omgewingskwessie wat in die
                     foto uitgebeeld word?

                     A                                 B

                     C                                 D

                                                                                                (1 x 1)   (1)

         3.3.2       Klassifiseer die foto as óf primêre óf sekondêre data.                     (1 x 1)   (1)

         3.3.3       Gee 'n rede vir die hoë resolusie van die foto.                            (1 x 1)   (1)

         3.3.4       Hoe sal die hoë resolusie van die foto 'n GIS-spesialis help om 'n
                     oplossing te vind vir die omgewingskwessie wat uitgebeeld word
                     (antwoord op VRAAG 3.3.1)?                                  (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    20                         DBE/November 2022
                                               NSS

         Verwys na die skets hieronder van die infrastruktuur-datalaag in blok C3 op
         die ortofotokaart.

                     Infrastruktuur-datalaag
                                                     SLEUTEL

                                                         Ander pad

         3.3.5       Identifiseer die ontbrekende infrastruktuur-datalaag wat op die skets
                     uitgesluit is (nie aangedui nie).                              (1 x 1)    (1)

         3.3.6       Gebruik die korrekte verwysingsimbool, teken die skets oor
                     en voeg die infrastruktuur-datalaag by wat in VRAAG 3.3.5
                     geïdentifiseer is.                                   (2 x 1)              (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING B:        30
                                                                         GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P1 (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p1-english-sep-2022-question-paper/a9fc8224-0596-43ea-897e-9b4730291373) — Geography · QP · 2022 · Eng
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
