# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/d70a0210-db64-4bd2-8441-6c040f31a05c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr12-sept2021-afrikaans/d70a0210-db64-4bd2-8441-6c040f31a05c)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2021

                        GEOGRAFIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2021)

 INLIGTING EN INSTRUKSIES

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.

 2.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 3.    Waar benodig, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.

 4.    Laat ŉ reël oop tussen die onderafdelings van die vrae wat beantwoord word.

 5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik word.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    In AFDELING B word jy van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (2329 BB LOUIS
       TRICHARDT) en ŉ ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied,
       verskaf.

 9.    Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing. Punte
       sal hiervoor toegeken word.

 10.   Die maateenheid, waar van toepassing, moet in die finale antwoord verskaf
       word, byvoorbeeld 10 km, 4 °C, oos.

 11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar en ŉ vergrootglas gebruik maak.

 12.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgemerk is, stel
       die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       GEOGRAFIE V2                                   3

AFDELING A:           LANDELIKE  EN STEDELIKE    NEDERSETTINGS                 EN
                      EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.9 A.

       1.1.1     … beïnvloed die standplaas van ŉ landelike nedersetting.

                A       Mense
                B       Water
                C       Olie
                D       Dienste

       1.1.2    Die vorm van ŉ liniêre nedersetting word gewoonlik deur ... bepaal.

                A       toeganklikheid
                B      tradisie
                C      kanale
                D      sekuriteit

       1.1.3     Grond- … is ŉ proses om mense te vergoed vir grond wat hulle
                 verloor het.

                A      hervorming
                B      onteiening
                C      eienaarskap
                D      restitusie

       1.1.4     … landelike nedersettingspatrone maak groter winste.

                A      Verspreide
                B      Vierkantige
                C      Kruispad
                D      Kern

       1.1.5    Volgens grootte en kompleksiteit is ... die tweede laagste in die
                hiërargie van nedersettings.

                A      plaasopstalle
                B      boeredorpies
                C      gehuggies
                D      dorpe

       1.1.6    … nedersettings is in hoogliggende gebiede geleë as gevolg van
                dreigende oorstromings.

                A      Droëpunt-
                B      Waterpunt-
                C      Semi-sirkel
                D      T-vorminge

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GEOGRAFIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2021)

      1.1.7    Spookdorpe beskryf landelike gebiede waar die ...

               A      minste geleerde mense agtergelaat word.
               B      aantal MIV/Vigs mense toegeneem het.
               C      geboue en plase verlate is.
               D      water en vrugbare grond skaars is.

      1.1.8    … is een van die uitdagings wat met grondhervorming geassosieer
               word.

               A      Onteiening
               B      Sosiale geregtigheid
               C      Gewillige koper/verkoper-klousule
               D      Sosiale ongeregtigheid                                (8 x 1)     (8)

1.2   Pas die onderstaande stellings by die term Stad, Dorp of Boeredorp. Skryf
      slegs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) en jou antwoord neer,
      bv.1.2.8 Dorp.

      1.2.1    Bied ŉ wye verskeidenheid funksies van hoë-orde aan, byvoorbeeld
               spesialis dokters

      1.2.2    Het ŉ kleiner invloedsfeer

      1.2.3    Hierdie nedersettings in nie ŉ voorbeeld van ŉ sentrale-plek nie

      1.2.4    Bied slegs lae-orde dienste en funksies aan

      1.2.5    Hierdie nedersetting het die laagste drempelbevolking

      1.2.6    Het ŉ hoër rangorde op die stedelike hiërargie

      1.2.7    Die nedersetting wat die grootste reikwydte het              (7 x 1)     (7)

1.3   Verwys na FIGUUR 1.3 wat die gevolge van landelike ontvolking toon.

      1.3.1    Haal bewyse uit FIGUUR 1.3 aan wat daarop dui dat die
               ouderdomstruktuur deur ontvolking in landelike nedersettings
               beïnvloed word.                                      (1 x 1)              (1)

      1.3.2    Gee TWEE faktore wat landelike ontvolking veroorsaak.        (2 x 1)      (2)

      1.3.3    Verduidelik die negatiewe sosiale impak van landelike ontvolking
               op landelike nedersettings.                                 (2 x 2)       (4)

      1.3.4    Waarom is dit so belangrik om die ekonomie van landelike
               nedersettings te groei?                           (2 x 2)                 (4)

      1.3.5    Verduidelik hoe die proses van grondherverdeling die ekonomie
               van landelike nedersettings in Suid-Afrika sal verbeter.  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        GEOGRAFIE V2                                    5

 1.4   FIGUUR 1.4 is ŉ foto van ŉ SSK wat ŉ stedelike grondgebruiksone is.

       1.4.1    Gee bewyse vanuit die foto wat die stelling dat hierdie ŉ Sentrale
                Sakekern (SSK) is, ondersteun.                                (1 x 1)     (1)

       1.4.2    Waarom word die SSK           as   ŉ stedelike    grondgebruiksone
                geklassifiseer?                                             (1 x 2)       (2)

       1.4.3    Beskryf TWEE faktore wat die konsentrasie van kommersiële
                funksies in die SSK sou bepaal het.               (2 x 2)                 (4)

       1.4.4    Verduidelik waarom kommersiële desentralisasie ŉ negatiewe
                uitwerking op die SSK gehad het.                         (2 x 2)          (4)

       1.4.5    Stel TWEE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om die
                SSK aantrekliker vir besighede te maak.                (2 x 2)            (4)

 1.5   Lees die gevallestudie in FIGUUR 1.5 wat die kwessie van stedelike
       nedersetting van ŉ gebrek aan dienslewering beklemtoon.

       1.5.1    Volgens die uittreksel, hoeveel informele nedersettings steel/roof
                elektrisiteit?                                             (1 x 1)       (1)

       1.5.2    Haal TWEE basiese dienste aan wat in informele nedersettings
                ontbreek.                                            (2 x 1)             (2)

       1.5.3    Verduidelik waarom munisipaliteite sukkel om basiese dienste te
                verskaf.                                                 (2 x 2)         (4)

       1.5.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die ekonomiese
                impak wat ŉ tekort aan basiese dienste op die Johannesburgse stad
                sal het.                                                    (4 x 2)      (8)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 2

 2.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 A.

       2.1.1   Die ... sektor verwys na besighede wat nie geregistreer is nie en nie
               belasting betaal nie.

               A      formele
               B      ekonomiese
               C      informele
               D      tersiêre

       2.1.2   ŉ Sosiale faktor wat die ontwikkeling van die industriële gebied in
               Gauteng bevoordeel het:

               A      Grondstowwe
               B      Gelyke grond
               C      Digte bevolking
               D      Goedkoop krag

       2.1.3   ... -boerdery in Suid-Afrika word deur ŉ veranderlike prys en
               oorbeweiding belemmer.

               A      Mielie
               B      Bees
               C      Suikerriet
               D      Bestaans

       2.1.4   Voedselsekerheid is wanneer mense in ŉ land ...

               A      nie toegang tot voedsame voedsel het nie.
               B      toegang tot grond het.
               C      nie toegang tot genetiese-gemodifiseerde gewasse het nie.
               D      toegang tot voedsame voedsel het.

       2.1.5   … industrieë produseer bederfbare goedere.

               A      Grondstof-georiënteerde
               B      Mark-georiënteerde
               C      Swaar
               D      Brug

       2.1.6   Groot stukke goedkoop en gelyke grond aan die buitewyke is ŉ
               gespesialiseerde vereiste vir ... nywerhede.

               A      ongebonde
               B      ligte
               C      swaar
               D      alomteenwoordige

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                        GEOGRAFIE V2                                   7

      2.1.7    ... is die verskil tussen ŉ land se uitvoere en invoere oor ŉ gegewe
               tydperk.
               A        Handelsbalans
               B        Negatiewe handelsbalans
               C        Positiewe handelsbalans
               D        Betalingsbalans                                         (7 x 1)        (7)
2.2   Verwys na FIGUUR 2.2 (A) en (B) wat voorbeelde van verskillende ekonomiese
      sektore toon. Pas die onderstaande beskrywings by een van die ekonomiese
      sektore. Skryf slegs die ekonomiese sektor langs die vraagnommers neer
      (2.2.1 tot 2.2.8), byvoorbeeld 2.2.9 primêr.
      2.2.1    Hierdie sektor word met hoë vlakke van besoedeling geassosieer

      2.2.2    Geneties gemodifiseerde gewasse word in hierdie sektor geproduseer

      2.2.3    ROI’s en IOS’s is strategieë wat gebruik word om hierdie sektor te groei

      2.2.4    Ontginning van grondstowwe uit die omgewing

      2.2.5    Die sektor wat die meeste tot die BBP van Suid-Afrika bydra

      2.2.6    Vervoer is ŉ voorbeeld van ŉ aktiwiteit in hierdie sektor
      2.2.7    Die sektor is betrokke by die ontwikkeling van entstowwe vir die korona-
               virus
      2.2.8    Die sektor wat die minste tot die BNP bydra                      (8 x 1)        (8)
2.3   Verwys na FIGUUR 2.3 en bestudeer die inligting oor steenkoolmynbou in Suid-
      Afrika.
      2.3.1    Volgens FIGUUR 2.3, in watter provinsie word die meeste steenkool
               geproduseer?                                               (1 x 1)              (1)

      2.3.2    Noem die kragvoorsiener wat elektrisiteit in Suid-Afrika produseer.
                                                                                (1 x 1)        (1)

      2.3.3    Haal bewyse uit FIGUUR 2.3 aan wat daarop dui dat steenkoolmynbou
               deur alternatiewe energiebronne vervang kan word.           (1 x 1)             (1)

      2.3.4    Noem TWEE fisiese faktore wat die produksiekoste van
               steenkoolmynbou in hierdie provinsie kon verlaag het (jou antwoord op
               VRAAG 2.3.1).                                                  (2 x 1)          (2)

      2.3.5    Hoe het die nabyheid van die steenkoolmyne die ontwikkeling van die
               nywerheidsgebied in Gauteng bevoordeel?                      (1 x 2)            (2)

      2.3.6    Bespreek die negatiewe impak wat arbeid op die steenkoolmynbedryf
               het.                                                       (2 x 2)              (4)

       2.3.7 Verduidelik hoe die omgewingsvoordeel om ŉ net-zero-
             koolstofvrystelling teen 2050 te bereik, ŉ negatiewe ekonomiese impak
             op Suid-Afrika sal hê.                                         (2 x 2)            (4)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GEOGRAFIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2021)

    2.4   FIGUUR 2.4 is gebaseer op strategieë vir industriële ontwikkeling; die
          Saldanhabaai Industriële Ontwikkelingsone (SBIOS).

          2.4.1 Noem EEN doelwit van ŉ Industriële Ontwikkelingsone (IOS).
                                                                         (1 x 1)          (1)

          2.4.2 Gee ŉ bewys van EEN fisiese (natuurlike) faktor wat Saldanha-
                baai ŉ ideale plek vir industriële ontwikkeling maak.      (1 x 1)        (1)

          2.4.3 Identifiseer EEN sektor uit FIGUUR 2.4 waar nuwe beleggings-
                ooreenkomste onderteken is.                           (1 x 1)             (1)

          2.4.4 Bespreek die negatiewe impak wat hierdie nuwe beleggings-
                ooreenkomste op die mense van Saldanhabaai kan hê. (2 x 2)                (4)

          2.4.5 In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die maniere
                waarop die Saldanhabaai Industriële Ontwikkelingsone ŉ positiewe
                bydrae tot die Suidwes-Kaap industriële gebied gelewer het. (4 x 2)       (8)

 2.5      FIGUUR 2.5 is ŉ spotprent oor internasionale handel.

          2.5.1 Watter bewyse toon dat die spotprent gebaseer is op internasionale
                handel en nie binnelandse handel nie?                       (1 x 1)       (1)

          2.5.2 Identifiseer Suid-Afrika se handelsvennoot uit die spotprent. (1 x 1)     (1)

          2.5 3 Watter bewyse op die spotprent toon dat Suid-Afrika nie die enigste
                handelsvennoot van China is nie?                             (1 x 1)      (1)

          2.5.4 Wat is die betekenis van die onderskrif ‘Chinese wegneemete’ in die
                spotprent?                                                 (1 x 2)        (2)

          2.5.5 Hoe bevoordeel internasionale handel die bruto binnelandse
                produk (BBP) van Suid-Afrika?                              (1 x 2)        (2)

          2.5.6 Waarom het Suid-Afrika ŉ negatiewe handelsbalans met China?
                                                                        (2 x 2)           (4)

          2.5.7 Verduidelik die impak wat ŉ negatiewe handelsbalans op die
                ekonomie van Suid-Afrika sal hê.                           (2 x 2)       (4)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        GEOGRAFIE V2                                   9

 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 Die onderstaande vrae is gebaseer op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2329 BB
 LOUIS TRICHARDT, sowel as die ortofotokaart van ŉ deel van die gekarteerde
 gebied.

 VRAAG 3

 KAARTWERK-VAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE

 3.1 Die magnetiese peiling vir 2012 tussen twee punte op die topografiese
     kaart was 14°23' W van ware noord.

       3.1.1     Sal die magnetiese peiling in 2021 tussen twee punte groter of
                 kleiner wees?                                               (1 x 1)     (1)

       3.1.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                 (1 x 1)     (1)

 3.2   Verwys na die afgebakende gebied in ROOI en SWART op die topografiese
       kaart wat die area wat deur die ortofotokaart gedek word, voorstel.

       3.2.1     Gebruik die topografiese kaart om die area wat deur die
                 ortofotokaart gedek word, in vierkante meter (m²), te bereken. Toon
                 ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                 Formule: Area = Lengte x Breedte                             (5 x 1)    (5)

       3.2.2     Verduidelik waarom die area wat deur die ortofotokaart gedek
                 word, kleiner op die topografiese kaart lyk.               (1 x 2)      (2)

 3.3 Gee EEN rede waarom ŉ persoon wat by 5 staan sigbaar sal wees vir ŉ
     persoon wat by 6 staan.                                     (1 x 1)                 (1)

 KAART-INTERPRETASIE

 3.4 Die ekonomiese aktiwiteit by O in blok C2 op die topografiese kaart behoort
     aan die ... sektor.

       A       sekondêre
       B       tersiêre
       C       primêre
       D       kwaternêre                                                    (1 x 1)     (1)

 3.5 Die gebied wat noord en noord-oos van die hospitaal (blok B5) op die
     topografiese kaart, geleë is, toon kenmerke van ŉ hoë-inkomste residensiële
     gebied. Gee TWEE bewysstukke om hierdie stelling te ondersteun. (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.6 Verwys na die plaasopstal M in blok C3.

      3.6.1    Is die plaasopstal ŉ waterpunt- of ŉ droë-punt nedersetting? Gee ŉ
               rede vir jou antwoord.                                       (1 + 2)        (3)

      3.6.2    Verduidelik EEN mensgemaakte faktor wat die keuse van standplaas
               M vir die plaasopstal beïnvloed het.                      (1 x 2)           (2)

 3.7 Noem EEN verskil tussen die nedersettingpatroon by N in blok C1 en die
     nedersettingpatroon by S in blok B1.                               (2 x 1)            (2)

 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 3.8 Verwys na die ortofotokaart.

      3.8.1    Definieer die term attribuut data.                           (1 x 2)       (2)

      3.8.2    Die hoofpad 522 na Louis Trichardt is ŉ teerpad. Sou jy hierdie
               inligting as ruimtelike- of attribuut data beskou?      (1 x 1)            (1)

      3.8.3    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.8.2.                  (1 x 2)       (2)

 3.9 Verwys na BYLAAG 3.9 wat ŉ uittreksel van die Dorprivier in blokke E2/3 op
     die topografiese kaart toon, waar boere ŉ buffer geskep het.

      3.9.1    Definieer die term buffersone.                               (1 x 2)       (2)

      3.9.2    Gee EEN rede vir die skep van ŉ buffersone langs die Dorprivier.
                                                                            (1 x 1)      (1)
                                                                                         [30]

                                                                         TOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
