# Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans/16057e30-c62a-4cdd-bac7-26bdd4348308
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans/16057e30-c62a-4cdd-bac7-26bdd4348308)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                         NOVEMBER 2023

                          GEOGRAFIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A:
      VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE                            (60)
      VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID                      (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit te
      doen.

9.    Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of
      lys.

10.   Meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart van 2730DD VRYHEID en die 1 : 10 000
      ortofotokaart word voorsien.

15.   Die area wat in SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
      verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inhandig.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                           GEOGRAFIE V2                                3

AFDELING A:          ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE            EN    HULPBRONNE           EN
                     VOLHOUBAARHEID

VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 D.

       1.1.1    Minder Ekonomies Ontwikkelde Lande (MEOL) word deur … en ...
                gekenmerk.

                (i)      hoë bevolkingsgroei
                (ii)     hoë lewensverwagting
                (iii)    minimale industrialisasie
                (iv)     tegnologiese ontwikkeling

                A        (i) en (ii)
                B        (i) en (iii)
                C        (ii) en (iii)
                D        (ii) en (iv)

       1.1.2    Die …-aanwyser wys hoe rykdom in ŉ land gedeel word.

                A        lewensgehalte
                B        menslike ontwikkeling
                C        demografiese
                D        Gini-koëffisiënt

       1.1.3    Sosiale aanwysers van menslike ontwikkeling sluit … tariewe in.

                A        moedersterftes
                B        geletterdheid
                C        babasterftesyfer
                D        sterftes

       1.1.4    Die land wat die hoogste vlak van menslike ontwikkeling uitbeeld,
                is ...

       1.1.5    Australië is ŉ … land geleë … van die Brandt-lyn.

                A        ontwikkelende; suid
                B        ontwikkelende; noord
                C        ontwikkelde; suid
                D        ontwikkelde; noord
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2023)

       1.1.6    Die verskaffing van ŉ gemeenskap met toegang tot elektrisiteit en
                skole word as … ontwikkeling geklassifiseer.

                A     basiese behoeftes
                B     volhoubare
                C     billike
                D     toepaslike

       1.1.7    Om volhoubare ontwikkeling in die Suider-Afrikaanse
                Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)-lande te bevorder, is
                ontwikkeling op ŉ …-vlak.

                A     gemeenskaplike
                B     nasionale
                C     streeks
                D     kontinentale
                                                                          (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                               GEOGRAFIE V2                                               5

1.2    Gebruik die tabel hieronder om die stellings in KOLOM A met die opsies in
       KOLOM B te voltooi. Skryf slegs X of Y langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in
       die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 Y.

            SUID-AFRIKAANSE UITVOER                            SUID-AFRIKAANSE INVOERE
                     R88 679 256 980                                 R101 762 020 372
                                 Handelsbalans: R-13 082 763 392
               Top 5 lande waarnatoe SA                        Top 5 lande waarvandaan SA
                      uitgevoer het:                                    ingevoer het:
       1.      China 11,1                                 1.     China 23,1
       2.      Verenigde State 8,1                        2.     Duitsland 9,2
       3.      Duitsland 6,2                              3.     Verenigde State 5,7
       4.      Japan 4,8                                  4.     Indië 4,2
       5.      Botswana 4,8                               5.     Saoedi-Arabië 3,4
        [Bron: https://prestigecredit.co.za/2019/03/01/south-africa-s-trade-statistics-for-january-2019/]

                           KOLOM A                                           KOLOM B
       1.2.1     Die waarde van Suid-Afrika se … is              X     uitvoere; invoere
                 groter as die waarde van sy …                   Y     invoere; uitvoere

       1.2.2     Suid-Afrika het ŉ … handelsbalans               X     positief
                 met die VSA                                     Y     negatief

       1.2.3     … % van goedere word vanaf Suid-                X     6,2
                 Afrika na Duitsland uitgevoer                   Y     9,2

       1.2.4     Suid-Afrika    het     handel      ...   met X        surplus
                 Duitsland                                    Y        tekort

       1.2.5     Die verhouding tussen die waarde                X     handelsbalans
                 van ŉ land se uitvoere en sy invoere            Y     balans van betalings

       1.2.6     China se ekonomiese ontwikkeling                X     invoer-geleide
                 kan aan ŉ ... benadering tot                    Y     uitvoer-geleide
                 ontwikkeling toegeskryf word

       1.2.7     Beperkings wat deur regerings gestel X                kwotas
                 word aan die hoeveelheid ingevoerde Y                 subsidies
                 goedere

       1.2.8     Onbeperkte handel van goedere en X                    regverdige handel
                 dienste tussen lande sonder die Y                     vrye handel
                 beperkings van tariewe en kwotas
                                                                                                 (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V2                                   (EC/NOVEMBER 2023)

 1.3   Verwys na die uittreksel             hieronder      oor    die    Growing      Hope-
       gemeenskapsvoedseltuine.

       Gemeenskapsvoedseltuine in Kaapstad bring hoop vir hul gemeenskappe
       deur groen ruimtes te aktiveer (te begin), om diete met vars groente aan te
       vul en omgewingsbewustheid te skep.
       Ten spyte van baie uitdagings, volhard stedelike tuiniers en bring hoop aan
       hul gemeenskappe.
                       [Aangepas uit http://vpuu.org.za//projects/towards-a-community-economy]

       1.3.1   Klassifiseer die voedseltuine waarna in die uittreksel verwys word as
               landelike of stedelike gemeenskapsontwikkeling.                 (1 x 1)            (1)

       1.3.2   Verskaf redes dat die voedseltuine gemeenskapsgebaseerde
               ontwikkeling is.                                         (1 x 2)                   (2)

       1.3.3   Gee TWEE voorbeelde van menslike kapitaal wat tot die projek se
               sukses kan bydra.                                        (2 x 1)                   (2)

       1.3.4   Wat is die sosiale voordele                  van    ŉ     goed     bestuurde
               gemeenskapsvoedseltuin?                                               (2 x 2)      (4)

       1.3.5   Watter uitdagings sal die gemeenskapsvoedseltuin met beperkte
               toegang tot befondsing in die gesig staar?                 (3 x 2)                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                       GEOGRAFIE V2                                       7

1.4   Verwys na die prent hieronder gebaseer op internasionale handel en
      handelsooreenkoms.

                                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]
      *Fairtrade – Regverdige handel

      1.4.1   Uit die skets, identifiseer EEN kommoditeit wat verhandel word.
                                                                            (1 x 1)        (1)

      1.4.2   Hoe illustreer die skets die suksesvolle proses van handel?      (1 x 1)     (1)

      1.4.3   Haal bewyse uit die skets aan wat aandui dat handel op ŉ
              internasionale skaal is.                           (1 x 1)                   (1)

      1.4.4   Hoe het globalisering tot die vinnige uitbreiding van internasionale
              handel bygedra?                                               (2 x 2)        (4)

      1.4.5   Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die
              beginsels van billike handel ŉ positiewe impak op die ekonomiese
              ontwikkeling van gemeenskappe in ontwikkelende lande het. (4 x 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GEOGRAFIE V2                                     (EC/NOVEMBER 2023)

1.5    Verwys na die uittreksel oor ontwikkelingshulp vir Afrika-lande.

                AFRIKA LANDE ONTVANG HULP NA SIKLOON FREDDY

       Die Europese Unie (EU) het €2,5 miljoen (R48 600 000) nood-finansiëring aan
       Mosambiek, Malawi en Madagaskar verskaf toe hulle in Februarie 2023 deur
       tropiese sikloon Freddy getref is.

       Tropiese storms en siklone, vloede, droogtes en epidemies kom dikwels voor,
       wat die Afrika-streek baie kwesbaar vir hierdié risiko’s maak.

       ŉ Lugondersteuningsoperasie het humanitêre belanghebbendes gehelp om
       gemeenskappe te bereik wat deur die oorstromings en sterk winde geraak is.
       Met hierdie hulp kon humanitêre vennote op die grond noodsaaklikhede soos
       voedsel, beskerming, noodskuiling en nie-voedselitems bekom.

       Gesondheid en nooddienste is ook bygestaan weens die cholera-epidemie
       wat in die streek uitgebreek het. Hulp is toegeken aan vennote wat in die
       water-, sanitasie- en higiëne sektor werk om die uitwerking van die
       wateroordraagbare siektes te probeer bekamp.

                         [Aangepas uit https://civil-protection-humanitarian-aid.ec.europa.eu/news-
          stories/news/southern-africa-and-indian-ocean-eu-allocates-eu25-million-emergency-aid]
                                                                                                  :
       1.5.1   Wat is humanitêre hulp?                                                     (1 x 2)     (2)

       1.5.2   Noem TWEE lande wat deur tropiese sikloon Freddy geraak is.
                                                                    (2 x 1)                            (2)

       1.5.3   Identifiseer ŉ voorbeeld van humanitêre hulp wat in die uittreksel
               genoem word.                                               (1 x 1)                      (1)

       1.5.4   Waarom was humanitêre hulp in hierdie lande nodig?                         (2 x 1)      (2)

       1.5.5   Waarom ervaar LEDC’s meer uitdagings in hul pogings om van
               natuurrampe te herstel, in vergelyking met MEDC’s?   (2 x 2)                            (4)

       1.5.6   Verduidelik die negatiewe impak van humanitêre hulp op
               ontwikkelende lande.                                                        (2 x 2)     (4)
                                                                                                      [60]
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                             GEOGRAFIE V2                                          9

VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID

2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 D.

       Verwys na die kaart hieronder wat die verspreiding van Suid-Afrika se
       energiebronne toon, om VRAE 2.1.1 en 2.1.2 te beantwoord.

            [Bron: https://www.researchgate.net/figure/Map-of-Power-Plants-in-the-Republic-of-
                                                                                 South-Africa]

       2.1.1    In watter provinsie is Suid-Afrika se enigste operasionele
                kernkragsentrale geleë?

                A     Gauteng
                B     Mpumalanga
                C     Limpopo
                D     Wes-Kaap

       2.1.2    Die meerderheid van Suid-Afrika se steenkoolkragstasies is in die
                Mpumalanga-provinsie as gevolg van ...

                A     ryk steenkool-neerslae daar.
                B     nabyheid aan ander lande.
                C     konsentrasie van mense.
                D     ŉ hoë vraag na elektrisiteit.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      GEOGRAFIE V2                     (EC/NOVEMBER 2023)

      2.1.3    Konvensionele energiebronne in Suid-Afrika sluit in:

               (i)      steenkool
               (ii)     sonkrag
               (iii)    hidro
               (iv)     gas

               A        (i) en (ii)
               B        (i) en (iv)
               C        (i) en (iii)
               D        (iii) en (iv)

      2.1.4    Om groen te word is ŉ belangrike stap na ...

               A        ŉ verhoogde koolstofvoetspoor.
               B        ŉ meer volhoubare leefstyl.
               C        toenemende kweekhuisgasse.
               D        hulpbronuitputting.

      2.1.5    Natuurlike hulpbronne wat op ŉ nie-volhoubare manier gebruik
               word, sluit in ...

               (i)      bebossing
               (ii)     uitgebreide gebruik van fossielbrandstowwe
               (iii)    herbebossing
               (iv)     swaar gebruik van landbou-chemikalieë

               A        (i) en (ii)
               B        (ii) en (iii)
               C        (iii) en (iv)
               D        (ii) en (iv)

      2.1.6    Die land met die meeste ekologiese voetspoor per persoon is ...

               A        Botswana
               B        VSA
               C        Katar (‘Qatar’)
               D        Mauritius

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                           GEOGRAFIE V2                        11

       2.1.7    Volgens die sirkeldiagram hieronder is die hoofoorsaak van
                gronderosie …

                A     klimaatverandering.
                B     industrialisasie.
                C     landbou-aktiwiteite.
                D     verstedeliking.                               (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   GEOGRAFIE V2                                   (EC/NOVEMBER 2023)

2.2   Die foto's hieronder wys verskillende maniere waarop elektriese energie in Suid-
      Afrika verkry word. Pas die beskrywings hieronder by die toepaslike
      energiebron. Skryf slegs die energiebron langs die vraagnommers (2.2.1 tot
      2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 Termiese energie.

              [Aangepas uit https://www.sciencedirect.com/topics/engineering/primary-energy-source]

      2.2.1 Verkry deur die opbreek van uraan-atome

      2.2.2 Gebruik van hitte van ondergrondse rotse en water

      2.2.3 Brandende plantegroei en organiese materiaal

      2.2.4 Fotovoltaïese panele wat die son se strale omskakel

      2.2.5 Energie verkry deur steenkool in kragstasies te verbrand

      2.2.6 Energie wat ŉ kombinasie van hernubare en nie-hernubare is

      2.2.7    Gebruik die krag van lopende water

      2.2.8 Word na as hitte-energie verwys
                                                                                          (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V2                                          13

2.3    Verwys na die infografika oor gronderosie in die Drakensburg-hooglande van
       Suid-Afrika.

        Gronddegradasie, in die
        vorm van gronderosie, is ŉ
        groot bedreiging wat die
        volhoubaarheid van weiveld
        in die gesig staar.

        Die wanbestuur van lande
        (oorbeweiding en veetrap),
        wat verband hou met die
        toenemende
        bevolkingsdigthede en
        vraag na grond, het
        gronderosie veroorsaak.

                                      [Aangepas uit https://www.intechopen.com/chapters/50695]

       2.3.1    Hoe het die toenemende bevolkingsdigtheid en vraag na grond
                gronderosie veroorsaak?                                     (1 x 2)                   (2)

       2.3.2    (a)    Watter beeld (A, B of C) is die kwesbaarste vir gronderosie?
                                                                                 (1 x 1)              (1)

                (b)    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2(a) deur na die impak
                       van die grasbedekking te verwys.                       (1 x 2)                 (2)

       2.3.3    Waarom is gronderosie ‘ ŉ groot bedreiging’ vir die bestaan van
                bestaansboere wat die gemeenskaplike grond gebruik?             (2 x 1)               (2)

       2.3.4    In ŉ paragraaf van AGT reëls, verduidelik watter volhoubare
                bestuurstrategieë wat gebruik kan word om gronderosie te beheer en te
                voorkom.                                                      (4 x 2)                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GEOGRAFIE V2                                   (EC/NOVEMBER 2023)

2.4   Verwys na die uittreksel hieronder oor Afrika se hernubare energie.

          •   Afrika: die wêreld se enigste streek wat “uitstekende toestande” vir
              sonkrag oorskry
          •   Afrika het 60% van die wêreld se beste sonkragbronne maar slegs 1%
              van die sonkragopwekkingskapasiteit word ingespan.
          •   Hierdie sonkragbronne gee Afrika ŉ unieke geleentheid om
              bekostigbare, betroubare en volhoubare elektrisiteit vir sy ekonomiese
              groei te voorsien.
               [Aangepas uit https://www.weforum.org/agenda/2022/09/africa-solar-power-potential/]

      2.4.1    Wat is hernubare energie?                                                 (1 x 2)        (2)

      2.4.2    Watter streek is die huidige leier op die Afrika-kontinent in hernubare
               energie-kapasiteit?                                               (1 x 1)                (1)

      2.4.3    Watter Afrika-streek sal, wanneer al hul onderkonstruksie-projekte
               voltooi is, hul huidige kapasiteit meer as verdubbel?           (1 x 2)                  (2)

      2.4.4    Watter fisiese faktore dra daartoe by dat Afrika as oortref ‘uitstekende
               toestande’ vir sonkrag beskryf word?                               (2 x 1)               (2)

      2.4.5    Hoe sal die ontwikkeling van sonkragaanlegte tot Afrika se
               ekonomiese groei bydra?                                                   (2 x 2)        (4)

      2.4.6    Verduidelik die uitdagings wat Afrika in die gesig staar in die verhoging
               van hul kapasiteit om sonenergie op te wek.                         (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                               GEOGRAFIE V2                                             15

2.5   Verwys na die uittreksel oor Suid-Afrika se energiebestuur.

        STEENKOOL HET NOG ’N BELANGRIKE ROL OM IN SUID-AFRIKA TE
                        SPEEL: VANDAG EN MÔRE

      Suid-Afrika se steenkoolkragstasies word met Suid-Afrika se energiekrisis
      verbind. Die nasionale kragvoorsiener in staatsbesit, Eskom Holdings – wat 90%
      van die elektrisiteit wat in Suid-Afrika gebruik word en 30% van die elektrisiteit
      wat op die Afrika-vasteland opgewek word opwek – kon nie met die nasionale
      vraag na elektrisiteit tred hou nie.

      Eskom se 14 steenkoolkragstasies is óf oud en onvoldoende onderhou óf swak
      ontwerp en funksioneer nie na vermoë nie. As gevolg van hierdie kwessies
      ervaar Suid-Afrika ŉ daaglikse tekort van ongeveer 4 000–6 000 megawatt,
      ongeveer gelykstaande aan 10% van die huidige gebruik. Wat geskeduleerde
      kragonderbrekings (of beurtkrag*) tot gevolg het.

      Onstabiele toegang tot elektrisiteit beïnvloed nie net die daaglikse lewe van die
      algemene publiek nie, maar kragonderbrekings veroorsaak ook ontwrigtings vir
      besighede, wat die ekonomiese ruggraat van die land beskadig.

      Om hierdie probleem aan te spreek, het Suid-Afrika gewerk om sy
      energiemengsel van steenkool na hernubare energie soos wind en sonkrag te
      verskuif. Uit ŉ holistiese perspektief het steenkool egter ŉ deurslaggewende rol
      om te speel in die stabilisering van die land se energiesektor en sake-omgewing.

      *Beurtkrag: wanneer ŉ kragstasie nie aan die vraag na elektrisiteit kan voorsien nie,
      word krag na dele van die netwerk afgeskakel om kragopwekkingsbates te beskerm.

       [Aangepas uit https://energycapitalpower.com/like-it-or-not-coal-still-has-an-important-role-to-
                                                           play-in-south-africa-today-and-tomorrow/]

      2.5.1   Volgens die uittreksel, watter persentasie van Suid-Afrika se elektrisiteit
              genereer Eskom?                                                   (1 x 1)                    (1)

      2.5.2   Haal uit die uittreksel aan waarom Eskom se veertien (14)
              steenkoolkragstasies nie in die nasionale vraag na elektrisiteit kan
              voorsien nie.                                                 (2 x 1)                        (2 )

      2.5.3   Hoe beïnvloed          onstabiele      elektrisiteitstoevoer      (beurtkrag)      klein
              besighede?                                                                       (1 x 2)     (2)

      2.5.4   Op watter maniere het Suid-Afrika se afhanklikheid van
              steenkoolkragstasies ŉ impak op die omgewing?                                   (2 x 2)      (4)

      2.5.5   Verduidelik waarom die vermindering van die land se afhanklikheid van
              steenkool as ŉ bron van energie nadelig vir die ekonomie sal wees.
                                                                             (3 x 2)                       (6)
                                                                                                          [60]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  GEOGRAFIE V2                                   (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                           ALGEMENE INLIGTING OOR VRYHEID

Koördinate: 27° 45' 55'' S; 30° 47' 32'' E

Vryheid is in die Abaqulusi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal geleë. Die dorp het ŉ relatiewe
groot kommersiële en dienstesektor alhoewel die ekonomie van landbou en steenkoolmynbou
afhanklik is. Primêre aktiwiteite sluit veeboerdery, besproeiingsgewasproduksie, boorde en
beduidende bosbouplantasies in. Die kommersiële landbou word deur grondagteruitgang en
droogtes bedreig. Die mynbousektor was tradisioneel ŉ belangrike stimulus van die distrikte
se ekonomie, maar mynbouaktiwiteite in die distrik het in die middel 1990’s afgeneem,
hoofsaaklik as gevolg van die sluiting van myne.
                      [Aangepas uit Zululand District Municipality integrated Development Plan: 2020/2021]

Die volgende Engelse terme en hul vertalings word op die topografiese kaart gewys:

 ENGLISH                             AFRIKAANS
 Aerodrome                           Vliegveld
 Canal                               Kanaal
 Diggings                            Uitgrawings
 Furrow                              Voor
 Golf course                         Gholfbaan
 Sewerage works                      Rioolwerke
 Show grounds                        Skougronde
 Waterfall                           Waterval
 Weir                                Studam

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                          GEOGRAFIE V2                                    17

VRAAG 3

3.1   KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Verskeie opsies word as
      moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
      slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.2) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.3 A.

      3.1.1    Die kaartindeks suidoos van 2730DD is …

               A      2831AA.
               B      2731CA.
               C      2730DA.
               D      2730BA.                                                    (1 x 1)     (1)

      3.1.2    Op die ortofotokaart stel 1 cm … in werklikheid voor.

               A      1 000 cm
               B      1 km
               C      100 m
               D      0,1 m                                                      (1 x 1)     (1)

      3.1.3    Die opgedateerde gemiddelde magnetiese deklinasie (MD) vir 2023
               is 22°14' wes van Ware Noord.
               Bepaal die magnetiese peiling (MP) van die staproete, vanaf H (blok
               B1) tot by die dam I (blok C1) op die topografiese kaart.     (2 x 1)         (2)

      3.1.4    Hoekom is dit belangrik vir ŉ stapper om die magnetiese peiling in
               plaas van die ware peiling te gebruik, om rigting op topografiese kaarte
               te bepaal?                                                        (1 x 1)     (1)

      3.1.5    Verwys na 1 en 2 op die ortofotokaart.

               (a)    Die reguitlynafstand op die kaart, vanaf 1 tot 2, is 3,8 cm.
                      Bereken die werklike afstand in meter.                     (2 x 1)     (2)

               (b)    Bereken die gemiddelde gradiënt tussen 1 en 2.

                                                             Vertikale interval (VI)
                      Formule: Gemiddelde gradiënt =
                                                          Horisontale ekwivalent (HE)

                                                                                 (3 x 1)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                      GEOGRAFIE V2                                (EC/NOVEMBER 2023)

3.2   KAART-INTERPRETASIE

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.1    Die mensgemaakte kenmerk J in blok D4 is ŉ …

               A        treinstasie.
               B        uitgrawing.
               C        opvulling.
               D        mynhoop.                                                      (1 x 1)      (1)

      3.2.2    Die Besterspruitrivier in blok E4 is ... en vloei ...

               (i)      nie-standhoudend
               (ii)     standhoudend
               (iii)    noordwaarts
               (iv)     suidwaarts

               A        (i) en (ii)
               B        (ii) en (iii)
               C        (i) en (iv)
               D        (ii) en (iv)                                                  (1 x 1)      (1)

      3.2.3    Verwys na die topografiese kaart en die foto hieronder wat K in D6
               uitbeeld.

                                                                [Aangepas uit Google Maps]

               (a)     Gebruik beide die topografiese kaart- en fotografiese bewyse
                       om te verduidelik waarom die Klipfonteindam nie ŉ goeie
                       ligging vir die bou van ŉ hidro-elektriese kragstasie is nie.
                                                                                   (1 x 2)         (2)

               (b)     Stel TWEE ekonomiese aktiwiteite                voor   wat     by die
                       Klipfonteindam kan baat vind.                                   (2 x 1)     (2)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                           GEOGRAFIE V2                                       19

       3.2.4    Verwys na die gebied afgebaken deur L in blok E3/F3 en E4/F4 op
                die topografiese kaart, wat uitgebreide gronderosie toon.

                (a)     Beskryf die proses van gronderosie.                          (1 x 2)     (2)

                (b)     Verduidelik die negatiewe uitwerking van gronderosie op die
                        fisiese omgewing.                                     (2 x 2)            (4)

3.3    GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

       3.3.1    Verwys na die diagram wat die proses van datalae toon.

                                                          [Bron: https://www.esri.com/arcgis]

                (a)    Klassifiseer lae X en Y as raster- of vektordata.            (2 x 1)      (2)

                (b)    Verduidelik jou antwoord vir laag Y.                          (1 x 2)     (2)

       3.3.2    Vind die VRYHEID-NATUURRESERVAAT in blokke B1 / C1, wat
                van GIS gebruik maak om die reservaat volhoubaar te bestuur.

                Noem TWEE fisiese (natuurlike) lae wat die reservaatbestuur sal
                gebruik om ingeligte besluite oor hulpbronbestuur te neem. (2 x 1)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2023)

      3.3.3    Beskou die bebosde gebied (3) op die ortofotokaart.

               Hoe sal deurlopende versameling van satelliet lugbeelde-data van
               die gebied help om ontbossing te monitor?                   (1 x 2)     (2)
                                                                                      [30]

                                                                        TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOG P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4d30616b-4cac-4a08-8b5f-ebd71601d315) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — Geography · QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — Geography · QP · 2023
- [GEOG P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-memo-afr/23ad5b55-3deb-44d9-8ea6-c393236c2c2d) — Geography · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans-final/9e6b56e8-149d-4daf-8e7a-ce27663d63c8) — Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-eng-d/37e23813-b373-4687-acd8-d57af4b23eec) — Addendum · 2020 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Addendum · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
