# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-annexures-gr12-sept2021-afrikaans/c4dd93ed-4018-45e5-96ab-26cfb08479e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-annexures-gr12-sept2021-afrikaans/c4dd93ed-4018-45e5-96ab-26cfb08479e8)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Addendum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          NASIONALE
      SENIOR SERTIFIKAAT

              GRAAD 12

       SEPTEMBER 2021

         GEOGRAFIE V2
           BYLAAG

    Hierdie bylaag bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)          (EC/SEPTEMBER 2021)

 FIGUUR 1.3:         LANDELIKE NEDERSETTINGSKWESSIE WAT MET LANDELIKE
                     ONTVOLKING VERWANT HOU

                                                       [Bron: https://www.google.com]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                   GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)                                    3

FIGUUR 1.4: STEDELIKE GRONDGEBRUIKSONE – SSK

                                                                        [Bron: https://www.bing.com]

FIGUUR 1.5:     STEDELIKE KWESSIE WAT MET DIENSLEWERING (BASIESE DIENSTE)
                VERBAND HOU

   ONWETTIGE KONNEKSIES: 211 JOBURG INFORMELE NEDERSETTINGS WORD
     DAARVAN BESKULDIG AAN DIEFSTAL VAN DIE STAD SE ELEKTRISITEIT

 Ongeveer 211 informele nedersettings in die stad van Johannesburg word daarvan
 beskuldig dat hulle City Power se elektrisiteit steel. City Power het gesê hy verloor miljarde
 rande se inkomste. Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê altesaam vyf
 lewens is verloor weens mense wat doodgeskok is.

 City Power het Woensdag op die informele nedersetting toegesak en onwettige verbindings
 verwyder. Mangena het gesê dat hulle vir die tweede keer in minder as ŉ maand in die
 omgewing besig was om diskonnekterings te doen. “Ons sal nie moeg word om terug te
 keer en hul onwettige elektrisiteit af te sny nie, want dit is nie net duur vir ons nie, maar ook
 vir infrastruktuur. Ons het gesien hoe vele van ons substasies ontplof weens oorlading wat
 deur onwettige verbindings veroorsaak word.

 “Elke keer as daar ŉ onderbreking is wat veroorsaak word deur ŉ ontploffing, is dit wettige
 verbruikers wat daaronder ly, insluitend diegene wat van die huis af werk. Hulle kan dalk hul
 werk verloor as gevolg van hewige onderbrekings wat deur oorlading veroorsaak word,” het
 Mangena gesê.

 Mangena het inwoners aangeraai om die regering te versoek om wettige elektrisiteit te laat
 installeer. “Ons het ongeveer ŉ halfmiljoen huishoudings wat ons wettiglik van elektrisiteit
 voorsien. Ons het ook 211 informele nedersettings met ŉ beraming van ongeveer 5 000
 huishoudings wat onwettig verbind is. Ons dink dat die aantal onwettige verbindings meer
 kan wees.

                                                            [Aangepas uit News24, 9 March 2021]
 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                           GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)           (EC/SEPTEMBER 2021)

FIGUUR 2.2: EKONOMIESE SEKTORE

                       A

                                                              B
                                                     2019 BBP STATISTIEKE
                                                     Landbou          1,88%
                                                      Industrie        26%
                                                       Tertiêr        61,20%
                                                     Kwaternêr        1,92%

                                                          [Bron: https://www.google.com]

 Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                  GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)                                  5

FIGUUR 2.3: PRIMÊRE EKONOMIESE AKTIWITEIT – STEENKOOL MYNBOU

     Steenkool
     ontgin

ŉ Foto in die ingangsportaal by die Komati-kragstasie toon die fabriek in beter tye, waar sy
nege opwekkingseenhede stoom en rook in die naghemel blaas

Daardie dae kom nooit weer terug nie: Komati se enigste oorblywende werkeenheid moet
binne twee jaar gesluit word, volgens die planne van die staatskragnetwerk Eskom Holdings
SOC om ongeveer ŉ kwart van sy steenkoolkapasiteit teen 2030 te sluit. Langs die
Goedehoopmyn is daar bondels sonpanele langs die hoof toegangspad, is ŉ teken van wat
moontlik vir die steenkoolgordel in Suid-Afrika kan kom.

Byna al die elektrisiteit wat nodig is om die mees geïndustrialiseerde ekonomie van Afrika aan
te dryf, word al dekades lank vervaardig deur ŉ vloot verouderde steenkoolaanlegte wat langs
die myne in die ooste van Johannesburg gebou is. Dit maak die provinsie Mpumalanga,
waarin Komati geleë is, een van die mees steenkoolafhanklike en besoedelde streke op
aarde.

Die uitfasering van die aanlegte is noodsaaklik as president Cyril Ramaphosa ŉ verbintenis
nakom om teen 2050 ŉ net-zero-koolstofdioksiedvrystelling te bereik, en tog sal die sluiting
tienduisende werksgeleenthede in gedrang bring.

                                                      [Bron: https://www.engineeringnews.co.za]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)                   (EC/SEPTEMBER 2021)

FIGUUR 2.4:     STRATEGIEË VIR INDUSTRIËLE ONTWIKKELING: DIE
                SALDANHABAAI INDUSTRIËLE ONTWIKKELINGSONE (SBIOS)

                                  [Bron: Google Images – Saldanha Bay Industrial Development Zone]

 SALDANHA BAAI INDUSTRIËLE ONTWIKKELINGSONE TREK BELEGGINGS AAN
                                                   28 Februarie, 2021

Die nywerheidsontwikkelingsone van Saldanhabaai het tot dusver meer as R21 miljard se
beleggings gelok, sê Fikile Majola, adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging.

Die adjunkminister het gesê dat hierdie beleggings in verskillende ontwikkelingsfases is en
twee daarvan, met ŉ private beleggingswaarde van R380 miljoen wat reeds met die bou van
hul vervaardigingsfasiliteite begin.

Die SBIOS is die eerste spesiale ekonomiese sone (SES) wat in ŉ hawe geleë is en is die
enigste sektorspesifieke SES in Suid-Afrika wat spesifiek vir die energie- en maritieme
nywerhede voorsiening maak.

“Die SBIOS het ook agt nuwe beleggingsooreenkomste onderteken met
bedryfsmaatskappye in die maritieme-, olie- en gassektor. Hierdie beleggings sal lei tot
permanente en volhoubare werksgeleenthede wat die land vir sy burgers moet skep.”

“Die ontwikkeling van die sone sal die hele Saldanha en Weskusstreek moet integreer om
werklike projekte te bereik wat almal bevoordeel,” sê Majola.

Kaashifah Beukes, uitvoerende hoof van die SBIDZ, het gesê: “Ons is trots dat ons uit die
COVID-19-pandemie gekom het en is op pad om projekte ter waarde van meer as
R300 miljoen aan beleggersinfrastruktuur in te lei, wat ŉ broodnodige hupstoot bring vir ons
konstruksiesektor en werksgeleenthede in die Weskus, en uiteindelik die land,” het sy gesê.

                                                                          [Bron: Researchgate.net]

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                          GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)                                    7

FIGUUR 2.5: TERSIÊRE SEKTOR – INTERNASIONALE HANDEL

                                                                        [Bron: Daily Maverick, 17/02/2021]

AFDELING B: ALGEMENE INLIGTING OOR LOUIS TRICHARDT

  Koördinate: 23° 3′ 0″ S, 29° 54′ 0″ O                Louis Trichardt is ŉ stad aan die voet van
                                                       Songozwi, in die Soutpansberg-bergreeks in
                                                       die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika. Dit is
                     LOUIS TRICHARDT      .            die middelpunt van die Makhado plaaslike
                                                       munisipaliteit, en is geleë in ŉ vrugbare
                                                       gebied waar lietsjies, piesangs, mango’s en
                                                       neute geproduseer word. Die N1 Nasionale
                                                       Roete loop deur die stad. Louis Trichardt is
                                                       437 kilometer van Johannesburg af en een
                                                       uur se ry van die Zimbabwiese grens by
                                                       Beitbrug.

                                                       Die grootste deel van Louis Trichardt se
                                                       ekonomie       word        versterk     deur
                                                       boerderyaktiwiteite in die stad. Die stad se
                                                       ekonomie kan ŉ verdere hupstoot kry as
                                                       voorgestelde myne in die omgewing
                                                       oopgaan. Daar was egter baie weerstand van
                                                       natuurbewaarders teen myne wat in die
                                                       gebied oopmaak.

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                           GEOGRAFIE V2 (BYLAAG)   (EC/SEPTEMBER 2021)

FIGUUR 3.9: BUFFER LANGS DIE DORPRIVIER

                                                       [Bron: Eksaminator]

 Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
