# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2023-afrikaans/eaba7450-0362-4e80-b062-4653e29d3c29
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2023-afrikaans/eaba7450-0362-4e80-b062-4653e29d3c29)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 11

                        NOVEMBER 2023

                          GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Die Atmosfeer (60)
      VRAAG 2: Geomorfologie (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël op tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Teken volledige benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of
      lys moet maak.

10.   Eenhede van meting MOET in jou finale antwoord aangedui word,
      byvoorbeeld 1 020 hPa, 14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 Topografiese kaart (3419 AB CALEDON) en ŉ ortofotokaart
      (3419AB 24 CALEDON) van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied word
      voorsien.

15.   Die gebied wat in ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inhandig.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                             GEOGRAFIE V1                                            3

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: DIE ATMOSFEER

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       Verwys na die skets hieronder oor die aarde se as om VRAE 1.1.1 tot 1.1.5 te
       beantwoord.

                 [Aangepas uit https://www.spacecentre.nz/resources/faq/solar-system/earth/rotation-
                                                                                       speed.html]

       1.1.1    Die seisoen wat deur die suidelike halfrond ervaar word is ...

                A      herfs.
                B      winter.
                C      lente.
                D      somer.

       1.1.2    Die pyltjies by A wys die ... van die aarde.

                A      sirkel van verligting
                B      omwenteling
                C      aswenteling
                D      sirkel van parallelisme

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2023)

        1.1.3   Die skets illustreer ŉ ... situasie, met die dae ... as die nag by die
                ewenaar.

                (i)     sonstilstand
                (ii)    eweninge
                (iii)   langer
                (iv)    gelyk

                A       (i); (iii)
                B       (i); (iv)
                C       (ii); (iii)
                D       (ii); (iv)

        1.1.4   Lyn B–C verteenwoordig die ... van die aarde se as en is ... dwarsdeur
                die jaar.

                (i)     dinamika
                (ii)    parallelisme
                (iii)   dieselfde
                (iv)    verskillend

                A       (i); (iii)
                B       (i); (iv)
                C       (ii); (iii)
                D       (ii); (iv)

        1.1.5   Die hoeveelheid insolasie wat die aarde ontvang, hang af van ... en ...

                (i)     breedtegraad
                (ii)    aswenteling
                (iii)   seisoene
                (iv)    omwenteling

                A       (i); (iii)
                B       (i); (iv)
                C       (ii); (iii)
                D       (ii); (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                          GEOGRAFIE V1                                         5

        Verwys na die skets hieronder oor seestrome om VRAE 1.1.6 tot 1.1.8 te
        beantwoord.

                [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=Warm+Mozanbique+current&tbm=]

        1.1.6    Die seestrome in die skets speel ŉ gekombineerde rol in die vorming
                 van weerpatrone deur ...

                 A       temperature te laat styg.
                 B       ŉ matige invloed op temperature te het.
                 C       temperature te laat daal.
                 D       deur meer reënval te veroorsaak.

        1.1.7    Die koue Benguela-seestroom dra ... lug vanaf die pole na die ...
                 sones oor.

                 A       koue; gematigde
                 B       warm; kus
                 C       koue; kus
                 D       warm; woestyn

        1.1.8    Warm seestrome beweeg van die ... na die ...

                 A       pole; ewenaar.
                 B       wes; pole.
                 C       oos; ewenaar.
                 D       ewenaar; pole.                                             (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GEOGRAFIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2023)

1.2    Verwys na die skets oor die rigting en spoed van ŉ wind. Kies die korrekte
       woorde(e)/nommer(s) van die wat tussen hakies gegee word om die
       volgende sinne te voltooi. Skryf slegs die woord(e)/nommer(s) langs die
       vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]

       1.2.1   Die lyne in die skets wat plekke van gelyke druk vertoon, staan as
               (kontoere/isobare) bekend.

       1.2.2   Die hoogdruk word deur (5280/5100) hektopascal verteenwoordig.

       1.2.3   (Coriolis/Drukgradiënt) -krag bepaal die spoed van die wind.

       1.2.4   Winde deflekteer of verander van rigting as gevolg van
               (Drukgradiënt/Coriolis) -krag.

       1.2.5   Die rigting van die wind in die skets hierbo verteenwoordig toestande
               in die (suidelike/noordelike) halfrond.

       1.2.6   Hoe groter die verskil in lugdruk tussen hoog- en laagdrukselle, hoe
               (sterker/swakker) die wind.

       1.2.7   Geostrofies (balans/vloei) is ŉ teoretiese wind wat parallel met die
               isobare waai.                                                 (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V1                                        7

1.3    Verwys na die skets oor globale lugsirkulasie.

       1.3.1    Wat is die intertropiese konvergensiesone?                  (1 x 2)     (2)

       1.3.2    Noem die globale sel by A.                                  (1 x 1)     (1)

       1.3.3    Hoe vorm die poolfront?                                     (2 x 2)     (4)

       1.3.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die beweging van
                die tropiese oostewinde en westewinde en die impak daarvan op die
                weer in streke waar hulle voorkom.                          (4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V1                                (EC/NOVEMBER 2023)

1.4    Verwys na die skets en uittreksel van ŉ moesonwind.

        WINDE BAAN DIE WEG VIR DIE NADERING VAN DIE MOESONWIND

       Die deurslaggewende suidwestelike moesonwind begin omstreeks 1 Junie sy
       reis na die Indiese subkontinent vanaf die kus met ŉ standaardafwyking van
       ongeveer sewe dae. Moeson reënval is van kritieke belang vir
       landbouproduksie, wat ongeveer 18% van die ekonomie uitmaak en die
       grootste werkgewer is.

                                                             [Aangepas uit deccanherald]

       1.4.1   Pas skets A met óf ŉ somer- óf winter moesonwind oor die
               subkontinent van Indië.                           (1 x 1)                    (1)

       1.4.2   Identifiseer die rigting van die moesonwind, volgens die uittreksel, wat
               in skets A waai.                                                 (1 x 1)     (1)

       1.4.3   Waarom bring hierdie wind wat jy in VRAAG 1.4.2 geïdentifiseer het,
               swaar reënval na die Indiese subkontinent?                  (1 x 1)          (1)

       1.4.4   Wat sal die positiewe fisiese (natuurlike) impak van hierdie swaar
               reënval op die Indiese subkontinent wees?                    (2 x 2)         (4)

       Verwys na skets B.

       1.4.5   Beskryf die weerstoestande wat oor die Indiese subkontinent in
               skets B heers.                                               (2 x 1)         (2)

       1.4.6   Verduidelik die negatiewe ekonomiese impak wat die subkontinent
               van Indië sal ervaar as die toestande in skets B verleng word. (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V1                                                 9

1.5    Verwys na die kaart en uittreksel oor verwoestyning.

                                                     Stygende temperature en
                                                     onbehoorlike rampbestuur het tot
                                                     verhoogde verwoestyning syfers
                                                     regoor die wêreld gelei. Tesame
                                                     met droogtes en ŉ daling in
                                                     landbouproduktiwiteit, kan die
                                                     gevolge van verwoestyning nie
                                                     geïgnoreer word nie. Om sulke hoë
                                                     koerse van grondagteruitgang wat
                                                     baie streke van die wêreld ervaar,
                                                     te bekamp, is effektiewe
                                                     risikobestuur nodig.
                                                     Verwoestyning is ook ŉ groot
                                                     kwessie in Afrika.
       Byvoorbeeld, swak oeste en ŉ toename in onvrugbare grond teister steeds die
       inwoners van Tanzanië. In Mauritanië het ŉ daling in reënval
       landbouproduksie vererger en het baie boere laat sukkel om genoeg kos te
       kweek om te eet of te verkoop. Verwoestyning kan ook verlies aan
       biodiversiteit en verlies aan *waterdraers veroorsaak. In Afrika, met byna 45%
       van die landmassa wat verwoestyning ervaar, staar baie mense selfs groter
       risiko's in die gesig. In Mauritanië het die haglike situasie voedselonsekerheid,
       behuisingsprobleme en bevolkingsgesondheid laat afneem. Dorpenaars
       probeer migreer namate hul huise onder die sand begrawe word, benewens
       ŉ gebrek aan waterbronne en inkomste.

       * ŉ Rots gedeelte of sediment wat met grondwater versadig is.
                                              [Bron: https://earth.org/desertification-in-afrika/]

       1.5.1   Wat is verwoestyning?                                                     (1 x 2)      (2)

       1.5.2   Identifiseer die groot woestyn op die kaart.                              (1 x 1)      (1)

       1.5.3   Noem EEN negatiewe fisiese (natuurlike) impak, volgens die
               uittreksel, van verwoestyning.                       (1 x 1)                           (1)

       1.5.4   Waarom word die Sahel as ŉ hoërisikogebied beskou?                        (1 x 1)      (1)

       1.5.5   Verduidelik die negatiewe sosiale impak wat ŉ                        daling in
               landbouproduktiwiteit op die mense van Afrika sal hê.                    (2 x 2)       (4)

       1.5.6   Stel maatreëls voor wat boere kan implementeer om die verspreiding
               van verwoestyning te verminder.                             (3 x 2)                    (6)
                                                                                                     [60]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2023)

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1 Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of
    Y langs vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
    byvoorbeeld 2.1.9 Y.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
     2.1.1     Vorm uit lae lawa wat horisontaal       X   heuwelagtige landskap
               op die aardoppervlak vloei              Y   basaltiese plato
     2.1.2     Tipe verwering wat veroorsaak dat       X   plaatvloei
               blootgestelde stollingsgesteentes       Y   afskilfering
               afskil
     2.1.3     Die duikhelling is na buite, en die     X   cuesta koepel
               eskarphelling wys na die binnekant      Y   cuesta bekken
     2.1.4     Die reliëfstreek wat tussen die plato   X   plato hellings
               en kusvlaktes lê                        Y   groot eskarp
     2.1.5     Bo-grond word versadig en gly op        X   aardvloei
               die bevrore grond                       Y   solifluksie
     2.1.6     Vinnige beweging van materiaal          X   steil hellings
               teen ŉ helling sal deur ... verhoog     Y   digte plantegroei
               word
     2.1.7     Asimmetriese rug met ŉ geleidelike      X   hogsback
               duikhelling tussen 10–25                Y   cuesta
     2.1.8     Vorm vanuit harde rots wat stadig       X   duikhelling
               verweer                                 Y   eskarp helling
                                                                                 (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V1                                           11

2.2    Verwys na die skets oor intrusiewe landvorme. Kies die korrekte landvorm uit die
       skets wat die stelling hieronder na verwys. Skryf slegs die landvorm langs by die
       vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            [Bron: https: //www.google.com/search?q=igneous+intrusions+diagram]

       2.2.1    Die grootste van alle intrusiewe landvorme

       2.2.2    ŉ Vertikale intrusie van stollingsgesteentes wat ŉ muur vorm

       2.2.3    Wanneer magma aan die aardoppervlak blootgestel word

       2.2.4    Stollingsintrusie wat vorm wanneer strata opwaarts gedwing word

       2.2.5    ŉ Horisontale intrusie van stollingsgesteentes wat ŉ plaat vorm

       2.2.6    Stollingsintrusie wat vorm wanneer sedimentêre strata ŉ bekken
                veroorsaak

       2.2.7    ŉ Driehoekvormige heuwel uit uitbarstingsmateriaal gevorm               (7 x 1)    (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GEOGRAFIE V1                                   (EC/NOVEMBER 2023)

2.3 Verwys na die skets oor topografie wat met horisontaal gelaagde gesteentes
    verband hou.

                [Bron: https://www.google.com/search?q=topography+associated+with+horizontally]

     2.3.1     Lewer kommentaar op die hoogte van die topografie wat in die skets
               voorkom.                                                    (1 x 1)                (1)

     2.3.2     Verskaf bewyse uit die skets vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.
                                                                      (1 x 1)                     (1)

     2.3.3     Die topografie hierbo is (eenvormig/nie eenvormig nie) bestand teen
               erosie.                                                      (1 x 1)               (1)

     2.3.4     Hoe vorm canyons?                                                       (2 x 2)    (4)

     2.3.5     Verduidelik hoe die elemente van die Karoolandskap wat in die skets
               sigbaar is, uit ŉ canyonlandskap sal vorm.                   (2 x 2)               (4)

     2.3.6     Hoe kan die topografie in die skets wat verband hou met horisontaal
               gelaagde gesteentes ekonomies deur mense benut word?
                                                                            (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V1                                     13

2.4 Verwys na die foto’s oor topografie wat met massiewe stollingsgesteentes
    verband hou.

                        A                                        B

     2.4.1    Identifiseer die landvorme wat met massiewe stollingsgesteentes in foto
              A en foto B verband hou.                                        (2 x 1)      (2)

     2.4.2    Noem EEN kenmerk van massiewe stollingsgesteentes wat in die foto
              sigbaar is.                                               (1 x 1)            (1)

     2.4.3    Uit watter stollingsintrusie ontstaan die landvorme op foto A en foto B?
                                                                                (2 x 1)    (2)

     2.4.4    Hoe is hierdie landvorme op foto A en foto B aan die aardoppervlak
              blootgestel?                                                (1 x 2)          (2)

     2.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die rol van verwering
              in die vorming van hierdie twee landvorme.                       (4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                GEOGRAFIE V1                                  (EC/NOVEMBER 2023)

2.5    Verwys na die foto en uittreksel op ŉ grondverskuiwing.

                                                                           [Bron: google images]

       In eThekwini het kombinasies van hellende grond, water en klei spore van
       verwoesting tydens die onlangse vloede gelaat.
       Sommige artikels het voorgestel dat die katastrofes in Durban en die groter
       eThekwini-streek van Suid-Afrika ná onlangse vloede weens klimaatsverandering
       en wanadministrasie te wyte is. Alhoewel hierdie faktore ŉ rol speel, is die feit dat
       grondverskuiwings plaasgevind het, geen verrassing nie, as die geologie van die
       gebied in ag geneem word.

       eThekwini is ŉ kusmetropool wat gekenmerk word deur heuwelagtige terrein wat
       deur verskeie groot riviere soos die Umgeni, Mlazi en Mbokodweni gedreineer
       word. Die streek is subtropies, maar onlangse reën was abnormaal relatief tot
       onlangse rekords en het verskeie grondverskuiwings tot gevolg gehad. Die
       negatiewe sosiale, ekonomiese en fisiese impak op die streek was rampspoedig.

                                                  [Aangepas uit ŉ artikel deur Charles Macrobert]

       2.5.1   Hoe beeld die foto ŉ grondverskuiwing uit?                                (1 x 1)       (1)

       2.5.2   Volgens die artikel, wat is die hoofoorsaak van grondverskuiwings in die
               groter eThekwini-streek.                                         (1 x 1)                (1)

       2.5.3   Watter klimaatsbewyse in die artikel dui daarop dat die eThekwini-streek
               hoë reënval ontvang.?                                             (1 x 1)               (1)

       2.5.4   Watter rol het swaar reënval in die ontwikkeling van grondverskuiwings
               gespeel?                                                        (2 x 2)                 (4)

       2.5.5   Gee rekeningskap vir die negatiewe sosiale impak van grondverskuiwings
               in die streek.                                                  (2 x 2)                 (4)

       2.5.6   Stel strategieë voor wat die munisipaliteit van eThekwini kan gebruik om
               die gevolge van grondverskuiwings te verminder.                   (2 x 2)               (4)
                                                                                                      [60]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                120

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V1                                            15

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR CALEDON

Koördinate: 34° 13′ S ; 19° 25′ O

Caledon het ŉ Mediterreense klimaat van warm, droë somers en koel, nat winters.
Temperature word verander deur sy nabyheid aan die Suid-Atlantiese Oseaan, net oor die
Kleinrivierberge in die suide.

                                    [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Calendon,_Western Kaap]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese en
ortofotokaarte getoon:

ENGELS                                       AFRIKAANS
Caledon Casino and Spa Resort                Caledon Casino en Spa-oord
Nature Reserve                               Natuurreservaat
Show Grounds                                 Skougronde
Hot Spring                                   Warmwaterbronne
Sewage Disposal Works                        Rioolverwerkingsaanleg
Silo                                         Graansuier
Marshes and vlei                             Moeras en vlei
Diggings                                     Uitgrawings

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 GEOGRAFIE V1                              (EC/NOVEMBER 2023)

3.1     KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

        3.1.1   Die topografiese kaartnommer 3419 verwys na die ...

                A      lengte- en breedtegraad.
                B      breedtegraad en lengtegraad.
                C      kontoerlyn en isobaar.
                D      lengtegraad- en kontoerlyne.                             (1 x 1)    (1)

        3.1.2   Die skaal van die ortofotokaart is ... keer groter as die skaal van die
                topografiese kaart.

                A      5
                B      10
                C      20
                D      40                                                       (1 x 1)    (1)

        3.1.3   Die lengte (L) van die hospitaal (Area 2) op die ortofotokaart is ...
                sentimeter (cm).

                A      30
                B      13
                C      3
                D      1,4                                                      (1 x 1)    (1)

        3.1.4   Die breedte (B) van die hospitaal (Area 2) op die ortofotokaart is ...
                sentimeter (cm).

                A      0,3
                B      13
                C      3,3
                D      1,3                                                      (1 x 1)    (1)

        3.1.5   Gebruik die antwoorde van VRAE 3.1.3 en 3.1.4 en bereken die
                oppervlakte van die hospitaal 2 in vierkante meter (m2). Toon ALLE
                berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                Formule: Oppervlakte = lengte (L) x breedte (B)                (3 x 1)     (3)

        3.1.6   Bereken die magnetiese deklinasie van Caledon vir 2023. Gebruik
                die inligting en stappe hieronder.

                Verskil in jare: 22 jaar

                Gemiddelde jaarlikse verandering: 4' weswaarts

                Totale verandering: ________________

                Magnetiese deklinasie vir 2023: __________________

                                                  __________________            (3 x 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                          GEOGRAFIE V1                                     17

3.2     KAART-INTERPRETASIE

        3.2.1    Watter tipe klimaat word deur Caledon ervaar? Gee ŉ rede vir jou
                 antwoord.                                                (1 + 1)          (2)

        Verwys na die topografiese en ortofotokaarte.

        3.2.2    Die letter 3 op die ortofotokaart dui ŉ ... aan.

                 A      rioolbehandeling-aanleg
                 B      reservoir
                 C      silo
                 D      kragstasie                                              (1 x 1)    (1)

        3.2.3    Reënval oor die gekarteerde gebied is seisoenaal. Gee TWEE
                 bewysstukke, vanaf die kaart in blokke E1/2, van maatreëls wat
                 boere gebruik om die probleem van watertekort in tye van lae reënval
                 te oorkom.                                                    (2 x 1)     (2)

        3.2.4    Die stadsraad van Caledon het besluit om die ontwikkelingsvlak van
                 hierdie gebied deur toerisme te probeer verbeter. Verduidelik hoe die
                 raad hierdie gebied sal bevorder deur bewyse uit blokke D3/4 en
                 E3/4 te gebruik.                                               (2 x 2)    (4)

        Verwys na 2 in blok E2 op die ortofotokaart.

        3.2.5    Die belangrikste ekonomiese aktiwiteit by 2 in blok E2 op die
                 ortofotokaart is (sekondêr / tersiêr).                 (1 x 1)            (1)

        3.2.6    Verduidelik waarom area 2 geskik was vir die ontwikkeling van die
                 ekonomiese aktiwiteit wat in VRAAG 3.2.5 geïdentifiseer is. (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 GEOGRAFIE V1                              (EC/NOVEMBER 2023)

3.3     GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

        3.3.1   Die topografiese kaart is ŉ voorbeeld van ... data.

                A      raster
                B      pixel
                C      vektor
                D      attribuut                                                (1 x 1)      (1)

        Bestudeer die foto van die pad in blok B5 wat opwaarts na die Basil
        Newmark-reservoir gaan.

        3.3.2   Definieer ruimtelike data.                                      (1 x 1)      (1)

        3.3.3   Watter tipe ruimtelike voorwerp (punt, lyn of veelhoek) is die pad?
                                                                                (1 x 1)      (1)

        3.3.4   Noem EEN attribuut wat vir die sekondêre pad opgeneem kan word.
                                                                         (1 x 1)             (1)

        3.3.5   As gevolg van die toename in Caledon se bevolking, neem die
                water in die Badsrivier by G af in kwaliteit.

                (a)    Noem TWEE maniere waarop data ingesamel kan word om ŉ
                       omgewingsimpakstudie rondom die rivier te doen. (2 x 1)               (2)

                (b)    Verduidelik hoe die versamelde data gebruik kan word om die
                       betrokke rivier teen verdere agteruitgang te beskerm. (1 x 2)         (2)

                                                             TOTALE AFDELING B:              30
                                                                 GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOG P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [GEOG P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-memo-afr/23ad5b55-3deb-44d9-8ea6-c393236c2c2d) — Geography · Memo · 2012 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2020-afrikaans/384423e3-a08d-4e6b-904e-3bd309c19863) — Geography · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
