# Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    GEOGRAFIE V2

                               FEBRUARIE/MAART 2018

                                    NASIENRIGLYNE

PUNTE: 75

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 2                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2627CD PARYS

2.       Ortofotokaart 2627 CD 19 PARYS

3.       LET WEL:       Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                        word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS) en 'n
         ortofotokaart (2627 CD 19 PARYS) van 'n gedeelte van die gekarteerde
         gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
         rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
         losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van
         toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

7.       Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
         GEEN punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word NIE.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.

9.       Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
         gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

10.      Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                            AFRIKAANS
          Aerodrome                          Vliegveld
          Caravan Park                       Karavaanpark
          Diggings                           Uitgrawings
          Golf Course                        Gholfbaan
          Gap                                Poort
          Holiday Resort                     Vakansieoord
          Island                             Eiland
          Purification Plant                 Watersuiweringsaanleg
          River                              Rivier
          Sewage Works                       Rioolwerke
          Woodlands                          Beboste Gebied
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

                        ALGEMENE INLIGTING OOR PARYS

Parys is 'n dorp in die Vrystaat in Suid-Afrika. Dit lê aan die oewer van die Vaalrivier
ongeveer 115 km suid van Johannesburg. Die voltooiing van die spoorlyn na Parys in
1905 het Parys skielik meer toeganklik vir die publiek gemaak en dit het weer daartoe
gelei dat die dorp as 'n vakansieoord en nywerheidsentrum gegroei het. Baie
kunstenaars het hulle in die dorp gevestig en die verskeidenheid nuwe, interessante
winkels en besienswaardighede maak dit die ideale wegbreek van Gauteng en ander
groot sentrums. Parys is in die Vredefortkoepel-wêrelderfenisterrein geleë. Die
Vredefortkrater is die grootste erkende impakkrater op Aarde. Die Vredefortkoepel is
by die lys van UNESCO se Wêrelderfenisterreine gevoeg as gevolg van die geologiese
belang daarvan.

                                               PARYS     .

Koördinate: 26°54'S 27°27'O

                           [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Parys, South Africa, Freestate]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 4                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS), sowel as
die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.

1.1     Die provinsiale grens wat op die topografiese kaart aangetref word, skei die
        Vrystaat en …

        A      Noord-Kaap.
        B      Gauteng.
        C      KwaZulu-Natal.
        D      Mpumalanga.

1.2     Die topografiese kaartindeks suidoos van Parys is …

        A      2727AB.
        B      2727AD.
        C      2627DC.
        D      2727BA.                                                                           D
1.3     Die verskil in hoogte tussen peilbaken 99 en punthoogte 1532 in blok B9 is …
        meter.

        A      1 433
        B      1 685,3
        C      153,3
        D      1 532                                                                             C
1.4     Die ware peiling van die windpomp in blok F4 vanaf punthoogte 1474 in
        blok E6 is …

        A      120°
        B      240°
        C      60°
        D      200°                                                                              B
1.5     Die algemene rigting waarin die niestandhoudende rivier in blok J8 vloei,
        is …

        A      suid.
        B      oos.
        C      noord.
        D      wes                                                                               A
1.6     Die ruitverwysing/koördinate van die uitgrawings in blok J5 is …

        A      26°56ʹ42ʺO 27°24ʹ30ʺS/26°56,7ʹO 27°24,5ʹS.
        B      26°56ʹ30ʺS 27°24ʹ42ʺO/26°56,5ʹS 27°24,7ʹO.
        C      26°56ʹ42ʺS 27°24ʹ30ʺO/26°56,7ʹS 27°24,5ʹO.
        D      26°56ʹ30ʺO 27°24ʹ42ʺS/26°56,5ʹO 27°24,7ʹS.                                        C
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

1.7     Die gebied by P in blok H7 het 'n hoër temperatuur as gebied Q in blok J3 as
        gevolg van die …

        A      kunsmatige oppervlakke.
        B      hellingsaspek.
        C      termiese gordel.
        D      rivier se invloed.                                                                A
1.8     Die vernaamste primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is …

        A      mynbou.
        B      bosbou.
        C      vissery.
        D      landbou.                                                                          D
1.9     Die landvorm wat deur lyn 8 op die ortofotokaart voorgestel word, is 'n …

        A      kloof.
        B      uitloper.
        C      vallei.
        D      poort.                                                                            B
1.10    Die nasionale hoofweg (N1) word …-straat waar dit deur die dorp Parys loop.

        A      Sciffier
        B      Allenby
        C      Breë
        D      Eike             .                                                                C
1.11    Die mensgemaakte verskynsel by 10 op die ortofotokaart is 'n …

        A      mynhoop.
        B      uitgrawing.
        C      dam.
        D      steengroef.                                                                      B/D
1.12    Die hoofrede vir die lineêre vorm van die nedersetting by S in blok I5 is die …

        A      pad.
        B      heining.
        C      grens.                                                                            D
        D      rivier.

1.13    Parys kan as 'n … -nedersetting beskou word.

        A      mynbou
        B      deurgangs
        C      opvoedkundige
        D      brug                                                                              D

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

1.14    Die dreineerpatroon in blok J3 is 'n ... patroon.

        A      tralie-
        B      dendritiese
        C      reghoekige
        D      radiale
                                                                                                 B
1.15    Waar die stroom in blok J8 by X in die dam vloei, is dit 'n …-orde stroom.

        A      eerste
        B      tweede
        C      derde
        D      vierde
                                                                                                 B
                                                                                 (15 x 1)       [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1     Bereken, in km2, die oppervlakte van die gebied wat met ROOI uitgelig is, wat
        die gebied aandui wat deur die topografiese kaart gedek word. Toon ALLE
        berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

        Formule: Oppervlakt e  lengte  breedte

                  = (9.9  cm x 0.5 km) (7.4  cm x 0.5 km) [9.8 – 10] [7.3 – 7.5]
                  = 4.95  km x 3.7 km [4.9 km – 5.0 km] [3.65 km – 3.75 km]
                  = 18.32 km2 
        Speling: [17.89 km2 – 18.75 km2]                                         (5 x 1)         (5)

2.2     Verwys na lyn 11–12 op die ortofotokaart wat 'n staproete min of meer volg.

        2.2.1   Bereken die gemiddelde gradiënt tussen 11–12. Toon                  ALLE
                berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                         vertikale interval (VI)
                Formule: Gradiënt 
                                      horisontal e ekwivalent (HE)

                VI     = 1 400 m – 1 380 m                    V = 1 400 m – 1 380 m
                       = 20 m                                  = 20 m 

                HE     = 10.3 cm  x 100              OF   HE = 10.3 cm x 10 000
                                                                      100
                       = 1 030 m                             = 1 030 m 
                       [Maatspeling: 10.2 cm – 10.4 cm]
                       [Afstandspeling: 1 020 m – 1 040 m]
                G      = 20_                                 G = 20
                         1 030    (Vir korrekte vervanging)     1 030 
                       = 1                                     =      1
                          51.5                                       51.5
                       = 1 : 51.5/1 in 51.5                   = 1 : 51.5/1 in 51.5 

                Variasiewydte [1 : 51 – 1 : 52]                                    (5 x 1)       (5)

        2.2.2   Gee bewyse vanaf die ortofotokaart om te toon dat die gemiddelde
                gradiënt wat in VRAAG 2.2.1 bereken is, NIE 'n ware weerspieëling
                van die ware landskap is NIE.

                Die kontoerlyne tussen 11 en 12 is nie ewe ver uit mekaar uit nie 
                Die verskille in die afstand tussen die kontoerlyne toon veranderinge in
                die gradiënt 
                Vanaf 11 begin dit baie geleidelik en daarna word dit steiler soos wat
                daar na 12 toe beweeg word/Kontoerlyne by 11 is vêr uitmekaar en
                naby aan mekaar by 12 
                Tussen 11 en 12 is die helling konkaaf 
                 [Enige TWEE]                                                     (2 x 1)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

        2.2.3   Die staproete word vir beginnerstappers aanbeveel. Gee EEN rede wat
                in jou antwoord op VRAAG 2.2.1 duidelik is om hierdie stelling te
                ondersteun.

                Die gemiddelde gradiënt is geleidelik/nie steil nie/1 : 51.5 
                Vir elke 51.1 m wat mens vorentoe beweeg styg jy by 1 m 
                [Enige EEN]                                                        (1 x 1)       (1)

2.3     Verwys na die inligting oor die magnetiese deklinasie van Parys wat op die
        topografiese kaart voorkom.

        2.3.1   Bereken die magnetiese deklinasie van Parys vir 2018. Toon ALLE
                berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                Verskil in jare: 2018 – 2011= 7 jaar 

                Gemiddelde jaarlikse verandering: 2' W 

                Totale verandering: 7 x 2' W = 14' W 

                Magnetiese deklinasie vir 2018: 18 º52' W +  14' W
                                                = 19 º06' Wes van Ware Noord 
                                                                            (5 x 1)              (5)

        2.3.2   Vergelyk die magnetiese deklinasie vir 2018 met die magnetiese
                deklinasie vir 2011 en dui aan watter een die grootste is.

                2018 is groter 
                19⁰ 06’W is groter as 18⁰ 52’W 
                [Enige EEN]                                                        (1 x 1)       (1)

        2.3.3   Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2.

                Die jaarlikse gemiddelde verandering is weswaarts 
                Die hoek tussen Ware Noord en Magnetiese Noord het vanaf Maart
                2011 vergroot 
                Soos wat die jare verloop, moet mens by die magnetiese peiling tel 
                Die gemiddelde jaarlikse verandering vanaf 2011 moet bygestel word
                wat dit groter maak 
                [Enige EEN]                                                     (1 x 1)          (1)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1     Verwys na blok B2.

        3.1.1   Noem die klimatologiese faktor wat die ligging van die beboste gebied
                (plantasie) in blok B2 beïnvloed het.

                Hellingsaspek/Helling front suidwaarts                            (1 x 1)      (1)

        3.1.2   Verduidelik hoe die klimatologiese faktor wat in VRAAG 3.1.1 genoem
                is, die groei van die bome in die beboste gebied bevoordeel.

                Minder verdamping uit die grond 
                Grondvoginhoud is hoër 
                Minder direkte sonlig (skadusone) 
                Helling is koeler 
                [Enige TWEE]                                                       (2 x 2)      (4)

        3.1.3   Evalueer hoe topografie die ligging van die beboste gebied in blok B2
                beïnvloed het.

                Beboste gebiede/plantasie kan teen steil hellings voorkom 
                Die afkap van bome kan teen steil hellings voorkom 
                [Enige EEN]                                                        (1 x 2)      (2)

3.2     Verwys na die rivierkronkel/meander en helling 13 en 14 op die ortofotokaart.

        3.2.1   Benoem die hellings van rivierkronkel 13 en 14 onderskeidelik.

                Helling 13: Gly-/stil-/konvekse-/afsettings-/deposisie-/binne-oewer 

                Helling 14: Stootoewer/konkawe/erosie-/buite-oewer                (2 x 1)      (2)

        3.2.2   Verduidelik hoe helling 13 Grooteiland kon laat groter word het.

                By helling 13/die gly-oewer het afsetting plaasgevind wat Grooteiland
                in grootte kon laat toeneem 
                Die konstante opbou van sediment teen helling 13 
                [Enige EEN]                                                      (1 x 2)        (2)

        3.2.3   Bespreek waarom die geomorfologiese aktiwiteit by helling 14 kan
                veroorsaak dat die inwoners van die nedersettings langs die rivier in
                die toekoms voorsorgmaatreëls sal moet tref om hulle eiendomme te
                beskerm.

                Teen helling 14/die stootoewer vind erosie/ondergrawing plaas en die
                rivieroewer kan in die rivier ineen stort                    (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                10                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

3.3     Verwys na die straatpatrone by P en by T in blok H7 en I9.

        3.3.1   Benoem die oorheersende straatpatrone by P en T.

                P: Ruit/Rooster/Reghoekig 

                T: (Beplan) Onreëlmatig                                                    (2 x(2)
                                                                                                 1)

        3.3.2   Sal gebied P of gebied T meer verkeersopeenhopings ervaar?
                Gee 'n rede vir jou antwoord.

                Antwoord: T 

                Rede:    Toeganklikheid in en uit na en vanaf T is beperk 
                         Net 'n paar paaie verbind gebied T met die omliggende
                         gebiede 
                         Baie paaie sluit bymekaar aan oor klein afstande 
                         Daar is meer kruisings in gebied T 
                         P is meer toeganklik 
                         Meer paaie verbind P met die omliggende gebiede 
                         Paaie sluit oor groter afstande bymekaar aan 
                         Daar is minder kruisings in gebied P 
                         [Enige EEN]                                           (1 + 2)          (3)

3.4     Verwys na blok E1, F1 en F2 op die topografiese kaart. Verduidelik die rol van
        die bome wat op die oewer van die Vaalrivier aangetref word.

        Die bome stabiliseer die rivieroewers 
        Dit hou gronddeeltjies vas en verhoed gronderosie 
        Die bome help om oewerwalle op te bou wat oorstromings verminder 
        Skep van 'n buffersone 
        Verskaf skaduwee vir kampering, visvang, piekniek hou, ens. 
        Dien as windbreek om bewerkte lande te beskerm 
        [Enige EEN]                                                         (1 x 2)             (2)

3.5     Die Vredefortkoepel en -krater is toeristeaantreklikhede wat met die dorpie
        Parys verbind word. Evalueer die positiewe ekonomiese impak van die
        Vredefortkoepel en -krater op Parys se ekonomie.

        Dit is 'n Wêrelderfenisgebied wat internasionale toeriste na die gebied sal lok
        en dit sal besigheid in Parys verbeter 
        Toerisme en verbeterde besigheid (aanvaar voorbeelde) sal werks-
        geleenthede skep 
        Boere sal voordeel trek omdat hulle meer plaasprodukte aan die gasvryheids-
        dienste verskaf 
        Die koopkrag en lewenstandaard van die plaaslike menses al verbeter omdat
        hulle meer geld verdien 
        Toeganklikheid sal verbeter a.g.v. die verbetering van infrastruktuur 
        Parys sal internasionale aandag geniet wat buitelandse beleggings kan lok 
        [Enige TWEE]                                                              (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

3.6     Verwys na nywerheidsgebied U in blok I8.

        3.6.1   Is nywerheidsgebied U 'n swaar- of ligtenywerheidsone?

                Swaar                                                            (1 x 1)       (1)

        3.6.2   Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1.

                Dit is naby aan massavervoer/spoorlyn 
                (Minder besoedeling) aan die buitewyke van die dorp 
                Kom op gelyk grond voor 
                Daar is genoeg ruimte vir uitbreiding 
                Naby aan lae inkomste gebied vir arbeidsvoorsiening 
                Kom naby aan die mark voor 
                Naby aan kragvoorsiening/kraglyn 
                Naby aan grondstof/uitgrawings 
                [Enige EEN]                                                       (1 x 1)       (1)
                                                                                                [25]

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1     Verwys na die beskermde gebied in blok H7.

        4.1.1   Is die proses waartydens 'n gebied afgebaken word, bekend as data-
                oorlegging of bufferskepping?

                Bufferskepping                                                   (1 x 1)       (1)

        4.1.2   Gee redes, sigbaar op die topografiese kaart, vir die ligging van die
                beskermde gebied

                Vorm 'n buffer tussen die rioolwerke en die beboude gebied by W 
                Vorm 'n buffer tussen die slegte reuke vanaf die rioolwerke en die
                beboude gebied by W 
                Vorm 'n buffer tussen die beboude gebied by W en die begraafplaas
                Vorm 'n buffer tussen die beboude gebied wat soms raserig kan wees
                en die begraafplaas 
                Verhoed ongebreidelde stedelike uitbreiding in die landelik-stedelike
                oorgangsone in 
                [Enige TWEE]                                                      (2 x 2)       (4)

4.2     Attribuutdata verskaf belangrike inligting in 'n GIS.

        4.2.1   Definieer die term attribuutdata.

                Dit is beskrywende inligting van enige verskynsel/voorwerp 
                [Konsep]                                                          (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  12                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

        4.2.2   Bespreek TWEE attribute wat die ligging van die hospitaal in blok G9
                beïnvloed het.

                Naby aan die hoofverkeerspad wat dit meer toeganklik maak 
                Aan die buitewyke van die stad/in die landelik-stedelike oorgangsone
                wat dit in 'n redelike stil omgewing plaas 
                Op gelyk grond gebou en daar is ruimte vir uitbreiding 
                [Enige TWEE]                                                     (2 x 2)      (4)

4.3     Verwys na die ortofotokaart.

        4.3.1   Die ortofotokaart het 'n mediumresolusie. Beteken dit dat die
                ortofotokaart 'n hoë vlak van duidelikheid het?

                Nee                                                              (1 x 1)     (1)

        4.3.2   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 4.3.1.

                Minder beeldelemente is gebruik dus is die ortofotokaart nie baie
                duidelik nie
                Die verskynsels op die ortofotokaart is nie baie duidelik nie
                [Enige EEN]                                                       (1 x 2)     (2)

        4.3.3   Stel maniere voor waarop datamanipulasie die kwaliteit van die
                ortofotokaart kan verbeter.

                Maak dit ligter sodat verskynsels geïdentifiseer kan word 
                Verklein dit sodat verskynsels meer duidelik is 
                Vermeerder die aantal beskrywende byskrifte 
                Maak die beeld skerper om dit meer helder te maak 
                [Enige EEN]                                                       (1 x 2)     (2)
                                                                                              [15]

                                                                              TOTAAL:         75

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-eng/0f565421-a16f-4c91-aa1d-1a60c42738ff) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2018-english/6e0709f3-f6fc-4b76-a7ca-db96b67a35ef) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P1 Feb March 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2018-annexure-eng/138aca6b-2048-495b-bc3a-c7f3428a6333) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-eng-d/810cce74-63ae-424c-bfaf-e4bd26f82869) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-english/bcc61d35-ac9f-4bd1-af49-9ae6fe6241f0) — Geography · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
