# Geography Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-afr/943fe087-62b5-458b-be01-2a222afd62a5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-afr/943fe087-62b5-458b-be01-2a222afd62a5)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                GEOGRAFIE V2

                                       2023

                                                                  PUNTE: 150

                                                                    TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V2                                  2                                 DBE/2023
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

         AFDELING A
         VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60)
         VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)

         AFDELING B
         VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.       Beantwoord AL DRIE vrae.

3.       Alle diagramme is by die vraestel ingesluit.

4.       Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.       Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

7.       MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.       Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.       Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy gevra word om te noem, identifiseer
         of 'n lys moet maak.

10.      Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
         14 °C en 45 m.

11.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.      Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14       'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2726DC ODENDAALSRUS en                    die
         1 : 10 000 ortofotokaart 2726 DC 14 ODENDAALSRUS word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
         die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V2                                      3                                       DBE/2023
                                               SS/NSS

AFDELING A:          LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                            EN       DIE
                     EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1       Die landelike nedersettingspatroon wat hieronder getoon word, is …

                                                                [Bron: thehumaninprint.com]

                     A    sirkelvormig.
                     B    gekern.
                     C    verspreid.
                     D    lineêr.

         1.1.2       Kern- landelike nedersettings word met … geassosieer.

                     A    ekstensiewe boerdery
                     B    gefragmenteerde land
                     C    monokultuur
                     D    die gebruik van groot masjinerie

         1.1.3       Die ligging van 'n nedersetting is die …

                     A    standplaas waarop die nedersetting geleë is.
                     B    presiese stuk grond waarop die nedersetting geleë is.
                     C    ligging daarvan in verhouding met menslike en fisiese
                          verskynsels.
                     D    hoeveelheid geld wat deur die nedersetting voortgebring word.

         1.1.4       'n Ekonomiese faktor wat die ligging van 'n landelike nedersetting
                     beïnvloed, is …

                     A    vrugbare grond.
                     B    mikroklimaat.
                     C    geleidelike grond.
                     D    plaaslike markte.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V2                                     4                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

         1.1.5       … is 'n sosiale faktor wat landelike nedersettingspatrone beïnvloed.

                     A    Veiligheid
                     B    Reënval
                     C    Markte
                     D    Topografie

         1.1.6       Die nedersetting hieronder kan as 'n … is, beskryf word.

                                                                       Plaas-
                                                                       opstalle

                                 [Bron: https://www.google.com/search?q=wet+point+settlement]

                     A    natpuntnedersetting wat gekern
                     B    droëpuntnedersetting wat gekern
                     C    natpuntnedersetting wat verspreid
                     D    droëpuntnedersetting wat verspreid

         1.1.7       Die … vorm van die nedersetting hieronder is deur die see
                     beïnvloed.

                         [Aangepas uit www.google.com/search?q=rural+settlement+shapes]

                     A    sirkel-
                     B    ster-
                     C    halfsirkel-
                     D    lineêre

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V2                                         5                                      DBE/2023
                                                  SS/NSS

         1.1.8       Fisiese faktore wat die vorm van die nedersetting hieronder
                     beïnvloed:

                                        [Bron: www.google.com/search?q=rural+settlement+shapes]

                     (i)     Smal vallei
                     (ii)    Standhoudende rivier
                     (iii)   Grondvrugbaarheid
                     (iv)    Geleidelike grond

                     A         (i) en (ii)
                     B         (i) en (iv)
                     C         (ii) en (iii)
                     D         (iii) en (iv)                                                 (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V2                                    6                                        DBE/2023
                                             SS/NSS

1.2      Verwys na die skets hieronder oor die klassifikasie van nedersettings.
         Kies die korrekte term(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
         die term(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 nedersetting.

                                                   [Bron: Eksaminator se eie skets]

         1.2.1       Nedersettings word volgens (funksie/bevolking) geklassifiseer.

         1.2.2       'n (Metropolis/Konurbasie)      word   gevorm      deur    'n    stad   met
                     onafhanklike dorpe.

         1.2.3       'n (Klein dorpie/Dorp) is die kleinste stedelike nedersetting.

         1.2.4       'n (Gehuggie/Klein dorpie) het 'n mengsel van beide landelike en
                     stedelike funksies.

         1.2.5       Die reikwydte van 'n (dorp/stad) sal groter wees.

         1.2.6       Die (konurbasie/metropolis) het meer funksies en is groter.

         1.2.7       Soos die grootte van 'n nedersetting toeneem, sal die aantal van dié
                     tipe nedersetting (toeneem/afneem).                           (7 x 1)             (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V2                                        7                                            DBE/2023
                                                 SS/NSS

1.3      Verwys na die skets hieronder oor landelik-stedelike migrasie.

                                 LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

               [Aangepas uit file:///vector-farm-field-sketch-engraving-drawing/stockistockcitysketch]

         1.3.1       Definieer die konsep landelik-stedelike migrasie.                            (1 x 2)     (2)

         1.3.2       Identifiseer EEN sosiale stootfaktor in A wat landelik-stedelike
                     migrasie veroorsaak.                                      (1 x 1)                        (1)

         1.3.3       Noem TWEE basiese dienste wat meer toeganklik in stedelike
                     gebiede as in landelike gebiede is.                 (2 x 1)                              (2)

         1.3.4       Hoe kan landelik-stedelike migrasie uitdagings vir die voorsiening van
                     behuising in B skep?                                            (2 x 2)                  (4)

         1.3.5       Stel DRIE ingrypingstrategieë voor wat geïmplementeer kan word om
                     landelik-stedelike migrasie te verminder.                   (3 x 2)                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V2                                     8                                          DBE/2023
                                              SS/NSS

1.4      Verwys na die skets en die foto hieronder wat 'n gedeelte van gebied A in die
         landelik-stedelike oorgangsone toon.

                            LANDELIK-STEDELIKE OORGANGSONE

                                                                                 B
                                             A

                                                                C

                                                          SLEUTEL: B Nywerheid C Klein
                                                                                 plase
                      [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=rural+urban+fringe+geography]

         1.4.1       Waar is die landelik-stedelike oorgangsone geleë?                       (1 x 1)      (1)

         1.4.2       Noem TWEE ekonomiese aktiwiteite in die foto wat in die landelik-
                     stedelike oorgangsone gevind word.                        (2 x 1)                    (2)

         1.4.3       Hoe word die ekonomiese aktiwiteit by B bevoordeel deur in die
                     landelik-stedelike oorgangsone geleë te wees?           (2 x 2)                      (4)

         1.4.4       Watter positiewe      impak    het    aktiwiteit   B   op       die   plaaslike
                     gemeenskap?                                                             (2 x 2)      (4)

         1.4.5       Hoe het die onlangse stedelike uitbreiding van groot stede die
                     landelik-stedelike oorgangsone verander?                 (2 x 2)                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V2                                       9                                           DBE/2023
                                                SS/NSS

1.5      Verwys na die foto en uittreksel hieronder oor informele nedersettings.

                         INFORMELE NEDERSETTINGS IN SUID-AFRIKA

           Dit blyk uit regeringsverslae dat, tussen 2002 en 2021, informele
           nedersettings in Suid-Afrika van 300 na 2 180 toegeneem het.

           Die vlakke van armoede in informele nedersettings is sigbaar in die
           klein ruimtes, oorbevolking en oorvleuelende strukture – toestande wat 'n
           omgewing skep wat die vinnige verspreiding van siektes bevorder.

           Die menslike-nedersettingsektor se doel was om teen 2018 behuising met
           basiese dienste aan 400 000 huishoudings in informele nedersettings
           te verskaf. Volgens regeringsverslae en -verklarings is die teikens nie
           bereik nie.

                     [Aangepas uit https://mg.co.za/analysis/2020-06-25-policy-exists-but-shacklands]

         1.5.1       Identifiseer EEN kenmerk van informele nedersettings wat in die foto
                     sigbaar is.                                                  (1 x 1)                   (1)

         1.5.2       Noem TWEE negatiewe sosiale                      gevolge      van     informele
                     nedersettings in die uittreksel.                                         (2 x 1)       (2)

         1.5.3       Gee TWEE ekonomiese redes vir die vinnige toename in informele
                     nedersettings.                                          (2 x 2)                        (4)

         1.5.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom die
                     regering daarin misluk om gemeenskappe wat in informele
                     nedersettings woon, by te staan.                         (4 x 2)                       (8)
                                                                                                            [60]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V2                                   10                                         DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1      Die vrae hieronder is op nywerhede gebaseer. Verskeie opsies word as
         moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
         slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

         2.1.1       Vervaardiging is 'n voorbeeld van 'n aktiwiteit in die … ekonomiese
                     sektor.

                     A    primêre
                     B    sekondêre
                     C    tersiêre
                     D    kwaternêre

         2.1.2       Ligte nywerhede word oor die algemeen … gevestig.

                     A    naby aan die SSK
                     B    weg van residensiële gebiede
                     C    naby grondstowwe
                     D    naby grootmaatvervoer

         2.1.3       'n Yster-en-staal-aanleg is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid.

                     A    ongebonde
                     B    vragverbrekings-
                     C    grondstof-georiënteerde
                     D    markgeoriënteerde

         2.1.4       Die skets hieronder illustreer 'n … nywerheid.

                                    [Bron: https://www.google.co.za/search?q=types+of+industries]

                     A    alomteenwoordige
                     B    brug-
                     C    mark-
                     D    ongebonde

         2.1.5       'n Bakkery is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid.

                     A    vragverbrekings-
                     B    grondstof-georiënteerde
                     C    markgeoriënteerde
                     D    ongebonde
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V2                                        11                                          DBE/2023
                                                  SS/NSS

         2.1.6       Die illustrasie hieronder is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid.

                                                                                  Wi-Fi
                                                                   Wi-Fi

                             [Bron: https://www.bing.com/images/search?view=detailV2&ccid=Kq]

                     A        grondstof-georiënteerde
                     B        brug-
                     C        markgeoriënteerde
                     D        alomteenwoordige

         2.1.7       'n Olieraffinadery is 'n voorbeeld van 'n … nywerheid.

                     A        ongebonde
                     B        swaar
                     C        alomteenwoordige
                     D        ligte

         2.1.8       Swaar nywerhede word deur ... gekenmerk.

                     (i)      hoë vlakke van lugbesoedeling
                     (ii)     hulle ligging op klein stukke grond
                     (iii)    hulle ligging naby grootmaatvervoer
                     (iv)     lae vlakke van geraasbesoedeling

                     A        (i) en (ii)
                     B        (i) en (iv)
                     C        (ii) en (iii)
                     D        (i) en (iii)                                                      (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V2                                    12                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

2.2      Kies die term/konsep uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Y.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
         2.2.1       'n Wisseling van goedere en       Y   internasionale handel
                     dienste tussen lande              Z   handelsooreenkoms

         2.2.2       Ongunstige handelsbalans          Y   verhoog werkverskaffing
                                                       Z   verhoog werkloosheid

         2.2.3       Goedere wat in 'n land            Y   uitvoere
                     ingebring word                    Z   invoere

         2.2.4       Voordeel van internasionale       Y   toegang tot buitelandse valuta
                     handel                            Z   afname in beleggings

         2.2.5       Aktiwiteite van die tersiêre      Y   vervoer en handel
                     sektor                            Z   konstruksie en navorsing

         2.2.6       'n Doeltreffende openbare         Y   verhoog ekonomiese koste
                     vervoerstelsel                    Z   verhoog produksie

         2.2.7       Verskil in waarde tussen 'n       Y   handelsbalans
                     land se invoere en uitvoere       Z   betalingsbalans

                                                                                     (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V2                                       13                                  DBE/2023
                                                 SS/NSS

2.3      Verwys na die infografika hieronder oor suikerrietboerdery.

                                        SUIKERRIETBOERDERY

           Alhoewel die fisiese faktore aan die ooskus van Suid-Afrika bevorderlik
           is vir suikerrietboerdery, het die produksie afgeneem. Binne twee dekades
           het die land se jaarlikse suikerproduksie met bykans 25% gekrimp.
           Die aantal suikerrietboere het met 60% gedaal.

           Baie Suid-Afrikaanse dorpe en landelike dorpies sal in duie stort aangesien
           hulle óf gedeeltelik óf ten volle van suikerrietboerdery afhanklik is.

           Die aanvraag na suiker in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie het van
           1,65 miljoen ton na 1,25 miljoen ton per jaar afgeneem, wat Suid-Afrika
           dwing om sy uitvoere na die wêreldmark te verhoog.
                                                          [Aangepas uit farmersweekly.co.za]

                     [Aangepas uit farmersweekly.co.za]
                                                           [Aangepas uit dr. Thomas Funke,
                                                             SA Cane Growers' Association]

         2.3.1        Wat is die persentasie afname in die aantal suikerrietboere in die
                      laaste twee dekades?                                        (1 x 1)           (1)

         2.3.2        Identifiseer die TWEE provinsies op die kaart waar met suikerriet
                      geboer word.                                              (2 x 1)             (2)

         2.3.3        Noem TWEE fisiese faktore wat suikerrietboerdery in dié provinsies
                      (antwoord op VRAAG 2.3.2) bevorder.                         (2 x 1)           (2)

         2.3.4        Waarom is suikerrietboerdery belangrik vir die klein dorpe en
                      landelike dorpies van Suid-Afrika?                      (2 x 2)               (4)

         2.3.5        Verduidelik DRIE ekonomiese faktore wat 'n negatiewe impak op
                      suikerproduksie in Suid-Afrika het.                     (3 x 2)               (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V2                                    14                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

2.4      Verwys na die kaart en uittreksel hieronder oor die Maputo-korridor
         Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI).

                 MAPUTO-KORRIDOR RUIMTELIKEONTWIKKELINGSINISIATIEF

                                                                          Middelburg
                                                                          Komatipoort

                                 Middelburg

               Padafstand:                             Spoorafstand:
               Johannesburg na Maputo: 581 km          Johannesburg na Maputo: 590 km

           Die Maputo-korridor is in 1996 as 'n Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief (ROI)
           bekendgestel omdat die regerings van Suid-Afrika en Mosambiek
           aanvanklik hulle ekonomieë wou herbou en handels- en beleggingsbande
           wou herstel. Beide regerings het saamgestem oor die enorme potensiële
           voordele van die rehabilitasie van die sleutelelemente van dié
           lewensbelangrike vervoerkorridor, wat die Maputo-hawe met Suid-Afrika se
           lewendigste ekonomiese kern, die stad van Johannesburg, verbind. Hierdie
           Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief was die metode wat gekies is om
           beleggings in die potensiaal van die Maputo-korridor te maksimaliseer en
           om die doel van volhoubare ekonomiese en sosiale ontwikkeling al langs
           die korridor en sy omliggende omgewings te verwesenlik.
                 [Aangepas uit bus-ex.com/https://www.bing.com/images/search?view=detailV2&ccid]

         2.4.1       Watter     land       word        deur     die       Maputo-korridor
                     Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief aan Suid-Afrika verbind?   (1 x 1)              (1)

         2.4.2       Wat was die oorspronklike doel van die bekendstelling van
                     die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief, soos in die
                     uittreksel vervat?                                          (1 x 1)               (1)

         2.4.3       Noem die kernnywerheidstreek wat die meeste uit die Maputo-
                     korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief voordeel sal trek. (1 x 1)             (1)

         2.4.4       Hoe sal die Maputo-korridor Ruimtelikeontwikkelingsinisiatief
                     besigheidsgeleenthede vir onderontwikkelde gemeenskappe langs
                     die korridor skep?                                     (2 x 2)                    (4)

         2.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                     opgradering van verskillende tipes infrastruktuur 'n positiewe impak
                     op handel vir die kernnywerheidstreek (antwoord op
                     VRAAG 2.4.3) het.                                              (4 x 2)            (8)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V2                                    15                                        DBE/2023
                                              SS/NSS

2.5      Verwys na die spotprent en uittreksel hieronder oor informele handel.

               TER VERDEDIGING VAN SUID-AFRIKA SE INFORMELE EKONOMIE

                                                       'n Skadu-ekonomie*?
                    Het jy         Nee, ek kan
                 'n permit?          dit nie           Party noem die informele sektor die
                                  bekostig nie!        skadu-ekonomie. Hulle kla ook oor
                                                       die gebrek aan belastings wat deur
                                                       die informele sektor betaal word.
                                                       Baie van die verkopers dryf handel
                                                       sonder permitte en word gereeld
                                                       onderwerp aan klopjagte deur die
                                                       stad se wetstoepassers, waartydens
                                                       daar op hulle goedere beslag gelê
                                                       word en hulle boetes kry.

           Die bewering dat amptelike indiensnemingsdata die informele sektor
           onderskat, is gebaseer op die aanname dat daar verkeerdelik na baie
           mense wat in die informele sektor aktief is, as werkloos verwys word.

           Die oorgrote meerderheid informele werkers (73%) verdien baie minder as
           die inkomstebelastingdrempel van R79 000 per jaar, wat deur die Suid-
           Afrikaanse Inkomstebelastingdiens bepaal word. Verder betaal baie
           informele-sektor-werkers, veral dié in kleinhandel, BTW op hulle aankope.

           *Skadu-ekonomie: Die bydrae daarvan is nie bekend nie.

                 [Bron: news.uct.ac.za/ https://www.google.com/search?q=informal+trading+cartoon]

         2.5.1       Gee 'n ander naam vir die informele sektor uit die uittreksel.       (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Waarom het die handelaar in die spotprent nie 'n permit nie? (1 x 1)               (1)

         2.5.3       Haal EEN gevolg uit die uittreksel aan vir die handelaar wat nie 'n
                     permit het nie.                                             (1 x 1)                (1)

         2.5.4       Waarom word daar verkeerdelik na mense in die informele sektor as
                     werkloos verwys?                                          (1 x 2)                  (2)

         2.5.5       Hoe trek die ekonomie voordeel uit die informele sektor?             (2 x 2)       (4)

         2.5.6       Stel DRIE aansporings voor wat die regering kan verskaf om die
                     informele sektor te reguleer.                            (3 x 2)                   (6)
                                                                                                        [60]

                                                                      TOTAAL AFDELING A:                120

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V2                               16                                        DBE/2023
                                         SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     AGTERGRONDINLIGTING OOR ODENDAALSRUS

Koördinate: 27°52'S; 26°41'O

Odendaalsrus is die oudste goudmynboudorpie in die Goudveld van die Vrystaat in
Suid-Afrika.

Die dorpie was eens op 'n tyd slegs 'n verskeidenheid plase met 'n sentrale kerk. Toe
goudafsettings egter in 1946 gevind is, het Odendaalsrus sy plek op die kaart verdien,
wat 'n aantal setlaars gelok het wat deel van die goudstormloop wou wees. Dit is waar
die rykste goudrif ter wêreld ontdek is.

                                 [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=odendaalsrus]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                     AFRIKAANS
River                                       Rivier
Bridge                                      Brug
Furrow                                      Voor

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V2                                   17                                  DBE/2023
                                             SS/NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.1.1       Wanneer 'n oppervlakte op die kaart bereken word, word die skaal
                     gebruik om die …

                     A   gebied op die topografiese kaart te verteenwoordig.
                     B   oppervlakte in werklikheid te bereken.
                     C   gebied op die ortofotokaart te verteenwoordig.
                     D   hoogte van die gebied in werklikheid te bereken.          (1 x 1)       (1)

         3.1.2       Bereken die oppervlakte wat in rooi/swart op die topografiese kaart
                     in km² afgebaken is.

                     Gebruik die volgende inligting:

                     Lengte gemeet (kaartafstand) = 3,7 cm

                     Formule: Oppervlakte = Lengte (L) x Breedte (B)               (4 x 1)       (4)

         3.1.3       Die ware peiling vanaf trigonometriese baken 286 (F) in blok B4 na
                     punthoogte 1 357 (G) in blok C5 is (161°/342°).              (1 x 1)        (1)

         3.1.4       Bereken die magnetiese deklinasie van Odendaalsrus vir 2023.
                     Gebruik die inligting en stappe wat hieronder gegee word.

                     Verskil in jare: 3 jaar
                     Gemiddelde jaarlikse verandering: 10' weswaarts
                     Totale verandering:
                     Magnetiese deklinasie vir 2023:                               (3 x 1)       (3)

         3.1.5       Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.3 en 3.1.4 en bereken die
                     magnetiese peiling vir 2023.

                     Formule:
                     Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie
                                                                                   (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V2                                   18                                      DBE/2023
                                             SS/NSS

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na die Phakisa-motorrenbaan (H) in blok B3 en C3 op die
         topografiese kaart.

         3.2.1       (a)   In watter grondgebruiksone is die renbaan geleë?            (1 x 1)       (1)

                     (b)   Hoe verminder die ligging van die renbaan moontlike
                           omgewingsongeregtighede teenoor die inwoners van
                           Odendaalsrus?                               (1 x 2)                       (2)

         Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

         3.2.2       (a)   Die hoof- primêre aktiwiteit by 6 op die ortofotokaart is
                           (mynbou/steengroefuitgrawing).                     (1 x 1)                (1)

                     (b)   Gee bewyse uit die topografiese kaart om jou antwoord op
                           VRAAG 3.2.2(a) te staaf.                           (1 x 2)                (2)

                     (c)   Identifiseer die vervoerinfrastruktuur wat die hoof- primêre
                           aktiwiteit by 6 op die ortofotokaart ondersteun.      (1 x 1)             (1)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.2.3       (a)   Identifiseer hoofstraatpatroon I in blok A1 en A2.          (1 x 1)       (1)

                     (b)   Waarom word die straatpatroon, in VRAAG 3.2.3(a)
                           geïdentifiseer, met verkeersopeenhoping geassosieer? (1 x 2)              (2)

                     (c)   Hoe het die topografie die uitleg van die straatpatroon, in
                           VRAAG 3.2.3(a) geïdentifiseer, beïnvloed?            (1 x 2)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Geografie/V2                                    19                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         Verwysingsinligting X en Y is uittreksels uit die Odendaalsrus topografiese
         kaart wat verskillende tipes data aandui.

         3.3.1       (a)   Die ligging van J is (ruimtelike/attribute) data.          (1 x 1)    (1)

                     (b)   Gee die ruimtelike data van J in grade en minute.          (2 x 1)    (2)

                     (c)   Hoe help verwysingsinligting X om die attribute data van die
                           pad in uittreksel Y te identifiseer?                  (1 x 2)         (2)

         3.3.2       (Ruimtelike resolusie/Afstandwaarneming) word gebruik om inligting
                     van 'n afstand in te samel.                               (1 x 1)           (1)

         3.3.3       Wat is die voordeel daarvan om inligting vir die aktiwiteit by 6 op die
                     ortofotokaart van 'n afstand in te samel?                        (1 x 2)    (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:           30
                                                                        GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — Geography · QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — Geography · QP · 2023
- [Geography P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
