# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/423e5b2a-0420-47af-8002-6e28c4f1257a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2024-afr-d-watermark/423e5b2a-0420-47af-8002-6e28c4f1257a)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2024

                        GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                           *IGEOGA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
      VRAAG 2: Geomorfologie (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, benoem, identifiseer of
      ŉ lys moet maak.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1010 hPa,
      9 °C en 25 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (UITTREKSEL uit 2527 DB
      HARTBEESPOORTDAM) en ŉ 2527DB 23 ortofotokaart van die gekarteerde
      gebied word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inhandig.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2024)                          GEOGRAFIE V1                                             3

 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1: DIE ATMOSFEER

 1.1   Verwys na die sinoptiese weerkaart van Suider-Afrika. Kies die korrekte
       woord/nommer van dié wat tussen hakies gegee word om die volgende sinne
       te voltooi. Skryf slegs die woord/nommer langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 trog.

                                                                [Aangepas uit Geography for All]

       1.1.1     Die sinoptiese weerkaart hierbo dui ŉ (somer/winter) seisoen aan.

       1.1.2     Die maateenheid wat lugdruk langs die isobare aandui, is
                 (hektopascal/millimeter).

       1.1.3     Die waarde van die berekende isobariese interval op die sinoptiese
                 weerkaart is (2/4).

       1.1.4     Die area van konstante druk by C tussen die twee hoogdrukstelsels
                 is ŉ (rug/saal).

       1.1.5     Die drukgradiënt by A is (geleidelik/steil).

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2024)

       1.1.6    Die atmosferiese druklesing by letter D is ongeveer (1016/1024)
                millibar.

       1.1.7    Die drukstelsel tussen Durban en Port Elizabeth is ŉ (kus-laag/
                laagdruk).

       1.1.8    Weerstelsel B is ŉ laagdrukstelsel.

                Kies die aanwyser wat NIE pas nie.
                (Gekenmerk deur onstabiele weerstoestande/Divergensie vind vanaf
                die sentrum plaas).                                       (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2024)                      GEOGRAFIE V1                                          5

 1.2   Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs A
       of B langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
       neer, byvoorbeeld 1.2.8 B.

                                KOLOM A                              KOLOM B
       1.2.1    Beweging van die aarde in ŉ             A   rotasie
                wentelbaan om die son                   B   revolusie
       1.2.2    Teoretiese wind wat uit ŉ presiese      A   geostrofiese vloei
                balans     tussen    Coriolis-krag en   B   geostrofiese balans
                drukgradiëntkrag ontstaan
       1.2.3    Dit word in midsomer 21 Desember        A   lentenagewening
                ervaar wanneer die dae langer en die    B   somersonstilstand
                nagte korter is
       1.2.4    Die rigting waarin die helling in       A   aspek
                verhouding tot die son kyk              B   wentelbaan
       1.2.5    Die sone langs 60° N/S waar warm        A   front
                subtropiese lug en koue poollug         B   polêre front
                ontmoet
       1.2.6    Wyse waarop daar ŉ balans tussen        A   aardstraling
                inkomende sonstraling en uitgaande      B   energiebalans
                straling van die aarde is
       1.2.7    Sterk winde wat van wes na oos in die   A   planetêre winde
                boonste atmosfeer 10 km bo die          B   straalstrome
                aardoppervlak waai
                                                                             (7 x 1)    (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                 GEOGRAFIE V1                               (EC/NOVEMBER 2024)

 1.3   Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       1.3.1   Wat is ŉ primêre lugsirkulasie?                                     (1 x 2)    (2)

       1.3.2   Identifiseer die sel wat deur die skets hierbo voorgestel word.     (1 x 1)    (1)

       1.3.3   Verskaf ŉ geskikte naam vir die oppervlakwinde wat van 30°
               tot 0° Noord en Suid van die ewenaar waai.                          (1 x 1)    (1)

       1.3.4   Gee ŉ uiteensetting van die gevolglike weerstoestande wat
               verband hou met die winde genoem in VRAAG 1.3.3.                    (1 x 2)    (2)

       1.3.5   Noem die tipe wolk wat by A gevind word.                            (1 x 1)    (1)

       1.3.6   Verduidelik die vorming van die sel wat in VRAAG 1.3.2
               geïdentifiseer is.                                                  (4 x 2)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V1                                          7

 1.4   Verwys na die skets hieronder wat föhn-winde illustreer.

       1.4.1    Definieer föhn-winde.                                              (1 x 2)    (2)

       1.4.2    Verskaf ŉ geskikte naam vir föhn-winde in Suid-Afrika.             (1 x 1)    (1)

       1.4.3    Vervaltempo is die tempo waarteen die temperatuur van droë
                lug met ŉ toename in hoogte afneem.

                Identifiseer die letter op die skets wat onderskeidelik droë
                adiabatiese vervaltempo en nat adiabatiese vervaltempo
                voorstel.                                                          (2 x 1)    (2)

       1.4.4    Verduidelik kortliks waarom die temperatuur van die dalende
                lug aan die lykant hoër is (16,4°) as die temperatuur aan die
                windkant.                                                          (1 x 2)    (2)

       1.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak
                van föhn-winde op die omgewing aan die lykant van die berg.        (4 x 2)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                 GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2024)

 1.5   Lees die uittreksel oor droogte en verwoestyning.

               VERWOESTYNING, DROOGTE EN KLIMAATSVERANDERING

       Droëlandgebiede in Afrika word bedreig deur ontbossing, gronderosie,
       voedingstofmynbou, herhalende droogte en klimaatsverandering, wat
       moontlik gronddegradasie, verwoestyning, en verergerde armoede tot gevolg
       kan hê. Volhoubare landbou-innovasies is die sleutel tot die beperking van
       nadelige impakte op die omgewing en op die lewensbestaan van landelike
       bevolkings.

       1.5.1    Onderskei tussen droogte en verwoestyning.                  (1 x 2)      (2)

       1.5.2    Meld TWEE oorsake van droogte.                              (2 x 2)      (4)

       1.5.3    Haal uit die uittreksel die gevolge van droogte aan.        (3 x 1)      (3)

       1.5.4    Stel DRIE algemene bestuurstrategieë voor om die
                verspreiding van droogte en verwoestyning te verminder.     (3 x 2)     (6)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2024)                            GEOGRAFIE V1                                   9

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 A.

       2.1.1    Canyon landskappe ontwikkel in:

                A    Gekantelde sedimentêre gesteente
                B    Ronde stollingskoepels
                C    Massiewe stollingsgesteentes
                D    Horisontale gelaagde rots

       2.1.2    ŉ Klein, smal, lang area van erosie op ŉ helling word ŉ ... genoem.

                A    kloof
                B    slote
                C    dongaveld
                D    plato

       2.1.3    Vlaktes wat lae rotse skei:

                A    Laagvlakte
                B    Penevlakte
                C    Pedivlakte
                D    Pediment

       2.1.4    Terugwaartse erosie wat geen verlies aan hoogte van die landvorm tot
                gevolg het nie, word ... genoem.

                A    afwaartse erosie
                B    vertikale erosie
                C    eskarp terugtrekking
                D    afwaartse massabeweging

       2.1.5    ŉ ... is ŉ plat heuwel met ŉ groter hoogte as breedte.

                A    Butte
                B    Mesa
                C    Koniese heuwel
                D    Plato

       2.1.6    ŉ Lang, smal, langwerpige heuwel:

                A    Rug
                B    Plato
                C    Mesa
                D    Plaat

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                     GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2024)

       2.1.7   ŉ Rug met ŉ hoek van die duikhelling groter as 45° word na as ŉ ...
               verwys.

               A       cuesta
               B       homoklinale rug
               C       canyon
               D       skerprug

       2.1.8   In Rûe- en Karoo-landskappe word plat grond wat ideaal vir boerdery
               is in ... en ... strata gevind.

               (i)     horisontaal
               (ii)    hellende
               (iii)   massiewe stollingsintrusies
               (iv)    koepels

               A       (i) en (ii)
               B       (ii) en (iii)
               C       (iii) en (iv)
               D       (i) en (iv)                                              (8 x 1)     (8)

 2.2   Kies die woord/term uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi. Skryf
       slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.8 Y.

                         KOLOM A                                 KOLOM B
       2.2.1    Die afskilfering van rotslae as         Y   meganiese verwering
                gevolg van uitsetting en krimping       Z   eksfoliasie
       2.2.2    Granietrotse wat oorbly nadat           Y   stapelrotse/klipkoppies
                omliggende rots verweer het             Z   kernstene
       2.2.3    Landvorm as gevolg van erosie van       Y   granietkoepel
                oorliggende strata om ŉ batoliet        Z   poort
                bloot te stel
       2.2.4    Pieringvormige intrusie, wat dieper     Y   lakkoliet
                in die aardkors gevind word.            Z   lopoliet
       2.2.5    Vertikale     intrusie    langs   die   Y   gang
                sedimentêre        gesteentes    wat    Z   plaat
                getande rante vorm
       2.2.6    Rotse wat net aan die onderkant         Y   koepel
                verbind is                              Z   stapelrotse/klipkoppies
       2.2.7    Groot koepelvormige intrusie van        Y   bosveldstollingskompleks
                magma         diep      binne     die   Z   batoliet
                aardoppervlak
                                                                                (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V1                                       11

 2.3   Verwys na die skets wat cuestas toon.

                                                                     [Bron: geo.msu.edu]

       2.3.1   Defineer ŉ cuesta.                                                 (1 x 2)     (2)

       2.3.2   Beskryf die verskil tussen ŉ duikhelling en ŉ eskarphelling.       (2 x 1)     (2)

       2.3.3   Verskaf die geskikte naam vir die cuesta by A.                     (1 x 1)     (1)

       2.3.4   Hoe sal die cuesta by B vorm?                                      (2 x 2)     (4)

       2.3.5   Stel voor hoe mense cuestas kan gebruik.                           (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                               GEOGRAFIE V1                               (EC/NOVEMBER 2024)

 2.4   Verwys na die skets oor hellingelemente.

       
       2.4.1   Uit die skets hierbo, watter hellingelemente het die volgende vorms:

               (a)   Konveks

               (b)   Konkaaf                                                        (2 x 1)     (2)

       2.4.2   Kies die antwoord tussen hakies.

               ŉ Duidelike verandering in die hoek van die helling tussen die
               talus en die pediment is ŉ (knakpunt/eskarpterugtrekking).           (1 x 1)     (1)

       2.4.3   Noem die geomorfologiese proses wat by hellingelement E
               dominant is.                                                         (1 x 2)     (2)

       2.4.4   Beskryf die kenmerke van hellingelemente F en G.                     (2 x 2)     (4)

       2.4.5   Evalueer die impak van hellingelement H op menslike
               aktiwiteite.                                                         (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2024)                       GEOGRAFIE V1                                          13

 2.5   Verwys na die foto hieronder oor massabeweging.

            BESTENDIGE REËN VEROORSAAK VERWOESTING OP DIE PAAIE

       Die Departement van Vervoer het bestuurders gewaarsku om versigtig te wees
       wanneer hulle bergpasse benader, nadat rotsstortings paaie in twee dele van
       die provinsie gedeeltelik belemmer het.
       ŉ Rotsstorting het die R67 van Makhanda na Fort Beaufort, 40 km van
       Makhanda, gedeeltelik belemmer, volgens Unathi Binqose, woordvoerder van
       die Departement van Vervoer. Binqose het padgebruikers gewaarsku om ekstra
       versigtig te wees wanneer hulle bergpasse nader, aangesien daar gevare van
       modderstortings is. Bestendige reën in die meeste dele van die provinsie het
       verwoesting op die paaie veroorsaak en modderstortings is op die R102 ou
       Kaapstad-pad naby Mondplaas in Humansdorp-omgewing asook die R67
       tussen Makhanda en Fort Beaufort aangemeld.
                                                     [Bron: talk/the town.co.za//2023/05/14]

       2.5.1    Wat is massabeweging?                                               (1 x 2)     (2)

       2.5.2    Identifiseer die tipe massabeweging wat op die foto hierbo
                uitgebeeld word.                                                    (1 x 1)     (1)

       2.5.3    Behalwe reënval wat in die uittreksel hierbo genoem word,
                verduidelik ander moontlike oorsake van massabeweging.              (2 x 2)     (4)

       2.5.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor
                om effekte van massabeweging te verminder of te voorkom.            (4 x 2)     (8)
                                                                                               [60]

                                                               TOTAAL AFDELING A:              120

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                               GEOGRAFIE V1                                    (EC/NOVEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                 ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORTDAM

 Koördinate: 25º43'32" S 27º50'54" O

Hartbeespoortdam (ook bekend as Harties) is ŉ boogtipe dam in die Noordwes Provinsie
van Suid-Afrika geleë. Dit lê in ŉ vallei suid van die Magaliesbergreeks en noord van die
Witwatersbergreeks, sowat 35 kilometer noordwes van Johannesburg en 20 kilometer
wes van Pretoria. In 1923 is die Hartbeespoortdam voltooi. Dit het ŉ gewilde vakansie-
en naweekbestemming vir die inwoners van Johannesburg en Pretoria geword.

                                           [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/ Hartbeespoort Dam]

Die volgende Engelse term en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese en
ortofotokaart getoon:

 ENGLISH                                  AFRIKAANS
 Agricultural holdings                    Landbouhoewes
 Archaeological site                      Argeologiese terrein
 Diggings                                 Uitgrawings
 Estate                                   Landgoed
 Golf course                              Gholfbaan
 Sewerage works                           Rioolwerke

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2024)                          GEOGRAFIE V1                                      15

 3.1    KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

        3.1.1    Die koördinate van die nie-standhoudende rivier by H in blok E4 op die
                 topografiese kaart is ...

                 A    25º45'00" S 27º51'00" O.
                 B    25º46'29" O 27º52'40" S.
                 C    25º46'29" S 27º52'40" O.
                 D    27º52'40" O 25º46'29" S.                                   (1 x 1)      (1)

        3.1.2    Die kontoerinterval op die ortofotokaart is ...

                 A    20 m.
                 B    5 m.
                 C    5 km.
                 D    20 km.                                                     (1 x 1)      (1)

        3.1.3    Die benaderde tyd wat die ortofoto geneem is, is tussen ...

                 A    08:00–10:00.
                 B    11:00–13:00.
                 C    14:00–17:00.
                 D    17:00–19:00.                                               (1 x 1)      (1)

        3.1.4    Bereken die afstand van 1 tot 2 op die ortofotokaart.           (2 x 1)      (2)

        3.1.5    Bepaal die ware peiling vanaf die reservoir in blok E2 na die
                 argeologiese terrein in blok E4 op die topografiese kaart.
                                                                            (1 x 2)           (2)

        3.1.6    Die horisontale ekwivalent tussen padhoogte 1170,7 m en
                 punthoogte 1465 m in blok B3 op die topografiese kaart is 500 m.

                 Bereken die gemiddelde gradiënt met behulp van die
                 inligting hierbo.                                               (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                               GEOGRAFIE V1                                (EC/NOVEMBER 2024)

3.2   KAART INTERPRETASIE

      3.2.1    (a)   Is die landvorm by J in blok B3 op die topografiese kaart ŉ
                     uitloper of ŉ vallei?                                      (1 x 1)      (1)

               (b)   Verskaf kaartbewyse vir jou antwoord in VRAAG 3.2.1(a).
                                                                                  (1 x 2)    (2)

      3.2.2    Harties het ŉ gewilde vakansie- en naweekbestemming geword.

               Identifiseer enige DRIE kenmerke, wat op die topografiese kaart gevind
               word wat toeriste lok.                                          (3 x 1)       (3)

      3.2.3    Verwys na blok E4 op die topografiese kaart en gee ŉ geskikte naam vir
               die strukturele landvorm.                                       (1 x 1)       (1)

      3.2.4    Beskryf die kenmerke van die landvorm in VRAAG 3.2.3 genoem.
                                                                          (1 x 2)            (2)

      3.2.5    (a)   Is die gebied by 3 in blok C3 op die ortofotokaart intersigbaar met
                     die gebied by 5 in blok C5.                                  (1 x 1)    (1)

               (b)   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.5 (a).              (1 x 2)    (2)

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      3.3.1    Definieer ŉ datalaag.                                              (1 x 2)    (2)

      3.3.2    Identifiseer die datalae wat gebruik is om die tonnel in blok B2
               op die topografiese kaart te bou.                                  (1 x 2)    (2)

      3.3.3    Klassifiseer die volgende ruimtelike voorwerpe vanaf die topografiese kaart
               as punt, lyn of poligoon (veelhoek):

               (a)   F in blok A5

               (b)   L in blok A1

               (c)   M in blok E1                                                 (3 x 1)    (3)

      3.3.4    Kies die antwoord uit dié gegewe opsies tussen hakies.

               Die detail waarin ŉ kaart die ligging en vorm van die verskynsel beskryf,
               is (ruimtelike data/ruimtelike resolusie).                        (1 x 1)     (1)
                                                                                             [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             30
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [GEOG P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [GEOG P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-memo-afr/23ad5b55-3deb-44d9-8ea6-c393236c2c2d) — Geography · Memo · 2012 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Geography · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans-final/9e6b56e8-149d-4daf-8e7a-ce27663d63c8) — Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-eng-d/37e23813-b373-4687-acd8-d57af4b23eec) — Addendum · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
