# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/6eed8a13-549a-41f6-9c61-bcf585c3bb55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/6eed8a13-549a-41f6-9c61-bcf585c3bb55)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2024

                          GEOGRAFIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GEOGRAFIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

        AFDELING A:

        VRAAG 1: Landelike en stedelike nedersettings                      (60)
        VRAAG 2: Ekonomiese geografie van Suid-Afrika                      (60)

        AFDELING B:

        VRAAG 3: Geografiese vaardighede en tegnieke                       (30)

2.      Beantwoord al DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

5.      Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Moenie in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys moet
        maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.     ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart van 2527DB HARTBEESPOORT en ŉ
        ortofotokaart van 1 : 10 000 2527DB 23HARTBEESPOORT van ŉ gedeelte van
        die gekarteerde (kaart) area, word voorsien.

15.     Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
        die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word voor.

16.     Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
        eksamensessie by die toesighouer inhandig.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V2                                         3

AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                              EN     DIE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTING

1.1   Die skets hieronder dui aan klassifikasie van landelike nedersettings. Vergelyk
      die beskrywings in VRAAG 1.1.1 tot 1.1.8 met letters A‒F. Skryf slegs die
      letters (A‒F) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 G. Letters kan herhaal word.

                                                          [Bron: Eksaminator se eie skets]

      1.1.1    ŉ Natpunt-nedersetting.

      1.1.2    ŉ Kernnedersetting wat op ŉ primêre ekonomiese aktiwiteit staatmaak.

      1.1.3    ŉ Geïsoleerde nedersetting wat ŉ maklike teiken vir misdadigers is.

      1.1.4    ŉ Stervormige kruispad-nedersetting.

      1.1.5    ŉ Plaasopstal wat groot bedrae kapitaal benodig.

      1.1.6    ŉ T-vormige nedersetting.

      1.1.7    ŉ Nedersetting wat lineêr van vorm is.

      1.1.8    ŉ Nedersetting, wat om veiligheidsredes, in ŉ meanderloop geleë is.
                                                                             (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
       (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 D.

       Verwys na die skets hieronder wat die stedelike hiërargie aandui om VRAE
       1.2.1 tot 1.2.3 te beantwoord.

                         [Aangepas uit www.buddinggeographers.com/rural-and-urban-settlement]

       1.2.1   Nedersettings word volgens … gerangskik.

               A       funksie
               B       bevolking
               C       reikwydte
               D       vorm

       1.2.2   In vergelyking met ŉ dorp, het ŉ stad ŉ … bevolking met … funksies.

               (i)     groter
               (ii)    kleiner
               (iii)   minder
               (iv)    meer

               A       (i) en (iii)
               B       (ii) en (iii)
               C       (i) en (iv)
               D       (ii) en (iv)

       1.2.3   ŉ Megapolis word gekenmerk deur:

               A       Om volop in ŉ spesifieke area te wees
               B       Om die minste kompleks te wees
               C       Konurbasies groei en samesmelting
               D       Het die kleinste bevolking

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                         GEOGRAFIE V2                                             5

       Verwys na die skets wat reikwydte en totale bevolking in verskillende
       nedersettings aandui om VRAE 1.2.4 tot 1.2.5 te beantwoord.

       1.2.4    Die reikwydte vir lae-orde goedere en dienste is die kleinste in ŉ …

                A     dorp.
                B     stad.
                C     metropool.
                D     dorpie.

       1.2.5    Die tipe nedersetting wat die hoogste aantal mense bedien.

                A     Dorp
                B     Stad
                C     Metropool
                D     Klein dorpie

       Verwys na die skets hieronder wat die sentraleplekteorie aandui om VRAE
       1.2.6 en 1.2.7 te beantwoord.

                           [Aangepas uit https://geography.name/classical-central-place-theory]

       1.2.6    Die laagste orde nedersettingsplek is die … sentrale plek.

                A     eerste orde
                B     tweede orde
                C     derde orde
                D     vierde orde
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V2                              (EC/SEPTEMBER 2024)

       1.2.7   Die … sentrale plek het die grootste invloedsfeer.

               A     eerste orde
               B     tweede orde
               C     derde orde
               D     vierde orde                                                 (7 x 1)    (7)

 1.3   Verwys na die uittreksel hieronder oor grondhervorming as ŉ landelike
       nedersettingskwessie.

        WAAROM SUID-AFRIKA SE GRONDHERVORMINGSBELEIDE MISLUK

       Die regering het oor R56 miljard gespandeer aan die aankope van eiendom
       vir grondhervormingspogings sedert 1994. Hierdie aansienlike bedrag geld
       beklemtoon die belangrikheid wat die regering plaas op grondhervorming in ŉ
       na-apartheid Suid-Afrika.

       Deur grondrestitusieprogramme, het begunstigdes die potensiaal om
       landbouplase te ontwikkel, wat landelike ontwikkeling aandryf deur verhoogde
       indiensneming, rykdomskepping en ekonomiese groei.

       Nietemin, daar blyk egter onvoldoende sukses van grondhervormings-
       programme te wees. Waarskynlik, was dit nie weens finansiële beperkings nie,
       aangesien miljarde fondse daaraan toegeken is. Die primêre oorsake word
       toegeskryf aan die mislukking van beleidsimplimentering en die verskaffing
       van na-nedersettingsondersteuning aan begunstigdes.

                                                  [Aangepas uit www.foodformzansi.co.za/]

       1.3.1   Wat is grondrestitusie?                                           (1 x 2)    (2)

       1.3.2   Hoeveel geld het die Suid-Afrikaanse regering aan grondrestitusie
               sedert 1994 gespandeer?                                   (1 x 1)            (1)

       1.3.3   Volgens die uittreksel, wat is die voordele van goed bestuurde
               grondrestitusie?                                        (2 x 1)              (2)

       1.3.4   Waarom is die sukses van grondhervormingsprogramme ŉ
               maatskaplike geregtigheidskwessie?              (1 x 2)                      (2)

       1.3.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor wat die
               regering in plek kan stel om na-nedersettingsondersteuning aan
               begunstigdes te voorsien.                                    (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                         GEOGRAFIE V2                                         7

1.4    Verwys na die skets en foto’s wat ŉ stedelike profiel toon.

                                                                   [Eksaminator se eie skets]

       1.4.1    Die residensiële area A is ŉ (hoë/lae)-inkomste residensiële area.
                                                                                (1 x 1)         (1)

       1.4.2    Watter bewyse toon dat grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 1.4.1)
                aanpasbaar is met die grondgebruiksones rondom dit?       (2 x 1)               (2)

       1.4.3    Verklaar redes vir grondgebruiksone (B) wat aan die buitewyke geleë
                is.                                                          (2 x 2)            (4)

       1.4.4    Waarom is die groengordel ŉ belangrike grondgebruiksone in die
                stedelike profiel?                                      (2 x 2)                 (4)

       1.4.5    Verduidelik waarom die SSK, ten spyte van sy sentrale ligging in hierdie
                stedelike profiel, nie meer so toeganklik vir verbruikers (klante) is nie.
                                                                                    (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GEOGRAFIE V2                                 (EC/SEPTEMBER 2024)

1.5    Verwys na die stedelike kwessie van stadspreiding.

            JOHANNESBURG IS ’N TYDBOM SOOS WAT STADSPREIDING
                                VOORTGAAN

       Die stadspreiding, wat geboorte gegee het aan nuwe ‘stede’ soos Waterval
       Stad, Steyn Stad en Cosmo Stad, sou altyd deel van Johannesburg gewees
       het. As Suid-Afrika se ekonomiese middelpunt, het Johannesburg sy fisiese
       voetspoor in die afgelope 30 jaar verdriedubbel en sal na verwagting teen
       2030 ŉ ‘megacity’ word.

        In weklikheid, skep die vinnige verstedeliking wêreldwyd meer stede soos
       Johannesburg, en die omgewingskoste neem toe. Die probleem met
       stadspreiding in Suid-Afrika is dat mense wat in die periferie woon die koste
       dra van die staat se versuim om vir die vinnige verstedeliking te beplan.

                          [Aangepas uit www.news24.com/fin24/money/property/johannesburg]

       1.5.1   Gee bewyse uit die skets dat stadspreiding plaasgevind het.       (1 x 1)      (1)

       1.5.2   Wat is die hoof-oorsaak van vinnige stadspreiding?                (1 x 2)      (2)

       1.5.3   Hoe het vinnige verstedeliking tot stadspreiding bygedra?         (1 x 2)      (2)

       1.5.4   Waarom vind plaaslike owerhede dit moelik om stadspreiding te
               beheer?                                                     (2 x 2)            (4)

       1.5.5   Watter ongunstige omgewingstoestande word deur stadspreiding in
               die landelik-stedelike randgebied veroorsaak?            (3 x 2)              (6)
                                                                                            [60]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      GEOGRAFIE V2                                              9

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1    Verwys na die kaart en data wat op steenkoolmynbou gebaseer is. Voltooi die
       stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of Z langs
       vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       2.1.8 Z.

                           STEENKOOLMYNBOU                  2022   2023
                      Direkte werknemers                   91 790 94 531
                      Werknemer verdienste (miljarde)      R32,1 R33,9
                      Produksie (miljoen ton)               230,1  228,5
                      Totale verkope (miljarde)            R2 347 R1 922
                                            [Aangepas uit mineralscouncil.org.za/sa-mining/coal]

                           KOLOM A                                   KOLOM B
       2.1.1    Die provinsie verantwoordelik vir meer X       Mpumalanga
                as 80% van steenkool produksie:        Z       Gauteng
       2.1.2    Die hoof steenkool-hawe-terminaal      X       Port Elizabeth
                waar deur steenkool uitgevoer word:    Z       Richardsbaai
       2.1.3    Die hoofgebruik van steenkool in die   X       elektrisiteitsopwekking
                PWV-nywerheidstreek is vir …           Z       staalproduksie
       2.1.4    Fisiese faktore wat steenkoolmynbou X          Goedkoop, volop arbeid
                bevoordeel:                            Z       Vlak, hoë gehalte steenkool
       2.1.5    Die proses van steenkoolbenefisie word X       primêre
                as ŉ … ekonomiese aktiwiteit           Z       sekondêre
                geklassifiseer.
       2.1.6    Vanaf 2022 tot 2023 was daar ŉ … van X         afname
                2,9% in direkte indiensneming.         Z       styging
       2.1.7    Die 2022–2023 neiging in steenkool     X       positief
                verkope sal buitelandse valuta-        Z       negatief
                verdienste … beïnvloed.
                                                                                        (7 x 1)    (7)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GEOGRAFIE V2                                   (EC/SEPTEMBER 2024)

2.2   Die foto’s hieronder toon voorbeelde van verskillende nywerhede. Pas elke
      beskrywing by VRAE 2.2.1 tot 2.2.8 met die foto’s. Skryf slegs
      OLIERAFFINADERY of BAKKERY langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in
      die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.9 Bakkery.

                                          [Bron: https://www.iol.co.za/business-report/economy]

      2.2.1    Grootmaat-aflaai nywerheid

      2.2.2    Grootskaalse massaproduksie

      2.2.3    Beslaan ŉ klein oppervlakte grond

      2.2.4    Geleë op stedelike periferie

      2.2.5    Markgeoriënteerde nywerheid

      2.2.6    Maak staat op padvervoer

      2.2.7    Geassosieer met lae vlakke van besoedeling

      2.2.8    Benodig groter hoeveelhede energie en water                           (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                           GEOGRAFIE V2                                      11

2.3     Verwys na die infografika oor beesvleisboerdery in Suid-Afrika.

      PROVINSIALE
 BEESVLEISPRODUKSIE (%)
      Wes-Kaap             4%
   Noord-Kaap             3,6%
      Noordwes            12,8%
  Mpumalanga              9,6%
      Limpopo             7,2%
 KwaZulu-Natal             20%
      Gauteng              2%
       Vrystaat           16,8%
      Oos-Kaap             24%
                                                             [Aangepas uit http:webapps1.daff.gov.za]

Met 80% van Suid-Afrika se landbougrond wat as geskik vir ekstensiewe weiding beskou
word, dra beesvleisboerdery 34,1% by tot die plaaslike landbouproduksie. Maar, onlangs is
Suid-Afrika se beesvleis-industrie getref deur toename in produksiekoste en die verspreiding
van siektes soos bek-en-klouseer.

Gelukkig, gaan beesvleis-uitvoere in 2024 toeneem na Saoedi-Arabië se besluit in 2023 om
die verbod op beesvleisprodukte uit Suid-Afrika op te hef. Die opening van hierdie nuwe
uitvoermark sal die land se ekonomie positief beïnvloed.

                                                                     [Aangepas uit www.arc.agric.za/]

        2.3.1     Identifiseer die TWEE provinsies wat die hoogste persentasies tot Suid-
                  Afrika se beesvleisproduksie bydra.                             (2 x 1)        (2)

        2.3.2     Noem die algemene neiging ten opsigte van Suid-Afrika se beesveis-
                  uitvoere tussen 2019 tot 2023, soos aangedui op die grafiek.
                                                                               (1 x 1)           (1)

        2.3.3     Verskaf bewyse uit die uitreksel dat die Suid-Afrikaanse beesvleis-
                  industrie die afgelope jare negatief beïnvloed (geaffekteer) is deur:

                  (a)   ŉ Fisiese faktor

                  (b)   ŉ Ekonomiese faktor                                          (2 x 1)     (2)

        2.3.4     Hoe kan kleinskaalse beesvleisboerdery tot huishoudelike
                  voedselsekerheid bydra?                                            (2 x 2)     (4)

        2.3.5     Waarom sal ŉ nuwe beesvleisuitvoermark die land se ekonomie positief
                  beïnvloed?                                                   (3 x 2)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GEOGRAFIE V2                               (EC/SEPTEMBER 2024)

2.4   Verwys na die uittreksel en kaart oor Saldanhabaai Nywerheidsontwikkeling-
      sone (NOS).

           INFRASTRUKTUUURINVESTERING: SLEUTEL VIR EKONOMIESE
                             ONTWIKKELING

      Die Saldanhabaai Nywerheidsontwikkeling (NOS) is in die hawe van
      Saldanhabaai geleë, die grootste natuurlike diepwaterhawe in die Suidelike
      Halfrond. Die verskaffing van wêreldklas hawe-infrastruktuur, spesifiek ontwerp
      om beleggings te lok, word toegewy aan maritieme, energie, logistieke en
      ingenieursindustrieë.

      Onlangs is die toegangspad na die NOS, teen ŉ koste van R24 miljoen, voltooi
      en sal ŉ meer direkte pad vir nywerheidsverkeer na die NOS bied met
      verbeterde mobiliteit en veiligheid.

                                                         [Aangepas uit businesstech.co.za]

      2.4.1    In watter provinsie is die Saldanhabaai NOS geleë?                 (1 x 1)     (1)

      2.4.2    Vanuit die uittreksel, noem TWEE industrieë wat die NOS se hawe-
               infrastruktuur ondersteun.                                 (2 x 1)             (2)

      2.4.3    Watter positiewe sosiale bydraes lewer hierdie industrieë (antwoord op
               VRAAG 2.4.2)?                                                   (2 x 2)        (4)

      2.4.4    Verduidelik hoe die infrastruktuur nywerhede meer mededingend in die
               Suidwes-Kaap nywerheidsgebied maak.                          (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                             GEOGRAFIE V2                                              13

2.5    Verwys na die uittreksel oor die informele sektor.

                      SUID-AFRIKA SE INFORMELE SEKTOR FLOREER

       Die informele sektor in Suid-Afrika, wat na raming op R750 miljard gewaardeer
       word, het nog altyd ŉ belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se groot werklose
       bevolking te absorbeer, om ŉ bestaan te voorsien aan diegene wat nie werk kan
       kry nie en die inkomste van diegene met lae lone aan te vul.

       Die Suid-Afrikaanse informele sektor word oorheers deur spaza-winkels* wat
       jaarliks sowat R180 miljard werd is. Met meer as 150 000 spaza-winkels, toon
       navorsing dat ongeveer 11,1 miljoen Suid-Afrikaners hul kruideniersware
       inkopies by hierdie winkels doen, met gerief en laer pryse as die hoof trekfaktor.

       Die informele ekonomie groei sterk, en daar word beraam dat die groei van sy
       kleinhandelsektor byna dubbel dié van sy formele eweknie sal wees.

       Woordelys:
       ŉ Spaza-winkel is ŉ informele gerieflikheidswinkel-besigheid wat gewoonlik van ŉ huis af bedryf
       word.

          [Aangepas uit https://dailyinvestor.com/south-africa/56895/south-africas-hidden-r750-billion-
                                                                                            economy]

       2.5.1    Wat is ŉ informele sektor?                                                    (1 x 2)      (2)

       2.5.2    Hoeveel is die geraamde waarde van die Suid-Afrikaanse informele
                sektor?                                                   (1 x 1)                          (1)

       2.5.3    Volgens die uittreksel, hoe bevoordeel die informele sektor Suid-
                Afrikaanse verbruikers (kopers)?                           (2 x 1)                         (2)

       2.5.4    Hoekom is spaza-winkels maklike besighede om te kan besit?                    (2 x 1)      (2)

       2.5.5    Hoe sal die groei van spaza-winkels Suid-Afrika se formele sektor
                bevoordeel?                                                     (2 x 2)                    (4)

       2.5.6    Verduidelik die ekonomiese uitdagings wat spaza-winkeleienaars in
                Suid-Afrika ervaar.                                       (2 x 2)                          (4)
                                                                                                          [60]

                                                                         TOTAAL AFDELING A:               120
Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               GEOGRAFIE V2                                   (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 3: KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

                     ALGEMENE INLIGTING OOR HARTBEESPOORT

                                                                                           N

Koördinate: 25°43′32″S 27°50′54″O

Hartbeespoort, wat informeel ook as “Harties” bekend staan, is ŉ klein oorddorpie in die
Noordwes provinsie van Suid-Afrika, wat op die oewer van die Hartbeespoortdam geleë
is.

Hartbeespoort is die versamelnaam van ŉ paar kleiner dorpe wat rondom die
Hartbeespoort geleë is, insluitend die dorpe van Meerhof, Ifafi, Melodie, Schoemansville
en Kosmos. ŉ Aantal hoë-inkomste residensiële landgoed kan langs sy oewers gevind
word.

Vanweë sy ligging (ongeveer 35 kilometers noordwes vanaf Johannesburg en 20
kilometer wes vanaf Pretoria), het Hartbeespoort ŉ baie gewilde vakansie-en-naweek
bestemming geword. Dit is die vernaamste waterontspanningsgebied van Noord-
Gauteng en baie soorte watersport word op die dam geniet.
                                              [Bron: https://en.wikipeda.org/wiki/Hartbeespoort]

Die volgende Engelse terme en hulle vertalings word op die topografiese kaart getoon:

ENGLISH                          AFRIKAANS
Golf course                      Gholfbaan
Holiday resort                   Vakansie-oord

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        GEOGRAFIE V2                                       15

3.1   KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      3.1.1     Hartbeespoort word as ŉ … gespesialiseerde dorp geklassifiseer.

                A     mynbou
                B     militêre
                C     oord
                D     nywerheid                                                                (1)

      3.1.2     Johannesburg is in ŉ … rigting vanaf Hartbeespoort.

                A     noordwestelike
                B     oostelike
                C     westelike
                D     suidoostelike                                                            (1)

      Verwys na die topografiese kaart om VRAE 3.1.3 tot 3.1.5 te beantwoord.

      3.1.3     Bereken die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 66 in blok A5 tot
                by punthoogte 1465 in blok B3.                                  (1 x 1)        (1)

      3.1.4     Die magnetiese deklinasie in 2024 is 24°46’ wes van ware noord.

                Gebruik jou antwoord vanuit VRAAG 3.1.3 om die huidige magnetiese
                peiling vanaf trigonometriese stasie 66 in blok A5 tot by punthoogte 1465
                in blok B3 te bereken.                                             (2 x 1)     (2)

      3.1.5     Waarom sal die magnetiese peiling in 2024, tussen hierdie twee punte,
                groter wees as in 2017?                                        (1 x 1)         (1)

      Verwys na 1 en 2 op die ortofotokaart.

      3.1.6     Watter grafiek (Y of Z) verteenwoordig die dwarsprofiel van 1 tot 2?
                                                                                  (1 x 1)     (1)

      3.1.7     Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel as die vertikale
                skaal 1 cm verteenwoordig 20 m is.

                                               Vertikale skaal (VS)
                Vertikale vergroting (VV) =
                                              Horisontale skaal (HS)
                                                                                   (3 x 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2024)

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      Verwys na blokke A1 en A2 op die topografiese kaart.

      3.2.1   Wat is die dominante primêre ekonomiese aktiwiteit?                 (1 x 1)     (1)

      3.2.2   Noem TWEE grondoppervlakfaktore wat die primêre ekonomiese
              aktiwiteit (antwoord op VRAAG 3.2.1) bevoordeel het.      (2 x 1)               (2)

      Verwys na die afgebakende area X (in blokke C1 en C2) op die topografiese
      kaart en die foto hieronder wat dieselfde area (X) toon om VRAE 3.2.3 en 3.2.4
      te beantwoord.

                                                 [Aangepas uit https://www.google.com/map]

      3.2.3   Noem een tersiêre aktiwiteit wat met die Hartbeespoortdam geassosieer
              word.                                                         (1 x 1)           (1)

      3.2.4   Hoe dra hierdie tersiêre aktiwiteit tot die gebied se ekonomie by?
                                                                                (1 x 2)       (2)

      Verwys na die beboude gebied van Kosmos by Y (blokke C2 en C3) op die
      topografiese kaart.

      3.2.5   Identifiseer EEN kenmerk van die oneweredige (beplande)
              straatpatroon.                                                      (1 x 1)     (1)

      3.2.6   Hoe het hierdie straatpatroon die omliggende natuurlike omgewing
              geakkommodeer?                                                (1 x 2)           (2)

      Verwys na die Pecanwood Golflandgoed (D3 en E3) op die topografiese kaart.

      3.2.7   Op grond van watter aantrekkingskenmerk was hierdie hoë-inkomste
              residensiële landgoed gebou?                               (1 x 1)              (1)

      3.2.8   Watter sosiale faktor het tot die groeiende neiging van omheinde
              gemeenskappe soos Pecanwood Golflandgoed bygedra?         (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                           GEOGRAFIE V2                                            17

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die foto wat ŉ stuk grond te koop aandui (Z in blok B5 op die
      topografiese kaart).

          [Aangepas uit www.remax.co.za/property/for-sale/south-africa/north-west/hartbeespoort/]

      3.3.1    Die foto is ŉ (vertikale / skuins) lugfoto.                               (1 x 1)     (1)

      3.3.2    Wat is afstandwaarneming?                                                 (1 x 2)     (2)

      3.3.3    Die foto is ŉ (raster of vektor) beeld.                                   (1 x 1)     (1)

      3.3.4    Watter tipe ruimtelike kenmerk is die afgebakende erf wat te koop is?
                                                                              (1 x 1)                (1)

      3.3.5    Die R511-pad is ŉ teerpad. Vanuit hierdie stelling, watter
               attribuutdata kan verkry word?                                            (1 x 1)     (1)

      3.3.6    Verduidelik waarom ŉ stedelike ontwikkelaar, wat daarin belangstel
               om die winkelsentrum uit te brei, sou kies om ŉ lugfoto (soos hierdie
               een) te gebruik om meer inligting te verkry.                    (1 x 2)               (2)
                                                                                                    [30]

                                                                                     TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
