# History Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-addendum-gr12-sept2013-afr/c88af63a-ba75-4389-bb82-5d1645ea5cc4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Document type: Addendum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-addendum-gr12-sept2013-afr/c88af63a-ba75-4389-bb82-5d1645ea5cc4)

## About this document

History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Addendum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

   Province of the
   EASTERN CAPE
   EDUCATION

         NASIONALE
     SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 12

       SEPTEMBER 2013

        GESKIEDENIS V2
          ADDENDUM

    Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 1:      HOE HET DIE VAL VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE
              BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA BYGEDRA?

BRON 1A

Hierdie bron bestaan uit ’n visuele en ’n geskrewe bron wat handel oor die beleid
van Perestroika wat veranderinge in die SowjetUnie teweeg gebring het.

VISUELE BRON: Die plakkaat handel oor die beleid van perestroika

                          [Geneem uit: Russia:Building Democracy deur J.Bradley]

GESKREWE BRON: Hierdie bron handel oor die gevolge van Gorbachev se
               veranderinge.

Gorbachev se hervorming het nie net die ekonomie nie, maar ook die politieke
situasie beïnvloed. Hierdie hervorming was teengestaan deur geharde
kommuniste wat gevrees dat dit sou lei tot die ondergang van kommunisme. Om
hul invloed te verminder, het Gorbachev die proses van “demokratisering”
afgedwing. Dit het beteken dat daar verkiesings gehou sou word wat die geharde
kommunis met sy eie ondersteuners sou vervang. Gorbachev het vir ses jaar
aangesukkel en was internasionaal populêr omdat hy verandering wou aanbring,
maar op tuisgrond nie so populêr nie, omdat die veranderinge nooit werklik gebeur
het nie. Die ou Sowjetunie het in 1991 in duie gestort.

     [Geneem uit: Causes and Consequences of the Collapse of Communism deur
                                                                   M. Rady]

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                 3

 BRON 1B

 Hierdie uittreksel handel oor die politieke situasies wat die weg gebaan het vir
 verandering in Suid-Afrika in die 1980’s.

 Teen 1988 was die idee van onderhandeling veral deur die OAU, die Gemenebes
 van Nasies, Kuba, die VSA en die Sowjetunie sterk aangemoedig. Dit het daartoe
 aanleiding gegee dat die ANC die Harare-verklaring in Augustus 1989 uitgereik
 het, wat onderhandeling voorwaardelik met die Nasionale Party-regering
 ondersteun het. Die ANC het vyf voorwaardes gestel, naamlik: die opheffing van
 die Noodtoestand wat politieke bedrywighede aan bande gelê het, die erkenning
 van alle politieke organisasies, die vrylating van alle politieke gevangenes, dat
 politieke teregstellings beëindiging word en dan eers sal die gewapende stryd
 opgeskort word.

 ŉ Reeks onverwagte insidente het dit gouer laat gebeur as wat verwag is. Met die
 apartheidsregering wat internasionaal geïsoleer is, die ekonomiese krisis en
 optogte orals in strate, PW Botha wat siek geword, bedank het en laat in 1989 het
 die Berlynse Muur tot ’n val gekom wat die Koue Oorlog beëindig het.
 Veranderinge was onvermydelik. Die nuwe President van Suid-Afrika, FW de
 Klerk het ŉ dapper besluit geneem. Suid-Afrika was in ’n doodloopstraat. Na byna
 vier jaar van onderhandeling het die onvoorspelbare gebeur, wat ŉ dekade gelede
 nooit eers verwag was nie. Nelson Mandela, seun van ’n Xhosa-hoof het
 president van Suid-Afrika geword.

           [Geneem uit: The Liberation Struggle in South Africa deur A.D. Odendal]

 BRON 1C

 Hierdie bron verduidelik die belangrikheid van 2 Februarie 1990 en die reaksies
 op die aankondiging.

 In Desember 1989, het De Klerk en Nelson Mandela by die presidensiële woning
 te Tuynhuys ontmoet en sodoende die weg gebaan vir merkwaardige
 verandering. Op 2 Februarie 1990, tydens sy openingstoespraak aan die
 parlement het De Klerk die mees deurslaggewende en onverwagte aankondiging
 in die geskiedenis van die wit minderheidsregering gemaak. Hy het aangekondig
 dat die ANC, PAC en SAKP ontban sou word, alle politieke aktiviste vrygelaat sou
 word, media-sensuur opgehef sal word, noodregulasies ingestel op
 opvoedkundige liggame is gelig, verandering van die periode van aanhouding en
 die onvoorwaardelike vrylating van Nelson Mandela. Met hierdie aankondigings is
 die proses van onderhandeling moontlik gemaak. Hy het besef dat die uitkoms
 van sy besluit ’n nuwe grondwet tot gevolg sou hê wat voorsiening vir ’n
 algemene verkiesing sou maak.

 De Klerk se aankondigings het gemengde reaksies ontlont. Aartsbiskop Tutu het
 opgemerk dat De Klerk sy asem weggeslaan het. Buitelandse leiers soos die
 Amerikaanse president, George Bush, die Britse eerste minister Margaret
 Thatcher en die VN sekretaris-generaal, het De Klerk se historiese besluite
 verwelkom. Dit was slegs vêrregse leiers soos Andries Treurnicht wat teen die
 aankondiging gekant was.

                                    [Geneem uit: Africa since 1990 deur Y.N. Seleti]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 2:      HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJETUNIE TOT
              DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990’s GELEI?

BRON 2A

Hierdie uittreksel fokus op hoe Angola tydens die Koue Oorlog-konflik gebruik
was.

Toe die Portugese uit Angola onttrek het, was daar mededingende partye wat om
mag geveg het. Die sterkste was die Russiese ondersteunde MPLA, maar was
deur die UNITA magte teengestaan vanuit die suide wie deur Suid-Afrika en
indirek deur Amerika ondersteun is. Teen die einde van 1995 het Suid-Afrika
Angola binnegeval met die hoop om die sosialistiese MPLA uit te dryf en ŉ
UNITA-regering tot stand te bring wat eerder ŉ bondgenoot as ŉ vyand van Suid-
Afrika sou wees. Die MPLA het die Kubaanse magte om steun gevra en
sodoende Suid-Afrika gedwing om te onttrek uit Angola, maar ook hierdeur is die
fondasie gelê vir ŉ bittere burgeroorlog wat Angola vir die volgende 20 jaar sou
teister.

     [Geneem uit: Causes and Consequences of Independence in Africa deur K.
                                                                Shillington]

BRON 2B

Hierdie bron handel oor politieke verandering in Angola na die beëndiging van die
Koue Oorlog.

Nadat die Koue Oorlog beëindig is het Amerika en die Russe hul belangstelling in
Angola verloor en het die land in chaos gelos wat deur hulle veroorsaak is. Na
die vredesooreenkoms in 1993 het die MPLA sy Marxistiese-Leninistiese beleid
opgesê en sodoende nouer samewerking met die liberale nasies van die Weste
aangeknoop. Veelparty-verkiesings is toegelaat wat sedert Angola se
onafhanklikheid altyd ŉ eenpartystelsel bedryf het en beperkinge op ander partye
is in 1991 opgehef. In die 1992 parlementêre verkiesing het die MPLA 54% van
die stemme en 129 setels gewerf, terwyl UNITA 30% met 70 setels verower het.
Die oorblywende 21 setels in die Nasionale Vergadering is deur 10 ander partye
gedeel.

Die president bly die magtigste figuur in die regering. Hy het die mag om ŉ eerste
minister aan te stel of te onthef soos hy wil. In die laaste kabinet-verskuiwing
was geen eerste minister aangestel nie want President Dos Santos het hierdie
mag aan homself toegeëien. Provinsiale en plaaslike strukture het selfs voor
onafhanklikheid en weens die burgeroorlog opgehou om te bestaan. Die grootste
deel van die land is nie onder effektiewe administratiewe beheer nie en sedert die
aanvang van gevegte was daar min permanente of geen effektiewe bestuur buite
die buitewyke van die stedelike gebiede nie.

         [Geneem uit: Africa since 1940: The Past of the Present deur F. Cooper]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                 5

 BRON 2C

 Hierdie bron bestaan uit ’n visuele en ’n geskrewe bron en fokus op die
 omstandighede in Angola na die beëndiging van die Koue Oorlog.

 VISUELE BRON: Hierdie foto wys hoe gewone burgers in die konflik in
               Angola gebruik was.

 GESKREWE BRON: Hierdie uittreksel fokus op die sosiale en ekonomiese
                omstandighede na die beëindiging van die Koue
                Oorlog.

 Na die onafhanklikheidswording het die regering ŉ Marxistiese, gesentraliseerde
 ekonomie ingestel waar alle eiendomme genasionaliseer is en staatsbeheer oor
 die meerderheid sektore uitgeoefen is. Pogings was in die 1990’s gedoen om die
 ekonomiese wanbalans die hoof te bied. Die agteruitgaande ekonomiese en
 sosiale omstandighede het die regering genoop om drastiese ekonomiese
 veranderinge te implementeer gedurende 1999 wat tot ŉ radikale verandering in
 sy ekonomiese beleid gelei het.

 In die grootste gedeelte van 40 jaar was Angola geteister met geweld wat die
 lewens van 500 000 tot ŉ miljoen mense geëis het, gelei tot die interne verplasing
 van vier miljoen mense en die verbanning van oor die 400 000 vlugtelinge. Die
 infrastrukture van die land is verwoes, die ekonomie swak en die land was
 onveilig en onstabiel as.gevolg.van die miljoene landmyne wat verspreid was oor
 die hele land.

       [Geneem uit: Angola: Sruggle for Peace and Reconstruction deur I. Tvedten]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3:     WATTER UITDAGINGS HET SUID-AFRIKA GEDURENDE DIE
             ONDERHANDELINGSPROSES ONDERVIND?

BRON 3A

Die volgende uittreksel handel oor die redes waarom daar konflik tussen die ANC
en IVP ontstaan wat die onderhandelingsproses onderbreek het.

Onderhandelinge tussen Mandela en De Klerk het stadig maar seker gevorder
met meer vergaderings in die volgende maande.              Onderhandelinge het
plaasgevind teen die agtergrond van die groeiende geweld in Suid-Afrika.
Gevegte onder mededingende swart groepe was ŉ alledaagse verskynsel in
sommige stedelike woonbuurte en sekere plattelandse gebiede tussen die ANC
ondersteuners en die Inkatha Vryheidsfront (IVP). Die IVP het die idee gehaat
dat die ANC internasionaal as die mondstuk van alle Afrikane beskou is. Die
ANC aan die ander kant was gekant teen die feit dat die IVP kragtiger geraak het
en ondersteuning weggeneem het vanaf die ANC. In die vroeër 1980’s het
konfrontasie tussen hierdie twee groepe meer lewens geëis as met konfrontasie
met die wit regering. In die Natal provinsie het meer as 3 000 mense gesterf as
gevolg van die haat tussen hierdie twee groepe. ŉ Maand na sy vrylating het
Mandela ŉ emosionele beroep op beide groepe gedoen om die geweld te staak,
apartheid te beveg en nie mekaar nie. Geweld het egter nog steeds voortgeduur.

     [Geneem uit: Die autobiografie van Nelson Mandela: Long walk to Freedom]

BRON 3B

Hierdie foto fokus op ‘n geweldadige insident tussen die ANC en IVP.

                    [Geneem uit: Pictorial history of South Africa deur A. Preston]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)             GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                                7

 BRON 3C

 Die volgende bron bestaan uit uit twee uittreksels en handel oor verskillende
 standpunte oor die geweld.

 STANDPUNT 1: Handel oor pogings deur die ANC en IVP om geweld te
              staak en wie te blameer was vir die geweld.

 Mandela en Buthelezi het in Januarie 1991 ontmoet. Beide leiers wou vrede hê,
 maar die geweld het voortgeduur. Beide partye het mekaar geblameer vir die
 geweld en die rol van die polisie in die botsing tussen Inkatha en ANC
 ondersteuners bevraagteken. Daar is ook aantygings deur die media gemaak dat
 ŉ “derde mag” wat deur die regering gefinansier en ondersteun word
 verantwoordelik was vir die geweld. Dit het die onderhandelingsproses ŉ knou
 toegedien. In 1991 was die regering gedwing om te erken dat hulle die IVP
 ondersteun het. Hierdeur was die reputasie en integriteit van De Klerk ŉ knou
 toegedien. Daar was duidelike bewyse dat die regering met ŉ “dubbele agenda”
 besig was.

 STANDPUNT 2: Hierdie bron handel oor De Klerk se reaksie oor
              aantuigings van geweld.

 De Klerk het beide Generaal Magnus Malan en Adriaan Vlok onthef van hul
 portfolio’s in die Weermag en Polisiemag onderskeidelik. De Klerk se reaksie op
 die aantygings en die betrokkenheid van die polisie by Boipatong het die ANC se
 veldtog van “aanhoudende massa-aksie” aangevuur. In November 1992 het die
 Goldstone Kommissie bevind dat daar wel deur die Militêre Intelligensie Eenheid
 gepoog was om Umkhonto we Sizwe te ondermyn. Na verdere ondersoeke kon
 geen bewyse gevind word om die aantygings te staaf nie, maar De Klerk het 22
 militêre offisiere toe afgedank.

                   [Geneem uit: New History of South Africa deur H. Giliomee et al]

 Bron 3D

 Die uittreksel handel oor hoe beide die ANC en NP gepoog het om geweld te
 staak en wou saamwerk vir ‘n nuwe bedeling.

 Cyril Ramaphosa en die Nasionale Party se nuwe hoof onderhandelaar, Roelf
 Meyer het die opdrag gekry om nuwe maniere van kommunikasie tussen die twee
 partye op te stel. Uiteindelik is ŉ Verklaring van Onderneming onderteken. Meyer
 het in ŉ onderhoud die volgende verduidelik: “Die Verklaring van Onderneming
 wat ontstaan het tussen die regering en die ANC was ŉ uitkoms van ŉ drie
 maande lange een-tot-een onderhandeling tussen die betrokke partye wat
 uiteindelik gelei tot die ontstaan van ŉ nuwe grondwet en ŉ demokratiese Suid-
 Afrika. Die ANC het wegbeweeg van sy aandrang van ŉ vinnige oplossing en ŉ
 tweefase-proses aanvaar: eerstens sou daar ŉ tydelike grondwet opgestel word
 wat deur alle partye goedgekeur sou word en ŉ verkiesing, dan sou ŉ verkose
 vergadering die finale grondwet opstel vir die land. Ons, as die regering, het aan
 die ander kant die eis vir regte vir minderheidsgroepe laat vaar.”

                                    [Geneem uit: Afica since 1990 deur Y.N. Seleti]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4:      HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
              WERKLIK VREDE EN REKONSILIASIE IN SUID-AFRIKA
              TEWEEG GEBRING?

BRON 4A

Hierdie uittreksel handel oor die redes vir die ontstaan van die WVK.

Die WVK was deur die nuwe regering gestig, om met die verlede te deel en om te
verseker dat die growwe skending van menseregte nie in die toekoms sal gebeur
nie. Die Interim Grondwet van 1993 het verklaar dat daar “’n Nodigheid is vir
verstaanbaarheid, nie vir wraak nie, die noodsaaklikheid vir herstel, nie vir
weerwraak nie, die noodsaaklikheid vir Ubuntu en niemand te viktimiseer nie.” Dit
het ook verklaar: “Die strewe na nasionale eenheid, die welsyn van alle Suid-
Afrikaanse burgers en vrede verg rekonsiliasie onder die mense van Suid-Afrika
en die herkonstruksie van die samelewing.” Daarom het die eerste demokratiese
parlement wetgewing goedgekeur vir die totstandkoming van die WVK.

            [Geneem uit: Turning Point in History deur die Institute for Justice and
                                                                     Reconciliation]

Bron 4B

Hierdie bron beskryf die positiewe aspekte van die WVK.

Die WVK moes ook deel met klagtes wat veroorsaak is deur aksies van beide wit
en swart tydens die Apartheidsera. Om mense aan te moedig om na vore te kom
is beperkte amnestie aangebied. Amnestie beteken nie vergifnis of kwytskelding
nie, maar beteken slegs dat oortreders wat hul kriminele dade bely nie later in ŉ
hof verhoor sal word nie. Diegene wie amnestie wou hê moes in ŉ openbare
verhoor hul verklaring aflê. Die doel van die verhore was om slagoffers die
geleentheid te gee om diegene wat hulle op enige wyse tenagekom het, te
konfronteer, en te vra waarom en om oortreders die geleentheid te bied om
berou te toon indien hulle wou. By hierdie verhore het slagoffers vir die eerste
keer gehoor wat met geliefdes wat verdwyn of dood gevind is, gebeur het.
Andere het vir die eerste keer die oortreders gekonfronteer. Sommige het vir die
eerste keer gehoor waar die liggame van hul geliefdes gevind kon word en kon
nou behoorlik begrawe kan word.

Alhoewel die kommissie sy kritici gehad het, veral die naasbestaandes wie wou
hê oortreders moes in ŉ hof gestraf word, was dit oor die algemeen as ŉ sukses
beskou in die sin dat hulle die nasie aangemoedig het om aan te beweeg na die
nare ondervindings tydens die apartheidsera.

                      [Geneem uit: South Africa: In the 20th century deur P. Joyce]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                               9

 Bron 4C

 Hierdie bron bestaan uit ‘n geskrewe en ‘n visuele bron op die WVK.

 GESKREWE BRON: Hierdie bron handel oor De Klerk se standpunt oor die
                WVK.

 Volgens De Klerk sou die sukses van die WVK afhang van die onpartydigheid van
 sy lede. Hy was bekommerd dat aartsbiskop Tutu voorgestel was as voorsitter
 van die WVK en dat nie een lid van die Nasionale Party gekies was om op die
 kommissie te dien nie. Dit blyk dus hoogs onwaarskynlik dat President Mandela
 se kommissie dieselfde resultate sou kry wat in ander lande verwerf is.

 Die situasie is vererger deur die aantygings dat FW de Klerk nie wou aanvaar dat
 die vorige Nasionale Party regering se beleid die veiligheidsmagte ŉ lisensie
 verleen het om moord te pleeg. Die Goldstone-kommissie wat gelas was om
 sulke aantygings te ondersoek, kon geen stawende bewyse vind dat die skuldiges
 gevang, aangekla en veroordeel was nie. De Klerk was ook daarvan beskuldig
 dat hy by growwe skending van menseregte betrokke was. Tydens ŉ verhoor het
 Boraine trouens gesê dat hy (De Klerk) ŉ fout begaan het om nie persoonlik
 aansoek te gedoen het vir amnestie nie. “Ten spyte van groter wordende
 misnoeë het ek besluit om my volle samewerking aan die kommissie te gee.”

                    [Geneem uit: The Last Trek: New Beginnings deur FW de Klerk]

 VISUELE BRON: Hierdie bron wys De Klerk wat verklaring aflê voor die
               WVK.

                            [Geneem: Google spotprente oor die WVK deur Zapiro]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM)                   (SEPTEMBER 2013)

ERKENNINGS

Visuele bronne and other historical evidence were taken from the following
sources:

Bradley, J. 1995. Russia Building Democracy (Aladdin Books)

Cooper, F. 2002. Africa Since 1940: The Past of the Present (Cambridge
University Press)

Corona, L. 2000. South Africa: Modern Nations of the World: The Rise and fall of
apartheid (Lucent Books)

De Klerk, F.W. 1991. The Last Trek: A New Beginning (Jonathan Ball Publishers)

Giliomee, H., et al. 2007. New History of South Africa (Tafelberg Publishers)

Institute for Justice and Reconciliation: Turning Points in History

Joyce, P. 2000. South Africa in the 20th Century (Struik Publishers)

Mandela, N. 2001. Long Walk to Freedom: Autobiography of Nelson Mandela
(Little Brown Publishers)

Odendal, A.D. 2004. The Liberation Struggle in South Africa (New Africa
Education)

Preston, A. 1989. Pictorial History of South Africa (Bison Books)

Rady, M. 1995. Causes and Consequences of the Collapse of Communism
(Evans Brothers Ltd)

Seleti, Y.N. 2004. Africa since 1990 (New Africa Education)

Shillinton, K. 1997. Causes and Consequences of Independence in Africa (Evans
Brothers)

Tvedte, I. 1997. Angola: Struggle for Peace and Reconstruction (Westview
Press)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTP2 QP GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/histp2-qp-gr12-sept2013/0550edac-7c8c-45bf-a34f-c194cd79f054) — History · QP · 2013
- [History P1 SG 2013 QP Addendum](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-sg-2013-qp-addendum/2afa694e-a5c8-4fbe-bb33-812629f0ffbe) — History · Addendum · 2013
- [History P1 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-eng/b68028c3-37d0-4167-bb4a-a929d8e4297b) — History · Addendum · 2013 · Eng
- [History P1 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2013-addendum-afr/12c2e83e-7ebc-437c-adcd-41d9c7ba2d80) — History · Addendum · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-addendum-afr/7118480a-5e47-4c47-92f8-2f2be8d870ae) — History · Addendum · 2013 · Afr
- [History P2 Nov 2013 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2013-addendum-eng/4bd07656-c7fe-4545-b97c-684561a6cb0a) — History · Addendum · 2013 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-may-june-2025-mg-eng/9e0f813e-e888-4061-a259-20b4dbe98907) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
