# Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans-final/ea5b4a48-4f46-4dbf-8c4d-a89dc5d60fa5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans-final/ea5b4a48-4f46-4dbf-8c4d-a89dc5d60fa5)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2022-afrikaans-final/9e6b56e8-149d-4daf-8e7a-ce27663d63c8) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

                      GEOGRAFIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V2                          (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

      AFDELING A:
      VRAAG 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE (60)
      VRAAG 2: HULPBRONNE EN VOLHOUBAARHEID (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys moet
      maak.

10.   Maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart van 3319AD CERES en ŉ 1 : 10 000
      ortofotokaart 3319 AD 12 CERES word verskaf.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         GEOGRAFIE V2                                        3

AFDELING A:          ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE EN HULPBRONNE EN
                     VOLHOUBAARHEID

VRAAG 1

1.1    Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
       die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.8 I.

                         KOLOM A                                KOLOM B
       1.1.1    Die ontwikkeling van industrieë in ŉ    A   globalisering
                land

       1.1.2    Geleë in ŉ MOEL waar hulpbronne         B   buitelandse handel
                goedkoop en die salaris min is

       1.1.3    Sluit die beweging van goedere,         C   uitkringende-effek
                dienste, kapitaal, idees en mense
                rondom die wêreld in

       1.1.4    Uitruil van goedere tussen lande        D   volhoubare ontwikkeling

       1.1.5    ŉ Toename in aktiwiteit en belegging    E   industrialisasie
                in een gebied veroorsaak ŉ aktiwiteit
                en belegging in ŉ ander gebied

       1.1.6    Lande, met hoë inkomste wat             F   ontwikkelend
                gewoonlik in die noorde aangetref
                word

       1.1.7    Balanseer ekonomiese, sosiale en        G   Transnasionale
                omgewingsdoelwitte                          korporasies

                                                        H   ontwikkeld
                                                                                   (7 x 1)    (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GEOGRAFIE V2                           (EC/NOVEMBER 2022)

 1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. bv. 1.2.9 A.

      1.2.1    ŉ Gini-koëffisiënt telling van 0,8 dui .... aan.

               A      ŉ oneweredige verspreiding van rykdom in ŉ land
               B      die ergste moontlike lewenskwaliteit
               C      die amper perfekte lewenskwaliteit
               D      ŉ meer gelyke verspreiding van rykdom

      1.2.2    Handelsbalans is die ...

               A      belasting wat op ingevoerde produkte geplaas word.
               B      finansiële staat van ŉ land.
               C      waarde van ŉ land se in- en uitvoere.
               D      beperking op ingevoerde goedere.

      1.2.3    Demografiese-aanduiders sluit in ...

               A      geboorte- en sterftesyfers.
               B      voedsel en voeding.
               C      water en elektrisiteit.
               D      goedere en dienste.

      1.2.4    ŉ Nadeel van globalisering is die ...

               A      liberalisering van handel.
               B      uitruil van vaardighede.
               C      verspreiding van Covid-19.
               D      vorming van globale organisasies.

      1.2.5    Die vinnige ekonomiese ontwikkeling van China kan toegeskryf word
               aan ŉ ...

               A      opeenvolging van vyfjaarplanne.
               B      beleid van proteksionisme.
               C      wêreldwye arbeidsmag.
               D      uitvoer-geleide benadering tot ontwikkeling.

      1.2.6    Die donasie van inspuitings om die verspreiding van die Covid-
               pandemie te help bekamp is ŉ voorbeeld van ... ontwikkelingshulp.

               A      tydelike
               B      humanitêre
               C      bilaterale
               D      tegniese

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                            GEOGRAFIE V2                                     5

       1.2.7    ŉ Menslike ontwikkelingsindeks van 0,8 dui ŉ ... aan.

                A     goeie lewenskwaliteit
                B     swak lewenskwaliteit
                C     hoë geboortesyfer
                D     hoë sterftesyfer

       1.2.8    Die bestryding van die verspreiding van MIV/Vigs en Covid-19 is
                voorbeelde van ontwikkeling uit ŉ ... konteks.

                A     plaaslike
                B     streeks-
                C     gemeenskap-
                D     globale                                                      (8 x 1)    (8)

 1.3 Die strokiesprent hieronder toon ŉ ekonomiese aanduiding van ontwikkeling.

                                                                   [Bron: Addisfortune.net]

       1.3.1    Wat is BBP-groei?                                                  (1 x 2)    (2)

       1.3.2    Noem die belangrikheid van BBP-groei vir ŉ land.                   (1 x 1)    (1)

       1.3.3    Lewer kommentaar oor die verhouding tussen BBP-groei en menslike
                ontwikkeling.                                             (1 x 2)             (2)

       1.3.4    Hoe beeld die strokiesprent ŉ negatiewe impak van BBP-groei op
                menslike ontwikkeling uit?                                   (1 x 2)          (2)

       1.3.5    Verduidelik waarom hierdie negatiewe impak (jou antwoord op
                VRAAG 1.3.4) sigbaar in die meeste lande is.                (2 x 2)           (4)

       1.3.6    Stel strategieë voor om menslike ontwikkeling in ontwikkelende lande
                te verbeter.                                                    (2 x 2)       (4)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                GEOGRAFIE V2                                     (EC/NOVEMBER 2022)

1.4   Verwys na die uittreksel hieronder wat op die inisiatief van die Perdekraal-Oos
      Windplaas-organisasie; gebaseer is.

              DIE PERDEKRAAL-OOS WINDPLAAS GEMEENSKAPSPROJEK

      ŉ Gemeenskapstrust is geskep en besit 2,5% van Perdekraal-Oos windplaas,
      wat belê word in gemeenskapsontwikkelingsprogramme vir sosiale welsyn tot
      voordeel van die begunstigde gemeenskappe.

      Gedurende die konstruksiefase van Perdekraal-Oos windplaas het die
      gemeenskappe toegang tot vaardighede en opleidingsgeleenthede, asook
      meer werk- en sakegeleenthede as wat voorheen in die omgewing beskikbaar
      was.

      Gedurende die bedryfsfase bestee Perdekraal-Oos windplaas 2,8% van sy
      inkomste aan sosio-ekonomiese welsyn en 0,2% aan plaaslike
      ondernemingsontwikkeling binne die begunstigde gemeenskappe vir ŉ tydperk
      van 20 jaar.

      Die sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte is gefokus op die implementering
      van programme binne die begunstigde gemeenskappe van Ceres en naburige
      distrikte, met die doel om opwaartse sosiale mobiliteit moontlik te maak.

      Hierdie programme en inisiatiewe vir vroeë kinderontwikkeling help om
      ongeletterdheid te verlig; gesondheidsorginisiatiewe; gemeenskaps-
      bewusmakingsveldtogte; ontwikkeling van infrastruktuur; bemagtiging van
      vroue en jeug word ook aangespreek.

      Die Perdekraal-Oos windplaas help en versnel die volhoubaarheid van
      plaaslike ondernemings wat besit word deur voorheen benadeelde mense en
      verskaffers van vroue. Hierdie program maak voorsiening vir
      besigheidsondersteuning en om volhoubaarheid te verseker.
                                [Vryvertaal en aangepas uit: https://perdekraaleastwind.co.za]

      1.4.1    Wat is gemeenskapsontwikkeling?                                        (1 x 2)    (2)

      1.4.2    Volgens die uittreksel, hoe het gemeenskappe in die gebied by die
               konstruksiefase van die Perdekraal-Oos windplaas gebaat.   (1 x 1)                (1)

      1.4.3    Noem TWEE fokus areas van die gemeenskapsontwikkelingsprojekte
               wat die sosiale welsyn van die gemeenskap bevoordeel het. (2 x 1)                 (2)

      1.4.4    Waarom is die monitering van gemeenskapsgebaseerde projekte vir
               volhoubare ontwikkeling ŉ vereiste?                     (1 x 2)                   (2)

      1.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom die
               Perdekraal-Oos windplaas gemeenskapsprojek belangrik is vir ŉ land
               se breër ontwikkelingsdoelwitte.                            (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                         GEOGRAFIE V2                                            7

1.5    Lees die uittreksel hieronder wat gebaseer op handelsverhoudinge is.

               BRICS ’N STERKER BLOK OM VRYE-HANDEL TE BESKERM

       BRICS is ŉ akroniem vir die ontwikkelende nasies van Brasilië, Rusland, Indië
       en China – hierdie lande word beskou as die toekomstige dominante
       verskaffers van vervaardigde goedere, dienste en grondstowwe teen 2050.
       China en Indië word beskou as die wêreld se toekomstige belangrikste
       verskaffers van onderskeidelik vervaardigde goedere en dienste, terwyl
       Brasilië en Rusland op dieselfde manier as die verskaffers van grondstowwe
       sal oorheers. Vanaf 2010 het Suid-Afrika by die groep aangesluit, wat nou
       BRICS genoem word.

       ŉ Vergadering van die BRICS-handelsblok het dit duidelik gemaak dat China,
       met ŉ relatief oorvloedige verskaffingskapasiteit van mediese hulpbronne, soos
       entstowwe, hierdie lande effektief kan help om so gou as moontlik uit die
       pandemie te kom. In die hele geskiedenis van die BRICS-ooreenkoms was
       daar nog nooit ŉ meer uitdagende tyd vir al vyf die lande om hulpbronne
       gesamentlik oor te dra nie.

       Die vergadering het ook aandag gegee aan die kommer oor die groot krisis in
       die openbare gesondheid, die ekonomiese agteruitgang en die stygende
       werkloosheidsyfer, wat ŉ bedreiging vir sosiale stabiliteit inhou. Dit glo dat ons
       slegs deur internasionale samewerking en multilateralisme-agenda ons
       uitdagings die hoof kan bied.

       Wat die multilaterale besprekings betref, was hierdie vergadering ŉ kragtige
       reaksie op die onlangse eensydige optrede van die Verenigde State. Die VSA
       het ook probeer om Brasilië en Indië aan te moedig om die BRICS se
       belangrikheid af te gradeer.
                                              [Vry vertaal en aangepas uit investopedia.com.T]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V2                              (EC/NOVEMBER 2022)

      1.5.1    Noem die handelsblok waarna in die uittreksel verwys word.      (1 x 1)     (1)

      1.5.2    Noem enige TWEE BRICS-lidlande wat in die noordelike halfrond geleë
               is.                                                          (2 x 1)        (2)

      1.5.3    Wat is handel-proteksionisme?                                   (1 x 2)     (2)

      1.5.4    Hoe pas die BRICS-lande proteksionisme toe om na die belange van
               die handelsblok om te sien?                               (1 x 2)           (2)

      1.5.5    Waarom sou ŉ ontwikkelde land soos die Verenigde State ŉ
               vryehandelsbeleid steun?                           (2 x 2)                  (4)

      1.5.6    Verduidelik hoe ŉ lid van die BRICS-handelsblok Suid-Afrika kan help
               om van die negatiewe ekonomiese gevolge van die Covid-19-
               pandemie te herstel.                                          (2 x 2)      (4)
                                                                                         [60]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                           GEOGRAFIE V2                                      9

VRAAG 2

2.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       2.1.8 A.

       2.1.1    Verwoestyning is ŉ ... agent van erosie.

                A     menslike
                B     fisiese
                C     dierlike
                D     ekonomiese

       2.1.2    Suurreën is ŉ vorm van ...

                A     omgewingsbesoedeling.
                B     neerslag.
                C     lugbesoedeling.
                D     energie.

       2.1.3    Die Kyoto-protokol vereis dat Suid-Afrika ...

                A     kernenergie ontwikkel.
                B     aanhou om steenkool te gebruik om elektrisiteit op te wek.
                C     industrialisasie verminder.
                D     hernubare energiebronne ontwikkel.

       2.1.4    Uraan is ŉ mineraal wat nodig is vir die produksie van ... -energie.

                A     termiese
                B     wind
                C     kern
                D     son

       2.1.5    Slote of dongas is die gevolge van gronderosie wat deur ... veroorsaak
                word.

                A     oorbeweiding
                B     strook-akkerbou
                C     bebossing
                D     herbebossing

       2.1.6    Sonkrag is ŉ ... bron van -energie.

                A     nie-hernubare
                B     hernubare
                C     termiese
                D     konvensionele

       2.1.7    Grondverlies is ŉ faktor wat ... affekteer.

                A     energieproduksie
                B     rivier-deltas
                C     droogtes
                D     voedselproduksie                                             (7 x 1)    (7)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GEOGRAFIE V2                              (EC/NOVEMBER 2022)

2.2   Kies die korrekte woord(e) tussen hakies wat elke stelling geografies KORREK
      maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) neer.

      2.2.1    (Saam die helling/Teen die helling) -ploeëry kan afloop veroorsaak wat
               tot gronderosie bydra.

      2.2.2    Gronderosie is meer sigbaar in gebiede waar (bestaans-/kommersiële)
               boerdery voorkom.

      2.2.3    (Biobrandstof/Geotermiese) -energie word uit natuurlike organiese
               materiaal opgewek.

      2.2.4    Die enigste funksionele kernkragstasie in Suid-Afrika is in die
               (Wes-Kaap/Oos-Kaap) geleë.

      2.2.5    Die konvensionele energiebron wat die minste tot die
               elektrisiteitsnetwerk in Suid-Afrika bydra, is (gas-/hidro-elektrisiteit).

      2.2.6    (Bebossing/oorbeweiding) verminder gronderosie wat deur water en
               wind veroorsaak word.

      2.2.7    Termiese kragstasies dra tot veranderinge in die (ekonomie/klimaat) by.

      2.2.8    (Braking/Oor-oesting) is ŉ boerderypraktyk            wat   toelaat dat
               voedingstowwe en vrugbaarheid herstel word.                      (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                              GEOGRAFIE V2                                               11

2.3    Verwys na die uittreksel hieronder wat handel oor gronderosie in die Amasone-
       reënwoud.

       Die Amasone is die wêreld se grootste reënwoud en die grootste rivierbekken op
       die planeet.
       Deesdae staar die Amasone ŉ menigte bedreigings in die gesig weens
       onvolhoubare ekonomiese ontwikkeling: 20% van die Amasoon-bioom is reeds
       verlore, en die neiging sal vererger as dit nie dopgehou word nie, met erosie wat
       die grootste kommer wek.
       Die hout-afkapping en skoonmaak van reënwoude is wêreldwyd sommige van die
       belangrikste oorsake van grondagteruitgang. In die Amasone-reënwoud van
       Brasilië word byvoorbeeld elke sekonde ŉ gebied die grootte van ŉ sokkerveld
       gesny, wat groot dele van die land kwesbaar maak vir wind, reën en vloede wat
       erosie veroorsaak.
       Die Amasone is die grootste ontbossingsfront ter wêreld en ingrypings is dringend
       nodig om ŉ grootskaalse, onomkeerbare ekologiese ramp as gevolg van die mens
       te voorkom.
       Ontbossing deur aktiwiteite soos onvolhoubare hout-afkapping, boerdery en
       mynbou kan lei tot vinnige en wydverspreide erosie van reënwoudgrond.
       Houtondernemings maak groot dele van die reënwoud skoon en boere met min
       grond laat beeste toe om delikate reënwoud gras te oorbewei. Landbou is nog ŉ
       belangrike oorsaak van ontbossing en erosie.
               [Vry vertaal en aangepas uit http://wwf.panda.org/our_work/forests/deforestation _fronts/
                                deforestation _in_the_amazon/. Toegang op 28 Augustus 2018 verkry.]

       2.3.1   Volgens die uittreksel, noem EEN menslike aktiwiteit wat tot gronderosie
               gelei het.                                                        (1 x 1)                   (1)
       2.3.2   Lys TWEE fisiese (natuurlike) faktore wat gronderosie veroorsaak het.
                                                                                (2 x 1)                    (2)
       2.3.3   Noem EEN manier hoe gronderosie ŉ impak op die omgewing van die
               Amasone-reënwoud sal het.                                (1 x 2)                            (2)
       2.3.4   Verduidelik die effek van gronderosie op die omgewing van die Amasone-
               reënwoud.                                                       (2 x 2)                     (4)
       2.3.5   Verduidelik DRIE volhoubare bestuurstrategieë wat gebruik kan word om
               gronderosie in die Amasone-reënwoud te verhoed en te kontroleer.
                                                                              (3 x 2)                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GEOGRAFIE V2                                    (EC/NOVEMBER 2022)

 2.4 Verwys na die uittreksel oor steenkool as ŉ konvensionele energiebron.

      Beurtkrag van elektrisiteit sal die BBP-groei vanjaar halveer en die land
      275 000 in moontlike werksgeleenthede kos, sê ontleders.

      In Junie het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat die vereistes vir die
      private sektor om ŉ lisensie vir eie kragopwekking te verkry, verslap is, met die
      amptelike verandering wat binne die volgende twee maande in ŉ staatskoerant
      aangebring moet word.

      Ramaphosa het die drumpel tot 100 MW verhoog. Volgens Ramaphosa sal
      ondernemings ook toegelaat word om oortollige krag wat in die netwerk
      opgewek word, te verkoop. Dit kan egter meer as ŉ jaar neem om die gevolge
      van die verandering te sien, sê ekonome van die Buro vir Ekonomiese
      Ondersoek (BER).

      “Wat die impak op die ekonomie betref, is dit belangrik om te besef dat eie
      opwekkings (hernubare) projekte tot 18 maande kan neem om af te handel. Dit
      impliseer wel dat periodieke beurtkrag in die nabye toekoms waarskynlik ŉ
      kenmerk van die Suid-Afrikaanse landskap sal bly. ”

      Die Suid-Afrikaanse fotokatalitiese vereniging skat dat die opheffing van die
      lisensie toppunt in die komende twee jaar tot 5 500 MW ekstra krag kan bydra.

      "Die belangrikste boodskap hier is dat daar in ooreenstemming met ons denke
      sedert einde 2019, ruimte is om meer optimisties te wees oor die vooruitsigte
      vir die Suid-Afrikaanse ekonomie na 2022," het die BER gesê.
                                           [Aangepas en vry vertaal uit http;//www.ber.ac.za.]

      2.4.1    Noem die kragvoorsiener wat elektrisiteit aan Suid-Afrika verskaf.
                                                                               (1 x 1)            (1)

      2.4.2    Volgens die uittreksel, wat is die effek van beurtkrag op die ekonomie
               van Suid-Afrika?                                                 (2 x 1)           (2)

      2.4.3    Noem die oorsake van beurtkrag in Suid-Afrika.                         (2 x 1)     (2)

      2.4.4    Verduidelik hoe die besluit van president Cyril Ramaphosa ŉ positiewe
               impak op die beskikbare elektrisiteit vir Suid-Afrika, het.   (1 x 2)              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        GEOGRAFIE V2                                     13

       2.4.5   Waarom verkies Suid-Afrika dat ŉ nie-konvensionele bron van energie,
               soos steenkool, sy belangrikste bron van energie is?         (2 x 2)       (4)

       2.4.6   Verduidelik die negatiewe impak wat steenkoolmynbou op die
               omgewing het.                                              (2 x 2)         (4)

2.5    Verwys na die feitelȇer wat die voordele en nadele van wind-energie as ŉ nie-
       konvensionele bron van energie verskaf.

       2.5.1    Waarom is wind ŉ hernubare bron van energie?                   (1 x 2)     (2)

       2.5.2    Hoe kan windkrag as ŉ hernubare energiebron kweekhuisvrystellings
                verminder?                                                (1 x 1)          (1)

       2.5 3    Gee die negatiewe omgewingsredes vir die gebruik van wind as ŉ bron
                van energie.                                                 (2 x 1)       (2)

       2.5.4    Waarom het Suid-Afrika se ligging die ontwikkeling van wind-energie
                bevoordeel?                                                  (1 x 2)       (2)

       2.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die voordele van
                wind-energie vir die ekonomie van Suid-Afrika.                 (4 x 2)     (8)
                                                                                          [60]

                                                             TOTAAL AFDELING A:           120

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               GEOGRAFIE V2                                (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 VRAAG 3

                       ALGEMENE INLIGTING OOR CERES

 Koördinate: 33° 22' 13" S 19° 18' 55" O     Ceres is die administratiewe sentrum en
                                             grootste stad van die Witzenberg plaaslike
                                             munisipaliteit in die Wes-Kaap provinsie
                                             van Suid-Afrika. Ceres dien as ŉ
                                             streeksentrum vir die omliggende dorpe
                                             Worsley, Tulbagh, Op-die-Berg en die Prins
                                             Alfred    gehuggie.   Dit   is   in    die
                                             Warmbokkeveldvallei, ongeveer 170 km
                                             noordoos van Kaapstad geleë.

                                             Ceres is geleë by die noordoostelike ingang
                                             van Michell’s-pas en die ou R46-roete
                                             noord tussen Kaapstad en Johannesburg,
                                             wat later vervang is deur die N1-snelweg,
                                             wat die Breederiviervallei na die suide
                                             oorsteek.

                                             Ceres het ŉ groot aantal nywerhede wat
                                             voorsiening      maak        vir      sy
                                             landboubedrywighede en is bekend vir
                                             vrugtesappe wat wêreldwyd uitgevoer word
                                             met die naam van die stad.

 Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings is op die topografiese
 kaart getoon:

 ENGLISH                                     AFRIKAANS
 Diggings                                    Uitgrawings
 Firebreak                                   Voorbrand

 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      Die onderstaande vrae is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 3319 AD Ceres,
      sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied
      gebaseer.

      Bereken die area in meter van verskynsel 1, afgebaken in ŉ wit blok D4, D5,
      E4 en E op die ortofotokaart, as die lengte 2,7 cm is en die breedte 2,0 cm is.
      Toon ALLE berekeninge. Punte word vir berekeninge toegeken.

      Formule: Area = Lengte x Breedte                                           (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          GEOGRAFIE V2                                   15

3.2    Verwys na die dwarsprofiel vanaf N in blok E3 tot O in blok C4 op die
       topografiese kaart, wat die hoofverkeerspad is wat na Ceres gaan.

                                                         Y

       3.2.1    Noem die volgende verskynsels op die dwarsprofiel:

                (a)   Die monument by X wat ŉ mens op die R46 sou verbysteek.
                                                                           (1 x 1)         (1)

                (b)   Die landvorm wat die hoofverkeerspad deur die Witzenberge volg.
                                                                              (1 x 1)      (1)

       3.2.2    Die helling tussen N en Y is ...

                A     geleidelik.
                B     konveks.
                C     konkaaf.
                D     uniform.                                                 (1 x 1)     (1)

       3.2.3    Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel tussen N en O.
                Toon ALLE berekeninge. Punte word vir berekeninge toegeken.
                                                                              (4 x 1)      (4)
                                                    Vertikale Skaal (VS)
                Formule: Vertikale vergroting =
                                                   Horisontale Skaal (HS)

3.3    KAARTINTERPRETASIE

       Verwys na die Ceres-ortofotokaart.

       3.3.1    Is die uittreksel van die Ceres-ortofotokaart ŉ skuins- of vertikale-
                lugfoto?                                                     (1 x 1)       (1)

       3.3.2    Verduidelik jou antwoord by VRAAG 3.3.1                        (1 x 2)     (2)

       3.3.3    Die verskynsel wat 2 in blok D1 op die ortofotokaart genommer is, het
                ŉ gladde tekstuur. Gee ŉ rede.                                (1 x 2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   GEOGRAFIE V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

3.4   3.4.1    Die gebied 3 op die ortofotokaart dui ŉ ... aan.

               A      sportveld
               B      begraafplaas
               C      skool.
               D      hospitaal.                                             (1 x 1)    (1)

      3.4.2    Die mensgemaakte verskynsel P op die topografiese kaart is ŉ ...

               A      mynhoop.
               B      opvulling.
               C      uitgrawing.
               D      deurgrawing.                                           (1 x 1)    (1)

3.5   Verwys na blok A4 op die topografiese kaart.

      3.5.1    Die hoof landbou-aktiwiteit is ...

               A      bewerkte landerye.
               B      rye bome.
               C      boorde en wingerde.
               D      ŉ beskermde gebied.                                    (1 x 1)    (1)

      3.5.2    Gee TWEE redes sigbaar op die topografiese kaart, wat die tipe
               boerdery wat in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is, bevoordeel het.
                                                                      (2 x 2)           (4)

3.6   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die ruimtelike kenmerke op die Ceres topografiese kaart en
      beantwoord die volgende vrae:

      3.6.1    Identifiseer EEN mensgemaakte lynverskynsel in blok A1.        (1 x 1)   (1)

      3.6.2    Noem EEN attribuut van die pad in blok C4 wat deur Ceres beweeg.
                                                                           (1 x 1)      (1)

3.7   Verwys na blokke C4 en C5 op die topografiese kaart.

      3.7.1    Definieer die konsep afstandwaarneming.                       (1 x 2)    (2)

      3.7.2    Die inwoners van Ceres kla oor waterbesoedeling in die Dwarsrivier.
               Verduidelik hoe die plaaslike munisipaliteit afstandwaarneming kan
               gebruik om te help om hierdie probleem van waterbesoedeling op te
               los.                                                         (2 x 2)      (4)
                                                                                        [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         30
                                                                  GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/62361e11-43d8-4104-b3ac-aed67f5487d8) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 memo GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov-2017-afrikaans/c234ee46-cdfc-4e5d-87dc-14c463cd9dd7) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/4d30616b-4cac-4a08-8b5f-ebd71601d315) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11 NOV2020 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov2020-eng-d/ea51013f-caf5-4da6-a0c4-d8a4b13d0421) — Geography · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
