# Geography Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2024-afr/24e4dade-5521-4ea4-b56a-f2735ed8de1a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2024-afr/24e4dade-5521-4ea4-b56a-f2735ed8de1a)

## About this document

Geography · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                GEOGRAFIE V1

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V1                                   2                       DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

        AFDELING A
        VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
        VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2829DB LADYSMITH en 'n 1 : 10 000
        ortofotokaart 2829 DB 6 LADYSMITH word verskaf.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.     Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
        eksamen by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V1                                   3                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER            Nov

1.1      Verwys na sketse A en B hieronder. Verskeie opsies word as moontlike
         antwoorde op die volgende vrae oor die invloed van antisiklone in Suid-Afrika
         verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

                                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.1       Skets A toon tipiese …-toestande.

                     A    somer
                     B    lente
                     C    winter
                     D    herfs

         1.1.2       Die laagdrukstelsel in skets B vorm as gevolg van … oor die land.

                     A    lae verdamping
                     B    intense verhitting
                     C    koue digte lug
                     D    swaar reënval

         1.1.3       … is die konsep wat gebruik word om die verlenging van die isobare
                     te beskryf wat met die Suid-Atlantiese antisikloon in skets B
                     geassosieer word.

                     A    Krimping
                     B    Divergensie
                     C    Inwigging
                     D    Konvergensie

         1.1.4       Die antisiklone in sketse A en B verander hulle posisies seisoenaal
                     as gevolg van die …

                     A    rotasie van die Aarde.
                     B    wrywingsweerstand.
                     C    verskuiwing van die ITKS.
                     D    Coriolis-krag.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V1                                      4                        DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

         1.1.5       Die Suid-Indiese antisikloon in skets B sal waarskynlik meer vog oor
                     die ooskus invoer in vergelyking met skets A omdat dit …

                     A       'n blokkerende hoogdruk is.
                     B       'n groter strekking het (afstand).
                     C       droë lug divergeer.
                     D       'n kleiner strekking het (afstand).

         1.1.6       Die laagdrukstelsel in skets A sal in 'n … rigting beweeg.

                     A       noordwaartse
                     B       weswaartse
                     C       ooswaartse
                     D       suidwaartse

         1.1.7       Bergwinde sal meer waarskynlik in skets A ontwikkel as gevolg van
                     die voorkoms van die … en …

                     (i)     Kalahari-antisikloon
                     (ii)    kuslaag
                     (iii)   Suid-Indiese antisikloon
                     (iv)    termiese laag

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iv)
                     D       (iii) en (iv)

         1.1.8       Die inversielaag wat oor die eskarp in skets B vorm, sal die vorming
                     van … en … begunstig.

                     (i)     ryp
                     (ii)    reënval
                     (iii)   mis
                     (iv)    hael

                     A       (i) en (ii)
                     B       (i) en (iii)
                     C       (ii) en (iv)
                     D       (iii) en (iv)                                           (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V1                                   5                                DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.2      Pas die beskrywings hieronder by sketse A en B. Skryf slegs A of B langs die
         vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 B.

         Verwys na sketse A en B oor valleiklimate hieronder om VRAAG 1.2.1 tot
         1.2.4 te beantwoord.

                                                  [Aangepas uit https://unsplash.com/s/photos/valley]

          1.2.1        Verteenwoordig 'n anabatiese wind

          1.2.2        Koue lug dwing die warm lug om te styg wat 'n inversielaag vorm

          1.2.3        Kom gedurende die dag as gevolg van insolasie voor

          1.2.4        Ryp vorm op die valleivloer wanneer die temperatuur tot onder
                       0 °C daal

          Verwys na sketse A en B oor besoedelingskoepels hieronder om VRAAG
          1.2.5 tot 1.2.7 te beantwoord.

                     Besoedelingskoepel

                                                           Besoedelingskoepel

                     Stedelike gebied                             Stedelike gebied
                                                                   [Bron: Eksaminator se eie skets]

          1.2.5        Verteenwoordig 'n besoedelingskoepel in die aand

          1.2.6        Besoedelingsdeeltjies word versprei

          1.2.7        Digter konsentrasie van besoedelingsdeeltjies oor die stedelike
                       gebied                                                  (7 x 1)                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V1                                 6                               DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.3       Verwys na die deursnit hieronder van 'n middelbreedtesikloon.

                             12 °C                             8 °C

                                                    [Bron: Eksaminator se eie skets]

          1.3.1      In watter algemene rigting beweeg middelbreedtesiklone?           (1 x 1)       (1)

          1.3.2      Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.1.                      (1 x 2)       (2)

          1.3.3      Hoe veroorsaak front A die vorming van cumulonimbuswolke?
                                                                             (2 x 2)                 (4)

          1.3.4      In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik strategieë wat
                     ingestel kan word om die negatiewe omgewingsimpak van die
                     swaar reënval wat met middelbreedtesiklone geassosieer word, te
                     bestuur.                                                    (4 x 2)             (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V1                                  7                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.4      Verwys na die infografika hieronder wat op Tropiese Sikloon Filipo gebaseer
         is.

                                TROPIESE SIKLOON FILIPO

Die tropiese storm het op 12 Maart in Mosambiek die land bereik nadat dit aan die kus
van suidoos-Afrika versterk het en sterk winde en swaar reën na Mosambiek gebring het.

Tropiese Storm Filipo het op 13 Maart terug oor die oseaan beweeg en op 14 Maart in 'n
tropiese sikloon ontwikkel.

        PAD VAN TROPIESE SIKLOON FILIPO                     INLIGTING OOR DIE PAD VAN
                                                             TROPIESE SIKLOON FILIPO
                                                          DATUM          TYD         WIND
                                                          10 Mrt        12:00       63 km/h
                                                                        UTC
                                                          11 Mrt        12:00       95 km/h
                                                                        UTC
                                                          11 Mrt        18:00      116 km/h
                                                                        UTC
                                                          12 Mrt        06:00       95 km/h
                                                                        UTC
                                                          12 Mrt        18:00       74 km/h
                                                                        UTC
                                                          13 Mrt        06:00       84 km/h
                                                                        UTC
                                                          13 Mrt        18:00      106 km/h
                                                                        UTC
                                                          14 Mrt        06.00      127 km/h
                                                                        UTC

                 INDIESE OSEAAN

                                                          [Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens]

         1.4.1       Noem EEN toestand wat tot die ontwikkeling van Tropiese Sikloon
                     Filipo kon gelei het.                                    (1 x 1)              (1)

         1.4.2       Gee bewyse uit die kaart en tabel met inligting dat Tropiese Sikloon
                     Filipo vanaf 10 tot 11 Maart versterk het.                   (2 x 1)          (2)

         1.4.3       Gee TWEE redes vir die afname in windspoed vanaf 06:00 tot 18:00
                     op 12 Maart.                                              (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V1                                     8                                DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

         1.4.4       Tropiese Sikloon Filipo het op 14 Maart die volwasse stadium bereik.
                     Teken 'n benoemde deursnit van Tropiese Sikloon Filipo in die
                     volwasse stadium daarvan. Punte sal vir die volgende toegeken
                     word:

                     (a)   Deursnit                                                          (1 x 1)      (1)

                     (b)   Wolktipe                                                          (1 x 1)      (1)

                     (c)   Oog                                                               (1 x 1)      (1)

                     (d)   Lugbeweging in die oog                                             (1 x 1)     (1)

         1.4.5       Verklaar die tekort aan reënval en wolke in die oog van die tropiese
                     sikloon.                                                      (2 x 2)                (4)

1.5      Verwys na die bron hieronder wat op lyndonderstorms gebaseer is.

                           LYNDONDERSTORMS OOR SUID-AFRIKA
Donderstorms kan in die somer 'n lyn vorm wat oor honderde kilometer strek. Hierdie
lyndonderstorms kan vir baie ure voortduur en verwoestende winde en hael voortbring, wat
'n negatiewe impak op die natuurlike omgewing het.

       Vogfront

       Cumulonimbus-
       wolke

                                                                              Beskrywing van die
                                                                                Reënval verder
                                                                              hoeveelheid reënval
                                                                                wegdie vogfront
                                                                              vanaf

                  [Aangepas uit https://www.noaa.gov/jetstream/tstrmtypes en eksaminator se eie skets]

         1.5.1       Volgens die uittreksel, in watter seisoen kom lyndonderstorms
                     gewoonlik voor?                                        (1 x 1)                       (1)

         1.5.2       Beskryf die temperatuur en voginhoud van wind A en wind B wat tot
                     die ontwikkeling van die lyndonderstorm gelei het.        (2 x 2)                    (4)
         1.5.3       Verduidelik waarom die swaarste reënval die naaste aan die
                     vogfront voorkom, soos duidelik in die bron gesien word. (2 x 2)                     (4)

         1.5.4       Verduidelik die       negatiewe      fisiese    (natuurlike)     impak      van
                     lyndonderstorms.                                                         (3 x 2)     (6)
                                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V1                                   9                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1      Pas die stellings in KOLOM A by die opsies oor dreineerbekkens in
         KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.8 Y.

                             KOLOM A                                   KOLOM B
         2.1.1       Gebied wat deur 'n rivier en sy           Y   opvangsgebied
                     sytakke gedreineer word                   Z   dreineerbekken
         2.1.2       Veroorsaak 'n vinnige styging in die      Y   geleidelike gradiënt
                     watertafel                                Z   steil gradiënt
         2.1.3       Die boonste vlak van grondwater           Y   watertafel
                                                               Z   deurvloei
         2.1.4       Insypeling van water in die grond in      Y   infiltrasie
                                                               Z   afloop
         2.1.5       Veroorsaak afname van                     Y   niedeurdringbare rotse
                     oppervlakafloop                           Z   digte plantegroei
         2.1.6       Die samevloeiing is by Y/Z geleë          Y

                                                               Z

         2.1.7       Hoogliggende gebied wat twee              Y
                     sytakke in dieselfde rivierstelsel skei

                                     SLEUTEL
                              Hoogliggende gebied              Z
                                 Strome

                                                                                     (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V1                                  10                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae oor
         fluviale prosesse en landvorme/verskynsels gegee. Kies die antwoord en skryf
         slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D.

         2.2.1       … is verantwoordelik vir die vorm van die riviervallei hieronder.

                                                          Stroom

                                                  [Bron: Eksaminator se eie skets]

                     A    Afsetting
                     B    Laterale erosie
                     C    Verwering
                     D    Vertikale erosie

         2.2.2       'n … vorm by die basis van 'n waterval.

                     A    Vlegstroom
                     B    Delta
                     C    Kloof
                     D    Plonspoel

         2.2.3       Die fluviale landvorm/verskynsel wat in die skets uitgebeeld word,
                     is 'n …

                                               [Bron: Eksaminator se eie skets]

                     A    waterval.
                     B    vallei.
                     C    stroomversnelling.
                     D    krans.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V1                                  11                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

         2.2.4       Die plat, laagliggende gebied langs die oewer van 'n rivier in die
                     benedeloop is 'n …

                     A    meander.
                     B    delta.
                     C    vloedvlakte.
                     D    alluviale waaier.

         2.2.5       Die helling by X op die binne-oewer van 'n meander staan ook as 'n
                     … oewer bekend.

                                      [Aangepas uit https://www.google.com/url?
                                                        sa=www.quora.com%2F]

                     A    steil
                     B    stoot-
                     C    konkawe
                     D    gly-

         2.2.6       'n … vorm wanneer die meanderlus van die hoofstroom afgesny
                     word.

                     A    Delta
                     B    Stroomversnelling
                     C    Hoefystermeer
                     D    Vloedvlakte

         2.2.7       Die voordeel van natuurlike levées is 'n … op die vloedvlakte.

                                    Natuurlike levées
                         [Aangepas uit https:/%3A%2F%2Frossettgeography.
                                                   weebly.com%2F-levees]

                     A    toename in afsetting
                     B    afname in oorstroming
                     C    afname in vrugbaarheid
                     D    toename in oorstroming

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V1                                         12                              DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

         2.2.8          Deltas vorm by die riviermond wanneer die volgende toestande
                        voorkom:

                        (i)     Vlak seebodem
                        (ii)    Steil seebodem
                        (iii)   Sterk strome
                        (iv)    Klein getyspeling

                        A       (i) en (ii)
                        B       (ii) en (iii)
                        C       (iii) en (iv)
                        D       (i) en (iv)                                                     (8 x 1)      (8)

2.3      Verwys na dreineerpatrone A en B hieronder.

               [Bron: https://courses.lumenlearning.com/geo/chapter/reading-types-of-stream]

         2.3.1        Identifiseer dreineerpatroon A.                                          (1 x 1)       (1)

         2.3.2        Bepaal die stroomorde van X in dreineerpatroon A.                        (1 x 2)       (2)

         2.3.3        Gee 'n rede vir die rigting waarin strome in dreineerpatroon A vloei.
                                                                                     (1 x 2)                 (2)

         2.3.4        Hoe verskil die aansluiting van die sytakke by die hoofstroom in
                      dreineerpatrone A en B?                                   (1 x 2)                      (2)

         2.3.5        Noem TWEE toestande wat met die onderliggende rots geassosieer
                      word, wat tot die vorming van traliedreineerpatroon B bygedra het.
                                                                                   (2 x 2)                   (4)

         2.3.6        Waarom is menslike aktiwiteite                 beperk     in   gebiede     waar
                      dreineerpatrone A en B voorkom?                                          (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V1                                   13                              DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

2.4      Verwys na die skets hieronder oor rivierverjonging.

                                                            [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.4.1       Definieer die term rivierverjonging.                                 (1 x 2)      (2)

         2.4.2       Identifiseer die verskynsel by A.                                    (1 x 1)      (1)

         2.4.3       Hoe dui verskynsel A aan dat rivierverjonging plaasgevind het?
                                                                                  (1 x 2)              (2)

         2.4.4       Beskryf die verandering wat rivierverjonging aan die landskap by B
                     gemaak het.                                                 (1 x 2)               (2)

         Verwys na die rivierterrasse in die skets hierbo.

         2.4.5       Hoe vorm rivierterrasse?                                             (2 x 2)      (4)

         2.4.6       Waarom is sekere rivierterrasse nie vir boerdery geskik nie? (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V1                                      14                             DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

2.5      Verwys na die uittreksel hieronder oor opvangsgebied en rivierbestuur.

         BESTUUR VAN OPVANGSGEBIEDE EN RIVIERNETWERKE (-STELSELS)

         Rivieropvangsgebiede in sommige dele van Suid-Afrika is onder hewige druk.
         Die oorvloedige water wat hulle verskaf, beteken dat die vrugbare grond wat
         hulle omring, 'n ideale plek vir landbou-aktiwiteite is. Dit is gebiede wat 'n
         natuurlike skoonheid het en dikwels beide plant- en dierspesies ondersteun.

         Ongelukkig erken die mensdom nie altyd die belangrikheid van rivier-
         opvangsgebiede nie. Wanneer gifstowwe en swaar metale in die
         opvangsgebiede uitspoel, kan dit die lewe van die flora en fauna bedreig.
         Landbou-afloop kan chemikalieë in rivieropvangsgebiede versprei, wat 'n
         wanbalans in voedingstofvlakke veroorsaak en op verskillende spesies, op
         verskillende maniere, 'n impak het.

         Gelukkig begin ons nou aandag gee aan die bewaring van hierdie
         lewensnoodsaaklike natuurlike bronne.

                 [Aangepas uit https://www.envirotech-online.com/news/water-wastewater/9/breaking-
                                                              news/what-is-classed-as-a-river-58892]

         2.5.1       Wat is rivierbestuur?                                                  (1 x 2)      (2)

         2.5.2       Noem EEN menslike aktiwiteit in die uittreksel wat 'n negatiewe
                     impak op Suid-Afrika se opvangsgebiede het.              (1 x 1)                    (1)

         2.5.3       Hoe het die menslike aktiwiteit (antwoord op VRAAG 2.5.2) 'n
                     negatiewe impak op die gesondheid (watergehalte) van 'n
                     opvangsgebied?                                       (2 x 2)                        (4)

         2.5.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare strategieë
                     voor wat die regering kan instel om rivier-opvangsgebiede te bewaar.
                                                                                   (4 x 2)               (8)
                                                                                                         [60]

                                                                       TOTAAL AFDELING A:                120

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V1                                  15                              DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR LADYSMITH

Koördinate: 28°33'S; 29°46ʹO

Ladysmith is 'n stad in die Uthukela-distrik van KwaZulu-Natal. Dit is langs die Kliprivier
geleë. Die klimaat is warm en matig, met die hoogste reënval wat in die somer
aangeteken word. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 17,3 °C. Die gemiddelde
jaarlikse neerslag is ongeveer 1 057 mm. Hierdie klimaat verskaf die ideale toestande
vir landbougrondstowwe.

                                          [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/LADYSMITH]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                             AFRIKAANS
Furrow                              Voor
Aerodrome                           Vliegveld
Klip River                          Kliprivier
Sewage works                        Rioolwerke
Weir                                Studam

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V1                                   16                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1       Die naaste dorp aan Ladysmith is ...

                     A    Glencoe.
                     B    Harrismith.
                     C    Newcastle.
                     D    Colenso.                                                (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Die verskynsel wat by ruitverwysing (koördinate) 28°31ʹ32ʺS en
                     29°47ʹ22ʺO geleë is, is …

                     A    bewerkte landerye.
                     B    standhoudende water.
                     C    'n pad.
                     D    'n reservoir.                                           (1 x 1)       (1)

         3.1.3       Die gemiddelde magnetiese deklinasie vir die jaar … was 21°03ʹ
                     wes van ware noord.

                     A    2000
                     B    1995
                     C    2001
                     D    2024                                                    (1 x 1)       (1)

         3.1.4       Bepaal die totale jaarlikse verandering vir 2024.            (2 x 1)       (2)

         Verwys na die ortofotokaart.

         3.1.5       Bereken die oppervlakte van die afgebakende verskysel 6 in
                     blokke A4/A5 en blok B4. Gee die antwoord in km².

                     Gebruik die volgende inligting: Lengte is 3,0 cm.

                     Formule: Lengte x Breedte                                    (4 x 1)       (4)

         3.1.6       Gee 'n rede waarom die uitbreiding van die afgebakende
                     verskynsel 6 (antwoord op VRAAG 3.1.5) in 'n suidoostelike rigting
                     beperk is.                                                (1 x 1)          (1)

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na F in blok C2 en G in blok D4 op die topografiese kaart.

         3.2.1        (a) Die temperatuur by F in die middel van die dorp is 2 °C hoër
                          as by G. Noem die konsep wat hierdie verskil beskryf. (1 x 1)         (1)

                      (b) Gee EEN rede waarom die hoë digtheid van geboue by F oor
                          die algemeen tot die hoër temperature bydra.      (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V1                                   17                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

         Verwys na blokke D2 en D3 op die ortofotokaart.

         3.2.2       Verduidelik hoe hellingsaspek die ligging van Rose Park by 7 op
                     die ortofotokaart bepaal het.                            (1 x 2)             (2)

         Verwys na die dam H in blok B1 op die topografiese kaart.

         3.2.3       Die damwal dui aan dat die rivier in 'n … rigting vloei.

                     A   suidwestelike
                     B   noordoostelike
                     C   noordwestelike
                     D   suidoostelike                                                (1 x 1)     (1)

         Verwys na die studam by I in blok A3 op die topografiese kaart.

         3.2.4       'n Studam word gebruik om die vloei van water in 'n rivier te
                     reguleer (beheer). Verduidelik waarom die konstruksie van die
                     studam noodsaaklik was.                                (1 x 2)               (2)

         Verwys na die gedeelte van die Kliprivier vanaf 8 in blok A2 tot 9 in blok A5
         op die ortofotokaart.

         3.2.5       Identifiseer die fluviale landvorm/verskynsel.                   (1 x 1)     (1)

         3.2.6       Gee bewyse waarom hierdie fluviale landvorm/verskynsel
                     (antwoord op VRAAG 3.2.5) in hierdie area ontwikkel het. (1 x 1)             (1)

         Verwys na blok C5 op die ortofotokaart.

         3.2.7       Waarom sal meer erosie by 11 as by 10 plaasvind?                 (1 x 2)     (2)

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         3.3.1       Die vertikale lugfoto wat gebruik is om die ortofotokaart te maak,
                     het 'n (hoë/lae) resolusie.                                  (1 x 1)         (1)

         3.3.2       Die verklaring van die          topografiese     kaart   verteenwoordig
                     (ruimtelike/attribuut-) data.                                    (1 x 1)     (1)

         3.3.3       Hoe help hierdie data (antwoord op VRAAG 3.3.2) met die
                     identifisering van verskynsel J op die topografiese kaart? (1 x 2)           (2)

         Verwys na 12 in blok C2 op die ortofotokaart.

         3.3.4       Definieer die term bufferskepping.                               (1 x 2)     (2)

         3.3.5       Hoe sal bufferskepping by 12 die kwaliteit van die water in die
                     Kliprivier beskerm?                                      (1 x 2)             (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:            30
                                                                        GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Geography · Memo · 2024 · Eng
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 (English) QP](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-english-qp/cc0a9c5e-7556-4aa2-a8c6-caf4da66af7f) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [2023 WC Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-wc-prelim-p1-qp/564ca26f-dd83-4fdb-8e15-8c630511af2b) — Geography · QP · 2023

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
