# Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-memo-afr/866f91a0-47f5-439b-b3e9-9f6d8f44bef4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-memo-afr/866f91a0-47f5-439b-b3e9-9f6d8f44bef4)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   GEOGRAFIE V2

                                         2016

                                   MEMORANDUM

                                                                     PUNTE: 75

                     Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                                   DBE/2016
                                    SSE – Memorandum

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2525DC MAFIKENG

2.       Ortofotokaart 2525 DC 13 MAFIKENG

3.       LET WEL:      Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2525DC van MAFIKENG) en 'n
         ortofotokaart (2525 DC 13 MAFIKENG) van 'n gedeelte van die gekarteerde
         gebied voorsien.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
         rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
         losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
         hiervoor toegeken word.

7.       Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
         Geen punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word nie.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.       Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
         gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

10.      Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                          AFRIKAANS
          Diggings                         Uitgrawings
          Furrow                           Voor
          Gold Mine                        Goudmyn
          Golf Course                      Gholfbaan
          Landing Strip                    Landingstrook
          River                            Rivier
          Sewage Works                     Rioolwerke
          Waterworks                       Waterwerke

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               3                                        DBE/2016
                                   SSE - Memorandum

                       ALGEMENE INLIGTING OOR MAFIKENG

Mafikeng, nou bekend as Mahikeng, is die hoofstad van die provinsie Noordwes in
Suid-Afrika. Dit het in 2001 'n bevolking van 49 300 gehad. Daar is berig dat Mafikeng
in 2007 'n bevolking van 250 000 gehad het. Die dorp is op oop veld op 'n hoogte van
ongeveer 1 500 m bo seevlak aan die oewer van die Bo-Moloporivier gebou. Die
Madibi Goudvelde is ongeveer 15 km suid van die dorp. Mafikeng het ook in die 1970's
vir 'n kort tydperk as die hoofstad van Bophuthatswana gedien. Die gemiddelde
temperatuur is 18,5 °C. Mafeking het 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 559 mm.

                                                              [Bron: Eksaminator se kaart]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  4                                    DBE/2016
                                      SSE - Memorandum

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2525DC MAFIKENG en op
die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Gedurende die apartheidsera was Mafikeng deel van die tuisland van ...

        A      Ciskei.
        B      Bophuthatswana.
        C      Transkei.
        D      Venda. Venda                                                                     B
1.2     Die kaartindeks/-verwysing van die topografiese kaart suidwes van Mafikeng
        is …

        A      2525CD.
        B      2625BB.
        C      2625AB.
        D      2625BA.                                                                 
                                                                                                 C
1.3     Die rigting van 1 vanaf 2 op die ortofotokaart is …

        A      noordoos.
        B      suidwes.
        C      suidoos.
        D      noordwes.                                                               
                                                                                                 D
1.4     Die ware peiling van punthoogte 1306 (K) in blok G9 vanaf peilbaken 101 (L) in
        blok H9 is …

        A      201°.
        B      207°.
        C
        D
               21°.
               27°.                                                                    
                                                                                                 C

1.5     Die uitgrawings (O) in blok J10 dui aan dat dit 'n … is.

        A      argeologiese terrein
        B      landbougebied
        C
        D
               konstruksieterrein
               mynbougebied                                                            
                                                                                                 D

1.6     Die ruitverwysing/koördinate/posisie van die uitgrawing in blok A6 is …

        A      25°46'30''S 25°37'06''O/25°46,5'S 28°37,1'O.
        B      25°37'06''S 25°46'30''O/28°37,1'S 25°46,5'O.
        C
        D
               25°46'48''S 25°37'30''O/25°46,8'S 28°37,5'O.
               25°37'30''S 25°46'48''O/28°37,5'S 25°46,8'O.                            
                                                                                                 A

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai asseblief om

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   5                                 DBE/2016
                                       SSE - Memorandum

1.7     Die algemene straatpatroon van die stedelike gebied in blok F7 is …

        A      radiaal.
        B      beplan onreëlmatig.
        C      onbeplan onreëlmatig.
        D      'n ruitvorm.                                                          
                                                                                               D
1.8     Verskynsels vertoon groter op die ortofotokaart as op die topografiese kaart
        omdat die ortofotokaart …

        A      groter is.
        B      'n kleiner skaal het.
        C      'n groter gebied dek.
        D      'n groter skaal het.                                                  
                                                                                               D
1.9     Die ware afstand tussen (P) in blok I1 en (Q) in blok H4 is …

        A      10 km.
        B      5 km.
        C      12 km.
        D      7 km.                                                                 
                                                                                               B
1.10    Die algemene vloeirigting van die rivier in blok F2 is …

        A      noordwes.
        B      suidwes.
        C      noordoos.
        D      suidoos.                                                              
                                                                                               B
1.11    Verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n …

        A      hoofpad.
        B      ander pad.
        C      kanaal.
        D      spoorlyn.                                                             
                                                                                               D
1.12    Grondgebruiksone 4 op die ortofotokaart is 'n …

        A      residensiële gebied.
        B      swaar nywerheidsgebied.
        C      ligte nywerheidsgebied.
        D      sentrale sakegebied.                                                  
                                                                                               A

1.13    Die verskynsel wat by 5 op die ortofotokaart voorkom, is …

        A      'n watersuiweringstelsel.
        B      'n mensgemaakte meer.
        C      'n waterbergingsfasiliteit.
        D      rioolwerke.                                                           
                                                                                               D

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai asseblief om

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                6                          DBE/2016
                                    SSE - Memorandum

1.14    Die stroomorde by N in blok J2 is …

        A      2.
        B      3.
        C      1.
        D      4.                                                          
                                                                                      A
1.15    Die primêre aktiwiteit in die gekarteerde gebied is …

        A      mynbou.
        B      bosbou.
        C      gewasboerdery.
        D      visvang.                                                             A/C
                                                                    (15 x 1)    [15]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai asseblief om

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    7                                        DBE/2016
                                        SSE - Memorandum

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Verwys na die magnetiese deklinasie wat op die topografiese kaart
         aangedui word.

         2.1.1       Bereken die magnetiese deklinasie (peiling) van 2525DC Mafikeng
                     vir die huidige jaar. Dui die maateenheid in jou finale antwoord aan.
                     Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                     Verskil in jaar:   = 2016–1997
                                        = 19 (jaar) 

                     Gemiddelde jaarlikse verandering: = 1'(W) 

                     Totale verandering: = 19 x 1'W
                                         = 19'(W) 

                     Magnetiese deklinasie vir 2016: = 16o9'W + 19'W
                                                      = 16o28'W                       (5 x 1)         (5)

         2.1.2       Noem die belangrikheid daarvan om die magnetiese deklinasie vir
                     die huidige jaar te bereken.

                     Deur die magnetiese deklinasie aan te pas, sal dit jou help om die
                     korrekte rigting te kry wanneer jy 'n kaart in die veld gebruik. 
                     Deur die magnetiese deklinasie aan te pas, sal dit jou help om die
                     korrekte magnetiese peiling te bereken. 
                     Jy sal die korrekte rigting kan vind wanneer jy 'n magnetiese kompas
                     gebruik omdat jy die korrekte magnetiese deklinasie sal hê. 
                     Om nie te verdwaal nie. 
                     Om ware noord te bepaal. 
                     Om die kaart te orienteer. 
                     Magnetiese noord verander konstant. 
                     [Enige EEN]                                                        (1 x 1)        (1)

2.2      Verwys na die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is,
         wat die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word, aandui. Gebruik die
         afgebakende gebied om die oppervlakte van die ortofotokaart in km² te
         bereken. Dui die maateenheid in jou finale antwoord aan. Toon ALLE
         berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

         Formule: oppervlakte = lengte (L) x breedte (B)

         Lengte         = 10.1 (cm)  x 0.5 = 5.5 km       (Speling van 9.9.cm tot 10.2 cm)
                                                           Speling: 4.95 km tot 5.10 km
         Breedte         = 9.3 (cm)  x 0.5 = 4.65 km      (Speling van 9.2 cm to 9.4 cm)
                                                           Speling: 4.55 km tot 4.65 km
         Oppervlakte = 5.05 km  x 4.65 km 
                        = 23.25 km²                 Speling: 22.50 km² tot 23.97 km²
         [Aanvaar ander formules om lengte en breedte te bereken. As die eenheid nie
         in die finale antwoord gegee word nie, sal GEEN punte vir die finale antwoord
         toegeken word NIE.]                                                    (5 x 1)                (5)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai asseblief om

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     8                                          DBE/2016
                                         SSE - Memorandum

2.3     Verwys na punthoogte 1306 (K) in blok G9 en peilbaken 101 (L) in blok H9 op
        die topografiese kaart.

        2.3.1        Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1306 (K) en
                     peilbaken 101 (L). Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
                     toegeken word.

                     Formule: gradiënt =         vertikale interval (VI)
                                              horisontale ekwivalent (HE)

                     VI = 1 308,6 m – 1 306 m = 2.6 (m) 
                     HE = 3.8 cm x 500 m = 1 900 (m) 
                     Speling: 1 850 m to 1 950 m
                     Gradiënt = 2.6
                                1 900  (Korrekte vervanging berekende waardes in formulrformula)
                                                     2.6
                               =     1               2.6__
                                                   1 900
                                   730.77
                                                     2.6
                               = 1 : 730.77 
                     [Speling: 1 : 711.54 to 1 : 750]                                   (5 x 1)          (5)

        2.3.2        Is die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1306 en peilbaken 101
                     wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, 'n ware weerspieëling van die
                     gradiënt in die werklikheid? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                     Ja/Waar
                     Die gemiddelde gradiënt is baie gelyk/plat en op die topografiese
                     kaart is daar geen kontoerlyne tussen punthoogte 1306 en peilbaken
                     101 nie. 
                     [Konsep]                                                  (1 + 1)
                                                                                                         (2)

        2.3.3        Is punthoogte 1306 sigbaar vanaf peilbaken 101? Gee 'n rede vir jou
                     antwoord.

                     Ja/Dit is sigbaar. 
                     Daar is geen obstruksies (heuwels/berge/hoogliggende gebiede)
                     tussen punthoogte 1306 en peilbaken 101 nie.        (1 + 1)
                     [Indien Nee, moet dit gekwalifiseer word]                                           (2)
                                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai asseblief om

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    9                                      DBE/2016
                                        SSE - Memorandum

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na die tabel hieronder, die inligting oor Mafikeng (op bladsy 3) en die
         topografiese kaart om die vrae wat volg, te beantwoord.

                          Gemiddelde jaarlikse neerslag (mm) vir Mafikeng

        Jan.     Feb.     Mrt.   Apr.    Mei   Jun.   Jul.     Aug.   Sep.   Okt.   Nov.    Des.
        114       81      68      49     21     4      1        5      10     52     72      82

         3.1.1       Noem die seisoen wat die laagste neerslag ervaar.
                     Winter                                                         (1 x 1)         (1)

         3.1.2       Noem die hoogdruksel wat vir die lae neerslag in die seisoen wat in
                     VRAAG 3.1.1 genoem is, verantwoordelik is.
                     Kalahari hoogdruksel (antisikloon) 
                     Kontinentale hoogdruksel(antisikloon)                          (1 x 1)         (1)

         3.1.3       Verduidelik waarom die hoogdruksel in die antwoord op VRAAG 3.1.2
                     'n lae neerslag tot gevolg het.
                     Is tydens die winter goed ontwikkel en die dalende lug stoot die
                     inversielaag tot benede die vlak van die platorand en beperk so vog
                     om die plato te bereik. 
                     Sterk dalende lug het stabiele lugtoestande tot gevolg. 
                     [Enige EEN]                                                  (1 x 2)            (2)

         3.1.4       Noem TWEE maniere wat op die topografiese kaart sigbaar is,
                     waarop boere rondom Mafikeng voorberei het vir droogtetoestande
                     wat dikwels in Suid-Afrika ervaar word.
                     Opgaardamme gebou 
                     Reservoirs gebou 
                     Windpompe 
                     Watertorings 
                     Waterpunte 
                     Vore 
                     Kanale 
                     Watertenks 
                     (Aanvaar name van damme)
                     [Enige TWEE – Antwoord moet op topografiese kaart sigbaar wees]
                                                                                (2 x 1)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  10                                       DBE/2016
                                       SSE - Memorandum

3.2      Die     post-apartheid-nywerheidsontwikkelingskomitee oorweeg    die
         ontwikkeling van Mafikeng. Verwys na die topografiese kaart en die
         ortofotokaart en bespreek TWEE gunstige faktore wat hulle behoort te
         oorweeg.
         Dit het 'n goeie vervoernetwerk wat dit met ander gebiede verbind, bv.
         nasionale paaie en spoorlyne/lughawe. 
         Groot arbeidsmag.
         Daar is genoeg ruimte vir ontwikkeling. 
         Die hele gebied het gelyk grond. 
         Beskikbaarheid van grondstowwe, bv. gewasse. 
         Beskikbaarheid van minerale, bv diamante/goud. 
         Beskikbare watervoorraadfasiliteite in tye wanneer daar waterskaarste is. 
         Bestaande nywerheidsinfrastruktuur. 
         Basic services needed for industries are already available. 
         Die Universiteit sal opgeleide arbeidsmag voorsien. 
         [Enige TWEE]                                                           (2 x 2)              (4)

3.3      Vergelyk blok F6 op die topografiese kaart met dieselfde gebied op die
         ortofotokaart en noem EEN manier waarop die demokratiese regering in die
         basiese behoeftes van die armer gemeenskappe voorsien het.

         Behuising is in die area voorsien. 
         Paaie is in die area voorsien. 
         [Enige ONE]                                                                  (1 x 2)        (2)

3.4      3.4.1       Noem EEN voordeel en EEN nadeel van die Bo-Moloporivier wat
                     deur die dorp Mafikeng vloei.

                     Voordeel:
                     Die Moloporivier voorsien water aan die Mafikeng-gebied. 
                     Kandidate kan voorbeelde gee, bv. water vir huishoudelike gebruik. 
                     Dit het 'n afkoelingsuitwerking op Mafikeng. 
                     Dit skep ontspanningsruimtes in die dorp. 

                     Nadeel:
                     Die Moloporivier kan oorstromings in die Mafikeng-gebied
                     veroorsaak. 
                     Kandidate kan voorbeelde gee, bv. oorstromings kan die
                     infrastruktuur beskadig. 
                     Afname in temperatuur. 
                     Rivier kan besoedel word deur die inwoners/stedelike afvloei. 
                     Waterbron siektes, bv cholera. 
                     [Enige EEN voordeel en nadeel]                                  (2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai asseblief om

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  11                                     DBE/2016
                                       SSE - Memorandum

         3.4.2       Verduidelik TWEE maniere waarop die munisipaliteit van Mafikeng
                     die uitwerking van die nadeel in jou antwoord op VRAAG 3.4.1 kan
                     beperk.

                     Oorstromings
                     Bou mensgemaakte oewerwalle/rivieroewers om die drakrag van die
                     rivier te verhoog 
                     Kanaliseer water weg vanaf die dorp sodat minder water die dorp
                     bereik 
                     Bewaar en onderhou opvangsgebiede in die bolope wat water sal
                     terughou en die vloei van water deur die dorp sal vertraag 
                     Bou damme stroomop van die dorp sodat minder water die dorp
                     bereik 
                     Bou stuwalle om watervloei te vertraag en weg te dreineer 
                     Voer die rivierbodem en -oewers uit met sement (kanalisering) om
                     wrywing te verminder en die vloei van water te verhoog 
                     Beskerm natuurlike plantegroei op die rivieroewers 
                     Skep 'n buffersone waar daar geen geboue aan weerskante van die
                     rivier opgerig mag word nie 
                     Bewusmaking van vloedbeheer maatreëls 
                     Besoedeling
                     Bufferskepping sodat inwoners nie naby aan rivier kan kom en dit
                     besoedel nie 
                     Wetgewing en boetes vir oortreders 
                     Gemeenskapsbewusmaking 
                     Siektes
                     Inentings om om die risiko van waterbronsiektes te verminder 
                     [Die antwoord moet met die nadeel wat in VRAAG 3.4.1
                     geidentifiseer is, gekoppel wees.]
                     [Enige TWEE]                                                  (2 x 2)         (4)

3.5      Verwys na die nywerheidsgebied in blok E6 en E7.

         3.5.1       Is dit 'n swaarnywerheidsgebied of 'n ligtenywerheidsgebied?

                     Swaar nywerheidsgebied 
                     OF
                     Ligte nywerheidsgebied                                        (1 x 1)        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai asseblief om

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 12                                       DBE/2016
                                      SSE - Memorandum

         3.5.2       Bespreek TWEE faktore wat die ligging van hierdie nywerheidsgebied
                     beïnvloed het.

                      Swaar                              Lig
                      Daar is ˈn goeie vervoernetwerk    Daar is ˈn goeie vervoernetwerk
                      (nasionale paaie en spoorlyne)     (paaie) om goedere na plaaslike
                      vir massavervoer .               mark te vervoer. 
                      Beskikbaarheid van ruimte om       Beskikbaarheid van ruimte om
                      nywerheidsgebied uit te brei.    nywerheidsgebied uit te brei. 
                      Op gelyk grond ontwikkel.        Naby aan die plaaslike mark.
                      Kanale voorsien water aan          Naby aan geskoolde arbeid. 
                      nywerheidsgebied.                Beskikbaarheid                van
                      Naby aan die mark.               grondstowwe om produkte te
                      Naby aan groot arbeidsmag.       vervaardig. 
                      Nabyheid van grondstowwe bv.       Naby genoeg aan dorp/SSK om
                      gewasse en minerale.             bederfbare produkte te vervoer.
                      Buitewyke van dorp/Weg van                                      
                      beboude gebied/SSK. 
                     [Enige TWEE]                                                   (2 x 2)         (4)

3.6      Noem EEN verskil tussen die nedersettingspatroon by M in blok B4 en die
         nedersettingspatroon by R in blok D2.

         M: Kern/Kompak 

         R: Geïsoleerd/Verspreid 

               [Kandidate mag die patroon beskryf.]                                 (2 x 1)         (2)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai asseblief om

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    13                                      DBE/2016
                                         SSE - Memorandum

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart van Mafikeng.

         4.1.1       Watter een, die topografiese kaart of die ortofotokaart, bestaan uit:

                     Beeldelemente/('Pixels'): Ortofotokaart 

                     Punt-, lyn- en poligoonsimbole: Topografiese kaart               (2 x 1)        (2)

         4.1.2       Noem TWEE maniere waarop 'n hoë resolusie van groter hulp sal
                     wees wanneer verskynsels bestudeer word.

                     Die beelde sal duideliker wees. 
                     Die beelde sal skerper vertoon. 
                     Jy sal die verskynsels in meer besonderhede kan waarneem. 
                     Die skaduwees wat deur verskynsels geskep word, sal jou help om
                     hulle hoogte te bepaal. 
                     Die skaduwees wat deur verskynsels geskep word, sal jou help om
                     die tyd waarop die foto geneem, is te bepaal. 
                     [Enige TWEE]                                                (2 x 1)              (2)

4.2      Verwys na die gholfbaan in blok C7.

         4.2.1       Verduidelik die begrip datalaag.

                     Dit is 'n inligtingslaag. 
                     [Konsep]                                                          (1 x 1)        (1)

         4.2.2       Noem TWEE datalae wat die ligging van die gholfbaan beïnvloed het.

                     Dreinering/Standhoudende water 
                     Topografie/Reliëf/Gelyk grond 
                     Geologie/Ondergrondse rots 
                     Tipe grond/Gronstruktuur/Waterhouvermoë van die grond 
                     Infrastruktuur/N18 laat toegang toe 
                     Grondgebruik/Naby hoë inkomste residensieel/Naby hotel/In landelik-
                     stedelike oorgangsone 
                     [Enige TWEE – Kandidate kan relevante voorbeelde van datalae wat
                     op die kaart voorkom, gee.]                                 (2 x 2)              (4)

4.3      Ruimtelike data en attribuutdata word gebruik wanneer verskynsels op 'n
         kaart bestudeer word.

         4.3.1       Onderskei tussen ruimtelike data en attribuutdata.

                     Ruimtelike data beskryf die vorm en posisie van geografiese
                     verskynsels , terwyl attribuutdata inligting is wat die ruimtelike
                     objekte of verskynsels beskryf .
                     [Konsep]                                                     (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai asseblief om

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  14                                    DBE/2016
                                       SSE - Memorandum

         4.3.2       Noem TWEE attribute van die stroom (N) in blok J2 op die
                     topografiese kaart.

                     Dit is 'n nie-standhoudende stroom. 
                     Daar is damme in die stroom gebou. 
                     Die algemene vloeirigting van die stroom is noordoos/oos-noord oos.
                                                                                        
                     Die stroom het een sytak. 
                     Die stroom het 'n dendritiese patroon. 
                     Dit is 'n tweedeordestroom. 
                     Vloei oor ‘n geleidelike gradiënt/vloedvlakte.
                     Die rivier het ˈn naam. 
                     [Enige EEN]                                                   (2 x 1)        (2)
                                                                                                  [15]

                                                                               TOTAAL:            75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      15                                         DBE/2016
                                           SSE - Memorandum

AANPASSINGS VIR GAUTENG

2.2      Verwys na die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is,
         wat die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word, aandui. Gebruik die
         afgebakende gebied om die oppervlakte van die ortofotokaart in km² te
         bereken. Dui die maateenheid in jou finale antwoord aan. Toon ALLE
         berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

         Formule: oppervlakte = lengte (L) x breedte (B)

         Lengte          = 9.6 (cm)  x 0.5 = 4.8 km            (Speling van 9.4.cm tot 9.7 cm)
                                                                Speling: 4.7 km tot 4.85 km
         Breedte          = 8.9 (cm)  x 0.5 = 4.45 km          (Speling van 8.7 cm to 9 cm)
                                                                Speling: 4.35 km tot 4.5 km
         Oppervlakte = 4.8 km  x 4.45 km 
                        = 21.36 km²                 Speling: 20.45 km² tot 21.83 km²
         [Aanvaar ander formules om lengte en breedte te bereken. As die eenheid nie
         in die finale antwoord gegee word nie, sal GEEN punte vir die finale antwoord
         toegeken word NIE.]                                                    (5 x 1)                    (5)
2.3      Verwys na punthoogte 1306 (K) in blok G9 en peilbaken 101 (L) in blok H9 op
         die topografiese kaart.

         2.3.1       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punthoogte 1306 (K) en
                     peilbaken 101 (L). Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
                     toegeken word.

                     Formule: gradiënt =           vertikale interval (VI)
                                                horisontale ekwivalent (HE)

                     VI = 1 308,6 m – 1 306 m = 2.6 (m) 
                     HE = 3.6 cm x 500 m = 1 800 (m)  Speling (3.5 cm tot 3.7 cm)
                                                                    1 750 m tot 1 850 m
                     Gradiënt = 2.6
                               1 800 
                                       (Korrekte vervanging berekende waardes in formulrformula)

                                                        2.6
                               =     1                  2.6__
                                                      1 800
                                   692.3
                                                        2.6
                               = 1 : 692.3 
                     [Speling: 1 : 673 to 1 : 711.5]                                      (5 x 1)          (5)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai asseblief om

## Related documents

- [Geography P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-eng/12d84d31-ef22-4d22-85e7-1d8b126a7518) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [GEOGRAFIE P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-memo-sept2016-afr/b537ad57-18aa-4f62-a562-8a94b1629ddf) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2016-memo-eng/9dde3cb5-b83e-497e-bc62-612e245f442a) — Geography · Memo · 2016 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-memo-afr/72436cd8-d57e-4f4f-9f26-1dc7cd2ce326) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [Geography P1 May June 2016 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-annexure-afr/11e2e4e9-5320-4893-ab00-735d23a77eea) — Geography · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
