# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/95565f7f-a5b7-40f5-afbc-30d8758f8912
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/95565f7f-a5b7-40f5-afbc-30d8758f8912)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

                     GEOGRAFIE V2

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

2                                  GEOGRAFIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Landelike en stedelike nedersettings                     (60)
      VRAAG 2: Ekonomiese geografie van Suid-Afrika                     (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese vaardighede en tegnieke                      (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Teken volledig geannoteerde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit
      te doen.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of lys.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart van 3319AD CERES en ŉ ortofotokaart van
      1 : 10 000 3319AD 12 CERES word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
      gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V2                                       3

AFDELING A:           LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                    EN DIE
                      EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.9 D.

       1.1.1    ... is ŉ fisiese faktor wat die standplaas van ŉ nedersetting beïnvloed.

                A      Helling aspek
                B      Industriële ontwikkeling
                C      Toegang tot dienste
                D      Nabyheid van paaie

       1.1.2    ŉ ... nedersetting is naby ŉ bron van water wat in ŉ waterskaars
                gebied geleë is.

                A      Droë punt
                B      Geïsoleerde
                C      Verspreide
                D      Water punt

       1.1.3    Die ligging van ŉ nedersetting in verhouding tot sy omliggende
                omgewing staan as die … bekend.

                A      standplaas
                B      patroon
                C      verspreiding
                D      situasie

       Verwys na die onderstaande skets om VRAE 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.

                                          [Bron: Eksaminator se eie skets]

       1.1.4    Die landelike nedersetting het ŉ kernpatroon omdat die huise ... is.

                A      naby mekaar gespasieer
                B      ver vanaf mekaar
                C      geïsoleerd
                D      wyd verspreid

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                                       GEOGRAFIE V2                                  (EC/SEPTEMBER 2023)

        1.1.5   Die volgende is voordele van die kern nedersettingspatroon:

                (i)     neem eie besluite
                (ii)    gebrek aan privaatheid
                (iii)   verhoogde sekuriteit
                (iv)    deel masjinerie

                A       (i) en (iii)
                B       (i) en (iv)
                C       (ii) en (iii)
                D       (iii) en (iv)

        1.1.6   Die vorm van die nedersetting is ...

                A       linieer.
                B       kruispad.
                C       T-vormig.
                D       rond.

        1.1.7   Die grootste en die mees komplekse landelike nedersetting is die …

                A       boeredorpie.
                B       geïsoleerde plaasopstal.
                C       gehuggie.
                D       sentrale plek.

        1.1.8   Die nedersetting in die skets hieronder kan geklassifiseer word as …

                                                   [Bron: Eksaminator se eie skets]

                A       multifunksioneel en landelik.
                B       enkel-funksioneel en stedelik.
                C       enkel-funksioneel en landelik.
                D       multifunksioneel en stedelik.                                    (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                       GEOGRAFIE V2                                           5

1.2    Pas/voltooi die term/konsep uit KOLOM B met die stelling in KOLOM A. Skryf
       slegs X of Y langs vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK,
       byvoorbeeld. 1.2.8 Y.

                           KOLOM A                                KOLOM B
       1.2.1    Die rangorde van stedelike             X   stedelike hiërargie
                nedersettings op die aantal
                funksies gebaseer                      Y   stedelike verspreiding
       1.2.2    Meer gespesialiseerde goedere sal      X   kleiner
                in ŉ ... stad gevind word              Y   groter
       1.2.3    Die maksimum afstand wat ŉ             X   reikwydte van goedere
                verbruiker bereid is om te reis om
                goedere en dienste te koop             Y   invloedsfeer
       1.2.4    Sentrums met ŉ groot                   X   lae-orde sentrums
                verskeidenheid en groot
                drempelbevolking                       Y   hoë-orde sentrums
       1.2.5    ŉ Stedelike gebied wat goedere en      X   sentrale stad
                dienste      aan    die   omliggende
                landelike bevolking verskaf            Y   sentrale plek
       1.2.6    Drempelbevolking is die ... aantal     X   maksimum
                kliënte wat ŉ besigheid nodig het
                om winsgewend te wees                  Y   minimum
       1.2.7    Gebied vanwaar stedelike               X   invloedsfeer
                nedersettings hul kliënte trek         Y   hoë-orde sentrum
                                                                                     (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                 GEOGRAFIE V2                                  (EC/SEPTEMBER 2023)

1.3   Verwys na die uittreksel hieronder oor water as ŉ kwessie van sosiale
      geregtigheid in landelike gebiede.

      BEMAGTIGING VAN LANDELIKE GEMEENSKAPPE MET MULTI-GEBRUIK
                       WATERVERBRUIK DIENSTE

      Die multi-gebruik waterdienste (MGD) benadering is betroubaar in die
      verskaffing  van   lewensveranderende  watertoegang   aan   landelike
      gemeenskappe om watersekerheid te versterk wat ŉ meer diverse
      lewensbestaan ondersteun.

      In Ga Moela (Limpopo provinsie), ŉ landelike nedersetting wat uit ongeveer 18
      verspreide huishoudings bestaan, is nuwe waterdienste ontwerp om in die
      veelvuldige waterbehoeftes van die gemeenskap se huishoudings te voorsien.
      Hierdie landelike inwoners het ŉ toename van 56% in waterhoeveelheid en ŉ
      meer betroubare toevoer ervaar.

      Voor die bekendstelling van MGD was die hoofwaterbronne 20 vlak
      handgegrawe putte slegs 0,5–1 meter diep. Die water was vuil en is met diere
      gedeel. Die verspreide aard van die huishoudings het beteken dat byna alle
      huise staatgemaak het op water wat uit bronne in emmers of kruiwaens vervoer
      is.
                                    [Aangepas uit https://www.iwmi.cgiar.org/success-stories]

      1.3.1   Hoeveel ure per week is bespaar om water te gaan haal nadat MGD
              bekendgestel is?                                           (1 x 1)                 (1)

      1.3.2   Identifiseer TWEE bewyse uit die uittreksel dat gemeenskapslede
              probleme ondervind het, voordat MUS bekendgestel is.     (2 x 1)                   (2)

      1.3.3   Gee TWEE redes vir die swak waterinfrastruktuur wat dikwels in Suid-
              Afrikaanse landelike gebiede voorkom.                         (2 x 2)              (4)

      1.3.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe toegang tot
              betroubare water in landelike gemeenskappe armoede sal verminder.
                                                                         (4 x 2)                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                          GEOGRAFIE V2                                          7

1.4 Verwys na die skets hieronder wat 'n grondgebruiksone toon.

         [Aangepas uit http://brettonwoodhighschool.co.za/wp-content/uploads/2020/05/GRADE-12-
                                                                       WEEK-4-LESSON-7-8.pdf]

     1.4.1    Wat is die landelik-stedelike oorgangsone?                              (1 x 2)     (2)

     1.4.2    Vanuit die skets noem EEN ekonomiese aktiwiteit wat in die landelik-
              stedelike oorgangsone voorkom.                                 (1 x 1)              (1)

     1.4.3    Waarom dra ŉ toename in die aantal mense in stedelike gebiede by tot
              stedelike uitbreiding binne-in die landelik-stedelike oorgangsone?
                                                                           (1 x 2)                (2)

     1.4.4    Gee TWEE sosiale redes vir hoë-inkomste residensiële ontwikkelings
              in die landelike-stedelike oorgangsone.                      (2 x 2)                (4)

     1.4.5    Stel DRIE negatiewe ekonomiese gevolge voor wat ontwikkeling in die
              landelik-stedelike oorgangsone op die landelike gemeenskap sal hê.
                                                                             (3 x 2)              (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GEOGRAFIE V2                                 (EC/SEPTEMBER 2023)

1.5 Verwys na die uittreksel hieronder oor informele nedersettings.

                           DIE STAD SE ‘PROBLEEMGEBOUE’

     ŉ Staptog deur drie aangrensende (langs mekaar) huise in Wrightstraat in
     Woodstock (Kaapstad) gee ŉ duidelike aanduiding waarom stadsamptenare
     besig is om sogenaamde probleemgeboue vas te trek.

     Toe die stad se probleem bou-eenheid by die polisie aangesluit het in ŉ klopjag
     in Wrightstraat in Woodstock, was daar 110 volwassenes en 28 kinders onder
     die ouderdom van 16 op die perseel by Wrightstraat 10. Terwyl hierdie huise
     werklose en arm gesinne huisves, val hulle van hul plafonne af tot op die vloere
     ineen. Daar is gevaarlike onwettige elektrisiteitsverbindings, onvoldoende
     sanitasie en waterinfrastruktuur wat gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir die
     inwoners inhou.

     ŉ Amptenaar verduidelik dat dié woonadres op die lys van probleemgeboue is
     waarmee die stad te doen het. Die eienaars het ŉ paar jaar gelede verdwyn en
     sedertdien is die eiendomme binnegedring deur onwettige besetters wat die
     huise oorgeneem het en ook talle agterplaashutte opgerig het.

     ŉ Aansoek om ŉ slopingsbevel is tans aan die gang. Daarbenewens is die
     stadsowerhede hoopvol dat vernuwingstrategieë in die middestad lewensvatbare
     oplossings vir stedelike uitdagings soos die huise in Wrightstraat sal wees.

                     [Aangepas uit www.news24.com/news24/110-found-living-at-problem-building]

     1.5.1   Volgens die uittreksel, waarom woon baie mense in ‘probleemgeboue’?
                                                                           (1 x 1)                (1)

     1.5.2   Haal bewyse van stedelike roes (stedelike verval) uit die uittreksel aan.
                                                                                 (2 x 1)          (2)

     1.5.3   Verduidelik TWEE moontlike oorsake van stedelike roes (stedelike
             verval) in Wrightstraat.                                       (2 x 2)               (4)

     1.5.4   Beskryf TWEE moontlike negatiewe sosiale impakte wat verband hou
             met stedelike roes (stedelike verval).                       (2 x 2)                 (4)

     1.5.5   Waarom sal ‘vernuwingstrategieë in die middestad’ wat in die uittreksel
             genoem word, waarskynlik nie die huidige inwoners van Wrightstraat
             bevoordeel nie?                                                 (2 x 2)              (4)
                                                                                                 [60]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                          GEOGRAFIE V2                                   9

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 D.

     2.1.1    ŉ Fisiese faktor wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika belemmer,
              is ...

              A       arbeidsonrus.
              B       onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening.
              C       tekort aan geskoolde arbeid.
              D       wisselvallige reënval.

     2.1.2    Konstruksie en vervaardiging vorm deel van die ekonomie se ... sektor.

              A       primêre
              B       sekondêre
              C       tersiêre
              D       kwaternêre

     2.1.3    Die ... van ŉ land verwys na die totale waarde van goedere en dienste
              wat deur die permanente inwoners van die land geproduseer word.

              A       bruto binnelandse produk
              B       bruto geografiese produk
              C       bruto nasionale produk
              D       bruto waardetoegevoegde produk

     2.1.4    ... nywerhede is diensgeoriënteerd en nie gekoppel aan enige spesifieke
              plek nie.

              A       Grondstof-georiënteerde
              B       Vragverbrekings
              C       Markgeoriënteerde
              D       Ongebonde

     2.1.5    Swaar nywerhede word deur ... gekenmerk.

              (i)     nabyheid aan grootmaatvervoerfasiliteite
              (ii)    alomteenwoordig te wees
              (iii)   hoë vlakke van geraas en lugbesoedeling
              (iv)    markgeoriënteerd te wees

              A       (i) en (ii)
              B       (i) en (iii)
              C       (ii) en (iii)
              D       (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10                                 GEOGRAFIE V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

     2.1.6   ŉ Sosiale faktor wat die ligging van die Gautengse (PWV) kern
             industriële gebied bevoordeel.

             A       Gelyke grond
             B       Oorvloedige water
             C       Digte bevolking
             D       Goedkoop krag

     2.1.7   ŉ ... is wanneer die waarde van uitvoere groter is as die waarde van
             invoere.

             A       Handelsbalans
             B       Negatiewe handelsbalans
             C       Gunstige handelsbalans
             D       Handelstekort                                          (7 x 1)     (7)

2.2 Verwys na foto’s A en B hieronder wat kleinskaal en grootskaal mielieboerdery
    uitbeeld. Pas die beskrywings hieronder by foto A of B. Skryf slegs die letter
    (A of B) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 2.2.9 A.
                     A                                           B

     2.2.1   Dra aansienlik tot die land se BBP by

     2.2.2   Arbeidsintensiewe mielieboerdery

     2.2.3   Produseer ŉ laer opbrengs van mielies per hektaar

     2.2.4   Mielieboerdery wat kapitaalintensief is

     2.2.5   Boerdery wat groot stukke grond benodig

     2.2.6   Word as grootskaalse boerdery beskou

     2.2.7   Dra tot voedselsekerheid vir individuele huishoudings by

     2.2.8   Stimuleer die sekondêre ekonomiese sektor deur nywerhede van
             grondstowwe te voorsien                                     (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                            GEOGRAFIE V2                                            11

2.3 Verwys na die infografika oor platinummynbou in Suid-Afrika.

     Platinum is een van die skaarsste
     metale ter wêreld en is in groot
     aanvraag     vanweë      sy  wye
     verskeidenheid gebruike.

     Suid-Afrika het meer as 80% van die
     wêreld se platinumreserwes met
     platinum     wat     die   primêre
     inkomstedrywer vir myne in die land
     is.

     Die     Suid-Afrikaanse     platinum
     mynbedryf is egter nie veilig nie en
     die land se vermoë om platinum te
     verskaf word deur ŉ aantal faktore
     belemmer.

               [Aangepas uit https://auctusmetals.com/south-african-platinum-mine-supply-in-decline]

     2.3.1    Volgens die infografika, watter persentasie globale platinum word deur
              Suid-Afrika verskaf?                                            (1 x 1)                  (1)

     2.3.2    Kwoteer uit die infografika EEN fisiese faktor wat platinummynbou in
              Suid-Afrika bevorder.                                         (1 x 1)                    (1)

     2.3.3    Volgens die grafiek, meld die tendens in Suid-Afrika se platinumproduksie
              vanaf 2006 tot 2022.                                               (1 x 1)               (1)

     2.3.4    Hoe het Suid-Afrika se dominante globale posisie van platinumvoorraad
              tot die land se infrastruktuurontwikkeling bygedra?            (2 x 2)                   (4)

     2.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die ekonomiese
              faktore wat platinummynbou in Suid-Afrika belemmer, ŉ negatiewe
              uitwerking op die land se BBP het.                              (4 x 2)                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                                   GEOGRAFIE V2                                    (EC/SEPTEMBER 2023)

2.4   Verwys na die onderstaande infografika oor die Port Elizabeth-Uitenhage-kern-
      nywerheidstreek en die Coega-nywerheidsontwikkelingsone (IOS).

       Port-Elizabeth-Uitenhage                           Motorhoofstad van Suid-Afrika:
       Nywerheidsgebied dra by:

        2,63% tot Suid-       3,91% tot die BBP
         Afrika se BBP        van die Oos-Kaap

                                COEGA Industriële Ontwikkelingsone:

                                 - Grootste IOS in Suider-Afrika
                                 - Geleë in die Nelson Mandela Metropool
                                 - Gefokus op sosiale en ekonomiese ontwikkeling
                                 - Infrastruktuur voordele
       [Bron: https://www.investmentmonitor.ai/sponsored/plug-and-play-model-in-south-african-free-
                                                        zone-helps-investors-access-opportunities/]

      2.4.1    Watter persentasie het die Port Elizabeth-Uitenhage-kernnywerheids-
               gebied tot Suid-Afrika se BBP bygedra?                        (1 x 1)                  (1)

      2.4.2    Kwoteer bewyse uit die infografika waarom na Port Elizabeth-Uitenhage
               kernnywerheidstreek as die motorhoofstad van Suid-Afrika verwys is.
                                                                               (1 x 1)                (1)

      2.4.3    Identifiseer EEN maatskappy in die motorbedryf wat binne die Port
               Elizabeth-Uitenhage-kernnywerheidstreek bedrywig is.       (1 x 1)                     (1)

      2.4.4    Hoe verhoog die motorbedryf die ontwikkeling van ander bedrywe in die
               Port Elizabeth-Uitenhage-streek?                              (1 x 2)                  (2)

      2.4.5    Waarom maak die streek se infrastruktuur dit ŉ aantreklike beleggings-
               bestemming vir die buitelandse vervaardigingsektor?             (2 x 2)                (4)

      2.4.6    Verduidelik hoe die Coega IOS positief tot maatskaplike en
               ekonomiese ontwikkeling in die Oos-Kaap provinsie bydra.                    (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                            GEOGRAFIE V2                                             13

2.5    Verwys na die uittreksel wat op die informele sektor gebaseer is.

       DIE BELANGRIKHEID VAN DIE SUID-AFRIKAANSE INFORMELE SEKTOR

       Volgens Statistieke Suid-Afrika, is daar meer as 2 miljoen Suid-Afrikaners wat
       in die informele sektor werk, wat 16,4% van Suid-Afrika se totale indiensneming
       uitmaak. Hoewel data en inligting oor die informele sektor beperk is, word
       beraam dat hierdie groeiende sektor ongeveer 6% tot die BBP bydra.
       Suid-Afrika se informele ekonomie word gekenmerk deur handelaars soos
       spaza-winkels, sypaadjie smouse en verkopers. Dit word dikwels die ‘verborge
       ekonomie’ genoem. Ten spyte van die sektor se grootte en belangrikheid om
       armoede te verminder deur mense toegang tot voedsel en werk te bied, bly die
       krag van die informele sektor egter grootliks onderskat.
       Dit is belangrik om daarop te let dat die informele sektor nie net deur die
       ‘desperate’ as ŉ tydelike oorlewingstrategie gebruik word totdat hulle toegang
       tot die formele sektor het nie, maar in werklikheid ŉ bloeiende mark is wat ryk is
       aan geleenthede.
       Dit is om hierdie rede dat beleidmakers die rol van informele aktiwiteite in die
       vermindering van armoede moet erken, werk moet verskaf en ekonomiese
       geleenthede moet bied. Daarom moet volhoubare maatreëls ingestel word om
       hierdie onderskatte sektor te versterk.
         [Aangepas uit https: https://www.farmersweekly.co.za/opinion/by-invitation/how-important-is-
                                                          the-informal-sector-in-urban-food-security]

       2.5.1    Watter persentasie van Suid-Afrika se indiensneming bestaan uit die
                informele sektor?                                           (1 x 1)                      (1)

       2.5.2    Gee ŉ voorbeeld van ŉ informele aktiwiteit wat in die uittreksel genoem
                word.                                                             (1 x 1)                (1)

       2.5.3    Identifiseer volgens die uittreksel TWEE maniere waarop die informele
                ekonomie armes bystaan.                                        (2 x 1)                   (2)

       2.5.4    (a)   Gee rekenskap waarom die informele sektor as die ‘verborge
                      ekonomie’ beskou word?                              (1 x 1)                        (1)

                (b)   Verduidelik waarom dit vir beleidmakers moeilik is om planne te
                      ontwerp om die informele sektor te help.                 (1 x 2)                   (2)

       2.5.5    Stel volhoubare strategieë voor wat geïmplementeer kan word om die
                informele sektor te versterk.                                (2 x 2)                     (4)

       2.5.6    Hoe sal ŉ versterkte informele sektor die Suid-Afrikaanse ekonomie
                bevoordeel?                                                  (2 x 2)                     (4)
                                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 GEOGRAFIE V2                                   (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                         ALGEMENE INLIGTING OOR CERES

Koördinate: 33° 24' 2'' S; 19° 17' 42'' O

Ceres is 150 km noordoos van Kaapstad in die Wes-Kaap provinsie geleë en ervaar ŉ
tipiese Mediterreense klimaat. Ceres is vernoem na die Romeinse godin van landbou
en is geleë in ŉ vallei wat uiters vrugbaar is en ŉ belangrike produsent van Suid-Afrika
se sagtevrugte is. Daar is ŉ aantal gevestigde landbouverwerkingsbedrywe in die
omliggende gebied.
                                                    [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:

ENGLISH                          AFRIKAANS
Canal                            Kanaal
Furrow                           Voor
Weir                             Studam

3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

     Verwys na die topografiese en ortofotokaarte.

     3.1.1    Ceres lê in ŉ ... rigting vanaf Kaapstad.

              A      noord-oostelike
              B      suid-westelike
              C      noordwestelike
              D      suid-oostelike                                                      (1 x 1)    (1)

     3.1.2    Die 19 in die kaartkode vir CERES 3319 AD verteenwoordig …

              A      19° suid van die ewenaar.
              B      19' suid van die ewenaar.
              C      19° oos van die Greenwich-meridiaan.
              D      19' oos van die Greenwich-meridiaan.                                (1 x 1)    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V2                                        15

     3.1.3    Die verskynsel wat by 33° 21’ 21” S; 19° 17’ 9” O geleë is, is ŉ …

              A       staproete.
              B       punthoogte.
              C       watertoring.
              D       trigonometriese stasie.                                      (1 x 1)      (1)

     3.1.4    Noem die hoofverkeerpad wat deur die dorp van Ceres loop.               (1 x 1)   (1)

     3.1.5    Verwys na F en G op die topografiese kaart.

              (a)     Die afstand langs die pad van F na G is 1,15 km.
                      Skakel hierdie afstand om na meter (m).                         (1 x 1)   (1)

              (b)     Gebruik die antwoord by VRAAG 3.1.5(a) en bereken die
                      gemiddelde gradiënt tussen F en G op die topografiese kaart.
                                                            Vertikale interval (VI)
                      Formule: Gemiddelde gradiënt =
                                                         Horisontale ekwivalent (HE)

                                                                                      (3 x 1)   (3)

              (c)     Gebruik die antwoord uit VRAAG 3.1.5 (b) om die vertikale hoogte
                      en die horisontale afstand op die skets hieronder aan te dui.

                                                                                      (2 x 1)   (2)

3.2 KAART-INTERPRETASIE

     3.2.1    Ceres het ŉ Mediterreense klimaat as gevolg van sy …

              A       lae somerreënval.
              B       hoë somerreënval.
              C       lae winterreënval.
              D       hoë winterreënval.                                              (1 x 1)   (1)

     3.2.2    Die belangrikste landbouproduk wat met Ceres geassosieer word, is ...

              A       vee.
              B       vrugte.
              C       mielies.
              D       pluimvee.                                                       (1 x 1)   (1)

     3.2.3    Noem TWEE fisiese faktore wat die landbou in die Ceres-omgewing
              positief beïnvloed.                                          (2 x 1)              (2)

     3.2.4    Hoe het die landbousektor nywerheidsontwikkeling in Ceres
              bevoordeel?                                                             (1 x 2)   (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

16                                 GEOGRAFIE V2                                       (EC/SEPTEMBER 2023)

      Verwys na die industriële gebied gemerk 1 in blokke B5 en C5 op die
      ortofotokaart en die foto van dieselfde gebied hieronder om VRAE 3.2.5 tot
      3.2.8 te beantwoord.

                              [Bron: https://ceresfruitjuice.com/za/environment/ceres-fruit-juices]

      3.2.5    Die industriële gebied wat op 1 op die ortofotokaart geleë is, is
               (markgeoriënteerd / grondstofgeoriënteerd).               (1 x 1)                      (1)

      3.2.6    Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.5.                               (1 x 2)    (2)

      3.2.7    Identifiseer EEN tipe vervoerinfrastruktuur wat naby die
               nywerheidsgebied 1 geleë is.                                                (1 x 1)    (1)

      3.2.8    Verduidelik waarom die ligging nodig was om hierdie bedrywe naby
               die tipe vervoerinfrastruktuur wat in VRAAG 3.2.7 geïdentifiseer is, op
               te rig.                                                         (1 x 2)                (2)

 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.3.1    Is die topografiese kaart 'n voorbeeld van raster- of vektordata?
                                                                                           (1 x 1)    (1)

      3.3.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                                 (1 x 2)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V2                                             17

       Verwys na satellietbeelde A en B van die Ceres-vallei.

                      BEELD A                                       BEELD B

                                                [Bron: https://omdena.com/blog/super-resolution/]

       3.3.3    Definieer die term resolusie.                                            (1 x 2)     (2)

       3.3.4    Waarom het beeld B ŉ hoër resolusie as beeld A?                          (1 x 1)     (1)

       3.3.5    Noem EEN faktor wat die resolusie van ŉ beeld kan beïnvloed. (1 x 1)                 (1)

       3.3.6    Gee EEN voordeel om ŉ hoër resolusie satellietbeeld te gebruik.
                                                                              (1 x 1)                (1)
                                                                                                    [30]

                                                                                     TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
