# Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2018-memo-afr/3cd00d46-c878-4d7b-b937-42b3edb26bf4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2018-memo-afr/3cd00d46-c878-4d7b-b937-42b3edb26bf4)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V2

                                         2018

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 75

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               2                                     DBE/2018
                                          SSE

BRONMATERIAAL
1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 3318BC MALMESBURY.

2.       Ortofotokaart 3318 BC 25 MALMESBURY.

3.       LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hulle eie gebruik ingeneem
                  word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3318BC
         MALMESBURY) en 'n ortofotokaart (3318 BC 25 MALMESBURY) van 'n
         gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk
         en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
         NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van
         toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

7.       Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan.
         Geen punte sal vir antwoorde met geen/verkeerde maateenhede toegeken
         word nie.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.

9.       Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
         gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

10.      Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die
         topografiese kaart aangetoon.
          ENGLISH                           AFRIKAANS
          Gholfbaan                         Golf Course
          Kanaal                            Canal
          Rioolwerke                        Sewerage Works
          Rivier                            River
          Tronk                             Prison
          Voor                              Furrow
          Vullisstortingterrein             Refuse Dump

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                              3                                              DBE/2018
                                         SSE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR MALMESBURY

Malmesbury is 'n dorp met ongeveer 36 000 inwoners wat ongeveer 65 km noord van
Kaapstad geleë is. Die dorp het 'n matige klimaat as gevolg van die invloed van die
Atlantiese Oseaan. Reënval is seisoenaal, met die hoogste gemiddelde reënval in die
winter. Die streek is veral bekend vir sy koringboerdery en wynproduksie.

                                                                                         N

                                [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/malmesbury]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               4                                    DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 1: MEERVOUDIGE KEUSEVRAE

Die vrae hier onder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (3318BC MALMESBURY)
sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.

1.1     Die stad wat ongeveer 65 km suid van Malmesbury geleë is, is …

        A      die Paarl.
        B      Kaapstad.
        C      Port Elizabeth.
                                                                                              B
        D      Klipheuwel.

1.2     In die kaartindeks 3318BC, verteenwoordig 18 …

        A      18° suid van die ewenaar.
        B      18° wes van die Greenwich Meridiaan.
        C      18° noord van die ewenaar.
                                                                                              D
        D      18° oos van die Greenwich Meridiaan.

1.3     … lugfoto's word gebruik om die ortofotokaart te maak.

        A      Horisontale
        B      Satelliet-
        C      Vertikale                                                                      C
        D      Skuinshoek-

1.4     Die kontoerinterval van die ortofotokaart is … meter.

        A      5
        B      10
        C      15
                                                                                              A
        D      20

1.5     As jy die hoofpad in blok I11 op die topografiese kaart gebruik om na
        Klipheuwel te reis, ry jy in 'n … rigting.

        A      oossuidoostelike
        B      suidsuidoostelike
        C      wesnoordwestelike                                                              B
        D      noordnoordwestelike

1.6     Die bron van water wat vir boerdery in blok A1 op die topografiese kaart
        beskikbaar is, is 'n …

        A      kanaal.
        B      windpomp.
        C      rivier.                                                                        B
        D      dam.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  5                                    DBE/2018
                                             SSE

1.7     Die ruitverwysing/koördinate van punthoogte 167 in blok C6 op die
        topografiese kaart is …

        A      33°23'30''S 18°38'30''O/33°23,5'S 18°38,5'O.
        B      18°38'30''O 33°23'30''S/18°38,5'O 33°23,5'S.
        C      18°38'30''S 33°23'30''O/18°38,5'S 33°23,5'O.                                      A
        D      33°23'30''O 18°38'30''S/33°23,5'O 18°38,5'S.

1.8     Die grondgebruiksone waarin 5 op die ortofotokaart geleë is, is die … sone.

        A      kommersiële
        B      residensiële
        C      landelik-stedelike oorgang-                                                       C
        D      nywerheid-

1.9     Die algemene vloeirigting van stroom J in blok D11 op die topografiese kaart
        is …

        A      noord.
        B      suid.
        C      oos.                                                                              C
        D      wes.

1.10    Die geboue by 1 op die topografiese kaart is 'n …

        A      winkel.
        B      tronk.
        C      skool.
        D      fabriek.

1.11    Die ontspanningsgebied by 2 op die ortofotokaart is 'n …

        A      karavaanpark.
        B      wildreservaat.
        C      gholfbaan.                                                                        A
        D      botaniese tuin.

1.12    Die natuurlike verskynsel by 3 op die ortofotokaart is 'n …

        A      uitloper.
        B      poort.
        C      saal.                                                                             D
        D      vallei.

1.13    Die straatpatroon by K in blok G12 op die topografiese kaart is …

        A      beplan onreëlmatig.
        B      ruitvormig.
        C      onbeplan onreëlmatig.                                                             B
        D      radiaal.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               6                                     DBE/2018
                                          SSE

1.14    Die nedersetting wat by L in blok H8 en I8 op die topografiese kaart afgebaken
        is, is 'n …

        A      landelike gehuggie.
        B      stad.
        C      dorp.                                                                            D
        D      boeredorpie.

1.15    Die hooffaktor wat op die topografiese kaart sigbaar is, wat die ligging van die
        standplaas van nedersetting M in blok C2 beïnvloed het, is die …

        A      hellingsaspek.
        B      standhoudende water.
        C      vrugbare grond.                                                                  A
        D      weiding.
                                                                               (15 x 1)        [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 7                                      DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Produkte vanaf Malmesbury word met die N7 nasionale pad na Kaapstad
         toe vervoer.

         2.1.1        Bepaal of voertuie wat vanaf Malmesbury na N in blok I8 op die
                      topografiese kaart ry, opdraand of afdraand sal ry.

                      Afdraand                                                     (1 x 1)       (1)

LINK     2.1.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1.

                      Die hoogte van die hoogtemerke (132.3 tot 113.3) neem af van
                      Malmesbury tot N 
                      Kontoerlyne neem af in hoogte na N toe                                     (1)
                      [Enige EEN]                                           (1 x 1)

         2.1.3        Bereken die afstand in km vanaf N in blok I8 tot by Kaapstad op die
                      topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                      berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in jou
                      finale antwoord aan.

                      Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Skaal

                      3.1 cm [Speling: 3.0 cm – 3.2 cm]             3.1cm 
                      3.1 cm x 0.5                                     3.1 cm x 50 000
                                                                                        
                      = 1.55 km  [Speling: 1.5 km – 1.6 km]                 100 000
                                                                OF           15.5
                                                                              10

                                                                 1.55 (km) 
                      Afstand na Kaapstad = 1.55 + 52 km = 53.55 km
                      [Speling: 53.5 km – 53.6km]                                   (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  8                                          DBE/2018
                                             SSE

2.2      Verwys na lyn O-P wat kontoerlyn 120 by O en punthoogte 162 by P in blok I9
         en I11 op die topografiese kaart verbind.

         2.2.1        Teken 'n vryhanddwarsprofiel van O tot by P.

                      (a)    Gebruik die blok hieronder om die dwarsprofiel te teken.

                      (b)    Gebruik 'n pyl en dui die korrekte posisie van die ander pad
                             op die dwarsprofiel aan.

                                                                                    P

                                                            Speling vir pyltjie
                                      O
                                                                                         (2 x 1)       (2)

         2.2.2        Gee EEN rede waarom daar geen intersigbaarheid tussen O en P
                      is nie.

                      Daar is 'n obstruksie tussen O en P 
                      Daar is 'n hoogliggende gebied/heuwel tussen O en P 
                      (Enige EEN)                                                        (1 x 1)       (1)

         2.2.3        Indien jy 'n vertikale skaal van 1 cm verteenwoordig 25 m sou
                      gebruik om die deursnit te teken, bepaal die vertikale vergroting
                      van die dwarssnit. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                      berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in jou
                      finale antwoord aan.
                                                        vertikale skaal
                      Formule: Vertikale vergroting =
                                                       horisontale skaal

                        1                                1 : 2 500 
                      2 500                     OF     1 : 50 000       (Berekening) 
                        1                   
                     50 000                              1     X 50 000      
                                                       2 500         1
                       1          50 000    
                              X                       [Gee punt as vervanging nie in
                     2 500           1                eerste stap aangetoon is nie]
                     20 keer                         20 keer                           (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               9                                     DBE/2018
                                          SSE

2.3      Bereken die magnetiese peiling vir die huidige jaar vanaf die reservoir (Q) in
         blok B5 tot by punthoogte 317 (R) in blok D8 op die topografiese kaart.

         Ware peiling: 128º  (Speling: 127º - 129º)

         Verskil in jare: 2018 – 2002 = 16 jaar 

         Gemiddelde jaarlikse verandering: 6'  W

         Totale verandering: 16 x 6 = 96' (1º36') W 

         Magnetiese deklinasie vir 2018: 23º21' +  1º36' = 24º57'W 

         Magnetiese peiling vir 2018: 128º + 24º57' = 152º57'W 
                                     (Omvang: 151º57'W - 153 º57'W)              (7 x 1)       (7)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 10                                    DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Malmesbury kry seisoenale reënval.

         3.1.1        Noem die seisoen waarin Malmesbury die hoogste reënval kry.

                      Winter                                                      (1 x 1)       (1)

         3.1.2        Watter weerstelsel is daarvoor verantwoordelik dat Malmesbury die
                      hoogste reënval in die seisoen kry wat jy in VRAAG 3.1.1 genoem
                      het.

                      Middelbreedtesikloon/Buite tropiese sikloon/
                      Frontale depressie/Matige sikloon
                      (Kouefront)
                      [Enige EEN]                                                  (1 x 1)       (1)

         3.1.3        Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart wat daarop dui dat
                      Malmesbury seisoenale reënval kry.

                      Daar is baie nie-standhoudende riviere/water 
                      Daar is baie damme 
                      Baie windpompe/reservoirs 
                      Daar is kanale/vore 
                      Die kaartindeks toon dat Malmesbury in die Wes-Kaap is wat 'n
                      Mediterreense klimaat het 
                      Dit ervaar ‘n meditereense klimaat 
                       [Enige EEN]                                             (1 x
                      1)                                                                         (1)
3.2      Verwys na Abbotsdale wat in blokke I7 en I8 op die valleibodem op die
         topografiese kaart geleë is.
         3.2.1        Is die plaaslike wind wat snags vir die koel toestande in Abbotsdale
                      verantwoordelik is, 'n anabatiese of katabatiese wind?
                      Katabaties                                                  (1 x 1)       (1)

         3.2.2        Waarom is hierdie plaaslike wind, in VRAAG 3.2.1 genoem, snags
                      vir 'n hoë konsentrasie besoedeling in Abbotsdale verantwoordelik?
                      Daar is meer dalende lug snags wat die inversielaag/termiese
                      gordel/besoedelingskoepel afwaarts stoot 
                      'n Laer inversielaag/termiese gordel/besoedelingskoepel sal in 'n
                      hoë besoedelingskonsentrasie veroorsaak 
                      [Enige EEN]                                              (1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  11                                     DBE/2018
                                             SSE

         3.2.3        Met spesifieke verwysing na die topografiese kaart, wat kan
                      Abbotsdale se plaaslike regering (munisipaliteit) doen om die hoë
                      konsentrasie besoedeling te verminder?

                      Plant meer plantegroei/bome in die gebied/ daktuine/ groenparke/
                      groengordels (vermeerder bebossing)
                      Moet nie bestaande plantegroei/bome verwyder nie (verminder
                      bebossing) 
                      Vestig die stortingsterrein verder weg van Abbotsdale 
                      Hersirkulering van afval 
                      Verminder die ophoop van afval 
                      Bevorder die gebruik van eko-vriendelike produkte 
                      Voed die gemeenskap op oor die belangrikheid daarvan om die
                      besoedelingskonsentrasie te verminder (kandidate kan voorbeelde
                      gee)
                      Verminder aand aktiwiteite soos vure, industrieë,ens.
                      [Enige EEN]                                               (1 x 2)            (2)

3.3      Verwys na gebied T op die topografiese kaart. Dit toon 'n dendritiese
         dreineerpatroon.

         3.3.1        Gee TWEE kenmerke, sigbaar op die topografiese kaart, wat
                      daarop dui dat 'n dendritiese patroon getoon word.

                      Lyk soos die takke van 'n boom 
                      Die sytakke ontmoet die hoofstroom teen kleinhoeke/hoeke kleiner
                      as 90º                                                   (2 x 1)            (2)

         3.3.2        Noem 'n kenmerk van die onderliggende rotsstruktuur wat met 'n
                      dendritiese dreineerpatroon geassosieer word.

                      Rotse met eenvormige weerstand teen erosie                                  (1)
                      Horisontale rotsstruktuur 
                      Massiewe weerstandbiedende gesteentes 
                      [Enige EEN]                                                    (1 x 1)

         3.3.3        Met verwysing na gebied T, gee die voordeel van 'n dendritiese
                      dreineerpatroon vir die bewerking van landerye.

                      Rivierkanale is eweredig versprei en water is oral beskikbaar 
                      Water uit die sytakke en die rivier is oral ewe veel beskikbaar 
                      [Enige EEN]                                                   (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 12                                    DBE/2018
                                            SSE

3.4      Volgens sy hooffunksie is Malmesbury 'n sentraleplek-dorp.

         3.4.1        Gee EEN rede, sigbaar op die topografiese kaart, om die stelling
                      dat Malmesbury 'n sentrale plek is te ondersteun.

                      Vervoernetwerke lei uit alle rigtings na Malmesbury wat dit
                      toeganklik maak vir omliggende gebiede 
                      Malmesbury het stedelike dienste (kandidate mag voorbeelde gee
                      van stedelike dienste) 
                      Malmesbury word deur plase wat stedelike dienste vereis, omring
                      [Enige EEN]                                               (1 x 2)          (2)

         3.4.2        Malmesbury het stedelike uitbreiding ondervind wat die dorp se
                      oorspronklike vorm verander het.

                      (a)   Wat is Malmesbury se vorm soos dit op die topografiese
                            kaart sigbaar is?

                            Stervormig                                            (1 x 1)       (1)

                      (b)   Gee die hooffaktor wat vir Malmesbury se huidige vorm van
                            verantwoordelik is.

                            Vervoernetwerke/Paaie/Spoorlyne                       (1 x 1)       (1)

         3.4.3        Watter fisiese (natuurlike) faktor kan Malmesbury se uitbreiding in
                      'n suidoostelike rigting in blok H12 in, beperk?

                      Steil gradiënt 
                      Heuwelagtige gebied 
                      [Enige EEN]                                                  (1 x 2)       (2)

3.5      Verwys na gebied 4 op die ortofotokaart.

         3.5.1        Gebied 4 word voorberei vir die aanplanting van 'n landbouproduk.
                      Noem die landbouproduk wat in gebied 4 aangeplant gaan word.

                      Druiwe                                                      (1 x 1)       (1)

         3.5.2        Noem die hoof sekondêre aktiwiteit in Malmesbury wat met die
                      landbouproduk wat in VRAAG 3.5.1 genoem is, geassosieer word.

                      Wynproduksie 
                      Druiwesap produksie 
                      Rosyntjie produksie 
                      Druifpitolie produksie 
                      [Enige EEN]                                                  (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 13                                   DBE/2018
                                            SSE

         3.5.3        Stel voor hoe die sekondêre aktiwiteit wat in VRAAG 3.5.2 genoem
                      is, die plaaslike ekonomie van Malmesbury kan verbeter.

                      Malmesbury kan 'n wynfees hou 
                      Toere kan deur die wynlande en wynkelders onderneem word 
                      Wynproe toere kan gereël word 
                      Toeriste bring geld in die dorp in 
                      Werksgeleenthede word geskep (in vervaardiging van druiwe
                      produksie/prossessering) 
                      Uitvoer van druiwe produkte sal die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot
                      gee 
                      Verbeterde infrastruktuur trek besigehede aan (kan voorbeelde
                      verskaf) 
                      Vermenigvuldigingseffek sal veroorsaak dat meer ekonomiese
                      ontwikkeling plaasvind 
                      Verkoop produkte van druiwe (kan voorbeelde verskaf) aan
                      plaaslikes/toeriste 
                      [Enige TWEE]                                                (2 x 2)       (4)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  14                                     DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1    Verwys na die ortofotokaart.

          4.1.1       Noem die verskil tussen ruimtelike en attribuutdata.

                      Ruimtelike data: Die ligging (en vorm) van 'n verskynsel 
                      [Konsep]

                      Atribuut data: Verwys na die beskrywing/kenmerke (verdere
                      inligting) van die ligging (en vorm) van 'n verskynsel (ruimtelike
                      data)
                      [Konsep]                                                   (2 x 1)           (2)

          4.1.2       Die N7 nasionale pad is 'n geteerde pad. Sou jy hierdie inligting as
                      ruimtelike of attribuutdata beskou?

                      Attribuut data                                               (1 x 1)        (1)

LINK      4.1.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.1.2

                      Dit gee beskrywende/kenmerkende (verdere inligting) aangaande
                      die tipe pad 
                      Dit gee beskrywende/kenmerkende (verdere inligting) byvoorbeeld
                      dat die pad geteer is 
                      [Enige EEN]                                              (1 x 2)             (2)

4.2       Verwys na blok C4, D3, D4 en D5 op die topografiese kaart wat 'n voorbeeld
          van bufferskepping toon. (S wys na bufferskeppinggebiede.)

          4.2.1       Wat is bufferskepping?

                      Die afbakening van 'n gebied rondom/langs 'n verskynsel 
                      [Konsep]                                                  (1 x 1)            (1)

          4.2.2       Verduidelik die positiewe impak wat bufferskepping op die
                      omgewingsvolhoubaarheid van hierdie gebied sal hê.

                      Deur menslike aktiwiteite langs die rivier te vermy word die
                      biodiversiteit van die rivier te behou 
                      Dit     sal     die    hoeveelheid     chemikalieë/bemestingstowwe/
                      besoedelingsdeeltjies wat die rivier bereik verminder en help om
                      die waterkwaliteit te handhaaf 
                      Rivieroewers word beskerm/gestabiliseer wat oorstromings kan
                      voorkom 
                      Die voorkoming van oorstromings sal gronderosie beperk 
                      Dit sal die rivier se natuurlike loop behou 
                      Beperk die effek op die natuurlike kapasiteit van die rivier 
                      [Enige TWEE]                                                   (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  15                                  DBE/2018
                                             SSE

4.3      Verwys na blok C11 op die topografiese kaart.

         4.3.1        Definieer die term data-integrasie.

                      Om data van verskillende bronne te neem en dit te integreer 
                      [Konsep]                                                    (1 x 1)    (1)

         4.3.2        Gee voorbeelde van die volgende datalae wat in blok C11
                      aangetref word.

                      (a)   'n Infrastruktuurlaag: Dowwe pad/Voedslaanpad 
                                                   Damwal 
                                                   Kraglyne 
                                                   Voor 
                                                   Plaasgrense 
                                                   [Enige EEN]                    (1 x 1)    (1)

                      (b)   'n Dreineerlaag: (Nie-standhoudende) Rivier 
                                             Dam/standhoudende water 
                                             [Enige EEN]                          (1 x 1)    (1)

         4.3.3        Noem die verhouding tussen landbou-aktiwiteite            en    die
                      dreineerlaagverskynsels in blok C11.

                      Die damme is naby aan landbou-aktiwiteite                            (2)
                      Rivier/dam verskaf water vir besproeiing aan oeste 
                      [Enige EEN]                                                 (1 x 2)
                                                                                             [15]

                                                                      GROOTTOTAAL:           75

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-memo-eng/28d1d004-2dd0-4014-aeee-56f755aaaaf6) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2018-english/6e0709f3-f6fc-4b76-a7ca-db96b67a35ef) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [Geography P2 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-memo-afr/72436cd8-d57e-4f4f-9f26-1dc7cd2ce326) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [Geography P2 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-memo-afr/866f91a0-47f5-439b-b3e9-9f6d8f44bef4) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Geography P1 May June 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2018-annexure-eng/4d061c8a-3234-4d8f-b79c-59be0f4a1961) — Geography · Addendum · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
