# Geography Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/d90be894-8b17-414e-a87b-f376b94a0bf4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/geography) › [Geography Grade 10 P2 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-qp-nov2020-afrikaans/d90be894-8b17-414e-a87b-f376b94a0bf4)

## About this document

Geography · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/2a2a5e96-085b-4653-b940-93f3bd208bcc) — Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-annex-nov2020-afrikaans/37f19dc3-15db-4721-94fb-670a8183658b) — Addendum · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                             NOVEMBER 2020

                              GEOGRAFIE V2
                              (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ŉ 9-bladsy bylaag.

### Page 2

2                                   GEOGRAFIE V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A is teorie en
       AFDELING B is kaartwerk.

 2.    Beantwoord ALLE vrae in hierdie vraestel.

 3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 4.    Laat ŉ reël oop tussen die onderafdelings wat beantwoord word.

 5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 7.    Nommer die antwoorde in die middel van die lyn.

 8.    MOET NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 9.    Teken geannoteerde diagramme wanneer dit vereis word.

 10.   Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy gevra word om te verskaf,
       noem, identifiseer of te lys.

 11.   Verwys na die topografiese kaart en ortofotokaart om VRAAG 3 (Kaartwerk)
       te beantwoord.

 12.   Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
       hiervoor toegeken word.

 13.   Dui die meeteenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan. Sorg
       dat die eenhede in AL jou berekeninge en finale antwoord behoue bly.

 14.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 15.   Die gebied afgebaken in SWART op die topografiese kaart verteenwoordig
       die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

 16.   ŉ Woordelys van sommige Engelse en Afrikaanse woorde en hul vertalings
       verskyn in die bylaag.

 17.   Lees ALLE instruksies versigtig.

 18.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V2                                         3

 AFDELING A: BEVOLKING EN WATERHULPBRONNE

 VRAAG 1: BEVOLKING

 1.1 Pas die term/konsep in KOLOM B by die korrekte beskrywing in KOLOM A. Skryf
     SLEGS die korrekte letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommers
     (1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 K.

                            KOLOM A                                    KOLOM B
       1.1.1    Statistieke wat aandui hoe die bevolking A         emigrante
                verander

       1.1.2    Mense wat uit hulle eie land na ŉ ander        B   lewensverwagting
                land vir werkgeleenthede beweeg

       1.1.3    Die vinnige toename in die land se C               bevolkingsdigtheid
                bevolking

       1.1.4    ŉ Grafiek wat die bevolkingstruktuur in        D   xenofobie
                terme van ouderdom en geslag aandui

       1.1.5    Migrante wat gedwing word om uit hul E             bevolkings-aanduiders
                land van herkoms te trek weens vrees vir
                vervolging of natuurrampe

       1.1.6    Die aantal mense per vierkante kilometer F         bevolkingsontploffing

       1.1.7    ŉ Sterk gevoel van vrees en afkeer of G ekonomiese migrante
                vrees vir mense uit ander lande

       1.1.8    Die verwagte gemiddelde aantal jare wat H          vlugtelinge
                mense in ŉ land sal leef

                                                               I   bevolkingspiramide
                                                                                    (8 x 1)      (8)

 1.2 Bestudeer FIGUUR 1.2 A en B wat twee verskillende bevolkingspiramides
     aantoon om die vrae wat volg te beantwoord. Skryf die vraagnommer en die
     letter (A of B) neer wat met die onderstaande stellings ooreenstem, bv. 1.2.9 B.

       1.2.1    Hierdie is ŉ vroeë groeiende bevolking.

       1.2.2    Kinders dra by tot plaasarbeid in hierdie bevolking.

       1.2.3    Daar is meer individue wat vir meer as 75 jaar lewe.

       1.2.4    Sterfte- en geboortesyfer is beide hoog.

       1.2.5    Mediese fasiliteite is van hoë gehalte.

       1.2.6    Meeste van hierdie lande word in Afrika en Latyns-Amerika aangetref.

       1.2.7    Afhanklikheidskoers is laag in hierdie land.                          (7 x 1)    (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

 1.3    Verwys na FIGUUR 1.3 (A en B) wat die verspreiding van die
        wêreldbevolking aandui om die vrae wat volg te beantwoord.

        1.3.1   Definieer bevolkingverspreiding.                             (1 x 1)    (1)

        1.3.2   Identifiseer vanaf die kaarte en tabel in FIGUUR 1.3A en B die
                kontinent met die grootste bevolking.                   (1 x 1)         (1)

        1.3.3   Noem TWEE lande met die wêreld se grootste bevolkings.       (2 x 1)    (2)

        1.3.4   Stel TWEE uitdagings voor wat ŉ land met ŉ groot bevolking in die
                gesig staar.                                             (2 x 2)        (4)

        1.3.5   Beskryf TWEE fisiese faktore wat meer mense aantrek, om in ŉ
                gebied te woon.                                       (2 x 2)           (4)

        1.3.6   Identifiseer ŉ land met min bevolking in FIGUUR 1.3A en beskryf
                EEN uitdaging wat so ŉ land met min bevolking het.       (1 + 2)        (3)

 1.4    Verwys na FIGUUR 1.4 en beantwoord die vrae war volg.

        1.4.1   Definieer xenofobie.                                         (1 x 1)    (1)

        1.4.2   Beskryf die impak van hierdie xenofobiese-aanval            op die
                buitelanders volgens die inligting in die verslag.           (1 x 2)    (2)

        1.4.3   Noem TWEE groepe wat hulle in 2008 besig gehou het met die
                beskerming van buitelandse burgers om bloedvergieting te stop.
                                                                           (2 x 1)      (2)

        1.4.4   Gee TWEE redes waarom Suid-Afrikaners hul woede vir mense uit
                ander lande toon.                                     (2 x 2)           (4)

        1.4.5   Stel EEN rede voor waarom xenofobiese-aanvalle steeds in Suid-
                Afrika plaasvind ondanks die regering, die burgerlike samelewing en
                internasionale organisasies se pogings om dit te stop.       (1 x 2)    (2)

        1.4.6   Stel maniere voor waarop geweld tussen Suid-Afrikaners en
                buitelandse burgers verminder kan word.             (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V2                                       5

1.5    Bestudeer FIGUUR 1.5 wat die landelike en stedelike bevolking (in miljoene)
       van Suid-Afrika aantoon.

       1.5.1    Definieer landelike bevolking.                                   (1 x 1)     (1)

       1.5.2    Neem stedelike bevolking af of neem dit toe van 1960 tot 2016?
                                                                             (1 x 1)         (1)

       1.5.3    Gee ŉ rede vir die patroon wat jy in VRAAG 1.5.2 hierbo beskryf het.
                                                                             (1 x 1)         (1)

       1.5.4    Gebruik die inligting op die grafiek om die stedelike bevolking in 2015
                uit te werk.                                                     (1 x 2)     (2)

       1.5.5    Verskaf TWEE stoot-faktore wat veroorsaak dat mense landelike
                gebiede vir stedelike gebiede verlaat.                 (1 x 2)               (2)

       1.5.6    Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer agt reëls die moontlike
                negatiewe gevolge wat die stede van Suid-Afrika sal ervaar as hulle
                aanhou plaaslike en internasionale immigrante in groot getalle
                ontvang.                                                    (4 x 2)          (8)
                                                                                            [60]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2020)

VRAAG 2: WATERBRONNE

2.1 Verwys na FIGUUR 2.1, wat die watersiklus aantoon.

     2.1.1   Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf SLEGS die nommer en die
             korrekte woord wat jy gekies het, uit die hakies, neer.

             (a)     Die groter persentasie van die aarde se water word aangetref in/op
                     die (atmosfeer/aardoppervlak).

             (b)     (Hael/Kondensasie) is ŉ vorm van neerslag.

             (c)     (Sneeu/Vog) is water in ŉ soliede toestand.                 (3 x 1)    (3)

     2.1.2   Noem die prosesse wat deur die letters A, B, C en D in FIGUUR 2.1 in
             die bylaag voorgestel word.                                  (4 x 1)           (4)

2.2 Kies EEN woord/frase uit die blokkie wat met die daaropvolgende stellings
    ooreenstem.

         Ekosisteem; mariene besoedeling; ontsouting; oorbevissing; versuring;
            viskwotas; gruis water; inter-bekken verplasing; volhoubaarheid

     2.2.1   Die verwydering van sout uit oseaan water om dit meer bruikbaar te
             maak.

     2.2.2   Gebruikte water wat steeds vir ander doeleindes gebruik kan word.

     2.2.3   Om meer visse te vang as wat hulle aanteel, verminder dus hul
             bevolking.

     2.2.4   Gekoppelde pype wat water van ŉ hoë reënvalgebied na ŉ droë gebied
             oordra.

     2.2.5   Gebruik bronne versigtig om hul toekomstige beskikbaarheid te verseker

     2.2.6   Storting van afvalprodukte in oseane.

     2.2.7   Die beheer van die aantal vis wat vissermanne mag vang.

     2.2.8   Die gemeenskap waar lewende en nie-lewende dinge saam bestaan.
                                                                       (8 x 1)              (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V2                                      7

2.3 Verwys na FIGUUR 2.3, wat waterprobleme in Kaapstad aantoon, om die
    onderstaande vrae te beantwoord.

     2.3.1    Noem die provinsie wat deur die watertekort, geaffekteer word. (1 x 1)       (1)

     2.3.2    Verskaf die naam van die veldtog vir waterbestuur wat in Kaapstad van
              stapel gestuur is.                                             (1 x 1)       (1)

     2.3.3    Wat is Dag Zero, volgens die artikel?                             (1 x 2)    (2)

     2.3.4    Waarom lyk die mense wat in die artikel geïllustreer word, so desperaat?
                                                                                (2 x 2)    (4)

     2.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer agt reëls, verskaf strategieë wat die
              inwoners van Kaapstad en die munisipaliteite van die streek moet
              implementeer om watertekorte te verminder.                 (4 x 2)           (8)

2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat oorstromings in Port St Johns, Oos-Kaap, aantoon
    om die vrae wat volg te beantwoord.

     2.4.1    Wat is ŉ oorstroming?                                             (1 x 1)    (1)

     2.4.2    Noem die tipe oorstroming wat Port St. Johns affekteer het.       (1 x 2)    (2)

     2.4.3    Verduidelik waarom groot gedeeltes van laagliggende landelike
              nedersettings ontoeganklik gelaat is (nie bereikbare gebiede). (1 x 2)       (2)

     2.4.4    Beskryf die oorsake van oorstromings, soos die een wat in die artikel
              uitgebeeld word.                                              (2 x 2)        (4)

     2.4.5    Verduidelik die gevolge wat hierdie vloed vir die inwoners van Port St
              Johns veroorsaak het, soos in die diagram aangetoon.            (2 x 2)      (4)

     2.4.6    Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat die inwoners van Port St Johns sou
              kon neem om die skade wat deur hierdie vloed in hul omgewing
              veroorsaak is, te verminder.                                   (1 x 2)       (2)

2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat die verandering in die hoeveelheid Kaapse
    perdemakriel in Suid-Afrikaanse waters toon.

     2.5.1    Wat was die eindvoorraad van makriel in 2013?                     (1 x 1)    (1)

     2.5.2    Volgens die inligting in die grafiek, styg of daal die eindvoorraad van
              makriel vanaf 2005 tot 2014?                                      (1 x 1)    (1)

     2.5.3    Verskaf die jaar waarin die eindvoorraad van makriel die hoogste was.
                                                                              (1 x 1)      (1)

     2.5.4    Bereken die verskil in voorraad (in ton) tussen jare 2005 en 2009.
                                                                          (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  GEOGRAFIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

     2.5.5   Beskryf die voordele vir Suid-Afrika as die voorraad van die Kaapse
             perdemakriel sal toeneem.                                     (1 x 2)        (2)

     2.5.6   Stel die moontlike redes voor vir die toename in die voorraad van makriel
             en ander visvoorraad.                                             (2 x 2)    (4)

     2.5.7   Verduidelik die negatiewe resultate van oorbevissing aan die Suid-
             Afrikaanse kus in die langtermyn.                           (2 x 2)          (4)
                                                                                         [60]

                                                             TOTAAL AFDELING A: 120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                           GEOGRAFIE V2                                     9

 AFDELING B: KAARTWERK
 VRAAG 3
 3.1 KAARTWERK-VAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE

       3.1.1    Verwys na die inligting oor die magnetiese deklinasie onderaan die
                kaart en beantwoord die volgende vrae.

                Bereken die magnetiese deklinasie vir die huidige jaar.          (5 x 1)    (5)

       3.1.2    Verwys na blok I13 op die topografiese kaart.
                Daardie deel van die kaart toon ŉ spoorlyn wat onder ŉ tonnel beweeg.
                Meet en skryf die lengte van daardie tonnel in meter, neer.
                FORMULE: AFSTAND: CM x SKAAL                                     (2 x 1)    (2)

       3.1.3    Verwys na die ortofotokaart.

                (a)   Wat is die rigting van die skool, gemerk deur letter Q vanaf die
                      winkelsentrum, gemerk deur letter P?                       (1 x 1)    (1)

                (b)   Bepaal die ware peiling van punthoogte 22 vanaf
                      trigonometriese gebaken nommer 71, wat albei in die gebied
                      rondom punt P op die ortofotokaart aangetref word.      (2 x 1)       (2)
 3.2 KAART- EN FOTO-TOEPASSING EN INTERPRETASIE
       3.2.1    Die tipe vervoer wat jy vanaf Somerset-Wes na Bellville kan gebruik,
                as jy noordwes reis is, (lug en water / pad en spoor).       (1 x 1)        (1)
       3.2.2    Verwys na die verskynsel met die naam PAARDEVLEI op die
                ortofotokaart.

                (a)   Noem die verskynsel gemerk PAARDVLEI.                      (1 x 1)    (1)

                (b)   Verduidelik die belangrikheid van so ŉ waterverskynsel vir
                      mense wat in die omgewing woon.                           (2 x 2)     (4)

       3.2.3    Verwys na blok D4 op die topografiese kaart, tesame met die gebied in
                die boonste noordwestelike deel van die ortofotokaart.

                (a)   Noem die belangrikste menslike aktiwiteit wat in daardie gebied
                      oorheers.                                                (1 x 1)      (1)

                (b)   Beskryf EEN voorwaarde wat gunstig is vir die ontwikkeling van
                      die aktiwiteit genoem in VRAAG 3.2.3 (a) hierbo.         (1 x 2)      (2)

       3.2.4    Verwys na blok A10.
                Verskaf EEN bewys dat natuurbewaring ŉ prioriteit in Somerset-Wes
                is.                                                          (1 x 1)        (1)

       3.2.5    Regverdig met behulp van kaartbewyse waarom Somerset-Wes as ŉ
                waterskaars gebied beskryf kan word.                   (2 x 1)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 GEOGRAFIE V2                            (EC/NOVEMBER 2020)

3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS

     3.3.1   Noem EEN voorbeeld van ŉ rekenaarhardeware komponent.            (1 x 1)     (1)

     3.3.2   Beskryf die gebruik van die hardeware komponent wat in VRAAG 3.3.1
             hierbo genoem word.                                         (1 x 2)          (2)

     3.3.3   Verwys na blok F6 op die topografiese kaart. Beskryf hoe ŉ GIS-
             ruimtelike analise gebruik is, in verhouding tot die aktiwiteite wat in
             daardie gebied voorkom.                                          (1 x 2)     (2)

     3.3.4   Bestudeer die diagram (FIGUUR 3.3.4) wat afstandwaarneming toon,
             tesame met jou kaarte om die vrae wat volg te beantwoord.

             (a)     Definieer afstandwaarneming.                             (1 x 1)     (1)

             (b)     Verduidelik waarom dit belangrik was vir die landmeters om
                     data deur middel van afstandwaarneming te versamel, voordat
                     die gekarteerde gebied ontwikkel is.                 (1 x 2)         (2)

                                                            TOTAAL AFDELING B:            30
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEO P1 Gr10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-annex-nov2020-afrikaans/a0a28adf-d617-40ab-b33c-7ec1bfbeee78) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEO P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/fc32e551-210c-4140-894b-92d4a668b162) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/9430881f-24c8-4192-98a7-2f02cd282406) — Geography · Memo · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/54e2ee45-d729-4f25-9317-d95f6fe505c3) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/27a2ce66-b3ee-4251-bce1-25749849d7e1) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 QP NOV 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2018-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/1876bc51-45e4-46f6-b7b7-1616b9646797) — Geography · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Geography

- [Gr10-Geografie-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-geografie-og-studyguide-lr/2ab1d1d1-d663-402d-95b1-0d6300b5f44b) — Guide
- [Gr 10 Geo ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-geo-atp-2023-24/3c6b7f67-534b-4a7c-9268-0464a4b829f8) — ATP
- [FS Geography Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1140962c-f861-493f-a8fc-7fc29994a5e2) — QP + Memo · 2025
- [LP Geography Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-geography-grade-10-june-2025-p1-and-memo/a1991f99-db75-463a-8559-ab3f8f66bd67) — QP + Memo · 2025
- [EC Geography Grade 10 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-geography-grade-10-june-2024-qp-and-memo/75f06c3e-9c6b-48f3-bcc2-4be18c48492e) — QP + Memo · 2024
- [GEOGRAPHY P1 GR10 ANNEXURE NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-annexure-nov2019-eng-d/45652be5-43b2-42fc-86f7-7f721d1e73e2) — Addendum · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
