# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2022-afrikaans/d397003f-8b62-45be-b653-651201d7e3b3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2022-afrikaans/d397003f-8b62-45be-b653-651201d7e3b3)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2022

                        GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  GEOGRAFIE V1                                             2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

       AFDELING A:
       VRAAG 1: Die Atmosfeer (60)
       VRAAG 2: Geomorfologie (60)

       AFDELING B:
       VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.     Beantwoord al DRIE vrae.

3.     ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.     Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

5.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

7.     MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.     Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.     Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
       moet maak.

10.    Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, byvoorbeeld
       1 020 hPa, 14 °C en 45 m.

11.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.    Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.    Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.    ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (3025AD PHILIPPOLIS) en ŉ ortofotokaart
       van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied word voorsien.

15.    Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
       stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.    Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.    Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
       eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
3                                        GEOGRAFIE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: DIE ATMOSFEER

1.1   Die FIGUUR toon globale lugsirkulasie. Pas die beskrywings hieronder by ŉ
      term/konsep vanaf die diagram. Jy mag ŉ term/konsep meer as een keer
      gebruik. Skryf slegs die term/konsep langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7)
      in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 polêre gordel.

                                                                  [Bron: studyhash.com]

      1.1.1    Die Ferrelsel word met hierdie winde geassosieer

      1.1.2    ITKS word met hierdie drukgordel geassosieer

      1.1.3    Baie koue winde

      1.1.4    Die Hadleysel word met hierdie winde geassosieer

      1.1.5    Uiterste lae temperature in hierdie drukgordel veroorsaak sneeu

      1.1.6    Hierdie drukgordel is tussen 25°–35° geleë

      1.1.7    Winde konvergeer by hierdie drukgordel en veroorsaak donderstorms
                                                                           (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 GEOGRAFIE V1                                                4

1.2    Verwys na die FIGUUR wat die verhouding tussen drukgradiënt en Coriolis-
       krag toon. Kies die korrekte woord(e)/letter(s) van dié wat tussen hakies gegee
       word wat elke stelling geografies WAAR sal maak. Skryf slegs die
       woord(e)/letter(s) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                                                              [Bron: wwzoloatmos.vicc.ede]

       1.2.1    Winde waai vanaf (A na B/B na A).

       1.2.2    Die (Coriolis/Drukgradiënt) -krag bepaal die spoed waarteen lug
                beweeg.

       1.2.3    ŉ (Coriolis/Drukgradiënt) -krag veroorsaak dat winde deflekteer of van
                rigting verander.

       1.2.4    In die noordelike halfrond deflekteer winde na (links/regs).

       1.2.5    Daling word met ŉ (hoog-/laag-) druk geassosieer.

       1.2.6    ŉ (Geostrofiese/Berg-) wind waai wanneer die drukgradiënt en die
                Coriolis-krag dieselfde sterkte uitoefen.

       1.2.7    Konvergensie word met ŉ (laag-/hoog-) druk geassosieer.

       1.2.8    Die drukgradiënt is (steil/matig) wanneer isobare ver van mekaar is.
                                                                               (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
5                                     GEOGRAFIE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

 1.3 Verwys na die FIGUUR wat ŉ sinoptiese weerkaart van Suidelike-Afrika toon.

                                                             [Bron: www.weathersa.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                GEOGRAFIE V1                                                 6

       1.3.1    Gee bewyse dat        die   sinoptiese   weerkaart    wintertoestande
                verteenwoordig.                                                (1 x 1)      (1)

       1.3.2    Bepaal die isobariese interval van die sinoptiese weerkaart.    (1 x 1)     (1)

       1.3.3    Gee die weerstoestande van die weerstasie by Port Elizabeth. (4 x 1)        (4)

       1.3.4    Noem die hoogdruksel by A.                                      (1 x 1)     (1)

       1.3.5    Hoe sal die posisie van A die reënval oor die oostelike gedeelte van
                die land verminder?                                           (2 x 2)       (4)

       1.3.6    Verduidelik hoe die warm en koue seestrome aan die oostelike en
                westelike dele van Suid-Afrika die temperature van Suid-Afrika in
                winter sal kontroleer.                                    (2 x 2)           (4)

 1.4 Bestudeer die FIGUUR gebaseer op ŉ diagram wat warm, droë winde toon
     wat oor Noord-Amerikaanse en Europese kontinente waai.

                                                                     [Bron: Eksaminator]

       1.4.1    Verskaf die plaaslike name van die warm, droë winde wat deur A en
                B op die verskillende kontinente aangedui word.            (2 x 1)          (2)

       1.4.2    Word die nat adiabatiese vervaltempo aan die windkant of lykant
                aangetref?                                               (1 x 1)            (1)

       1.4.3    Waarom is die wind droog by A en B op die kaarte?               (2 x 2)     (4)

       1.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die invloed wat
                hierdie warm, droë winde op ekonomiese aktiwiteite, in die areas wat
                op die verskillende kaarte aangedui word, het.                (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
7                                         GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2022)

 1.5 Hieronder is ŉ uittreksel oor die effek van verwoestyning in die Sahel-streek.

                      DIE EFFEK VAN VERWOESTYNING IN AFRIKA

      Verwoestyning is ŉ proses wat vrugbare grond vernietig. Dit kan deur droogte,
      oorbevolking, oorboerdery, ontbossing en klimaatsverandering veroorsaak
      word. Die mees kwesbaarste gebied is ŉ stuk grond van 3 000 myl wat tien
      lande in die Sahel-streek van Afrika, insluit. Die Sahel is die gebied tussen die
      Sahara-woestyn en die Soedanniese-savanne. Hierdie gebied is onder
      konstante spanning as gevolg van gereelde droogtes en gronderosie. ŉ Digte
      bos kan binne ŉ paar jaar ŉ stofveld word, wat massa migrasies onvermydelik
      maak. Afrikaners trek gereeld suidwaarts op soek na vrugbare grond.

      Landbou in Afrika lei tot lae produktiwiteit, aangesien die grootste deel van
      die grond as ŉ halfwoestyn gekenmerk word. Deur die omgewing van bome
      te stroop, verminder dit ook die grondstruktuur. Gepaard met winderosie word
      bogrond weggewaai en laat ŉ woestynagtige gebied agter.

      Die land wat waarskynlik die ergste deur woestynvorming beskadig word, is
      Senegal. Migrasies in Senegal is algemeen, aangesien winderosie,
      ontbossing en klimaatsverandering vernietigende verwoesting op plase en
      vee veroorsaak. Diegene wat die meeste deur verwoestyning in Senegal
      geraak word, verhuis na Gaboen, ŉ land in Wes-Afrika, of selfs na Europa of
      Suid-Amerika. Meer as die helfte van die Senegalese werk in landbou, en
      verwoestyning dwing diegene met ŉ geringe wins om elders te beweeg om
      armoede te ontsnap.
                                           [Bron: borgenprojects.org/desertification-in-africa]

      1.5.1    Volgens die uittreksel,      noem      EEN     menslike       oorsaak van
               verwoestyning.                                                       (1 x 1)        (1)

      1.5.2    Noem die streek wat die mees vatbaarste vir verwoestyning in Afrika
               is.                                                         (1 x 1)                 (1)

      1.5.3    Waarom is vrugbare grond so belangrik vir die mense van Afrika?
                                                                           (1 x 1)                 (1)

      1.5.4    Watter sosiale impak sal ŉ tekort aan vrugbare grond op die mense
               van Afrika het?                                             (2 x 2)                 (4)

      1.5.5    Hoe het verwoestyning in Senegal ŉ negatiewe ekonomiese impak op
               ander lande in Afrika?                                    (2 x 2)                   (4)

      1.5.6    Stel TWEE bestuurstrategieë voor, wat geïmplementeer kan word om
               die verspreiding van verwoestyning te verminder.          (2 x 2)                   (4)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 GEOGRAFIE V1                                                8

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A.

       2.1.1    Tafelberg is ŉ voorbeeld van ŉ ...

                A     canyon.
                B     skerprug.
                C     butte/tafelkop.
                D     mesa/tafelberg.

       2.1.2    … is die grootste van alle intrusievorme.

                A     Lopoliete
                B     Batoliete
                C     Lakkoliete
                D     Koepels

       2.1.3    ŉ ... is ŉ horisontale intrusie van stollingsgesteentes wat ŉ blad vorm.

                A     Plaat
                B     Pyp
                C     Vulkaan
                D     Gang

       2.1.4    ŉ Asimmetriese rug met ŉ steil duikhelling van meer as 45° is ŉ …

                A     canyon.
                B     skerprug.
                C     butte/tafelkop.
                D     mesa/tafelberg.

       2.1.5    ŉ … is vertikale intrusie van stollingsgesteentes.

                A     Gang
                B     Pyp
                C     Vulkaan
                D     Plaat

       2.1.6    Die ekstensiewe gelyke oppervlakte van ŉ Karoo landskap word ŉ ...
                genoem.

                A     knakpunt
                B     pediment
                C     pedivlakte
                D     penevlakte

       2.1.7    … vorm wanneer riviere in krake van gesteentes insny.

                A     Canyons
                B     Koepels
                C     Berge
                D     Heuwels                                                     (7 x 1)   (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
9                                         GEOGRAFIE V1                      (EC/NOVEMBER 2022)

2.2   Verwys na FIGUUR 2.2 wat hellingelemente toon. Skryf slegs die helling-
      element wat by die beskrywing pas langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in
      die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 2.2.9 krans. Jy kan ŉ helling-
      element meer as een keer kies.

      FIGUUR 2.2: HELLINGELEMENTE

                                                         [Bron: easymapwork.blogspot.com]

      2.2.1    Ideaal vir boerdery as gevolg van ŉ geleidelike helling

      2.2.2    Steil vertikale helling deur weerstandbiedende gesteente gevorm

      2.2.3    Konstante helling waar neerlating/afsetting plaasvind

      2.2.4    Konveks in vorm en word op die kruin van ŉ heuwel/berg aangetref

      2.2.5    Gelyke helling met ŉ hoek van 1° tot 7°

      2.2.6    Die hoek van hierdie hellingelement is gewoonlik meer as 80°

      2.2.7    ŉ Skerp breek in die hoek van hierdie hellingelement veroorsaak dat
               die knakpunt vorm

      2.2.8    Verwering kom op hierdie helling onder swaartekrag voor            (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                GEOGRAFIE V1                                               10

2.3    Verwys na die foto wat die Drakensberge as ŉ voorbeeld van ŉ basaltiese plato
       toon.

                                                                    [Bron: www.bing.com]

       2.3.1    Noem die tipe topografie wat met ŉ basaltiese plato geassosieer word.
                                                                               (1 x 1)       (1)

       2.3.2    Watter bewyse op die foto dui aan dat die gesteentes van die basaltiese
                plato eenvormig in weerstand teen erosie is?                    (1 x 2)      (2)

       2.3.3    Waarom is die hellings van die basaltiese plato hobbelrig (ongelyk)?
                                                                                (1 x 2)      (2)

       2.3.4    Hoe word basaltiese plato’s gevorm?                              (2 x 2)     (4)

       2.3.5    Watter fisiese (natuurlike) impak het die Drakensberg basaltiese plato
                op menslike aktiwiteite?                                        (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
11                                        GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

2.4   Verwys na die FIGUUR wat ŉ cuesta toon.

                                                                    [Bron: www.bing.com]

      2.4.1    Noem ŉ tipe sedimentêre gesteentes wat in die skets uitgebeeld word.
                                                                             (1 x 1)        (1)

      2.4.2    Watter bewyse in die skets dui aan dat hierdie ŉ cuesta is?        (2 x 1)   (2)

      2.4.3    Identifiseer die hellings by A en B.                               (2 x 1)   (2)

      2.4.4    Waarom sal die helling by B steiler as die helling by A wees?      (1 x 2)   (2)

      2.4.5    Hoe sal ŉ cuesta-koepel vorm?                                      (2 x 2)   (4)

      2.4.6    Verduidelik hoe cuestas ŉ voordeel vir menslike aktiwiteite is.    (2 x 2)   (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                GEOGRAFIE V1                                                12

2.5    Bestudeer die FIGUUR wat stapelrotse illustreer.

                                                A
                                         A

                                                                  [Bron: researchgate.net]

       2.5.1    Noem EEN stollingsgesteente waaruit stapelrotse vorm.             (1 x 1)     (1)

       2.5.2    Wat word die gesteentes by A, tydens die proses van stapelrots
                vorming genoem?                                               (1 x 1)         (1)

       2.5.3    Noem die tipe stollingsgesteente waaruit A bestaan.               (1 x 1)     (1)

       2.5.4    Hoe het verwering in die vertikale en horisontale krake/gate van
                stollingsgesteentes ŉ rol in die vorm van die gesteentes by A gespeel?
                                                                                (2 x 2)       (4)

       2.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stapelrotse
                ontwikkel.                                                 (4 x 2)            (8)
                                                                                             [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
13                                       GEOGRAFIE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING B

 VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3025AD
 PHILIPPOLIS, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied.

 ALGEMENE INLIGTING OOR PHILIPPOLIS

                                                        Philippolis is ŉ klein dorpie in die
                                                        Motheo en Xhariep-streek van die
                                                        Vrystaat provinsie in Suid-Afrika.
                                                        In 1823 het dit as ŉ sendingpos vir
                                                        die Boesman gedien. Dit maak
                                                        Philippolis die oudste nedersetting
                                                        in die Vrystaat provinsie.
                                                        Vyf-en-sewentig van Philippolis se
                                                        geboue       is    tot    nasionale
                                                        monumente verklaar.
                                                        Die klimaat van Philippolis word
                                                        gekenmerk deur warm tot baie
                                                        warm somers en koel tot koue
                                                        winters.     Hierdie    halfwoestyn
                                                        gebied bring ook temperatuur-
                                                        fluktuasies van dag tot nag met ŉ
                                                        gemiddelde jaarlikse neerslag van
                                                        353,0 mm.

 Koördinate: 30° 15' S 25° 16' O

 Die volgende Engelse terme en hul vertalings word op die topografiese kaart getoon:

     ENGLISH                                    AFRIKAANS
     Diggings                                   Delwery/Uitgrawings
     Furrow                                     Voor
     Sewerage works                             Rioolwerke

 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

       3.1.1   Peiling

               (a)    Die ware peiling van trigonometriese stasie 275, M in blok D4,
                      vanaf punthoogte 1 404, N in blok C4, op die topografiese kaart
                      is ...                                                  (1 x 1)    (1)

               (b)    Bepaal die magnetiese peiling van VRAAG 3.1.1 (a) vir 2017.
                      Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken
                      word.                                                (2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 GEOGRAFIE V1                                               14

       3.1.2    Verwys na die hoofpad (717) tussen O en P op die topografiese kaart.

                (a)    Bereken die gradiënt langs die hoofpad (717) tussen padhoogte
                       1 357,5 en 1 326,7. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                       berekeninge toegeken word.

                                                  Vertikale Interval (VI)
                       Formule: Gradiënt =
                                              Horisontale Ekwivalent (HE)
                                                                                  (5 x 1)     (5)

                (b)    Verduidelik met behulp van die topografiese kaart en jou
                       antwoord op VRAAG 3.1.2 (a), waarom sou dit maklik wees om
                       die vervoerroetes in die gebied te konstrueer.       (2 x 1)           (2)

3.2    KAARTINTERPRETASIE

       3.2.1    Die verskynsel by 3 op die ortofotokaart is/ŉ ...

                A      biblioteek.
                B      uitgrawings.
                C      begraafplaas.
                D      rioolwerke.                                                (1 x 1)     (1)

       3.2.2    Die verskynsel langs die lyn wat R op die topografiese gemerk is, is
                ŉ ...

                A      uitloper.
                B      saal.
                C      rug.
                D      vallei.                                                    (1 x 1)     (1)

       3.2.3    Bestudeer die landvorme gemerk 1 en 2 op die ortofotokaart.

                (a)    Noem die landvorme 1 en 2 onderskeidelik.                  (2 x 1)     (2)

                (b)    Watter landvorm, 1 of 2, op die ortofotokaart is die langste aan
                       erosie blootgestel? Gee ŉ rede, sigbaar op die ortofotokaart, vir
                       jou antwoord.                                             (1 + 2)      (3)

       3.2.4    Ekstensiewe erosie vind plaas in blokke D2 en E3 op die topografiese
                kaart. Noem TWEE strategieë wat stroomop deur die boer in blok C5
                ingestel is, om die impak van die erosie te verminder.       (2 x 1)          (2)

       3.2.5    Is hierdie lugfoto wat gebruik is om die ortofotokaart te maak, tussen
                09:00 en 10:00 of 14:00 en 15:00 afgeneem? Gee ŉ rede vir jou
                antwoord.                                                         (1 + 2)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
15                                         GEOGRAFIE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      FIGUUR 3.3.1: KOMPONENTE VAN GIS

                                                             [Aangepas uit Google Images]

      3.3.1.   FIGUUR 3.3.1 toon die verskillende komponente van ŉ GIS.

               (a)    Identifiseer komponente A en B.                            (2 x 1)      (2)

               (b)    Watter rol speel mense in GIS?                             (1 x 1)      (1)

      3.3.2    Om ŉ papier-GIS te doen, is dit belangrik om vertroud met die
               verskillende lae van inligting te raak. Verwys na FIGUUR 3.3.1 en die
               topografiese kaart om die vrae wat volg te beantwoord.

               (a)    Is die tematiese lae by B in FIGUUR 3.3.1 raster- of vektordata?
                                                                                (1 x 1)       (1)

               (b)    Noem TWEE tematiese lae wat jy in blok B1 sal aantref. (2 x 1)          (2)

      3.3.3    Die ortofotokaart het ŉ hoë resolusie. Gee EEN rede vir hierdie stelling.
                                                                                (1 x 2)      (2)
                                                                                            [30]

                                                                              TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans-final/9e6b56e8-149d-4daf-8e7a-ce27663d63c8) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2020-afrikaans/384423e3-a08d-4e6b-904e-3bd309c19863) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/10b0dd7d-9d9a-4ae3-b582-711f550187e6) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
