# Geography Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-afr/a2ac726b-16c1-4f26-a6f3-ada7c694c70f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-afr/a2ac726b-16c1-4f26-a6f3-ada7c694c70f)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                      GEOGRAFIE V2

                                      NOVEMBER 2017

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

        M     In     SM     In   DM    In   CM    In   IM    In   MC   EA   EX    RM         In
V1
V2
V3
V4
TOT

                          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en
                            1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 2                         DBE/November 2017
                                            NSS

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2627CD PARYS

2.       Ortofotokaart 2627 CD 19 PARYS

3.       LET WEL:       Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                        word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies op die
         voorblad.

2.       Beantwoord AL die vrae in die spasies wat in hierdie vraestel voorsien word.

3.       Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS) en 'n
         ortofotokaart (2627 CD 19 PARYS) van 'n gedeelte van die gekarteerde
         gebied.

4.       Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.       Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle
         rofwerk en berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel
         losmaak NIE.

6.       Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat voorsien word, waar van
         toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

7.       Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan.
         GEEN punte sal vir antwoorde met verkeerde eenhede toegeken word NIE.

8.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.

9.       Die gebied wat in ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
         gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

10.      Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
         topografiese kaart getoon:

          ENGLISH                           AFRIKAANS
          Aerodrome                         Vliegveld
          Caravan Park                      Karavaanpark
          Diggings                          Uitgrawings
          Golf Course                       Gholfbaan
          Gap                               Poort
          Holiday Resort                    Vakansieoord
          Island                            Eiland
          Purification Plant                Watersuiweringsaanleg
          River                             Rivier
          Sewage Works                      Rioolwerke
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   3                                DBE/November 2017
                                              NSS

                         ALGEMENE INLIGTING OOR PARYS

Parys is 'n dorp in die Vrystaat in Suid-Afrika. Dit lê aan die oewer van die Vaalrivier
ongeveer 115 km suid van Johannesburg. Die voltooiing van die spoorlyn na Parys in
1905 het Parys skielik meer toeganklik vir die publiek gemaak en dit het weer daartoe
gelei dat die dorp as 'n vakansieoord en nywerheidsentrum gegroei het. Baie kunstenaars
het hulle in die dorp gevestig en die verskeidenheid nuwe, interessante winkels en
besienswaardighede maak dit die ideale wegbreek van Gauteng en ander groot
sentrums. Parys is in die Vredefortkoepel-Wêrelderfenisterrein geleë. Die Vredefortkrater
is die grootste erkende impakkrater op Aarde. Die Vredefortkoepel is by die lys van
UNESCO se Wêrelderfenisterreine gevoeg as gevolg van die geologiese belang daarvan.

                                             PARYS      .

Koördinate: 26°54'S 27°27'O

                             [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Parys, South Africa, Freestate]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 4                           DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2627CD PARYS), sowel as
die ortofotokaart van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie
opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord
en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.

1.1     Die hoofnywerheidstreek die naaste aan Parys is die …-nywerheidstreek.

        A      Port Elizabeth-Uitenhage
        B      Durban-Pinetown
        C      Wes-Kaap
        D      Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging

1.2     Die topografiese kaart noordwes van Parys is tussen die volgende breedtelyne
        geleë:

        A      27°00'S en 27°15'S
        B      26°30'S en 26°45'S
        C      26°00'S en 27°00'S
        D      26°15'S en 26°30'S

1.3     Die hoogte van die indekskontoerlyn in blok D5 is … meter.

        A      1 500
        B      1 400
        C      1 600
        D      1 530

1.4     'n Menslike faktor wat verdere uitbreiding van Parys in 'n noordwestelike rigting
        beperk, is die …

        A      permanente rivier.
        B      internasionale grens.
        C      provinsiale grens.
        D      steil gradiënt.

1.5     Die windpomp K in blok I2 is langs die rivier geleë, want hierdie gebied het
        'n …-watertafel.

        A      hoë droë-seisoen
        B      hoë nat-seisoen
        C      lae droë-seisoen
        D      lae nat-seisoen

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                         DBE/November 2017
                                            NSS

1.6     Die verskynsel by 26°49'48"S 27°21'54"O/26°49,8'S 27°21,9'O:

        A      Staproete
        B      Standhoudende water
        C      Bewerkte land
        D      Sekondêre pad

1.7     Die ligging van die boomlandskap in blok B9 is deur die … beïnvloed.

        A      katabatiese vloei
        B      anabatiese vloei
        C      termiese gordel
        D      hellingsaspek

1.8     Die gedeelte van die Vaalrivier in die gekarteerde gebied toon eienskappe wat
        tipies van … is.

        A      die middel- en benedeloop
        B      slegs die boloop
        C      die bo- en benedeloop
        D      slegs die benedeloop

1.9     Die landvorm by lyn 4 op die ortofotokaart is 'n …

        A      uitloper.
        B      vallei.
        C      rug/rif.
        D      poort.

1.10    Die stukke grond in blok F9 is langwerpig (lank en smal). Die belangrikste rede
        vir hierdie vorm is om toegang tot (die) … te hê.

        A      water
        B      vrugbare grond
        C      gelyke grond
        D      brandstof

1.11    Die pad by 3 op die ortofotokaart is 'n …

        A      ander pad.
        B      hoofverkeersroete.
        C      sekondêre pad.
        D      hoofweg.

1.12    Die bewerkte land by 5 op die ortofotokaart kan uitgeken word aan die …
        daarvan.

        A      donkerder skakering
        B      gladde tekstuur
        C      skaduwee
        D      vorm

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                6                          DBE/November 2017
                                           NSS

1.13    Verwys na die omliggende gebied by 15 op die ortofotokaart. Die vertikale
        lugfoto wat gebruik is om die ortofotokaart te produseer, is tussen … geneem.

        A      12:00 en 14:00
        B      14:00 en 16:00
        C      10:00 en 12:00
        D      08:00 en 10:00

1.14    Die nedersettingspatroon by L in blok D2 is …

        A      rond.
        B      lineêr.
        C      saamgetros.
        D      verspreid.

1.15    Die natuurlike watersuiweringsverskynsel in blok J2 en J3 is 'n …

        A      windpomp.
        B      bewerkte land.
        C      moeras en vlei.
        D      uitgrawing.

                                                                                  (15 x 1)       [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    7                        DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

2.1      Verwys na blok D3 en E3.

         2.1.1       Bereken die vertikale interval (VI) tussen M en punthoogte 1 395 in
                     meter. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken
                     word.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                  (1)

         2.1.2       Bereken die horisontale ekwivalent (HE) tussen M en
                     punthoogte 1 395 in meter. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                     berekeninge toegeken word.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                 (2)

         2.1.3       Gebruik die inligting in VRAAG 2.1.1 en 2.1.2 en bereken die
                     gemiddelde gradiënt tussen M en punthoogte 1 395. Toon ALLE
                     berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                              vertikale interval (VI)
                     Formule: Gradiënt =
                                           horisontale ekwivalent (HE)

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                                 8                        DBE/November 2017
                                                                            NSS

                                        2.1.4       Sal die gradiënt wat in VRAAG 2.1.3 bereken is, tot 'n lae of hoë
                                                    stroomsnelheid lei? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                                                    Antwoord: ______________________________________________

                                                    Rede:     ________________________________________________

                                                              ________________________________________________

                                                              ________________________________________________
                                                                                                         (2 x 1)              (2)

2.2                                     Verwys na lyn 6 tot 7 op die ortofotokaart.

      Skaal: 1 cm verteenwoordig 10 m

                                           1400 m    1405 m     1405 m                                                       1380 m

                                        2.2.1       Gebruik die afgemerkte punte onder die horisontale as van die
                                                    deursnit om die deursnit tussen 6 en 7 hierbo te voltooi. Party
                                                    hoogtes is ingesluit om jou te help.                   (4 x 1)            (4)

                                        2.2.2       Dui die posisie van die Pelgrimsrus-plaasopstal op die voltooide
                                                    deursnit in VRAAG 2.2.1 aan.                             (1 x 1)          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    9                           DBE/November 2017
                                               NSS

         2.2.3       Bereken die vertikale vergroting van die deursnit wat in VRAAG 2.2.1
                     geteken is. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
                     toegeken word.

                                                        vertikale skaal (VS)
                     Formule: Vertikale vergroting =
                                                       horisontale skaal (HS)

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (4 x 1)                     (4)

2.3      Verwys na die ortofotokaart en die topografiese kaart.

         2.3.1       Die magnetiese deklinasie van die ortofotokaart vir 1980 word as
                     17°50ʹ wes van Ware Noord gegee. Is die magnetiese deklinasie van
                     die ortofotokaart groter of kleiner as die magnetiese deklinasie wat op
                     die topografiese kaart aangedui word?

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                     (1)

         2.3.2       Gee 'n rede vir die verskil in die magnetiese deklinasie tussen die
                     topografiese kaart en die ortofotokaart.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (2 x 1)                     (2)

         2.3.3       Hoekom is dit vir 'n stapper belangrik om die magnetiese deklinasie te
                     korrigeer?

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 1)                     (1)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                     DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1      Verwys na blok E4 en F3.

         3.1.1       Noem die dreineerpatroon in hierdie gebied.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)               (1)

         3.1.2       Verwys na die topografiese kaart en verduidelik waarom die
                     dreineerpatroon wat in VRAAG 3.1.1 genoem is, ontwikkel het.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 2)               (2)

         3.1.3       Is die dreineerdigtheid van hierdie gebied hoog of laag? Gee EEN
                     rede vir jou antwoord.

                     Dreineerdigtheid: ________________________________________

                     Rede: _________________________________________________

                           _________________________________________________

                           _________________________________________________

                           _________________________________________________
                                                                        (1 + 2)               (3)

3.2      Verwys na die plaasopstal by O in blok G2.

         3.2.1       Is die plaasopstal by O 'n waterpuntnedersetting           of    'n
                     droëpuntnedersetting? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                     Antwoord: ______________________________________________

                     Rede: _________________________________________________

                           _________________________________________________

                           _________________________________________________
                                                                         (1 + 2)              (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    11                            DBE/November 2017
                                               NSS

         3.2.2       Noem en verduidelik EEN mensgemaakte                   faktor   wat   die
                     standplaaskeuse vir die plaasopstal bepaal het.

                     Mensgemaakte faktor: ____________________________________

                     Verduideliking: __________________________________________

                                     __________________________________________

                                     __________________________________________
                                                                          (1 + 2)                    (3)

3.3      Verwys na blok G9 en G10 wat die landelik-stedelike oorgangsone van
         Parys is.

         3.3.1       Noem EEN aktiwiteit/diens in blok G9 en/of blok G10 wat in die
                     landelik-stedelike oorgangsone voorkom.

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                      (1)

         3.3.2       Verduidelik waarom die aktiwiteit/diens wat in VRAAG 3.3.1 genoem
                     is, in die landelik-stedelike oorgangsone geleë is.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                       (2)

3.4      Al is West End (W) in blok H7 naby aan die SSK geleë, ondervind dit baie laer
         gemiddelde temperature as wat verwag word.

         3.4.1       Gee en verduidelik EEN rede vir die stelling hierbo.

                     Rede: _________________________________________________

                     Verduideliking: __________________________________________

                                     __________________________________________

                                     __________________________________________
                                                                          (1 + 2)                    (3)

         3.4.2       Beskryf EEN klimatologiese nadeel vir mense wat in West End woon.

                     _______________________________________________________

                     ______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 2)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  12                  DBE/November 2017
                                             NSS

3.5      Die gekarteerde gebied ontvang seisoenale reën. Gee TWEE bewyse in die
         topografiese kaart om hierdie stelling te ondersteun.

         _____________________________________________________________

         _____________________________________________________________

         _____________________________________________________________

         _____________________________________________________________
                                                                  (2 x 1)                (2)

3.6      Parys is 'n gewilde vakansieoord.

         3.6.1       Gee EEN rede waarom Parys 'n gewilde vakansiebestemming
                     geword het.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 1)           (1)

         3.6.2       Verduidelik die positiewe invloed wat Parys, as 'n gewilde
                     vakansiebestemming, op die plaaslike ekonomie het.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                       (1 x 2)           (2)
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    13                       DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1      Parys is in die Vredefortkrater geleë. Geoloë is voortdurend besig met
         navorsing en data-insameling.

         4.1.1       Word die data wat ingesamel word, as primêre of sekondêre data
                     beskou?

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                  (1)

         4.1.2       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.1.1.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 2)                  (2)

         4.1.3       Verduidelik hoe afstandswaarneming geoloë verder met hulle
                     navorsing kan help.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (2 x 2)                  (4)

4.2      Verwys na blok J8. Bufferskepping speel 'n belangrike rol om nedersettings
         teen oorstromings te beskerm.

         4.2.1       Definieer die term bufferskepping.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                  (1)

         4.2.2       Daar is geen bewys van bufferskepping tussen die Vaalrivier en Parys
                     in blok G7 en G8 nie. Gee 'n rede vanaf die topografiese kaart om
                     hierdie stelling te ondersteun.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 2)                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    14                       DBE/November 2017
                                               NSS

         4.2.3       Verduidelik waarom daar geen bufferskepping tussen die Vaalrivier
                     en Parys in blok G7 en G8 plaasvind nie.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 2)                  (2)

4.3      Verwys na die ruwe skets hieronder, 'n vergrote weergawe van blok F8.
         (Die eksaminator se skets van blok F8 is nie volgens skaal geteken nie.)

                                                                  1
                                                     2

                                                             ....
                                                             ..
                                                              1
                                               2

         Verwysing:

         1 – Boorde en wingerde
         2 – Bewerkte grond

         4.3.1       GEEN standaardisering van data vind in die skets plaas NIE.

                     Gee 'n rede om hierdie stelling te ondersteun.

                     _______________________________________________________

                     _______________________________________________________
                                                                        (1 x 1)                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 15                       DBE/November 2017
                                            NSS

         4.3.2       Standaardiseer die data in die skets hieronder deur die gepaste
                     gestandaardiseerde konvensionele tekens (kaarttekens) vir 'n
                     1 : 50 000 topografiese kaart te gebruik.

                                                                             (2 x 1)      (2)
                                                                                          [15]

                                                                           TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                     DBE/November 2017
                                      NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Geography P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-preparatory-2017-question-paper/f10c44af-c6b5-46ce-8b6c-6feb8886e190) — Geography · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P2 May June 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-afr/f012c241-aded-4c7e-abe0-eb05d080d393) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e) — Geography · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
