# Geography Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2015-afr/24e042bf-3211-48b1-8771-19cdb18a1b0d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC November 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2015-afr/24e042bf-3211-48b1-8771-19cdb18a1b0d)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V2

                                  NOVEMBER 2015

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

                     VRAAGNOMMER           V1   V2    V3   V4   TOT
                     NASIENER
                     MODERATOR
                     PUNT BEHAAL
                     TOTAAL                15    20   25   15       75

                       Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en
                        1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 2                         DBE/November 2015
                                            NSS

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 3126DD QUEENSTOWN

2.       Ortofotokaart 3126 DD 13 QUEENSTOWN

3.       LET WEL:       Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                        word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (3126DD
         QUEENSTOWN) en 'n ortofotokaart (3126 DD 13 QUEENSTOWN) van 'n
         gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk
         en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
         NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
         hiervoor toegeken word.

7.       Dui die maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.       Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                           AFRIKAANS
          Aerodrome                         Vliegveld
          Caravan Park                      Karavaanpark
          College                           Kollege
          Diggings                          Uitgrawings
          Golf Course                       Gholfbaan
          Gorge                             Ravyn (Kloof)
          Holiday Resort                    Vakansieoord
          Purification Plant                Watersuiweringsaanleg
          River                             Rivier
          Sewage Works                      Rioolwerke
          Yacht Club                        Seiljagklub

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  3                              DBE/November 2015
                                             NSS

                      ALGEMENE INLIGTING OOR QUEENSTOWN

                                                   • QUEENSTOWN

Koördinate: 31°54'S 26°53'O

Queenstown is 'n dorp in die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Dit lê aan die Komanirivier, wat
deel van die Groot-Keirivierstelsel uitmaak. Queenstown het 'n verfrissende klimaat en
oorvloedige watervoorraad uit die omliggende ruwe berge. Die water word opgegaar in
die Bonkolo-dam (die naam is onlangs vanaf Bongolo-dam verander), wat tussen die
heuwels geleë is. Die dam word op groot skaal vir ontspanning en watersport gebruik.
Naby Queenstown is 'n natuurreservaat (Lawrence de Lange Nature Reserve) met
talle wildsbokke, witrenosters en pragtige blomplante, asook panoramiese uitsigte
vanaf die bergpiek. Queenstown het ryk sandsteenlae wat deur kronkelende riviere op
die vloedvlakte afgeset is. Queenstown se uitleg weerspieël sy oorspronklike doel as 'n
verdedigingsvesting vir die grensgebied en het 'n baie ongewone uitleg. Daar is 'n
sentrale heksagonale gebied waarvandaan kanon- of geweervuur deur ses deurgange,
wat vanaf die middel uitloop, gerig kon word.

                            [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Queenstown, Eastern Cape]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 4                        DBE/November 2015
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3126DD
QUEENSTOWN, sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde
gebied. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag.

1.1     Die belangrikste stad wat Queenstown van hawefasiliteite voorsien, is …

        A      Port Elizabeth.
        B      Durban.
        C      Oos-Londen.
        D      Kaapstad.

1.2     Stroom L is 'n niestandhoudende rivier wat teen 'n steil gradiënt afloop.
        Die stroomvloei van stroom L word deur … vloei gedomineer.

        A      turbulente
        B      laminêre
        C      reguit-
        D      kronkelende

1.3     Die heksagonale vorm in gebied 1 op die ortofotokaart is oorspronklik
        ontwerp …

        A      om verkeersopeenhoping te verminder.
        B      om heuwelagtige gebiede te vermy.
        C      vir verdedigingsdoeleindes.
        D      om estetiese trefkrag te skep.

1.4     Ontspanningsverskynsel 2 op die ortofotokaart is 'n …

        A      voetslaanpad.
        B      sokkerveld.
        C      park.
        D      gholfbaan.

1.5     Verskynsel 3 op die ortofotokaart is 'n …

        A      fabriek.
        B      winkelsentrum.
        C      gemeenskapsentrum.
        D      skool.

1.6     Die verskynsel by ruitverwysing 31°57'42"S 26°56'17"O/31°57,7'S 26°56,3'O
        is 'n …

        A      voetslaanpad.
        B      dam.
        C      niestandhoudende rivier.
        D      kontoerlyn.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                          DBE/November 2015
                                            NSS

1.7     Die kontoerinterval op die ortofotokaart is … meter.

        A      5
        B      10
        C      15
        D      20

1.8     Geen verdere uitbreiding van Queenstown in 'n … rigting is moontlik nie.

        A      suidwestelike
        B      suidoostelike
        C      noordwestelike
        D      noordoostelike

1.9     Queenstown het heuwelagtige gebiede noord en suid van die dorp en kan dus
        as 'n … dorp beskou word.

        A      poort-
        B      mynbou-
        C      aansluitings-
        D      opvoedkundige

1.10    Bome kom op die helling voor wat na Berry Reservoir (15 op die ortofotokaart)
        front, want die helling front …

        A      noordwes.
        B      suidoos.
        C      noordoos.
        D      suidwes.

1.11    Die windrigting by V in blok A10 op die topografiese kaart is van …

        A      noordoos na suidwes.
        B      noordwes na suidoos.
        C      suidoos na noordwes.
        D      noordwes na suidwes.

1.12    Die grondgebruiksone by M in blok E8 op die topografiese kaart is …

        A      residensieel.
        B      industrieel.
        C      kommersieel.
        D      vir ontspanning.

1.13    Lyn K, 'n hoogliggende gebied in blok I5 op die topografiese kaart, stel
        'n ... voor.

        A      waterskeiding
        B      bekken
        C      interfluviale rif
        D      vallei

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  6                         DBE/November 2015
                                             NSS

1.14    Die werklike afstand na Whittlesea vanaf punthoogte 1076 in blok J1 op die
        topografiese kaart is … kilometer.

        A      21,3
        B      22,3
        C      20
        D      21,6

1.15    Watter letter (A, B, C of D) in die ruit hieronder stel die kaart/gebied suidwes
        van 3126DD QUEENSTOWN voor?

                      25 °            26 °               27 °
               31 °

               32 °

               33 °
                                                                                (15 x 1)       [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   7                         DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Bereken die grondoppervlakte in m2 wat deur verskynsel 4 op die
         ortofotokaart gedek word. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
         toegeken word.

         Formule: Oppervlakte = lengte × breedte

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (4 x 1)                       (4)

2.2      Verwys na die magnetiese deklinasie op die topografiese kaart en
         beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1       Bereken die magnetiese deklinasie van Queenstown vir 2015. Toon
                     ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                     Verskil in jaar: ___________________________________________

                     Gemiddelde jaarlikse verandering: ___________________________

                     Totale verandering: _______________________________________

                     Magnetiese deklinasie vir 2015: _____________________________

                                                     _____________________________
                                                                             (4 x 1)            (4)

         2.2.2       Verduidelik waarom dit belangrik is om die magnetiese deklinasie te
                     korrigeer as jy 'n topografiese kaart en 'n magnetiese kompas op 'n
                     voetslaanroete gebruik.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    8                           DBE/November 2015
                                               NSS

2.3      Vind punt 5 en 6 op die ortofotokaart.

         2.3.1       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen punt 5 en punt 6 op die
                     ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
                     toegeken word.

                                          vertikale interval (VI)
                     Formule: Gradiënt =
                                       horisontale ekwivalent (HE)
                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (4 x 1)                    (4)

         2.3.2       Verduidelik waarom jou antwoord op VRAAG 2.3.1 'n steil gradiënt
                     aandui.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                    (1)

         2.3.3       Hulle beplan om 'n pad te bou om die Lawrence de Lange Nature
                     Reserve (naam op kaart) vir toerismedoeleindes met die Bonkolo
                     Dam (naam op kaart) te verbind. Dit word met lyn N op die
                     topografiese kaart aangedui. Die gradiënt van Long Hill Ridge (naam
                     op kaart), wat in VRAAG 2.3.1 bereken is, skep 'n uitdaging vir siviele
                     ingenieurs. Noem TWEE metodes wat siviele ingenieurs kan gebruik
                     om hierdie uitdaging te oorkom.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     9                           DBE/November 2015
                                                NSS

2.4      Bestudeer deursnit A en B hieronder.

         2.4.1       Watter deursnit, A of B, stel 'n deursnit vanaf punt 7 na punt 8 op die
                     ortofotokaart voor?

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                     (1)

         2.4.2       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.1.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                     (2)

         2.4.3       Identifiseer die landvorm wat deur die deursnit geïllustreer word.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                     (1)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                        DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Bestudeer die tabel hieronder wat die gemiddelde maandelikse neerslag vir
         Queenstown aantoon en beantwoord die vrae wat volg.

      Maand           Jan. Feb. Mrt. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des. Totaal

 Neerslag (mm)        69    79   74    38   20      13   8   15   28   41    58     71     514

         3.1.1       Bereken die gemiddelde jaarlikse neerslag vir Queenstown.

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                  (2)

         3.1.2       Queenstown het oor die algemeen 'n lae jaarlikse reënval. Noem
                     TWEE maatreëls wat mense in die gebied getref het om hierdie
                     watertekort te bestuur.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                  (2)

3.2      Indien Queenstown uiters hoë reënval binne 'n kort tydperk sou kry,
         verduidelik waarom die moontlikheid van oorstroming in die noordoostelike
         deel van die dorp (Queenstown) sal toeneem.

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (1 x 2)                        (2)

3.3      Verwys na Queenstown se ligging in 'n vallei en gee redes waarom dit gereeld
         gedurende winternagte ryp kry.

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (2 x 2)                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   11                         DBE/November 2015
                                              NSS

3.4      Verwys na die Klaas Smitsrivier (wat tussen blok G1 en J6 vloei) en
         beantwoord die vrae wat volg.

         3.4.1       Gee die algemene vloeirigting van die Klaas Smitsrivier tussen blok
                     G1 en J6.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                  (1)

         3.4.2       Watter EEN van die dwarsprofiele (1, 2 of 3) hieronder is 'n
                     voorstelling van lyn O-P in blok H1 en H2? Verduidelik jou antwoord.

                     Dwarsprofiel (1, 2 of 3): ___________________________________

                     Verduideliking: ___________________________________________

                                   ___________________________________________

                                   ___________________________________________
                                                                         (1 + 2)                 (3)

3.5      Die tabel hieronder is bedoel om die algemene kenmerke van
         grondgebruiksone 1 en 9 op die ortofotokaart aan te dui. Vergelyk hierdie
         grondgebruiksones deur die tabel hieronder te voltooi.

                                       GRONDGEBRUIK-              GRONDGEBRUIK-
                                          SONE 1                     SONE 9
         3.5.1       Tipe
                     grondgebruik- ____________________ ____________________
                     sone                          (1 x 1)              (1 x 1)
         3.5.2       Hoof-
                     straatpatroon ____________________ ____________________
                                                   (1 x 1)              (1 x 1)                   (4)

3.6      Vind die N6-snelweg wat 10 op die ortofotokaart gemerk is.

         3.6.1       Benoem die N6 waar dit deur The Hexagon (naam op kaart) gaan.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                  (1)

         3.6.2       Noem EEN ekonomiese voordeel van die N6 vir Queenstown.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               12                         DBE/November 2015
                                          NSS

3.7      Verwys na blok A7 tot A10 en B7 tot B10 op die topografiese kaart.

         3.7.1   Noem TWEE fisiese faktore wat boerdery in die noordoostelike
                 gedeelte van die gekarteerde gebied bevoordeel.

                 ________________________________________________________

                 ________________________________________________________
                                                                    (2 x 1)                  (2)

         3.7.2   Verduidelik hoe infrastruktuur boerdery bevoordeel in die gebied wat
                 deur blok A7 tot A10 en B7 tot B10 gedek word.

                 ________________________________________________________

                 ________________________________________________________

                 ________________________________________________________

                 ________________________________________________________
                                                                    (1 x 2)                  (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   13                   DBE/November 2015
                                              NSS

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Gronderosie neem toe in die gebied wat deur blok A1 en A3 gedek word. Die
         plaaslike munisipaliteit het besluit om 'n omgewingsimpakstudie te doen om
         die invloed van mense op hierdie toename in gronderosie te evalueer.

         4.1.1       Noem TWEE maniere waarop data vir 'n omgewingsimpakstudie
                     versamel kan word.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)             (2)

         4.1.2       Hoe kan die versamelde data gebruik word om die gebiede wat
                     beïnvloed word, teen verdere gronderosie te beskerm?

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                      _______________________________________________________
                                                                        (3 x 1)             (3)

4.2      Hoe kan stads- en streeksbeplanners GIS vir die ontwikkeling van 'n
         beplande winkelsentrum by W in blok F4 gebruik?

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________
                                                                  (2 x 2)                   (4)

4.3      Die sketskaart op die volgende bladsy is 'n planaansig van 'n gedeelte van
         die beboude gebied van Queenstown en die omliggende gebiede.

         4.3.1       Wat is attribute data?

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)             (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        14                         DBE/November 2015
                                                   NSS

           4.3.2         Gebruik die simbole in die sleutel onder die kaart om die ligging
                         (posisie) van die volgende attribute data vir Queenstown op die
                         sketskaart aan te dui:

                         (a) Berryʹs Reservoir (opgaardam)
                         (b) Lawrence de Lange Nature Reserve (natuurreservaat)
                         (c) Cemetery (begraafplaas)

               26º51'E                             1 : 50 000                           26º55'E

 30º52'S                                                                                          30º52'S

                                                                        x

 30º54'S                                                                                          30º54'S

               26º51'E                                                                 26º55'E
                          SLEUTEL:

                                                                                         (3 x 1)            (3)

           4.3.3         Gee die ruimtelike ligging (posisie) van die voetslaanpad by punt X op
                         die sketskaart hierbo.

                         _______________________________________________________

                         _______________________________________________________
                                                                            (2 x 1)                     (2)
                                                                                                        [15]

                                                                                    TOTAAL:             75

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                 DBE/November 2015
                                      NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Geography P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2012-afr/ee0b02e1-f25b-4dc9-84c2-7d903e6063c1) — Geography · QP · 2012 · Afr
- [Geography P2 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2019-memo-afr/10542b9b-f976-49f5-ac40-6c614f7c9714) — Geography · Memo · 2019 · Afr
- [Geography P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2016-memo-eng/9dde3cb5-b83e-497e-bc62-612e245f442a) — Geography · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
