# Geography Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-afr/7ab47572-a87d-4063-a7c1-e6eaae30e1df
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-afr/7ab47572-a87d-4063-a7c1-e6eaae30e1df)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    GEOGRAFIE V2

                                          2021

                                                                             PUNTE: 75

                                                                            TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

        M     In     SM   In   DM    In   CM    In   IM    In   MC     EA   EX    RM         In
V1
V2
V3
V4
TOT

                          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en
                          1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  2                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 3419AC HERMANUS

2.       Ortofotokaart 3419 AC 20 HERMANUS

3.       LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir eie gebruik ingeneem word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
         voorblad.

2.       Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel voorsien is.

3.       Jy word van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3419AC HERMANUS) en
         'n ortofotokaart (3419 AC 20 HERMANUS) van 'n gedeelte van die
         gekarteerde gebied voorsien.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk
         en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
         NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en formules waar van toepassing. Punte sal hiervoor
         toegeken word.

7.       Dui die maateenheid of kompasrigting in die finale antwoord van berekeninge
         aan, bv. 10 km; 2,1 cm; wes van ware noord.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.       Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

10.      Die gebied wat met ROOI en SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
         stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

11.      Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon.

          ENGLISH                           AFRIKAANS
          Diggings                          Uitgrawings
          Onrus Mountain                    Onrusberge
          Golf Course                       Gholfbaan
          River                             Rivier
          Sewerage Works                    Rioolwerke
          Estate                            Landgoed
          Salt Pan                          Soutpan
          Nature Reserve                    Natuurreservaat

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                              3                                          DBE/2021
                                       SS/NSS

                      ALGEMENE INLIGTING OOR HERMANUS

Hermanus lê langs Walkerbaai aan die suidkus van die Wes-Kaap. Dit is ongeveer
115 km suidoos van Kaapstad geleë en word met die Moederstad verbind deur die
R43-snelweg (of die skilderagtige R44-roete langs die kus) en die N2-deurpad.

Hermanus het 'n Mediterreense klimaat met warm somers. Dit ontvang ongeveer
520 mm reënval per jaar, waarvan die meeste gedurende die wintermaande van Junie
tot Augustus in die vorm van frontale neerslag voorkom. Somer- en wintermaande
word onderskeidelik deur sterk suidoostelike en noordwestelike winde gekenmerk.

Die dorp Hermanus beslaan 'n gelyke vlakte tussen die berge en die see. Gevolglike
verlaging van die seevlak het gelei tot die kransformasie wat die kuslyn domineer.

                                                                               N

                                                [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/hermanus]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 4                                    DBE/2021
                                          SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3419AC HERMANUS sowel
as die ortofotokaart 3419 AC 20 HERMANUS van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag
neer.

1.1     Hermanus is in .... geleë.

        A      die Noord-Kaap
        B      die Oos-Kaap
        C      die Wes-Kaap
        D      Gauteng

1.2     Die vernaamste tipe reënval wat Hermanus gedurende die winter ontvang, is ...
        reën.

        A      orografiese
        B      konveksie-
        C      frontale
        D      adveksie-

1.3     Die manier waarop hoogte by 34°19ꞌ08ꞌꞌS 19°08ꞌ48ꞌꞌO op die topografiese
        kaart aangedui word, is 'n ...

        A      kontoerlyn.
        B      hoogtemerk.
        C      punthoogte.
        D      peilbaken.

1.4     Die algemene vloeirigting van die Leeurivier in blok C9 op die topografiese
        kaart is in 'n ... rigting.

        A      noordelike
        B      suidelike
        C      noordwestelike
        D      suidoostelike

1.5     Die afstand vanaf A na B op die lynskaal hieronder is ... meter.

        A      2 600
        B      2 400
        C      2,6
        D      2,4

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                                    DBE/2021
                                          SS/NSS

1.6     Die ware peiling vanaf die plek van aanbidding 1 tot by die skool 2 op die
        ortofotokaart is ...

        A      38°
        B      55°
        C      235°
        D      252°

1.7     Mensgemaakte verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n ...

        A      kommunikasietoring.
        B      windpomp.
        C      sekondêre pad.
        D      monument.

1.8     Die boorde en wingerde by M in blok C10 op die topografiese kaart is hoogs
        waarskynlik rypbestand omdat hulle in/op die ... gevind word.

        A      helling wat noord front
        B      helling wat suid front
        C      valleibodem
        D      skadusone

1.9     Die hoogliggende gebied by N in blok D7 op die topografiese kaart is 'n ...

        A      samevloeiing.
        B      interfluviale rif.
        C      sytak.
        D      waterskeiding.

1.10    Die vernaamste kenmerk van die strome in blok D8 op die topografiese kaart:

        A      Erosie domineer
        B      Plaatvloei kom voor
        C      Afsetting domineer
        D      Wyer kanale kom voor

1.11    Die dominante stroompatroon in blok H8 op die topografiese kaart is ...

        A      radiaal.
        B      reghoekig.
        C      tralievormig.
        D      dendrities.

1.12    Die vernaamste aktiwiteit wat 'n omgewingsongeregtigheid in blok B5 op die
        topografiese kaart veroorsaak, is ...

        A      boerdery.
        B      visvangs.
        C      voetslaan.
        D      uitgrawing.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 6                                   DBE/2021
                                          SS/NSS

1.13    Die vernaamste faktor wat die verspreide patroon van die nedersetting by 4 op
        die ortofotokaart beïnvloed het, is die ...

        A      gradiënt.
        B      bewaringsgebied.
        C      brug.
        D      ander pad.

1.14    Die fisiese (natuurlike) verskynsels wat vir die lineêre vorm van die beboude
        gebiede in blok J10, K9 en K10 op die topografiese kaart verantwoordelik is, is
        die ...

        A      hoofverkeersroete en kraglyn.
        B      kuslynrotse en berg.
        C      hoofverkeersroete en berg.
        D      kraglyn en berg.

1.15    New Harbour by 5 op die ortofotokaart is 'n voorbeeld van 'n ... ekonomiese
        aktiwiteit.

        A      primêre
        B      sekondêre
        C      tersiêre
        D      kwaternêre

                                                                                (15 x 1)       [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  7                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN TEGNIEKE

2.1      Verwys na die topografiese kaart.

         Bereken die magnetiese deklinasie (afwyking) vir 2021. Toon ALLE
         berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui die rigting in
         verhouding met ware noord duidelik in die finale antwoord aan.

         Verskil in jare:                              __________________________

         Gemiddelde jaarlikse verandering:             __________________________

         Totale jaarlike verandering:                  __________________________

         Gemiddelde magnetiese deklinasie vir 2021: __________________________

                                                       __________________________

                                                       __________________________
                                                                            (5 x 1)            (5)

2.2      Verwys na die topografiese kaart.

         2.2.1        Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf peilbaken 31 (O) in blok I4
                      tot hoogtemerk 36.4 (P) in blok J5. Toon ALLE berekeninge. Punte
                      sal vir berekeninge toegeken word.

                                                           vertikale interval (VI)
                      Formule: Gemiddelde gradiënt =
                                                        horisontal e ekwivalent (HE)

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (5 x 1)                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  8                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

         2.2.2        (a)   Waarom het die gradiënt wat in VRAAG 2.2.1 bereken is,
                            die konstruksie van 'n pad tussen O (in blok I4) en P (in
                            blok J5) op die topografiese kaart bemoeilik?

                            _________________________________________________

                            _________________________________________________
                                                                        (1 x 1)               (1)

                      (b)   Hoe het ingenieurs die R43 vanaf blok I4 tot blok J5
                            gebou om die uitdaging in jou antwoord op VRAAG 2.2.2(a)
                            te oorkom?

                            _________________________________________________

                            _________________________________________________
                                                                        (1 x 1)               (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                                9                          DBE/2021
                                                                         SS/NSS

2.3      Die blok hieronder bestaan uit 'n vertikale en horisontale skaal, sowel as die
         hoogtes van die kontoerlyne vanaf 6 tot 7 wat op die ortofotokaart aangetref
         word.

         Gebruik die blok hieronder vir ALLE antwoorde op VRAAG 2.3.1.

               Vertikale skaal -

                                                          Riviervallei

               1 cm verteenwoordig 20 m

                                                          Horisontale skaal: 1 : 10 000

          2.3.1                            (a)   Dui die hoogte van U op die vertikale skaal van die
                                                 dwarsdeursnee hierbo aan.                    (1 x 1)                (1)

                                           (b)   Voltooi die dwarsdeursnee hierbo wat 'n gebied vanaf 6 tot 7
                                                 op die ortofotokaart verteenwoordig, deur die gegewe
                                                 kontoerhoogtes op die horisontale skaal te gebruik. (2 x 1)         (2)

                                           (c)   Identifiseer mensgemaakte        verskynsel   V    op die
                                                 dwarsdeursnee.                                       (1 x 1)        (1)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                10                                    DBE/2021
                                          SS/NSS

         2.3.2        Bereken die vertikale vergroting van die dwarsdeursnee wat in
                      VRAAG 2.3.1(b) geteken is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                      berekeninge toegeken word. Dui die maateenheid duidelik in die
                      finale antwoord aan.

                                                         vertikale skaal (VS)
                      Formule: Vertikale vergroting =
                                                        horisontal e skaal (HS)

                      ______________________________________________________

                      ______________________________________________________

                      ______________________________________________________

                      ______________________________________________________

                      ______________________________________________________
                                                                       (4 x 1)                  (4)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  11                             DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na die topografiese kaart.

         3.1.1        Ontvang die gekarteerde gebied oor die algemeen seisoenale
                      reënval of reënval dwarsdeur die jaar?

                      Antwoord: _____________________________________________
                                                                        (1 x 1)            (1)

         3.1.2        Gee TWEE bewyse vanaf die topografiese kaart om die antwoord
                      op VRAAG 3.1.1 te ondersteun.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (2 x 1)             (2)

3.2      Verwys na die topografiese kaart.

         Hermanus is tussen die oseaan en 'n hoogliggende gebied (berg) geleë.
         'n Suidelike wind waai gedurende die dag.

         3.2.1        Is die suidelike wind aflandig of aanlandig?

                      Antwoord: _____________________________________________
                                                                        (1 x 1)            (1)

         3.2.2        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.1

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   12                                    DBE/2021
                                             SS/NSS

3.3      Verwys na die Botrivier vanaf blok C6 tot blok D4 op die topografiese kaart.

         3.3.1        In watter stadium (loop) van ontwikkeling is die Botrivier?

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                     (1)

         3.3.2        Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op
                      VRAAG 3.3.1 te ondersteun.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                     (2)

         3.3.3        Hoe het die geomorfologiese proses in hierdie stadium (loop) van
                      die rivier die akkerbou in die gebied beïnvloed?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (2 x 2)                     (4)

3.4      Verwys na die grondgebruiksone tussen Hawston en Fisherhaven in blok H3
         en H4 op die topografiese kaart.

         3.4.1       Identifiseer die grondgebruiksone tussen Hawston en Fisherhaven in
                     blok H3 en H4 op die topografiese kaart.

                     ______________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                     (1)   (1

         3.4.2       Gee EEN bewys vanaf die kaart om jou antwoord op VRAAG 3.4.1
                     te ondersteun.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   13                                      DBE/2021
                                             SS/NSS

3.5      Verwys na 9 op die ortofotokaart.

         3.5.1        Identifiseer die straatplan (patroon) by 9.

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                       (1)

         3.5.2        Gee EEN voordeel van die straatplan (patroon) by 9.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                       (1)

         3.5.3        Hoe het die straatplan (patroon) by 9 ontwikkel?

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                       (2)

3.6      Verwys na 10 op die ortofotokaart, wat 'n nywerheidsgebied is.

         3.6.1        Is die nywerhede swaar of ligte nywerhede?

                      Antwoord: _____________________________________________
                                                                        (1 x 1)                      (1) (1 x 1)

         3.6.2        Bespreek waarom die nywerhede                 wat   in   VRAAG     3.6.1
                      geïdentifiseer is, se ligging geskik is.

                     ______________________________________________________

                     ______________________________________________________

                     ______________________________________________________

                     ______________________________________________________
                                                                      (2 x 2)                        (4)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  14                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Die volgende inligting oor die Klei Dam by Q (blok G8) op die topografiese
         kaart word verskaf:

         Ligging: 34°21ꞌ45ꞌꞌS 19°12ꞌ45ꞌꞌO
         Diepte: 10 m

         4.1.1        Is die Klei Dam by Q in blok G8 'n punt-, lyn- of poligoon-
                      verskynsel?

                      Antwoord: _____________________________________________
                                                                        (1 x 1)                   (1)

         4.1.2        Noem of die volgende ruimtelike data of attribute data is:

                      (a)   Die diepte van die Klei Dam by Q

                            ________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                    (1)

                      (b)   Die ligging van die Klei Dam by Q

                            ________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                    (1)

         4.1.3        Verduidelik die belangrikheid daarvan om die diepte van die
                      Klei Dam by Q vir boerderyaktiwiteite in die gebied te bepaal.

                      _____________________________________________________

                      _____________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 15                                   DBE/2021
                                           SS/NSS

4.2      Verwys na die vergrote insetsel van blok F4 op die topografiese kaart, wat 'n
         kombinasie van verskillende datalae toon.

         4.2.1       Wat is 'n datalaag?

                     ______________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                   (1)

         4.2.2       Gebruik die topografiese kaart en identifiseer die datalaag wat op
                     die insetsel uitgelaat is.

                     ______________________________________________________
                                                                      (1 x 1)                   (1)

         4.2.3       Wat is die belangrikheid van die datalaag wat in VRAAG 4.2.2
                     geïdentifiseer is vir die ekonomiese ontwikkeling van die boerdery-
                     gemeenskap in blok F4?

                     ______________________________________________________

                     ______________________________________________________
                                                                      (2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                              16                                  DBE/2021
                                        SS/NSS

4.3      Verwys na blok D4 en D5 op die topografiese kaart. Die watergehalte in die
         blokke wat geïdentifiseer is, kan deur menslike aktiwiteite beïnvloed word.
         Hoe sal 'n GIS-spesialis data-bevraagtekening kan gebruik om die
         watergehalte in hierdie gebied te evalueer?

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (2 x 2)                (4)
                                                                                         [15]

                                                                          TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                     DBE/2021
                                     SS/NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE

(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-eng/499f6ee6-d3a9-4e2b-81ac-b06c168cb10c) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 May June 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-afr/f012c241-aded-4c7e-abe0-eb05d080d393) — Geography · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
