# Geography Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2022-afr/46833cb5-9ee7-4e1b-a135-8b2bb782138f)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V2

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                               2                          DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

        AFDELING A
        VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60)
        VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)

        AFDELING B
        VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

10.     Die maateenhede MOET in die finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
        14 °C en 45 m.

11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.      'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2931CA VERULAM en 'n 1 : 10 000
         ortofotokaart 2931 CA 11 VERULAM word voorsien.

15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
         die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.      Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
         eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  3                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING A:          LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE
                     GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1:             LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

         1.1.1        Landelike nedersettings word met ... aktiwiteite geassosieer.

                      A   primêre
                      B   sekondêre
                      C   tersiêre
                      D   kwaternêre

         1.1.2        'n Verspreide nedersettingspatroon ontwikkel waar daar … is.

                      A   een dominante waterbron
                      B   'n oorvloed van water
                      C   'n smal riviervallei
                      D   gemeenskaplike eienaarskap van grond

         1.1.3        'n Voordeel van 'n kern landelike nedersetting:

                      A   Deel plaastoerusting
                      B   Groot, kommersiële stukke grond
                      C   Maak onafhanklike besluite
                      D   Maak groot winste

         1.1.4        'n … is waar 'n nedersetting in verhouding tot die omliggende
                      gebied geleë is.

                      A   Poort
                      B   Standplaas
                      C   Oorbrugpunt
                      D   Ligging

         1.1.5        'n Droëpuntnedersetting is … water geleë, want water is …

                      A   ver van; skaars.
                      B   ver van; 'n bedreiging.
                      C   naby; 'n bedreiging.
                      D   naby; skaars.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                       4                               DBE/November 2022
                                                  NSS

         1.1.6        Die skets hieronder verwys na 'n …-vormige nedersetting.

                              [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=types+of+settlements]

                      A      sirkel
                      B      halfsirkel
                      C      kruispad
                      D      lineêr

         1.1.7        Die sirkelvorm van die nedersetting hieronder word deur die …
                      beïnvloed.

                             [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=types+of+settlements]

                      A      meer
                      B      kuslyn
                      C      terrein
                      D      paaie

         1.1.8        Die volgende fisiese faktore bepaal die standplaas van 'n
                      nedersetting:

                     (i)      Toeganklik vir vervoer
                     (ii)     Afstand na mark
                     (iii)    Reliëf
                     (iv)     Vrugbare grond

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (ii) en (iv)
                     D       (iii) en (iv)                                                   (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 5                           DBE/November 2022
                                            NSS

1.2      Kies die woord/term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 Y.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Proses waardeur 'n verhoogde        Y   verstedeliking
                     persentasie van die land se         Z   vlak van verstedeliking
                     bevolking in stedelike gebiede
                     gekonsentreer is
         1.2.2       Toename in die aantal mense wat     Y   koers van verstedeliking
                     in stedelike gebiede woon           Z   stedelike groei
         1.2.3       Proses waardeur mense van           Y   sentralisasie
                     stedelike gebiede na die            Z   teenverstedeliking
                     omliggende landelike gebiede trek
         1.2.4       Toename in die werklike fisiese     Y   stedelike uitbreiding
                     grootte van 'n stedelike gebied     Z   stedelike hiërargie
         1.2.5       Onbeplande verspreiding van         Y   ongebreidelde stedelike
                     stedelike gebiede                       uitspreiding
                                                       Z     stedelike verval
         1.2.6       Afname in die aantal mense wat    Y     landelik-stedelike migrasie
                     in landelike gebiede woon         Z     landelike ontvolking
         1.2.7       Rangskikking van nedersettings in Y     hiërargie
                     'n gebied van die kleinste tot by Z     metropolis
                     die grootste
                                                                                  (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  6                                 DBE/November 2022
                                             NSS

1.3      Verwys na die bronne hieronder oor grondhervorming in Suid-Afrika.

                       'N VARS BENADERING TOT GRONDHERVORMING
         Suid-Afrika ervaar tans 'n probleem omdat die proses van grondhervorming te
         stadig gevorder het en baie van die grond wat oorgedra is, ekonomies
         onaktief geraak het.
         Teenstrydige (verskillende) menings veroorsaak dat Suid-Afrikaners baie vrae
         oor grondhervorming het. Wat is die toekoms van grondhervorming in
         Suid-Afrika? Kan die proses versnel word? Sal dit gelyke uitkomste lewer? In
         wie se belang sal opgetree word?
         By 'n Suid-Afrikaanse landboukongres het 'n paneelbespreking oor die
         toekoms van grondhervorming saamgestem dat wanneer dit by suksesvolle
         grondhervorming kom, intense onderhandelings en kompromieë noodsaaklik
         is. Dit kom ooreen met die drie pilare van grondhervorming, naamlik
         herverdeling, grondbesit en grondrestitusie. Grondrestitusie bied 'n uitdaging
         omdat fondse toegeken moet word om onteiende gemeenskappe vir die
         vroeëre verlies van grond te vergoed. Goed bestuurde grondhervorming kan
         bates vir die armes skep, verhoudings stabiliseer en ontwikkeling bevorder.
         Aan die ander kant, as dit swak bestuur word, vernietig dit bates, veroorsaak
         armoede in gemeenskappe en verswak die ekonomie.
                                                   [Aangepas uit http://www.landreformfutures.org/]

                      Swak bestuur                                 Goed bestuur

                                                    [Aangepas uit http://www.landreformfutures.org/]

         1.3.1        Wat is grondhervorming?                                             (1 x 2)       (2)
         1.3.2        Volgens die uittreksel, wat is die voordeel van goed bestuurde
                      grondhervorming?                                        (1 x 1)                   (1)
         1.3.3        (a)   Waarom word grondrestitusie as 'n uitdaging beskou? (1 x 2)                 (2)
                      (b)   Hoe illustreer B die suksesvolle proses van grondrestitusie?
                                                                                    (1 x 2)             (2)
         1.3.4        Watter faktore het veroorsaak dat die 'proses van grondhervorming'
                      te stadig gevorder het?                                     (2 x 2)               (4)
         1.3.5        Verduidelik die sosiale voordele van goed bestuurde
                      grondhervorming vir mense wat in landelike gebiede woon. (2 x 2)                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                    7                                DBE/November 2022
                                               NSS

1.4      Verwys na die infografika hieronder oor die sentralesakekern (SSK) van
         Johannesburg as 'n grondgebruiksone.

                 A SSK                                        Die SSK van Johannesburg het in die
                                                              laaste 20 jaar 'n afname in
                 B Oorgangsone                                ekonomiese beleggings ervaar. Dit is
                                                              die gevolg van probleme soos
                 C Hoë-inkomste residensiële
                      Hoëinkomste-residensieel                misdaad,    oneffektiewe    openbare
                      gebied                                  vervoer, verval, 'n afname in
                                                              toeganklikheid, ens. Hierdie faktore
                 D Afgeleë sakegebied (ASG)
                                                              dwing besighede om in afgeleë
                                                              sakegebiede te hervestig, wat tot
                                                              kommersiële desentralisasie lei. Ten
                                                              spyte hiervan bly die grondwaardes in
                                                              die SSK hoog. Die oorgangsone is oor
                                                              die algemeen vervalle, maar behou
                                                              hoë grondwaardes.
                                                                         [Aangepas uit businesstech.co.za]

                      [Aangepas uit The Journal of the Helen Suzman Foundation, Issue 69, Junie 2013]

         1.4.1        Noem TWEE eienskappe van die Johannesburgse SSK wat op die
                      foto sigbaar is.                                   (2 x 1)                         (2)

         1.4.2        Watter grondgebruiksone het die hoogste grondwaarde, soos op
                      die grafiek aangedui word?                            (1 x 1)                      (1)

         1.4.3        Hoe beïnvloed die grondwaarde (antwoord op VRAAG 1.4.2) die
                      gebouedigtheid in die SSK?                          (1 x 2)                        (2)

         1.4.4        Waarom is die oorgangsone oor die algemeen vervalle ten spyte
                      van hoë grondwaardes?                                  (2 x 2)                     (4)

         1.4.5        Waarom is die afgeleë sakegebied (ASG) aantreklik vir die
                      hervestiging van besighede?                        (3 x 2)                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                8                              DBE/November 2022
                                           NSS

1.5      Verwys na die uittreksel hieronder oor informele nedersettings.

         VLOEDE SAAI VERWOESTING IN INFORMELE NEDERSETTINGS
                      IN ETHEKWINI-MUNISIPALITEIT
18 April 2022  12:45

                                                         Die    onlangse     vloede    in
                                                         Ethekwini    en     omliggende
                                                         gebiede het honderde lewens
                                                         geëis. Families is uit informele
                                                         nedersettings verplaas, wat die
                                                         behuisingsprobleem wat baie
                                                         reeds ervaar, vererger het.

                                                         Snelle verstedeliking en die
                                                         regering se onbevoegdheid om
                                                         voldoende formele behuising
te verskaf, is onder die dryfvere van die toename in die aantal informele nedersettings.
Die onbeskikbaarheid van geskikte grond vir behuising is te wyte aan beperkte
vordering ten opsigte van grondbeleid. Dit vertraag weer die vermoë van plaaslike
regerings om voldoende behuising te verskaf in gebiede wat nie onderhewig aan
rampe, soos vloede, is nie.

Die gevolg is dat 'n kwart van Suid-Afrika se stedelike bevolking in informele
nedersettings woon wat gebou word waar mense ook al oop ruimtes vind wat
onderhewig aan rampe is. Dit het 'n gebrek aan basiese geriewe en infrastruktuur,
soos behoorlike paaie en stormwaterafvoerstelsels. Baie informele nedersettings is
naby waterbronne en laagliggende gebiede geleë wat die risiko van oorstroming
verhoog.

                                                                    [Aangepas uit ewn.co.za]

      1.5.1    Wat is 'n informele nedersetting?                                     (1 x 2)      (2)

      1.5.2    Haal 'n rede uit die uittreksel aan vir die toename in die aantal informele
               nedersettings in Ethekwini.                                          (1 x 1)       (1)

      1.5.3    Waarom hou informele nedersettings in Ethekwini die risiko van
               oorstromings in?                                         (1 x 2)                   (2)

      1.5.4    Hoe sal die gebrek aan behoorlike paaie 'n negatiewe invloed hê op
               nooddienste om informele nedersettings in tye van rampe, soos vloede,
               te bereik?                                                     (1 x 2)             (2)

      1.5.5    In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor om
               vloedverwante rampe in informele nedersettings in die Ethekwini-
               munisipaliteit te voorkom.                              (4 x 2)                    (8)
                                                                                                  [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                9                               DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

2.1      Verwys na die tabel hieronder wat op ekonomiese aktiwiteite gebaseer is.
         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

                                                  2020                      2021
               BRUTO BINNELANDSE             R301,92 miljard           R351,43 miljard
                    PRODUK
                                                     RANDE IN MILJOENE
           Nutsprogramme                          100 789          104 317
           Vervoer                                342 443          335 001
           Dienste                               1 052 692        10 607 113
           Publieke administrasie                 368 503          369 805
           Mynbou                                 213 459          220 293
           Vervaardiging                          520 626          506 343
           Konstruksie                            108 604          111 021
           Landbou                                127 960          114 030
                                            [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/?p=15273]

         2.1.1        Die … van 'n land verwys na die totale waarde van goedere en
                      dienste wat deur die permanente inwoners van die land
                      geproduseer word.

                      A   bruto nasionale produk
                      B   bruto binnelandse produk
                      C   handelsbalans
                      D   handelsooreenkoms

         2.1.2        Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) stel 'n mens in
                      staat om … te vergelyk.

                      A   indiensnemingskoerse
                      B   ekonomieë van ander lande
                      C   lewenstandaarde
                      D   invoere en uitvoere

         2.1.3        Die primêre ekonomiese aktiwiteit wat die meeste tot die BBP in
                      2020 en 2021 bygedra het:

                      A   Nutsprogramme
                      B   Landbou
                      C   Dienste
                      D   Mynbou

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   10                         DBE/November 2022
                                              NSS

         2.1.4        Die tersiêre ekonomiese aktiwiteit wat die meeste tot Suid-Afrika se
                      BBP bydra:

                      A      Dienste
                      B      Nutsprogramme
                      C      Publieke administrasie
                      D      Vervoer

         2.1.5        Konstruksie is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit.

                      A      primêre
                      B      sekondêre
                      C      tersiêre
                      D      kwaternêre

         2.1.6        Die ekonomiese aktiwiteit wat van 2020 tot 2021 'n afname getoon
                      het:

                      A      Nutsprogramme
                      B      Dienste
                      C      Konstruksie
                      D      Landbou

         2.1.7        Die ekonomiese aktiwiteit wat in 2021 die meeste tot die sekondêre
                      sektor bygedra het:

                      A      Konstruksie
                      B      Dienste
                      C      Vervaardiging
                      D      Nutsprogramme

         2.1.8        TWEE stellings hieronder is WAAR ten opsigte van die
                      sektorbydraes tot Suid-Afrika se BBP:

                     (i)      Primêre sektor dra die minste by.
                     (ii)     Sekondêre sektor dra die minste by.
                     (iii)    Kwaternêre sektor dra die meeste by.
                     (iv)     Tersiêre sektor dra die meeste by.

                      A      (i) en (ii)
                      B      (i) en (iv)
                      C      (ii) en (iii)
                      D      (i) en (iii)                                           (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 11                             DBE/November 2022
                                            NSS

2.2      Pas elke tipe nywerheid in die diagram hieronder by die beskrywings wat
         volg. Skryf slegs die tipe nywerheid langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7)
         in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.2.8 Fabriek.

                                        Alomteenwoordige
                                           nywerhede
          Markgeoriënteerde                                             Grondstof-
             nywerhede                                                 georiënteerde
                                                                        nywerhede

           Swaar nywerhede                                             Onafhanklike/
                                                                        Ongebonde
                                                                        nywerhede

               Brugnywerhede                                         Ligte nywerhede

                                                               [Bron: Eksaminator se eie skets]

         2.2.1        Naby aan klante geleë

         2.2.2        Die beskikbaarheid van verskillende vorme van vervoer is
                      belangrik

         2.2.3        Benodig groot hoeveelhede gelyk grond aan die buitewyke van
                      opgeboude gebiede

         2.2.4        Ligging word nie deur enige spesifieke faktore bepaal nie

         2.2.5        In opgeboude gebiede geleë, want daar is min lug- en
                      geraasbesoedeling

         2.2.6        Ligging word deur bonkige, onverwerkte materiaal bepaal

         2.2.7        Telkom is 'n voorbeeld van hierdie tipe nywerheid               (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                12                               DBE/November 2022
                                           NSS

2.3      Verwys na die uittreksel hieronder oor voedselsekerheid.

                       VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA 20202021

         Volgens 'n verslag vrygestel deur Statistiek Suid-Afrika, Measuring Food
         Security in South Africa: Applying the Food Insecurity Experience Scale, is
         byna 23,6 persent van Suid-Afrikaners in 2021 deur matige tot erge
         voedselonsekerheid beïnvloed.

         Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) werk daaraan om die meting van
         voedselsekerheid te verbeter en het onlangs die Voedselonsekerheid-
         ervaringskaal bekendgestel. Aangesien voedselonsekerheid 'n globale
         verskynsel is, is dit belangrik om dit te meet deur toerusting te gebruik wat
         vergelykbaarheid oor lande kan waarborg.
         Gesondheidspandemies, soos Covid-19, het baie Suid-Afrikaners hulle reg tot
         genoegsame kos ontsê, soos in die Suid-Afrikaanse Grondwet aangedui. Dit
         het die pogings wat aangewend is om die Nasionale Ontwikkelingsplan se
         doelstelling van ʹZero Hongerʹ teen 2030 te behaal, ondermyn.

                                            [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/?p=15273

         2.3.1        Definieer die konsep voedselsekerheid.                           (1 x 2)      (2)

         2.3.2        Watter    persentasie     Suid-Afrikaners        het      in       2021
                      voedselonsekerheid ervaar?                                       (1 x 1)      (1)

         2.3.3        Wat is volgens die uittreksel die          belangrikheid       van die
                      Voedselonsekerheid-ervaringskaal?                                (1 x 2)      (2)

         2.3.4        Stel voor hoe gesondheidspandemies,            soos    Covid-19, tot
                      voedselonsekerheid in Suid-Afrika lei.                        (1 x 2)         (2)

         2.3.5        In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                      Suid-Afrikaanse regering boere kan bystaan om teen 2030
                      ʹZero Honger' te behaal.                              (4 x 2)                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                                        13             DBE/November 2022
                                                                   NSS

2.4        Verwys na die infografika hieronder wat op goudproduksie tussen 1970 en
           2020 in Suid-Afrika gebaseer is.

Suid-Afrika was die wêreld se
grootste    goudprodusent     omdat
Suid-Afrika, slegs 50 jaar gelede,
meer as 1 000 ton goud per jaar
geproduseer het. Produksie het in

                                               Ton per jaar geproduseer
1970 'n hoogtepunt bereik, maar het
sedertdien bestendig en skerp
gedaal.    Arbeidskwessies,    soos
stakings, het ook tot die afname in
goudproduksie bygedra.

Die daling van byna 80% in
Suid-Afrikaanse goudproduksie het
daartoe    gelei dat    Suid-Afrika
onlangs deur China, Australië en die
Verenigde State van Amerika
verbygesteek is.

      [Aangepas uit https://www.google.com/
          search?q=gold+mining+statistics+
                               South+Africa]

       VERGELYKING VAN GOUDPRODUKSIE PER TON GEPRODUSEER
                              1970         1990       2020
 Suid-Afrika                  1 000        600        101
 China                          10         100        380
 Rusland                        0          150        300
 Australië                      40         230        330
 Verenigde State van Amerika    50         300        190
                [Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure/Top-Five-Gold-Producing-Countries]

           2.4.1        Volgens die grafiek, noem die neiging in Suid-Afrika se
                        goudproduksie van 1970 tot 2020.                  (1 x 1)                          (1)

           2.4.2        Hoeveel ton goud het Suid-Afrika in 2020 geproduseer, volgens die
                        tabel?                                                     (1 x 1)                 (1)

           2.4.3        Volgens die tabel, watter land was die leidende goudprodusent
                        in 2020?                                               (1 x 1)                     (1)

           2.4.4        Noem TWEE fisiese faktore wat Suid-Afrika in 1970 as die
                        belangrikste goudprodusent begunstig het.         (2 x 2)                          (4)

           2.4.5        Stel TWEE faktore voor wat van 1990 tot 2020 tot 'n afname in
                        goudproduksie gelei het.                               (2 x 2)                     (4)

           2.4.6        Verduidelik hoe 'n afname in Suid-Afrika se goudproduksie 'n
                        negatiewe invloed op sy ekonomiese groei sal hê.     (2 x 2)                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 14                                 DBE/November 2022
                                            NSS

2.5       Verwys na die infografika hieronder                oor   die     Dube-handelshawe
          Nywerheidsontwikkeling-sone (NOS).

                          FEITELÊER: DUBE-HANDELSHAWE
     Grootste groenveldlughawe-ontwikkeling in Afrika en die enigste een in Suid-Afrika
      wat meer as 3 800 hektaar (38 km²) beslaan.
     30 km noord van Durban geleë.
     45 km vanaf die besigste vraghawe in Afrika, naamlik die Durban-hawe.
     Bestaan uit vyf besigheidsones: Dube-handelsone, Dube-vragterminaal, Dube-
      agrisone, Dube-stad, Dube-iConnect.
LET WEL: 'n Groenveld-ontwikkeling vind plaas op 'n oop standplaas wat nie
         voorheen ontwikkel is nie.
                                                      [Aangepas uit invest@dubetradeport.co.za]

         ADVERTENSIE OM BELEGGINGS EN NYWERHEDE NA DIE DUBE-
          HANDELSHAWE-NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE TE LOK

                                        King Shaka-lughawe
                                      Dube-handelshawe

                                                         [Aangepas uit DubeTradePort.slideshare.net]

          2.5.1       Wat is 'n nywerheidsontwikkelingsone?                                (1 x 2)      (2)
          2.5.2       Watter vervoerinfrastruktuur maak die Dube-handelshawe NOS
                      uniek in vergelyking met ander NOS'e in Suid-Afrika, volgens die
                      feitelêer?                                                (1 x 1)                 (1)
          2.5.3       Noem TWEE faktore op die kaart wat tot groter toeganklikheid tot
                      die Dube-handelshawe-NOS gelei het.                      (2 x 1)                  (2)
          2.5.4       Beskryf TWEE voordele met betrekking tot infrastruktuur wat die
                      Dube-handelshawe-NOS kon bied om nywerhede te lok.       (2 x 2)                  (4)
          2.5.5       Verduidelik hoe die Dube-handelshawe-NOS arbeid in die
                      provinsie sal opgradeer (verbeter).              (3 x 2)                          (6)
                                                                                                        [60]
                                                                     TOTAAL AFDELING A:                 120

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                15                             DBE/November 2022
                                           NSS

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                        ALGEMENE INLIGTING OOR VERULAM

Koördinate: 29°35'S; 31°0'O
Die dorp Verulam is 170 jaar oud en noord van Durban geleë. Dit het 'n bevolking van
meer as 60 000 mense. Verulam bestaan uit digbevolkte residensiële en industriële
areas soos Canelands. Aan die buitewyke is groot boerderygebiede waar die
hoofgewas suikerriet is. Daar is stadige, maar bestendige vordering in die
modernisering van die dorp deurdat verbeterde infrastruktuur aan die landelike
gebiede verskaf word.

Die Hazelmere-dam, slegs 'n paar kilometer noord van Verulam, is die hoofbron van
water vir die gebied en word vir verskeie aktiwiteite soos watersport en visvang
gebruik. Een van die hoofriviere wat deur Verulam vloei, is die Mdloti-rivier waarin die
Hazelmere-dam gebou is. 'n Interessante feit is dat Verulam die enigste dorp in die
wêreld is waar die hoofstraat (Wickstraat) in 'n rivier eindig.

                               [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=map+of+verulam]

Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon:

ENGLISH                                      AFRIKAANS
International airport                        Internasionale lughawe
River                                        Rivier
Bridge                                       Brug
Furrow                                       Voor

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                  16                           DBE/November 2022
                                             NSS

3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

         Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

         3.1.1        Die kontoerinterval op die ortofotokaart is (5 m/20 m).          (1 x 1)       (1)

         3.1.2        Watter vertikale vergroting sal die mees gedetailleerde voorstelling
                      van die landvorme op 'n deursnit gee?

                      A     2 keer
                      B     5 keer
                      C     10 keer
                      D     20 keer                                                    (1 x 1)       (1)

         3.1.3        Voltooi die ruitverwysing/koördinate van punthoogte 114 in blok C3
                      op die topografiese kaart. Skryf slegs die ontbrekende inligting
                      neer wat nie by die vraag ingesluit is nie.

                      (a)       __º 37ꞌ 42''S

                      (b)       31º __ꞌ __''O                                          (3 x 1)       (3)

         Verwys na die topografiese kaart.

         3.1.4       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen F en G.

                     Gebruik die volgende inligting:

                     Vertikale interval (VI): 119 m – 80 m = 39 m

                                                                                       (4 x 1)       (4)

         3.1.5       Bepaal of die gradiënt tussen (F tot G) steiler of meer geleidelik as
                     (H tot I) is.                                                 (1 x 1)           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                     17                              DBE/November 2022
                                                NSS

3.2      KAARTINTERPRETASIE

         Verwys na J in blok D4 op die topografiese kaart.

         3.2.1        Is die nedersettingspatroon by J verspreid of kernagtig?               (1 x 1)     (1)

         3.2.2        Noem EEN standplaasfaktor wat boerdery in die gebied begunstig
                      het.                                                    (1 x 1)                    (1)

         Verwys na residensiële gebied K in blok E3 op die topografiese kaart en die
         foto van dieselfde gebied hieronder.

                     [Bron: https://www.google.com/search?q=residential=areas=in=verulam]

         3.2.3        Gebied K is 'n (hoë/lae)-inkomste residensiële gebied.                (1 x 1)      (1)

         3.2.4        Gee bewyse uit die topografiese kaart en/of foto om jou antwoord
                      op VRAAG 3.2.3 te staaf.                                  (1 x 2)                  (2)

         3.2.5        Hoe toon die spasiëring van die kontoerlyne dat residensiële
                      gebied K op steil/heuwelagtige grond gebou is?        (1 x 1)                      (1)

         3.2.6        Hoe het die heuwelagtige/steil grond die tipe straatpatroon in
                      hierdie gebied op die topografiese kaart beïnvloed?     (1 x 2)                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                 18                          DBE/November 2022
                                            NSS

         Verwys na die ortofotokaart.

         3.2.7        Verwys na Canelands (6) in blok A5 op die ortofotokaart en noem
                      EEN liggingsfaktor wat die ligging van hierdie industriële gebied
                      beïnvloed het.                                             (1 x 1)        (1)

         Verwys na die Hazelmere-dam in blok A1 en 'n vergrote uittreksel van die
         topografiese kaart hieronder.

                                                  Voor

                                  Hazelmere-
                                  dam

                                      Piekniek-
                                      terrein

                                                         Damwal

         3.2.8        Noem EEN tersiêre aktiwiteit wat met die Hazelmere-dam
                      geassosieer word.                               (1 x 1)                   (1)

         3.2.9        Hoe dra hierdie tersiêre aktiwiteit (antwoord op VRAAG 3.2.8) tot
                      die ekonomie van Verulam by?                              (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V2                                   19                              DBE/November 2022
                                              NSS

3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

         Verwys na die blok hieronder wat blok D5 op die topografiese kaart
         verteenwoordig.

                                                    SLEUTEL
                                                             Rivier

                                                             Pad
                                                             Gebou
                                                             Bewerkte land

                                                             Beboste gebied
                                                       [Bron: Eksaminator se eie skets]

         3.3.1        Identifiseer die volgende:

                      (a)   Mensgemaakte poligoon-(gebied)verskynsel

                      (b)   Natuurlike lynverskynsel                                      (2 x 1)   (2)

         3.3.2        Die TWEE verskynsels (antwoord                  op     VRAAG         3.3.1)
                      verteenwoordig (vektor-/raster-)data.                               (1 x 1)   (1)

         Verwys na blok A3 en A4 op die ortofotokaart.

         3.3.3        Bufferskepping is die afbakening van 'n gebied rondom 'n
                      verskynsel/ligging.

                      (a)   Watter bewys dui aan dat daar bufferskepping langs die
                            Mdloti-rivier plaasvind?                        (1 x 1)                 (1)

                      (b)   Verduidelik waarom dit nodig was om die Mdloti-rivier te
                            buffer.                                          (1 x 2)                (2)

         Verwys na blok B4 en B5 op die topografiese kaart.

         3.3.4        'n Datalaag is 'n laag van inligting wat op 'n spesifieke tema
                      gebaseer is.

                      (a)   Identifiseer die infrastruktuur-datalaag wat internasionale
                            verbindings vir die Dube-handelshawe (NOS) skep. (1 x 1)                (1)

                      (b)   Hoe het die topografiese datalaag gehelp om die ideale
                            ligging van die Dube-handelshawe (NOS) te bepaal? (1 x 1)               (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              30
                                                                        GROOTTOTAAL:                150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2022-afr/b6e5cc2f-1666-43c6-80ad-01f6edb41968) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Geography P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2021-afr/836c3a7d-60fb-4355-9c24-f1f8f40b689e) — Geography · QP · 2021 · Afr
- [Geography P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2017-eng/f121e6a2-9e95-45d0-ad3d-b7806172d7e5) — Geography · QP · 2017 · Eng
- [Geography P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2012-afr/ee0b02e1-f25b-4dc9-84c2-7d903e6063c1) — Geography · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
