# Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2017-afr/6e94e7c9-4d04-49ff-936a-67d006d1a89b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2017-afr/6e94e7c9-4d04-49ff-936a-67d006d1a89b)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                          GRAAD 12

                                    GEOGRAFIE V2

                               FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

        M     In     SM   In   DM    In    CM   In   IM    In   MC     EA   EX    RM         In
V1
V2

V3

V4
TOT

                          Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en
                                     1 bladsy vir rofwerk.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2729BD VOLKSRUST.

2.       Ortofotokaart 2729 BD 13 VOLKSRUST

3.       LET WEL:      Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2729BD VOLKSRUST) en 'n
         ortofotokaart (2729 BD 13 VOLKSRUST) van 'n gedeelte van die gekarteerde
         gebied voorsien.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
         rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
         losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
         hiervoor toegeken word.

7.       Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.       Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
         gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

10.      Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:
          ENGLISH                          AFRIKAANS
          Aerodrome                        Vliegveld
          Diggings                         Uitgrawings
          Furrow                           Voor
          Golf Course                      Gholfbaan
          Rifle Range                      Skietbaan
          River                            Rivier
          Sawmills                         Saagmeule
          Sewerage Works                   Rioolwerke
          Silos                            Graansuiers
          Weir                             Stuwal

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                              3                                   DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS

                      ALGEMENE INLIGTING OOR VOLKSRUST

Volksrust is 'n dorp in Mpumalanga op die grens van KwaZulu-Natal. Dit is 240 km
suidoos van Johannesburg geleë. Die dorp het belangrike beesvleis-, melk-, mielie-,
sorghum-, wol- en sonneblomsaadnywerhede. Volksrust het 'n gemiddelde jaarlikse
reënval van 648 mm, met die laagste reënval (1 mm) in Julie en die hoogste reënval
(117 mm) in Januarie. Die meeste reën val in die somer. Die gemiddelde
middagtemperatuur vir Volksrust wissel van 15,9 °C in Junie tot 24,3 °C in Januarie.
Junie is die koudste tydperk, wanneer die kwik snags tot 'n gemiddeld van 0,5 °C kan
daal.

                                               [Bron: Eksaminator se kaart]
                                    FIGUUR 1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  4                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2729BD VOLKSRUST) en
op die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Volksrust is in … geleë.

        A      die Vrystaat
        B      KwaZulu-Natal
        C      Gauteng
        D      Mpumalanga

1.2     Die    foto-indeks/-kode van          die   ortofotokaart   noordwes      van
        2729 BD 13 VOLKSRUST is …

        A      2729 BD 9.
        B      2729 BD 8.
        C      2729 BD 7.
        D      2729 BD 12.

1.3     Die rigting van punthoogte 1634 in blok H6 vanaf punthoogte 1671 in blok H7
        op die topografiese kaart is …

        A      suid-suidwes.
        B      suidwes.
        C      wes-suidwes.
        D      wes.

1.4     Volksrust is 'n …

        A      konurbasie.
        B      dorp.
        C      metropool.
        D      megalopolis.

1.5     Volksrust kan as 'n … beskou word.

        A      gespesialiseerde dorp
        B      sentraleplek-dorp
        C      mynbougebied
        D      slaapdorp

1.6     Die verskynsel wat by 27°20.2'S 29°54.4'O/27°20'12''S 29°54'24''O aangetref
        word, is 'n …

        A      ander pad.
        B      dam.
        C      ry bome.
        D      uitgrawing.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.7     Die hoogte by X in blok F8 op die topografiese kaart is … meter.

        A      1 720
        B      1 740
        C      1 700
        D      1 760

1.8     Die verskynsel in blok B3 wat spesifiek ontwikkel is om die vloei van water in
        die rivier te beheer, is 'n …

        A      opgaardam.
        B      reservoir.
        C      windpomp.
        D      stuwal.

1.9     Die … by W in blok J5 dui daarop dat verjonging plaasgevind het.

        A      rivierterras
        B      ingekerfde rivierkronkel
        C      knakpunt
        D      windsaal

1.10    Die algemene vloeirigting van die Buffelsrivier in blok J5:

        A      Noord
        B      Noord-noordoos
        C      Oos-suidoos
        D      Suid-suidoos

1.11    Die mensgemaakte verskynsel by 7 op die ortofotokaart:

        A      Park
        B      Gholfbaan
        C      Begraafplaas
        D      Skool

1.12    Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart:

        A      Dam
        B      Waterwerke
        C      Reservoir
        D      Rioolwerke

1.13    In watter stedelike grondgebruiksone word die mensgemaakte verskynsel by
        2 op die ortofotokaart aangetref?

        A      Oorgangsone
        B      Landelik-stedelike oorgangsone
        C      Lae-inkomste residensiële gebied
        D      Swaarnywerheidsgebied

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

1.14    Die reguitlyn-afstand tussen 4 en 9 op die ortofotokaart is … kilometer.

        A      1,32
        B      6,6
        C      1,4
        D      7

1.15    Verskynsel 11 op die ortofotokaart kan as bome geïdentifiseer word op grond
        van die …

        A      gladde voorkoms.
        B      growwe tekstuur.
        C      grys kleur.
        D      onreëlmatige vorm.
                                                                                   (15 x 1)      [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  7                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Verwys na die gemiddelde magnetiese deklinasie/afwyking               op    die
         topografiese kaart en beantwoord die vrae wat volg.

         2.1.1        Bereken die huidige magnetiese deklinasie/afwyking vir Volksrust.
                      Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                      Verskil in jare: _________________________________________

                                    _________________________________________

                      Gemiddelde jaarlikse verandering: ________________________

                      Totale verandering: _____________________________________

                                          _____________________________________

                      Magnetiese deklinasie vir 2017: ___________________________

                                                      ___________________________
                                                                            (5 x 1)            (5)

         2.1.2        Noem die invloed wat die verandering in magnetiese
                      deklinasie/afwyking vanaf 2010 tot 2017 op die rigting van die
                      magnetiese noord en die hoek tussen ware noord en magnetiese
                      noord sal hê.

                      Rigting: ______________________________________________

                              ______________________________________________

                      Hoek: ________________________________________________

                            ________________________________________________
                                                                       (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

2.2      Verwys na punt 1 en 10 op die ortofotokaart.

         2.2.1        Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt 1 en 10 op die
                      ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
                      toegeken word.

                                               vertikale interval (VI)
                      Formule: Gradiënt =
                                            horisontale ekwivalent (HE)

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (5 x 1)                    (5)

         2.2.2        Is die gemiddelde gradiënt tussen punt 1 en 10 steil of geleidelik?
                      Ondersteun jou antwoord met bewyse vanaf die ortofotokaart.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 + 1)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  9                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

2.3      Verwys na die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is en
         wat die gebied voorstel wat deur die ortofotokaart gedek word.

         2.3.1        Bereken die oppervlakte van die afgebakende gebied in km². Toon
                      ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                      Formule: Oppervlakte = lengte x breedte

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (5 x 1)                    (5)

         2.3.2        Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is,
                      stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.
                      Waarom lyk die verskynsels op die ortofotokaart groter as dieselfde
                      verskynsels op die topografiese kaart?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na blok B2.

         3.1.1        Wat is die doel van die voorbrand in blok B2?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)

         3.1.2        Verduidelik waarom hierdie voorbrande veral in Julie nodig is.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                    (2)

         3.1.3        Identifiseer 'n mensgemaakte dreineerverskynsel in blok B2 wat
                      gebruik kan word om brande te blus.

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)

         3.1.4        Identifiseer die ekonomiese sektor wat die meeste deur veldbrande
                      in blok B2 beïnvloed sal word. Gee 'n rede vanaf die topografiese
                      kaart om jou antwoord te ondersteun.

                     Ekonomiese sektor:     ___________________________________

                     Rede:      ____________________________________________

                                ____________________________________________
                                                                       (1 + 2)                   (3)

3.2      Verwys na blok D8 en H5 op die topografiese kaart. Gee 'n rede waarom daar
         'n moeras en vleiland in blok D8, maar nie in blok H5 nie, voorkom.

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (1 x 2)                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  11                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

3.3      Verwys na blok D8 en D9 wat 'n moeras en vleiland en bewerkte grond toon.

         3.3.1        Verduidelik hoe die moeras en vleiland die ligging van die bewerkte
                      grond beïnvloed het.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                    (2)

         3.3.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                    (2)

3.4      Verwys na die Volksrust stedelike gebied op die topografiese en ortofotokaart.

         3.4.1        Die Burgess konsentriese model en die Hoyt-sektormodel is twee
                      voorbeelde van stedelike struktuurmodelle. Watter EEN van dié
                      twee modelle vergelyk die beste met die Volksrust stedelike
                      gebied?

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)

         3.4.2        Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                    (2)

         3.4.3        Stedelike uitbreiding van die Volksrust stedelike gebied word in 'n
                      suidelike rigting beperk, al is daar genoeg ruimte daarvoor. Wat is
                      die hoofrede hiervoor?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  12                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

3.5      Mielies is een van die landbouprodukte waarmee in die Volksrust-gebied
         geboer word.

         3.5.1        Verwys na die inligting op bladsy 3 en sê hoe die verspreiding van
                      reënval deur die jaar die mieliebedryf in die Volksrust-gebied
                      bevorder.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                   (1)

         3.5.2        Noem EEN ekonomiese geregtigheid (voordeel)               wat   die
                      mieliebedryf vir die inwoners van Volksrust geskep het.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                   (2)

         3.5.3        Beskryf 'n omgewingsongeregtigheid (skade aan die natuurlike
                      omgewing) wat deur mielieboerdery veroorsaak word.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                   (2)

         3.5.4        Verduidelik 'n maatreël wat die regering kan instel om
                      mielieboerdery in die boomlandskap-gebied in blok C2 te voorkom.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                   (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  13                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Verwys na die beeld hieronder.

         4.1.1        Watter GIS-metode is deur die satelliet hierbo gebruik om inligting
                      in te samel?

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)

         4.1.2        Data wat deur 'n satelliet ingesamel word, is nie altyd
                      gebruikersvriendelik nie. Watter GIS-proses word gebruik om te
                      verseker dat data deur alle mense gebruik kan word?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                    (1)

         4.1.3        Beelde van die satelliet is gebruik om die topografiese kaart saam
                      te stel. Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse topografiese kaarte
                      gestandaardiseer word.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                      (2 x 2)                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

4.2       Beantwoord VRAAG 4.2.1 in die blokkies hieronder.

                            DREINEERLAAG             GRONDGEBRUIKLAAG

          4.2.1       Teken EEN voorbeeld van die volgende lae in blok G8 in die
                      blokkies hierbo. Gebruik die korrekte konvensionele tekens
                      (kaarttekens).

                      (a)    Dreineerlaag as 'n lynverskynsel

                      (b)    Grondgebruik as 'n poligoon- of oppervlakteverskynsel
                                                                                  (2 x 1)       (2)

         4.2.2       Identifiseer EEN attribuut van die dreineerlaag in blok G8.

                     ______________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                   (1)

          4.2.3       Noem EEN voordeel van enkel-datalaagkaarte.

                     ______________________________________________________

                     ______________________________________________________
                                                                      (1 x 2)                   (2)

4.3      Die dorp se stads- en streeksbeplanner wil die gholfbaan (7 op die
         ortofotokaart) uitbrei. Hoe kan hy/sy GIS gebruik om op die geskikste gebied
         vir die ontwikkeling te besluit?

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (2 x 2)                       (4)
                                                                                                [15]

                                                                                   TOTAAL:      75

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Grade 12 NSC Geography P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-preparatory-2017-question-paper/f10c44af-c6b5-46ce-8b6c-6feb8886e190) — Geography · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P2 May June 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-afr/f012c241-aded-4c7e-abe0-eb05d080d393) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-eng/0f565421-a16f-4c91-aa1d-1a60c42738ff) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [Geography P1 Feb March 2017 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-annexure-afr/81849509-906c-40aa-b003-95dc067a7783) — Geography · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
