# History Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

> Grade 11 History question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-qp-gr11-2012-afr/0033c37c-bce3-4657-a06b-0d2ce992acc4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-qp-gr11-2012-afr/0033c37c-bce3-4657-a06b-0d2ce992acc4)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    Province of the
                    EASTERN CAPE
                    EDUCATION

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                          NOVEMBER 2012

                         GESKIEDENIS V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *HISTA2*

         Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ŉ addendum van 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GESKIEDENIS V2                           (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae, gebaseer op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk vir 2009, wat soos volg is:

     VRAAG 1: PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASSISME EN SOSIALE
              DARWINISME

     VRAAG 2: DIE IMPAK VAN DIE TWEEDE WȆRELDOORLOG OP
              AFRIKA

     VRAAG 3: APARTHEID

2.   ELKE vraag tel 75 punte en begin met ŉ sleutelvraag.

3.   Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. ELKE 75-punt vraag bestaan uit
     beide die brongebaseerde vrae wat 45 punte tel en uitgebreide skryfwerk
     wat 30 punte tel.

4.   Kandidate moet die toepassing van kennis, vaardighede en insig in hulle
     antwoorde demonstreer.

5.   Om regstreek uit bronne aan te haal sonder enige relevansie, sal tot
     kandidate se nadeel strek.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                      GESKIEDENIS V2                                        3

 VRAAG1: HOE WAS RASSISME OP SWART AMERIKANERS IN DIE
         1900’s TOEGEPAS?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

 1.1    Lees Bron 1A.

        1.1.1     Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat met “Jim
                  Crow” wette bedoel word.                                    (1 x 2)    (2)

        1.1.2     Deur die bron te gebruik, verduidelik van watter basiese
                  menseregte swartes in die suidelike state ontneem was.       (2 x 1)   (2)

 1.2    Verwys na Bron 1B.

        1.2.1     Deur jou eie kennis te gebruik verklaar wie, of wat die Ku Klux
                  Klan was.                                                    (1 x 2)   (2)

        1.2.2     Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die doelwitte
                  van die Ku Klux Klan was.                                   (3 x 1)    (3)

        1.2.3     Hoe was slagoffers, volgens die bron, deur die KKK gestraf?
                                                                            (2 x 1)      (2)

        1.2.4     Verduidelik, in jou eie woorde, waarom “Lynch” beskou kan word
                  as ŉ growwe skending van menseregte.                      (2 x 2)      (4)

        1.2.5     Watter boodskap word deur die foto in die visuele bron
                  uitgebeeld?                                                  (2 x 2)   (4)

 1.3    Gebruik Bron 1C.

        1.3.1     Vergelyk Standpunt 1 met Standpunt 2, en verduidelik die hoof
                  verskil tussen die twee.                                  (2 x 2)      (4)

        1.3.2     Waarom, volgens die bron, het Agnes Smedly nie opgestaan vir
                  haar oortuigings nie?                                  (1 x 2)         (2)

        1.3.3     Deur jou eie kennis te gebruik, gee jou opinie oor James Eastland
                  se siening van segregasie.                                 (2 x 2)     (4)

 1.4    Verwys na Bron 1D.

        1.4.1     Verduidelik hoe kontrasteer Bron 1C, Standpunt 2 met hierdie
                  visuele bron.                                             (2 x 2)      (4)

        1.4.2     Verduidelik hoe Bron 1B die visuele bron in 1D ondersteun.
                                                                               (1 x 2)   (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GESKIEDENIS V2                            (NOVEMBER 2012)

      1.4.3   Deur jou eie kennis en die bron te gebruik, verduidelik of die wit
              studente geregverdig was om Elizabeth Eckford toegang tot hul
              skool te weier. Motiveer jou antwoord.                        (2 x 2)     (4)

1.5   Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
      ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) hoe die optrede van die Ku
      Klux Klan verskil het met dié van die grondwet van Amerika.                       (6)

1.6   UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer twee
      bladsye lank wees.)
      Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.6.1 OF VRAAG 1.6.2.

      1.6.1   Verduidelik hoe rassisme op Swart Amerikaners in Amerika
              toegepas was gedurende die 1900s.                                        (30)

                                               OF

      1.6.2   Gebruik die inligting uit al die bronne in jou eie kennis en skryf ŉ
              artikel vir ŉ historiese joernaal oor die volgende onderwerp:

              “Alhoewel Swart Amerikaners, vrygestel is as slawe was hulle
              nooit vry nie.”                                                          (30)
                                                                                       [75]

VRAAG 2:      WATTER FAKTORE VOOR EN NA DIE TWEEDE WȆRELD-
              OORLOG HET BYGEDRA TOT DIE DEKOLONISASIE PROSES
              IN AFRIKA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, en 2C en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1   Gebruik jou eie kennis en verduidelik wat word in die spotprent
              weerspieël oor die mense in Afrika.                         (1 x 2)       (2)

      2.1.2   Deur jou eie kennis te gebruik verduidelik wie, of wat het Afrika in
              kettings gehou.                                              (2 x 1)      (2)

      2.1.3   Gebruik jou eie kennis en noem die internasionale geleentheid
              wat gedurende 1939 – 1945 Afrika lande aangemoedig het om
              onafhanklik te word.                                      (1 x 2)         (2)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die konsep
              Pan-Afrikanisme.                                           (1 x 2)        (2)

      2.2.2   Gebruik die bron en bepaal die hoofdoelwit van die kongres.
                                                                         (1 x 1)        (1)

      2.2.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om aan te toon wat die slegte
              behandeling was wat Afrika lande moes verduur.              (2 x 2)       (4)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                      GESKIEDENIS V2                                            5

         2.2.4    Gebruik die inligting in die bron in jou eie kennis en verklaar
                  waarom daar ŉ meer intensiewe eis om onafhanklikheid na die
                  Tweede Wêreldoorlog was.                                     (2 x 2)       (4)

         2.2.5    Haal inligting uit die bron oor metodes wat Kwame Nkrumah
                  voorgestel het om van die koloniale moondhede ontslae te raak.
                                                                          (2 x 1)            (2)

         2.2.6    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik of Pan-
                  Afrikanisme ŉ positiewe uitwerking op Afrika lande gehad het.
                  Motiveer jou antwoord.                                    (2 x 2)          (4)

 2.3     Gebruik Bron 2C.

         2.3.1    Wat volgens Standpunt 1, was die voordele wat swartes sou
                  geniet as hulle die lojaliteitsertifikate ten gunste van Brittanje
                  sou onderteken?                                                 (3 x 1)    (3)

         2.3.2    Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik watter voordele het
                  Brittanje beoog om te verkry deur groot getalle swartes te
                  oorreed om aansoek te doen vir hierdie lojaliteitsertifikate. (2 x 2)      (4)

         2.3.3    Gebruik Standpunt 2 en jou eie kennis en verduidelik watter
                  soort houding word deur Afrikane teenoor Brittanje ingeneem.
                                                                           (1 x 3)           (3)

         2.3.4    Gebruik jou eie kennis en verduidelik wie, of wat die Mau-Mau
                  beweging was.                                             (1 x 2)          (2)

         2.3.5    Vergelyk Standpunt 1 met Standpunt 2 en verduidelik watter
                  standpunt weerspieël die begeerte van die Keniaanse mense
                  die beste. Motiveer jou antwoord.                       (2 x 2)            (4)

 2.4     Gebruik al die bronne in jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van
         ongeveer SES reëls (ongeveer 60 woorde) oor redes waaroor Afrika
         lande in kettings gebind was en hoe hulle dit gebreek het om
         onafhanklikheid te verkry.                                                          (6)

 2.5     UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer TWEE
         bladsye lank te wees.)
         Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.5.1 OF VRAAG
         2.5.2.

         2.5.1    Bespreek hoe die opkoms van Swart Nasionalisme gelei het tot
                  die onafhanklikheidswording van verskeie Afrika state.                    (30)

                                                   OF

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V2                            (NOVEMBER 2012)

       2.5.2    Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf ŉ artikel oor die
                volgende onderwerp:

                “Afrika se begeerte om onafhanklikheid te verkry het sterker
                geword na die Tweede Wêreldoorlog.” In jou verslag moet jy
                aandui hoe die Tweede Wêreldoorlog en ander faktore
                uiteindelik bygedra het tot die onafhanklikheidswording.               (30)
                                                                                       [75]

VRAAG 3:       HOE HET DIE VRYHEIDSHANDVES DIE
               APARTHEIDSREGERING UITGEDAAG EN DIE GEVOLGE
               DAARVAN.

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1    Deur die bron te gebruik, bepaal watter tipe regering was vir Suid-
               Afrika in die toekoms in die vooruitsig gestel.              (1 x 2)     (2)

      3.1.2    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die historiese
               belangrikheid van die Vryheidsmanifes.                        (2 x 2)    (4)

      3.1.3    Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
               wat Luthuli met sy verklaring bedoel het.                     (2 x 2)    (4)

      3.1.4    Gebruik die bron en jou eie kennis en noem ten minste DRIE van
               die bevrydingsorganisasies wat teenwoordig was by die kongres
               in Kliptown.                                             (3 x 1)         (3)

      3.1.5    Gebruik die bron en identifiseer watter dokument as gevolg van
               die Kliptown byeenkoms in 1955 ontstaan het.               (1 x 1)       (1)

3.2   Gebruik Bron 3B.

      3.2.1    Haal ŉ sin aan vanuit Standpunt 1 wat aandui waarop die
               apartheidsisteem gebaseer was.                          (1 x 1)          (1)

      3.2.2    Hoe bruikbaar is Standpunt 1 vir ŉ historikus wat navorsing doen
               oor die Vryheidshandves? Motiveer jou antwoord.            (2 x 2)       (4)

      3.2.3    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
               Standpunt 1 van Standpunt 2 verskil.                          (2 x 2)    (4)

3.3   Gebruik Bron 3C.

      3.3.1    Gebruik jou eie kennis en verduidelik wat met hoogverraad
               bedoel word.                                              (1 x 2)        (2)

      3.3.2    Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik wat se straf vir
               hoogverraad opgelê kon word op hierdie stadium in Suid-Afrika.
                                                                            (1 x 2)     (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                       GESKIEDENIS V2                                         7

        3.3.3     Waarom, volgens jou eie kennis, het die staat die verhoor
                  vertraag?                                                 (1 x 2)        (2)

        3.3.4     Deur gebruik te maak van jou eie kennis en die bron verklaar
                  waarom die beskuldigdes begelei was deur gewapende polisie en
                  waarom weermag manne, die “Drill Saal” omsingel het.       (2 x 2)       (4)

        3.3.5     Verduidelik wat die beskuldigde bedoel het met die nota en
                  woorde: “Gevaarlik. Moet nie voer nie.”                    (2 x 2)       (4)

        3.3.6     Gebruik jou eie kennis en die bron en verduidelik wat die
                  ingesteldheid van die beskuldigdes was.                       (1 x 2)    (2)

 3.4    Gebruik al die bronne in jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
        SES reëls (ongeveer 60 woorde) oor hoe die Vryheidsmanifes die eise
        van die mense verteenwoordig en wat sy verbintenis is met die nuwe
        grondwet van Suid-Afrika.                                                          (6)

 3.5    UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord behoort ongeveer twee
        bladsye lank te wees). Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG
        3.5.1 of VRAAG 3.5.2.

        3.5.1     “Die Vryheidshandves was maar een manier om verset te toon
                  teen die apartheidsregering”. Bespreek ander tipe weerstand in
                  die 1950’s.                                                             (30)

                                                  OF

        3.5.2     Gebruik al die bronne in jou eie kennis en skryf ŉ artikel oor die
                  volgende onderwerp:

                  “Die vryheidsbeweging het met ŉ nuwe versetplan begin, die
                  Kongres Alliansie in 1955.” Toon ook die gevolge hiervan aan.           (30)
                                                                                          [75]

                                                                            TOTAAL:       150

## Related documents

- [HIST P1 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-qp-eng/89441aee-7596-4786-bda9-7bdfdd3373a6) — History · QP · 2012 · Eng
- [HIST P1 N12 ADD Afr](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-add-afr/04035f96-dc88-432c-97e4-e95c823b77cc) — History · QP · 2012 · Afr
- [GESKIED-V2-GR11 2012-MEMO-AFR](https://www.hlayiso.com/library/geskied-v2-gr11-2012-memo-afr/c6c3a1d4-6958-46c5-ab68-1c2316d5de75) — History · Memo · 2012 · Afr
- [HIST P1 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-memo-eng/160cde38-c08c-4938-9e13-72cd7f21b251) — History · Memo · 2012 · Eng
- [HIST P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-n12-memo-afr/ce608a67-20f7-43eb-80fd-a1f11da993d9) — History · Memo · 2012 · Afr
- [HIST-P2-GR11 2012-MEMO-Eng](https://www.hlayiso.com/library/hist-p2-gr11-2012-memo-eng/a5bda8fe-c9ac-442e-b5b0-ee1d75d2cfba) — History · Memo · 2012 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
