# Geography Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   GEOGRAFIE V2

                                          2022

                                                                        PUNTE: 150

                                                                          TYD: 3 uur

                                                                   TableMountain

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 2                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

        AFDELING A
        VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60 PUNTE)
        VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60 PUNTE)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30 PUNTE)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.      'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2628AC van ALBERTON en 'n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2628AC 3 van ALBERTON word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
         die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken
         word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van die
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.
                                                                  TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     3                                         DBE/2022
                                              SS/NSS

AFDELING A:          LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                             EN     DIE
                     EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Die werklike grond wat deur 'n plaas beslaan word, staan as …
                      bekend.

                      A   ligging
                      B   plek
                      C   standplaas
                      D   ruimte

         1.1.2        Die keuse van 'n standplaas vir die vestiging van 'n plaas word
                      deur … beïnvloed.

                      A   bevolkingsgrootte
                      B   topografie
                      C   finansies
                      D   markte

         1.1.3        Die ligging van 'n plaas word deur ... beïnvloed.

                      A   grondvrugbaarheid
                      B   waterbronne
                      C   afstand na markte
                      D   hoe steil die landskap is,

         Verwys na die patrone van landelike nedersettings (X en Y) om
         VRAAG 1.1.4 tot 1.1.6 te beantwoord.

                                                [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.4        Die sosiale voordeel van nedersetting X is …

                      A   veiligheid en sekuriteit.
                      B   die gebruik van tegnologie.
                      C   dat 'n plaaslike mark beskikbaar is.
                      D   die maak van meer wins.
                                                                         TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   4                                           DBE/2022
                                            SS/NSS

         1.1.5        Nedersettingspatroon Y word as 'n verspreide nedersetting
                      geklassifiseer as gevolg van die …

                      A   plaaspersele wat ver van mekaar af is.
                      B   afstand weg van die mark af.
                      C   plaasopstalle wat ver van mekaar af is.
                      D   beskikbaarheid van plat grond.

         1.1.6        'n Ekonomiese voordeel van nedersetting Y is …

                      A   meer privaatheid.
                      B   die potensiaal vir groot winste.
                      C   die hoë koste om toerusting te koop.
                      D   onafhanklikheid.

         Verwys na die skets van die nedersetting om VRAAG 1.1.7 en 1.1.8 te
         beantwoord.

                                                 [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.1.7        Die vorm van die nedersetting is …

                      A   lineêr.
                      B   verspreid.
                      C   kruispad.
                      D   rond.

         1.1.8        Die hoofrede vir die ontwikkeling van die nedersetting is ...

                      A   toegang tot 'n pad.
                      B   'n poort in die berg.
                      C   toegang tot water.
                      D   verdediging teen vyande.                                         (8 x 1)       (8)
                                                                               TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                5                                      DBE/2022
                                         SS/NSS

1.2      Kies die woord/term uit KOLOM B wat die stelling in KOLOM A voltooi.
         Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Z.

                           KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Die proses waar mense van         Y   verstedeliking
                     stedelike gebiede na landelike    Z   teenverstedeliking
                     gebiede trek, staan as …
                     bekend.
         1.2.2       Die pas (spoed) waarteen          Y   koers van verstedeliking
                     verstedeliking plaasvind, staan   Z   vlak van verstedeliking
                     as … bekend.
         1.2.3       Die vormlose uitbreiding van      Y   onplanmatige verspreiding
                     stedelike gebiede word …          Z   natuurlike groei
                     genoem.
         1.2.4       Die proses waar die persentasie   Y   landelik-stedelike migrasie
                     van die bevolking wat in          Z   verstedeliking
                     stedelike gebiede woon,
                     toeneem, staan as … bekend.
         1.2.5       Die toename in die aantal mense   Y   stedelike uitbreiding
                     in stedelike gebiede staan as …   Z   stedelike groei
                     bekend.
         1.2.6       'n Stedelike nedersetting met     Y   gespesialiseerde
                     een dominante funksie word 'n     Z   aansluitings-
                     … dorp genoem.
         1.2.7       'n Dorp wat goedere aan die       Y   sentraleplek-
                     omliggende landelike bevolking    Z   poort-
                     verskaf, staan as 'n … dorp
                     bekend.
                                                                                   (7 x 1) (7)
                                                                     TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    6                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

1.3      Verwys na die infografika wat op landelike ontvolking gebaseer is.

                     BEVOLKING IN LANDELIKE GEBIEDE VAN 2017 TOT 2020

         Landelike ontvolking word hoofsaaklik deur die migrasie van mense uit landelike
         gebiede na stedelike gebiede veroorsaak. Hierdie mense soek werk en 'n beter
         lewensgehalte. Die beweging van mense na stedelike gebiede skep verskeie
         ekonomiese en sosiale uitdagings vir die landelike gebied, bv. die verlaging van
         die lewenstandaard. Strategieë moet ingestel word om die aantal mense wat die
         landelike gebiede verlaat, te beperk en ook om mense aan te moedig om terug
         te keer.

           Jaar      Bevolking
                        (in                 Bus-
                     duisende)              halte
           2017       19 479

           2018        18 465

           2019        17 439

           2020        16 408

                      [Aangepas uit
               http://www.ejolt.org]

         1.3.1         Definieer die konsep landelike ontvolking.                    (1 x 2)       (2)

         1.3.2         Gee 'n bewys uit die skets dat landelike ontvolking plaasgevind het.
                                                                                    (1 x 1)        (1)

         1.3.3         Verwys na die tabel en gee 'n bewys dat landelike ontvolking
                       tussen 2017 en 2020 plaasgevind het.                 (1 x 2)                (2)

         1.3.4         Wat is die sosiale belangrikheid daarvan om landelike ontvolking te
                       ontmoedig (te beperk)?                                      (1 x 2)         (2)

         1.3.5         In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel VIER volhoubare
                       strategieë voor wat meer werksgeleenthede in landelike gebiede
                       kan skep.                                               (4 x 2)             (8)
                                                                            TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        7                                           DBE/2022
                                                 SS/NSS

1.4      Verwys na die foto's wat geboue in twee grondgebruiksones toon.

                                  [Bron: https://www.dreamstime.com/illustration/factory-sketch.html
               https://www.google.com/imgres?imgurl=https%3A%2F%2Fimage.shutterstock.com%]

         Verwys na foto A.

         1.4.1         Klassifiseer die residensiële gebied wat in die foto getoon word as
                       óf hoë inkomste óf lae inkomste.                             (1 x 1)                  (1)

         1.4.2         Gee 'n bewys uit die foto om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te
                       ondersteun.                                         (1 x 2)                           (2)

         Verwys na foto A en B.

         1.4.3         Waarom is die tipe residensiële gebied (antwoord op
                       VRAAG 1.4.1) dikwels naby 'n nywerheidsgebied geleë? (2 x 2)                          (4)

         1.4.4         Gee    TWEE      sosiale  ongeregtighede wat   weens     die
                       nywerheidsaktiwiteit by B deur mense in hierdie residensiële
                       gebied ervaar word.                                  (2 x 2)                          (4)

         1.4.5         Verduidelik TWEE maatreëls wat deur die nywerhede by B
                       geïmplementeer kan word om die impak van die sosiale
                       ongeregtighede te verminder.                      (2 x 2)                             (4)
                                                                                      TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                       8                                           DBE/2022
                                                SS/NSS

1.5      Verwys na die foto's wat 'n stedelike nedersettingskwessie toon.

                        VERGELYKING VAN DIE AANTAL VOERTUIE IN
                                     1960 EN 2021

                     [Aangepas uit https://www.google.com/traffic-index-global-traffic-congestion]

         1.5.1        Wat is die tendens wat in die foto's oor die aantal voertuie tussen
                      1960 en 2021 getoon word?                                    (1 x 1)                  (1)

         1.5.2        Gee TWEE moontlike redes vir hierdie tendens (antwoord op
                      VRAAG 1.5.1).                                       (2 x 2)                           (4)

         1.5.3        Hoe beïnvloed verkeersopeenhopings die daaglikse reisiger?
                                                                                (2 x 2)                     (4)

         1.5.4        Stel DRIE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
                      verkeersopeenhopings in stedelike gebiede te verminder. (3 x 2)                       (6)
                                                                                                            [60]
                                                                                      TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    9                                     DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
2.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

         2.1.1        … is voorbeelde van aktiwiteite in die primêre sektor.

                      A    Polisiëring, onderrig en messelwerk
                      B    Kleinhandelswinkels, bankwese en onderwys
                      C    Handel, vervoer en skeepsbou
                      D    Vissery, bosbou en mynbou

         2.1.2        Konstruksie is 'n voorbeeld van die … ekonomiese sektor.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         2.1.3        Die tersiêre sektor verwys na …

                      A   die ontginning van grondstowwe uit die natuurlike omgewing.
                      B   die verwerking van grondstowwe na verwerkte produkte.
                      C   die uitruil van goedere en dienste tussen lande.
                      D   navorsing en inligtingstegnologie.

         2.1.4        'n Voorbeeld van 'n tersiêre aktiwiteit is …

                      A   boerdery.
                      B   vervaardiging.
                      C   toerisme.
                      D   navorsing.

         2.1.5        Hierdie ekonomiese sektor hou verband met die verwerking van
                      inligting:

                      A   Primêre
                      B   Sekondêre
                      C   Tersiêre
                      D   Kwaternêre

         2.1.6        Bruto binnelandse produk (BBP) is die …

                      A    waarde van goedere en dienste wat in een jaar deur
                           permanente en nie-permanente burgers in 'n land
                           geproduseer word.
                      B    waarde van goedere en dienste wat in een jaar deur die
                           permanente inwoners van 'n land geproduseer word.
                      C    bydrae van individuele provinsies tot die BBP in een jaar.
                      D    finansiële staat wat die waarde van 'n land se transaksies in
                           vergelyking met die res van die wêreld toon.
                                                                      TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    10                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

         2.1.7        Voorbeelde van toegevoegdewaarde-produkte is:

                      (i)     Mielies
                      (ii)    Wyn
                      (iii)   Vrugte
                      (iv)    Suiker

                      A       (i) en (ii)
                      B       (ii) en (iii)
                      C       (ii) en (iv)
                      D       (i) en (iii)

         2.1.8        Die TWEE sektore wat die grootste bydraers tot die BBP van
                      Suid-Afrika is:

                      (i)     Primêre
                      (ii)    Sekondêre
                      (iii)   Tersiêre
                      (iv)    Kwaternêre

                      A       (i) en (ii)
                      B       (ii) en (iii)
                      C       (ii) en (iv)
                      D       (i) en (iii)                                         (8 x 1)      (8)

2.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 I.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         2.2.1       Koop en verkoop van goedere en         A   handelsooreenkoms
                     dienste
                                                            B   handel
         2.2.2       Die verskil in waarde tussen 'n land
                     se invoere en uitvoere                 C   uitvoere

         2.2.3       Kommoditeite of goedere wat van een D      invoere
                     land in 'n ander land ingebring word
                                                          E     handelsbalans
         2.2.4       'n Ooreenkoms tussen lande met
                     betrekking tot handel                F     plaaslike handel

         2.2.5       Goedere waarmee binne 'n land          G   buitelandse valuta
                     handel gedryf word
                                                            H   internasionale handel
         2.2.6       Goedere wat tussen lande vervaardig
                     en verhandel word

         2.2.7       Goedere of dienste wat aan 'n ander
                     land verkoop word
                                                                                    (7 x 1)     (7)
                                                                           TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      11                                         DBE/2022
                                                SS/NSS

2.3      Verwys na die gevallestudie oor beesvleisproduksie in Suid-Afrika.

                              BEESVLEISPRODUKSIE IN SUID-AFRIKA

         Suid-Afrika produseer 85% van sy vleisbehoeftes. Daar is plaaslik 'n groot
         vraag na beesvleis. Die plaaslike vraag na beesvleis oorskry gewoonlik
         produksie, alhoewel daar onontginde reserwes in gemeenskapsboerdery-
         gebiede is.

         Beesvleisproduksie in Suid-Afrika word deur sy tweeledige aard van
         kleinskaalse en grootskaalse boerdery gekenmerk. Aangesien beeste as 'n
         teken van rykdom in sekere gemeenskappe dien, dra gemeenskapsboerdery
         nie tot Suid-Afrika se vleisbehoeftes by nie.

         Beesvleisproduksie is kenmerkend 'n langtermynonderneming en wins word
         selde op kort termyn gemaak. Die klimaattoestande in sommige dele van
         Suid-Afrika is ook nie geskik vir beesvleisproduksie nie.
                     [Aangepas uit https://www.idc.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Beef-Study-Final]

          2.3.1       Wat is die persentasie tekort in Suid-Afrika met betrekking tot
                      vleisbehoeftes?                                          (1 x 1)                     (1)

          2.3.2       Waarom is beesvleisproduksie vir Suid-Afrika belangrik?               (1 x 2)        (2)

          2.3.3       Stel TWEE fisiese faktore voor wat 'n negatiewe impak op
                      beesvleisproduksie in Suid-Afrika het.             (2 x 2)                           (4)

          2.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel voor hoe kleinskaalse
                      beesboere bygestaan kan word om produksie te verhoog. (4 x 2)                        (8)
                                                                                    TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    12                                      DBE/2022
                                              SS/NSS

2.4      Verwys na die infografika oor die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied.

               GAUTENG (PWV) HET BYDRAE TOT DIE BRUTO BINNELANDSE
                                PRODUK VERHOOG

         Die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied het in 2021 35%, of 'n geskatte
         R675 miljard, van die bruto binnelandse produk gegenereer wat hulle posisie
         as die enkele grootste bydraer tot die ekonomie van die land bevestig.
         Alhoewel Gauteng (PWV) die kleinste grondoppervlakte, 1,4% van die land,
         beslaan, is hulle ekonomie meer as dubbel dié van die Suidwestelike Kaap.

         Naas die tersiêre sektor, is die sekondêre sektor die tweede grootste bydraer
         en genereer 24,3% van die provinsiale ekonomie. Die vervaardiging-
         subsektor domineer bydraes in die sekondêre sektor. Die Gauteng (PWV)-
         kernnywerheidsgebied is verantwoordelik vir die grootste deel van die land se
         vervaardigingsektor met byna die helfte van alle fabrieke wat in die provinsie
         gevestig is.

               [Bron: file://Growing%20Gauteng (PWV) core industrial region%20Together%202030]

          2.4.1       Watter persentasie het die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied
                      in 2021 tot Suid-Afrika se BBP bygedra?                (1 x 1)                  (1)

          2.4.2       Gee TWEE hoofnywerhede wat                in   die   Gauteng     (PWV)-
                      kernnywerheidsgebied gevind word.                                 (2 x 1)       (2)

          2.4.3       Gee 'n rede uit die infografika waarom die vervaardigingsubsektor
                      die sekondêre sektor in die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied
                      domineer.                                                 (1 x 2)               (2)

          2.4.4       Wat is die voordeel van Gauteng se hoë bevolkingkonsentrasie vir
                      die Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied?                  (2 x 2)                (4)

          2.4.5       Verduidelik DRIE faktore wat vir die ligging van nywerhede in die
                      Gauteng (PWV)-kernnywerheidsgebied voordelig is.          (3 x 2)               (6)
                                                                               TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    13                                            DBE/2022
                                              SS/NSS

2.5       Verwys na die infografika oor die informele sektor.

               MOTORBEWAKING AS 'N HEENKOME IN DIE INFORMELE SEKTOR
           Motorbewaking is 'n beroepsaktiwiteit wat spesifiek in die informele sektor
           in Suid-Afrika voorkom. 'n Motorwag (karwag) is iemand wat, in ruil vir 'n
           donasie, aanbied om voertuie in 'n openbare of private parkeerarea te
           bewaak. Die motoris kan besluit oor die bedrag van die donasie.
           Baie Suid-Afrikaners is werkloos. Buitelanders kom na Suid-Afrika op soek
           na 'n beter lewe, maar sukkel om werk te kry. Motorbewaking is dus 'n
           geleentheid wat talle mense in staat stel om 'n bietjie inkomste te verdien.
                 Profiel van 'n motorwag

            Gemiddelde ouderdom: 38
            Gemiddelde aantal jare wat as
             motorwag gewerk word: 6
            Gemiddelde werksdae per week:
             5,4
            Gemiddelde werksure per dag: 8,5
            Gemiddelde inkomste per dag:
                                                               Risiko's en uitdagings
             R98,33
                               [Bron: 'Examining car guarding as a livelihood in the informal sector',
                                                        artikel in Local Economy, September 2017]

          2.5.1       Waarom word motorwagte as deel van die informele sektor
                      beskou?                                          (1 x 2)                             (2)

          2.5.2       Volgens die grafiek, wat is die grootste risiko en uitdaging vir
                      motorwagte?                                              (1 x 1)                     (1)

          2.5.3       Waarom hang motorwagte se inkomste af van die aantal ure wat
                      hulle werk?                                           (1 x 2)                        (2)

          2.5.4       Gee redes waarom die getal motorwagte in stedelike gebiede oor
                      die laaste paar jaar toegeneem het.                     (2 x 2)                      (4)

          2.5.5       Wat kan deur die plaaslike regering gedoen word om die
                      werkstoestande van Suid-Afrikaners en buitelanders in die
                      informele sektor te verbeter?                      (3 x 2)                (6)
                                                                                                [60]
                                                                                     TableMountain
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                              14                                           DBE/2022
                                        SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      ALGEMENE INLIGTING OOR ALBERTON

                                                             ALBERTON

                                                                                       N

Koördinate: 26º15'S; 28°06'O

Alberton is 'n stad wat in die suidelike deel van die Oosrand van Gauteng in
Suid-Afrika geleë is. Alberton is kenmerkend primêr residensieel en die meeste
werkers pendel daagliks na nabygeleë voorstede en stede.

As gevolg van sy sentrale ligging het Alberton een van die leidende
nywerheidsgebiede geword – met kort reistye na groot sentrums soos Pretoria en
Johannesburg. Toegang tot groot hoofverkeersroetes laat vinnige vervoer van beide
grondstowwe en verwerkte produkte na hul bestemmings toe.

                                 [Bron: https://www.3cubeproperty.co.za/area-profiles/alberton]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                 AFRIKAANS
Golf Course                             Gholfbaan
Race Course                             Resiesbaan
River                                   Rivier
Sewerage Disposal Works                 Rioolsuiweringswerke
                                                                     TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      15                               DBE/2022
                                                SS/NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         3.1.1        Die kaartindeks vir Alberton is 2628AC. 28 verteenwoordig …

                      A   28° suid van die ewenaar.
                      B   28' suid van die ewenaar.
                      C   28' wes van die Greenwichmeridiaan.
                      D   28° oos van die Greenwichmeridiaan.                      (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Die koördinate van trigonometriese baken 602, F in blok C3 op die
                     topografiese kaart, is …

                     A    26°18'45''S; 28°07'55''O.
                     B    26°17'49''S; 28°08'55''O.
                     C    26°17'15''S; 28°08'55''O.
                     D    28°07'52''S; 26°17'55''O.                                (1 x 1)       (1)

         3.1.3       Bereken die reguitlynafstand, in kilometer, tussen punt 6 in blok A4
                     en punt 7 in blok B4 op die ortofotokaart.

                     Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Kaartskaal         (1 x 2)       (2)

         3.1.4       Bepaal die ware peiling van trigonometriese stasie 602, F in
                     blok C3, vanaf Kathlehong-spoorwegstasie, G in blok D4 op die
                     topografiese kaart.                                    (1 x 1)              (1)

         Verwys na die topografiese kaart en beantwoord die vrae oor magnetiese
         deklinasie vir 2022.

         3.1.5       Die verskil in jaar is …

                     A    7.
                     B    8.
                     C    9.
                     D    10.                                                      (1 x 1)       (1)

         3.1.6       Die gemiddelde jaarlikse verandering is … wes van ware noord.

                     A    3'
                     B    8'
                     C    9'
                     D    10'                                                      (1 x 1)       (1)

         3.1.7       Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.5 en 3.1.6 om die huidige
                     magnetiese deklinasie te bereken.                     (3 x 1)               (3)
                                                                          TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  16                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         3.2.1       Verskynsel 8 in blok C5 op die ortofotokaart verteenwoordig 'n …

                     A   hoofpad.
                     B   standhoudende rivier.
                     C   sekondêre pad.
                     D   resiesbaan.                                                (1 x 1)       (1)

         3.2.2       Straatpatroon (plan) 9 in blok A2 op die ortofotokaart is …

                     A   onreëlmatig (beplan).
                     B   ruitvorm.
                     C   radiaal.
                     D   onreëlmatig (onbeplan).                                   (1 x 1)        (1)

         3.2.3       Gee 'n bewys uit blok A2 om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 te
                     ondersteun.                                        (1 x 2)                   (2)

         3.2.4       'n Skool is by 10 in blok B3 op die ortofotokaart geleë. Hoe
                     veroorsaak die straatpatroon (plan), wat in VRAAG 3.2.2
                     geïdentifiseer is, 'n probleem vir die ouers wat hulle kinders skool
                     toe vervoer?                                                  (1 x 2)        (2)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.2.5        Die nywerhede wat in blok A5 en B5 geleë is, kan as swaar
                      nywerhede geklassifiseer word.

                      Gee TWEE bewyse wat in blok A5 en B5 gevind kan word om die
                      stelling hierbo te staaf.                            (2 x 2)                (4)

         3.2.6       Verduidelik die belangrikheid van die N3 (nasionale snelweg) in
                     blok A3 en A4 om toegang tot die nywerheidsgebied by H vir groot
                     plaaslike markte te skep.                                (1 x 2)             (2)
                                                                           TableMountain

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   17                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSEL (GIS)

         Verwys na die beeld van Ring Road West wat in blok A3 op die ortofotokaart
         geleë is.

                         [Bron: https://www.google.com/maps/@-26.2700631,28. 1204164,145m/
                                                                             data=!3m1!1e3]

         3.3.1        Word die beeld van Ring Road West as vektor- of rasterdata
                      geklassifiseer?                                     (1 x 1)                  (1)

         3.3.2        Gee 'n rede om jou antwoord op VRAAG 3.3.1 te staaf.             (1 x 1)     (1)

         3.3.3        Waarom word die getal bane op Ring Road West as attribuutdata
                      beskou?                                                (1 x 2)               (2)

         Verwys na blok A5 en B5 op die topografiese kaart.

         3.3.4        Definieer die term bufferskepping.                               (1 x 2)     (2)

         3.3.5        Waarom is bufferskepping noordwes van Union, in blok C5, nodig?
                                                                               (1 x 2)             (2)
                                                                                                   [30]

                                                                                  TOTAAL:  150
                                                                               TableMountain

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-eng/499f6ee6-d3a9-4e2b-81ac-b06c168cb10c) — Geography · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
