# History Grade 11 Eastern Cape November 2017 Addendum (Afr)

> Grade 11 History addendum from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gesk-v1-adden-nov-2017-afrikaans/74ee8382-9041-4134-9491-55556068da5d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 Eastern Cape November 2017 Addendum (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gesk-v1-adden-nov-2017-afrikaans/74ee8382-9041-4134-9491-55556068da5d)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                        NOVEMBER 2017

                        GESKIEDENIS V1
                          ADDENDUM

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IHISTA3*

                 Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE
 vrae nie.

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE BOLSJEWISTIESE REWOLUSIE IN
 RUSLAND IN 1917?

 BRON 1A

 Hierdie bron handel oor hoe Vader Gapon van ŉ polisie agent tot ŉ leier van die
 mense verander het wat namens die gewone mense drastiese hervormings van die
 Tsaar geëis het.

 Vader George Gapon het ŉ beweging gelei wat in die geheim gestig en gelei is
 deur die polisie. Die Vergadering van die Russiese Werkende Mans het daarna
 gestreef om die werkers teen die plaag van sosialisme te beskerm en hul
 verbintenis tot die Ortodoksie en die Tsaar te versterk. Opreg in sy oortuigings en
 meegevoer deur sy oordadige toesprake en ywer van sy gretige gehore, het Gapon
 sy rol as polisie agent opgegee vir dié van ŉ gewilde leier en begin met ŉ massa-
 beweging om die Tsaar vir hervorming deur middel van ŉ petisie te versoek. Die
 petisie het die "despotiese en onverantwoordelike regering” veroordeel en ook die "
 kapitalistiese uitbuiters, skelms en rowers van die Russiese volk aangeval en ŉ
 beroep op die Tsaar gedoen om vir sy volk ŉ parlement, stemreg, universele
 onderwys, minimum lone, ŉ agt-uur werksdag, inkomstebelasting, skeiding van
 kerk en staat en amnestie (algemene kwytskelding of vergifnis) vir alle politieke
 gevangenes te gee.
                                   [Uit: Tames, R – Last of the Tsars, London: Pan McMillan]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           3

 BRON 1B

 Hierdie visuele bron toon werkers wat besig is om in 1917 te protesteer in St.
 Petersburg, Rusland.

               [Uit: lowmaster.net/russian+revolution+causes. Toegang op 15 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2017)

 BRON 1C

 Die uittreksel hieronder is uit ŉ toespraak wat Lenin gegee het vir die matrose van die
 Kronstadt-vlootbasis wat die Bolsjewiste ondersteun het, by Lenin se terugkeer na
 Rusland in April 1917.

 "Kameraad matrose! Ek groet julle sonder om te weet of julle glo in al die beloftes van
 die voorlopige regering. Maar ek is daarvan oortuig dat as hulle met julle so mooi
 praat, wanneer hulle julle alles belowe, dat hulle jul en die hele Russiese volk mislei.
 Die mense benodig vrede, die mense benodig brood en die mense benodig grond. En
 hulle gee jul oorlog, hongersnood, geen brood - en los die grondhere nog op die land
 ... Ons moet veg vir ŉ maatskaplike revolusie, veg tot die einde toe, tot die volledige
 oorwinning van die proletariaat. Lank lewe die Wêreld Maatskaplike Revolusie!”

                                                                  [Uit: Making History, bladsy 112]

 BRON 1D

 Hierdie bron toon die innerlike werking en strategieë van die Bolsjewiste in die
 beplanning van die omverwerping van die voorlopige regering.

 ... Trotsky (1879-1940) was ŉ radikale Marxis, uitstekende spreker en ŉ groot
 ondersteuner van Lenin. Buite Petrograd het die gevoelens van die bevolking
 saamgeval met die Bolsjewistiese oortuigings. Die mense wou die einde van die
 Kerensky-regering sien, die einde van die oorlog en hulle wou nuwe grondverdeling
 hê. Trotsky en Lenin het die antwoorde op al hierdie begeertes gesien in ŉ
 Bolsjewistiese magsoorname.

 Vanuit Finland het Lenin ŉ beroep op die Bolsjewistiese komitee gemaak om ŉ
 gewapende opstand te beplan. Baie het gedink dat dit te vroeg en roekeloos was,
 maar nadat Lenin ŉ geheime reis na Petrograd onderneem het en vir tien uur met
 hulle daaroor gedebatteer het, was die Bolsjewiste oortuig. Trotsky het die rewolusie
 meesterlik uitgevoer. Hy het ŉ militêr-revolusionêre komitee gevorm om die
 bewapening van die werkers regoor Petrograd te beheer. Fabrieksvergaderings is
 gehou om entoesiasme onder die werkers ŉ hupstoot te gee. Ten slotte, in die nag
 van 6 November (of 26 Oktober), het die gekombineerde magte van die
 Bolsjewistiese soldate en werkers die stad bestorm en beslag gelê op staatsgeboue.
 Hulle het verder gegaan deur die meerderheid in die kongres te verkry en Lenin as
 hul nuwe leier te verklaar.

       [Uit: www.academic.mu.edu/meissnerd/russian-rev.htm. Toegang op 15 Desember 2016 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             5

 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE GROOT DEPRESSIE IN DIE VERENIGDE
 STATE VAN AMERIKA IN DIE 1930’s?

 BRON 2A

 Hierdie bron fokus op die sosiale gevolge van die Groot Depressie op die
 Amerikaanse werkersklas en die vroeë ingrypings van die regering van FD Roosevelt

 Die “Stofkom”-(Dust Bowl) droogte het boerdery in die Middeweste vernietig. Dit het
 10 jaar geduur, te lank vir die meeste boere om uit te hou. Om sake te vererger, het
 pryse vir landbouprodukte gedaal tot die laagste vlak sedert die Burgeroorlog. Soos
 wat die boere hul plase verlaat het op soek na werk, het hulle haweloos geword. Byna
 6 000 krot woonbuurte, genoem Hoovervilles, het in die 1930's ontstaan.

 Lone vir diegene wat nog steeds werk gehad het, het met 42 persent gedaal. Die
 gemiddelde gesinsinkomste het met 40 persent gedaal vanaf $ 2,300 in 1929 tot
 $1,500 in 1933. Dit is vergelykbaar met ŉ verlaging in inkomste van $32,181 na
 $20,988 in 2016-dollar waarde. As gevolg hiervan, het die aantal kinders wat na
 weeshuise gestuur was met 50 persent gestyg. Ongeveer 250,000 ouer kinders het
 die huis verlaat om werk te soek. In 1933 is die verbod op alkohol herroep. Dit het die
 regering toegelaat om belasting in te samel op die alkohol-verkope wat toe gewettig
 is. FDR het die geld gebruik om te help betaal vir die Nuwe Bedeling.

 Die depressie was so erg en het so lank geduur dat baie mense gedink dat dit die
 einde van die Amerikaanse Droom was. In plaas daarvan, het dit die droom verander
 tot ŉ reg om materiële voordele in te sluit. Die Amerikaanse Droom soos in die
 vooruitsig gestel deur die stigterslede, het die reg om ŉ mens se eie visie van geluk
 na te streef, gewaarborg.

           [Uit: www.thebalance.com/effects-of-the-great-depression. Toegang op 28 April 2017 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2017)

 BRON 2B

 Hierdie bron verduidelik die impak van die Groot Depressie en die
 ondoeltreffendheid van die Hoover-administrasie.

 Ten spyte daarvan dat President Herbert Hoover en ander leiers die mense
 verseker het dat die krisis sy gang sou neem, het sake voortgegaan om te vererger
 oor die volgende drie jaar. Teen 1930 kon 4 miljoen Amerikaners geen werk vind
 nie; die getal het tot 6 miljoen gestyg in 1931. Intussen het die industriële produksie
 in die land met die helfte gedaal. Broodlyne, sopkombuise en hawelose mense het
 meer en meer algemeen geword in Amerika se dorpe en stede. Boere kon dit nie
 bekostig om hul oeste te oes nie, en is gedwing om dit te laat verrot in die velde,
 terwyl mense elders verhonger het. In die herfs van 1930, het die eerste van vier
 sogenaamde bank-angs-golwe (‘banking panic waves’) begin, soos wat ŉ groot
 aantal beleggers vertroue in die solvensie (vermoë om in besigheid te bly) van hul
 banke verloor en op kontant vir hul deposito's aangedring het, en sodoende die
 banke geforseer het om lenings te likwideer (herroep) ten einde hul onvoldoende
 kontantreserwes aan te vul. Banktoelope (onttrekking van geld deur baie mense)
 het weer plaasgevind in die Verenigde State van Amerika in die lente en herfs van
 1931 en die herfs van 1932, en teen die vroeë 1933 het duisende banke hul deure
 gesluit. In die lig van hierdie ernstige situasie, het die Hoover-administrasie probeer
 om sukkelende banke en ander instellings te ondersteun met regeringslenings; die
 idee was dat die banke op hul beurt aan besighede sou leen, wat hulle in staat sou
 stel om hul werknemers terug te kon huur.
                                                     [Uit: www.history.com/topics/great-depression.]

 BRON 2C

 Hierdie visuele bron toon mense wat regstaan vir kos by een van die sopkombuise
 wat die werkloses en die behoeftiges gehelp het tydens die Groot Depressie.

                     [Uit: www.history.com/topics/great-depression. Toegang op 28 April 2017 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                         7

 BRON 2D

 Die bron toon die negatiewe impak van die Groot Depressie op die samelewing van
 die Verenigde State van Amerika.

 Die Groot Depressie het ŉ vinnige styging in die misdaadsyfer teweeggebring
 namate baie werklose werkers hul toevlug tot diefstal geneem het om kos op die
 tafel te sit. Selfmoordsyfers het gestyg, asook die vermelde gevalle van
 wanvoeding. Prostitusie het toegeneem namate desperate vroue maniere gesoek
 het om hul rekeninge te betaal. Gesondheidsorg was in die algemeen nie ŉ
 prioriteit vir baie Amerikaners nie, namate ŉ besoek is dokter vir slegs in ekstreme
 omstandighede. Alkoholisme het toegeneem namate Amerikaners uitlette gesoek
 het na wyses van ontsnapping gesoek het.

 Hoër onderwys het buite bereik van die meeste Amerikaners gebly namate die
 nasie se universiteite moes aanskou hoe hul studentekorps gekrimp het gedurende
 die eerste helfte van die dekade. Hoërskoolbywoning het egter toegeneem onder
 mans. Omdat die vooruitsigte van ŉ jong man om ŉ werk te kry so erg laag was,
 het baie besluit om langer in die skool te bly. Openbare besteding op onderwys het
 egter skerp gedaal, wat veroorsaak het dat baie skole oopgemaak het met ŉ tekort
 aan personeel of gesluit het as gevolg van ŉ gebrek aan fondse.

 Demografiese tendense het ook skerp verander. Huwelike is uitgestel namate baie
 mans gewag het totdat hulle voorsiening kon maak vir ŉ gesin voordat hulle ŉ
 huweliksvoorstel aan ŉ voornemende eggenoot kon maak. Egskeidingsyfers het
 bestendig gedaal in die 1930's. Verlatingskoerse het toegeneem namate baie
 mans die "arm man se egskeiding" verkies het - hulle het eenvoudig net
 weggehardloop vanaf hulle huwelike. Geboortesyfers het skerp gedaal, veral
 gedurende die laagste tye van die Depressie. Meer en meer Amerikaners het
 geleer oor geboortebeperking om die bykomende uitgawes van onverwagte kinders
 te vermy.

     [Uit: www.american-historama.org/…depression/social-effects. Toegang op 3 Mei 2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 HOE HET NAZI-DUITSLAND DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE
 IN DUITSLAND TUSSEN 1933 EN 1945 GESKEND?

 BRON 3A

 Hierdie bron verduidelik die redes wat die basis gevorm het vir die haat van en die
 diskriminasie teen Jode in Nazi-Duitsland.

 Daar was ongeveer 525,000 Jode woonagtig in Duitsland in 1933 (0,75% van die
 totale Duitse bevolking). Diskriminasie teen Jode het onmiddellik begin na afloop
 van die nasionale bewindsoorname in 1933. Die Nazi-party het populistiese anti-
 Semitisme bevorder om stemme te kry. ... hulle het die Jode geblameer vir
 armoede, hiperinflasie (baie hoë pryse) in die Weimar-Republiek, werkloosheid, en
 die nederlaag tydens die Eerste Wêreldoorlog en oorgawe deur die "November
 Misdadigers" (bynaam gegee aan Duitse politici wat die wapenstilstand
 onderhandel het wat die Eerste Wêreldoorlog beëindig het) ..., Die ellende van die
 Duitse volk is toegeskryf aan die gevolge van die Verdrag van Versailles. In 1933
 het die vervolging van die Jode aktiewe Nazi-beleid geword. Dit is eerstens
 verhinder deur die gebrek aan eenstemmigheid oor wie as ŉ Jood kwalifiseer in
 teenstelling tot ŉ Ariër; dit het veroorsaak dat wetgewers anti-Semitiese wette
 gekritiseer het vir hul swak gedefinieerde konsepte. Bernhard Lösener het dit
 beskryf as "totale chaos", met plaaslike owerhede wat enigiets vanaf volle Joodse
 agtergrond tot 1/8 Joodse bloed as die definisie van ŉ Jood beskou het; Achim
 Gercke het       1⁄
                     16 Joodse bloed aangemoedig. Dié van gemengde afkoms
 (Mischlinge) was veral problematies in hul oë. Die eerste anti-Semitiese wet wat
 gepromulgeer is (deur die parlement goedgekeur) het geen duidelike definisie van
 ŉ Jood bevat nie. Ten slotte was die maatstaf drie of vier Joodse grootouers; twee
 of een het van ŉ persoon ŉ Mischling gemaak.
 Op 1 April 1933 het die Nazi boikot van Joodse besighede in die hele Duitsland
 begin. Slegs ses dae later is die Wet vir die Restourasie van die Professionele
 Staatsdiens deurgevoer, wat Jode het uit regeringsposte verban. Dit is opvallend
 dat die voorstanders van hierdie wet, en die duisende wat sou volg, hierdie wette
 as noodsaaklik beskryf as nodig verduidelik het om die insypeling van skadelike,
 "uitheemse-tipe"(Artfremd) erflike eienskappe in die Duitse nasionale of
 rasgemeenskap te voorkom. (Volksgemeinschaft). Hierdie wette het beteken dat
 Jode indirek en direk ontmoedig of verbied is om bevoorregte en beter posisies,
 wat vir die "Ariese Duitsers" gereserveer was te bekom. Van toe af is Jode gedwing
 om in meer ondergeskikte posisies te werk, en sodoende tweedeklas burgers
 geword of selfs tot die punt waar hulle "onwettig woonagtig" was in Nazi-Duitsland.

    [Uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Racial_policy_of_Nazi_Germanay. Toegang op 16 Januarie 2017
                                                                                            verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 BRON 3B

 Hierdie bron verwys na sommige van die wette wat deur die Duitse parlement
 deurgevoer is om segregasie teen Jode en ander minderhede te verskans.

 Die Nuremberg Wette was anti-Semitiese wette in Nazi-Duitsland. Hulle is
 bekragtig op 15 September 1935 deur die Reichstag (Duitse parlement) by ŉ
 spesiale vergadering wat belê is by die jaarlikse Nuremberg Opmars van die Nazi
 Party (NSDAP). Die twee wette was die Wet vir die Beskerming van Duitse Bloed
 en Duitse Eer, wat huwelike en buite-egtelike verhoudings tussen Jode en Duitsers
 en die indiensneming van Duitse vroue onder 45 in Joodse huishoudings verbied
 het; en die Ryk Burgerskap Wet, wat verklaar het dat slegs dié van Duitse of
 verwante bloed in aanmerking sou kom vir Reich burgerskap; die res is beskou as
 staatsonderdane, sonder enige burgerskapregte. ŉ Aanvullende bevel waarin die
 definisie van wie as Joods beskou kan word is deurgevoer op 14 November, en die
 Ryk Burgerskap Wet het amptelik in werking getree op daardie datum. Die wette is
 uitgebrei op 26 November 1935 om Romeinse mense en Afro-Duitsers in te sluit.
 Hierdie aanvullende bevel het Sigeuners gedefinieer as "vyande van die
 rasgebaseerde staat", dieselfde kategorie as Jode
 As gevolg van kommer oor buitelandse beleid, het vervolging onder die twee wette
 nie begin tot na die Somer Olimpiese Spele in Berlyn in 1936. Na afloop van die
 Nazi's se magsoorname in 1933, het hulle begin om hul beleid te implementeer,
 wat die vorming van ŉ Volksgemeinschaft (mense se gemeenskap) gebaseer op
 ras, ingesluit het. Kanselier en Führer (leier) Adolf Hitler het ŉ nasionale boikot van
 Joodse besighede op 1 April 1933 verklaar en die Wet vir die Restourasie van die
 Professionele Staatsdiens, deurgevoer op 7 April, het nie-Ariërs uitgesluit van die
 regsberoep en staatsdiens. Boeke wat as on-Duits beskou is, insluitend dié van
 Joodse skrywers, is vernietig in landwye boekbrande op 10 Mei. Joodse burgers is
 geteister en onderwerp aan gewelddadige aanvalle. Hulle is aktief onderdruk,
 gestroop van hul burgerskap en burgerregte, en uiteindelik heeltemal uit die Duitse
 samelewing verwyder.
  [Uit: https://en.wikipedia.org/wiki/Racial_policy_of_Nazi_Germanay. Toegang op 16 Januarie 2017
                                                                                          verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2017)

 BRON 3C

 Hierdie bron verduidelik die implementering van die beleide van eugenetika en
 natuurlike seleksie onder die Nazi-regering in Duitsland. Die oorwegende bedoeling
 was om die Duitse nasie suiwer te hou.

 Alhoewel die Jode die vernaamste teiken van die Nazi-haat was, het die Nazi’s
 ander groepe vervolg wat hulle as ras of geneties "minderwaardig” beskou het:
 Nazi rasse-ideologie is gelei deur wetenskaplikes wat "selektiewe teling"
 (eugenetika) bepleit het om die menslike ras te "verbeter". Wette wat tussen 1933
 en 1935 deurgevoer is, was daarop gemik om die toekomstige aantal genetiese
 "minderwaardige mense" te verminder deur verpligte sterilisasieprogramme:
 320,000 tot 350,000 individue wat as fisies of verstandelik gestrem bestempel is, is
 onderwerp aan chirurgiese of bestralingsprosedures, sodat hulle nie kinders kan
 kry nie. Ondersteuners van sterilisasie het ook aangevoer dat gestremde persone
 die gemeenskap belas met die koste van hul sorg. Baie van Duitsland se 30,000
 Roma (sigeuners) is ook uiteindelik gesteriliseer en verbied, soos Swartes, om met
 Duitsers te trou. Sowat 500 kinders van gemengde Afro-Duitse agtergronde is ook
 gesteriliseer. Nuwe wette het tradisionele vooroordele gekombineer met die
 rassisme van die Nazi's, wat die Roma as "ras" en "krimineel en asosiaal
 "gedefinieer het.

 Nog ŉ gevolg van Hitler se genadelose diktatuur in die 1930's was die arrestasie
 van politieke teenstanders en vakbondlede en ander wie die Nazi's as
 "ongewenstes" en "vyande van die staat" bestempel het. Ongeveer 5,000 tot
 15,000 homoseksueles is gevange geneem in konsentrasiekampe; onder die 1935
 Nazi-hersiende      kriminele kode; die blote veroordeling van ŉ man as
 "homoseksueel" kon tot arrestasie, verhoor, en vonnis op legging lei. Jehovah
 Getuies, waarvan daar ten minste 25,000 in Duitsland was, was verban as ŉ
 organisasie so vroeg as in April 1933, want die geloof van hierdie godsdienstige
 groep het hulle verbied om ŉ eed aan die staat af te lê of om te dien in die Duitse
 weermag. Hul literatuur is gekonfiskeer, en hulle het hul werk,
 werkloosheidsvoordele, pensioene, en alle sosiale welsyn voordele verloor. Baie
 Getuies is na tronke en konsentrasiekampe in Nazi-Duitsland gestuur, en hul
 kinders is gestuur na aanhoudingsplekke vir die jeug en weeshuise.

     [Uit: www.myjewishlearning.com/article-early-stages-of-persecution. Toegang op 16 Januarie 2017
                                                                                             verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           11

 BRON 3D

 Hierdie bron toon hoe die Nazi-polisie ŉ teken op ŉ Joodse winkel plaas wat
 kopers aanmoedig om nie van die winkel te koop nie.

  [Uit: www.myjewishlearning.com/article/1939-early-statges-of-persecution. Toegang op 16 Januarie
                                                                                      2017 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
12                           GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                     (EC/NOVEMBER 2017)

 ERKENNINGS

 Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik word, is geneem of
 aangepas uit die volgende publikasies:

 Defterios, R. et al; 2006, Making History Grade 11, (Heinemann)

 Tames, R; Last of the Tsars, London (Pan McMillan)

 https://en.wikipedia.org/wiki/RacialpolicyofNaziGermany

 lowmaster.net/Russian+revolution+causes

 www.history.com/topics/great-depression

 www.academic.mu.edu/meissnerd/russian-rev.htm

 www.american-historama.org/...depression/social-effects

 www.myjewishlearning.com/article/eraly-stages-of-persecution

 www.thebalance.com/effects-of-the-great-depression

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov2017-afrikaans/f3d35bf3-a8e8-409a-8377-2e8e92e682ad) — History · QP · 2017 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 ADDENDUM NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-addendum-nov2020-afrikaans/50cf7d7d-7d85-41a3-af10-3803142fe9e5) — History · Addendum · 2020 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 ADDEN NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-adden-nov2018-afrikaans/fac8a9c0-5784-4961-9990-8f4abac03612) — History · Addendum · 2018 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-nov-2022-afrikaans/f993acba-4e18-43d3-be44-054e0b37af1b) — History · Memo · 2022 · Afr
- [HISTORY P2 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-qp-gr11-nov2022-afrikaans/43fc33cf-1230-4b19-b533-ba8a29c8e3a5) — History · QP · 2022 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-memo-sept2020-afrikaans/de87c1a6-c3b2-4fe1-8fa7-a5a4ef35c1c6) — History · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 History

- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P1 only](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p1-only/555be0f1-39a3-47b5-8fec-f622076c09d3) — QP · 2025
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
