# Geography Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V2

                                  NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                2                         DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

        AFDELING A:
        VRAAG 1: Landelike en Stedelike Nedersettings (60)
        VRAAG 2: Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika (60)

        AFDELING B:
        VRAAG 3: Geografiese vaardighede en Tegnieke (30)

2.      Beantwoord al DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is binne die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys
        moet maak.

10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.      'n 1 :50 000 topografiese kaart 2629DB van ERMELO en 'n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2629 DB 5 van ERMELO word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
         die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Toon ALLE berekeninge waar van toepassing. Punte sal hiervoor toegeken
         word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    3                             DBE/November 2021
                                               NSS

AFDELING A:          LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                          EN     DIE
                     EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1:             LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Daar word na die relatiewe ligging van een plek met betrekking tot
                      'n ander plek as … verwys.

                      A   standplaas
                      B   relatiewe afstand
                      C   ligging
                      D   presiese ligging

         1.1.2        Die ekonomiese sektor en ekonomiese funksie wat in landelike
                      nedersettings domineer, kan as … beskryf word.

                      A   primêr en enkelfunksioneel.
                      B   primêr en multifunksioneel
                      C   sekondêr en multifunksioneel
                      D   sekondêr en enkelfunksioneel

         1.1.3        Die tipe nedersetting hieronder geïllustreer, is 'n …

                      A   lineêre nedersetting.
                      B   droëpuntnedersetting.
                      C   verspreide nedersetting.
                      D   natpuntnedersetting.

         1.1.4        Nedersettings langs die kus het gewoonlik 'n …-vorm.

                      A   sirkel
                      B   kruis
                      C   halfsirkel
                      D   ster
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    4                                DBE/November 2021
                                               NSS

         1.1.5       Die grondgebruiksone-model hieronder kan as 'n veelvuldige
                     kernmodel geïdentifiseer word omdat dit ... het.

                                              [Bron: Eksaminator se eie skets]

                     A    konsentriese sones
                     B    baie fokuspunte
                     C    baie wigpunte
                     D    een fokuspunt

         1.1.6        Die … verwys na die aantal mense wat nodig is vir 'n besigheid om
                      'n wins te maak.

                      A   drempelbevolking
                      B   invloedsfeer
                      C   reikwydte van goedere
                      D   stedelike hiërargie

         1.1.7        Die stedelike gebied hieronder is ...

                                                     [Bron: Eksaminator se eie diagram]

                      A   stervormig.
                      B   lineêr gevorm.
                      C   kruisvormig.
                      D   sirkelvormig.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    5                           DBE/November 2021
                                               NSS

         1.1.8        Verstedeliking verwys na die …

                      A   afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon.
                      B   fisiese groei van 'n stedelike gebied.
                      C   persentasie waarmee die stedelike bevolkings toeneem.
                      D   onbeheerde uitbreiding van stedelike gebiede.          (8 x 1)            (8)

1.2      Kies EEN term/konsep vir elk van die beskrywings oor die klassifikasie van
         nedersettings. Skryf slegs die term/konsep langs die vraagnommers (1.2.1 tot
         1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 groot stad.

                      gehuggie; dorp; megalopolis; geïsoleerde plaasopstal;
                            konurbasie; klein dorpie; stad; metropool

         1.2.1        'n Nedersetting wat die kleinste in 'n hiërargie is

         1.2.2        'n Nedersetting wat 'n aaneenlopende stedelike area is en uit dorpe
                      en stede bestaan/saamgestel is

         1.2.3        'n Nedersetting wat uit 'n los groepering van 'n paar plaasopstalle
                      bestaan

         1.2.4        'n Nedersetting wat uit 'n groot stad en satellietdorpe bestaan

         1.2.5        'n Nedersetting wat 'n groot            verskeidenheid   dienste     en
                      gespesialiseerde funksies bied

         1.2.6        'n Klein stedelike nedersetting wat stedelike funksies aan die
                      omliggende landelike area bied

         1.2.7        'n Nedersetting wat uit baie konurbasies bestaan                (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        6                                DBE/November 2021
                                                   NSS

1.3       Verwys na die skets wat landelik-stedelike migrasie toon.

      [Bron: https://www.sspcr.eurac.edu/2019/07/03/special-session-on-rural-urban-relationships-for-a-better-
                                                                                     territorial-development/]

          1.3.1      Noem 'n omgewingsfaktor wat die beweging van mense van A na B
                     veroorsaak.                                            (1 x 1)                          (1)

          1.3.2      Hoe gee landelik-stedelike migrasie aanleiding tot landelike
                     ontvolking?                                           (1 x 2)                           (2)

          1.3.3      Wat is die negatiewe ekonomiese impak van landelik-stedelike
                     migrasie op nedersetting A?                           (2 x 2)                           (4)

          1.3.4      In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoekom
                     landelike migrante dit moeilik vind om in gebied B werk te kry en die
                     impak hiervan op hulle lewensgehalte.                         (4 x 2)                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 7                              DBE/November 2021
                                            NSS

1.4      Verwys na die deursnit oor stedelike grondgebruiksones.

                                 [Bron: Aangepas uit https://www.google.com/search?q=land-use/]

       1.4.1    Identifiseer die grondgebruiksone by A.                               (1 x 1)       (1)

       1.4.2    Hoe sal die afnemende toeganklikheid na grondgebruiksone A,
                pendelaars negatief beïnvloed?                        (1 x 2)                       (2)

       1.4.3    Gee TWEE redes vir die onreëlmatige vorm van die grondgebruiksone
                by B.                                                       (2 x 2)                 (4)

       1.4.4    Waarom is geboue by grondgebruiksone B in 'n vervalle (swak)
                toestand?                                             (2 x 2)                       (4)

       1.4.5    Waarom sal nuwe, hoë-inkomste residensiële ontwikkelings deur
                area C aangetrek word?                                 (2 x 2)                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   8                             DBE/November 2021
                                              NSS

1.5      Verwys na die infografika oor informele nedersettings.

               [Bron: https://www.google.com/search?q=infographic+shack+dwellers&tbm=isch&ved]

       1.5.1     Hoeveel mense in Suid-Afrika woon in hutjies ('shacks'), volgens die
                 infografika?                                                   (1 x 1)              (1)

       1.5.2     Noem TWEE voordele daarvan om in 'n agterplaashutjie te woon in
                 vergelyking met 'n informele nedersetting, volgens die infografika.
                                                                                   (2 x 1)           (2)

       1.5.3     Waarom verkies 'n groter aantal mense steeds om in informele
                 nedersettings te woon in vergelyking met agterplaashutjies? (1 x 2)                 (2)

       1.5.4     Hoe verhoog die boumateriaal van informele nedersettings die
                 kwesbaarheid (groter risiko) vir uiterste weerstoestande? (1 x 2)                   (2)

       1.5.5     Identifiseer en verduidelik EEN maatskaplike kwessie wat ontwikkel
                 het as gevolg van die groei van informele nedersettings.    (2 x 2)                 (4)

       1.5.6     Hoe kan plaaslike munisipaliteite die uitdagings geassosieer met die
                 groei van informele nedersettings, verminder?                 (2 x 2)               (4)
                                                                                                     [60]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   9                        DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1      Die foto's hieronder toon TWEE tipes boerdery. Pas die beskrywings in
         VRAAG 2.1.1 tot 2.1.7 by foto A of B. Skryf slegs die letter (A of B) langs die
         vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.8 B.

         2.1.1        Boerdery wat 'n lae opbrengs per hektaar lewer

         2.1.2        Boerdery wat op voedselsekerheid in plaaslike gemeenskappe
                      fokus

         2.1.3        Boerdery wat kapitaal-intensief is en gevorderde tegnologie
                      gebruik

         2.1.4        Boerdery wat met monokultuur geassosieer word

         2.1.5        Boerdery wat as kleinskaalse boerdery beskryf word

         2.1.6        Produkte vir tuis- en uitvoermark

         2.1.7        Word met grootskaalse boerderypraktyke geassosieer          (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        10                     DBE/November 2021
                                                   NSS

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.9 D.

         2.2.1        Die BBP is die totale waarde van …

                      A      goedere en dienste wat in een jaar in 'n land geproduseer
                             word.
                      B      goedere en dienste wat in een jaar deur permanente burgers
                             geproduseer word.
                      C      uitvoere wat in een jaar die land verlaat.
                      D      invoere wat in een jaar die land binnekom.

         2.2.2        Die konsep … word gebruik om te verwys na produkte wat in
                      Suid-Afrika verkoop word.

                      A      uitvoermark
                      B      invoermark
                      C      tuismark
                      D      internasionale mark

         2.2.3        Voedselsekerheid vind plaas wanneer …

                      A      daar 'n tekort aan voedsel is wat hongersnood veroorsaak.
                      B      daar toegang tot voldoende voedsame voedsel is.
                      C      boere droogte en gewasbesmetting (siektes) ervaar.
                      D      boere voldoende voedsel produseer.

         2.2.4        … is 'n fisiese faktor wat voedselsekerheid in Suid-Afrika
                      beïnvloed.

                      A      Navorsing
                      B      Handel
                      C      MIV/Vigs
                      D      Reënval

         2.2.5       TWEE tipes nywerhede wat met massavervoer geassosieer word:

                     (i)       Alomteenwoordig
                     (ii)      Swaar
                     (iii)     Lig
                     (iv)      Grondstof-georiënteerd

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (ii) en (iii)
                     D       (i) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                      11                     DBE/November 2021
                                                 NSS

         2.2.6       TWEE tipes nywerhede wat oor die algemeen met laer vlakke van
                     lugbesoedeling geassosieer word:

                     (i)        Alomteenwoordig
                     (ii)       Swaar
                     (iii)      Lig
                     (iv)       Grondstof-georiënteerd

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iii)
                     D       (ii) en (iv)

         2.2.7        … is 'n voorbeeld van 'n tersiêre aktiwiteit.

                      A      Mynbou
                      B      Motorvoertuigmontering
                      C      Vervoer
                      D      Inligtingstegnologie

         2.2.8        … verwys na die verskil in waarde tussen invoere en uitvoere.

                      A      Handelsooreenkoms
                      B      Handelsbalans
                      C      Plaaslike handel
                      D      Internasionale handel                                    (8 x 1)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                       12                               DBE/November 2021
                                                  NSS

2.3      Verwys na die uittreksel oor steenkoolmynbou in Suid-Afrika.

         Suid-Afrika se voorheen florerende steenkoolsektor het 'n opmerklike afname
         in beleggings oor die afgelope jare gehad volgens statistiek van die
         Mineraalraad van Suid-Afrika wat 'n R2 miljard-verlies sedert 2010 toon.
         Omdat die toekoms van Suid-Afrika se steenkoolbedryf donker lyk en
         disinvestering van steenkoolontginning wêreldwyd voortgaan, het sommige
         van Suid-Afrika se steenkoolmynmaatskappy-reuse hul ondernemings
         verkoop of is in die proses om dit te verkoop.

         Uitdagings waarvoor die steenkoolbedryf staan, sluit in 'n gewysigde
         kliëntebasis vir die land se steenkooluitvoere aangesien ontwikkelde lande na
         hernubare energiebronne beweeg. Daar is 'n vyandige befondsingsomgewing
         vir steenkoolprojekte aangesien finansiële instellings nasionaal en
         internasionaal nie meer in steenkoolprojekte belê nie as gevolg van die druk
         wat omgewingsgroepe uitoefen  ook 'n uitdaging vir nuwer
         steenkoolmynmaatskappye met minder finansiële krag as groot
         steenkoolmynmaatskappye. Mpumalanga, 'n groot steenkoolverskaffer in
         Suid-Afrika, ervaar hoë vervoerkoste. Die afname in die ontginning van
         steenkool het 'n verdere uitdaging vir steenkoolmyne in Mpumalanga geskep.
          [Bron: https://www.miningforschools.co.za/lets-explore/coal/south-african-coal-mining-today]

         2.3.1        Met hoeveel het beleggings in steenkool sedert 2010 verminder,
                      volgens die Mineraalraad van Suid-Afrika?              (1 x 1)                        (1)

         2.3.2        Volgens die grafiek, oor watter TWEE-jaar-periode is die grootste
                      afname in produksie aangeteken?                           (1 x 2)                     (2)

         2.3.3        Hoe veroorsaak die ligging van die steenkoolmyne in Mpumalanga
                      'n toename in die uitvoerkoste van steenkool?           (1 x 2)                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     13                              DBE/November 2021
                                                NSS

         2.3.4        Ten spyte van Mpumalanga se ryk steenkoolreserwes, staan die
                      steenkoolbedryf voor 'n donker toekoms. Haal redes uit die
                      uittreksel aan vir hierdie donker toekoms.            (2 x 2)                      (4)

         2.3.5        Verduidelik hoe die afname in die ontginning van steenkool 'n
                      negatiewe ekonomiese impak op Mpumalanga sal hê.       (3 x 2)                     (6)

2.4      Verwys na die infografika oor die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied
         en die Weskus Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI).

         Die Suidwestelike Kaap dra sowat 15% tot die Suid-Afrikaanse
         vervaardigingsektor  se    uitset by.   Alhoewel    die   provinsie se
         landbouverwerkingsektor veerkrag (sterkte/krag) in hierdie ekonomies
         moeilike tye getoon het, word die kernnywerheidsgebied se werklike
         ekonomie deur vervaardiging en kommersiële landbou oorheers.

         Die vervaardigingsektor in die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied
         word ondersteun deur multinasionale maatskappye wat die gebied uitgekies
         het om voordeel uit die ekonomiese geleenthede van die plaaslike ekonomie
         sowel as dié in die res van Afrika te trek. Die gebied het groot beleggings van
         verskeie maatskappye gelok.

         Om die belangrikheid van die ondersteuning van die vervaardigingsektor te
         erken, het die Suid-Afrikaanse regering verskeie aansporings vir
         vervaardigingsbeleggers begin.
                        [Aangepas uit https://www.engineeringnews.co.za/article/manufacturing-in-the
                                                                            -western-cape17-11-07]

         2.4.1        Haal bewyse uit die infografika aan wat toon dat die Suidwestelike
                      Kaapse kernnywerheidsgebied tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
                      bydra.                                                    (1 x 1)                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                        14                              DBE/November 2021
                                                   NSS

         2.4.2         Noem TWEE vervoermiddele in die infografika wat die Suidwestelike
                       Kaapse kernnywerheidsgebied vir buitelandse beleggers aantreklik/
                       aanloklik maak.                                           (2 x 1)                     (2)
         2.4.3         Die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied word deur ligte
                       nywerhede oorheers.
                       (a)   Waarom ondersteun die Suidwestelike Kaapse kern-
                             nywerheidsgebied die ontwikkeling van ligte nywerhede?(2 x 2)                   (4)

                       (b)   Gee TWEE faktore wat die ontwikkeling van swaar nywerhede
                             in die Suidwestelike Kaapse kernnywerheidsgebied beperk het.
                                                                                  (2 x 2)                    (4)
         2.4.4         Verduidelik hoe die Weskus Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI)
                       verhoogde toegang tot internasionale markte vir die Suidwestelike
                       Kaapse kernnywerheidsgebied skep.                           (2 x 2)                   (4)
2.5      Verwys na die uittreksel wat op die informele sektor gebaseer is.
                  INFORMELE SEKTOR IN 'N HAGLIKE TOESTAND; DRA EGTER
                             MILJARDE TOT DIE EKONOMIE BY
         Regering- en besigheidsingrypings gedurende die krisis het hoofsaaklik op die
         formele ekonomie gefokus; sodoende is die informele sektor geïgnoreer en is
         die kwesbaarste mense in die samelewing weerloos gelaat.
                                                         Voorbeelde sluit in kos- en vlooimarkte,
                                                         straatverkopers en wasserye, meestal in
                                                         landelike en informele nedersettings. Dit
                                                         word as informeel beskou aangesien dit
                                                         selde op nasionale of streeksvlak
                                                         geregistreer is, kontant-gebaseer is en
                                                         dus nie belasting betaal nie, en
                                                         gewoonlik nie 'n formele ooreenkoms
                                                         met werknemers het nie.
                                               Die informele sektor staan ook as die
         'skadu'-ekonomie bekend en dus word dit oorgesien of nie gunstig oorweeg
         gedurende beleidsformulering nie. Dit word dikwels in besigheidstrategieë
         geringgeskat en maklik met korrupsie vereenselwig.
                 [Bron: https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/National/informal-sector-in-dire-
                                             situation-yet-contributes-billions-to-economy-202004241043]

         2.5.1         Definieer die konsep informele sektor.                                    (1 x 2)     (2)
         2.5.2         Gee 'n voorbeeld van 'n informele aktiwiteit in die uittreksel.           (1 x 1)     (1)
         2.5.3         Waarom word die informele sektor as deel van 'n 'skadu'-ekonomie
                       beskou? Haal uit die uittreksel aan.                       (2 x 2)                    (4)
         2.5.4         In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare strategieë
                       voor wat die regering en besighede kan implementeer om die
                       informele sektor te versterk.                              (4 x 2)                    (8)
                                                                                                             [60]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 15                              DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                      AGTERGRONDINLIGTING OOR ERMELO

                                                                                        N

Koördinate: 26°31'S ; 29°58'O

Ermelo is 'n opvoedkundige, nywerheids- en kommersiële dorp in die 7,750 km2 Gert
Sibande Distrik Munisipaliteit in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 210 km oos
van Johannesburg geleë. Dit is beide 'n landbou- en mynboustreek. Gemengde
boerdery, soos mielie- en veeboerdery, vind in die distrik plaas. Mynbou is belangrik vir
die distrik met antrasiet, steenkool en torbaniet wat gemyn word.

                                       [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Ermelo,_Mpumalanga]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                   AFRIKAANS
Diggings                                  Uitgrawings
River                                     Rivier
Sewerage works                            Rioolwerke
Opencast mine                             Oopgroefmyn
Prison                                    Tronk
Purification Plant                        Suiweringsaanleg

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  16                        DBE/November 2021
                                             NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS

         3.1.1        Die dorp wat per spoor die naaste aan Ermelo is, is …

                      A    Breyton.
                      B    Camden.
                      C    Chrissiesmeer.
                      D    Piet Retief                                                 (1 x 1)     (1)

         Verwys na punthoogte 1738, F in blok B1 en die windpomp, G in blok B3 op
         die topografiese kaart.

         3.1.2        Die vryhand deursnit tussen punthoogte 1738 en die windpomp is …

                                                                                       (1 x 1)     (1)

         3.1.3        Gee 'n rede vir die intersigbaarheid tussen punthoogte 1738 en die
                      windpomp.                                                   (1 x 2)          (2)

         3.1.4        Wat is die verskil in hoogte tussen punthoogte 1738 en die
                      windpomp?                                           (1 x 1)                  (1)

         3.1.5        Bereken die afstand tussen punthoogte 1738 en die windpomp in
                      meter.

                      Formule: Werklike afstand = Kaartafstand x Kaartskaal
                                                                                       (2 x 1)     (2)

         3.1.6        Gebruik die antwoorde op VRAAG 3.1.4 en 3.1.5 om die gemiddelde
                      gradiënt tussen punthoogte 1738 en die windpomp te bereken.

                      Formule: Gemiddelde gradiënt =   Vertikale interval (VI)
                                                    Horisontale ekwivalent (HE)
                                                                               (2 x 1)             (2)

         3.1.7        Bepaal die verskynsel wat by die volgende koördinaatverwysing
                      geleë is:

                                26˚31ʹ54ʹʹS;29˚57ʹ25ʹʹO                                (1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   17                         DBE/November 2021
                                              NSS

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na die rioolwerke, J in blok A3, op die topografiese kaart.

         3.2.1        Die rioolwerke is geleë in die …
                      A   oorgangsone.
                      B   landelik-stedelike oorgangsone.
                      C   kommersiële sone.
                      D   nywerheidsone.                                               (1 x 1)     (1)

         3.2.2        Wesselton is 'n residensiële gebied wat naby die rioolwerke geleë is.
                      Hoekom verlaag die ligging van die rioolwerke die eiendomwaarde
                      van Wesselton?                                               (1 x 2)         (2)

         Verwys na straatpatrone (planne) H en I op die topografiese kaart.

         3.2.3        Identifiseer straatpatrone (planne) H en I.                      (2 x 1)     (2)

         3.2.4        Waarom is straatpatroon (plan) I nie meer gewild in nuwe
                      ontwikkelings nie?                                 (1 x 2)                   (2)

         Verwys na die hospitaal 6 in blok E5 op die ortofotokaart.

         3.2.5        Die hoof ekonomiese aktiwiteit by 6 in blok E5 op die ortofotokaart is
                      (sekondêr/tersiêr).                                            (1 x 1)       (1)

         3.2.6        Verduidelik waarom area 6 vir die ontwikkeling van die ekonomiese
                      aktiwiteit wat in VRAAG 3.2.5 geïdentifiseer is, geskik was. (1 x 2)         (2)

         Verwys na blok D1 en E1 op die topografiese kaart.

         3.2.7 Hoe het die oopgroefmyn in blok D1 en E1 op die topografiese kaart 'n
               omgewingsongeregtigheid veroorsaak?                           (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    18                             DBE/November 2021
                                               NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         Verwys na die ruimtelike voorwerpe in blok D1 en E1 op die topografiese kaart.

         Gee 'n voorbeeld van die volgende:

         3.3.1        'n Natuurlike lynverskynsel                                         (1 x 1)    (1)

         3.3.2        'n Mensgemaakte poligoonverskynsel                                  (1 x 1)    (1)

         Verwys na die beeld (wat deur middel van afstandswaarneming geneem is),
         van die oopgroefmyn wat in blok D1 en E1 op die topografiese kaart te sien is.

                                                                        [Bron: https://live-
                            production.wcms.abcnet.au/331aa383528239df7238f20fc4a225b9?]

         3.3.3        Definieer die konsep afstandswaarneming.                             (1 x 2)   (2)

         3.3.4        Gee EEN sigbare attribuut van die oopgroefmyn deur na blok D1 en
                      E1 op die topografiese kaart en die beeld hierbo te verwys. (1 x 2)            (2)

         3.3.5        Verduidelik hoe hierdie beeld van die oopgroefmyn meer effektief sal
                      wees om die omgewingsongeregtigheid te assesseer as om die
                      topografiese kaart te gebruik.                              (1 x 2)            (2)
                                                                                                     [30]

                                                                                       TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2021-afr/d66a0bc6-5381-425a-b947-3e1157ff44c2) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-eng/499f6ee6-d3a9-4e2b-81ac-b06c168cb10c) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-afr/7ab47572-a87d-4063-a7c1-e6eaae30e1df) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Geography P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2012-afr/ee0b02e1-f25b-4dc9-84c2-7d903e6063c1) — Geography · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
