# Geography Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2018-final-memo-afr/552f5a43-9336-4716-b67f-33ab12c7058e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2018-final-memo-afr/552f5a43-9336-4716-b67f-33ab12c7058e)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIORSERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V2

                                 NOVEMBER 2018

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 75

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                           DBE/November 2018
                                     NSS-Nasienriglyne

BRONMATERIAAL

1.       'n Uittreksel uit topografiese kaart 2930CB PIETERMARITZBURG.

2.       Ortofotokaart 2930 CB 8 PIETERMARITZBURG.

3.       LET WEL:      Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
                       word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die
       voorblad.

2.     Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf is.

3.     Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB
       PIETERMARITZBURG) en 'n ortofotokaart (2930 CB 8 PIETERMARITZBURG)
       van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.     Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
       eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.     Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en
       berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.

6.     Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van
       toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

7.     Dui die maateenheid in jou finale antwoord van die berekeninge aan, bv.
       10 km; 2,1 cm.

8.     Jy mag 'n nieprogrameerbare sakrekenaar gebruik.

9.     Jy mag van 'n vergrootglas gebruik maak.

10.    Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied
       voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

11.    Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die
       topografiese kaart aangetoon.

          AFRIKAANS                         ENGELS
          Brandgordel                       Firebreak
          Gholfbaan                         Golf Course
          Hospitaal                         Hospital
          Kanaal                            Canal
          Rivier                            River
          Rioolwerke                        Sewerage Works
          Staproete                         Hiking Trail
          Uitgrawings                       Diggings
          Vliegveld                         Aerodrome
          Waterwerke                        Waterworks

Kopiereg voorbehou

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  3                                    DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

                 ALGEMENE INLIGTING OOR PIETERMARITZBURG

Pietermaritzburg (umGungundlovu) is die hoofstad van KwaZulu-Natal. Hierdie tweede
grootste stad in die provinsie is in 1838 gestig. Dit is 'n belangrike nywerheidskern in
die streek wat bekend is vir aluminium-, hout- en suiwelprodukverwerking. Dit het 'n
geskatte bevolking van 500 000 (ingeslote die omliggende townships).
Pietermaritzburg lê op die N3 nasionale roete, die hoofroete tussen die Pretoria-
Witwatersrand-Vereeniging-konurbasie en die hawestad, Durban, wat ongeveer 90 km
van Pietermaritzburg af is. Die Oribi-lughawe is net buite Pietermaritzburg geleë en
bied 'n gereelde geskeduleerde diens na die OR Tambo Internasionale Lughawe in
Johannesburg.

                                                                                            N

                               [Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/pietermaritzburg]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  4                            DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB
PIETERMARITZBURG) sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die
gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die
volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie
langs elke vraag neer.

1.1   Pietermaritzburg is die hoofstad van …

      A        Mpumalanga.
      B        KwaZulu-Natal.
      C        Vrystaat.
                                                                                                    B
      D        Limpopo.
                                                                                                
1.2   Die hawe naaste aan Pietermaritzburg is …

      A        Richardsbaai.
      B        Port-Elizabeth.
      C        Durban.
                                                                                                    C
      D        Kaapstad.
                                                                                                
1.3   As jy met die N3 in 'n noordwestelike rigting reis, sal jy die dorp/stad … bereik.

      A        New Hanover
      B        Donnybrook
      C        Merrivale
                                                                                                    D
      D        Harrismith
                                                                                                
1.4   Die ware peiling van punthoogte 1031 (K) in blok B6 vanaf peilbaken 263 (J) in
      blok D7 op die topografiese kaart is …

      A        341°.
      B        161°.
      C        140°.
                                                                                                    A
      D        19°.
                                                                                                
1.5   Die ekonomiese aktiwiteit by U in blok A12 is 'n ... aktiwiteit.

      A        primêre
      B        sekondêre
      C        tersiêre                                                                             B
      D        kwaternêre
                                                                                                
1.6     Die grondgebruiksone by 1 op die ortofotokaart is die …

      A        SSK.
      B        oorgangsone.
      C        groen gordel.                                                                        C
      D        landelik-stedelike oorgangsone.
                                                                                                
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   5                      DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

1.7   Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart is 'n …

      A        veeartsenykliniek.
      B        meenthuiskompleks.
      C        winkelsentrum.                                                                  C
      D        kantoorpark.
                                                                                           
1.8   Die helling by lyn 3 op die ortofotokaart is …

      A        konkaaf.
      B        konveks.
      C        trapvormig.                                                                     D
      D        konstant.
                                                                                           
1.9   Die hoof mensgemaakte faktor wat die standplaas van die plaasopstal by L in
      blok B9 op die topografiese kaart bepaal het, is …

      A        vervoer.
      B        'n mark.
      C        'n reservoir.                                                                   A/C
      D        gelyk grond.
                                                                                           
1.10 Die stroom-/dreineerpatroon wat gebied M in blok B10 en blok B11 op die
     topografiese kaart domineer, is 'n … patroon.

      A        sentripetale
      B        radiale
      C        reghoekige                                                                      D
      D        tralie-
                                                                                           
1.11 Die dominante straatpatroon in blok G2 op die topografiese kaart is …

      A        radiaal.
      B        onbeplan onreëlmatig.
      C        ruitvormig.                                                                     B/D
      D        beplan onreëlmatig.
                                                                                           
1.12 Die verskynsel wat die hoeveelheid water beheer wat deur die kanaal in blok H8
     op die topografiese kaart vloei:

      A        Brug
      B        Geboue
      C        Stuwal                                                                           C
      D        Helling
                                                                                           

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      6                      DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

1.13 Swartkop in blok F1 op die topografiese kaart is 'n …

      A         tafelkop/butte.
      B         tafelberg/mesa.
      C         gepunte tafelkop/butte.                                                            A
      D         spitskop.
                                                                                              
1.14 Die algemene vloeirigting van die rivier in die vallei wat deur die kronkellyn by 4
     op die ortofotokaart voorgestel word:

      A        Noord
      B        Wes
      C        Oos                                                                                B
      D        Suid
                                                                                              
1.15 Die afstand tussen T in blok A12 en New Hanover op die topografiese kaart is
     … kilometer.

      A        0,2
      B        22
      C        20,2
                                                                                                  C
      D        2
                                                                                              
                                                                                (15 x 1)          [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  7                           DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KAARTBEWERKINGS EN -TEGNIEKE

2.1   'n Toeris wat Town Hill in Pietermaritzburg besoek, het spesifieke inligting oor
      die plek se ligging nodig.

      2.1.1 Noem die topografiese kaartindeks/-kode van Pietermaritzburg.

               2930CB                                                             (1 x 1)     (1)

      2.1.2 Bepaal die ruitverwysing/koördinate van Town Hill by punt N in blok F7 op
            die topografiese kaart.

               29°35'06''S  30°21'17''O  /29°35,10'S  30°21,30'O 
               (Breedtegraad: 05'' - 07'') (Lengtegraad: 0,08' - 0,14')
               (Breedtegraad: 16'' - 18'') (Lengtegraad: 0,23' - 0,33')            (2 x 1)     (2)

      2.1.3 Die toeris wil die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 stap en wil
            'n kompas gebruik. Bereken die magnetiese afwyking vir 2018.
            Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui
            die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan.

               Verskil in jare: 2018 – 2016 = 2  jaar

               Gemiddelde jaarlikse verandering: 9'  W

               Totale verandering: 2 x 9' = 18'  W

               Magnetiese deklinasie vir 2018: 24o45' W +  18' = 25 o03' W  (5 x 1)          (5)
               [GEE PUNT VIR KORREKTE INLIGTING BENODIG OM DIE FINALE
               ANTWOORD TE BEPAAL, AL IS DIT NIE VOLGENS DIE GEGEWE
               RIGLYN NIE]

2.2   Verwys na die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 op die topografiese
      kaart.

      2.2.1 Noem die otofotokaartindeks/-kode wat die toeris sal gebruik wanneer hy
            die Voortrekker Wagon-staproete stap.

               2930 CB 7                                                          (1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        8                                     DBE/November 2018
                                            NSS – Nasienriglyne

      2.2.2 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen kontoerlyn O (hoogte 820 m) en
            die peilbaken by P op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge
            Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                                            vertikale interval (VI)
               Formule: Gemiddelde gradiënt =
                                                         horisontale ekwivalent (HE)

               VI     = 1057.9 m – 820 m                       VI   = 1057.9 m – 820 m
                      = 237,9 m                                    = 237,9 m 

               HE     = 3,9  cm x 500                         HE   = 3,9  cm x 50 000
                                                                             100
               Speling vir mate [3,8 cm – 4 cm]

                      = 1 950 m                          OF        = 1 950 m 

               Speling vir HE [1 900 m – 2 000 m]

                           237,9                                              237,9
                      =                      (Een punt vir          =                
                           1 950                                              1 950
                                                 korrekte
                          237,9                vervanging)                  237,9
                    G=                                              G=
                          1 950                                               1 950

                          1                                             1
                      =         / 1 : 8,2 / 1 in 8,2               =          / 1 : 8,2 / 1 in 8,2 
                          8,2                                           8.2

               Speling vir finale antwoord [1 : 7,9 – 1 : 8,41]                                    (5 x 1)     (5)

      2.2.3 Beskryf die kronkelroete wat die Voortrekker Wagon-staproete vanaf die
            beginpunt by O tot by die peilbaken by World's View volg.

               Volg die kronkelbaan van die uitloper 
               Staproete volg die meer geleidelike roete/Die staproete vermy die baie
               syeil hellings
               Dit is 'n makliker roete om langs te stap 
               Dit vermy die moeilike roete om deur valleie en oor uitlopers te stap 
               Die staproete volg die laagliggende gebiede 
               Die staproete is opdraand en dus makliker om 'n kronkrltoete te volg 
               Die helling is ongelyk, daarom 'n kronkelroete
               Dit gaan min-of-meer NW/N 
               Dit loop deur 'm woudlandskap 
               Dit loop verby standhoudende water/'n dam 
               Dit loop langs 'n rivier verby 
               Dit loop langs 'n reservir verby 
               Dit gaan langs monumente verby 
               Daar is 'n uitkyktoring naby aan die einde van die staproete 
               [Enige TWEE]                                                          (2 x 1)                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   9                            DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

2.3   Verwys na hoogtemerk 1060.9 by Q in blok D4 en punthoogte 1106 by R in
      blok C6 op die topografiese kaart. Die dwarssnitte hieronder verteenwoordig die
      lyn tussen Q en R.

                     X

                                       Q                                    R

                     Y

                                       Q                                     R

      2.3.1 Pas deursnitte X en Y by die vertikale vergrotings hieronder.

               25 keer: Y 

               6.25 keer: X                                                          (2 x 1)    (2)

      2.3.2 Verduidelik hoe die vertikale vergroting van dwarssnitte die interpretasie
            van landskap sal vergemaklik.

               Die vorm van verskynsels in die landskap is duideliker wanneer dit
               vertikaal vergroot word 
               Om die topografie van die landskap te verteenwoordig 
               Om die vertikale kenmerke, wat te klein is om relatief tot die vertikale
               skaal te identifiseer, te beklemtoon 
               Die vertikale vergroting help om die topografie en die gradiëntduideliker te
               kan waarneem 
               Spesifieke verskynsels is duideliker herkenbaar 
               Sonder vertikale vergroting sou die dwarssnit plat vertoon het 
               'n Groter vergroting skep 'n duideloke beeld van die landskap 
               Hoogteverskille tussen kenmerke kan duidelik waargeneem word 
               Y is duideliker as X 
               [Enige TWEE]                                                         (2 x 1)      (2)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  10                             DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1   Die valleibodem by gebied M op die topografiese kaart ervaar vroegoggend in
      die winter ryp.

      3.1.1 Benoem die plaaslike/tersiêre wind wat vir die vorming van ryp
            verantwoordelik is.

                Katabatiese/Hellingdalende/Gravitasiewind 
               Bergbries 
               [Enige EEN]                                                            (1 x 1)

      3.1.2 Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.1.1 benoem is, ryp vorm.

               Die hellings koel af en die lug in kontak met die hellings koel af 
               Die koeler lug word swaar en dig 
               Koeler lug daal teen die valleihellings af 
               Koeler lug versamel op die valleibodem/vasgekeer onder inversielaag 
               Die koue hellingdalende wind verlaag die temperatuur tot onder
               vriespunt 
               [Enige TWEE]                                                          (2 x 2)      (4)

3.2   Verwys na helling 5 (lae-inkomste residensiële gebied) en helling 6 (hoë-
      inkomste residensiële gebied) op die ortofotokaart.

      3.2.1 Verduidelik hoe hellingsaspek die standplaas van die hoë-inkomste
            residensiële gebied by gebied 6 bepaal het.

               Helling 6 front noord/noordoos en ervaar direkte sonstrale (maak dit
               warmer)                                                     (1 x 2)              (2)

      3.2.2 Gee EEN rede, sigbaar op die ortofotokaart, wat die ligging van die lae
            inkomste residensiële gebied teen helling 5 bepaal het.

               Langs die pad vir vervoer 
               Toegang tot werksplek 
               Helling wat suid front het goedkoper grond 
               In vergelyking met helling 6 het helling 5 'n meer geleidelike helling end
               dit is goedkoper/makliker om op te bou 
               Naby aan die spoorlyn 
               [Enige EEN]                                                          (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  11                            DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

      3.2.3 Stel voor hoe natuurlike plantegroei die grondwaardes van residensiële
            gebiede 5 of 6 kon beïnvloed het.

               Die plantegroei skep natuurskoon by 6 wat grondwaardes verhoog 
               OF
               Gebrek aan plantegroei by 5 verlaag die waarde van natuurskoon wat
               grondwaardes laat daal 
               Plantegroei skep skoner lug (absorbering van koolstofdioksied) wat meer
               mense trek en grondwaarde verhoog 
               Plantegroei verlaag die tempertuur op hierdie helling wat noord front
               tydens die somer 
               [Enige EEN. DIE REDES MOET NA RELEVANTE WOONGEBIED WAT
               GEKIES IS VERWYS]                                                (1 x 2)          (2)

3.3   Verwys na die Mabanerivier en die Gordon Falls (Gordon-waterval) in blok H2 op
      die topografiese kaart. Direk stroopop van die Gordon Falls kronkel die rivier en
      direk stroomaf van die Gordon Falls vloei die rivier reguit. Verduidelik die redes
      vir die verskil in die stroomkanaalpatrone van die Mabanerivier soos hierbo
      genoem.

      Stroomop van die Gordon Falls duie die groter spasie tussen die kontoerlyne dat
      die rivier oor pat grond vloe/laer vloeisnelheidi en dit veroorsaak kronkeling 
      OF
      Stroomop van die Gordon Falls is die landskap plat/laer vloeisnelheid en dit laat
      die rivier toe om te kronkel 
      Soos die water oor die waterval vloei, word dit meer energiek as gevolg van 'n
      steiler gradiënt/vinniger vloeisnelheid wat 'n meer reguit stroomkanaal stroomaf
      van Gordon Falls lei 
      OF
      Rivierverjonging stroomaf van Gordon Falls lei tot vertikale erosie en die
      gevolglike smaller vloedvlakte lei tot 'n meer reguit kanaalpatroon         (2 x 2)      (4)

3.4   Is die inkopiesentrum by 7 op die ortofotokaart 'n buurtinkopiesentrum of 'n
      streekswinkelsentrum? Gee 'n rede vir jou antwoord.

               Antwoord: Streekswinkelsentrum 

               Rede: Langs die snelweg (N3) geleë vir toeganklikheid/Naby hoofpad
                    (R56) se kruising met die N3 
                    Dit is aan die buitewyke van die stad wat tot minder verkeers-
                    opeenhopings lei en toeganklikheid verhoog 
                    Die geboue is groot 
                    Ruimte is beskikbaar vir uitbreiding 
                    Naby aan middel en hoë-inkomste klante 
                    Daar is baie paaie wat na die winkelsentrum lei vir toeganklikheid/
                    groter invloedsfeer/rykwydte 
                    Potensieel baie klante/groot drempelbevolking 
                    Groot parkeergebied 
                    [Enige EEN]                                                    (1 + 2)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                12                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

3.5   Is die nywerhede by Willowton by 8 op die ortofotokaart markgeoriënteerd of
      grondstofgeoriënteerd. Gee 'n rede vir jou antwoord.

      Antwoord: Markgeoriënteerd 

      Rede: Dit is naby aan die mark/klante/verbruikers/voorstede geleë 
            Daar is geen bewyse van grondstowwe naby Willowton nie 
            Die goeie vervoernetwerk rondom Willowton skep toeganklikheid na die
            mark toe 
            Die nabyheid aan die diensspoorlyn 
            [Enige EEN]                                                    (1 + 2)            (3)

3.6   Die steengroef by S in blok D4 op die topografiese kaart is langs die Leonard-
      residensiële gebied geleë. Stel EEN sosiale geregtigheid en EEN sosiale
      ongeregtigheid voor wat die inwoners van Leonard as gevolg van die steengroef
      kan ervaar.

      Sosiale geregtigheid Die steengroef skep werksgeleenthede vir die inwoners
                           van Leonard en verhoog hulle lewenskwaliteit 
                           Kan die veelvuldigereffek skep wat meer werks
                           geleenthede sal skep 
                           Skep meer dienste (voorbeelde) in die gebied (2)
                           Mense kan basiese bekostig omdat meer mense werk 
                           Beter infrastruktuur omdat meer paaie gebou sal word 

      Sosiale ongeregtigheid: Verskeie vorme van besoedeling sal voorkom 
                              Die gesondheid van mense (asemhalingsiektes) word
                              beïnvloed deur stof (lugbesoedeling) vanaf die
                              steengroef 
                              Mense se gehoor kan aangetas word as gevolg van die
                              geraasbesoedeling veroorsaak deur dinamiet-
                              ontploffings in die uitgrawing 
                              Grondwater kan besoedel (waterbesoedeling) wat die
                              waterkwaliteit vir mense sal verlaag 
                              Grondwaardes sal afneem omdat die estetiese
                              aantrekkingskrag van die gebied afneem 
                              Veiligheidsrisiko vir kinders wat rondom die steengroef
                              speel 
                              Vibrasies a.g.v. ontploffings mag huise beskadig 
                              Duur om infrastruktuur te herstel 
                              [Enige EEN]                                        (2 x 2)      (4)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 13                           DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSISTEME (GIS)

4.1   Verwys na blok D8 op die topografiese kaart.

      4.1.1 Noem die tipe vektordata wat in blok D8 gebruik is om die sekondêre pad
            aan te dui.

               Lyn                                                                 (1 x 1)     (1)

      4.1.2 Verduidelik die toepaslikheid daarvan om vektordata op die topografiese
            kaart te gebruik.

               Standardisering van data is       makliker, want jy kan 'n verwysing/
               sleutelgebruik om na verskynsels op die kaart te verwys 
               Die gebruik van vektordata op 'n topografiese kaart maak die interpretasie
               meer gebruikersvriendelik 
               Om data met een oogopslag te verkry (vinniger) 
               Topografiese kaarte is elektroniese weergawes van die werklikheid en
               simbole soos lyne, punte en poligone word gebruik om werklike ruimtelike
               kenmerke te verteenwoordig 
               Die gebruik van vektordata maak data-oorlegging makliker 
               Vektordata bied realistiese vorms van en afstande tussen ruimtelike
               voorwerpe 
               [Enige EEN]                                                        (1 x 2)      (2)

4.2   Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

      4.2.1 Is skaal 'n voorbeeld van attribuut- of ruimtelike data?

               Attribuutdata                                                      (1 x 1)     (1)

      4.2.2 Verduidelik die toepaslikheid van skaal tydens 'n geografiese
            navraag/probleem, bv. 'n moontlike veldbrand in blok D8 op die
            topografiese kaart.

               Skaal laat jou toe om die werklike omvang van die veldbrand te bepaal
                                                                                      
               Skaal laat jou toe om die werklike oppervlak wat deur die veldbrand
               geraak word te bepaal 
               Skaal sal die reddingswerkers help om die werklike afstand wat hulle
               moet reis te bepaal ten einde van hulp te wees 
               Bepaal die hoeveelheid watertenks wat benodig word 
               Groter skaal laat mens toe om meer detail te sien 
               Om die posisionering van die voorbrande te bepaal/bufferskepping 
               Bepaal die hoeveelheid brandbestryders wat ontplooi moet word 
               Kan die afstand na die naaste waterbron/dam bepaal 
               Kan die gradiënt wat die reddingswerkers in die gesig staar bepaal en
               hulle sodoende voorberei 
               Kan die afstand tusen die brand en geboustruture bepaal 
               Beplanning van moontlike ontsnappingsroetes 
               [Enige EEN]                                                      (1 x 2)        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   14                                DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

      4.2.3 Hoe kan die skaal van die topografiese kaart en die ortofotokaart
            gemanipuleer word om integrasie van die twee kaarte te vergemaklik?

               Pas die skaal van die topografiese kaart aan om dit dieselfde (vergroot
               die skaal) as die ortofotokaart te maak 
               Pas die skaal van die ortofotokaart aan om dit dieselfde (verklein die
               skaal) as die topografiese kaart te maak 
               Pas bie skaal van die ortofotokaart en die topografiese kaart na 'n
               gemeenskaplike skaal aan 
               (Enige EEN)                                                      (1 x 2)               (2)

4.3   Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Die statistiek hieronder
      verwys na geselekteerde woonbuurte in Pietermaritzburg en die persentasie(%)-
      toename in misdaadvlakke van 2015 tot 2016.

                   PERSENTASIE(%)-TOENAME IN MISDAADVLAKKE
        TIPE MISDAAD                    WOONBUURTE
                            Townhill     Mountain Rise  Plessislaer
                              (F7)            (F1)         (I6)
        Huisbraak            18,6%           11,3%        23,4%
        Motorskakings        100%           177,8%        36,4%
                     [Aangepas uit SAPD misdaadstatistiek 2015–16 deur Theuns Kruger, Graphic 24]

      4.3.1 Noem EEN manier waarop die data hierbo ingesamel kon word.

               Inligting vanaf polisiestasies 
               Opnames/vraelyste/onderhoude/veldwerk 
               Nasionale misdaadsyfers 
               Statistiek SA/Sensus 
               Internet 
               [Enige EEN]                                                                (1 x 1)     (1)

      4.3.2 Is die inligting in die tabel hierbo primêre data of sekondêre data?

               Sekondêre data                                                            (1 x 1)     (1)

      4.3.3 Watter tipe misdaad het die hoogste persentasietoename in hierdie
            voorstede getoon?

               Motorskakings                                                             (1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 16                           DBE/November 2018
                                       NSS-Nasienriglyne

      4.3.4 Verduidelik waarom dit belangrik is vir die welstand van die gemeenskap
            in Pietermaritzburg om hierdie data te ontleed.

               Dit kan help om te bepaal hoe gereeld misdaad voorkom 
               Dit kan die polisie help rakende die ontplooiing van offisiere 
               Identifiseer misdaadknelpunte 
               Implementeer       strategieë/moontlike    oplossings      soos   bv.    'n
               buurtwag/misdaadvoorkomingsforums 
               Identifisering van misdaadknelpunte en die implementering van strategieë
               soos buurtwagte 
               Ontplooiing van polisie 
               Ontwikkeling van voorkomingsmaatreëls/sekuriteit om die veiligheid van
               die gebied te verbeter (voorbeelde) 
               Dit kan versekeringsmaatskappye help om hulle misdaadverwante
               versekeringsbeleide geldig te verklaar 
               Help voornemende kopers om misdaadknelpunte te identifiseer 
               Belangrik om statistiek te analiseer om gebeurlikheidsplanne in plek te
               stel 
               Identifikasie van patrone en neigings om misdadigers aan te keer 
               Misdaadvoorkoming kan op meer heersende (algemene) tipes misdaad
               fokus 
               Om te bepaal watter tyd van die dag misdaad die meeste of minste is 
               [Enige TWEE]                                                        (2 x 2)    (4)
                                                                                              [15]
                                                                               TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2018-english/6e0709f3-f6fc-4b76-a7ca-db96b67a35ef) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [Geography P2 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2019-memo-afr/10542b9b-f976-49f5-ac40-6c614f7c9714) — Geography · Memo · 2019 · Afr
- [Geography P2 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2016-memo-eng/9dde3cb5-b83e-497e-bc62-612e245f442a) — Geography · Memo · 2016 · Eng
- [Geography P2 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2014-memo-afr/bc703aa9-2752-416b-b4e1-a2861f77d21d) — Geography · Memo · 2014 · Afr
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr
- [Geography P2 (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-english-june-2025-question-paper/ba0a3969-240a-4bba-bdb6-7d02a7f80205) — QP · 2025 · Eng
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — QP · 2025
- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
