# Geography Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2024-afr/68d53292-09bc-4ab9-bae2-beec816d6b83
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-nov-2024-afr/68d53292-09bc-4ab9-bae2-beec816d6b83)

## About this document

Geography · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                                GEOGRAFIE V2

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Geografie/V2                                2                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

         AFDELING A
         VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS (60)
         VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)

         AFDELING B
         VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

 2.      Beantwoord AL DRIE vrae.

 3.      ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

 4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

 5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

 7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

 9.      Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
         maak.

 10.     Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
         14 °C en 45 m.

 11.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 12.     Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

 13.     Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

 14.      'n 1 : 50 000 topografiese kaart 2926AA BLOEMFONTEIN-NOORD (NORTH) en
          'n 1 : 10 000 ortofotokaart 2926AA 10 BLOEMFONTEIN-NOORD (NORTH) word
          voorsien.

 15.      Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
          die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

 16.      Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

 17.      Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
          eksamen by die toesighouer inlewer.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Geografie/V2                                     3                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING A:         LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                            EN      DIE
                     EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

 VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

 1.1      Kies die stellings in KOLOM A wat by die opsies in KOLOM B pas. Skryf slegs
          die letter (Y of Z) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 Y.             Nov

                                      KOLOM A                                   KOLOM B
          1.1.1      Presiese stuk grond waarop 'n nedersetting           Y   ligging
                     gebou is                                             Z   standplaas
          1.1.2      Die ligging van 'n kommersiële plaas met             Y   topografie
                     lewende hawe word deur … beïnvloed.                  Z   markte
          1.1.3      Nedersettings wat naby 'n waterbron in droë          Y   waterpunt
                     gebiede geleë is                                     Z   droëpunt
          1.1.4      Die buitelynvorm van hierdie nedersetting word       Y   sirkel
                     deur 'n rivier beïnvloed                             Z   lineêr
          1.1.5       Die grootste landelike nedersettingstipe            Y   boeredorpie
                                                                          Z   gehuggie
          1.1.6 Groter winste word met hierdie                            Y   verspreide
                nedersettingspatroon geassosieer                          Z   kern
          1.1.7 Grond wat aan die oorspronklike eienaars                  Y   grondrestitusie
                teruggegee is                                             Z   grondbesit
          1.1.8 'n Ekonomiese uitdaging van grondhervorming               Y   armoede
                                                                          Z   regsdispute
                                                                                         (8 x 1)      (8)

 1.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.8 D.

          1.2.1         Die kleinste stedelike nedersetting in 'n stedelike hiërargie is 'n …

                        A    stad.
                        B    metropolis.
                        C    dorp.
                        D    megalopolis.

          1.2.2         'n ... het die kleinste aantal nedersettings.

                        A    Konurbasie
                        B    Stad
                        C    Dorp
                        D    Megalopolis

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Geografie/V2                                      4                       DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

          1.2.3      'n … is die grootste tipe nedersetting wat in Suid-Afrika gevind word.

                     A       Megalopolis
                     B       Konurbasie
                     C       Metropolis
                     D       Stad

          1.2.4      'n … is 'n stedelike nedersettingstipe wat uit 'n groot stad en dorpe
                     bestaan.

                     A       Metropolis
                     B       Konurbasie
                     C       Stad
                     D       Megalopolis

          1.2.5      Die … van 'n stad dek 'n groter gebied as 'n dorp.

                     A       reikwydte
                     B       invloedsfeer
                     C       drempelbevolking
                     D       diensarea

          1.2.6      'n Universiteit het 'n … reikwydte en 'n … invloedsfeer as 'n skool.

                     A       kleiner; groter
                     B       kleiner; kleiner
                     C       groter; groter
                     D       groter; kleiner

          1.2.7      Die reikwydte geassosieer met die aankoop van 'n motorvoertuig is
                     groter as die aankoop van brood omdat dit:

                     (i)     Duurder is
                     (ii)    Op 'n daaglikse basis aangekoop word
                     (iii)   Nie gereeld aangekoop word nie
                     (iv)    Goedkoper is

                     A       (i) en (iii)
                     B       (ii) en (iv)
                     C       (i) en (ii)
                     D       (iii) en (iv)                                          (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Geografie/V2                                                          5                            DBE/November 2024
                                                                 NSS Vertroulik

 1.3                                 Verwys na die skets en grafiek hieronder wat vlakke van armoede toon wat
                                     deur landelik-stedelike migrasie veroorsaak word.

                                                                                                        SLEUTEL
                                                                         Stad
                                                                                                      Vlak van armoede van

       Persentasievlak van armoede
                                                                                                      jong volwassenes wat
                                                                                                      in landelike gebiede
                                                                                                      agterbly

                                                                                            Jong
                                                                                        volwassenes
                                                                                                      Vlak van armoede
                                                                                                      van jong
                                                                                                      volwassenes wat
                                                                                                      na stedelike
                                                                                                      gebiede migreer

                                      1994                                               2024
                                                                                         [Aangepas uit Mail and Guardian]

                                     1.3.1    Definieer die term landelik-stedelike migrasie.                  (1 x 2)       (2)

                                     1.3.2    Volgens die grafiek het die persentasievlak van armoede met 'n
                                              kleiner hoeveelheid in (landelike/stedelike gebiede) gedaal. (1 x 1)           (1)

                                     1.3.3    Hoe het werkloosheid tot hierdie neiging in armoedevlakke bygedra
                                              (antwoord op VRAAG 1.3.2)?                                  (1 x 2)            (2)

                                     1.3.4    Hoe het die beweging van jong volwassenes na stedelike gebiede 'n
                                              negatiewe maatskaplike impak op die landelike gemeenskap?
                                                                                                        (2 x 2)              (4)

                                     1.3.5    Stel strategieë voor wat in landelike gebiede gebruik kan word om
                                              die beweging van jong volwassenes na stedelike gebiede te
                                              verminder.                                                  (3 x 2)            (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Geografie/V2                                 6                               DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.4      Verwys na die skets hieronder wat 'n stedelike profiel toon.

          SSK          Oorgangsone           Residensiële      Industriële      Landelik-
                                             gebied            gebied           stedelike
                                                                                oorgangsone

                                             25 km
                                                               [Bron: Eksaminator se eie skets]

          1.4.1      Definieer die konsep stedelike profiel.                           (1 x 2)      (2)

          1.4.2      Lewer kommentaar op die hoogte van geboue in die SSK in
                     vergelyking met dié in die landelik-stedelike oorgangsone. (1 x 1)             (1)

          1.4.3      Hoe het die aanvraag na grond die digtheid van geboue in die SSK
                     beïnvloed?                                                 (1 x 2)             (2)

          1.4.4      Waarom word daar na beide die oorgangsone en die landelik-
                     stedelike oorgangsones as sones van verandering verwys? (2 x 2)                (4)

          1.4.5      Stel ekonomiese redes voor waarom die landelik-stedelike
                     oorgangsone 'n aantreklike ligging vir kommersiële aktiwiteite sal
                     wees.                                                      (3 x 2)             (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Geografie/V2                                       7                                  DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

 1.5       Verwys na die foto's en uittreksel hieronder oor informele nedersettings.

                   OPGRADERING VAN INFORMELE NEDERSETTINGS

    Voor                                                 Daarna

 Informele nedersettings is gewoonlik op enige oop, beskikbare stuk grond geleë.
 Informele nedersettings word gekenmerk deur 'n tekort aan basiese dienste,
 besoedeling, oorbevolking en swak afvalbestuur wat die omgewing negatief beïnvloed
 en 'n gesondheidsrisiko inhou. Ten spyte daarvan groei die aantal informele
 nedersettings steeds.

 Wat is die oplossing vir informele nedersettings? In plaas daarvan om belangrike
 maatskaplike en ekonomiese netwerke te ontwrig deur die inwoners te ontwortel en te
 hervestig, sal opgraderingsprogramme met maatskaplike voordele vir die mense in
 informele nedersettings geassosieer word. Sulke programme kan buurtinfrastruktuur
 verbeter terwyl lae-inkomste-inwoners op die terrein aanbly.

 Deur informele nedersettings op te gradeer, word inkomste-genererende geleenthede
 geskep wat direk voordelig kan wees vir die plaaslike besighede en inwoners. Dit is veral
 nuttig vir werkers as werksgeleenthede binne die gemeenskap geskep word. In baie
 gevalle sal jong mense binne hierdie nedersettings direk in opgraderingsprojekte
 aangestel word.

           [Aangepas uit https://www.african-cities.org/upgrading-informal-settlements-in-african-cities en
                                                 https://www.google.com/search?q=informal+settlements]

           1.5.1       Definieer die term informele nedersetting.                                 (1 x 2)     (2)

           1.5.2       Noem EEN faktor in die uittreksel wat 'n negatiewe impak op die
                       gesondheid van inwoners in informele nedersettings het.  (1 x 1)                       (1)

           1.5.3       Verduidelik TWEE ekonomiese redes vir die toename in informele
                       nedersettings.                                          (2 x 2)                        (4)

           1.5.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                       opgradering (verbetering) van informele nedersettings 'n positiewe
                       maatskaplike impak op mense wat in hierdie nedersettings woon,
                       sal hê.                                                    (4 x 2)                     (8)
                                                                                                              [60]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Geografie/V2                                     8                              DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

 2.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
            (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

            2.1.1       Die vernaamste verskil tussen kleinskaalse en grootskaalse
                        boerdery is die …

                        A    grootte van plaaseiendomme.
                        B    gebruik van navorsingstegnologie.
                        C    tipes boere.
                        D    impak op die mark.

            Verwys na die foto's oor klein- en grootskaalse boerdery hieronder om
            VRAAG 2.1.2 en 2.1.3 te beantwoord.

            2.1.2       Foto … hieronder illustreer kleinskaalse boerdery.

       [Bron: https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fblog.ipleaders.in%2Fagriculture-income-types]

                       A      P
                       B      Q
                       C      R
                       D      S

            2.1.3       'n Eienskap van kleinskaalse boerdery sigbaar op die foto is …

                        A    die gebruik van bastersade.
                        B    dat dit slegs uitvoergeoriënteerd is.
                        C    die hoë kapitale belegging.
                        D    die gebruik van handearbeid.

            2.1.4       … is 'n ekonomiese voordeel vir 'n boer wat grootskaalse boerdery
                        beoefen.

                        A    Die gebruik van masjinerie
                        B    Groter winste
                        C    'n Groot arbeidsmag
                        D    Die beoefening van monokultuur

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Geografie/V2                                         9                     DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

           2.1.5        Veeboerdery is 'n aktiwiteit in die … ekonomiese sektor.
                        A       primêre
                        B       sekondêre
                        C       tersiêre
                        D       kwaternêre
           2.1.6        Verspreiding van suiwelprodukte is 'n aktiwiteit in die … ekonomiese
                        sektor.
                        A       primêre
                        B       sekondêre
                        C       tersiêre
                        D       kwaternêre
           2.1.7        'n Faktor wat veeboerdery in Suid-Afrika bevoordeel, is …
                        A       swaar reënval.
                        B       hoë temperature.
                        C       beskikbare weiveld.
                        D       klimaatsvariasie.
           2.1.8        Uitdagings waarvoor kleinskaalse veeboere in Suid-Afrika te staan
                        kom, is:
                        (i)     Hoë werkloosheidskoers
                        (ii)    Dieresiektes
                        (iii)   Halfwoestynagtige grond
                        (iv)    Uitvoermark
                        A       (i) en (ii)
                        B       (ii) en (iii)
                        C       (i) en (iv)
                        D       (iii) en (iv)                                        (8 x 1)      (8)
 2.2       Kies die stellings in KOLOM A wat by die opsies in KOLOM B pas. Skryf slegs
           Y of Z langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
           neer, bv. 2.2.8 Y.
                             KOLOM A                                       KOLOM B
   2.2.1       Die hoofdoel van 'n nywerheidsontwikkeling-     Y   uitvoere
               sone (NOS) is om … aan te moedig.               Z   invoere
   2.2.2       ROI's is gewoonlik in … gebiede geleë.          Y   onderontwikkelde
                                                               Z   ontwikkelde
   2.2.3       'n Positiewe ekonomiese impak van               Y   verbeterde lewensgehalte
               ruimtelikeontwikkelingsinisiatiewe (ROI's) is … Z   opgegradeerde infrastruktuur
   2.2.4       'n Maatskaplike uitdaging wat in die            Y   ongeskoolde arbeidsmag
               Saldanhabaai-NOS ondervind word, is …           Z   swak hawefasiliteite
   2.2.5       Die hoofnywerheid wat met die Weskus-NOS        Y   motorvoertuigaanleg
               geassosieer word, is 'n …                       Z   staalaanleg
   2.2.6       Die Suidwes-Kaap-kernnywerheidstreek word       Y   min minerale hulpbronne
               deur … beperk.                                  Z   klein plaaslike markte
   2.2.7       'n Fisiese faktor wat nywerhede in die Suidwes- Y   oorsese markte
               Kaap-kernnywerheidstreek bevorder, is …         Z   ligging aan die kus
                                                                                     (7 x 1)  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Geografie/V2                                                     10                                                       DBE/November 2024
                                                            NSS Vertroulik

 2.3                     Verwys na die grafiek en uittreksel hieronder oor steenkoolmynbou in
                         Suid-Afrika.

            SUID-AFRIKA SE STEENKOOLUITVOERE EN INDIENSNEMING
                                                                                                                           SLEUTEL

                                                                                              UITVOERE IN MILJARDE RAND
       GETAL WERKERS
                                                                                                                          Rand in miljarde

                                                                                                                           Getal werkers

                                                         JARE

 Die hoëgehalte-steenkoolreserwes in Suid-Afrika het deur die jare afgeneem.

 Vlak en hoëgehalte-hulpbronne in die Emalahleni-(Witbank)-steenkoolveld is uitgeput.
 Daar word van mynboumaatskappye verwag om ander, meer kostedoeltreffende metodes
 te vind om die dieper, laegehalte-steenkoollae van die bekken te ontgin.
                       [Aangepas uit https://www.miningforschools.co.za/lets-explore/coal/south-african-coal-mining-today]

                         2.3.1        Volgens die grafiek, watter hoeveelheid steenkool, in miljarde, is in
                                      2023 uitgevoer?                                              (1 x 1)                                       (1)

                         2.3.2        Wat is die algemene neiging in die laaste paar jaar ten opsigte van
                                      winste uit die uitvoer van steenkool?                        (1 x 1)                                       (1)

                         2.3.3        Volgens die grafiek, tussen watter jare is die kleinste getal
                                      werknemers in die steenkoolmynbedryf aangeteken?       (1 x 1)                                             (1)

                         2.3.4        Gee EEN moontlike rede vir die klein getal werknemers (antwoord
                                      op VRAAG 2.3.3).                                          (1 x 2)                                          (2)

                         2.3.5        Volgens die uittreksel het die hoëgehalte-steenkoolreserwes in
                                      Suid-Afrika deur die jare afgeneem.

                                      Verduidelik die negatiewe impak van die afname in hoëgehalte-
                                      steenkoolreserwes vir die toekomstige voorsiening van krag in
                                      Suid-Afrika.                                           (2 x 2)                                             (4)

                         2.3.6        Verduidelik waarom die steenkoolmynboubedryf vir die ekonomie
                                      van Suid-Afrika belangrik is.                           (3 x 2)                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Geografie/V2                                       11                               DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

 2.4       Verwys na die infografika                  hieronder     oor     die    Gauteng-(PWV)-
           kernnywerheidstreek.
               VERANDERING IN GAUTENG (PWV) SE VERVAARDIGINGSEKTOR
           Gauteng (PWV) is die grootste bydraer tot Suid-Afrika se bruto binnelandse
           produk (BBP). Gauteng (PWV) se belangrikste ekonomiese sektore is
           finansiële- en besigheidsdienste, logistiek en kommunikasie, vervaardiging,
           eiendom, telekommunikasie en handel.
           Ongeveer 10 000 besighede betrokke by die provinsie se vervaardigingsektor
           het meer as 'n half miljoen mense in diens. Die ekonomie van die provinsie is
           besig om van tradisionele swaar nywerheidsmarkte en produksie met lae
           toegevoegde waarde* weg te beweeg na gesofistikeerde produksie met hoë
           toegevoegde waarde**, veral in inligtingstegnologie, telekommunikasie en
           ander hoëtegnologienywerhede.
           WOORDELYS
           *Produksie met lae toegevoegde waarde: basiese produksie wat tradisionele tegnologie en
           handearbeid gebruik om masjinerie te hanteer
           **Produksie met hoë toegevoegde waarde: produksie wat gevorderde tegnologie gebruik,
           wat hoogs doeltreffend is, bv. robotika om masjinerie te hanteer
                         [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=in-Gauteng+industrial+region]
            Statistiek vir Gauteng-            Hoofpaaie wat hoofnywerheidstreke in die
           (PWV)-kernnywerheids-              Gauteng-(PWV)-kernnywerheidstreek verbind
                     gebied

            20% van Suid-Afrika
             se bevolking
            31% van SA se
             arbeidsmag in alle
             ekonomiese sektore
            22% dra tot die
             mynbousektor by
            38%-bydrae tot die
             BBP van Suid-Afrika
            45% van Suid-Afrika
             se vervaardigings-
             kapasiteit
                     [Aangepas uit 'Growing
                         Gauteng Together'
                              (GGT 2030)]

                                                    Hoofpaaie

                                                  [Aangepas uit https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520]

           2.4.1       Verwys na die statistiek en noem die persentasie wat die Gauteng-
                       (PWV)-kernnywerheidstreek tot die BBP van Suid-Afrika bydra.
                                                                                  (1 x 1)                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Geografie/V2                                 12                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

           2.4.2     Haal bewyse uit die uittreksel aan wat toon waarom 31% van
                     Suid-Afrika se arbeidsmag in die Gauteng-(PWV)-kern-
                     nywerheidstreek gevind word.                         (1 x 2)              (2)

           2.4.3     Verwys na die skets en verduidelik die rol van die hoofpaaie in die
                     ondersteuning van nywerheidsontwikkeling in die Gauteng-(PWV)-
                     kernnywerheidstreek.                                        (2 x 2)       (4)

           2.4.4     Verduidelik TWEE uitdagings wat         die   Gauteng-(PWV)-kern-
                     nywerheidstreek die hoof moet bied.                       (2 x 2)         (4)

           2.4.5     Stel EEN voordeel en EEN nadeel voor van nywerhede wat na
                     produksie met hoë toegevoegde waarde in die Gauteng-(PWV)-
                     kernnywerheidstreek beweeg.                          (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Geografie/V2                                        13                                 DBE/November 2024
                                               NSS Vertroulik

 2.5       Verwys na die uittreksel en grafiek hieronder oor die informele sektor.

                 REGULERING VAN HANDEL IN DIE INFORMELE SEKTOR

 Handel in die informele sektor was nog altyd deel van Suid-Afrika se ekonomie met 30%
 daarvan wat in Johannesburg plaasvind.

 Die stad Johannesburg het informele handelsregulasies wat tans handel in die informele
 sektor reguleer. Die munisipaliteit mag enige plek verklaar as 'n gebied waar handel beperk
 of verbied word. Die beperkings sluit handelaars in wat wil oornag aangesien dit hulle aan
 kriminele aktiwiteit blootstel. Enigiemand wat nie aan hierdie regulasies voldoen nie, kan
 tot R500 beboet word.

 Mense wat motorvensters was en ander informele handelaars is deel van 'n groot groep
 arm Suid-Afrikaners wat ekonomies uitgesluit is en wat probeer om 'n manier te vind om
 hulle gesinne te onderhou. Menseregteprokureurs sê dat sekere regulasies 'mense straf
 net omdat hulle arm is'.
                     [Aangepas uit https://hsf.org.za/publications/hsf-briefs/informal-trading-in-johannesburg]

    [Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure/Busiest-times-for-informal-trade-in-Orange-Farm-and-
                                                                 Johannesburg-Inner-City_fig4_306262758]

           2.5.1        Volgens die uittreksel, wat is die persentasie informele handel wat
                        in Johannesburg plaasvind?                                   (1 x 1)                      (1)

           2.5.2        Haal 'n bewys uit die uittreksel aan oor waarom handel snags in
                        Johannesburg beperk is.                                  (1 x 1)                          (1)

           2.5.3        Volgens die grafiek, wat is die besigste tyd vir handel in die
                        informele sektor?                                       (1 x 1)                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Geografie/V2                                14                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

           2.5.4     Stel TWEE redes voor vir die snelle groei van die informele sektor
                     in die stad Johannesburg.                                  (2 x 2)          (4)

           2.5.5     In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik maatreëls wat
                     die munisipaliteit kan instel om handelaars in die informele sektor te
                     help om onder meer gunstige omstandighede te werk.             (4 x 2)      (8)
                                                                                                 [60]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Geografie/V2                               15                               DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 3:      GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     ALGEMENE INLIGTING OOR BLOEMFONTEIN

 Koördinate: 29°05'S; 26°09'O

 Bloemfontein is die hoofstad van die Vrystaat. Dit is in sentraal Suid-Afrika op die
 suidelike rand van die Hoëveld geleë. Die gebied is oor die algemeen plat met
 geïsoleerde koppies. Alhoewel landbou die hoof- primêre aktiwiteit is, dryf besighede
 hoofsaaklik Bloemfontein se ekonomie.

 As gevolg van die baie besighede het dit meer mense na die gebied gelok. Dit het tot
 baie nuwe ontwikkelings gelei.

                                       [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Bloemfontein]

 Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
 kaart getoon:

 ENGLISH                                     AFRIKAANS
 Spring                                      Spruit
 Game reserve                                Wildreservaat
 Roads under construction                    Paaie onder konstruksie

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Geografie/V2                                     16                        DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 3.1      KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

          3.1.1      Die (topografiese kaart/ortofotokaart) het 'n kleiner skaal.     (1 x 1)     (1)

          3.1.2      'n Kleinskaalse kaart toon:

                     (i)   'n Klein gebied
                     (ii)  Meer besonderhede
                     (iii) 'n Groot gebied
                     (iv) Minder besonderhede

                     A      (i) en (ii)
                     B      (ii) en (iv)
                     C      (i) en (iii)
                     D      (iii) en (iv)                                            (1 x 1)      (1)

          3.1.3      Die ruitverwysing van die reservoir by F in blok B1 op die
                     topografiese kaart is …

                     A      26°10'12''S; 29°02'55''O.
                     B      29°02'55''S; 26°10'12''O.
                     C      29°01'55''S; 26°10'25''O.
                     D      26°10'25''S; 29°01'55''O.                                (1 x 1)      (1)

          Verwys na die ortofotokaart.

          3.1.4      Bepaal die ware peiling van punthoogte 1431 by 6 in blok A3 van
                     punthoogte 1427 by 7 in blok B4.                         (1 x 1)             (1)

          Verwys na die topografiese kaart.

          3.1.5      Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf punthoogte 1358 by G in
                     blok A3 na trigonometriese stasie 96 by H in blok C4.

                     Gebruik die volgende inligting: Die afstand                     tussen
                     punthoogte 1358 en trigonometriese stasie 96 is 7,8 cm.

                     Formule:        Vertikale Interval (VI)
                                   Horisontale Ekwivalent (HE)                       (4 x 1)      (4)

          3.1.6      Is die gradiënt (antwoord op VRAAG 3.1.5) steil of geleidelik? (1 x 1)       (1)

          3.1.7      Waarom sal hierdie gradiënt (antwoord op VRAAG 3.1.6) voordelig
                     vir padkonstruksie wees?                                (1 x 1)              (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Geografie/V2                                    17                      DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 3.2       KAARTINTERPRETASIE

           3.2.1     Die hoofnedersettingspatroon by gebied 8 in blokke D1 en E1 op
                     die ortofotokaart is …

                     A     verspreid.
                     B     kernagtig.
                     C     lineêr.
                     D     sirkelvormig.                                         (1 x 1)       (1)

          Verwys na die Woodland Hills-nedersetting in blok B2 op die topografiese
          kaart.

          3.2.2      (a) Watter bewys dui aan dat hierdie voorstad steeds ontwikkeling
                         ondergaan?                                             (2 x 1)        (2)

                     (b) Verduidelik die negatiewe impak wat hierdie ontwikkeling op
                         boerdery in die gebied kan hê.                       (1 x 2)          (2)

          Verwys na die residensiële gebied by 9 in blokke B4 en C4 op die
          ortofotokaart.

          3.2.3      (a) Hoe het topografie die ontwikkeling van die ruitstraatpatroon
                         beïnvloed wat in hierdie residensiële gebied sigbaar is?
                                                                                 (1 x 1)       (1)

                     (b) Verduidelik EEN ekonomiese voordeel wat inwoners in die
                         residensiële gebied by 9 as gevolg van die ligging daarvan sal
                         ervaar.                                                (1 x 2)        (2)

          Verwys na blokke A1/A2 en B1/B2 op die topografiese kaart.

          3.2.4      (a)   Identifiseer die primêre aktiwiteit wat in blokke A1/A2 en
                           B1/B2 beoefen word.                                  (1 x 1)        (1)

                     (b)   Waarom word hierdie primêre aktiwiteit (antwoord op
                           VRAAG 3.2.4(a)) op groot skaal beoefen?       (1 x 1)               (1)

                     (c)   Identifiseer TWEE strategieë wat in blokke A1/A2 en B1/B2
                           ingestel is om 'n gereelde watertoevoer vir die primêre
                           aktiwiteit te verseker.                             (2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Geografie/V2                                 18                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 3.3      GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

          3.3.1      Die proses om data van raster- na vektorformaat om te skakel, word
                     data-… genoem.

                     A     analise
                     B     integrasie
                     C     oorlegging/inligtingslae
                     D     manipulasie                                            (1 x 1)   (1)

          3.3.2      Verduidelik hoe die data van die vertikale lugfoto (gebruik om die
                     ortofotokaart te maak) na die topografiese kaart omgeskakel is.
                                                                                  (1 x 2)   (2)

          Verwys na blok A3 op die topografiese kaart.

          3.3.3      Teken blok A3 oor en voeg slegs die volgende verskynsels by:

                     (a)   'n Mensgemaakte lynverskynsel                          (1 x 1)   (1)

                     (b)   'n Mensgemaakte poligoonverskynsel                     (1 x 1)   (1)

          3.3.4      Definieer die konsep data-integrasie.                        (1 x 2)   (2)

          3.3.5      Noem die data-integrasiemetode wat op die topografiese kaart
                     gebruik is.                                           (1 x 1)          (1)

                                                                TOTAAL AFDELING B:          30
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — Geography · QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — Geography · QP · 2023
- [Geography P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2023-eng/f5e58301-48ca-48fa-8954-2d7c5c635d30) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
