# History Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geskied-v1-gr12-qp-afr-sep2016/5b82a8c4-c951-4075-8cd6-0443e6da45cb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geskied-v1-gr12-qp-afr-sep2016/5b82a8c4-c951-4075-8cd6-0443e6da45cb)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                    GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 GESKIEDENIS V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
      voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

      AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

      VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
                      OORLOG

      VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

      VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s –
                      BURGERREGTEBEWEGING

      AFDELING B: OPSTELVRAE

      VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                      VIËTNAM

      VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE
                      – DIE KONGO EN TANZANIË

      VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                      DIE SWARTMAGBEWEGING

 2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
      benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
      gevind word.

 3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

 4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

      4.1 Ten minste EEN (1) moet ŉ brongebaseerde vraag wees, en ten minste
          EEN (1) moet ŉ opstelvraag wees.

      4.2 Die DERDE vraag kan ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

 5.   Leerders word aangeraai om nagenoeg ŉ uur op elke vraag te spandeer.

 6.   In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig
      gebruik.

 7.   Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees.

 8.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met
      behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word.

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
 afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord is in die
 ADDENDUM vervat.

 VRAAG 1:       HOE HET DIE BERLYNSE KRISIS DIE KOUE OORLOG
                SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE IN DIE 1960’s
                VERERGER?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Bestudeer Bron 1A.

        1.1.1    Definieer die konsep kapitalisme in jou eie woorde.             (1 x 2)     (2)

        1.1.2    Wat, volgens die bron, was die hoof doelwit van die Sowjetunie-in
                 Wes-Berlyn?                                                  (1 x 2)        (2)

        1.1.3    Onttrek bewyse vanuit die bron wat aandui hoe die Westerse
                 moondhede op die Berlynse Blokkade gereageer het.          (1 x 2)          (2)

        1.1.4    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 waarom die Sowjetunie gedwing was om die Berlynse Blokkade in
                 1949 af te las.                                                 (2 x 2)     (4)

        1.1.5    Verduidelik waarom jy dink die verlies aan opgeleide personeel aan
                 Wes-Berlyn so ŉ ernstige risiko vir Oos-Berlyn en Oos-Duitsland
                 (DDR) was.                                                   (2 x 2)        (4)

 1.2    Verwys na Bron 1B.

        1.2.1    Noem DRIE aktiwiteite vanuit die bron om te bewys dat die werklike
                 konstruksie van die Berlynse Muur plaasgevind het.          (3 x 1)         (3)

        1.2.2    Verduidelik op watter maniere die Amerikaanse- en Sowjettenke wat
                 mekaar by die Friedrichstrass-grenskruising gekonfronteer het, ŉ
                 hoë risiko vir die Koue Oorlog was.                          (2 x 2)        (4)

        1.2.3    Hoe, volgens die bron, was die moontlike konfrontasie tussen die
                 VSA- en Sowjet-magte vermy?                                 (1 x 2)         (2)

 1.3    Hoe ondersteun die bewyse in Bron 1B, vir Bron 1A rakend die Sowjetunie
        se begeerte om Wes-Berlyn te beheer?                               (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.4   Gebruik Bron 1C.

       1.4.1    Verduidelik wat jy dink was deur die woorde geïmpliseer: ‘Eenheid
                en Vryheid vir Berlyn’ in die konteks van die Koue Oorlog.   (2 x 2)           (4)

       1.4.2    Gebruik visuele leidrade in die foto en verduidelik hoe die Berlynse
                Muur die lewens van gewone burgers in Berlyn beïnvloed het.
                                                                                (2 x 2)        (4)

 1.5   Raadpleeg Bron 1D.

       1.5.1    Volgens President Kennedy, noem DRIE redes waarom dit vir die
                VSA nodig was om Berlyn te ondersteun.      .            (3 x 1)               (3)

       1.5.2    Verduidelik of die inligting in die bron nuttig sal wees vir ŉ historikus
                om Kennedy se toewyding om ŉ kommunistiese oorname in Berlyn
                te voorkom, te verstaan.                                           (2 x 2)     (4)

 1.6   Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
       kennis; skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
       waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Krisis die Koue Oorlog spanning
       tussen die VSA en die Sowjetunie in die 1960’s vererger het.                            (8)
                                                                                              [50]

Kopiereg voorgehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)                  GESKIEDENIS V1                                        5

VRAAG 2:       WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BETROKKENHEID VAN
               BUITELANDSE MAGTE OP DIE ANGOLESE BURGEROORLOG?

Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1    Noem TWEE buitelandse magte vanuit die bron wat by die Angolese
               konflik betrokke geraak het.                               (2 x 1)          (2)

      2.1.2    Waarom, volgens die bron, het UNITA skielik ŉ sterk gevegsmag
               geword?                                                      (1 x 2)        (2)

      2.1.3    Definieer die konsep nasionalisering in jou eie woorde.          (1 x 2)    (2)

      2.1.4    Hoekom, na jou mening, het Neto en Dos Santos private eienaarskap
               en samewerking met Westerse-maatskappye toegelaat?          (2 x 2)         (4)

      2.1.5    Lewer kommentaar of die bewyse in die bron bruikbaar sal wees vir ŉ
               historikus om die redes waarom die konflik in Angola begin het, te
               verstaan.                                                       (2 x 2)     (4)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1    Haal DRIE redes uit die bron aan vir die VSA se betrokkenheid in die
               Angolese burgeroorlog.                                         (3 x 1)      (3)

      2.2.2    Wat, volgens die bron, was die gevolge van die VSA se betrokkenheid
               by die Angolese burgeroorlog?                                 (1 x 1)       (1)

      2.2.3    Verduidelik hoekom die VSA uit sy pad gegaan het om te verhinder
               dat ŉ kommunistiese regering in Angola aan bewind kom.       (2 x 2)        (4)

2.3   Gebruik Bron 2C.

      2.3.1    Gee TWEE redes uit die bron waarom Suid-Afrika vir Unita tydens die
               Angolese konflik ondersteun het.                             (2 x 1)        (2)

      2.3.2    Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat baie Unita soldate tydens
               die geveg gesterf het.                                         (1 x 1)      (1)

      2.3.3    Lewer kommentaar oor hoe die inligting in die twee denkrigtings in die
               bron verskil, rakend die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale.
                                                                               (2 x 2)     (4)

      2.3.4    Wat was die bedoeling van die SAW in hul verskaffing van statistiese
               bewyse met betrekking tot die Slag van Cuito Cuanavale?        (2 x 2)      (4)

 Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                  GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

2.4   Raadpleeg Bron 2D.

      2.4.1    Watter land het onafhanklik geraak na die nederlaag van die SAW
               tydens die Slag van Cuito Cuanavale?                           (1 x 1)           (1)

      2.4.2    Verduidelik waarom, na jou mening, die titel, Die Moeder van
               Bevrydingsgevegte vir die artikel geskik is.                      (2 x 2)        (4)

      2.4.3    Verduidelik watter boodskappe die foto oordra oor die SAW se
               betrokkenheid in die Angolese oorlog. Gebruik die visuele leidrade in
               die bron en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun.        (2 x 2)         (4)

2.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak
      van die betrokkenheid van buitelandse magte in die burgeroorlog op Angola
      verduidelik.                                                                              (8)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V1                                         7

VRAAG 3:        HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN
                LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat daarop volg.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1    Haal DRIE redes uit die bron aan waarom Goewerneur Faubus as ŉ
                goeie burger beskou kan word.                               (3 x 1)               (3)

       3.1.2    Wat, volgens die bron, was die TWEE instruksies wat aan Faubus deur
                President Eisenhower tydens hul vergadering gegee.            (2 x 1)             (2)

       3.1.3    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis verduidelik waarom
                daar 'n behoefte aan ŉ vergadering tussen Faubus en Eisenhower was.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

       3.1.4    Waarom, volgens die bron, het Eisenhower vir Faubus probeer
                ontmoedig om die Little Rock Nege kwessie hof toe te neem?         (1 x 2)        (2)

       3.1.5    Lewer kommentaar op die vraag of Eisenhower geregverdig was om
                Faubus opdrag te gee om die bevele wat hy aan die Nasionale Wag
                gegee het, te verander met betrekking tot die gebeure by Sentraal
                Hoërskool.                                                       (2 x 2)          (4)

3.2    Lees Bron 3B.

       3.2.1    Definieer die konsep integrasie, binne die konteks van die Little Rock
                Nege voorval.                                                      (1 x 2)        (2)

       3.2.2    In die bron verklaar Faubus: “Die besluit is die wet van die land en dit
                moet gehoorsaam word.” Verduidelik of jy hierdie stelling as in
                ooreenstemming met die Little Rock Nege voorval sou beskou. (2 x 2)               (4)

       3.2.3    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik die
                boodskappe wat Faubus aan die publiek probeer oordra.            (2 x 2)          (4)

3.3    Verduidelik tot watter mate die inligting in Bron 3B en Bron 3A verskil met
       betrekking tot die beloftes wat Faubus aan President Eisenhower gemaak het.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

3.4    Gebruik Bron 3C.

       3.4.1    Verduidelik wat geïmpliseer word deur die stelling: “Dit was soos om
                elke dag oorlog toe te gaan.”                                      (2 x 2)       (4)

       3.4.2    Noem DRIE maniere waarop Afro-Amerikaanse studente by die skool
                behandel was.                                               (3 x 1)              (3)

       3.4.3    Die reaksie van konserwatiewe wit Amerikaners het ŉ negatiewe
                uitwerking op die Afro-Amerikaanse gemeenskap van Little Rock gehad.
                Haal TWEE bewyse uit die bron om hierdie stelling te staaf.   (2 x 1)            (2)

Kopiereg voorgehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                   GESKIEDENIS V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

3.5   Oorweeg Bron 3D.

      3.5.1    Gebruik ŉ visuele leidraad in die bron om te verduidelik dat integrasie by
               Sentraal Hoërskool plaasgevind het.                                (1 x 2)       (2)

      3.5.2    Wat dui die teenwoordigheid van personeel in uniform in die bron oor
               die situasie by Sentraal Hoërskool aan?                          (1 x 2)          (2)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die sukses
      van desegregrasie van skole in Little Rock, Arkansas, in die 1950’s verduidelik.       (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 GESKIEDENIS V1                                       9

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
 afdeling.

 VRAAG 4:       UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                VIËTNAM

 Die Verenigde State van Amerika was suksesvol in die voorkoming van die
 kommunistiese oorname van Viëtnam tussen 1962 en 1974.

 Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met verwysing na die
 Verenigde State van Amerika se betrokkenheid in die oorlog.                           [50]

 VRAAG 5:       ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                DIE KONGO EN TANZANIË

 Evalueer die suksesse van Tanzanië en die Kongo se ekonomiese ontwikkelings-
 programme na onafhanklikheid.                                                         [50]

 VRAAG 6:       BURGERLIKE VERSET IN DIE VSA, 1950's TOT 1960's: DIE
                SWARTMAGBEWEGING

 Die relatiewe stadige tempo van die sukses en die filosofie van nie-geweld het nie
 universele steun onder die jong en militante afdelings van die Afro-Amerikaanse
 gemeenskap gevind nie.

 Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na hoe die opkoms van die
 Swartmagbeweging, ŉ alternatief vir die filosofie van die Burgerregtebeweging
 gebied het.                                                                           [50]

                                                                          TOTAAL: 150

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng
- [Hist P1 Adde Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-adde-eng-jun2016/f33abed9-3abf-4480-be70-88f3a0d2fcc2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2016-eng/7ecc30b3-80b2-4d62-9b4f-c007ce026be2) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept-2022-english/7d70aa79-8b7f-4051-9c8d-9f24785f3b0d) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
