# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/54080e92-f174-4cd6-ad2b-989b27378237
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr12-sept-2024-afrikaans/54080e92-f174-4cd6-ad2b-989b27378237)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2024

                       GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                  Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
      VRAAG 2: Geomorfologie (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
      moet maak.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, byvoorbeeld
      1 010 hPa, 9 °C en 25 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (3419AB CALEDON) en ŉ 1 : 10 000
      ortofotokaart (3419 AB 24 CALEDON) word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
      stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     GEOGRAFIE V1                                   3

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1     Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur die term uit die
        onderstaande lys te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1 8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.9 Pluim.

         sublimasie; isoterm; termiese gordel; rypholte; stralingsmis; adveksie
        mis; temperatuur inversie; anabatiese wind; higroskopiese kerne; albedo

        1.1.1    Die term word gebruik om ŉ toename in temperatuur te beskryf
                 namate die hoogte toeneem

        1.1.2    Kom voor wanneer die temperatuur van koue lug op die
                 valleivloer tot onder vriespunt daal

        1.1.3    ŉ Tipe wind wat die gevolg is van lug wat gedurende die dag teen
                 die valleihelling opbeweeg

        1.1.4    Stofdeeltjies, rook of sout waaraan waterdamp kleef en
                 kondenseer

        1.1.5    Lyne op ŉ kaart wat punte met dieselfde temperatuur verbind

        1.1.6    Die hoeveelheid inkomende sonstraling wat deur die aard-
                 oppervlaktes weerkaats word

        1.1.7    Vorm snags onder helder, rustige toestande

        1.1.8    ŉ Gebied waar ŉ warm lugmassa tussen die kouer lugmassa
                 vasgevang is                                      (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 A.

      1.2.1    Die stelsel deflekteer middelbreedtesiklone weg van die kus af in die
               somer.

               A       Kus-laag
               B       Suid-Indiese Hoogdruksel
               C       Suid-Atlantiese Hoogdruksel
               D       Kalahari Hoogdruksel

      1.2.2.   Dit lei tot stabiele, goeie weer met helder ...

               A       antisiklone.
               B       siklone.
               C       depressies.
               D       hitte-laag.

      1.2.3    In die winter word ... lug saamgepers en ... adiabaties wat
               veroorsaak dat die inversielaag onder die platorand is.

               (i)     dalende
               (ii)    stygende
               (iii)   verhit
               (iv)    verkoel

               A       (i) en (iii)
               B       (i) en (iv)
               C       (ii) en (iii)
               D       (ii) en (iv)

      1.2.4    In ŉ termiese-laag, die lug in kontak met die aardoppervlak ... en ...
               na ŉ sentrum van laagdruk.

               (i)     koel af
               (ii)    verhit
               (iii)   divergeer
               (iv)    konvergeer

               A       (i) en (iii)
               B       (i) en (iv)
               C       (ii) en (iii)
               D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V1                                         5

        1.2.5    Aanlandige winde aan die weskus is ... met ...

                 (i)     warm en droog.
                 (ii)    koud en droog.
                 (iii)   geen vog nie.
                 (iv)    beperkte vog.

                 A       (i) en (iii)
                 B       (i) en (iv)
                 C       (ii) en (iii)
                 D       (ii) en (iv)

        1.2.6    Noem die drukselle by A en B soos op die diagram hieronder
                 aangedui, wat vir die ontwikkeling van ŉ bergwind verantwoordelik is.

                                                 [Aangepas deur eksaminator uit fotisedu.com]

                 (i)     Kalahari Hoogdruksel
                 (ii)    Suid-Indiese Hoogdruksel
                 (iii)   Termiese laagdruk
                 (iv)    Kus-laag

                 A       (i) en (iii)
                 B       (i) en (iv)
                 C       (ii) en (iii)
                 D       (ii) en (iv)

        1.2.7    Suid-Afrikaanse bergwinde is warm aflandige winde as gevolg van
                 die ...

                 A       temperature wat warmer is bo die plato.
                 B       laagdruksel wat warm, vogtige lug uit die binneland voer.
                 C       temperatuur van lug wat met 1 °C per 100 m soos dit styg, daal.
                 D       temperatuur van lug wat met 1 °C per 100 m soos dit daal,
                         styg.                                                  (7 x 1)             (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3    Verwys na die onderstaande infografika oor die Tropiese Sikloon Filipo.

                 SATELLIETBEELD                                         PROVINSIES

           [Aangepas uit Med Redl, 11 Maart 2024]      [Bron: INGD en meteorologiese inligting.
                                                            Toegang op 15 Maart 2024 verkry.]
                                       SITUASIE OORSIG
        Die Nasionale Instituut vir Rampbestuur (INGD) het berig dat 48 116 mense
        (8 533 huishoudings) in die provinsies Gaza, Inhambane, Maputo en Sofala
        geraak is. Twee sterftes en 25 mense wat beseer is, is aangemeld. Volgens
        die beskikbare inligting is die gebied wat die meeste geraak word Maputo-
        stad met 25 455 mense wat geraak word (2 persent van die totale
        bevolking). Skade aan infrastruktuur sluit in 8 000 huise wat gedeeltelik/
        heeltemal beskadig is, 146 skole (22 442 studente) wat geraak word te-
        saam met 51 gesondheidsentrums, 56 elektriese pale en 19 paaie. Die
        hoogste humanitêre behoeftes is in onderwys, behuising / NFI’s,
        watersuiwering      en      higiënestelle.   Infrastruktuur  rekonstruksie/
        rehabilitasiebehoeftes is ook geïdentifiseer.
                     [Bron: INGD en meteorologiese inligting. Toegang op 15 Maart 2024 verkry.]

       1.3.1   Wanneer het die Tropiese Sikloon Filipo ŉ landing gemaak?                (1 x 2)     (2)
       1.3.2   Beskryf die pad van Tropiese Sikloon Filipo vanaf die 11de tot die 14de.
                                                                                (2 x 1)             (2)
       Verwys na die kaart.
       1.3.3   Mense en huishoudings is deur Tropiese Sikloon Filipo geraak.
               Noem ten minste TWEE provinsies wat geraak is.               (2 x 1)                 (2)
       1.3.4   Hoeveel mense, volgens die uittreksel, was meestal in hierdie streek
               geraak?                                                       (1 x 1)                (1)
       1.3.5   Identifiseer TWEE dienste wat die meeste benodig was.                    (2 x 1)     (2)
       1.3.6   Onttrek TWEE voorbeelde van infrastruktuur wat in die uittreksel
               genoem word, wat deur Tropiese Sikloon Filipo geraak is.      (2 x 1)                (2)
       1.3.7   Stel maatreëls voor wat deur die regering van Mosambiek ingestel kan
               word om die impak van tropiese siklone te verminder.         (2 x 2)                 (4)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     GEOGRAFIE V1                                       7

1.4   Verwys na die sinoptiese weerkaart wat ŉ middelbreedtesikloon uitbeeld.

                                                   [Bron: http://www.wozamatric.co.za]

      1.4.1   Definieer die term siklogenese.                                 (1 x 2)     (2)

      1.4.2   Verskaf ŉ geskikte naam vir die fronte by A en B.               (2 x 1)     (2)

      1.4.3   Gee die term wat gebruik word om die verandering van windrigting
              in die Suidelike Halfrond te beskryf.                    (1 x 1)            (1)

      1.4.4   Verduidelik waarom die wind van ŉ noordwestelike wind na ŉ
              suidwestelike wind in die Suidelike Halfrond verander het. (1 x 2)          (2)

      1.4.5   Letter C verwys na die okklusie-stadium.
              In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die proses wat tot
              die vorming van ŉ koue en warm front okklusie gelei het.  (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2024)

1.5    Verwys na die skets wat ŉ besoedelingskoepel toon.

                                                         [Bron: www.science direct.com]

       1.5.1   Definieer besoedelingskoepel.                                   (1 x 2)     (2)

       1.5.2   Gee DRIE redes waarom ŉ besoedelingskoepel algemeen in die
               meeste stede is.                                        (3 x 1)             (3)

       1.5.3   ŉ Besoedelingskoepel is snags op ŉ laer hoogte as gedurende die
               dag. Verduidelik waarom dit gebeur.                        (2 x 2)          (4)

       1.5.4   Verduidelik die klimatologiese effek van ŉ besoedelingskoepel oor ŉ
               stad.                                                         (3 x 2)       (6)
                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       GEOGRAFIE V1                                   9

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1    Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs
       Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
       neer, byvoorbeeld 2.1.9 Z.

                          KOLOM A                               KOLOM B
       2.1.1    Die rivier is jonger as die onder-        Y   antesedente stroom
                liggende rotsstruktuur waardeur dit       Z   geërfde stroom
                vloei
       2.1.2    Die gebied waardeur ŉ rivierstelsel       Y   dreinerings gebied
                vloei                                     Z   opvangsgebied
       2.1.3    Die boonste grens van water wat           Y   watertafel
                ondergronds gevind word                   Z   waterskeiding
       2.1.4    Riviere vloei na die sentrale punt of     Y   radiaal sentripetaal
                depressie                                 Z   radiaal sentrifugaal
       2.1.5    Die laagste vlak waartoe die rivier kan   Y   basisvloei
                erodeer                                   Z   basisvlak
       2.1.6    Meer energie is nodig om hindernisse      Y   turbulente vloei
                te oorkom                                 Z   laminêre vloei
       2.1.7    Vorm aan die basis van ŉ waterval as      Y   knakpunt
                gevolg van die krag van vallende          Z   plonspoel
                water
       2.1.8    Vloei slegs na ŉ swaar reënval of         Y   periodiese rivier
                donderstorm                               Z   episodiese rivier
                                                                             (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

2.2   Verwys na die dreineringspatrone hieronder.
      Pas die beskrywings in VRAAG 2.2.1 tot 2.2.7 by die beelde, A of B. Skryf
      slegs die letter, (A of B) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.8 B.

                       A                                       B

                                                       [Bron: https://www.Quora.com]

      2.2.1   Sytakke sluit reghoekig by die hoofrivier aan.

      2.2.2   Daar is reghoekige draaie langs die loop van die hoofrivier en sy
              sytakke.

      2.2.3   Hierdie patroon kom voor in geplooide sedimentêre gesteentes.

      2.2.4   Ontwikkel in gebiede waar verskuiwings parallel met mekaar
              voorkom.

      2.2.5   Vorm op rotse wat baie nate het.

      2.2.6   Sytakke is kort.

      2.2.7   Sytakke vloei dikwels uit poorte.                             (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      GEOGRAFIE V1                                       11

2.3    Verwys na die skets oor deltas.

                                                               [Bron: Insightsonindia.com]

       2.3.1    Wat is ŉ delta?                                                   (1 x 2)        (2)

       2.3.2    Noem die tipe delta wat deur die bostaande skets verteenwoordig word.
                                                                               (1 x 1)           (1)

       2.3.3    Hoe beïnvloed die gradiënt van die helling en seestrome die vorming
                van deltas?                                                  (2 x 2)             (4)

       2.3.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls gee ŉ uiteensetting van die
                belangrikheid van deltas vir mense en ook vir die omgewing. (4 x 2)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2024)

2.4   Verwys na die skets oor stroomroof.

                               [Aangepas uit https://www.google.com/search?g=river+capture]

      2.4.1   Definieer die konsep by punt C.                                       (1 x 2)    (2)

      2.4.2   (a)    Identifiseer verskynsel B op die skets.                        (1 x 1)    (1)

              (b)    Verduidelik kortliks die proses wat betrokke is by die vorming van
                     die verskynsel by B.                                        (2 x 2)       (4)

      2.4.3   Verskaf ŉ geskikte naam vir die rivier by A na stroomroof.            (1 x 1)    (1)

      2.4.4   Watter rivier (A of B) het verjonging na stroomroof ondergaan? (1 x 1)           (1)

      2.4.5   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.4.                           (1 x 2)    (2)

      2.4.6   Hoe sal stroomroof ŉ impak op die ekosisteem hê wat by B op die skets
              gevind word?                                                  (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V1                                       13

2.5    Verwys na die uittreksel oor die krisis met onvoldoende behandelde riool.

       Die jongste jaarlikse groendruppelverslag, gegrond op die toetsing van
       140 rioolafvalwaterbehandelingswerke, toon dat 81% van Suid-Afrika se
       rioolafvoer nie voldoende behandel word voordat dit in die riviere vrygelaat
       word nie, met 19% van die behandelingswerke wat aan minimum
       standaarde      voldoen,   het Manais de         Vaal, AfriForum se
       omgewingsakeadviseur, gesê.

       Die verslag, wat op die perseel van ŉ stukkende rioolpompstasie in
       Vereeniging bekend gestel is, het getoon dat daar op nasionale vlak slegs
       26 uit 140 rioolafvalwaterbehandelingswerke aan die minimum standaarde
       vir afvoer in ŉ waterbron voldoen, wat die uitvloeisel van 144 aanlegte nie
       op standaard gelaat het nie.
                           [Bron: Vry vertaal uit 15 November 2023 deur Natasha Odendaal]

       2.5.1    Watter persentasie, sigbaar in die uittreksel, toon dat die riool nie
                voldoende behandel is nie?                                    (1 x 1)        (1)

       2.5.2    Wat, volgens die uittreksel, het hierdie krisis begin?           (1 x 2)     (2)

       2.5.3    Haal, uit die uittreksel aan, die totale getal behandelde aanlegte
                wat aan die vereiste standaarde voldoen.                      (1 x 2)        (2)

       2.5.4    Behalwe stukkende rioolpompstasies, verskaf ander faktore wat
                tot rivierbesoedeling gelei het.                         (2 x 2)             (4)

       2.5.5    Stel DRIE volhoubare maatreëls voor wat ingestel kan word om die
                impak van waterbesoedeling te verminder.                  (3 x 2)            (6)
                                                                                            [60]

                                                             TOTAAL AFDELING A:             120

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                       ALGEMENE INLIGTING OOR CALEDON

Koördinate: 34˚13' S; 19˚ 25' E

Caledon het ŉ Mediterreense klimaat van warm, droë somers en koel, nat winters.
Temperature word verander deur sy nabyheid aan die Suid-Atlantiese Oseaan, net oor
die Kleinrivierberge in die suide.

                                      [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Caledon, Western Cape]

Die volgende Engelse term en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:

 ENGLISH                             AFRIKAANS
 Aerodrome                           Vliegveld
 Canal                               Kanaal
 Diggings                            Uitgrawings
 Furrow                              Voor
 Golf course                         Gholfbaan
 Sewerage works                      Rioolwerke
 Show grounds                        Skougronde
 Waterfall                           Waterval
 Weir                                Studam

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       GEOGRAFIE V1                                   15

3.1    KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS

       3.1.1    In watter provinsie is Caledon geleë?                          (1 x 1)     (1)

       3.1.2    Bepaal die rigting van punthoogte 236 (suid van Caledon) vanaf
                Vleiview by nommer 8 op die topografiese kaart.             (1 x 1)        (1)

       3.1.3    Gee ŉ rede waarom die hospitaal (area 2) op die ortofotokaart groter
                lyk as die hospitaal in blok E3 op die topografiese kaart.   (1 x 2)       (2)

       3.1.4    Bestudeer die ortofoto-indekskaartblad noordwes van 3419 AB 24.
                Vier opsies word as antwoorde vir die vrae hieronder gegee. Kies die
                antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
                (3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.5 A.

                Die ortofoto-indeksblad noordwes van 3419 AB 24 is ...

                A     3419 AB 18.
                B     3419 AB 19.
                C     3419 AB 20.
                D     3419 AB 21.                                              (1 x 1)     (1)

       3.1.5    Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf die hoogtemerk in blok D6 na
                die trigonometriese stasie in blok E6 op die topografiese kaart.

                                                             VI
                                     Formule: Gradiënt =
                                                             HE
                                                                               (5 x 1)     (5)

3.2    KAARTINTERPRETASIE

       Aspek is die hoek waarteen die sonstrale ŉ helling tref.

       3.2.1    Verwys na blok D4 en D5 op die topografiese kaart.
                Hoe het die aspek die groei van plantegroei in blok D4 en D5
                beïnvloed?                                                   (1 x 2)       (2)

       3.2.2    Verwys na die verskynsel genommer 3 op die ortofotokaart.

                (a)   Gedurende watter tyd van die dag (oggend / middag /
                      agtermiddag) is die foto geneem?             (1 x 1)                 (1)

                (b)   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a).           (1 x 2)     (2)

       3.2.3    Gee ŉ geskikte naam vir die dreineringspatroon in blok C5.     (1 x 1)     (1)

       3.2.4    Beskryf die kenmerke wat met die dreineringspatroon, genoem in
                VRAAG 3.2.3 geassosieer word.                            (1 x 2)           (2)

       3.2.5    Bepaal die stroomorde van die dendritiese dreineringspatroon in blok
                A5.                                                          (1 x 2)       (2)
       3.2.6    Klassifiseer die dreineringsdigtheid van die strome in blok A5 en
                blok A6.                                                       (1 + 1)     (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2024)

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.3.1   ŉ Ruimtelike voorwerp word gedefinieer as enige verskynsel wat as
              ŉ punt, lyn of poligoon opgeteken kan word.

              Verwys na blok D2 op die topografiese kaart en identifiseer die
              volgende:

              (a)    Natuurlike poligoon verskynsel                           (1 x 1)     (1)

              (b)    Natuurlike lynverskynsel                                 (1 x 1)     (1)

      3.3.2   Definieer ŉ datalaag.                                          (1 x 2)      (2)

      3.3.3   Watter datalae is vir die dam in blok B5 oorweeg?               (2 x 1)     (2)

      3.3.4   Stel EEN voordeel voor vir die skep van die buffersone langs die rivier
              in blok C1 op die topografiese kaart.                          (1 x 2)     (2)
                                                                                        [30]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            30
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Geography · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — QP · 2023
- [2023 MP June Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-june-memo/6e8232db-6403-4401-b3a8-88ab9b8892cc) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
