# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/2e32f72e-6df7-4eba-9cf7-a0bdbeec249c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/2e32f72e-6df7-4eba-9cf7-a0bdbeec249c)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2017

                               GEOGRAFIE V2

PUNTE:       75

TYM:         1½ uur

NAAM:

                    PUNTE        HVD       GROEP     PROVINSIAAL

       V1   15
                                                                          TOTALE
       V2   20                                                                     MOD.
                                                                           PUNT

       V3   25

       V4   15                                                             75      75

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ŉ
                           bladsy vir rofwerk en berekeninge.

### Page 2

2
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2017)

 BRONMATERIAAL

 1.   ŉ Uittreksel uit topografiese kaart 3219CA CITRUSDAL.

 2.   Ortofotokaart 3219CA 11 CITRUSDAL.

 3.   LET WEL:         Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Skryf jou NAAM in die spasies op die voorblad voorsien word.

 2.   Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

 3.   Jy word van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (3219CA CITRUSDAL) en ŉ
      ortofotokaart (3219CA 11 CITRUSDAL), van ŉ gedeelte van die gekarteerde
      gebied voorsien.

 4.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

 5.   Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
      rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
      losmaak NIE.

 6.   Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal hiervoor
      toegeken word.

 7.   Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
      Maak seker dat eenhede in al jou berekeninge en finale antwoord in stand
      gehou word.

 8.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 9.   Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied
      voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

 10. Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings wat op die
     topografiese kaart getoon verskyn, word hieronder vertoon.

                                WOORDELYS
            (SOMMIGE VAN DIÉ ENGELSE TERME OF HULLE AFRIKAANS
                 VERTALINGS MAG OP DIE KAARTE VERSKYN.)
      ENGLISH                                 AFRIKAANS
      Landing strip                           Vliegveld
      Furrow                                  Voor
      Caravan park                            Karavaanpark
      Diggings                                Uitgrawings
      Sewerage works                          Rioolwerke
      Hot springs                             Warmwaterbronne
      Nature reserve                          Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                               3

                         ALGEMENE INLIGTING OOR CITRUSDAL

  Citrusdal is ŉ dorp van 5 000 mense in die Olifantsriviervallei in die Wes-Kaapse
  provinsie van Suid-Afrika. Dit is geleë aan die voet van die Sederberge, wat deel van die
  Kaapse plooiberge vorm en is sowat 160 km noord van Kaapstad geleë. Landbou in die
  omgewing word oorheers deur sitrusboerdery, vandaar die dorp se naam. Natuurlike
  warmwaterbronne kom in hierdie area voor.

                        Koördinate: 32°35′22″S 19°00′53″O / 32°35,3′S 19°00,8′O

                               [Bron: https://www.citrusdal.info]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

4
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3219CA
 CITRUSDAL, sowel as die ortofotokaart wat ŉ gedeelte van die gekarteerde
 gebied dek. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
 verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie
 langs elke vraag.

 1.1    Die kaartverwysing van die topografiese kaart noord van Citrusdal is ...

        A       1932AC.
        B       3218BC.
        C       3219AC.
        D       3219AD.

 1.2    Die gemiddelde magnetiese deklinasie vir die topografiese kaart uittreksel
        3219CA Citrusdal in 2007 is, ...

        A       32°30ʹ W van Ware Noord.
        B       19°00ʹ W van Ware Noord.
        C       23°16ʹ W van Ware Noord.
        D       24°22ʹ W van Ware Noord.

 1.3    Die ortofotokaartskaal van 1 : 10 000 beteken dat een sentimeter op die
        ortofotokaart verteenwoordig ... kilometers op die grond.

        A       0,01
        B       0,1
        C       0,5
        D       0,05

 1.4    Die werklike afstand van nommer 4 tot nommer 1 op die ortofotokaart is ...
        km.

        A       5
        B       5,3
        C       1,3
        D       1

 1.5    Die provinsie gemerk B op die Algemene Inligtingskaart van Citrusdal op
        bladsy 3 is die ...

        A       Vrystaat.
        B       Noordwes.
        C       Noord-Kaap.
        D       Oos-Kaap.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                             5

 1.6     Aan watter tipe bergreeks behoort die Sederberge?

         A     Tafelberg
         B     Kaapse Plooiberge
         C     Drakensberg
         D     Middelberg

 1.7     Die dorp Citrusdal sal gedurende die nag ... winde ervaar.

         A       seebries
         B       katabatiese winde
         C       anabatiese winde
         D       landbries

 1.8     ŉ Ortofotokaart is ŉ ... lugfoto.

         A       vertikale
         B       hoë skuins
         C       lae skuins
         D       horisontale

 1.9     Die boerdery-aktiwiteit wat in die gebied gemerk 2 op die ortofotokaart
         gemerk is, is ... -boerdery.

         A       weiding
         B       vrugte
         C       bosbou
         D       gewas

 1.10    Die laagliggende landvorm by H in blok F8 op die topografiese kaart
         is ŉ ...

         A       vlakte.
         B       saal.
         C       uitloper.
         D       vallei.

 1.11    Die verskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is ŉ …

         A       meer.
         B       dam.
         C       reservoir.
         D       rivier.

 1.12    Die ruitverwysing (koördinate) van die trigonometriese stasie nommer 94,
         in blok G5 is ...

         A     19°04'60"S 32°36'55"O / 19°04,1'S 32°36,9'O.
         B     32°36'43"S 19°04'08"O / 32°36,7'S 19°04,1'O.
         C     19°04'10"S 32°36'40"O / 19°04,1'O 32°36,6'O.
         D     32°37'55"S 19°05'06"O / 32°37,9'S 19°05,1'O.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

6
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.13    Die dreineringspatroon gemerk C in blok C7 en C8 is …

         A    tralies.
         B    dentreties.
         C    radiaal.
         D    reghoekig.

 1.14    Die natuurlike verskynsel by D in blok G9, op die topografiese kaart is ŉ …

         A      nie-standhoudende rivier.
         B      droë water loop.
         C      moeras en vlei.
         D      nie-standhoudende water.

 1.15    Gewasboerdery word by 8 op die ortofotokaart aangetref. Hierdié tipe
         boerdery word deur sy ... geïdentifiseer.

         A    donker toon
         B    growwe tekstuur
         C    fyn tekstuur
         D    gladde toon
                                                                            (15 x 1) (15)
                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                         7

 VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

 2.1    FIGUUR 2.1 verteenwoordig ŉ onvolledige dwarssnit tussen punte 4 en 5 op
        die ortofotokaart.

        2.1.1 Voltooi die dwarssnit.

        2.1.2 Benoem die posisie van punthoogte 203.

                                                                           (2 x 1)         (2)

       2.1.3   Waarom is daar geen intersigbaarheid tussen punte 4 en 5 op die
               dwarssnit nie?

                                                                           (1 x 1)         (1)

       2.1.4   Bereken die vertikale vergroting van die dwarsdeursnee. Toon ALLE
               berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                𝑽𝒆𝒓𝒕𝒊𝒌𝒂𝒍𝒆 𝒔𝒌𝒂𝒂𝒍 (𝑽𝑺)
               Formule: VV =
                               𝑯𝒐𝒓𝒊𝒔𝒐𝒏𝒕𝒂𝒍𝒆 𝒔𝒌𝒂𝒂𝒍 (𝑯𝑺)

                                                                           (4 x 1)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 8

8
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2017)

       2.1.5 Verskaf EEN rede waarom die vertikale skaal in ŉ dwarssnit
             oordrewe (vergroot) is.

                                                                              (1 x 1)       (1)

 2.2   2.2.1 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen die trigonometriese stasie (blok
             G5), na die trigonometriese stasie (blok H2) op die topografiese kaart.
             Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                       Vertikale interval (VI)
              Formule: Gradiënt =
                                    Horisontale ekwivalent (HE)

                                                                              (4 x 1)       (4)

       2.2.2 Met verwysing na die antwoord in VRAAG 2.2.1, is die helling ŉ ware
             weerspieëling van die werklike landskap?
             Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                                                                              (2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                           9

 2.3    2.3.1 Verwys na die afgebakende gebied in ROOI op die topografiese kaart
              wat die ortofotokaart voorstel. Gebruik die afgebakende gebied om die
              oppervlakte van die ortofotokaart in km² te bereken. Toon ALLE
              berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

               Formule: Oppervlakte = lengte (L) x breedte (B)

                                                                             (5 x 1)         (5)

        2.3.2 Verduidelik waarom die gebied wat deur die ortofotokaart op die
              topografiese kaart gedek is, kleiner as die ortofotokaart self lyk.

                                                                             (1 x 1)      (1)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

10
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 SECTION C

 VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

 3.1   Verwys na die grafiek hieronder, die inligting op bladsy 3 en die topografiese
       kaart om die vrae wat volg te beantwoord.

                                              [Bron: https://en.klimaat-data.org/plek/23402/]

       3.1.1 Bereken die gemiddelde maandelikse reënval (mm) vir Citrusdal.

                                                                                     (1 x 1)      (1)

       3.1.2 Noem die tipe klimaat waarmee hierdie tipe reënval geassosieer word.

                                                                                     (1 x 1)      (1)

       3.1.3 Gegewe die bogenoemde reënval-data (grafiek) en Citrusdal se ligging.
             Verskaf EEN rede waarom daar baie nie-standhoudende strome in die
             gebied voorkom.

                                                                                     (1 x 1)      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                                  11

  3.2 Graad 12-leerders op ŉ uitstappie na Citrusdal, ontdek dat die temperatuur om
      12:00 (middag), by die karavaanpark wat A gemerk is, ŉ paar grade laer is as
      die temperatuur naby die nywerheidsgebied gemerk G, op die topografiese
      kaart. Verskaf redes vir die verskil in temperatuur tussen die karavaanpark en
      die nywerheidsgebied.

                                                                                    (2 x 2)      (4)

  3.3 Verskaf TWEE bewyse om te regverdig dat die standplaas van die Olifants-
      riviervallei, geleë wes op die topografiese kaart, ideaal vir landbou is.

                                                                                    (2 x 2)      (4)

  3.4 Daar is talle damme in die landbougebied wat deur die topografiese kaart gedek
      word. Van watter belang is hierdie damme tydens die droë seisoene vir die
      boere?

                                                                                    (1 x 2)      (2)

  3.5 Verwys na die Olifantsrivier in blok I2 op die topografiese kaart.

        3.5.1 Identifiseer die stroomkanaalpatroon.

                                                                                    (1 x 1)      (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

12
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2017)

       3.5.2 Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in
             VRAAG 3.5.1 te ondersteun.

                                                                             (2 x 2)        (4)

 3.6   Verwys na die dorp Citrusdal.

       3.6.1 Is Citrusdal ŉ ontspanning-, mynbou- of poortdorp?

                                                                             (1 x 1)        (1)

       3.6.2 Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord te
             ondersteun.

                                                                             (1 x 2)        (2)

       3.6.3 Verduidelik die ekonomiese voordeel van Citrusdal se ligging.

                                                                             (2 x 2)        (4)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                              13

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 4.1    Gedurende die 2008 vloede was toegang tot die Olifantsriviervallei beperk om
        die omvang van die skade te bepaal. ŉ GIS-spesialis het afstandswaarneming
        gebruik om toegang tot oorstroomde gebiede langs die Olifantsriviervallei te
        verkry.

        4.1.1 Definieer die term afstandswaarneming.

                                                                                (1 x 1)      (1)

        4.1.2 Noem TWEE redes waarom die GIS-spesialis afstandswaarneming
              gekies het.

                                                                                (2 x 1)      (2)

        4.1.3 Die GIS-spesialis het ook bevind dat boerdery ŉ negatiewe impak op
              die Olifantrivier gehad het. Hy/sy het voorgestel dat buffersones rondom
              die Olifantrivier geplaas moet word. Evalueer hoe dit die wanbestuur
              van die rivier sal voorkom.

                                                                                (2 x 2)      (4)

 4.2    Definieer die term ruimtelike data.

                                                                                (1 x 1)      (1)

 4.3    Klassifiseer elk van die volgende ruimtelike voorwerpe in blok E5, as ŉ punt,
        lyn of veelhoek (area).

        (a)     Nie-standhoudende rivier / voetslaanpad:

        (b)     Punthoogte 1328:

        (c)     Dam / landerye:
                                                                                (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

14
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.4   Die diagram hieronder illustreer die konsep van data-integrasie in blok A10 op
       die topografiese kaart. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae
       hieronder.

                                                             [Bron: Eksaminator se skets]

       4.4.1 Definieer die term data-integrasie.

                                                                                 (1 x 1)       (1)

       4.4.2 Noem EEN probleem wat met data-integrasie ervaar is soos aangedui
             in die diagram/figuur, voor die bekendstelling van GIS.

                                                                                 (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2017)
                      Downloaded from   hlayiso.com
                                  GEOGRAFIE V2                                       15

        4.4.3 Noem TWEE maniere waarop data-integrasie die boer kan help om sy
              plaas op Kleinplaas, blok E8, ekonomies lewensvatbaar te maak.

                                                                         (2 x 1)      (2)
                                                                                     [15]

                                                                     TOTAAL:          75

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 16

16
                     Downloaded  from hlayiso.com
                            GEOGRAFIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2017)

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak maak NIE.)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
