# Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V2

                            FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 75

                     Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN.

2.       Ortofotokaart 3126 DD 13 QUEENSTOWN.

3.       LET WEL:       Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                        word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3126DD
         QUEENSTOWN) en 'n ortofotokaart (3126 DD 13 QUEENSTOWN) van 'n
         gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk
         en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
         NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
         hiervoor toegeken word.

7.       Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.       Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                           AFRIKAANS
          Aerodrome                         Vliegveld
          Caravan Park                      Karavaanpark
          College                           Kollege
          Diggings                          Uitgrawings
          Golf Course                       Gholfbaan
          Gorge                             Ravyn (Kloof)
          Holiday Resort                    Vakansieoord
          Purification Plant                Watersuiweringsaanleg
          River                             Rivier
          Sewage Works                      Rioolwerke
          Yacht Club                        Seiljagklub

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

                      ALGEMENE INLIGTING OOR QUEENSTOWN

                                                  • QUEENSTOWN

Koördinate: 31°54'S 26°53'O

Queenstown is 'n dorp in die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit lê aan die Komanirivier, wat
deel van die Groot-Keirivierstelsel uitmaak. Queenstown het 'n verfrissende klimaat en
oorvloedige watervoorraad uit die omliggende ruwe berge. Die water word opgegaar in
die Bonkolo-dam (die naam is onlangs vanaf Bongolo-dam verander), wat tussen die
heuwels geleë is. Die dam word op groot skaal vir ontspanning en watersport gebruik.
Naby Queenstown is 'n natuurreservaat (Lawrence de Lange Nature Reserve) met
talle wildsbokke, witrenosters en pragtige blomplante, asook panoramiese uitsigte
vanaf die bergpiek. Queenstown het ryk sandsteenlae wat deur kronkelende riviere op
die vloedvlakte afgeset is. Queenstown se uitleg weerspieël sy oorspronklike doel as 'n
verdedigingsvesting vir die grensgebied en het 'n baie ongewone uitleg. Daar is 'n
sentrale heksagonale gebied waarvandaan kanon- of geweervuur deur ses deurgange,
wat vanaf die middel uitloop, gerig kon word.

                            [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Queenstown, Eastern Cape]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                4                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3126DD
QUEENSTOWN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Queenstown is in die … geleë.

        A      Wes-Kaap
        B      Oos-Kaap
        C      Noord-Kaap                                                               
        D      Vrystaat                                                                        B
1.2     Die nommers 3126 in die kaartindeks verwys na …

        A      31' breedtegraad en 26' lengtegraad.
        B      26' breedtegraad en 31' lengtegraad.
        C      26° breedtegraad en 31° lengtegraad.
        D      31° breedtegraad en 26° lengtegraad.
                                                                                              D
1.3     Die rigting vanaf peilbaken 60 in blok F1 vanaf punthoogte 1076 in blok J1 op
        die topografiese kaart is …

        A      noordwes.
        B      oos-noordoos.
        C      noord.
        D      noord-noordoos.
                                                                                        
                                                                                               D
1.4     Watter verskynsel dui aan dat grondwater in I6 aangetref word?

        A      Dam
        B      Reservoir
        C
        D
               Windpomp
               Niestandhoudende rivier
                                                                                              C

1.5     Die hoek waarteen die sytakke by die hoofstroom in C1 op die topografiese
        kaart aansluit, toon aan dat die algemene vloeirigting van die stroom … is.

        A      weswaarts
        B      noordwaarts
        C
        D
               ooswaarts
               suidwaarts
                                                                                              A

1.6     Die hoogte van die indeks-kontoerlyn in blok B10 op die topografiese kaart is
        … meter.

        A      1 095
        B      1 100
        C
        D
               1 160
               1 200
                                                                                              D
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

1.7     Gebied 1 op die ortofotokaart het 'n … straatpatroon.

        A      onbeplande onreëlmatige
        B      ruit-
        C      radiaal konsentriese
        D      beplande onreëlmatige
                                                                                           
                                                                                                  C
1.8     Die dreineerpatroon in blok C9/10 en D9/10 op die topografiese kaart is 'n
        … patroon.

        A      parallelle
        B      sentripetale
        C      radiale
        D      tralie-
                                                                                           
                                                                                                  C
1.9     Wat is die stroomorde by punt X in blok D9?

        A      3
        B      2
        C      1
        D      4
                                                                                           
                                                                                                  B
1.10    Die landvorm by R in blok I4 op die topografiese kaart is 'n …

        A      pas.
        B      saal.
        C      kloof/ravyn.
        D      uitloper.
                                                                                                 C
1.11    Die skaduwees van die bome by 16 op die ortofotokaart is aan die
        suidoostekant, wat daarop dui dat die foto om … geneem is.

        A      08:00
        B      16:00
        C      10:00
        D      14:00
                                                                                           
                                                                                                  D
1.12    Die hoof primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is …

        A      bosbou.
        B      landbou.
        C
        D
               mynbou.
               visvang.
                                                                                                 B

1.13    Bowkerskop, geleë tussen punt 7 en 8 op die ortofotokaart, is 'n …

        A      mesa/tafelberg.
        B      cuesta.
        C      spitskop.
        D      butte/tafelkop.
                                                                                           
                                                                                                  C
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  6                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

1.14    Die hoof sigbare faktor wat landbou in blok A3 op die topografiese kaart
        beperk, is ...

        A      besoedeling.
        B      ontbossing.
        C      erosie.
        D      oorbeweiding.
                                                                                    
                                                                                           C
1.15    Identifiseer verskynsel 14 op die ortofotokaart.

        A      Ophoping/Oewerwal
        B      Mynhoop
        C      Uitgrawing
        D      Deurgrawing
                                                                                    
                                                                                           C
                                                                         (15 x 1)         [15]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   7                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Bereken die magnetiese peiling van punthoogte 1200 (blok H5) vanaf
         peilbaken 203 in blok G6 op die topografiese kaart.

         Formule:
         Magnetiese peiling = ware peiling + huidige magnetiese deklinasie

         Ware peiling:                         223° 

         Verskil in jare:                     2016 – 2002 = 14 jaar 

         Gemiddelde jaarlikse verandering: 11'W

         Totale verandering:                   14 x 11' W = 154' W (2°34'W) 

         Magnetiese deklinasie vir 2016:       24°16' W +2° 34' W 
                                               = 26°50'Wes van Ware Noord

         Magnetiese peiling vir 2016:          223°+ 26°50' = 249°50' 

         Speling: (248°01' - 250°01')                                             (6 x 1)        (6)

2.2      Verwys na ontspanningsgebied S op die topografiese kaart en 11 op die
         ortofotokaart.

         2.2.1       Bereken die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die
                     topografiese kaart in m2. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                     berekeninge toegeken word.

                     Formule: oppervlakte = lengte (L) x breedte (B)

                                          = (0,7 cm x 500)  (0,5 cm x 500) 
                                          = 350 m x 250 m 
                                          = 87 500 m2

                     Speling [60 000 m2 -120 000 m2]
                     [Aanvaar ander berekeningsmetodes]                           (4 x 1)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      8                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

         2.2.2       Die oppervlakte van ontspanningsgebied S op die topografiese kaart
                     is dieselfde as die oppervlakte van ontspanningsgebied 11 op die
                     ortofotokaart aangesien dit dieselfde plek is. Verduidelik waarom dit
                     groter vertoon op die ortofotokaart.

                     Die skaal van die ortofotokaart is 1 : 10 000 en die skaal van die
                     topografiese kaart 1 : 50 000 
                     Dit dui daarop dat die skaal van die ortofotokaart 5 keer groter as die
                     skaal van die topografiese kaart is en dit laat die ontspanningsgebied
                     groter op die ortofotokaart vertoon.                             (2 x 1)        (2)

2.3      Verwys na peilbaken 293 in blok D6 en peilbaken 187 in blok D7 en
         beantwoord die vrae wat volg.

         2.3.1       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen peilbaken 293 in blok D6 en
                     peilbaken 187 in blok D7. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                     berekeninge toegeken word.

                     Formule: gradiënt =        vertikale interval (VI)
                                             horisontale ekwivalent (HE)

                     VI = 1 468,9 m – 1 211,1 m              VI = 1 468,9 m – 1 211,1 m
                        = 257,8 m                              = 257,8 m 
                     HE = 3,2 cm x 500       OF              HE = 2,5 cm x 50 000
                                                                        100
                          = 1 600 m                             = 1 600 m 
                     G    = 257,8                            G = 257,8
                           1 600                                 1 600 
                          = 1                                   = 1
                            6.2                                   6,2
                          = 1 : 6,2                            = 1 : 6,2 

                     Speling [1 : 6 – 1 : 6,4]
                                                                                       (4 x 1)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     9                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

         2.3.2       Teken 'n diagram wat die gemiddelde gradiënt wat in VRAAG 2.3.1
                     bereken is, voorstel.

                     Diagram

                                                
                            1

                                          6,2
                                                                                       (2 x 1)         (2)

         2.3.3       Gee redes waarom die gradiënt wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, as
                     relatief steil beskou word.

                     Vir elke een vertikale eenheid  beweeg jy slegs 6,2 eenhede
                     horisontaal 
                     Styg met een eenheid  oor 'n kort afstand 
                     [Konsep]
                     [Enige EEN]                                            (2 x 1)                    (2)
                                                                                                       [20]

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Vind Bowkerskop in die suidoostelike gedeelte van die ortofotokaart. Die
         ortofotokaart toon duidelik 'n verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante
         van Bowkerskop.

         3.1.1       Noem, en definieer, die mikroklimatologiese verskynsel wat vir die
                     verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante van Bowkerskop
                     verantwoordelik is.

                     Klimatologiese verskynsel: Hellingrigting (Hellingaspek) 

                     Definisie:    Die ligting en rigting van die vallei-/heuwelhang in
                                   verhouding tot die sonstrale 
                                  [Konsep])                                      (2 x 1)               (2)

         3.1.2       Verduidelik hoe hierdie mikroklimatologiese verskynsel in
                     VRAAG 3.1.1 vir die verskil in plantegroeidigtheid aan weerskante
                     van Bowkerskop verantwoordelik is.

                     Hellings wat noordwaarts front, ondervind meer verdamping wat lei
                     tot minder grondvoginhoud en die plantegroeidigtheid is laer 
                                                      OF
                     Hellings wat suid front is in die skadusone van die koppie en sal
                     minder verdamping ondervind wat lei tot 'n hoër grondvoginhoud en
                     dus digter plantegroei                                       (1 x 2)            (2)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

3.2      Verwys na blok H1 op die topografiese kaart en beantwoord die volgende
         vrae:

         3.2.1       Benoem die stroomkanaalpatroon van die rivier in blok H1.

                     'n Kronkelende/meanderende stroomkanaalpatroon                  (1 x 1)        (1)

         3.2.2       Gee redes waarom die stroomkanaalpatroon in VRAAG 3.2.1 hier
                     ontwikkel het.

                     In H1 vloei dit oor 'n geleidelike helling  wat dit van kant tot kant
                     laat kronkel a.g.v. te veel energie                           (2 x 2)         (4)

         3.2.3       Verduidelik waarom laminêre vloei in blok H1 voorkom.

                     Die gradiënt is geleidelik 
                     Daar is 'n stuwal om vloei te beheer/te laat afneem 
                     Daar is 'n lae vloeisnelheid 
                     [Enige EEN]                                                     (1 x 2)         (2)

3.3      Bestudeer helling 12 en 13 op die ortofotokaart.

         3.3.1       Gee die vorm van elke helling, helling 12 en 13.

                     Helling 12: Eenvormig steil 

                     Helling 13: Konkaaf                                             (2 x 1)        (2)

         3.3.2       Benoem die landvorm wat deur helling 12 en 13 gevorm word.

                     (Homoklinale) Rug                                               (1 x 1)        (1)

3.4      Bestudeer die residensiële gebied Blue Rise in blok D5 en D6.

         Verduidelik hoe die grootte van die persele (stukke grond) en die ligging van
         Blue Rise daarop dui dat dit 'n hoë-inkomste residensiële gebied is.

         Groot persele (stukke grond)  
         Aan die buitewyke van die stad geleë  
         [Enige EEN]                                                                  (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   11                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

3.5      Queenstown word as 'n poortdorp geklassifiseer.

         3.5.1       Definieer die term poortdorp.

                     'n Dorpie wat by 'n poort/gaping tussen heuwels/berge voorkom 
                     [Konsep]                                                     (1 x 1)             (1)

         3.5.2       Noem EEN ekonomiese voordeel van die ligging van Queenstown.

                     Dit sal 'n stopplek vir mense wees wat deur die poort reis en dit sal
                     besigheid vir Queenstown inbring  (Kan voorbeelde gee bv. maak
                     vol met petrol en koop goedere.)
                     Meer besighede en beleggings word na die gebied gelok 
                     Dit sal meer werk skep vir mense wat in die gebied woon 
                     (Enige TWEE– Aanvaar ander relevante antwoorde)              (1 x 2)             (2)

         3.5.3       Noem EEN omgewingsnadeel van die ligging van Queenstown.

                     Katabatiese lugvloei lei tot lae temperature (rypholtes) snags 
                     Katabatiese lugvloei sal besoedelingsdeeltjies in die vallei bo
                     Queenstown vaskeer 
                     Baie verkeersvloei sal voorkom wat tot baie lugbesoedeling sal lei 
                     Toename in die hoeveelheid rommelbesoedeling 
                     Toename in geraasbesoedeling 
                     Kan tot omgewingsvernietiging lei 
                     [Enige EEN – Aanvaar ander relevante antwoorde]                 (1 x 2)          (2)

3.6      Jy is 'n dorps- en stadsbeplanner. Daar word van jou verwag om die
         Queenstown-gebied ten opsigte van sy toerismepotensiaal te evalueer.

         Waarom sou jy Queenstown as 'n toerismebestemming bemark?

         Dit het 'n natuurreservaat 
         Daar is damme vir ontspanning 
         Daar is baie ontspanningsentrums 
         Die heuwelagtige omgewing (estetiese waarde, ontspanning, staproetes)
         Het historiese waarde 
         [Enige TWEE]                                                        (2 x 1)                  (2)
                                                                                                      [25]

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Die ortofotokaart toon 'n hoë resolusie.

         4.1.1       Verduidelik die term resolusie.

                     Dit verwys na die detail en akkuraatheid van die beeld/foto 
                     [Konsep]                                                          (1 x 1)        (1)

         4.1.2       Gee 'n bewys dat die ortofotokaart 'n hoë resolusie het.

                     Alle verskynsels is duidelik                                     (1 x 1)        (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     12                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

         4.1.3       Waarom kan 'n mens sê dat die ortofotokaart 'n voorbeeld van
                     rasterdata is?

                     Dit is 'n foto en bestaan uit pixels/digitale blokkies           (1 x 1)        (1)

4.2      As gevolg van die toename in boerdery in blok A8 is die moontlike toename
         in erosie hoogs waarskynlik. Die plaaslike munisipaliteit kan
         afstandwaarneming gebruik om die invloed van erosie op die Bonkolo-dam te
         assesseer.

         4.2.1       Verduidelik die term afstandwaarneming.

                     Die versameling inligting van die Aarde oor 'n afstand, bv. met
                     satelliete 
                     [Konsep]                                                 (1 x 1)                 (1)

         4.2.2       Verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit afstandwaarneming sal
                     gebruik om die negatiewe invloed van die toenemende erosie op die
                     Bonkolo-dam te monitor.

                     Satelliete sal voortdurend foto's van die gebied op verskillende tye
                     neem 
                     Deur foto's te vergelyk kan die uitbreiding van die probleem
                     waargeneem word 
                     Foto's kan gebruik word om die invloed van erosie te ontleed 
                     [Enige TWEE – Aanvaar ander redelike antwoorde]               (2 x 2)            (4)

4.3      Jy het 'n keuse tussen TWEE standplase waarop jy 'n winkelsentrum moet
         bou; T in blok B3 en U in blok E7.

         4.3.1       Gee TWEE datalae, wat op die topografiese kaart sigbaar is, wat jy
                     sal gebruik om jou te help om jou keuse te maak.

                     Infrastruktuur/Die Nasionale Pad/N6 
                     Topografie/Gelyk grond 
                     Grondgebruik/Nader aan markgebied/Nader aan Queenstown/Nader
                     aan woongebiede/Oop ruimte 
                     [Enige TWEE]                                           (2 x 1)                   (2)

         4.3.2       Noem jou finale keuse.

                     U                                                                (1 x 1)
                                                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   13                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

4.4      Die boaansig-skets van 'n gedeelte van Queenstown hieronder is 'n
         voorbeeld van data-integrasie.

         4.4.1       Verduidelik die term data-integrasie.

                     Dit is die kombinasie van verskillende inligtingsbronne om 'n
                     eenheidsoorsig te gee 
                     [Konsep])                                               (1 x 1)          (1)

         4.4.2       Noem TWEE bronne wat gebruik sou kon word om inligting te bekom
                     om hierdie sketskaart saam te stel.

                     Topografiese kaart 
                     Ortofotokaart 
                     Satellietfoto's 
                     Lugfoto's 
                     [Enige TWEE]                                               (2 x 1)       (2)

         4.4.3       Noem EEN probleem wat 'n kartograaf kon ondervind het toe hy/sy
                     hierdie sketskaart saamgestel het.

                     Gebruik kaarte van verskillende skale 
                     Om die skaal korrek te kry 
                     Om die buitelyne van verskynsels reg te kry 
                     Gebruik kaarte met verskillende kaartprojeksies 
                     [Enige EEN]                                                (1 x 1)       (1)
                                                                                              [15]

                                                                            TOTAAL:           75

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAFIE P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-memo-sept2016-afr/b537ad57-18aa-4f62-a562-8a94b1629ddf) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P2 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-memo-afr/866f91a0-47f5-439b-b3e9-9f6d8f44bef4) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2016-memo-eng/9dde3cb5-b83e-497e-bc62-612e245f442a) — Geography · Memo · 2016 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [Geography P1 Feb March 2016 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2016-annexure-eng/84f91391-44f2-4687-8239-0a2ec8395d54) — Geography · Addendum · 2016 · Eng
- [2016 KZN June P2](https://www.hlayiso.com/library/2016-kzn-june-p2/3d318249-f780-43a0-a7e4-f30563af00ad) — Geography · QP · 2016

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
