# Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-june-july-2015-memo-afr/23556370-d616-4417-8315-e4f993db2b7c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-june-july-2015-memo-afr/23556370-d616-4417-8315-e4f993db2b7c)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V2

                                        2015

                                  MEMORANDUM

                                                                   PUNTE: 75

                      Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai asseblief om

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                                   DBE/2015
                                    NSS – Memorandum

HULPBRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 3319CB WORCESTER

2.       Ortofotokaart 3319 CB 15 WORCESTER

3.       LET WEL:      Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart 3319CB van
         WORCESTER en 'n ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk
         en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
         NIE.
6.       Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
         hiervoor toegeken word.
7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
8.       Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                              AFRIKAANS
          Aerodrome                            Vliegveld
          Brickworks                           Steenmakery
          Caravan Park                         Karavaanpark
          Church Square                        Kerkplein
          College                              Kollege
          Diggings                             Uitgrawings
          Golf Course                          Gholfbaan
          Gorge                                Kloof
          Holiday Resort                       Vakansieoord
          Karoo Botanical Gardens              Karoo Botaniese Tuin
          Prison                               Tronk
          Race Track                           Renbaan
          Rifle Range                          Skietbaan
          Sewage Works                         Rioolwerke
          Showrounds                           Skougronde
          Weir                                 Stuwal
          Yacht Club                           Seiljagklub

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                13                                          DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

                      ALGEMENE INLIGTING OOR WORCESTER

Worcester is 120 km noordoos van Kaapstad langs die N1-snelweg geleë. Die dorp
ondervind meer uiterste temperature as die naburige Kaapstad, want die Du Toitskloof-
en Slanghoek-bergreekse keer die invloed van die oseaan. Die Worcester-wynroete
vorm deel van die Breederiviervallei. Worcester se wingerde word tradisioneel op die
vrugbare vloedvlaktes van die Breederivier, 'n warm en droë gebied met 'n lae jaarlikse
reënval, geplant.

Saam met die Breedekloof-distrik is die wynroete in Worcester die grootste
druiweproduserende streek in die Wes-Kaap. Dit maak amper 20% van die land se
nasionale wingerde uit en produseer ongeveer 27% van Suid-Afrika se totale volume
wyn en spiritualieë. Meer as 50% van die land se uitvoertafeldruiwe word ook hier
geproduseer.
                             [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Worcester,_Western_Cape]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om aaseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     4                                  DBE/2015
                                         NSS – Memorandum

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3319CB
WORCESTER, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Worcester is in die ... geleë.

        A      Noord-Kaap
        B      Wes-Kaap
        C      Oos-Kaap
        D      Vrystaat                                                                     
                                                                                                  B
1.2     Die rigting van peilbaken 112 by L in blok D5 vanaf die monument op Kerkplein
        by M in blok G9 is …

        A      suidwes.
        B      oossuidwes.
        C      noordnoordwes.
        D      noordwes.                                                                    
                                                                                                  D
1.3     Watter TWEE tipes skale word op die topografiese kaart gebruik?

        A      Breuk- en woordskaal
        B      Woord- en verhoudingskaal
        C      Verhouding- en lynskaal
        D      Lyn- en breukskaal                                                           
                                                                                                  C
1.4     Die skaal van die ortofotokaart is ... as die skaal van die topografiese kaart.

        A      5 keer groter
        B      5 keer kleiner
        C
        D
               10 keer groter
               10 keer kleiner                                                              
                                                                                                  A
1.5     Die kaartindeks (verwysing) van die kaart suidwes van Worcester is …

        A      3319CD.
        B      3319CC
        C
        D
               3319DC.
               3319CA.                                                                      
                                                                                                  B
1.6     Die koördinate van peilbaken 59 by N in blok I5 is ...

        A      19°22'38''S 33°40'41''O/19°22,6'S 33°40,7'O.
        B      33°39'47''S 19°22'38''O/33°39,8'S 19°22,6'O.
        C
        D
               19°21'38''O 33°40'47''S/19°21,6'O 33°40,7'S.
               33°40'41''S 19°22'38''O/33°40,7'S 19°22,6'O.                                 
                                                                                                  D

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                13                                       DBE/2015
                                     SSE – Memorandum

1.7     Die lengte van die ongebruikte skietbaan in blok H7 is ... meter.

        A      0,9
        B      900
        C      90
        D      9                                                                             
                                                                                                 B
1.8     Die verskynsel wat fisiese ontwikkeling van die stedelike gebied in blok I9
        belemmer, is ...

        A      die rioolwerke.
        B      'n steil gradiënt.
        C      'n moeras en vlei.
        D      die dam.                                                                      
                                                                                                 C
1.9     Die landvorm by 1 op die ortofotokaart is 'n …

        A      vallei.
        B      uitloper.
        C      koppie.
        D      saalnek.                                                                      
                                                                                                 A
1.10    Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart is 'n …

        A      monument.
        B      gholfbaan.
        C      begraafplaas.
        D      stadium.
                                                                                                 D
                                                                                             

1.11    Die nedersettingspatroon by 3 op die ortofotokaart is …

        A      kernagtig.
        B      geïsoleerd.
        C      lineêr.
        D      rond.                                                                         
                                                                                                 B
1.12    Die grondgebruiksone in blok H7 op die topografiese kaart is ...

        A      kommersieel.
        B      industrieel.
        C      residensieel.
        D      'n landelik-stedelike oorgangsone.                                            
                                                                                                 D
1.13    Die stroomkanaalpatroon by O in blok K11 is ...

        A      kronkelend.
        B      laminêr.
        C      rotsbeheer.
        D      gevleg.                                                                       
                                                                                                 D

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om aaseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    6                                     DBE/2015
                                        NSS – Memorandum

1.14    Die steenmakery in blok E3 op die topografiese kaart is 'n voorbeeld van 'n ...
        aktiwiteit.

        A        kwarternêre
        B        tersiêre
        C        sekondêre
        D        primêre                                                                       
                                                                                                    C
1.15     Die doel van die stuwal in blok K10 op die topografiese kaart is om ...

        A        die vloei van die water te verminder.
        B        'n voetoorgang oor die rivier te skep.
        C        'n ontspanningsfasiliteit te skep.
        D        die water te herkanaliseer.                                                   
                                                                                                    A
                                                                                   (15 x 1)        [15]

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Verwys na punthoogte 534 en peilbaken 123 in blok D11 op die topografiese
         kaart en beantwoord die vrae wat volg.

         2.1.1        Bereken die verskil in hoogte tussen punthoogte 534 en
                      peilbaken 123.

                      758,9 m – 534 m = 224,9 m 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         2.1.2        Is die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 534 en
                      peilbaken 123 geleidelik of steil? Gee 'n bewys vanaf die kaart om
                      jou antwoord te ondersteun.

                      Antwoord: Steil 

                      Rede: Kontoerlyne tussen die twee punte is naby aan mekaar 
                                                                              (1 + 1)              (2)

         2.1.3        Bepaal of daar intersigbaarheid tussen punthoogte 534 en
                      peilbaken 123 is. Gee 'n rede vir jou antwoord.

                      Antwoord: Punthoogte 534 is sigbaar vanaf peilbaken 123/
                                Daar is intersigbaarheid/Ja 
                                [Enige EEN]

                      Rede: Geen obstruksie (hoogliggende gebied) tussen die twee
                            punte nie 
                                                                               (1 + 1)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  13                                      DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

         2.1.4        Twee deursnitte word tussen punthoogte 534 en peilbaken 123 op
                      die topografiese kaart geteken. Een deursnit het 'n vertikale
                      vergroting van 2 keer en die ander het 'n vertikale vergroting van
                      25 keer. Watter EEN van die twee deursnitte gaan vir jou 'n
                      duideliker aanduiding van die profiel van die landskap gee? Gee 'n
                      rede vir jou antwoord.

                      Antwoord: Deursnit wat 25 keer vergroot is 

                      Rede: Hoe groter die vertikale vergroting, hoe duideliker die
                            verskille tussen hoog-en laagliggende gebiede/reliëf 
                             Wanneer die vertikale vergroting 2 keer is, sal die verskille
                            tussen hoogliggende en laagliggende gebiede nie duidelik
                            sigbaar wees nie. 
                             Verskil in relief/topografie 
                             [Konsep]
                                                                                 (1 + 1)          (2)

2.2      Verwys na hoogtemerk 201.8 in blok G3 en hoogtemerk 262.2 in F9 op die
         topografiese kaart en beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1        Bepaal die ware         peiling    van    hoogtemerk    201.8    vanaf
                      hoogtemerk 262.2.

                      261º  [speling - 259º tot 263º]
                                                                                      (1 x 1)     (1)

         2.2.2        Bereken die magnetiese deklinasie van die topografiese kaart
                      vir 2015. Gebruik die stappe hieronder om die vraag te
                      beantwoord. Toon ALLE berekeninge.

                      Verskil in jare: 2015 – 2010 = 5 jaar 

                      Gemiddelde jaarlikse verandering: 3'W 

                      Totale verandering: 3'W x 5 jaar = 15'W 

                      Magnetiese deklinasie 2015: 24º27'W +  15'W = 24º42'W 
                                                                              (5 x 1)             (5)

         2.2.3        Bereken die magnetiese peiling van hoogtemerk 201.8 vanaf
                      hoogtemerk 262.2 op die topografiese kaart. Toon ALLE
                      berekeninge.

                      Formule: Huidige magnetiese deklinasie = ware peiling +
                                                               huidige magnetiese deklinasie

                      261º + 24º42'  [punt vir korrekte vervanging gegee] = 285º42' 
                      [speling - 283º42' tot 287º42']
                                                                                (2 x 1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om aaseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  8                                      DBE/2015
                                      NSS – Memorandum

2.3      Bereken die oppervlakte (in m²) van die afgebakende boorde en wingerde,
         wat 4 gemerk is op die ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge.

         Formule : Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B)

                                 = (2.5 cm  x 100) x (1.8 cm  x 100)
                                    [Speling: L(2.3 – 2.7) B (1.6 – 2cm)]
                                 = 250 m  x 180 m 
                                 = 45 000 m² 
         [Speling vir finale antwoord: 36 800 m² tot 54 000 m²]
         [Aanvaar ander berekeningsmetodes]
                                                                                     (5 x 1)       (5)
                                                                                                   [20]

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Bestudeer die tabel hieronder wat temperature vir gebied M in blok G9 en
         gebied P in blok G4 op die topografiese kaart aantoon en beantwoord die
         vrae wat volg.

                                               M     P
           Gemiddelde somertemperatuur        21 ºC 19 ºC

         3.1.1        Wat is die temperatuurverskil tussen M en P?

                      2ºC/Die temperatuur by is hoër by M 
                                                                                     (1 x 1)       (1)

         3.1.2        Gee 'n rede vir die temperatuurverskil tussen M en P.

                      Gebied M is 'n stedelike hitte-eiland 
                      Gebied M is stedelik en gebied P is landelik 
                      Gebied M bestaan uit mensgemaakte oppervlaktes (beton, staal,
                      teer) en gebied P uit natuurlike oppervlaktes (plantegroei) 
                      Natuurlike prosesse soos evapotranspirasie kom by P voor, maar
                      is beperk by M 
                      Meer besoedeling by M as by P om hitte vas te keer
                      Meer kunsmatige verhitting by M as by P 
                      M is nader aan die industriële gebied 
                      P is nader aan die rivier 
                      [Enige EEN – Aanvaar ander antwoorde wat met stedelike hitte-
                      eiland verband hou]
                                                                               (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 13                                     DBE/2015
                                      SSE – Memorandum

3.2      Baie wingerde word in die suidwestelike gedeelte van die topografiese kaart
         aangetref.

           3.2.1      Noem die hoofnywerheid wat met hierdie wingerde verband hou.

                      Wynbedryf/wynmakerye 
                      Rosyntjies/Sultannas 
                      Driuwe sap 
                      Verpakking van druiwe vir uitvoere
                      Druiwe konfyt
                      Verkurking
                      Distellering van spiritualering
                      [Aanvaar enige aanvaarbare antwoord met betrekking tot druiwe]
                                                                               (1 x 1)          (1)

           3.2.2      Verduidelik hoe die klimaat van hierdie streek die nywerheid wat in
                      VRAAG 3.2.1 genoem is, positief beïnvloed.

                      Worcester is warm en droog met 'n lae gemiddelde reënval en dit
                      bevorder die groei van druiwe 
                      Bergreeks blokkeer die invloed van die oseaan en verminder
                      vogtige lug en sterk winde 
                      Winterreënval kom voor wat die verbouing van verskeie soortes
                      druiwe aanmoedig 
                      [Enige EEN]                                              (1 x 2)          (2)

           3.2.3      Gee TWEE redes waarom die gedeelte suidwes op die
                      topografiese kaart intensief verbou word.

                      Gelyk grond/vloedvlate 
                      Beskikbaarheid van water/riviere/besproeiing/dam 
                      Vrugbare grond 
                      Toeganklik/paaie/vervoerroetes 
                      [Enige TWEE]                                                  (2 x1)      (2)

           3.2.4      Gee TWEE positiewe ekonomiese invloede van hierdie intensiewe
                      tipe verbouing op die plaaslike ekonomie.

                      Werkskepping 
                      Vaardighede van werkers word opgradeer 
                      Verdien buitelandse inkomste weens uitvoere 
                      Verhoog toerisme en meer besigheidsgeleenthede word
                      geskep 
                      Verhoog lewenskwaliteit van mense en daardeur word die
                      plaaslike mark versterk 
                      Verbeter die infrastruktuur van die gebied en moedig meer
                      beleggings/buitelandse kapitaal aan 
                      Toename in die maak van wyn ondersteun verkope en die
                      ekonomie 
                      [Enige TWEE - aanvaar ander relevante antwoorde]
                                                                          (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om aaseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                                 DBE/2015
                                        NSS – Memorandum

3.3      Verwys na Audenberg Ridge Peaks (blok B10, 11 en 12) op die topografiese
         kaart en beantwoord die vrae wat volg.

           3.3.1      Noem die fisiese verskynsel wat deur Audenberg Ridge Peaks
                      gevorm word wat die twee dreineerbekkens van mekaar skei.

                      Waterskeiding                                              (1 x 1)       (1)

           3.3.2      Identifiseer die dreineerpatroon noord van Audenberg Ridge
                      Peaks wat spesifiek in blok B12 gevind word.

                      Tralie dreineerpatroon                                     (1 x 1)       (1)

           3.3.3      Noem die onderliggende rotsstruktuur wat met die dreineerpatroon
                      wat in VRAAG 3.3.2 genoem is, geassosieer word.

                      Geplooide sedimentêre gesteentes/plooiberge 
                      Alternatiewe harde en sagte gesteentes wat ontbloot word 
                      [Enige EEN]                                                (1 x 1)        (1)

3.4      Bestudeer die straatpatroon wat in gebied 5 op die ortofotokaart voorkom.

           3.4.1      Identifiseer die straatpatroon by 5.

                      Ruit-/reghoekige/rooster-/blokstraatpatroon                (1 x 1)       (1)

           3.4.2      Gee EEN voordeel van die straatpatroon by 5.

                      Maklik om te beplan/uit te lê
                      Maklik om uit te lê/uit te brei 
                      Maklik om te beheer/makliker om te reguleer
                      Verdwaal nie maklik nie 
                      Korter reisafstande 
                      [Enige EEN - aanvaar ander relevante antwoorde]             (1 x 1)       (1)

           3.4.3      Gee EEN nadeel van die straatpatroon by 5.

                      Eentonig
                      Veroorsaak verkeersopeenhopings 
                      Vermors tyd 
                      Ongelukke kom makliker voor 
                      Vermorsing van brandstof 
                      Hoër brandstof verbruik 
                      Genereer meer besoedeling 
                      Meer geraasbesoedeling 
                      [Enige EEN - aanvaar ander relevante antwoorde]
                                                                                  (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  13                                      DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

           3.4.4      Gee EEN moontlike rede vir die keuse van die straatpatroon by 5.

                      Gelyk grond 
                      Ouer deel van die stad 
                      Tradisionele patroon 
                      Maklik om uit te brei/beplan 
                      [Enige EEN]
                                                                                      (1 x 2)    (2)

3.5      Die ortofoto is in 1988 geneem en die topografiese kaart is in 2007 gedruk.
         Zweletemba (G12 op die topografiese kaart en 7 op die ortofotokaart) toon
         stedelike uitbreiding.

           3.5.1      Definieer die begrip stedelike uitbreiding.

                      Die fisiese groei/uitbreiding van die stedelike gebied 
                      [Konsep]
                                                                                      (1 x 1)    (1)

           3.5.2      Gee die rigting waarin stedelike uitbreiding plaasgevind het.

                      Noordoos 
                                                                                      (1 x 1)    (1)

           3.5.3      Wat is die naam wat aan die nuutontwikkelde gebied gegee is
                      nadat stedelike uitbreiding plaasgevind het?

                      Mandela Square/Plein 
                                                                                      (1 x 1)    (1)

           3.5.4      Verduidelik hoe hierdie stedelike uitbreiding 'n negatiewe
                      uitwerking op die omliggende natuurlike omgewing gehad het.

                      Verwydering van natuurlike plantegroei vir die bou van huise en
                      infrastruktuur 
                      Biodiversiteit verminder/Ekosisteme word verwoes 
                      Besoedeling van die Hexrivier weens konstruksie en huishoudelike
                      afval 
                      Daling van die watertafel weens addisionele waterverbruik 
                      Verhoging van temperatuur 
                      Gronderosie vermeerder 
                      Verklein die natuurlike omgewing 
                      [Enige EEN - Aanvaar enige ander relevante antwoorde]
                                                                                 (1 x 2)         (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om aaseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  12                                    DBE/2015
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Definieer die begrip geografiese inligtingstelsels.

         Dit is 'n gerekenaariseerde stelsel wat ontwerp is om ruimtelike en nie-
         ruimtelike data vas te vang, te manipuleer, te beheer, te analiseer en ten toon
         te stel om beplannings- en beheerprobleme op te los 
         [Konsep]
                                                                                  (1 x 1)         (1)

4.2      Data kan as raster- of vektordata getoon word.

         4.2.1        Definieer die begrippe rasterdata en vektordata.

                      Rasterdata: Data van geografiese verskynsels wat met ruitselle/
                                   piksels vertoon word 
                                   [Konsep]

                      Vektordata: Data van geografiese verskynsels word in punt-, lyn-,
                                  poligoon formaat vertoon 
                                  [Konsep]
                                                                                  (2 x 1)         (2)

         4.2.2        Watter EEN van die twee kaarte, die topografiese kaart of die
                      ortofotokaart, is 'n voorbeeld van rasterdata? Gee 'n rede vir jou
                      antwoord.

                      Antwoord: Ortofotokaart 

                      Rede: Ortofoto bestaan uit ruitselle/piksels 
                            Ortofoto is 'n foto/realistiese beeld van daardie oomblik 
                            [Enige EEN]
                                                                                    (1 + 1)       (2)

4.3      Verwys na blok G5 en beantwoord die volgende vrae:

         4.3.1        Definieer die begrip data-oorlegging.

                      Die plasing van verskillende datalae bo-op mekaar 
                      [Konsep]
                                                                                    (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  13                                   DBE/2015
                                       NSS – Memorandum

         4.3.2        Noem DRIE datalae wat die boer aangemoedig het om sy plaas in
                      daardie spesifieke gebied (blok G5) te vestig.

                      Dreinering/watervoorraad/(standhoudende) rivier/
                      (nie-standhoudende) dam 
                      Topografie/gelyk grond/ruimte vir boerdery/reliëf /helling/
                      kontoerlyne 
                      Vrugbare grond/grondsoort/vrugbare grond/grond is geskik vir
                      boerdery 
                      Infrastruktuur/nasionale      paaie/sekondêre    paaie/ander
                      paaie/toeganklikheid 
                      [Enige DRIE]
                                                                            (3 x 1)           (3)
4.4      Verwys na die Karoo Botaniese Tuin in blok E9/10.
         4.4.1        Noem en verduidelik die GIS-proses wat gebruik is om stedelike
                      ontwikkeling in die Karoo Botaniese Tuin te verhoed.

                      GIS-proses: Bufferskepping 

                      Verduideliking: Afbakening van die Karoo Botaniese Tuin deur 'n
                                      beheerde afbakeningsimbool te gebruik 
                                      Skeiding van die botaniese gebied van die
                                      stedelike gebied 
                                      Om die problem van onversoenbare grondgebruik
                                      op te los 
                                      [Konsep]
                                      [Enige EEN]
                                                                                (1 + 1)       (2)
         4.4.2        Verduidelik waarom bufferskepping rondom die Karoo Botaniese
                      Tuin belangrik is.

                      Beperk stedelike uitbreiding 
                      Die Karoo Botaniese Tuin se natuurlike omgewing bly behoue 
                      Natuurlike fauna en flora van die Karoo Botaniese Tuin word
                      beskerm 
                      Biodiversiteit van die Karoo Botaniese Tuin word beskerm 
                      Die estetiese voorkoms van die Karoo Botaniese Tuin word behou
                      en dit sal voortgaan om toeriste te lok 
                      Die beskerming van die Karoo Botaniese Tuin sal inkomste
                      inbring deur toerisme 
                      Werkskepping omdat meer mense die gebied sal besoek 
                      Die Karoo Botaniese Tuin se natuurlike fauna en flora,
                      biodiversiteit en estetiese aantrekkingskrag maak dit ideaal
                      vir ontspanning 
                      [Enige TWEE – Aanvaar ander relevante antwoorde]
                                                                                   (2 x 2)    (4)
                                                                                              [15]

                                                                               TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 June July 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-memo-eng/2ae1fd3d-9cad-439b-acb8-6e6016d199a3) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [Geography P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-memo-afr/72436cd8-d57e-4f4f-9f26-1dc7cd2ce326) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [Geography P2 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-memo-afr/866f91a0-47f5-439b-b3e9-9f6d8f44bef4) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P1 June July 2015 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-annexure-afr/132cbc8b-5450-4f13-ab70-449bd2085d50) — Geography · Addendum · 2015 · Afr
- [Geography P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-eng/b7aa24ee-5d84-4d50-a348-b575b258253b) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
