# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr12-sept-2022-afrikaans/d514c930-ca49-4c1b-afa9-c65f616a62e2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr12-sept-2022-afrikaans/d514c930-ca49-4c1b-afa9-c65f616a62e2)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
      VRAAG 2: Geomorfologie (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys moet
      maak.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (2530BD MBOMBELA) en ŉ ortofotokaart van
      ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                         GEOGRAFIE V1                                        3

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1     Middelbreedtesiklone kom dwarsdeur die jaar voor, maar affekteer
                 Suid-Afrika meestal in ...
                 A      somer.
                 B      winter.
                 C      lente.
                 D      herfs.
       1.1.2     Die verskillende stadiums van ontwikkeling van ŉ middelbreedte-
                 sikloon staan as ... bekend.

                 A      wrywing
                 B      ruiming
                 C      siklogenese
                 D      krimping
       1.1.3     Die windgordel wat verantwoordelik is vir die beweegrigting van ŉ
                 middelbreedtesikloon, staan as die ... -winde bekend.

                 A      noord-oos passaat
                 B      suid-wes passaat
                 C      ooste
                 D      weste

       1.1.4     Cumulonimbuswolke word met die ... van die middelbreedtesikloon,
                 geassosieer.
                 A      koue sektor
                 B      warm sektor
                 C      kouefront
                 D      warmfront

       1.1.5     Die onderstaande middelbreedtesikloon is in die ... stadium.

                 A      okklusie-
                 B      volwasse
                 C      ontbinding
                 D      aanvang

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GEOGRAFIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2022)

       1.1.6    ŉ Kenmerk van die ontbindingstadium, hieronder aangedui, is
                wanneer die ...

                A      warm lug opgehef is.
                B      middelbreedtesikloon oor die see beweeg het.
                C      koue lug opgehef is.
                D      wind ruim.

       1.1.7    Die onderstaande okklusie kan           as   ŉ   warmfront    okklusie
                geïdentifiseer word as gevolg van ...

                A      die kouefront wat die warmfront ingehaal het.
                B      die koudste lug word agter die kouefront aangetref.
                C      al die warm lug wat opgehef is.
                D      die simbool naaste aan die apeks.

       1.1.8    Die golf-stadium hieronder ontwikkel as gevolg van ...

                A      ŉ koue front wat ŉ warm front opgehef het.
                B      warm lug wat oor koue lug beweeg het.
                C      ŉ wrywingsweerstand.
                D      ŉ windskuif.                                             (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V1                                           5

 1.2   Verwys na die kaart wat drukselle rondom Suidelike-Afrika in Januarie en Julie
       toon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies verskaf word. Skryf
       slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                                                           [Bron: learnmindset.africa.com]

       1.2.1    Die hoogdruksel verander posisie in Januarie en Julie as gevolg van
                die beweging van die (ITKS/kreefskeerkring).

       1.2.2    ŉ (Kus-/Hitte-) laag is in Januarie oor die land geleë.

       1.2.3    Hierdie hoogdruksel beweeg meer (suid/noord) in Julie.

       1.2.4    Die Indiese Oseaan-hoogdruksel dra meer vog na die ooskus in
                (Julie/Januarie).

       1.2.5    Bergwinde sal ŉ algemene verskynsel in (Januarie/Julie) wees.

       1.2.6    Die (Suid-Indiese/Suid-Atlantiese) hoogdruksel            wig    oor     die
                suidoostelike kus van Suid-Afrika in Januarie.

       1.2.7    Minder daling oor die binneland in (Julie/Januarie) veroorsaak dat die
                inversielaag bo die platorand ontwikkel.                       (7 x 1)          (7)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GEOGRAFIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.3   Verwys na die uittreksel oor tropiese sikloon Ana.

         MATIGE TROPIESE STORM ANA HOU GEEN DIREKTE BEDREIGING
                          VIR SUID-AFRIKA IN NIE

       Hierdie naweek het die eerste tropiese stelsel van die 2021/22 tropiese
       sikloon seisoen vir die Suidwes-Indiese Oseaan-bekken gesien.

       Teen die einde van verlede week het ŉ tropiese laag vinnig begin verskerp
       oor die oop see noordoos van Madagaskar, noordwaarts van Mauritius en
       Reunion-eilande.

       Die stelsel het oor die naweek geleidelik van oos na wes oor sentrale en
       noordelike Madagaskar gedraai, en het tydelik intensiteit verloor as gevolg
       van oppervlak wrywing met die landmassa, sowel as die afwesigheid van die
       vrystelling van latente hitte-energie vanaf die see-oppervlak (die hoof energie
       drywer vir tropiese siklone).

       Oornag het die stelsel voortgegaan om te versterk, en het ŉ matige tropiese
       storm-intensiteit in die vroeë oggendure van Maandagoggend bereik, wat tot
       die amptelike benaming van ‘Ana’ gelei het.

       Die stelsel beweeg weswaarts en het teen plaaslike sonsopkoms
       Maandagoggend, net langs die noordelike Mosambiekse kuslyn tussen
       Angoche en Mogincual gelê. Die stelsel het toe in ŉ oostelike rigting beweeg.
                                                     [Aangepas uit zululandobserver.co.za]

       1.3.1   Hoe dui die naam van die tropiese sikloon daarop dat dit die eerste
               van die 2021/22 tropiese sikloon seisoen was?                (1 x 1)           (1)

       1.3.2   Noem EEN eiland in die artikel gelys, wat deur die tropiese sikloon
               geaffekteer sal word.                                        (1 x 1)           (1)

       1.3.3   Waarom word hierdie eilande deur ŉ tropiese sikloon geaffekteer?
                                                                            (1 x 1)           (1)

       1.3.4   Hoe versterk latente hitte die tropiese sikloon?                   (2 x 2)     (4)

       1.3.5   Gee rekenskap vir die beweegrigting van die tropiese sikloon in ŉ
               oostelike rigting.                                         (2 x 2)             (4)

       1.3.6   Verduidelik die negatiewe ekonomiese impak van sterk winde op die
               kus infrastruktuur van Mosambiek.                          (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V1                                         7

 1.4   Verwys na tipiese lyndonderstorm toestande in Suid-Afrika.

                                                          [Bron: Eksaminator se eie skets]

       1.4.1    Wat is lyndonderstorms?                                            (1 x 2)    (2)

       1.4.2    Hoe verskil lyndonderstorms vanaf algemene donderstorms wat oor
                Suid-Afrika ervaar word?                                 (1 x 1)              (1)

       1.4.3    Gee bewyse uit die skets om aan te toon dat lyndonderstorms oor die
                sentrale deel van Suid-Afrika voorkom.                      (2 x 1)           (2)

       1.4.4    Watter rol het die Suid-Atlantiese hoogdruksel in die ontwikkeling van
                ŉ vogfront in die middel van die skets, gespeel?                (1 x 2)       (2)

       1.4.5    Verduidelik die belangrikheid van die noordoostewinde in die vorming
                van lyndonderstorms.                                          (2 x 2)         (4)

       1.4.6    Waarom sal lyndonderstorms ŉ negatiewe omgewingsimpak op die
                oostelike dele van die land het?                      (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2022)

1.5   Verwys na die sketse wat die verskil tussen landelike en stedelike klimaat toon.

                                                            [Bron: publichealthnotes.com]

      1.5.1   Die klimaatelement wat in die skets geïllustreer word, is (wind/
              temperatuur).                                                    (1 x 1)       (1)

      1.5.2   Hoe affekteer hierdie klimaatelement (antwoord by VRAAG 1.5.1) die
              hoeveelheid vogtigheid in landelike gebiede?               (1 x 2)             (2)

      1.5.3   Verduidelik hoe die verskillende vorms en digtheid van geboue (in die
              skets) daartoe bydra dat die stad hoër temperature het.       (2 x 2)          (4)

      1.5.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stedelike
              beplanners strategieë ten opsigte van die vorms en digtheid van geboue
              kan instel, om die hoër temperature te verminder.               (4 x 2)        (8)
                                                                                            [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V1                                         9

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Verwys na die skets wat rivierprofiele toon. Voltooi die stellings in KOLOM A met
      die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers
      (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 Y.

                                                                     [Bron: shutterstock.com]

                       KOLOM A                                       KOLOM B
      2.1.1     Dwarsprofiele toon ...                  Y:   ŉ sy-aansig van die rivier
                                                        Z:   ŉ uitsig van oewer tot oewer
      2.1.2     Die dominante fluviale proses in die    Y:   laterale (sywaartse) erosie
                middel-loop is ...                      Z:   vertikale (afwaartse) erosie
      2.1.3     Fluviale landvorm wat boerdery          Y:   vloedvlakte
                bevorder.                               Z:   waterval
      2.1.4     Fluviale neerlating bevorder die        Y:   deltas
                vorming van ...                         Z:   stroomversnellings
      2.1.5     Die volume water in die boloop is ...   Y:   hoog
                                                        Z:   laag
      2.1.6     Die oorsprong van ŉ rivier kan in die   Y:   boloop
                ... gevind word.                        Z:   benedeloop
      2.1.7     Die gebied wat deur ŉ rivier en sy      Y:   riviersisteem
                sytakke gedreineer word, staan as       Z:   dreineringsbekken
                die ... bekend
      2.1.8     V-vormige valleie in die boloop word Y:      vertikale (afwaartse) erosie
                veroorsaak deur ...                   Z:     laterale (sywaartse) erosie
                                                                                     (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                                (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.2   Verwys na die skets wat rivier-verjonging aantoon. Kies die korrekte woord(e)
       uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die
       vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                 [Aangepas uit goconqr.com]

       2.2.1   Rivier-verjonging is die proses waarby die rivier weer (lateraal/vertikaal)
               erodeer.

       2.2.2   Die punt waar die ou erosie die nuwe ontmoet, word ŉ (vallei/knakpunt)
               genoem.

       2.2.3   Rivier-verjonging word veroorsaak deur ŉ (daling in die seevlak/
               waterskeiding wat sy posisie verander).

       2.2.4   Rivierterrasse vorm (voor/na) verjonging.

       2.2.5   (Vallei-binne-valleie/Stroomversnellings) vorm op die vloedvlakte.

       2.2.6   Die sytak verleng na verjonging as gevolg van (sywaartse/terugwaartse)
               erosie.

       2.2.7   Rivier-verjonging sal veroorsaak dat die rivierprofiel (gegradeerd/
               ongegradeerd) is.                                                  (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V1                                        11

 2.3   Verwys na die beeld en sketse van die vloei van water in ŉ rivier.

                                                                [Bron: cfdsupport.com]

       2.3.1    Klassifiseer die watervloei in skets A as (laminêr of turbulent).   (1 x 1)    (1)

       2.3.2    Hoe het die rivierbed die tipe watervloei in skets A bepaal? (jou
                antwoord op VRAAG 2.3.1).                                  (1 x 2)             (2)

       2.3.3    Waarom sal die watervloei in skets A deponering (neerlating) bevorder?
                                                                                (2 x 2)        (4)

       2.3.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die fluviale
                verskynsels en steil gradiënt (hellings) van die boloop ŉ impak op die
                vloei van water in skets B sal het.                             (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GEOGRAFIE V1                               (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.4   Verwys na die skets oor die vorming van ŉ levee (oewerwal).

                                                                        [Bron: quizlet.com]

       2.4.1   Wat is ŉ natuurlike levee/oewerwal?                                 (1 x 2)    (2)

       2.4.2   Weerspieël skets A, B of C die oorstroming-fase?                    (1 x 1)    (1)

       2.4.3   Hoe dra oorstroming van die rivier tot die vorming van die
               levee/oewerwal by?                                   (1 x 2)                   (2)

       2.4.4   Wat is die betekenis (belangrikheid) van die dikste en grofste sedimente
               wat neergelê word, vir die vorming van natuurlike levees/oewerwalle?
                                                                                  (1 x 2)     (2)

       2.4.5   Hoe is die vorming van ŉ levee/oewerwal tot voordeel vir die
               vloedvlakte?                                          (2 x 2)                  (4)

       2.4.6   Verduidelik die negatiewe impak van levees/oewerwalle op die
               omliggende boerderygemeenskap.                         (2 x 2)                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V1                                        13

 2.5   Hieronder is ŉ uittreksel oor rivierbestuur.

       Port Elizabeth is die grootste stad in die Oos-Kaap, met 1 miljoen inwoners.
       70% van die watertoevoer na Port Elizabeth kom van die Kouga-, Baviaans-
       en Kromme-opvanggebiede, en die Baviaans en Kouga wat in die Kougadam
       inloop. Die Kougadam bedien Port Elizabeth en die Gamtoosvallei, wat een
       van Suid-Afrika se voorste sitrusproduksiestreke is.

       Die Port Elizabeth-opvanggebied ly egter onder die impak van
       klimaatsverandering, wat tot verhoogde vloed- en droogtegebeurtenisse lei,
       waarvan die gevolge deur oorbeweiding, uitheemse indringerbome,
       vleilandagteruitgang, erosie en swak ruimtelike beplanning verhoog word.
       Hierdie effekte het gelei tot verminderde retensievermoë van die grond en
       verhoogde afloop. Die opvangsgebied kan herstel word deur inheemse
       plantegroei te plant om die landskap te herstel en gronderosie te verminder.
       Plant prosedures kan verfyn word om oorlewing te maksimeer en koste in
       verskillende grondtipes te minimaliseer en deur plaaslike gemeenskappe,
       restourasie praktisyne en grondgebruikers op te lei oor herstel en plant, sowel
       as ander grondgebruike. Herstel van gedegradeerde heuwels in die
       Baviaanskloof sal basisvloei verhoog, waterretensie verbeter en sediment
       opbou verminder, wat die Port Elizabeth opvangsgebied sal bevoordeel.
                                                              [Bron: replenishafrica.com]

       2.5.1    Volgens die uittreksel, waarom is die Kouga-, Baviaans- en Kromme-
                opvanggebiede belangrik vir Port Elizabeth?                  (1 x 1)         (1)

       2.5.2    Wat is ŉ opvangsgebied?                                          (1 x 2)     (2)

       2.5.3    Haal TWEE fisiese faktore, uit die uittreksel aan, wat ŉ negatiewe
                impak op die Port Elizabeth-opvanggebied het.               (2 x 1)          (2)

       2.5.4    Wat is die negatiewe impak van swak beplanning op die
                opvangsgebied?                                                   (1 x 2)     (2)

       2.5.5    Waarom sou inter-bekken-verplasing van water skemas nie ŉ
                lewensvatbare (toepaslike) oplossing wees, om watertoevoer na die
                Kouga-, Baviaans- en Kromme-opvanggebied te verhoog, nie?
                                                                           (2 x 2)           (4)

       2.5.6    Verduidelik hoe die volhoubare bestuur van die Kouga-, Baviaans- en
                Kromme-opvanggebied ŉ positiewe ekonomiese impak op Port
                Elizabeth as ŉ stad sal hê.                                  (2 x 2)         (4)
                                                                                            [60]

                                                             TOTAAL AFDELING A:             120

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              GEOGRAFIE V1                                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING B

 VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                        ALGEMENE INLIGTING OOR MBOMBELA

 Koördinate: 25°27′57″S 30°59′07″O

 Die stad Mbombela is in die oostelike deel van Suid-Afrika geleë en is die hoofstad van die
 Mpumalanga provinsie. Die stad is op die vrugbare, geleidelike valleivloer van die
 Umgwenya- (Krokodil) rivier gebou, waar daar genoeg watertoevoer vanaf die rivier is. Die
 stad dien as ŉ poort na van die beste eko- en avontuur aktiwiteite in Suider-Afrika met sy
 gematigde klimaat.
                                               [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Mbombela]

Die volgende Engelse terme en hulle vertalings word op die topografiese kaart getoon:

              ENGLISH                                     AFRIKAANS
  Aerodrome                               Vliegveld
  Canal                                   Kanaal
  Diggings                                Uitgrawings
  Furrow                                  Voor
  Golf course                             Gholfbaan
  Sewerage works                          Rioolwerke
  Show grounds                            Skougronde
  Waterfall                               Waterval
  Weir                                    Studam

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                       GEOGRAFIE V1                                      15

3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS

     Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Vier opsies word vir die
     vrae hieronder gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
     (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer,
     bv. 3.1.4 A.

     3.1.1    Mbombela is in die ... provinsie geleë.

              A        Noordwes
              B        Mpumalanga
              C        Gauteng
              D        Vrystaat                                                 (1 x 1)     (1)

     3.1.2    Die ware peiling vanaf punthoogte 873 in blok E4 tot die trigonometriese
              stasie in blok E5 is …

              A        24°.
              B        50°.
              C        204°.
              D        180°.                                                    (1 x 1)     (1)

     3.1.3    Die koördinate vir die kommunikasietoring by F in blok D3 is …

              A        25°28'25" O 30°57'55" S.
              B        25°28'25" S 30°57'55" S.
              C        25°28'24" S 30°57'54" O.
              D        25°31'36" S 30°58'55" O.                                 (1 x 1)     (1)

     3.1.4    Bereken die magnetiese deklinasie van die topografiese kaart vir 2022.
              Gebruik die stappe hieronder om die vraag te beantwoord. Toon ALLE
              berekeninge. Dui duidelik die rigting in verhouding tot ware noord in jou
              finale antwoord aan.

              Verskil in jare
              Gemiddelde jaarlikse verandering
              Totale verandering
              Magnetiese deklinasie 2022                                        (5 x 1)     (5)

     3.1.5    Bepaal die magnetiese peiling vir 2022 vanaf punthoogte 873 in blok E4
              tot die trigonometriese baken in blok E5.

              Formule:
              Magnetiese peiling = Ware peiling (WP) + Magnetiese deklinasie
              (MB)                                                   (2 x 1)                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

3.2 KAART-INTERPRETASIE

     Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

     3.2.1   Die nedersetting by G in blok E1 ervaar lae temperature gedurende die
             nag as gevolg van …

             A        anabatiese winde.
             B        katabatiese winde.
             C        mis.
             D        aspek.                                                   (1 x 1)    (1)

     3.2.2   Die Umgwenyarivier in blok C5, is ŉ voorbeeld van ŉ … rivier.

             A        permanente
             B        eksotiese
             C        periodiese
             D        episodiese                                               (1 x 1)    (1)

     3.2.3   Verwys na die ortofotokaart.

             (a)      Is die gemiddelde temperatuur hoër by 1 of 2?            (1 x 1)    (1)

             (b)      Gee TWEE redes vir jou antwoord by VRAAG 3.2.3 (a).      (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                         GEOGRAFIE V1                                       17

       3.2.4    Verwys na die fluviale landvorm by H op die topografiese kaart en
                onderstaande foto.

                                                X

                (a)    As ŉ mens by die uitkykpunt X (op die foto) staan en na die
                       waterval kyk, sal jy na J of K op die topografiese kaart kyk?
                                                                                    (1 x 1)     (1)

                (b)    Hoe verhinder hierdie waterval op die foto die bou van ŉ brug by J
                       op die topografiese kaart?                                 (1 x 2)       (2)

                (c)    Die waterval sal in ŉ suidelike rigting migreer (beweeg). Staaf
                       hierdie stelling met bewyse uit die topografiese kaart. (1 x 2)          (2)

 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

       Verwys na die topografiese kaart.

       3.3.1    Is die afgebakende area in blokke B5 en C5 ŉ voorbeeld van raster- of
                vektordata?                                                  (1 x 1)            (1)

       3.3.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                         (1 x 1)     (1)

       3.3.3    Gee bewyse uit die afgebakende gebied wat bewys dat die boer die
                infrastruktuur datalaag vir die ligging van hierdie plaas oorweeg het.
                                                                                   (1 x 2)      (2)

       3.3 4    Waarom word die ligging van hierdie plaas as swak rivierbestuur
                beskou?                                                  (2 x 2)                (4)
                                                                                               [30]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            30
                                                                      GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
