# Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2015-memo-afr/26e2ac0b-a1d4-4aa3-98ed-a2b7ff2d1739
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2015-memo-afr/26e2ac0b-a1d4-4aa3-98ed-a2b7ff2d1739)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 75

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

HULPBRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2528DA CULLINAN.

2.       Ortofotokaart 2528 DA 16 CULLINAN.

3.       LET WEL:      Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2528DA van CULLINAN
         en 'n ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van die vraestel vir alle rofwerk en
         berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge, waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken
         word.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.       Die afgebakende gebied in ROOI op die topografiese kaart verteenwoordig
         die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

9.       Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon.

          ENGLISH                          AFRIKAANS
          Diggings                         Uitgrawings
          Conveyor belt                    Vervoerband
          Golf course                      Gholfbaan
          River                            Rivier
          Diamond mine                     Diamantmyn
          Sewage works                     Rioolwerke
          Waterworks                       Waterwerke
          Sewage disposal works            Rioolverwyderingswerke
          Rifle range                      Skietbaan
          Landing strip                    Landingstrook
          Brickworks                       Steenwerke
          Furrow                           Voor
          Refuse dump                      Vullisstortingsterrein

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                3                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

                         ALGEMENE INLIGTING OOR CULLINAN

Cullinan is in die Hoëveldstreek van Suid-Afrika geleë. Die dorp lê 1 467 m bo seevlak.
Die naaste stad is Pretoria, wat 40 km daarvandaan is, terwyl Johannesburg 100 km
daarvandaan is. Op 25 Junie 1905 is die beroemde Cullinan-diamant, die grootste ter
wêreld teen 3 106 karaat (621 g), deur Frederick George Stanley Wells, 'n
oppervlakbestuurder by die Premier-diamantmyn, ontdek. Die dorp Cullinan het sy
bestaan te danke aan diamantmynbou in die gebied. Cullinan se oopgroefmyn is een
van die grootstes in die wêreld en is drie keer groter as die meer bekende Kimberley-
diamantmyn.

                                                                             MOSAMBIEK
               NAMIBIË

         ATLANTIESE                                              INDIESE
           OSEAAN                                                OSEAAN

                                      FIGUUR 1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  4                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2528DA
CULLINAN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Die nommer 28 in die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart van
        Cullinan verwys na die …

        A      breedtelyn.
        B      lengtelyn.
        C      minute (') in die breedtelyn.
        D      sekondes (") in die lengtelyn.
                                                                                                B
1.2     Die ortofotokaartindeks/-verwysing van die ortofotokaart noordwes van
        2528DA 16 CULLINAN is …

        A      2528DA 11.
        B      2528DD 22.
        C      2528AD 12.
        D      2528CB 15.
                                                                                                D
1.3     Die foto is om/in die … geneem.

        A      12:00
        B      middag
        C      oggend
        D      nag
                                                                                                B
1.4     Cullinan is in … geleë.

        A      Noordwes
        B      Mpumalanga
        C
        D
               Limpopo
               Gauteng
                                                                                                D

1.5     Verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n …

        A      mynhoop.
        B      dam.
        C
        D
               uitgrawing.
               deurgrawing.
                                                                                                A

1.6     Die helling wat deur die lyn vanaf 8 tot 11 op die ortofotokaart voorgestel word,
        is 'n … helling.

        A      konkawe
        B      konvekse
        C
        D
               steil
               terras-
                                                                                                B

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

1.7     Die natuurlike verskynsel by 5 op die ortofotokaart is 'n …

        A      uitloper.
        B      vallei.
        C      nek/saal.
        D      poort.
                                                                                                C
1.8     Die nedersetting van Rayton in blok H2 en H3 is 'n …

        A      vragbrekingspunt.
        B      poortdorp.
        C      brugdorp.
        D      sentrale plek.
                                                                                                D
1.9     … is die hoofgrondstof wat in die Cullinan-omgewing ontgin word.

        A      Diamante
        B      Koper
        C      Goud
        D      Platinum
                                                                                                A
1.10    Die algemene vloeirigting van die rivier in blok H6 is …

        A      suidwes.
        B      noordwes.
        C      suidoos.
        D      noordoos.
                                                                                                B

1.11    Die steenwerke in blok G7/G8 is 'n … ekonomiese aktiwiteit.

        A      primêre
        B      sekondêre
        C      tersiêre
        D      kwaternêre
                                                                                                B
1.12    Die soort boerdery wat by Franjojan in blok H3 beoefen word, is … boerdery.

        A      grootskaalse
        B      kleinskaalse
        C      vrugte-
        D      vee-
                                                                                                B

1.13    Die waarde van kontoerlyn D in blok C7 is …

        A      1 500 m.
        B      1 520 m.
        C      1 380 m.
        D      1 360 m.
                                                                                                C

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                6                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

1.14    Watter tipe mynboutegniek word by die myn in blok D1 toegepas?

        A      Oopgroefmynbou
        B      Boorwerk
        C      Skagmynbou
        D      Baggerwerk                                                                      A
1.15    Die nedersettingspatroon by Z in blok E8 is…

        A      lineêr.
        B      verspreid.
        C      kernagtig.
        D      rond.                                                                           C
                                                                               (15 x 1)       [15]

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Bereken die magnetiese peiling van punthoogte 1464 by punt Q in blok E6
         vanaf punthoogte 1429 by punt R in blok E4 vir die jaar 2015. Toon ALLE
         berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

         Magnetiese peiling = ware peiling + magnetiese deklinasie

         Ware peiling:                      95° (93° – 97°) 
         Verskil in jare:                  2015–2002 = 13 jaar 
         Gemiddelde jaarlikse verandering: 8'W 
         Totale verandering:               13 x 8'W = 104'W/1°44'W 
         Magnetiese deklinasie 2015:       16°52'W +  1°44'W = 18°36'W 
         Magnetiese peiling 2015:          95° + 18°36' = 113°36' 

                                            Speling [111°28' tot 115°28']
                                                                                 (7 x 1)      (7)

2.2      Verwys na punthoogte 1508 by punt 1 en punthoogte 1516 by punt 2 op die
         ortofotokaart, en beantwoord die vrae wat volg. Toon ALLE berekeninge.
         Punte sal vir berekeninge toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

         2.2.1       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt 1 en 2.

                     VI = 1 516 m – 1 508 m            VI = 1 516 m – 1 508 m 
                        =8m                               =8m

                     HE = 6,5 cm x 100          OF     HE = 65 mm x 10 000
                                                                 1 000
                         = 650 m                          = 650 m

                     Gradiënt = _8_                     Gradiënt = _8_
                                650                                650

                               = __1__                           = __1__
                                 81,3                               81,3

                               = 1 : 81,3/1 in 81,3              = 1 : 81,3/1 in 81,3 

                     Speling [1 : 84,3 tot 1 : 78,3]
                                                                                   (5 x 1)       (5)

         2.2.2       Wat sê jou antwoord op VRAAG 2.2.1 vir jou oor die steilte van die
                     helling?

                     Helling is geleidelik                                        (1 x 1)       (1)

         2.2.3       Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 2.2.2.

                     Vir elke een eenheid wat jy vertikaal beweeg, beweeg jy slegs 83,1
                     eenhede horisontaal 
                     Kontoerlyne op die ortofotokaart is ver uit mekaar wat op 'n
                     geleidelike helling dui 
                                                                                 (2 x 1)         (2)

2.3      Bepaal die intersigbaarheid van punt 1 vanaf punt 2 op die ortofotokaart. Gee
         EEN rede vir jou antwoord.

         Intersigbaarheid: Punt 1 is sigbaar vanaf punt 2 

         Rede:               Geen obstruksies nie
                             Geen hoogliggende gebied tussen punt 1 en punt 2 nie 
                             [Enige EEN]
                                                                                (1 + 2)          (3)

2.4      Gee die ruitverwysing/koördinate van punthoogte 1429 by punt R in blok E4
         op die topografiese kaart.

         25º41.1ʹS 28º33.6ʹO  / 25º41ʹ06ʺS 28º33ʹ35ʺO 
                                                                                   (2 x 1)       (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na die gebied vanaf K in blok F1 tot J in blok E2 en beantwoord die
         vrae wat volg.

         3.1.1       Identifiseer die landvorm tussen K en J.

                     Vallei 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Benoem die tipe wind wat om 23:00 by die landvorm wat jy in
                     VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer het, sal voorkom.

                     Katabatiese/Hellingdalende wind/Bergbries 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.1.3       Gee 'n moontlike rede waarom geen plaasaktiwiteite by E in blok F1
                     voorkom nie.

                     Ryp sal gewasse in winter beskadig 
                     Die rivier kan oorstroming veroorsaak 
                     [Enige EEN]
                                                                                     (1 x 2)       (2)

3.2      Verwys na die riviere in blok H1 en H2 en blok H3 en H4 op die topografiese
         kaart. Hierdie riviere vloei in teenoorgestelde rigtings.

         3.2.1       Noem die rigting waarin die rivier in blok H1 en H2 vloei.

                     Wes 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.2.2       Noem die rigting waarin die rivier in blok H3 en H4 vloei.

                     Oos 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.2.3       Verduidelik die verskil in vloeirigting van die twee riviere wat in
                     VRAAG 3.2.1 en 3.2.2 geïdentifiseer is.

                     Rug/hoogliggende gebied vorm 'n waterskeiding tussen die twee
                     rivierstelsels 
                                                                             (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Memorandum

3.3      Die gholfbaan by punt 4 op die ortofotokaart kan as 'n groengordel-area
         beskou word. Behalwe vir ontspanningsgebruik, verduidelik TWEE ander
         positiewe gevolge wat dit op die residensiële gebied by punt 9 sal hê.

         Skep buffersone tussen residensiële gebied 9 en die mynbougebied 
         Estetiese waarde/maak die gebied beter lyk 
         Verhoog suurstofvoorsiening 
         Verminder besoedeling 
         Verminder temperature 
         [Enige TWEE. Aanvaar ander redelike antwoorde.]
                                                                            (2 x 2)              (4)

3.4      Infrastruktuur is belangrik vir mynbou. Verwys na die Premier-diamantmyn op
         die ortofotokaart om die vrae wat volg te beantwoord.

         3.4.1       Noem TWEE tipes infrastruktuur wat deur die Premier-diamantmyn
                     gebruik word.

                     Paaie 
                     Spoorlyne 
                     Vervoerband 
                     Dam 
                     Reservoirs 
                     Kraglyne 
                     [Enige TWEE]                                                   (2 x 1)      (2)

         3.4.2       Verduidelik waarom die infrastruktuur wat jy in VRAAG 3.4.1
                     genoem het, van belang is vir die Premier-diamantmyn.

                     Paaie – vervoer van grondstof/masjinerie wat gebruik word 
                     Spoorlyne – vervoer van grondstowwe/masjinerie wat gebruik
                     word 
                     Vervoerband – skuif materiaal van een plek na 'n ander binne die
                     myn 
                     Dam/Reservoirs – verskaf water vir verkoelingstelsels in die myn 
                     Kraglyne – verskaf energie/elektrisiteit 
                     [Enige TWEE. Aanvaar ander redelike antwoorde.]
                                                                                   (2 x 2)       (4)

         3.4.3       Evalueer die impak van die Premier-diamantmyn op die stedelike
                     uitbreiding van Cullinan.

                     Dit beperk stedelike uitbreiding weswaarts 
                                                                                   (1 x 2)       (1)

3.5      Vind die vullisverwyderingsterrein in blok E2 en E3.

         3.5.1       Identifiseer die grondgebruiksone waarin die vullisstortingsterrein
                     geleë is.

                     Landelik-stedelike oorgangsone 
                                                                                   (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

         3.5.2       Waarom is die vullisstortingsterrein geleë in die grondgebruiksone
                     wat jy in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer het?

                     Veroorsaak slegte reuke wat onaangenaam vir mense is 
                     Dit is ver van residensiële gebiede 
                     Rotte broei in afval 
                     Siektes broei hier 
                     [Enige EEN. Aanvaar ander redelike antwoorde.]
                                                                                 (1 x 2)       (2)

         3.5.3       Wat het die plaaslike regering gedoen om die estetiese werking
                     (voorkoms) van die gebied rondom die vullisstortingsterrein te
                     verbeter?

                     Die plaaslike regering het bome geplant 
                                                                                 (1 x 2)       (2)
                                                                                               [25]

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Verwys na die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is en
         beantwoord die vrae wat volg oor afstandwaarneming.

         4.1.1       Definieer die konsep afstandwaarneming.

                     Versameling van inligting oor die aarde- en see-oppervlaktes met
                     sensors bo die aarde met toestelle soos satelliete 
                     [Konsep]                                                  (1 x 1)         (1)

         4.1.2       Sal 'n omgewingsbewuste        persoon    aktiewe   of   passiewe
                     afstandwaarneming gebruik?

                     Aktiewe afstandwaarneming 
                                                                                 (1 x 1)       (1)

         4.1.3       Hoe kan afstandwaarneming omgewingsbewustes help om die
                     impak van die Premier-diamantmyn op die natuurlike omgewing te
                     evalueer?

                     Analise van die impak van plantegroeiverwydering deur mynbou
                     deur gebiede ruimtelik te beskou 
                     Kan vroeëre en huidige impak van mynbou op fauna en flora
                     vergelyk deur ruimtelike gebiede te analiseer 
                     Kan bepaal hoe waterkwaliteit beïnvloed word deur spektorale
                     resolusie te analiseer 
                     Kan analiseer hoe biodiversiteit beïnvloed word deur ruimtelike
                     gebiede te analiseer 
                     (Enige TWEE. Aanvaar ander redelike antwoorde.)
                                                                              (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   11                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

         4.1.4       Verduidelik EEN maatreël wat die Premier-diamantmyn kan
                     aanwend deur GIS te implementeer om die negatiewe impak wat dit
                     op die natuurlike omgewing het, te verminder.

                     Gebruik bufferskepping       om    te   bepaal   waar    mynbou     kan
                     plaasvind 
                                                                                      (1 x 2)     (2)

4.2      Verwys na rivier F in blok H5 en G5 op die topografiese kaart en beantwoord
         die vrae wat volg.

         4.2.1       Definieer die begrip attribuutdata.

                     Verdere inligting van 'n gebied addisioneel tot die ligging daarvan 
                     [Konsep]
                                                                                      (1 x 1)     (1)

         4.2.2       Noem TWEE attribute van die rivier (F) in blok H5 en G5.

                     Dit het twee nie-standhoudende sytakke 
                     Dit vloei noordwaarts 
                     Dit vloei oor 'n plat oppervlak 
                     Die rivier het 'n kronkelende loop 
                     [Enige TWEE]
                                                                                      (2 x 1)     (2)

         4.2.3       Noem EEN gebruik van die rivier in blok H5 en G5.

                     Water vir landbou 
                     Word as 'n voor gebruik 
                     Vir huishoudelike gebruik 
                     [Enige EEN]
                                                                                      (1 x 1)     (1)

4.3      Datamanipulasie verwys na data wat tot bruikbare inligting verwerk en
         aangepas word. 'n Primêre bron/data word gemanipuleer om 'n sekondêre
         bron/data te skep.

         4.3.1       Is die ortofotokaart 'n voorbeeld van 'n primêre of 'n sekondêre
                     bron?

                     Sekondêr 
                                                                                      (1 x 1)     (1)

         4.3.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.1.

                     Inligting soos kontoerlyne, verskynsels en plekke word op 'n
                     vertikale lugfoto bygevoeg 
                                                                            (1 x 2)               (2)
                                                                                                  [15]

                                                                                  TOTAAL:         75
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [Geography P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P1 Feb March 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2015-addendum-eng/994a2232-d6e8-43e0-9b59-27ff84286fee) — Geography · Addendum · 2015 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-eng/0f565421-a16f-4c91-aa1d-1a60c42738ff) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [Geography P1 June July 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-memo-eng/2ae1fd3d-9cad-439b-acb8-6e6016d199a3) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [Geography P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-memo-eng/f28e6f7d-3655-469b-a7b4-51c7f834ce53) — Geography · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
